BO Uit die Afgrond

Uit die afgrond 

 Deel 1

Milner se Oorlog

“In die groot stryd tussen Boer en Brit was die Jameson-inval die werklike oorlogsverklaring. …En dit bly waar t.s.v. die vierjarige wapenstilstand wat daarop gevolg het … (die) aggressors het hul verbond verstewig … die verdedigers, daarenteen, het hulle stilswyend en grimmig op die onvermydelike voorberei.” – Jan Smuts, 1906

— — —

Hoofstuk 1

Uit die Afgrond

SS Scot en Suid-Afrika

18 November 1898 en tevore

Terwyl hy praat, is dit asof sy ooglede effens tril voor hulle oor sy skerp grys oë afdaal. Skielik onthou ek weer ‘n frase wat Scudder gebruik het, toe hy my vertel het van die man wat hy die meeste in die wêreld vrees. Hy het gesê dat die man “sy oë soos ‘nvalk kan versluier”. Toe sien ek dat ek reguit by die vyand se hoofkwartier ingestap het. – John Buchan (Sir Alfred Milner se Privaatsekretaris in Suid-Afrika, 1901-3), The Thirty-Nine Steps  62-3 (Londen 1958)

In die vroeë môre-ure word Sir Alfred Milner, Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika en lutienant-goewerneur van die Kaapkolonie, deur ‘n helder lig gewek. Hy het ‘n groot kajuit aan die stuurboordkant van die bodek. Dit is 4.00 vm., teken hy in sy dagboek aan (die klein rooi dagboekie, sy enigste metgesel en vertroueling op sy reise). Dit moet die vuurtoring op die eiland Ouessant aan die Franse kus wees, die eerste land wat hulle sedert Madeira sien. Dit wind waai nog steeds hard, maar ‘n groot skip soos die Scot, 7 000 ton, skud dit sonder moeite van haar af.(1)

(1)M se dagboek 16 Nov. 1898, Mil (dep 68)

Met ‘n kruissnelheid van 18-1/2 knope is sy die houer van die rekord van die vaart na Kaapstad.(2) As hulle dié snelheid kan handhaaf, sal Milner betyds wees om Chamberlain op die 22ste in die kantoor van die Departement van Kolonies te sien. En vanaand sal hy miskien in Brooks saam met sy vriende kan eet. Hoe lekker sal dit nie wees om die liewe kêrels weer te ontmoet nie!

(2)M. Murray Union Castle Chronicle (Londen 1953) 121-4. Illustrated Londen News 27 Jun. 1891. M-Fiddes 12 Nov. 1898, Mil 8 (SA 45)

Milner raak weer aan die slaap en toe hy die volgende oggend wakker skrik, sien hy dat dit ‘n mooi oggend is, hoewel koud. Hulle is sowat 120 myl van die Naalde af, die groepie skerp rotse wes van die eiland Wight. Puik. Ná 18 moeisame maande in die Kaap het hy ‘n vakansie in Engeland verdien, al gaan dit ‘n werkvakansie wees. Sy vriend Philip Gell, sy intiemste vriend sedert hy in King’s College op skool was, wis wat hy bedoel toe hy skryf om te sê dat hy na die “Hoofkwartier” verlang.(3)

(3)M-Gell 26 Jun., 7 Jul., 18=9 Okt. 1898, Gell 507, 510, 514

Hy het die Kaapse samelewing nie geniet nie, om dit sag te stel. Soos Ozzy Walrond, sy privaatsekretaris (en ‘n vonds) opgemerk het, is Kaapstad ‘n vierderangse provinsiale dorpie vol ontsettende mense – “the most awful cads”.(4)

(4)O. Walrond-Gell 25 Jun., M-Gell 28 Jun. 1897, M-Gell 11 Jan. 1898, Gell 360, 361, 501

Begryplik genoeg is sy eie gevoelens oor die donker vasteland ingewikkelder, hoewel hy ‘n slag aan Philip beken het dat Kaapstad wel ‘n taamlike “nare gat” is. Wanneer hy sy lewe in die Kaap met sy lewe in Egipte ses jaar tevore, as Baring se finansiële sekretaris, vergelyk, kan hy  hoegenaamd niks t.g..v. die Kaap vind nie. Die mense – d.w.s. die blankes – is in Egipte baie aangenamer. Dit is nader aan Engeland. Buitendien is Egipte, onder Britse bestuur, ‘n plek waar ‘n mens dinge maklik gedaan kry.(5)

(5)M-Gell 2 Jun., M-E Gell 12 Okt. 1897, Gell 359, 363

Dit is waar dat hy die Kaap nie op die beste oomblik bereik het om sy geriewe te geniet nie. Dit is 1897. Hy is uitgestuur om ná Jameson se inval die gemors op te ruim.

Die Inval: dit was ‘n merkwaardige affêre. Ondanks die joppelsee en die koue wind bring Milner die grootste deel van die dag op die skip se bakboorddek deur en kyk hoe die pragtige landmerke van die engelse kus die een na die ander in sig kom: die duine van Dorset, Purbeck se heuwels en diekoppige kurwes van Portland Bill.

Sy gedagters keer na Suid-Afrika terug. Die “Hoër Hand” (soos hy dit nogal  hoogdrawend stel) het die Afrikaners nou al twee maal ‘n wonderwerk besorg. Eers by Majuba, toe by Doringkop. Hoe moet ‘n mens voorkom dat hulle ‘n derde keer wen? Hy het sy menings daaroor – toenemend sterk menings, hoewel hulle voorlopig sy eie private kettery moet bly.(6)

(6)M-Bertha Synge 4 Aug, 1898, MPI, 286

Teen dié tyd is Milner goed bekend aan sy mede-passasiers – mede-gevangenes, sou hy hulle genoem het – op die eindelose vaart van die Kaap af. Moeg soos hy is, haat hy die reis, want hy haat dit om byna drie weke lank in ‘n drywende tronk vasgekeer te bly. Hy het altyd aan die pret en plesier aan boord probeer deelneem, selfs (al was dit op die ou end ‘n ontsettende ondervinding) aan enkele amateur-toneelstukke. Maar vir die grootste deel van die tuisvaart het hy op die dek heen en weer gestap, die Belastinggaarder se jaarverslag gelees of hom besig gehou met sy swart aktetas vol papiere.(7)

(7)M se dagboek 1-17 Nov. 1898 (dep 68). Vgl. O. Walrond-Gell 6 Mei 1897, Gell 358

Die ander passasiers het hom waarskynlik as ‘n skaam, sober, melancholiese mens beskou. Dit is hoe die meeste mense hom sien. Met sy lang, skraal gesig en neergeslane grysbruin oë lyk hy ouer as sy 44 jaar, en minder opgewek as wat ‘n skitterend suksesvolle diplomaat behoort te wees.

Daar is trouens niks wat vreemdelinge by die eerste ontmoeting meer verbaas as sy voorkoms nie. Kan dit regtig Sir Alfred Milner wees, die Hoë Kommissaris en Luitenant-Goewerneur van die Kaap? Is dit die man wat Joe Chamberlain gekies het om met Pres. Kruger af te reken? Hy lyk so besadig en afgetrokke. Daar is iets van All Souls of die Britse Museum aan hom.

Dié wat hom intiem ken, kry ‘n heeltemal ander indruk. Sodra hy begin praat, is sy uitdrukking so beweeglik as ‘n kaleidoskoop; wanneer hy glimlag, is dit asof die son deur die wolke breek,. Skielik word daardie koue, skraal gesig, die kleur van vergeelde ivoor, buitengewoon innemend.(8) Natuurllik is daar baie min mense wat hom ooit intiem leer ken. Aan hierdie vriende opbaar hy ‘n aspek van sy geaardheid wat sowel hartstogtelik as liefdevol is. Sy vyande: in hierdie stadium het hy byna nie vyande nie, hoewel hy binnekort sy deel sal kry.

