BO Swart week silwer rand

Swart week Silwer Rand

Brittanje, 16 Desember 1899 – 1 Februarie 1900

“I’m coming, Oom Paul Kruger, To have a talk with you; / A word into your ear, old man – I am the kangaroo / The emu, an die ‘possum, And the eucalyptus tree – / In other words Australia; And this I say to thee  – / Now Mister Oom Paul Kruger, Just let my father be.”

Sydney Bulletin, Desember 1899

Hoofstuk-aanhef Sydney Bulletin aangehaal Black & White Budget 23 Des 1899

.— — —

Hoofstuk 21

Die eerste berigte van Buller se teenspoed by Colenso wat in die latere uitgawes van die oggendkoerante verskyn het, bereik Lord Roberts die Saterdagoggend teen ontbyt in Kilmainham-Hospitaal, die lendelam ou 17de eeuse hoofkwartier van die Bitse weermag in Ierland. Daar is tot dusver nog geen ongevallelyste nie.(1)

(1)Times, Irish Times 16 Des 1899 ens. Ly (Aileen) Roberts memo Bobs 181

Roberts was waarskynlik bekommerd oor sy seun, soos duisende ander Britse ouers wat die koerante daardie oggend gelees het. Maar sy oorweldigende vrees – en hoop – lê in Britse strategie. Hy moet sy kans nou met albei hande gryp.

Dit is ‘n eenmalige kans. “Jare lank,” sou hy dit stel, “wag ek al vir hierdie dag.”(2) Hy skryf ‘n haastige, lang uitgesproke kabel aan Lansdowne en ry na die syferkantoor in Viceroy’s Lodge aan die ander van Phoenix Park.

(2)Balfour-Ly Elcho 23 Des 1899 haal R op 17 Des 1899 aan Bal 49835/16-17 (Dugdale Balfour I, 299-300 laat eerste para uit)

Die kabel is vir Lansdowne alleen bedoel, en vir niemand anders in die Departement van Oorlog nie, allermins Wolseley. Daarin waarsku Robrts die Regereing dat slegs ‘n “radikale verandering” in sowel strategie as taktiek vir Brittanje ‘n “vernederende vrede” in Suid-Afrika kan voorkom.(3)

(3)R-L 16 Des 1899, Bobs 110-11 (NB foutiewe datum in R se H & O I, 1)

Hoe moet daardie radikale verandering bewerkstelllig word? Stel hom, Roberts, as opperbevelhebber in Suid-Afrika aan. Hy doen elke aand sy gebede en laat die res aan God oor.” So het Lady Roberts haar man beskryf.(4)

(4)Garvin III,, 526-7. D. James Roberts 55-6

Dit was koddige woorde om te gebruik, maar Nora Roberts, die dogter van ‘n landheer uit die Orkney-eilande, is bekend vir haar  koddige opmerkings. As jy haar man se vriende sou vra, sal hulle jou verseker dat Bobs merkwaardig min aan God oorlaat – behalwe in die sin dat God volgens hom dié help wat hulself help.

Hy is die versinnebeelding van die “politieke” generaal. In sy 41 jaar in Indië het hy die groot subkontinent oorheers. Vir sy vader, ook ‘n politieke generaal, het hy mag geërf – lidmaatskap van die groepie Britse families wat die Indiese leër en staatsdiens beheer. Hy is ‘n gebore diplomaat. Hy weet hoe om met onderkonings soos Lansdowne te werk.(5)

(5)DNB. Kol. Repington-Marker 19 Aug 1904. BM 52278 James passim

Hy weet hoe om met die manne te werk – so het Kipling die wêreld in sy ballades verseker. “Little Bobs, Bobs, Bobs … Pocket Wellin’ton,” gaan die liedjie.(6) Ander mense noem hom ‘n indringer en ‘n “selfadverteerder”. Selfs sy staf lag oor die moeite wat hy doen om sy loopbaan te bevorder; sy manier, bv., om artikels oor homself in die Pers te inspireer, of sy pogings om die niggies, susters en vrouens van Britse politici sag te maak wanneer hulle na Indië kom.(7)

(6)Kipling Definitive Edition of Verse 396

(7)I. Hamilton Drums 165

Die een ding waarvan hy niks hou nie, is sy lengte Hoewel hy breë skouers het, is hy belaglik kort: omtrent vyf voet twee. Hy is nou 67, ‘n slank, grys terriër van ‘n man. Maar professioneel. Niemand kan sê hy is te ‘n groot heer – soos Buller – om sy saak by Lansdowne te bevorder nie.(8) Hy weet waar die mees deurslaggewende oorloë gewen word: in die Departement van Oorog en die Kabinetskamer. Hy weet dat politiek vir ‘n generaal net ‘n ander soort oorlog is.

(8)D. James passim. Abbott Tommy Cornstalk 193-5. Menpes 69-81

Sy kode-kabel aan Lansdowne was die klimaks van ‘n vierjarige belelg van Lansdowne en die Departement van Oorlog. In 1893 het hy as volksheld uit Indië teruggekeer, maar een wie se louere nie mer so fris was nie. Dit was 35 jaar sedert hy sy Victoria-kruis in die Indiese Muitery gewen het, 13 jaar sedert sy beroemde opmars na Kandahar.

Die hoogste prys – om Opperbevelhebber in Engeland te wees – is deur Wolseley, ‘n jaar jonger as hy, van hom weggeraap. Buller het Aldershot gekry. Bobs is beloon met ‘n baronskap en die staf van ‘n veldmaarskalk – troosprys in sy oë – en na Kilmainham gestuur om genadebrood te eet.(9)

(9)DNB

Kort daarna sou hy skryf: “Dit was vir my nog nooit nodig om ‘n aanstelling te vra nie, en die laaste ding wat ek sal doen, is om iets vir myself te vra, of my vriende te kry om iets te doen om my in die toekoms te help.”(10) Toe gaan hy heen en doen presies dit.

(10)R-S Wilkinson aangehaal Symons 21

Hy skryf aan sowel Lansdowne as Chamberlain en stel homself beskikbaar as bevelhebber van die ekspedisie in Suid-Afrika wat in 1896 voorgestel is. Hierna stuur hy Lansdowne die een nuttige brief n a die ander, om hom te help sien hoe Wolseley se stelsel in die Departement van Oorlog op ‘n onvermydelike ramp afstuur.(11)

(11)R-L 1896-9, Bobs 110

Toe die oorlog uitbreek, het hy nog dringender geword. Op 8 Desember – ‘n week voor Colenso – het hy aan Lansdowne geskryf en voorgestel dat hulle oor Buller se kop gaan en hom wat Roberts is, aanstel. Hy het Buller se telegramme gelees, sê hy, en dit is vir hom duidelik dat Buller koue voete gekry het voor hy nog ooit in ‘n veldslag betrokke was. Roberts smeek Lansdowne om die brief vir Wolseley en sy Ring ‘n geheim te hou, aangesien lg. “baie groot risiko’s sal waag liewer as om my in bevel te sien”.(12)

