“…Afrikaans…maak hom, praat hom, kry hom lief, leer hom, doseer hom, gaan aan met hom. Daar heel bo vorm die suil ‘n wortelpunt wat groei voorstel, groei sonder ophou, soos Afrikaans…”
– JAN VAN WIJK (Argitek Taalmonument)
Die Trekpad van ons nasie – die Afrikaner – begin in 1652 aan die suidpunt van Afrika. Nou, nagenoeg 400 jaar later laat dit ‘n ryk en kleurvolle erfenis na. En dit is danksy hiérdie erfenis dat elke nuwe generasie nie van vooraf hoef te begin nie. Omhels ons erfenis. Lees dit. Leer daaruit. Dit is die bousteen van jou wese! En liewe ANC – ek besef terdeë – dit is nie veilig in julle hande nie!
Ek is ‘n “Volksnasionalis” – ‘n term wat dikwels verwys na ‘n persoon of beweging wat sterk fokus op die belange en identiteite van ‘n spesifieke volk of nasie. Dit kan insluit die bevordering van kulturele (ruimtes), etniese of taalkundige identiteite en die verdediging van hul regte en tradisies. In die Suid-Afrikaanse konteks word die term soms in verband gebring met Afrikaner nasionalisme, waar die fokus op die Afrikaner kultuur, taal en geskiedenis is. Dit kan ook politieke implikasies hê, insluitend die soeke na selfbeskikking of ‘n sterk teenstand teen invloed van ander kulture. Eiesoortige waardes. Soos bv. werksetiek. Om eerder te wil bou as breek.
Suid-Afrika in 2025? ‘n Misdaadtoneel. My land is besig om te ontbind (verval) soos ‘n ou lyk. Die inkomste- en prestasiegaping toe die westerling hier aanland aan die suidpunt van Afrika was van meet af onoorkombaar.
Wat gebeur in Suid-Afrika? Kulture van prestasie vs. “celebrations of demise”. Ken ons kinders nog die verskil? In Suid-Afrika betaal ongeveer 2,6 miljoen van die nagenoeg 64 miljoen inwoners 67% van die persoonlike belasting om die gulsigste staat ter wêreld te voed en 28 miljoen toelae moet finansier. Terwyl ek met my ‘white privelage‘ gaan hoes hierdie jaar – sonder betroubare krag-en water bronne – terwyl die taxi eienaar wat 20 taxi’s besit geen belasting betaal nie; en selfs as multi-miljoenêr vir ‘n sassa-grant aansoek mag doen.
Belastingboikot? Is dit ons enigste uitweg wat oorbly? In Suid-Afrika word my kultuur, my erfenis, my vlae, my skole en my ‘witgeid’ verag, vernietig en verwoes deur wetgewing – maar ék is die rassis.
“At some stage the taxpayers are going to realize that it is the government that should fear the taxpayers and not the other way around.” – John Endres van IRR (South African Institute of Race Relations)
P.J O’Rourke het destyds gesê: “Aan die kern van die liberarisme is die bederfde kind; ellendig soos alle bedorwe brokkies; ontevrede, veeleisend, swak gedissiplineerd, despoties en totaal nutteloos.” Klink dit dalk bekend? Is daar 6 miljoen kapitaliste in Suid-Afrika? Dit is 10% van die bevolking. En ‘n oorgrote meerderheid van hul sal werksaam wees. Dit is ‘n groot hap (belastingbetalers) wat die regering kan dwing om te luister?
Is daar enige politieke party wat die teenpool bemark? ‘n Commitment maak aan kapitalisme en die vryemark stelsel? Die DA en VF+ doen dit tans beslis nie binne nie GNU nie. Inteendeel, ek dink hul word ingesluk. Kan dit organies groei uit die publiek? Sien jy ‘n verlangsaming (na 30 jaar) van rasgebaseerde, vernietigende transformasie deur die ANC (of EFF of MK)? Verseker nie. Inteendeel, met NHI, BEE en die Appropriation Bill wat in die laaste 12 maande deur Rhamaphosa afgeteken is, het dit verskerp / toegeneem.
Verdien jy as belastingbetaler nie ‘n voice nie? Hier is iets wat die kommunis nie verstaan of wil verstaan nie. Ook nie die gepeupel wat vir hul stem nie. Goedkoop energie = voorspoedige en vooruitstrewende ekonomie. Gaan kyk maar hoe ons Apartheid-regering dit die nommer 1 doelwit gemaak het vanaf 1961 – 1987. En bygesê suksesvol kon uitvoer. En goedkoop energie – geagte leser – is werk (vir almal). En gaan kyk maar die toestand van sake (en prys) van elektrisiteit waar lande soos Engeland, Duitsland en Kanada die mislukte ideologie navolg.
Watter lande kan as voorbeeld dien om ons ‘n pad vorentoe te wys? Ons het ‘n morele plig (vir onsself en ons kinders) om realisties optimisties te wees oor die toekoms. Die Afrikaner het ‘n disproportionele % meer sukses as sy swart eweknie. Hoekom? Werksetiek. Selfdissipline. Waardes wat ons wêreldwyd gesogte werknemers maak. Ons speel nie die victim / victimiser kaart nie. Selfs nie na die Boere Oorlog teen die Engelse nie. Ons het toe verantwoordelikheid vir ons toekoms geneem en uit die as opgestaan. AKSIE geneem. Ons het die ekonomie oorgeneem by die Engelsman en die Jood vanaf 1910 tot 1961 – en versnel van 1961 tot 1987.