(8)Mernpes War Impressions 89-100. Cook Garrett 151. Vgl. Bucham Memory 97-103. Beatrice Webb haal Marais aan in 171

Waarom moet Milner se meteoriese opgang in die staatsdiens toegeskryf word? Dit is ‘n vraag wat hy soms aan homself stel. Bepaald nie aan sy familiekonneksies nie – hoewel hy in ‘n ander sin voel dat hy alles aan sy familie verskuldig is. Sy herkoms is ongewoon. As ‘n mens goed luister, merk jy ‘n tikkie Duitse aksent in die manier waarop hy sy th’s uitspreek. Hy is in Giesen gebore, nabyFrankfurt-am-Main, die seun van ‘n half-Duitse strudent in geneeskunde en ‘n Engelse edelvrou wat in verarmde omstandighede na Duitsland verhuis het. Hy het deels in Duitsland en deels in Engeland grootgeword.

Die futloosheid van sy vader en sy moeder se swak gesondheid het sy kinderdae minder as gelukkig gemaak. Toe hy 25 was, is sy moeder dood en is hy na ‘n skool in Engeland gestuur. Al hierdie ondervindings het hul merk op hom gelaat. Tot sekere hoogte het hy nog ‘n verdeelde trou. As skoolseun was sy helde nie allen Cromwell en Pitt die jongere nie, maar ook Bismarck en Frederik die Grote. In die bedrywige ampslewe van Londen en Suid-Afrika het hy dikwels na die afsondering van die Beierse woude verlang.(9)

(9)Gell se aantekening van gesprek amet M 17 Feb. 1897, Gell 346. Wrench Milner 19-30. Gollin First proconsul 4-8

Maar dit is sy Engelse moeder wat die dryfkrag in sy lewe verskaf het. Toe hy 18 was, het hy ‘n Oxford-beurs verwerf, ‘n ongehoorde prestasie vir ‘n seun uit ‘n Londense dagskool. Hy het die Craven verower, die Hertford – ‘n hele ry universiteitspryse. Hy het Balliol se skitterendse seun geword, die Oxford-kollege waar dr. Jowett die bewind oor ‘n gulde geslag studente gevoer het. In sy vordering van prys tot prys en triomf tot triomf was daar net een verwyt: as sy net kon leef om dit alles te aanskou.(10)

(10)Wrench 30-46

Teen sy vader is hy  in algehele reaksie, lyk dit, hoewel daar van openlike dislojaliteit geen sprake is nie. Daardie meedoënlose werkvermoë, daardie enkelvoudige trou aan ‘n saak – dis is byna asof jong Alfred boete doen vir die sondes va sy vader.

En tog kan ‘n mens in daardie korrekte jong man, die toonbeeld van Engelse Victoriaanse deugde, privaat en openbaar, soms iets anders gewaar. Daar is iets gedwonge in sy selfbeheersing, asof hy gedurig teen die stroom van sy natuurlike neigings beweeg. Hy het vreemde oë, skerp, grys oë wat hy soos dié van ‘n valk kan versluier. Binne-in Milner, onderdruk maar nie heeltemal uitgedoof nie, leef daar nog iets van sy vader se gees – iets romanties, boheems, rusteloos en miskien selfs roekeloos.(11)

(11)Sien Smuts-vrou 1 Jun. 1899 SP I 242. Insake “Bohemian” sien M-Ly Ilbert 7 Des. 1897, Mil (afsonderlike gehou in New College)

Natuurlik is niemand behalwe sy intiemste vriende van hierdie dualisme in sy aard bewus nie. Milner se merkwaardige vordering, so reken hy self, kan aan veral een ding toegeskryf word: hy is absoluut betroubaar. Dit is die rede, nie alleen sy skryfaanleg of sy finansiële kennis nie, wat hom vir die leiers van albei politieke partye so nuttig gemaak het: eers as privaatsekretaris van Goschen, die Minister van Finansies in die Konserwatiewe Regering; daarna as finansiële sekretaris van Sir Evelyn Baring (later Lord Cromer), die Britse heerser van Egipte; daarna, as voorsitter van Binnelandse Inkomste, die regterhand van Sir William Harcourt, Liberale Minister van Finansies.

Mettertyd het Joe Chamberlain hom tot Hoë Kommissaris bevorder – die man wat vir die Britse kolonies in Suid-Afrika verantwoordelik is. Daar is nie aan Milner gesê presies waarom hy gekies is nie. Maar heel moontlik het Joe en sy kollegas in die Kabinet hom ‘n goeie aanduiding gegee. Hulle het nou al genoeg gehad van mense soos Jameson en Rhodes – van skoolseunhelde en empire-bouers wat alles verknoei. As dit by kwessies i.v.m. die Britse Ryk kom, het Milner ‘n stewige reputasie.

Sy trefferboek England in Egypt, is ‘n imperiale wekroep. Maar hy is ook ‘n deskundige oor boedelbelasting – miskien nie ‘n swak voorbereiding vir die dodelike eentonigheid van die moderne diplomasie nie. Hoe ook al, Milner is uitgekies weens sy karaktervastheid en sy geduld.(12) Ongeduld, so het die huidige Minister van Finansies, Sir Michael Hicks Beach, teenoor Milner opgemerk, lê aan die wortel van al Brittanje se foute in die verlede – van voor Majuba tot die Jameson-inval.(13)

(12)Cape Times van 1 Jan. 1896 berig dat hy byna deur Rosebery se Kabinet aangestel lis i.p.v. Robinson. Sien ook die verslag van C se toespraak in die Londense Times 27 Jun. 1897 bl. 10 kol 4-6

(13)Hicks-Beach-M 22 Mrt. 1897 haal Wrench 160-1 aan

Milner het ongetwyfeld saamgestem. Sy kommentaar op sy aanstelling aan die Kaap was kenmerkend beskeie. Sy enigste vrees was dat die aanstelling tot niet gemaak kon word omdat niemand in die Kaap nog ooit van hom gehoor het nie. “Dit sou nogal lastig wees,” het hy aan Philip Gell gesê, “as hulle beswaar maak teen hom omdat hulle hom aansien vir ‘die neef van ‘n belangrike man vir wie gesorg moet word of ‘n amptenaar van wie die Departement ontslae wil raak’.”(14)

(14)M-Iwan-Müller 9 Feb. 1897, Mil 192

In werklikheid is daar maar selde op luisterryker wyse van ‘n koloniale onderkoning afskeid geneem as toe Milner se vriende in die Café Monico byeengekom het om hom voor sy vertrek na die Kaap te vereer. Heelparty van sy tydgenote in Balliol het die geleentheid bygewoon – mede-dissipels van die groot dr. Jowett: nie net Philip Gell nie, maar Gell se swaer, St John Brodrick, en Henry Asquith en George Curzon, die opgaande sterre va die Lliberale en die Konserwatiewe Party. “Hoerê vir die sagmoedige en nederige manne van Balliol,” het iemand opgemerk, “want hulle sal die aardryk beërwe.”