(12)R-L 8, 11 Des 1899, Bobs 110

Op 10 Desember gaan hy na die Departement van Oorlog om sy vriend Sir Henry Brackenbury, direkteur-generaal van krygsbehoeftes, in die geheim te gaan sien.(13) Brackenbury vertel hom van die desperate tekort aan grofgeskut en ander materiaal, wat Roberts se mening van Wolseley bevestig.(14)

(13)Ly (Aileen) Roberts tap

(14)R-Brackenbury 12 Des 1899, H & O I, 1

Hy ontvang ook van Lansdowne ‘n antwoord op die brief waarin hy voorstel dat hy in Buller se plek aangestel word. Hulle kan nie ‘n generaal afdank “net omdat hy sombere beskouinge het nie”, sê Lansdowne, maar hy sal Roberts se brief aan Salisbury wys. Die voorstel sal “steeds in my gedagtes wees”.(15)

(15)L-r 10 Des 1899, Bobs 181

Op die Vrydagaand het Lansdowne trouens reeds met onkenmerkende snelheid sy gedfagtes in dade oorgesit. Toe hy Buller se eerste kabel ontvang – die openbare kabel, vol selfvertroue, onmiddellik ná die slag gestuur, waarin Buller tot sy spyt ‘n “ernstige terugslag” rapporteer – besluit Lansdowne dat Buller moet gaan.

Maar daar is twee gedugte hindernisse: Wolseley self en die Koningin, wat albei om verskillende redes sal veg om Buller te red. Hoe moet hy hulle uitoorlê? ‘n Gekonkel is nie Lansdowne se styl nie. Hy raadpleeg sy vriend Arthur Balfour, Adjunk-premier en ‘n meester van politieke intriges.(16)

(16)Ly Roberts tap. Dugdale Balfour I, 295. L-Balfour 12.30 nm 16 Des 1899, Bal 49727/97. Newton Lansdowne 165

Daardie Vrydagaand eet Balfour by St Loe Strachey, redakteur van die Spectator. Hy is by Strachey se huis om kennis te maak met Percy Fitzpatrick, Wernher-Beit se agent, wat in oorleg met sy werknemers en Milner in Londen gebly het om die Regering in die na-oorlogse skikking by te staan.

Balfour self wag gespanne op nuus oor wat daardie dag by Colenso gebeur het, en ná die ete word hy versoek om na die Departement van Oorlog te kom. Hy keer met die verstommende nuus terug: mislukking: “Die kalm, onwrikbare vertroue in die mense, die verhewe, besielende kalmte van ‘n leier, die standvastigheid, die senuwees, die mees getemperde moed.”(17)

(17) Fitzpatrick Memories 144

Balfour het seker al hierdie hoedanighede nodig gehad vir die besluit wat hy hierna sou neem. Hy en Lansdowne sal Buller in die pad steek, besluit hy, sonder om òf Wolseley òf die Koninging in die saak te ken.

Nou help Buller hom. Die volgende oggtend vroeg, die Saterdag, word Roberts gevra om homserlf gereed te kry vir die uittog na Suid-Afrika; die boodskap kruis Roberts se eie kode-kabel aan Lansdowne. Later arrivier Buller se tweede kabel, die een wat hy die vorige aand net voor middernag in ‘n bui van swart woede en wrewel geskryf het: “My mening is dat ons Ladysmith moet laat gaan.”(18)

(18)Balfour-Ly Elcho 23 Des 1899 tap: “Die treurmare is die Saterdag deur ‘n nog erger telegram voltooi”

‘n Afskrif word aan die Koningin in Windsor gestuur. Belaglik, sê daardie gladde howeling, Lord Esher. Die kabel is bewysstuk 1 toe die Departement se verdedigingskomitee daardie aand byeenkom. Buller het moed verloor en wil Ladysmith aan sy lot oorlaat. Die Kabinet stem saam dat Buller ‘n telegram moet kry wat die enormiteit van hierdie voorstel by hom tuisbring.

“Om White se mag in die steek te laat sodat dit gedwing sal word om oor te gee, word beskou as ‘n nasionale ramp van die grootste omvang.” Die Kabinet stem ook in om Buller as opperbevelhebber in Suid-Afrika deur Robeerts te vervang. Buller sal in beheer van die Natalse leërs bly.(19)

(19)Esher Journal I, 251. L-Buller 18 Des 1899, VT no 62. Let ook op no 62a, wat nie later gepubliseer is nie. G. Buckle Queen Victoria’s Letters (3de reeks) III, 445

Op Salisbury se aandrang word besluit dat Lord Kitchener, die Sirdar van Egipte en die dapper jong held van Omdurman (hy is byna 18 jaar jonger as Roberts), as Stafhoof by Roberts sal aansluit. Ja, beaam Lansdowne, die publiek sal daarvan hou.(20)

(20)Volgens L-Balfour 17 Des 1899 het K die wens uitgespreek okm nie uit te kom nie, Bal 49727/98-9. Newton 165. Sien ook Arthur Kitchener I, 266 (bevke “nie volkome onverwags nie”). Die pakkie is vooraf deur Ian Hamilton en Rawlinson gereël. K het ook aan die Eerste Minister se skoondogter, Ly Cranborne, geskryf, en homself aan die hand gedoen: K-Ly Cranborne 20 Sept 1899, Sal (Hat). “As u die moontlikheid sien, hoop ek u sal ‘n woordjie doen want as die Kaapse oorlog uitbreek, gaan dit ‘n groot ding wees en hulle kan my dalk ‘n pos gee.”

Dart die mismoedige telegram met Buller se aanbeveling om Ladysmith te “laat gaan”, as blote voorwendsel vir sy afdanking moes dien (in elk geval in Lansdowne se gemoed), word deur een eenvoudige feit bevestig. Die “radikale verandering”-telegram wat Roberts die oggend ná Colenso uit Dublin gestuur het, was in sekere opsigte nog mismoediger, of “belagriker” as Buller s’n. Die teks van hierdie verstommende kabel is nog nooit tevore gepubliseer nie. Dit lui:

“Dit lyk asof Methuen nie sy pad na Kimberley kan oopveg nie. Hy moet dus onmiddellik beveel word om na die Oranjerivier terug te val. Anders sal sy kommunikasielyn deurgesny word, en aangesien hy nie veel voorrade en ammunisie kan hê nie, sal hy moet oorgee.

“Kimberley en Mafeking moes nie gehou gewees het ná die Oranje-Vrystaat oorlog op ons verklaar het nie, en hoewel dit bitter jammer sou wees om hulle nou aan hul lot oor te laat, lyk dit onvermydelik. Ladysmith, ook, moes nie behou gewees het nie, maar aangesien White se mag, veral die artillerie en kavallerie, nie maklik vervang kan word nie, moet dit ontset word en om dit doeltreffend te doen, moet Warren met elke beskikbare man daarheen gestuur word. Intussen moet Buller beveel word om streng defensief op te tree. …(21)

(21)Sien nota 3

.Beveel Buller om “streng defensief” op te tree tot Warren se 5th Division sy bestemming bereik. Dit was presies wat Buller self in sy “Ladysmith”-telegram voorgestel het. Maar om sowel Kimberley as Mafeking “aan hul lot” oor te laat, hiermee oortref Roberts sy vyand Buller.

