1,7 kg Geelstert (skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny)
Olie
6 Groot uie, in ringe gesny
6 Suurlemoenblare
750 ml Bruinasyn (3k)
250 ml Water (1k)
175 ml Suiker (ongeveer driekwart koppie)
12,5 ml Borrie (1e)
37,5 ml Kerriepoeier (3e)
25 ml Koekmeelblom (2e)
8 ml Sout
12,5 ml Varsgemaalde swartpeperkorrels (1e)
250 ml Sultanas (1k) opsioneel
Braai vis ongeveer 1 minuut 30 sekondes per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Pruit uie 10-12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare. Meng meel met ‘n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Vul ‘n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Dit sal tot ses maande geod hou in yskas. (Joey Pienaar)