Ook leiers van die belangrikste politieke partye was daar: Joe Chamberlain en Asquith het albei die eer gehad om ‘n heildronk op Milner in te stel, en Chamberlain het buitendien ‘n vurige imperialistiese toespraak gelewer – volgens prarty aanwesiges té vurig. In sy antwoord het Milner ‘n simpatieker snaar aangeroer. Sy vloek is die “oorstap-mentaliteit”. Hy is geneig om te veel kante aan elke saak te sien. Hoewel, so het hy ontwapenend bygevoeg, daar “een kwessie” is in verband waarmee hy “nog nooit die ander kant kon sien nie” en dit is imperiale eenheid, die konsolidasie van die Britse Empre.(15)

(15)Times 29 Mrt 1897

So het hy toe Kaap toe vrtrek, die alom gevierde diplomaat, so sjarmant en taktvol en slim, bowenal so stewig, soos almal by daardie ete gesê het – die volmaakte ambassadeur om die Britse oppergesag in Suid-Afrika te herstel en die wydverspreide Empire te konsolideer.

Twee jaar aan die Kaap het hom geleer dat sy geduld perke het. Dit was nie net die eindelose geredekawel met die ZAR oor minder belangrike sake en die gestoei met die Kaapse Afrikaners nie. Dit was die erfenis van die verlede wat hom so ontstel het – nie net die inval nie, maar die reeks foute wat dit voorafgegaan het. “Ek hoop tog nie Suid-Afrika gaan ons een mislukking wees nie, maar ek voel baie bekommerd,” het hy in April 1898 aan Gell geskryf. “Dit voel vir my, hoe meer ek daarvan weet, hoe dieper begin die afgrond van ons flaters in die verlede vir my lyk.(16)

(16)M-Gell 20 Apr. 1898, Gell 503

Wat het mense soos Milner bedoel wanneer hulle in daardie mistieke stem van “imperiale eenheid” en die “Konsolidasie van die Ryk” praat? Was dit alles net retoriek, net ‘n bevlieging en ‘n geesdrif?(17) Die antwoord lê in die Suid-Afrikaanse verlede, in daardie “afgrond van flaters”

(17)M-Goschen 14 Jul. 1897, Mil

Milner, soos hy self beken, kon net een kant van die imperiale kwessie sien. In sy oë was die 19de eeu in Suid-Afrika ‘n eeu van stryd om die oppergesag tussen Boer en Brit – en van afgrondelike flaters uit die imperiale oogpunt.

In die grootste deel van die 19de eeu was die Britse beleid swak en wisselvallig, soos die Britse Ryksbeleid in die algemeen.(18) By drie geleenthede is ‘n positeiwe poging aangewend om die “Boere-vraagstuk” op te los deur ‘n aktiewe “voorwaartse (d.w.s. ekspansionistiese) beleid in te slaan. En telkens, om verskillende redes – met inbegrip van ongeduld en die wipplank van partypolitiek – het die voorwaartse beleid rampsalig geëindig.

(18)C. Lucas History passim ins. 204-5, 213-4, 222, 336-7

En tog het die alternatiewe ‘n reeks nog groter flaters opgelewer. Daar was jare van laat-maar-loop en kompromie. En gedurig het die teenstanders, die Boere, hul vestings in die binneland uitgebrei; die swartes op die armste gedeeltes van die land uitgeskuif; nog steeds ‘n Afrikaanssprekende meerderheid in die Kaapkolonie agtergelaat; en ryker en talryker geword, en steedes gevaarliker vir Brittanje en sy Empire.

Die eerste man wat die Suid-Afrikaanse bul by die horings probeer pak het, was Sir Benjamin D’Urban, wat in 1833 Goewerneur van die Oos-Kaap geword het. Dit was 40 jaar ná Brittanje die Kaap gedurende die revolusionêre en Napoleontiese oorloë om strategiese redes van Nederland afgevat het. Die strategiese oorweging was vir Engeland van die grootste belang – en so sou dit bly. Bly in die Kaap en sy kon die seeweg na die Ooste beskerm.

Dit was die hoofrede waarom die Hollanders die Kaapkolonie oorspronklik in die 17de eeu gestig het; dit was ‘n vastrapplek op die pad na Nederlands-Oos-Indië. Vir die Engelse kon dit nou die Gibraltar van die suide wees, die hoofskakel in die ketting van Ryksverdediging tussen Engeland en haar belangrikste oorsese besitting, Indië.

Maar hoe mos hulle verseker dat die Kaap Brits bly? Dit was die politieke raaisel wat by Sir Benjamin D’Urban gespook het, en by al sy opvolgers. Want die Kaap was meer as ‘n basis. Dit was ‘n kolonie, en bowendien ‘n kolonie met inwoners, Afrikaanssprekendes, wie se trou (om dit sag te stel) nie bo verdenking was nie.

In dié opsig was daar spoedig nie meer enige parallelle met die probleme van die Franse in Brits-Kanada of met enige ander Britse koloniale probleem nie. Want die stroom Britse immigrante wat ‘n pro-Britse meerderheid kon verseker, het aan die Kaap nooit plaasgevind nie. Die land was te arm en bar om grootskaalse Britse immigrasie te lok en immigrasie is slegs vir ‘n kort tydjie, in die 1820’s, deur die Britse Regering gesubsidieer. Gevolglik het die Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners in die meerderheid gebly en hulle was boonop ‘n koppige meerderheid.(19)

(19) De Kiewiet British Colonial Policy passim. M. Wilson en L. Thompson Oxford History of South Africa I, 244

Toe D’Urban in 1833 daar aankom, het hy groot probleme gevind. Die lewensbeskouing van die verspreide Nederlandse koloniste was gewortel in die tradisie van die 17de-eeuse Nederlandse Protestantisme. Nie alleen was hulle erg konserwatief nie, hulle het ook aan gelykstelling geglo (d.w.s. vir die blankes). Om dié redes was hulle altyd ‘n lastige volk om te regeer. In die Kompanjie se tyd was daar dikwels botsings tussen die koloniste en die Regering, en af en toe bloedvergieting.

Ná die Britse oorname was daar opstande in 1795, 1799 en 1815. Dié van 1815 het uitgeloop op Slagtersnek, met die teregstelling van die vyf mans wat mettertyd as die Afrikanervolk se eerste politieke martelaars beskou is, hoewel hulle in werklikheid deur ‘n Nederlandssprekende regter en jurie veroordeel is. Buitendien het hulle die simpatie van die meeste van hul landgenote verbeur deur ‘n roekelose bondgenootskap met die Xhosas, ‘n talryker swart stam as albei wit gemeenskappe saam.(20)

(20)M. Wilson en L. Thomson, I, 245

Dit is op hierdie punt – wanneer ‘n mens op die inboorling-aspek van die saak begin ingaan – dat dit duidelik word hoe moeilik dit vir sowel ‘ n koloniale goewerneur as sy regering in die buiteland was om die beleid vir Suid-Afrika te bepaal. Want dit was nie net die Engelse wat in die bevolking as geheel in die minderheid gebly het nie. Die blankes was ‘n minderheid onder die swartes.

Enige humanitêre poging om die belange van die swart meerderheid met dié van die koloniste te versoen, sou ongetwyfeld die ander twee probleme vererger. Die geskiedenis het vir Suid-Afrika ‘n driedubbele resep vir botsing opgelewer – swart teen wit, blank teen blank, blank teen die moederland – en slegs ‘ n wonderwerk sou Suid-Afrika van ‘n eindelose oorlog kon red.(21)

(21)De Kiewiet tap

Sir Benjamin D’Urban was in elk geval geen wonderwerker nie. Hy weas ‘n veteraan van die Spaans-Napoleontiese oorlog en ‘n lomp diplomaat. Hy het die belange van die swartes opgeoffer en voor blanke politieke druk geswig, net soos baie Suid-Afrikaanse heersers nog in die toekoms sou doen. Om die Boere te paa en die kolonie in trou aan die Kroon te verenig, het hy ‘n hardhandige “voorwaartse” beleid teenoor die Xhosas gevolg. Hy het die Boere gesteun in hul endemiese vete met die Xhosas oor die grensdistrikte. Engelse troepe is gestuur om die Boerekommando’s te versterk.