Wat het Salisbury en die Kabinet gedink van hierdie “oorgawe””-telegram wat Roberts gestuur het? Daar is geen rede om te glo dat hulle dit ooit gesien het nie.(22) Die Engelse se strategiese situasie het verbeter en Roberts, soos Buller, het sy moreel herwin.

(22)Die meeste, miskien alle, belangrike dokukmente wat in dié tyd aan die Kabinet voorgelê s, is byeengebring in Kab 37/51/92-105. Die brief van Roberts is nie daarby nie; nòg vind ek enige verwysing daarna in die dokumente van Balfour, Chamberlain, Selborne of Salisbury

Voor hy uit Engeland weg is, het Roberts, Balfour en Lansdowne tot ‘n kompromis-strategie ooreengekom. Buller moet White gaan help, die garnisoen uitkry en die dorp Ladysmith self aan die Boere oorlaat. Volgens dieselfde argument moet Methuen Kekewich gaan help, Rhodes en die res uithaal en Kimberley, met diamante en al, aan sy lot oorlaat.

Dit sal natuurlik vernederend wees en Milner sal gil, maar die Regering besef nou dat hulle dié strategie van die begin af moes gevolg het. Militêre noodsaak moet uiteindelik bo politieke oorwegings seëvier. Die altenatief is ‘n “vernederende vrede” en dit oorweeg niemand natuurlik nie.(23)

(23)R-Buller 23 Des 1899, VT no 75. Balfour-Selborne 22 Des 1899, Bal 49707/52

Noudat Lansdowne en Balfour Salisbury en die Kabinet gepaai het, lê ‘n moeiliker taak voor: hulle moet Wolseley en die Koningin pak. Wolseley verklaar dat hy “verstom” is. Hy waarsku Lansdowne dat Buller sal bedank liewer as om so verneder te word; al het Buller foute begaan, sê hy, is hy ‘ n beter man as Roberts.

Die Koningin dra haar verbasing oor deur medium van haar privaatsekretaris, Sir Arthur Bigge, Buller se intiemste vriend. Haar Majesteit, sê Bigge, is diep bedroef oor die Kabinet se optrede i.v.m. ‘n verskeidenheid sake: dat hulle daar niks gesê het vanj die besluit om Robeerts aan te stel nie, nòg met haar oorleg gepleeg het voor ‘n kabel aan Buller gestuur is, nòg Wolseley geraadpleeg het.(24)

(24)Balfour-Salisbury 19 Des 1899, Bal 49691/82-4. Newton 165-6/ Wolseley Letters 377-8

Maar toe Balfour na Windsor afreis om die Koningin te gaan spreek, ondervind hy “weinig moeite om die situasie rustiger te maak”. Die Koningin, deel hy sy Oom Robert (die Eerste Minister), mee, aanvaar die teleurstellings van die oorlog “in ‘n wonderlike goeie gees”. Sy is nou in haar 82ste jaar. Self verklaar sy: “Ons stel nie belang in die moontlikheid van ‘n nederlaag nie.” Maar sy vind die verliese in menselewens (en ook in perdelewens) ontseteend. “Vandag geen nuus nie,” skryf sy in haar joernaal, “net ongevallelyste.”(25)

(25)Balfour Tap. Queen Victoria’s Letters 3de reeks III, 346. Longford Victoria R1695 (sagteband-uit)

Die pynlikste deel van die affêre, sou spoedig blyk, staan met Lord Roberts in verband. Toe die vrolike plan om Buller af te dank vir die eerste keer aangeroer is, het nòg Lansdowne nòg Balfour gedroom dat ‘n persoonlike tragedie Roberts se aanstelling kon oorskadu. Die kabels bereik Londen die een na die ander: Lt. Roberts ernstig gewond, lt. Roberts dood.

Intussen het Roberts die skip van Ierland gehaal en in die middag gaan hy na Lansdowne House om bevestiging van sy aanstelling te ontvang. Lansdowne moet die berig van Freddy se dood aan hom oordra. Later sou hy sê: “Die skok was byna meer as wat hy kon verduur, en ek het ‘n oomblik gedink hy gaan ingee, maar hy het homself reggeruk. Ek sal nooit vergeet watter moed hy aan die dag gelê het nie. …”(26)

(26)Ly Roberts se memo, Bobs 181. L-Ly Roberts Mei 1921 ibid. Balfour-Ly Elcho 23 Des 1899 tap. Balfour-Salisbury 18 Des 1899, Bal 49691/2

‘n Week later gaan Lansdowne en baie ander na Southampton om Roberts op die reis na Suid-Afrika bon voyage toe te wens. Dit is twee dae voor Kersfees – ‘n gure, ongesellige dag, paslike weer vir die geleentheid. Die skip is die Dunottar Castle, dieselfde skep waarop Buller twee-en-‘n-half maande tevore na Suid-Afrika vertrek het.

Dieselfde tonele word herhaal – bewonderende skares, patriotiese liedjies, die vrolike skeepskaptein met die wit snor, kapt. Rigby. Maar Roberts en sy geselskap vorm ‘n sombere groep langs die kaai. Lansdowne en die ander, in meegevoel met Roberts, is in swart geklee.

Roberts ysbeer stilswyend op die dek. Aan sy vrou sou hy later skryf dat die “skeur in my hart alle gevoel wil versmoor. … Ek kon nie help om te dink hoe anders dinge sou gewees het as ons liewe seun by my kon wees nie. Eer, beloning en gelukwensinge het vir my geen waarde nie. …”(27)

(27)Times 24 Des 1899. R-Nora 11 Jan 1900, Bobs (verlê en dus nie vernietig nie!). James 278 en 326 (aanhaling uit R-Nora 26 Mei 1900)

*** *** ***

Balfour – “divine Arthur”, soos sy vriende hom noem – is Adjunk-premier en op sy skouers, elegant maar nie juis breed nie, rus die hooflas van die oorlogsbeleid. Natuurlik werk Lansdowne in die Departement van Oorlog daaraan. Maar in die Kabinet, so lyk dit, was Balfour die leidende gee. Dit was geen groot onderskeiding nie.

Op die dag voor Colenso skryf Selborne aan Balfour om te kla dat daar geen behoorlike kabinetskomitee is om die oorlog te hanteer nie: Chamberlain is die helfte van die tyd in Birmingham, Salisbury in Hatfield; en daar is niemand wat die verantwoordelikheid om dringende kabels van Buller en Milner te beantwoord nie.(28)

(28)Selborne-Balfour 14 Des 1899, Bal 49707/49-51

En inderdaad was daar i.v.m. met Salisbury se Regering ‘n leweloosheid wat blykbaar deur die teenslae van die oorlog vererger is. ‘n Deel van hierdie rede was daar i.v.m. die oorlog vererger is. ‘n Deel van hierdie rede was dat ook Lord Salisbury in November ontsettende nuus moes ontvang. Sy vrou, die afgelope halfeeu die stut en steun van sy politieke lewe, het eindelik aan kanker beswyk.

