Die potjie neem maksimum twee uur om voor te berei. So, as jy langer wil kuier om die potjie, moet jy dit maar uitrek.
6 Uie
1 Pak sampioene
‘n half kilogram lekker biltong (nie te vetterig nie)
1 Pak, gedraai of skulp noedels
‘n Halwe soetrissie
2 Houertjies vars room
‘n Redelike stuk gerasperde kaas
Braai die uie en sampioene totdat dit gaar is in een pot. Voeg die biltong by. Plaas die noedels in ‘n ander pot, gooi water en ‘n bietjie olie in en gooi noedels daarin. Hou die gaar uie, sampioene en biltong eenkant en verwyder van die vuur as dit reg is. Wanneer die noedels reg is, voeg die uie, sampioene en biltong by die noedels pot. Roer in. Jou pot moet nou nie baie warm wees nie. Laat dit prut vir 15 minute. Voeg die 2 houers room in. Roer by die kante. Voeg die gerasperde kaas by. Laat prut totdat die kaas ingesmelt het. Roer een keer en bedien!
Joey Pienaar