Saam het D’Urban en die Boere ‘n nuwe stuk grond van 100 myl lank by die Kaapkolonie ingelyf. Maar intussen het besluitloosheid in Downing Street verhard in ‘n vasberadenheid om die kolonie nie ten koste van die natuelle uit te brei nie. Onder druk van Britse sendelinge het die Minister van Kolonies D’Urban se anneksasie verwerp.

Nog erger (uit D’Urban se oogpunt): in 1834 is hy beveel om ‘n humanitêre nuwe besluit uit te voer waarvolgens slawerny in die Britse Ryk afgeskaf sou word. Dié opdrag het hy met kenmerkende lompheid uitgevoer. Vir die grensboere was dit die laaste druppels gal. Duisende het oor die Oranje- en die Vaalrivier getrek en nuwe, skynbaar leë gebiede bereik waar hulle hulself kon bestuur – en die naturelle kon hanteer – soos hulle wou.

Teen 1837 was daar 5 000 Voortrekkers, hoewel verreweg die meeste Afrikaanssprekende koloniste in die Kaap agtergebly het. Die organisasie van die Voortrekkers het aan dié van ‘n leër herinner. Onder hulle was ook ‘n jong seun wat beroemd sou word, Paul Kruger. Alles wat hulle nodig kon hê, is saamgeneem, in of by die ossewaens wat oor die eindelose bruin veld beweeg: hul skape en beeste, genoeg gewere en kruit om die inboorlinge in bedwang te hou, en ‘n min of meer permanente wrewel teen Engeland. Dit was die Groot Trek, ‘n groot eksodus, ‘n soort omgekeerde rebellie, waardeur die Voortrekker-republieke, die Oranje-Vrystaat en Transvaal, as ‘n volkstuiste vir die Boere geskep is.(22)

(22)M. Wilson en L. Thomson I, 245, 292, 355-63, 405-8

D’Urban het flaters begaan, dit was duidelik, en hy is teruggeroep. Maar sy flaters is gedeel deur die Minister van Kolonies, wat in gebreke gebly het om die “voorwaartse” beleid in die Kabinet te steun. Dit was in elk geval die les wat latere imperialiste soos Milner uit die gebeure geleer het.(23)

(23)Lucas 160-2

Dieselfde fout, so het Milner dit seker gesien, is begaan toe die voorwaartse beleid die volgende keer toegepas is – deur ‘n veteraan van die Spaanse Oorlog wat goewerneur geword het, Sir Harry Smith. Aanvanklik, ná D’Urban se terugroeping, is besluit om die Voortrekkers aan hul lot oor te laat.

Geen poging is aangewend om hulle te verhinder om deur die driwwe van die Oranjerivier te trek nie, wat maklik sou gewees het, en handel met hulle is nie verbied nie. In plaas daarvan het die Kaapse Regering ‘n vurige proklamasie uitgereik waarin sy gesag oor die stoute Boere bevestig is. Terselfdertyd het die Kaapse Regering uit sy pad gegaan om hierdie proklamasie nie af te dwing nie.(24)

(24)M. Wilson en L. Thomson I, 368, 409-10

Maar teen 1847, toe Smith oorgeneem het, het gebeurtenisse Brittanje laat besluit om weer aandag aan die “Boere-probleem” te gee. Op hul pad na die noorde het die Voortrekkers ‘n perdebynes in Natal, destyds die woonplek van die Zoeloes, omgestamp. Op 16 Desember 1838 het die Boere Dingaan en sy impi’s by Bloedrivier verpletter. Maar hul hantering van swart stamme in ander dele van die land het volgens die Engelse gedreig om ‘n bron van blywende onrus te word.

Teensinnig is Whitehall daarvan oortuig dat ‘n Britse kolonie in Natal, hoeveel dit die Kroon ook al sou kos, ten minste ‘n mindere euwel as nog ‘n Boererepubliek sou wees. Want Natal was nie, soos die ander boeregebiede, in die middel van nêrens nie. Dit was op die handelsroete n Indië. In 1843 is dit deur Brittanje geannekseer en die belangrikste hawe is herdoop tot Durban, genoem na Sir Benjamin D’Urban.(25) (Die hoofdorp in die Zoeloe-wêreld noord van die Tugelarivier is daarenteen Ladysmith genoem, na  Lady Smith, die Spaanse bruin wat die galante Sir Harry uit die Spaanse Skiereiland teruggebring het.)

(25) Ibid I, 369-373

As Britse generaal het Sir Harry Natal namens die Kroon geannekseer. As Britse goewerneur het hy spoedig nog meer ekspansionisties probeer wees as die Boere self. Die grense van die Kaapkolonie is in die noordweste tot aan die Atlantiese Oseaan uitgebrei en in die ooste tot anderkant die Keirivier. Die omvang van die kolonie het verdubbel.

Nog ‘n groter slag was om die Voortrekkers se gebied oorkant die Oranje- en die Vaalrivier te annekseer. Toe hul Transvaalse bure onder Pretorius teen hom opruk, het Sir Harry hulle in die Slag van Boomplaas verpletterend verslaan. Die gevolg was politieke chaos in Transvaal. Die anneksasie van Transvaal het onafwendbaar gelyk.

Maar op hierdie oomblik het Westminster se wipplank na die ander kant gewip, Sir Harry afgegooi en die mag van die Voortrekkers wonderbaarlik herstel. Nuwe Britse regerings, agtereenvolgens gelei deur Lord John Russell en Lord Derby, het besluit om ferm teen koloniale avonturiers op te tree. Sir Harry is teruggeroep en sy verowerings is verwerp. Ingevolge die Sandrivier-Konvensie van 1852 en die Bloemfonteinse Konvensie van 1854 is die binnelandse onafhanklikheid van die twee Boererepublieke, Transvaal en die Oranje-Vrystaat, deur Brittanje gewaarborg.(26)

(26)Ibid I, 416-24

Vanwaar hierdie skielike terugkeer na ‘n kompromis-beleid? Die voorwaartse beleid is hierdie keer nie om humanitêre redes verwerp soos in D’Urban se tyd gebeur het nie. Die druk is nie deur die sendelinge van Exeter Hall uitgeoefen nie, maar deur dieTesourie, wat geld wou spaar. Die nuwe regering was vasbeslote om so min as moontlik aan die Empire te bestee.

Die beginsels van vrye handel was hoog in die mode. Brittanje het ryk geword deur markte in streke soos Europa en die Verenigde State te eksploiteer waar hy geen politieke beheer gehad het nie. Waarom sou Brittanje vir ‘n ryk betaal as hy vrye toegang tot die markte van die wêreld het? In 1872 is “verantwoordelike bestuur” aan die Kaapkolonie toegesê, ná Kanada, Nieu-Seeland en die Australiese kolonies. Dit het binnelandse outonomie beteken.

Terselfdertyd is ‘n ontdekking gemaak wat blykbaar die welslae van hierdie beleid bevestig het. Dit was die ontdekking van die wêreld se rykste diamantmyn by Kimberley in die Vrystaat, naby die Kaapse grens. Deur ‘n vernuftige vertolking van die landkaart is Kimberley by die Kaapkolonie ingelyf.