Teen dié tyd begin hy stadig herstel. Maar die bestuur van ‘n oorlog is nie sy styl nie. Sy belangstelling is die diplomasie,  nie die gevolge van diplomatieke mislukkings nie. Salisbury, soos hy self sou beken, is deur “Milner en sy jingo-ondersteuners” om die bos gelei; en hy bejeën die oorlog nou met ‘n sardoniese onbetrokkenheid. Wanneer hy hom hoegenaamd met militêre sake bemoei (behalwe oor Kitchener se aanstelling as stafhoof), lyk dit asof sy bemoeiinge negatief was.(29)

(29)Sien Dugdale I 293, 289-90

“Deur jou interessantste paragrawe weg te sny,” het hy vroeër aan George Curzon geskryf toe hy Curzon se Persia moes redigeer, “sal ek altyd voel dat ek ‘n negatiewe rol in die totstandkoming van ‘n groot werk gespeel het.”(30) Met selfs groter leedvermaak kon hy nou dieselfde oor die snitte in Wolseley se leër sê.

(30)Salisbury-Curzon, Bal 49732

Want teen dié tyd moet Engeland se moderne leër – die breinkind van Edward Cardwell (Gladstone se Minister van Oorlog), Wolseley en Buller, afgeskeep deur Lansdowne, Kabinet en land – teen dié tyd moet hierdie klein oorlog-weermag ‘n groot oorlog voer. Op die een of ander manier moet dit opgeblaas word tot afmetinge wat selfs Wolseley nooit in die vooruitsig gestel het nie. Dit is die klaarblyklike les van “Swart Week”, soos die droewige week van Stormberg, Magersforntein en Colenso  heet.

Dit klink maklik om die Britse leër in Suid-Afrika uit te brei. Jy werf die troepe, huur skepe en stuur hulle na Kaapstad en Durban. Dit is nie so eenvoudig nie. Hierdie maatreëls word gekompliseer deur twee politieke drukgolwe, fratsstorms in die openbare mening wat nou die ruite in Whitehall laat rammel.

Die eerste sou, vir die Regeing, ‘n bedekte seën blyk te wees: ‘n emosionele spasma – die verbasing, frustrasie, vernedering, wat die Engelse volk tuis en in die kolonies geskiud het toe hulle die berigte oor Swart Week lees.

Die tweede is vir die hele wêreld onheilspellend: ‘n skokgolf van haat jeens die Engelse wat oor die Europese vasteland spoel, dleur die oorlog aangebring, maar verleng deur Brittanje se onvermoë om dit te wen.

Eers die emosionele spasma in Engeland. “Stel jou die koerantjoggies op die staathoeke voor,” skryf ‘n Engelse vrou vroeg in November. “Hulle skree: ‘Verskriklike terugslag vir Engelse troepe – verlies van 2 000.’ Stel jou die stormloop om die koerante voor terwyl ons almal in die strate rondstaan – ongeveins bekommerd. …

“Mense stap rond en praat fluisterend en mompelend terwyl die skril, aaklige kreet van ‘Ontsettende terugslag vir Engelse troepe’ weerklink. … Die Departement van Oorlog word beleër – niemand woon die teater by nie – die konsertsale is leeg – nuwe boeke bly ongelees lê – niemand praat oor iets behalwe die oorlog nie.”(31)

(31)Bertha-Synge-M 3 Nov 1899, MP II, 44

‘n Ander tydgenoot skryf: “Die donker dae van November en Desember … wie sal hulle ooit vergeet? En wie onthou nie met vreugde die groot uitbarsing van patriotisme wat soos ‘n vulkaan alles voor hom kom wegvee het nie? …”(32)

(32)Ross Yeoman VIII. Sien ook Fitzgibbon Arts I, Peel Trooper 80081, Seely Adventure 53. Fitzpatrick Memories 124-5

J.L. Garvin sou uit die perspektief van die jare dertig daarop terugkyk en sê: “Ons volkslewe en –denke sou nooit weer dieselfde wees nie.”(33) Wat het gebeur? Het die Victoriaanse publiek die kluts kwyt geraak toe hy die eerste maal kruit ruik?

(33)Garvin III, 522. Sien ook Bertha Synge-M 3 Nov 1899 aangehaal MP II, 43

In werklikheid besef die publiek gou dat Swart Week nie die donkerste uur van die oorlog is soos Chamberlain dit genoem het nie. Dit is ‘n kulminasie van taktiese terugslae. Maar in werklikheid het die oorlogsgety teen die middel van November gekeer, sodat die Boere sowel in Natal as in die Kaap teruggedryf is.

Ná Swart Week lyk dit asof die Boere, ondanks die Engelse getalsoorwig, weer tot die offensief kan terugkeer. Maar dit gebeur nie. Die Britse garnisoene in Ladysmith, Kimberley en Mafeking bly in gevaar. Maar in die geheel gesien is dit die Boere, nie die Engelse nie, wat nou met hul rûe teen die muur veg.(34)

(34)C se toespraak in Dublin op 18 Des 1899 aangehaal Garvin III, 526. Die leërkorps het op 8 Nov 1899 in SA begin aankom en die gety het 2 weke later gekeer

Daar is dus in die dae wat volg, geen gevoel van ‘n nasionale noodtoestand nie. Vir die restaurantbedryf is dit ‘n swart Kersfees. Daar is niks om te vier nie – dit is die basiese reaksie in Londen se Wes-Einde. Uitgewers kla dat niemand iets anders as oorlogsboeke lees nie. Die sleutel tot die publiek se teleurstelling is dat ‘n oorwinning so lank uitgestel moet word.(35)

(35)Sien nota 32. Balfour-Kinnaird 1 Jan 1900, Bal 49853/9 “meer teleurstelling … as nederlaag”. Balfour-Ridgeway 6 Mrt 1900, Bal 49812/301-2. Balfour het die moontlike val van Ladysmith se garnisoen as ‘n “groot ramp”, maar ‘n selfs groter vernedering” afgeskryf. Sien ook Selborne-M 26 Des 1899 aangehaal MP II, 44-5. Sien ook G. Wyndham-moeder 16 Des 1899, |Wyndham Life and Letters I, 381

Die afgelope halfeeu word Engelse oorwinnings al teen lae koste behaal. Oorlog is teen barbare: jaggewere teen die spies en die skild-vel. Klein verliese – vir die Engelse. Dit is ondenkbaar dat meer as honderd Engelse soldate in die slag kan sneuwel.So iets het maar twee keer sedert die Muitery gebeur.

