Vakansiedae

“…Die Boerevolk onderskei homself reeds vir byna twee eeue van die res van Afrika se inwoners, as dié etniese groep wat as volk, sy heil, sy vryheid en sy selfbeskikking, van sy Vader alleen afsmeek. Geen volk kan egter bly voortbestaan, as sy jeug nie voortdurend in die kultuur, norme en waardes wat eie is aan daardie volk, geskool word nie…”
– OOM HENDRIK VAN BLERK


Gedig © Peter Cohen Hamburg

RACHEL DE BEER

Gesterf in die Drakensberge in die winter van 1843

Die donker berge lê wit

In die sneeu van die nagtelike

weer.

Twee kinders skrik uit lit

want hul kalfie kom nie weer.

Die pad het hul verloor.

Dis koud en Japie huil!

Rachel het dus geboor

In ‘n miershoop vir hom te skuil.

Sy druk hom in sy fles;

Sy gee hom haar kledy.

Haar lyfie sluit die nes,

Sodat hy nie moet ly!

Die soekers dring daarheen –

Racheltjie is wit en styf.

Japie krimp ineen –

Daar’s nog lewe in sy lyf!

Sy’t nooit ‘n ma geword.

Maar sóós Rachel van ouds tot

Volksmoeder gegord

Weens ‘n hart en siel des gouds!