Die diamant-“boom” wat in die Kaap gevolg het, het die streek se ekonomie ingrypend verander. Die handel het gebloei. Spoorlyne is oor die veld gebou. Uiteindelik het Brittanje se aspoestertjie-kolonie goedere gehad om aan die moederland te verkoop en die geld om die moederland se produkte in te voer.(27) En spoedig het ‘n nuwe aanslag op die “Boere-probleem” aan die beurt gekom.

(27)Robinson, Gallagher ens. Africa and the Victorians 2-16. M. Wilson en L. Thomson II, 11-12

Hierdie keer was die doel heelwat meer gesofistikeerd as in die tyd van Sir Banjamin D’Urban of Sir Harry Smith. Dit het toe al lankal by Britse staatsmanne opgekom dat die sentrale probleem in Suid-Afrika – nl. om in weerwil van die Afrikaners in die Kaap en die Boere van Transvaal Britse beheer in te stel – ‘n parrallel bied met die probleem van die Franse in Kanada.

Weliswaar het Britse immigrante in Kanada gou die Franse ondergeploeg, terwyl die Afrikaners in die afsienbare toekoms aan die Kaap in die meerderheid sou bly. Maar ‘n federale grondwet het wondere in die Frans-Kanadese provinsies verrig. Hoe lyk dit met ‘n federale grondwet vir al vier Suid-Afrikaanse state, die twee Britse kolonies en die twee Boererepublieke? Dit was in 1877 die plan van die nuwe Hoë Kommissaris, Sir Bartle Frere.

Vreemd genoeg was dit blykbaar nie in die eerste plek die Boererepublieke wat hierdie plan gedwarsboom het nie. Die Transvaalse Boere was in dié stadium in die knyp. Die skatkis was leeg en die Zoeloes was ‘n toenemende bedreiging. Dit het heeltemal onmoontlik gelyk dat hulle sou instem om ‘n Britse kolonie te word. Die werklike hindernis was die mate van koloniale nasionalisme in die Kaap, wat sowel deur verantwoordelike bestuur as die diamant-“boom” aangewakker is. Met roekelose ongeduld het die Britte die Kaapse regering tot samewerking probeer dwing deur Transvaal te annekseer voor daar tot federasie ooreengekom kon word. Brittanje het met mening na ‘n voorwaartse beleid teruggekeer.(28)

(28)Ibid II, 289-298

Vandaar die derde groot flater, wat op Majuba geëindig het. Frere het ten minste nie begin deur sy voorgangers se fout te herhaal nie, d.w.s. om sonder magtiging uit Londen op te tree nie. Hy en die Konserwatiewe Minister van Kolonies, Lord Carnarvon, het hul planne saam gesmee. Die eerste stap sou wees om die Boere se guns te wen met dieselfde taktiek as wat D’Urban gebruik het: die aanwending van die Britse Weermag teen die Boere se swart teenstanders.

Gevolglik het die Engelse die Zoeloe-oorlog van 1879 gepresipiteer. Ondanks aanvanklike welslae vir die Zoeloes het hierdie oorlog tot hul uitwissing as ‘n militêre volk gelei (en tot ‘n adellike titel vir die Britse bevelvoerder, Sir Garnet Wolseley). Intussen, sonder om ‘n skoot te skiet, het die Britse leër noordwaarts na Pretoria opgeruk. In 1877 het die Union Jack oor die regeringsgeboue van die nuwe Britse Kolonie, Transvaal, gewapper.(2)

(29)Ibid

Dit het gelyk na welslae vir die voorwaartse beleid. Pretoria was beset en daar was geen opstand nie. Die Vrystaat sou binnekort volg, en daarna die groot federasie van Brits-Suid-Afrika.  Maar die randjie van oorwinning was die randjie van die afgrond. Die Konserwatiewe het nie daarin geslaag om die Liberale Party se volle ondersteuning vir die anneksasie te verkry nie, en nou bulder Gladstone by Midlothian: hy sal die oorname verwerp. Gladstone het sy argumente eweseer op finansiële oorwegings (d.w.s. besparing) as op politieke radikalisme gebaseer.

Die Liberale was duidelik ewe verdeeld oor Suid-Afrka as oorIerland. Die Britse anneksasie is in die lug gelaat. Sir Bartle Frere is teruggeroep. Geen geld is in Transvaal belê nie, daar was geen verbeterings in die sakewêreld of die administrasie om die Boere vir die verlies van hul pollitieke onafhanklikheid te  vergoed nie. Die Boere se kragtige tradisie van nasionalisme, wat tydelik deur ‘n leë skatkis en die Zoeloe-gevaar verlam was, het skielik nuwe lewe gekry.

In 1880 het die Boere onder Paul Kruger teen hul nuwe regering in opstand gekom en binne ‘n paar weke drie klein maar verplettende oorwinnings oor die Britte behaal. Die laaste slag was dié van Majuba, op Britse grondgebied, net binne die grense van Natal.(30)

(30)Ibid II, 298-300

Teen dié tyd was Gladstone, Grand Old Man, vir die derde keer Eerste Minister van Brittanje. Gladstone gryp ‘n kompromie aan. Hy stem in om die groot Britse treoepemag o.l.v. Sir Fred Roberts, held van die opmars na Kandahar, wat op pad is om die Britse magte te kom help, terug te trek. Hy stem in om algehele binnelandse selfbestuur vir die Boere te herstel.

Daar is een belangrike voorbehoud: Brittanje behou eindseggenskap oor Transvaal se buitelandse sake. Grondwetlik gesproke was dit ‘n ongewone reëling, hoewel glad nie ‘n unieke nie. Brittanje het sy aanspraak op oppergesag in Suid-Afrika herbevestig, maar sonder om Transvaal as ‘n kolonie of selfs as ‘n lid van haar Empire op te eis.(31)

(31)Lehmann The First Boer War 262-307

Onder druk van vriende in die Kaapkolonie en dieVrystaat stem Kruger tot die reëling in, wat die vorm aanneem van ‘n internasionale verdrag in die Konvensie van Pretoria, 1881, en die Konvensie van Londen, 1884. Maar Kruger, wat President van die herstelde Transvaalse republiek geword het, maak geen geheim daarvan dat hy onder protes teken en sy bes sou doen om ‘n derde konvensie te probeer bereik wat die skaduwee van Britse oppergesag verwyder nie. Andersyds voel baie Britse soldate onder Roberts diep verneder deur die skikking. Soos weldra sou blyk, het dit ook gedien om die toenemende gees van jingoïsme om Suid-Afrika te versterk.

Van  hierdie aard en omvang was die Afgrond van Flaters.

Vir Milner klink die “wreek Majuba”-praatjies onsmaaklik kru. Die slag was ‘n konvensionele ramp: swak taktiese posisie, ‘n miniskule troepemag, ‘n halfgebakte generaal. Dit was die hele anneksasie wat hopeloos verknoei is. Kruger het rondgeval. Westminster het hom ondermyn. Die Tesourie het sy mislukking verseker. Wat Gladstone se skikking betref, dié laat Milner ril. Deur ná ‘n  neerlaag vrede te sluit voor die hoof-troepemag die ander Britse magte kon kom versterk, het Gladstone nog ‘ n stap gedoen ter bevestiging van Transvaal as daardie gevaarlike anachronisme, ‘n kwasi-onafhanklike volk in Afrika.(32)

(32)C. Lucas 300-1, 336-7

Wat moet hulle doen? Dit is in hierdie stadium dat die “groot spel”om Suid-Afrika te voorskyn tree as deel van ‘n veel groter spel – die stryd om wêreldoppergesag.