Nou, in 1899, het hulle die grootste oorsese ekspedisie in die Britse geskiedenis uitgestuur om een van die wêreld se kleinste volkies te gaan hokslaan. Geen wonder dat die publiek, soos die Regering gedink het die Boere sal kafgeloop word nie. Die ongevalle is ondenkbaar, onaanvaarbaar: 700 dooies, 3 000 gewondes sedert Oktober.(36)

(36)OH Um 462-70 ongevalle vir slegs 10 groot veldslae

Nog meer verpletterend is die lys van dié wat nòg gedood nòg gewond is – dié wat oorgegee het. In die Engelse militêre geskiedenis is daar geen presedent vir hierdie soort vertoning nie. Die wit vlae van Majuba en Doornkop het nou ‘n optog geword: die vlae van Möller se kavallerie by Talana, White se infanterie by Nicholsonsnek, Gatacre se infanterie by Stormberg; meer as 2 000 van die helde sit nou in Pretoria.(37) Hierdie feit lê aan die wortel van die publiek se vernedering. Toe gaan die spasma van bitterheid verby.

(37) Ibid

Dit is die opposisieleiers – Asquith en Campbell-Bannerman – wat hulle in die naweë van Swart Week die m eeste soos staatsmanne gedra. Nie dat die Regering hulle hul toesprake verkwalik nie. Asquith self het die frase “Swart Week” geïnspireer. Maar hy waarsku die mense dat dit “grotesk” sou wees om hierdie terugslae buite verband te ruk.

Hy vergelyk die huidige “vernederings” met tydperke van werklike nasionale krisis gedurende die Napoleontiese Oorlog of die Indiese Muitery. Hoe sou Marlborough, Wellington of Havelock hierdie telegrafiese ontbering oorleef het – dat elke hou wat hulle toedien of ontvang, uurliks vir ontleding aan die Britse publiek voorgelê moet word?

Sy gevolgtrekking sou Milner self waardig gewees het. Die feit daan nou veel dieper as “om ons posisie in Suid-Afrika te handhaaf. Wat nou op die spel is, is ons reg om in die oë van die wêreld ‘n wêreldmoonheid te bly.”(38)

(38)Asquith se toespraak 16 Des soos gerapporteer in Times 18 Des 1899

Campbell-Bannerman se aanvaarding van dieselfde houding, basies pro-Regering, is nog meer betekenisvol. Hy is al lank vyandig teen Chamberlain en hy het Milner daarvan begin verdink dat hy die oorlog veroorsaak het. Maar as nuwe opposisieleier het hy ‘n harde bedding om te skoffel. Hy moet steun in die land optrommel en ook die party probeer saamhou.

Die lesse van Swart Week – dat die oorlog lank en moeisaam geen wees en dat Brittanje ‘n groter leër moet hê – maak hierdie taak feitlik onbegonne. Want Engeland se nuwe instink is om die geledere te sluit, terwyl die Liberale Party nog minder lus voel om te skeur as ooit tevore.

Campbell-Bannerman moet dus noodwendig kontensie vermy oor die manier waarop die Regering die oorlog verbrou het;(39) al waarop hy kan aandring, is dat die Regering ‘n ondersoek na die oorlog moet instel sodra dit verby is.

(39)CB-Birrell 5 Jan 1900 aangehaal J. Wilson 323. CB 19 Nov 1899 aangehaal a.w. 318

Vier dae ná Colenso spreek Campbell-Bannerman die kiesers van Aberdeen met hierdie gerusstellende woorde toe: “Daar kan geen twyfel oor die uiteinde wees nie (hoerê). Die grootste leër wat ooit hierdie strande verlaat het, is in die veld. Dit kan maklik versterk word. Ons het ‘n verenigde volk in die land en in elke deel van die Empire (hoerê). En met hierdie magte aan ons kant – morele en materiële magte – is welslae seker.”(40)

(40)CB se toespraak in Aberdeen 19 Des Times 20 Des 1899. Sien J. Wilson 313-22

Alle steun is welkom, en as daar iemand is wat dit nodig het, is daardie man Chamberlain. Sy eie reaksie op Swart Week was kenmerkend emosioneel. Hy was bang dat die Regering tot ‘n val kon kom – ‘n uiters onwaarskynlike moontlikheid as mens die buie van die land in ag neem, asook die Liberale se onvermoë om politieke munt uit die situasie te slaan.(41)

(41)Garvin II, 522, 539-40

Waarom was Chamberlain dan so buitengewoon somber? Gedeeltelik was dit die persoonlike verduistering wat die oorlog meegebring het. Chamberlain was ‘n bietjie soos ‘n ligsoekende plant; hy moes politieke sonskyn hê. Die dae wat hy in die Departement van Kolonies moes slyt, moet vir hom soos dae in ‘n lykhuis gelyk het.

Die oorlog in Suid-Afrika het sy eie ministeriële pligte verminder, nie vermeerder nie. Die militêre werk word deur die Departement van Oorlog gehanteer. Die politieke bedrywighede word deur Milner behartig – Milner, wat nog altyd “bewe” oor die prekêre toestand van die Kaap.

Nou word nuwe eise aan die verhouding tussen Chamberlain en Milner gestel. Dit was Milner se voorspellings dat daar ‘n blote “beduidenis van ‘n oorlog” sou wees wat Chamberlain oorspronklik so oordrewe gerus gemaak het. Nou is dit Milner se depressie wat sy hoof aansteek.

Aangemoedig deur Boere-welslae – so word gesê  – staan die Afrikaners op die punt van ‘n opstand. As hy Milner moet glo, moet Schreiner se regering enige oomblik uitgeskop word sodat Milner die Kaap regstreeks as ‘n Kroonkolonie kan regeer. Chamberlain verbied dit.(42)

(42)Garvin III, 518-19, 538, 572-4. M-C 27 Des 1899, MP II, 30-1. M. Selborne 30 Nov 1899, MP II, 3708

Tog is daar een gevolg van Swart Week waarop Chamberlain, kampvegter van imperiale eenheid, trots kan wees. ‘n Vloedgolf koloniale patriotisme, veel verrassender as die Engelse variëteit, is onder die Engelsgesindes in alle dele van die wêreld losgelaat.

Waarom het die regerings van die blanke dominiums, met die enkele uitsondering van die Kaapkolonie, hulle eenparig by Engeland en sy onderdane in die ZAR geskaar?

Een rede was ongetwyfeld dat bloed dikker as water is – die water van die Stille en die Atlantiese Oseaan wat die kolonies van die moederland skei. Brits-Kanadse, Australiërs en Nieu-Seelanders voel ‘n natuurlike eensgesindheid met die moederland.

