Top 10 Liedjies

Top 10 Liedjies van alle tye – gekies deur jou, luisteraar! Het jy al gestem? Vind ons onderaan of op ons voorblad. Kom ons kies die grootste Afrikaanse treffers van alle tye! Musiek is die hartklop van ons kultuur – dit dra die reuk van die veld na die reën, die polsende energie van ‘n stampvol kuierplek, en die diep verlange wat net die stem van ‘n kitaar kan heelmaak.

Van die tydlose, fluweelsagte melodieë van Gé Korsten tot die rou, eerlike rock-energie van Fokofpolisiekar; van Sonja Herholdt se nostalgiese klanke tot die feesmusiek van Robbie Wessels en die poëtiese siel van Amanda Strydom.

Elke generasie het sy eie klankbaan wat ons laat saamsing, saamdans, en soms ’n traan laat wegpink. Nou is dit jou beurt om te besluit watter wysies vir altyd in ons kollektiewe geheue gegraveer moet wees.


1. Kinders van die Wind (304 stemme) Laurika Rauch

2. Vrot Pampoen (251 stemme) Steve Hofmeyr

3.  De la Rey (250 stemme) Bok van Blerk

4. Sproetjies (214 stemme) Sias Reynecke

5. Vlieg Hoog (198 stemme) Juanita du Plessis

 6. Al lê die berge nog so blou (175 stemme) Johannes Kerkorrel

7. Skadu’s teen die Muur (169 stemme) Koos du Plessis

8. Dink jy darem nog aan my? (161 stemme) Groep 2

9. Beautiful in Beaufort-Wes (155 stemme) Gert Vlok Nel

10. Skipskop (152 stemme) David Kramer

11. Ramaja (146 stemme) Glenys Lynne

 12. Droomvrou (141 stemme) Mathys Roets

13. Stille Rivierstroom (139 stemme) Nick Taylor

14. Kaalvoet in die reën (137 stemme) Carike Keuzenkamp

15. Karoo Nag (133 stemme) Coenie de Villiers

16. Jantjie (132 stemme) Sonja Herholdt

17. Osbraai op Kromdraai (123 stemme) Francois Hayes

18. Duitswes Wals (117 stemme) Randall Wicomb

19. Trein na Pretoria (108 stemme) Die Briels

 20. Jy is my Liefling (104 stemme) Min Shaw

 21. Hardekole (95 stemme) Ricus Nel


Kies jou Top 10 Liedjies van alle tye!
Hierdie stembus het begin op 1 Julie 2019. Jy is meer as welkom om die stembus op sosiale media, vriende of familie te deel.
Stem vir een of meer
Het jy ‘n voorstel van ‘n liedjie jy dink kort op bogenoemde lys? Ons hoor graag van jou.