Top 10 Afrikaners uitslag

C.J. Langenhoven 114

Ladysmith 13 Augustus 1873 – 15 Julie 1932

Cornelis Jacob langenhoven – Suid-Afrikaanse Skrywer, Redakteur en Politikus. “Sagmoedige Neelsie.”

Paul Kruger 92

Steynsburg 10 Oktober 1825 – 14 Julie 1904

Stephanus Johannes Paul Kruger was ‘n prominente Boere Weerstandsleier teen die Britse bewind en het op 30 Desember 1883 laaste President van die Zuid-Afrikaansche Republiek geword.

Dr. Chris Barnard 89

Beaufort Wes 8 November 1922 – 2 September 2001

Christiaan Neethling Barnard was ‘n Suid-Afrikaanse hart chirurg wat die wêreld se eerste mens-tot-mens hart oorplanting gedoen het

Koos de la Rey 87

Winburg 22 Oktober 1847 – 15 September 1914

Generaal Jacobus Herkulaas de la Rey was ‘n Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en word geag as een van die

Steve Hofmeyr 81

Pretoria 29 Augustus 1964 –

Steve Hofmeyr is ‘n Suid-Arikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Aktivis. Sedert 2006 is

Piet Retief 77

Wellington 12 November 1780 – 6 Februarie 1838

Hy word woordvoerder vir die Trekkers in krisis wat uitloop op die Groot Trek. Word een van hul leiers.

Eugène Marais 73

Pretoria 8 Januarie 1871 – 29 Maart 1936

Eugène Nielen Marais was ‘n skrywer in Afrikaans en Engels en die skepper van die klassieke gedig Winternag.

Riaan Cruywagen 70

Johannesburg 5 Oktober 1945 –

Riaan Cruywagen is ‘n Suid-Afrikaanse televisienuusleser en stemkunstenaar wat sedert 1975 by die SAUK werksaam was.

N.P van Wyk Louw 69


Sutherland 11 Junie 1906 – 18 Junie 1970 

Nicolaas Petrus van Wyk Louw was ‘n Afrikaanse Digter, Akademikus en Dramaturg. Ontvang ‘n Eredoktersgraad aan die Universiteit van Utrecht. 

Christiaan de Wet 64

Smithfield 7 Oktober 1854 – 3 Februarie 1922

Christiaan Rhudolf de Wet was ‘n Boere Generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog tussen 1899 tot 1902.

Helen Zille 53

Johannesburg 9 Maart 1951 –

Helen Zille is die leier van die Demokratiese Alliansie en Premier van die Wes-Kaap. Sy was ook vantevore Burgermeester van Kaapstad.

Ingrid Jonker 49

Douglas 19 September 1933 – 19 Julie 1965

Ingrid Jonker was ‘n Afrikaanse skryfster en digteres. Uit haar pen kom Ontvlugting, Rook en Koker en Kantelson. In 2004 word sy postuum vereer met die Silwer Orde van Ikhamanga.  

Danie Craven 46

Doc Craven is ‘n voormalige W.P, O.P, Noord-Transvaal en Springbok rugbyspeler en een van SA se beste en bekendste Rugby Administrateurs. Verteenwoordig Bokke tussen 1949 en 1956.

Johann Rubert 43

Stellenbosch 1 Junie 1950 –

Johann Rupert is die oudste seun van die afgestorwe S.A Sakeman, Anton Rupert en Voorsitter van Richemont, VenFin en Remgro.

Jan Christiaan Smuts 39


Irene 24 Mei 1870 – 11 September 1950

Veldmaarskalk Jan Christiaan Smuts was ‘n vooraanstaande Suid-Afrikaanse en Statebond Staatsman, militêre leier en filosoof.  

Breyten Breytenbach 37

Bonnievale 16 September 1939 –

Breyten Breytenbach is ‘n Suid-Afrikaanse digter en kunstenaar. ‘n Toegewyde teenstand van die Apartheidsbeleid. Gearresteer en gevonnis tot 9 jaar tronkstraf vir hoogverraad.

P.W. Botha 35

Paul Roux 12 Januarie 1916 – 31 Oktober 2006

P.W Botha – beter bekend as die Groot Krokodil, was die leier van Suid-Afrika vanaf 1978 tot 1989. Getroud met Anna Elizabeth Botha. Skryf “The Road Ahead” en “A New Beginning.”

Nicky Oppenheimer 33

Johannesburg 8 June 1945 –

Nicky Oppenheimer is die Voorsitter Van De Beers Myn Maatskappy en die “Diamond Trading Co.”

F.W. de Klerk 32

Johannesburg 18 Maart 1936 – 11 November 2021

Frederik Willem de Klerk was Staatspresident van Suid-Afrika vanaf September 1989 tot April 1994, en vanaf Februarie 1989 tot September 1997 ook leier van die Nasionale Party.

Chris Barnard 27

Nelspruit 15 Julie 1939 –

Chris Barnard is beroemd vir sy skryfkuns van talle Afrikaanse romans, novellas, kortverhale, toneelspele, hoorspele, draaiboeke en televisie dramas.

Flip Buys 25

Louis Botha 23

Carel Boshoff 23

Oscar Pistorius 19

C.F. Beyers 18

Gustav Preller 15

Koos Bekker 14

Andries Pretorius 10

Hendrik Biebouw 10