Hulle kan ook, tot groter hoogte as die Engelse publiek, met die Uitlanders identifiseer. Hulle behoort tot dieselfde stam. Hulle het dieselfde ondervindings gehad: grootskaalse veeboerdery, die goudmynbedryf, die maak en verloor van fortuine. Baie van die Uitlanders was werklik kolonialers.(43)

(43)Garvin III, 527-36. Barbara Penny Australian Debate on the Boer War (Union of Melbourne) Historial Studies XIV, 526-45

Dit was vir Chamberlain dus geen groot taak om steun in die selfbesturende blanke kolonies te werf nie. Die probleem is eintlik meer hoe om die kolonies se geesdrif in toom te hou. Kenmerkend genoeg het die Departement van Oorlog sy bes gedoen om die situasie te verwar.

Daardie herfs het Chamberlain die teks ontvang van telegramme wat aan elke kolonie gestuur moes word, met beskrywings van die soort soldate wat die Departement van Oorlog wou hê: “Baie graag infanterie, veel minder graag kavallerie.”(44

(44)RCSAW II, Q 8033-9

Wat die Departement met hierdie kriptiese boodskap wou oordra, is dat hulle berede infanterie van die kolonialers wou maak. In werklikheid sou die verwarring weinig verskil maak aan die soort soldate wat gestuur is: die kolonies het sowel berede infanterie as kavallerie gestuur.

Maar in Engeland gaan die storie rond – tot nadeel van sowel Chamberlain as Lansdowne se reputasie – dat aanbiedinge van ruiters van die hand gewys is.

Die eerste kontingente het daardie herfs  uit die kolonies vertrek en nou reeds speel hulle ‘n rol in die oorlog. Tot dusver is hierdie magte bloot simbolies – 1 019 uit Kanada, 875 uit Australië en 203 uit Nieu-Seeland.

Maar niemand kan die selfbesturende Empire nou as ‘n anachronisme afskryf nie. Daardie “tengere draad” wat hulle aanmekaar hou, in Chamberlain se beroemde frase, is nou nie meer blote sentiment nie. Binnekort sou dit 29 000 blanke koloniale troepe na Suid-Afrika bring.(45)

(45)RCSAW I, 70; II, Q 343-60, 8686, III., 199-200, 277; IV, Q 20, 807

‘n Verenbigde land, ‘n verenigde Emnpire – of in elk geval baie meer verenig as ooit tevore. Dit kan miskien moeilik wees om Chamberlain se depressie daardie Januarie te verstaan. Maar daar was ‘n goeie rede: daardie skokgolf anglofobie op die vasteland, en veral in Duitsland.

Noudat die oorlog twee maande aan die gang is, is dit vir Brittanje duidelik dat haar “splendid isolation” (nie Lord Salisbury se adjektief nie, hoewel dit sy beleid juis beskryf) ‘n ander sy het. As Brittanje se kontinentale mededingers op hierdie oomblik tussenbeide wil tree, vriendskaplik of andersins, sal Brittanje haar in ‘n ontsettende gemors bevind.

In werklikheid het Duisland, Frankryk en Rusland gou ingesien dat intervensie nie ‘n parktiese moontlikheid sou wees nie. Tog het die Duitse Regering in die herfs van 1899 ‘n deurslaggewende besluit geneem: verdubbel die omvang van die Duitse vloot deur ‘n groot Vlootwet in die Regering voor te lê. Dit is ‘n nuwe fase in die Europese wapenwedloop.

Intussen het ‘n heweige propaganda-oorlog op die vasteland uitgebreek. Kruger se gesant in Brussel, dr. Leyds, blaas die anti-Engelse woede aan. In al die belangrike Europese lande is die Pers heftig anti-Engels. Die publiek glo of skyn te glo dat die Engelse gevangenes fol teren vermoor; en die beste wat van die Engelse gesê kan word, is dat hulle deur Joodse geldbase aan die neus gelei word.(46)

(46)Annual Register 1899. TH III, 48-61

Anders as Chamberlain, vind Wolseley die oorlog ‘n groot verligting. Soos gewoonlik tjommel hy oor “klein Lansdowne se absolute enggeestigheid”.(47) Maar alles in die Departement van Oorlog lyk asof dit in Wolseley se guns ontwikkel.

(47)W-vrou 21 Des 1899, Wol 28/83

Tesourie-wissels vloei soos water. Tot September het die Kabinet nog net gekibbel oor ‘n luttele £645 000 vir die noodsaaklikste oorlogsvoorbereidings, soos die opknap van transportwaens. Nou beraam die Tesourie planne vir ‘n oorlog wat byna £10 miljoen sal kos.(48)

(48)W se get RCSAW II, Q 8191-4

Die jongste terugslae van die oorlog vang Wolseley, soos baie ander soldate, in ‘n vreemde emosionele botsing vas. Hy is insulêr en patrioties, trots op sy weermag se reputasie. Hy beskou die oorgawe van White se infanterie op Mournful Monday as die vernederendste ramp in byna ‘n halfeeu: “As soldaat bloos ek dat twee van ons dapper bataljons in ‘n oop geveg aan sulke gespuis soos die Boere moet oorgee 40 offisiere gevange. …

“Ek weet wie se skuld dit is, my bloed kook van verontwaardiging.” Hy verwyt homself oor een ding: “… dit was ek wat White gekies het – faute de mieux … hulle het hom altyd as ‘n groot generaal in my keel afgeprop.”(49) Maar hy blameer veral Lansdowne – en die Indiërs.

(49)W-vrou 31 Okt 1899 (twee briewe), Wol 28/70-1. Sien W se briewe passim

Soos reeds geblyk het, was die bittere, soms kinderagtige vete tussen Lansdowne en Wolseley – en tussen die Indiërs en die Afrikane – die grondliggende oorsaak van baie van die Engelse rampe in Suid-Afrika. Soos ook reeds geblyk het, was die fundamentele strategiese fout dat te min Engelse troepe in September uitgestuur is, onder die verkeerde bevelhebber, en te ver vooruit in Natal.

Lansdowne en Wolseley was gesamentlik vir hierdie driedubbele flater verantwoordelik. Andersyds was dit Lansdowne se versigtigheid wat, bo alle ander oorsake, die vertraging van vier maande in die aankoms van die Leërkorps veroorsaak het.