Die frases wat gebruik is – “imperiale eenheid” en die “konsolidasie van die Ryk” – is vaag, gerieflik vaag. Milner self weet wat hy met hulle bedoel. Hy is trots op sy realisme – op die feit dat hy geen illusies i.v.m. die ware staat van die Britse Ryk het nie. Anders as die nsubtieler soort jingo’s word hy nie mislei deur die gewuif van vlae en die geroffel van tromme nie.(3) Dis amateurtoneelspel – “’n steltlopery” noem hy sy werk as onderkoning.(34)

(33)M-mev. Montefiore 12 Jun. 1900, MP II, 104-5. M-Gell 2 Jun. 1897. Gell 359

(34)M-Ly Ilbert 12 Des. 1897, Mil New College

Hy vind die filosofie van die Gatling-masjiengeweer en die LaasteSkans belaglik. Waarin hy belang stel, is mag. Nie net vir homself nie, maar vir Engeland en die Engelse ras. Dit is die groot liefde van sy lewe – Engelse “rasse-patriotisme”, soos hy dit noem, en dit jaag hy na met ‘n hartstog wat hy homself in die meeste ander opsigte misgun.(35) Maar die mag van die Engelse ras is nie, soos hy dit sien, op ‘n hoogtepunt nie. Dit is reeds aan die kwyn.

(35)M se credo Times 2 Jul. 1925 haal aan uit Marais Kruger’s Republic 172. Sien ook Gell se aantek. oor M in Gell 346

Die jare waarin daar in Suid-Afrika saam met die stroom gederyf en kompromisse aangegaan is, sien hy as deel van hierdie algemene kwyning. In die ander setlaarskolonies was daar trouens ‘n halfeeu laas selfs ‘n poging tot ‘n voorwaartse beleid; alle beleid was swak en negatief. En die Britse oppergesag is geleidelik afgebreek namate daardie blanke kolonies een vir een binnelandse selfbestuur gekry het. Dit is waar dat die kolonies self ryker en magtiger geword het. Dit is ook waar dat Brittanje reusagtige nuwe tropiese gebiede ingepalm het – veral gedurende die onlangse stormloop om Afrika.

Maar is hierdie nuwe swart kolonies ‘n bron van òf rykdom òf mag? Tot  hulle ontwikkel word, sal niemand kan sê nie. In Milner se oë, soos in dié van al die meer gesofistikeerde imperialiste, is Brittanje se belangrikste taak nie die utibreiding of selfs ontwikkeling van die swart Empire nie. Sy belangrikste taak lê in die herbevestiging va sy mag in die blanke Empire.

Kan die Empire nou ‘n werklikheid as ‘n federale Groter Brittanje word? Kan dit ‘n opperste wêreldstaat word, met verdediging en handel onder beheer van ‘n enkele imperiale parlement? Of gaan dit die lot van ‘n blanke Empire wees om in ‘n warboel van volkstate te verbrokkel, geeneen nader aan Brittanje as die eerste groot oud-kolonie, Amerika nie?

Dit is in Suid-Afrika, glo Milner, dat die antwoorde op hierdie vrae gvind sal word, hoe ook al.(36) Hy dink dat hy die gevare ken. Sy persoonlike lewensbeskouing is dat ‘n mens na die “groot dinge” in die lewe moet mik. In so ‘n proses is risiko’s onvermydelik – en groot risiko’s daarby.(37) Miskien is dit reeds te laat. Miskien is die Britse Empire, nie Transvaal nie, die anachronisme. Miskien is hy self een. Dit sal alleen die tyd toon.(38)

(36)M-Parkin 28 Apr. 1897, MP I, 42

(37)M-E Gell 26 Jan. 1899, Gell 525

(38)M-Dawkins 11 Apr. 1904, Mol (S3)

Van een ding is Milner seker. Die huidige kompromis-beleid in Suid-Afrika – die agteruit-beleid – bied Brittanje geen geleentheid om haar mag te herstel nie. In 1886 is goud op die Witwatersrand ontdek. Dit was goud wat Rhodes en Beit in 1895 verlede het om Transvaal by die Britse Empire te probeer herinlyf – ‘n komplot waarin Chamberlain en die Britse Regering (so beweer hule) geen rol gespeel het nie. By die dwaasheid van Majuba is nou die fiasko van die Jameson-inval gevoeg.

Milner se eie gevoelens oor die inval en sy politieke gevolge is begryplik genoeg ingewikkelder as dié i.v.m. die vroeëre flaters.(39) In sekere sin is hy alles aan die ramp verskuldig. As dit nie vir Jameson was nie, het hy miskien nog steeds as voorsitter van Binnelandse Inkomste in sy kantoor in Somerset House sit en gaap. En daar is aspekte van die inval, al was dit nou ‘n algehele fiasko, wat na Milner se mening hoopvolle lesse vir die toekoms inhou.

(39)Sien M-Gell 22 Mei 1899, Gell 521

Toe die Londense Konvensie in 1884 onderteken is, kon niemand, ook en miskien veral nie Kruger, voorsien dat die Rand twee jaar later ontdek sou word nie. Die gevolglike ontploffing in Transvaal se rykdom het ontplofbare politieke gevolge had. Skielik was dit asof die Kaap en Transvaal rolle verwissel soos die politieke leierskapo van die subkontinent na Transvaal verskuif.

In verband met dié twee state is daar nou ‘n dubbele anomalie, ‘n dubbele teenstrydigheid. Die Kaap is ‘n Britse kolonie,  hoewel die meerderheid van sy blanke inwoners Afrikaners is; Transvaal is nog steeds ‘n Boererepubliek, maar teen die middel van die 1890s begin dit lyk asof die meerderheid van sy inwoners reeds Brits is, want die goudstormloop het baie d uisende Britse immigrante gelok.

Nou ja, wie gaan dan Transvaal, rykste staat in Afrika, beheer?(40) Dit was die vraag waarop Jameson met sy mal j aagtog oor die veld probeer antwoord het. Toe die inval onvermydelik lyk, het die ou President verklaar: “Ek sal wag tot die skilpad sy kop uitsteek en dit dan afkap.”(41)

(40)Sien (Selborne se) memo 26 Mrt. 1896, Sal

(41)Kruger Memoirs II, 261-3. Van der Poel Jameson Raid 104

Op die ou end was hy glad te slim om enigiets van dié aard te doen. Hy het die skilpad in ‘n pakkie laat opmaak en dit as geskenk aan die Koningin na Londen gestuur. Dit was na Londen dat hy doktor Jameson en die invallers gestuur het, en daar is hulle tot almal se goot verleentheid deur ‘n hof van die Kroon tot tronkstrawwe van vyftien maande en meer gevonnis.

Erger nog, Rhodes is as die aartssamesweerder en aartsknoeier van die hele affêre aan die kaak gestel. Dit is deur twee amptelike ondersoeke en twee openbare verhore in Londen en Suid-Afrika bewys. Toe Kruger eers die verbasende versameling kodetelegramme en ander geheime dokumente wat op die slagveld van Doringkop gevind is, bekend gemaak het, kon dié dinge niemeer ontken word nie.(42

(42)Blue Book 311. Hole 269-71. Van der Poel 166-7

In die ondersoek deur die Kaapse Regering is ‘n antwoord gevind op die kern-raaisel: waarom het die Johannesburgse opstand, deur Rhodes georganiseer, so klaaglik ineengestort? As die man wat sowel Eerste Minister van die Kaapkolonie as Voorsitter van die Chartered Company was, is Rhodes self genoop om te getuig – en in sy twee dae in die getuiebank het hy boonop ‘n ellendige swak indruk gemaak. Dit het geblyk dat hy en sy mede-samesweerder, daardie ander multimiljoenêr, Alfred Beit, die omvang van die verset teen Kruger onder die Uitlanders hopeloos oorskat het.