As Wolseley ‘n “vyfde wiel” aan die Departement van Oorlog se wa was, soos hy bitter teenoor Lord Salisbury kla, was Lansdowne die rem. Heeltemal afgesien van die regstreekse uitwerking hiervan – tyd verlore, veldslae verlore – was daar die onregstreekse uitwerking van sy negatiewe invloed, wat alle inisiatief binne die doolhof van die Departement van Oorlog ontmoedig en gedemp het.(50)

(50)|Sien W se memo aan die Koningin RCSAW IV, 283. W se get RCSAW II, 382-3 (Q 9080-3)

Op 15 Desember, gelyktydig met die nuus uit Colenso, word hierdie situasie dramaties, byna belaglik, geïllustreer. Brackenbury, direkteur-generaal van krygsbehoeftes, het ‘n gedetailleerde ondersoek na voorrade ingestel: klerasie, wapens, ammunisie, ens. Hy voel diep ontsteld oor wat hy bevind. Aan Lansdowne sê hy: òf die stelsel word verander òf hy gaan bedank.(51)

(51)Brakenbury-L 17 Des 1899, Lan IV

Brackenbury se verslag wys dat die Departement van Oorlog nie eens in sy beperkte oogmerke geslaag het nie, en dit was om ‘n leër van sowat 100 000 man vir buitelandse diens toe te rus. In die eerste twee maande is minder as 50 000 man aan die front. Om hierdie betreklike klein mag vir slegs twee maande in aksie te hou, het die Departement van Oorlog byna tot die breekpunt oorlaai.(52)

(52)Brakenbury se notule 15 Des 1899, gedruk RCSAW I, 278-80

Dit het eenvoudig nooit by iemand opgekom dat ‘n veldmag meer as ‘n velddag nodig sou hê nie, dat ‘n oorlog meer as ‘n kort rukkie kon duur nie. Binne enkele weke was die reserwe voorrade gedaan. Nog erger: die Departement van Oorlog het aanvanklik besluit om Buller se leërkorps met ligte kakieklere toe te rus; toe is besluit (want die reënseisoen sou in Oktober begin) om hulle liewer “serge” te gee. As gevolg hiervan was daar ‘n tyd lank hoegenaamd geen materiaal nie.(53)

(53)Ibid 279. Brakenbury se get RCSAW I, 73-8 ins. Q 1599, 1600, 1644

Met die .303-magasyngewere was dit dieselfde storie. Die weermag het pas besluit om sy standaard-geweer, die Lee-Enfield te maak, nie meer die Lee-Metford nie. Die twee gewere was dieselfde, afgesien van die boor.

Maar niemand het opgemerk dat dit die korrel vrander nie. Konsternasie in die Departement van Oorlog. 25 000 reserviste is uitgestuur met gewere wat op 500 tree 18 duim te ver regs skiet. Al hierdie gewere sou nou opnuut op skoot gebring moes word.(54)

(54)Brakenbury a.w. Q 1777-9

Die ammunisie self besorg Engeland ander verleenthede. Die beroemde konvensie oor metodes van oorlogvoering is daardie somer in Den Haag gehou. By hierdie konferensie is o.m. bepaal dat koeëls wat in die liggaam van die slagoffer uitsit, soos dié wat by Omdurman gebruik is, onwettig sou wees: hulle is “dum-dums” genoem, na die naam van die Britse wapenfabriek in Indië.

Hoewel Engeland die konvensie nie onderteken het nie, het hy aanvaar dat dit ten minste vir ‘n “witmansoorlog” ‘n sekere morele geldigheid het. Vandaar die besluit om die reserwe-voorraad .303-ammunisie – amptelik MK IV en MK V genoem, maar niks anders as dum-dums nie – ongebruik te laat. Ongelukkig is ‘n deel daarvan tog na Suid-Afrika gestuur, dit moes haastig teruggeroep word.

(Ander ammunisie met die etiket “dum-dum” is deur die Boere gebuit en het dwarsoor die wêreld opslae gemaak. In werklikheid was hierdie ammunisie onskuldig genoeg, aangesien dit slegs by Dum-Dum gemaak is.)(55)

(55)Brackenbury a.w. Q 1602. Let op die MK IV het ook min hitte opgewek. Sien ook die Kabinetsdokument oor die saak, Kab 37/51/94

Die Departement van Oorlog het dus probleme gehad met die voorrade van die eerste 50 000 man aan die front. Toe ‘n tweede leërkorps toegerus moet word, was die kas leeg. Vir die burgerlike verskaffers was dit onmoontlik om die gevraagde minimum van drie miljoen .303 patrone per week wat nodig is, te lewer.(56)

(56)Brakenbury-Balfour 23 Jan 1900, Bal 49853/13

Brackenbury moes toerusting op vreemde plekke gaan uitgrawe. Die ernstige probleem was die gebrek aan grofgeskut en ammunisie. Op 15 Desember wou Brakenbury drie houwitsers vervang; twee moes aan vestingwerke in Engeland onttrek word. Later moes Engeland grofgeskut oorsee gaan koop. Ammunisie moes van die vloot en van Indië geleen word; maar selfs dan nog kon Braceknbury nie in Buller se behoeftes voorsien nie.(57)

(57)Brakenbury se get RCSAW II, 73-8 ins. Q 1599, 1616

Brackenbury se verstommende verslag – die direkteur-generaal van krygsbehoeftes se “noodkreet” sou Lansdowne dit noem – het vanselfsprekend Wolseley se hand versterk. So ook die drie verslae van Swart Week. Die dag voor Colenso het Wolseley daarop aangedring dat hulle nou grootskaalse versterkings na Suid-Afrika moet stuur.

“Ons het voor ‘n ernstige nasionale krisis te staan gekom,” deel hy Lansdowne op 14 Desember mee, “en tensy ons dit moedig tegemoet gaan …. (sal dit) lei tot gevaarlike komplikasies met vreemde moondhede.”(58)

(58)W se notule 14 Des 1899, DO 32/7887

Sy voorstelle was verreikend. Onder meer wou hy die 7de Divisie mobiliseer (om ‘n tweede leërkorps te voltooi) asook die 8ste Divisie (die laaste georganiseerde divisie gereelde troepe in die tuis-weermag). Ten slotte wou hy burgerlike vrywilligers aanvaar. Saam sou die versterkings op sowat 55 000 man te staan kom. Dit sou die magte in Suid-Afrika ongeveer verdubbel.(59)

(59)W se notule 13, 14, 15 Des DO 32/7887

Op 16 en 18 Desember kom die Militêre Raad byeen. Wolseley se planne word deur die generaals van die Departement van Oorlog bekragtig. Op die 20ste hoor Wolseley tot sy verbasing dat Lansdowne met hulle saamstem – of liewer dat hy ‘n plan vir die werwing van burgrlike vrywilligers aanvaar het wat nog ingrypender as Wolseley s’n is.(60)

(60)Verrigtinge van Mil. Raad (Army Board) 16 Des 1899, Lan. L se notule 20 Des 1899, DO 32/7887

Die oorsprong van die planne moet gesoek word in ‘n kode-telegram wat die dag ná Colenso van Buller ontvang is. “Sal dit moontlik wees om 8 000 ongereelde troepe in Engeland op die been te kry?” wou Buller weet. “Hulle moet soos berede infanterie toegerus wees, so goed moontlik kan skiet en ordentlik kan ry. Ek sou hulle met koloniale troepe amalgameer.”(61)

(61)Buller-L 16 Des 1899, VT no. 56, Sien ook Buller-L 29 Nov 1899, VT no. 33: “Ek sal infanteriste op perde sit en hulle in broeke laat ry soos die Boere.”

Hierdie telegram dui op Buller se eie finale besef dat die Departement van Oorlog die verkeerde soort leër na Suid-Afrika gestuur het.

Geoge Wyndham, Lansdowne se junior minister en leier van die Milneriete in die Laerhuis, snap dadelik wat Buller bedoel. Of die beleërde garnisoene nou ontset of “aan hul lot oorgelaat word”, deel hy sy hoof die volgende dag mee, moet Britse beweeglikheid in elk geval vir Boere-beweeglikheid kan kers vashou. Tans kan hulle eie infanterie, ondanks sy getalsoorwig, skaars verder as agt myl van ‘n spoorweg af beweeg.

Hy stem saam dat 7 000 vrywilligers gestuur moet word om gereelde berede infanterie-eenhede by te staan. Daarby stel hy voor dat 20 000 ongereelde berede infanterie as ‘n “saak van onmiddellike dringendheid en permanente belang” op die been gebring moet word, hoofsaaklik in Suid-Afrika e.a. kolonies, maar minstens 5 000 van hulle in Brittanje.

Wat Wyndham veral van hierdie gedagte aanstaan, is die “besondere geleentheid” om die bestaande Engelse tuismag “revolusionêr” te verander. Op die oomblik beskou die beste manne hul diens as ‘n grap en swendel. Die tuismag bied nog in ‘n te hoë mate ‘n verhoog-weergawe van die kavallerie wat in die Krim en die Spaans-Napoleontiese Oorlog geveg het.

Maar die materiaal is uitstekend – beter as die manne wat vir die gereelde leër gewerf word. Hy raai Lansdowne aan om deur enkele van sy vriende gelei te word: “Hulle is manne wat weet wat hulle doen en as voshond-meesters is hulle in kontak met die jong ruiters en perdebase van hierdie land.”(62)

(62)G. Wyndham-vader 20 Des 1899, Wyndham Papers I, 382

Drie dae later kndig die kerante die geboorte van die “Imperial Yeomanry” – die Rykstuiswag – aan. Hierdie mense sou militêr gesprokeamateurs wees, maar goeie ruiters en skuts. Die gereelde weermag sou feitlik geen beheer oor sy samestelling hê nie.

‘n Komitee van vosjagters, weledelgebore here, sou dit organiseer; twee ryk lede van die adel bied aan om deel van die koste te betaal. ‘n Veel groter bedrag – £50 000 – word deur Wernher-Beit bygedra, vermoedelik op ‘n wenk van Percy Fitzpatrick.(63)

(63)Times (?) Des 1899. RCSAW I, 70-2. Sien ook Yeomanry-verslag, Kb 803. Kol. Lucas get RCSAW II, 272-6. Kol. Sir Howard Vincent get RCSAW II, 230 (Q5453. Genl. MacKinnon get RCSAW II, 315-17

In ‘n brief aan Balfour verduidelik Fitzpatrick hoe die lojale Imperial Yeoman van vandag die setlaar van môre sou word.(64) Miskien het Fitzpatrick, ‘n kennis van Wyndham, die skema al die tyd om politieke redes bevorder.

(64)Fitzpatrick-Balfour 1 Jan 1900, Bal 49853/10

Wat Wolseley betref, hy is woedend om te ontdek dat sy eie plan so dramaties getroef is. Hy teken amptelik protes aan. “Om burgerlikes uit te grawe, of hulle nou die eerste beginsels van dissipline ken of nie … is ‘n gevaarlike eksperiment,” kla hy. Die 8 000 lede van die Tuismag sou “in die veld baie min werd wees”. Lansdowne se kommentaar is: “Ek glo nie die Boere is so danig goed afgerig of gedissiplineer nie.”(65)

(65)W se notule 28 Des en L se antwoord 30 Des 1899. DO 32/7866

*** *** ***

Desember 1899 word Januarie 1900, Januarie word Februarie, ysreën en newels verander in motreën. In Suid –Afrika is dit die middel van die somer. Telegramme sak op Londen toe: Roberts berei hom vir ‘n groot flank-opmars voor; Sir Redverse (terugslag) Buller se nuwe rampe;(66) Milner “krys” soos hy dit noem, oor die Kaapse opstand.

(66)SJ Jan-Feb 1900/ TH II

In Londen kom die eerste parlement van die nuwe eeu te voorskyn – ewe neutraal en leweloos as die laaste van die vorige eeu. Niemand waag dit om die regering se hantering van die oorlog te kritiseer nie.(67) In die debatte dans Asquith met Balfour ‘n sierlike pas de deux.

(67)Hansard LXXVIII 30 Jan-8 Feb 1900.  Vgl. J. Wilson 325-6. Dugdale I, 307-8

Te midde van al die selfgelukwensing merk niemand een ellendige flater wat die Kabinet begaan het nie. In Desember het Milner gevra of die vloot buitelandse skepe kan ondersoek wat miskien krygstuig vir die ZAR of die Vrystaat aanry. Die Kabinet het ingestem.

Drie Duitse passasierskepe, die Bundesrath, die Herzog en die General, is die een na die ander voorgekeer, by ‘n hawe ingedwing en dan vernederend deursoek. Niks is ooit gevind nie, maar die vlamme van anglofobie is in Duitsland aangeblaas. Hoe durf die Britse vloot ons passasiersbore voorkeer? Roep die Duitse Pers uit.(68)

(68)Times Garvin III, 513-16 haal Metternich-Bülow aan 18 Mrt 1900

En hoe gerieflik is dit alles vir die Duitse Regering, terwyl die groot Vlootwetsontwerp majestueus deur die Reichstag stoom? Maar die Engelse bekommer hulle nie daaroor nie; hulle vloot is nog twee keer so groot as dié van hul vyande, soos die Duitse ambassadeur in Brittanje grimmig opmerk.(69) Wie sou kon geraai het dat hierdie aardtrillings van 1900 tot die uitbarsting van 1914 sou lei?

(69)Prince von Bülow Memoirs I (Londen 1932) 301-3

In hierdie tyd is die opvallendste kenmerk van die Swart Week dat dit vir almal behalwe die Boere ‘n silwer randjie het.  Die Regering bevind dat die nuwe Tuismag die publiek en die Pers se verbeelding beetgegryp het. In sportkringe haas jagters hulle om die vos met rus te laat en die Boer agterna te sit; groot skares drom buite werwingskantore in Londen saam;(70) die munisipaliteit van Londen self betaal vir duisend vrywilligers.(71)

(70)Sien nota 32

(71)A.W. Myers Memory’s Parade (Londen 1932)26-7

Vier-en-dertig Parlementslede en senatore sluit by die nuwe Tuiswag aan. Mense begin van die oorlog as ‘n “nasionale” oorlog praat, en verskeie duisend lede van die middelstand – aandelemakelaars, joernaliste, akademici en selfs een Parlementslid wat as gewone manskap dien – bring ‘n nuwe vlaag demokrasie na die barak en die kampvuur op die veld.(72)

(72)Volgens Blue Book het 27 lede van die Laer- en 36 van die Hoërhuis aan die oorlog deelgeneem. Volgens Price se berekeninge was sowat die helfte van die Yeomanry lede van die middelstand. Price Imperial War 200, 254-8

—oOo–