‘n Groot minderheid was glad nie eens Brits nie, maar Kaapse Afrikaners, Duitsers, Franse, selfs Amerikaners. Hulle had natuurlik hul griewe, met inbegrip van gebrek aan politieke regte. Maar hulle het goeie geld in die goudmyne gemaak en hulle was glad nie haastig om die Regering van die ZAR omver te werp nie.

Dieselfde geld baie van die onafhanklike kapitaliste wat ‘n aandeel in die Randse goudvelde gehad het. En selfs die Johannesburgse Reformers (die karton-revolusionêres) kon nie oor ‘n kernvraag saamstem  nie. Hierdie vraag was: wat sou hulle in die plek van Kruger se ZAR stel wanneer hulle dit eers omvergewerp het? ‘n Uitlander-republiek? Of, soos Rhodes en Beit wou hê, ‘n Britse kolonie onder die Britse vlag?(43)

(43)Blue book 311, sien ins. Q 6827-38. Van der Poel 73-4

Terwyl die Reformers tyd gevra het om hul geskille te besleg, het Rhodes en Beit hul koppe in die sand begrawe gehou. Wat Beit betref, was dit byna letterlik die geval; in die deurslaggewende naweek toe Jameson sou vertrek, het hy in Muizenberg by die see gaan vakansie hou. Rhodes het naby Groote Schuur bly rondhang, sy paleis in die dennewoude bo Kaapstad. Hoewel die inval onmiddellik deur sowel die Britse as die Kaapse Regering verwerp is, het hy die besluit om Jameson terug te roep, uur ná uur uitgestel.(44)

(44)Garrett ens. Crisis 81. Van der Poel 89-90

Dit is aan die lig gebring deur William Schreiner, Olive se jonger broer, Prokureur-generaal van die Kaapkolonie. Gedurende die Kaapse ondersoek het Schreiner vertel van ‘n onderhoud wat hy in daardie tydperk met Rhodes gevoer het: Rhodes byna verlam en verslae deur die fiasko van die opstand; Rhodes se uitlap dat Jameson “sy planne omvergegooi het”; Rhodes wat weier om hom te keer met die miserabele verskoning “arme Jameson, ons is nou al twintig jaar vriende, hoe kan ek hom nou ruïneer?”. En tog het dit ook aan die lig gekom dat Rhodes Jameson wel ‘n paar dae later probeer ruïneer het. Hy het vir hom ‘n boodskap na die Pretoriase tronk gestuur met die opdrag om die hele skuld op homself te n eem.(45)

(45)K311 Q 3304-7, 3401-4. Van der Poel 96-7

Dit is die onsmaaklike storie van die inval soos dit uit die verhore en amptelike ondersoeke geblyk het. En as die illusies van die samesweerders belaglik was, was die politieke gevolge volkome werklik, soos Milner tot sy nadeel weet. Die inval het die posisie van die Britse Empire in Suid-Afrika rampspoedig verswak. In 1898 is Kruger vir die vierde ker as President van die ZAR herkies. Sy progressiewe opponente is verpletterend verslaan, en hy is nou nie net die held van die Transvaalse Boere nie, maar van hul mede-Afrikaners in die Kaapkolonie.

Die bande van ‘ n nuwe soort Kaapse koloniale nasionaliste, deur Rhodes geïnspireer, is nou verbreek en die Kaapse Afrikaners is teruggedwing in die laer-mentaliteit wat hulle ‘n dekade tevore laat vaar het. Sonder selfbestuur in die Kaapkolonie sou dit nie noodwendig vir die imperialiste ‘n slegte ding gewees het nie. Maar die Kaap het selfbestuur, en die Afrikaners bly in die meerderheid.(46)

(46)Robinson en Gallagher 430, 433. Van der Poel 260-2

Wat Rhodes betref, hy is gedurende sowel die Kaapse ondersoek as die Parlementêre ondersoek in Londen streng tereggewys. Hy is nie alleen gedwing om as Kaapse Eerste Minister te bedank nie, maar ook as Voorsitter van die Chartered Company. Daarna het hy verklaar dat hy van die Kaapse politieke toneel gaan afskeid neem en homself in die toekoms gaan wy aan die land wat sy naam dra. Dit is hoog tyd. Toe Rhodes die grootste deel van die Rhodesiese polisie saam met Jameson gestuur het om die ZAR binne teval, het opstande deur die Matebeles en Masjonas gevolg. Dié kon alleen teen groot koste vi die Chartered Company onderdruk word.(47)

(47)B. Williams Rhodes 225-92. Lockhart en Woodhouse Rhodes 350

Toe Milner in 1897 na die Kaap gestuur is, was dit sy taak om die wêreld te herstel wat deur Jameson verwoes is. Die eerste probleem was hoe om met die oud-kolos en sy vennote, met inbegrip van Alfred Beit, om te gaan. As goewerneur en Hoë Kommissaris is dit Milner se plig om goeie betrekkinge met al die pro-Britse partye te handhaaf, veral met die goudkewers – hierdie oud-Duitsers, nou genaturaliseerde Britse miljoenêrs, soos Alfred Beit. En goeie betrekkinge handhaaf hy. Tog weet sy intieme vriende iets van sy private gevoelens. Rhodes en Beit se plan om die ZAR binne te val, was nie alleen “idioties” nie, maar dit was “gewetenloos”.(48

(48)M-Gell 22 Mei 1899, Gell 531

Hy vertrou Rhodes en sy trawante nou geen duim nie. “Hulle sal my of enigiemand anders verraai ten einde die minste van hul eie oogmerke te bevorder,” bars hy teenoor Philip Gell uit. Hulle is geldgrawers en potensiële rebelle. Tog moet hy van Rhodes hou. Net iemand met sy eie “komplekse sedelike en intellektuele samestelling” kan besef dat “Rhodes volkome onbetroubaar is en hom tog hartlik bewonder”.(49)

(49)N-Gell 19 Okt. 1898, 3 Mrt. 1899, Gell 514, 528

Natuurlik moet net sy intiemste vriende dit hoor. Milner het die waarheid i.v.m. Rhodes een van die “arcana imperii” (ryksgeheime) genoem, ‘n geheim wat slegs verklap mog word aan die “ten volle ingewyde augur”, soos die waarsêers van die Romeinse Ryk genoem is. “In hemelsnaam,” voeg hy by, “moenie dat Grey” – Lord Grey is die nuwe Voorsitter van die Chartered Company – “ooit agterkom wat ek dink nie … Grey, uitmuntende, eenvoudige kêrel, sal nie een tiende van sy huidige waarde hê as hy aan Rhodes se selftaksering moet twyfel nie.”(50)

(50)Ibid

Waarom het Milner dit aan Philip Gell gesê? Hiervoor het hy sy eie motiewe gehad. Hy wou hom, sy intiemste en betroubaarste vriend, in ‘n gesagsposisie in die Hoofkwartier installeer – tussen die Londense goudkewers. Hy het gehoop dat Gell ‘n betrekking sou kry in die Londense kantoor van Wernher-Beit, die rykste en magtigste van al die Randse mynhuise.(51) (In 1895 het Wernher en Beit persoonlike bates van £156 gehad, teenoor rhodes se £5 miljoen.)(52)

(51)M-Gell 3 Jan. 1899, Gell 521. Sien ook M-Gell 28 Jul. 1898, Gell 510

(52)Standard & Diggers’ News 16 Nov. 1895

“Ek verkies Wernher, Beit en Transvaalse dinge,” deel Philip mee toe hy die plan uiteensit, “bo Grey, Rhodes en Rhodesiese dinge.” Op die ou end moes Phlip genoeë neem met ‘n direkteurskap van die Chartered Company, maar aangesien Beit ook ‘n lid van die direksie was, kon dit ‘n nuttige skakel met die Rand wees. As Milner sy sin kon kry, sou dit Wernher en Beit wees, ryker en standvastiger as Rhodes, wat die belangrikste rol in die “groot spel” in Suid-Afrika sou speel.(53)

(53)Sien aantek.  51. Gell se aantek. (s.j.), Gell 518. M-Gell 30 Jan. 1899, Gell 527/ M se dagboek 30 Nov. 1899, Mil

Dit is hiervoor – om ‘n langtermyn-strategie vir afrekening met die Boere uit te werk – dat Milner die lang seereis van die Kaap onderneem het om Chamberlain te gaan spreek.

Hy twyfel nie aan die lesse van die verlede nie. Die inval was Rhodes se private poging tot ‘n kits-oplossing vir die Transvaalse vraagstuk. Dit het ewe klaaglik misluk as die Britse Regering se voorwaartse beleid. Maar dit bewys nog nie dat inmenging die verkeerde beleid is nie. As Milner wil inmeng, moet drie faktore teenwoordig wees: die steun van die Kaapse koloniste, die steun van die Departement van Kolonies in Londen en die steun van die Britse openbare mening aan weerskante van die politieke draad.

Milner weet wat die Departement van Kolonies gaan antwoord. Waarom is ‘n voorwaartse beleid hoegenaamd nodig? Tyd is aan hulle kant. Wees geduldig, en die ZAR sal in ons skoot val. Maar Milner is daarvan oortuig dat die tyd nie aan hulle kant is nie, nie ná die inval Kruger se houvas op sy eie volk versterk het nie. Brittanje kan eenvoudig nie ‘n beleid van “muddling through” bekostig nie. Hulle kan dit nie bekostig om die Boere “aan hul eie lot oor te laat nie”.(54) Vroeër  in die jaar het Milner trouens aan Londen geskryf en verlof gevra om “na ‘n krisis op te werk”. Direkter gestel,  hy wou met Kruger skoor soek oor die een of ander kwessie of kwessies en die verloop van sake dan tot ‘n krisis laat ontwikkel.(55)

(54)M-Gell 11 Jan. 1898, Gell 501. M-C 23 Feb. 1898, MP I, 220-1. M-Bertha Synge 26 Apr. 1899, Mil 191

(55)M-C 23 Feb. 1898, MP I, 222

In sy verleentheid oor die ondersoek ná die inval het Chamberlain tevore aan ‘n vriend gesê hy wens “almal wil die bestaan van die plek (Suid-Afrika) vir die volgende jaar of twee vergeet”.(56) In antwoord op Milner se brief het hy hoflik maar ferm laat weet: “In elk geval, vir die hede i s ons grootste belang in Suid-Afrika vrede …. ons hele beleid moet op hierdie doelwit toegespits wees.”(57) Dit was vroeg in 1898 die posisie, toe Brittanje met Franse aansprake op die Bowe-Nyl moes afreken. Wat was Chamberlain se beleid in Desember – ná die Britte die Franse triomfantlik uit Fasjoda verdryf het?

(56)C-Ellis, 14 Okt. 1897, Cham JC 10/5/1/62

(57)C-M 16 Mrt. 1898, Garvin Chamberlain III, 366

Op die werkvakansie wat nou in Engeland vir Milner voorlê, sal hy ‘n dubbeld delikate diplomatieke sending hê. Eers moet hy Chamberlain en die Departement van Kolonies se “rooskleurige illusies” aan die kaak stel; hy moet aan  hulle bewys dat die tyd nie aan hulle kant is nie. Tweedens moet hy die pers en die politici in die algemeen sag maak. Hy is glad nie van plan om soos Sir Bartle Frere as slagoffer op die altaar van die openbare mening te eindig nie.(58)

(58)

Hiervoor sal hy sy opwagting aan die tafels en buiteverblyf-partye van die groot politieke gasvroue van die dag moet maak – nie ‘n taak waarteen hy opsien nie. Die hoë kringe waarin hy sal beweeg, maak die lewe sagter en aangenamer op ‘n manier wat in sy amptelike lewe as administrateur opvallend ontbreek.

Agt jaar tevore, as 37-jarige finansiële sekretaris in Egipte, het hy vir die eerste keer verlief geraak. Die meisie was Margot Tennant, en Milner het haar gevra om met hom te trou.(59) Sy het sy aanbod van die hand gewys en sy Balliol-vriend gekies – Henry Asquith, die toekomstige Eerste Minister. Milner het die afjak met ‘n skouerophaling probeer vergeet. “Dierbare geseënde ou vriend,” het hy aan Philip geskryf, “moet jou nie daaroor ontstel nie. Geen bene is gebreek nie. Ek is nie deur ‘n heks verslind nie…”(60)

(59)M se dagboek 1891-2, Mil 252/161-6. Wrench 111-116, 124-34, 136-54

(60)M-Gell 17 Apr. 1892, Gell 290

Maar die onbeantwoorde liefde het sy stryd teen die romantiese hunkering van sy vader se temperament verskerp. Waar kan hierdie hunkering nou ‘n beter (en veiliger) uitlaatklep vind as in die gekanteelde huise van die groot gasvroue, in fietstogte met Lady Alice Portal en uitstappies op die rivier in ‘n platboomskuit saam met Ettie Grenfell? Al speel hy hopeloos brug, is hy altyd welkom. Alfred praat nie alleen skitterend oor sy imperiale sending nie. Hy is ‘n skitterende luisteraar.(61)

(61)Vir M se welslae in hoë kringe sin ins. M se briewe aan mev. Grenfell (afskrifte in PV) en dagboek ins. 30 Mei – 4 Junie 1895, fietstog in Normandië (“Lady Alice maak min vordering teen die wind”)

Daardie aand, 18 November, om agtuur, stoom die spesiale salon-koets waarin Milner reis, by die Vauxhall-stasie in. Hy haal ‘n keb na sy kamers, 47 Duke Street. Dit is ‘n vrygesel-woning, sy “ou grot”: die groot rooi kamer op die grondverdieping. Hy is te moeg om by Brooks te gaan eet. ‘n Stapel briewe wag hom in, ‘n stortvloed uitnodigings. Almal wil van Suid-Afrika hoor.(62)

(62)M se dagboek 18 Nov. 1895, Mil (dep 65)

Vier dae later stap Milner oor die paleisagtige binnehof van die Departement van Kolonies in Whitehall onderweg na Chamberlain. Hy het alle rede om bedruk te voel. Daar is daardie ry ontslape pro-konsuls aan die oostelike fasade, onder hulle (soos in ‘n soort bloubaard-galery) die gebeeldhoude koppe van D’Urban, Smith en Frere. Daarby het hy pas die nuus van vriende in die Departement gehoor: die Meester – Chamberlain – bly teen oorlog gekant.(63)

(63)M se dagboek 22 Nov. 1898, Mil (dep 68). M-Fiddes 25 Nov. 1898, MP I, 299

Wat hom betref, het hy klaar vas besluit. Daar is net twee oplossings vir die afgrond in Suid-Afrika. Kruger moet òf politieke hervormings in sy lendelam republiek instel òf daar moet ‘n “geskil” wees. Kortom: dit is ‘n keuse tussen hervorming of oorlog….   En Milner glo persoonlik dat “oorlog” waarskynliker is.(64)

(64) M-C, M-Selborne 23 Feb. 7 Sep. 1898, MP I, 222, 287

—o0o—