‘n Dolk in die rug? Zimbabwe 2.0 is op ons. Nie net kan hul op jou eiendom beslag lê nie; enige bate kan gekonfiskeer word. Elke jaar moet ons luister na versoeningspraatjies; net om genoemde drakoniese wette (ANC) te implimenteer. Het hierdie optrede iets gedoen aan die rasse-liefde tussen Suid-Afrikaners? Wederkerige vertroue? Waar staan jy vandag (2025) in Suid-Afrika, witman? Vir ‘n baie lang tyd was die vertikale verhoudings in Suid-Afrika tussen wit en swart vervreemd. Wat tans in Suid-Afrika afspeel gaan ook horisontale verhoudings striem – en dit is gevaarlik!
“…wanneer linksgesinde regerings se geld opraak, doen hulle gewoonlik een van twee dinge. Die eerste is om baie geld te druk, soos Robert Mugabe in Zimbabwe gedoen het. Die gevolg is dat inflasie baie vinnig toeneem en dit verminder die waarde van dié geld. Mense verloor hul beleggings en pensioene en baie gou is die hele land verarm. Suid-Afrika het dit nie begin doen nie, of minstens nog nie. Die tweede ding wat linksgesinde regerings doen, is om goed soos sakeondernemings, huise, plase, die geld in mense se bankrekenings en hul spaargeld te begin konfiskeer. Daar is kommerwekkend baie getuienis dat die regering dit oorweeg. My kollegas het ‘n geskatte 13 betreklik nuwe wette en beleide, wat die regering nou toelaat om bates in private besit te konfiskeer, geidentifiseer en gekritiseer. Die ministers wat hierdie wette wil deurvoer, doen dit omdat hulle weet hul ekonomiese beleid laat mense in die steek, selfs al wil hulle dit nog nie erken nie. Hulle weet hulle het foute gemaak en die beleidsveranderderings wat hulle na 2007 ingestel het, maak mense armer. Hulle weet ook hul beleid sal nooit werk nie en is bang vir die gevolge daarvan. Hulle posisioneer hulself dus sodat wanneer die woedende skare by hul voordeur opdaag, hulle dié mense tot bedaring kan probeer bring, al is dit net tydelik, met aanbiedinge van “gratis” plase, geld, huise, sakeondernemings en ander eiendom – as dit sover gaan…”
– b.77 ‘n Tydsreisigersgids vir Suid-Afrika deur Frans Cronje
Rasgebasseerde swendelary!
Daar is slegs vyf lande – VYF – uit 195 lande wat nog nooit gekoloniseerd (Japan, Thailand, Liberië, Ethiopië en San Marino) was nie. Die beheptheid om alles wat dit na Suid-Afrika toe gebring het, gaan my verstand te bowe. Neem byvoorbleed PEPFAR – dit is finansiële bystand deur die Amerikaanse regering oor die afgelope 22 jaar ten bedrae van $8,1 biljoen vir HIV/AIDS bystand. Tog is ons voor in die koor om die V.S.A (en sy bondgenoot Israel) te beledig en hof toe te vat. Swart entitlement – die nuwe Apartheid in Suid-Afrika. Die ANC-regering skaar hom tans aan die verkeerde kant van die geskiedenis. Soos Rob Hersov dit noem, “South Africa – a socialist experiment gone terribly wrong.”
Hy sê voorts: “the current ANC business model is incompetence, wrapped in victimhood and enforced by race-bating policies”. Daar bestaan geen twyfel dat ons – Suid-Afrika, die Switzerland van Afrika behoort te wees nie. ‘n Ontwikkelende ekonomie behoort ‘fixed investments’ vs GDP van sowat 30% te hê. Suid-Afrika staan tans op 15%. En die gevolge van NHI, Bela en EWC moet nog in die ekonomie uitspeel.
In ‘n onderhoud met Megan Kelly (Amerikaanse Potgooier) verwys Victor Davis Hansen na medewerkers Shelby Steele, Condoleezza Rice en Thomas Sowell – briljant in hul veld, maar vir hulle “race was incidental, not essential to them”. Vergelyk dit met die “race-baters” hier in Suid-Afrika uit die ANC, MK en EFF-politieke partye!
Hy sê voorts: “the current ANC business model is incompetence, wrapped in victimhood and enforced by race-bating policies”. Daar bestaan geen twyfel dat ons – Suid-Afrika, die Switzerland van Afrika behoort te wees nie. ‘n Ontwikkelende ekonomie behoort ‘fixed investments’ vs GDP van sowat 30% te hê. Suid-Afrika staan tans op 15%. En die gevolge van NHI, Bela en EWC moet nog in die ekonomie uitspeel. Ons kies om arm te wees. Suid-Afrika is arm a.g.v. sy beleid (kommunisties + sosialisties) – wat hulpbronne aanbetref, is ons die rykste land in Afrika.
Volgens die IRR
Of as dit jou nie afskrik nie, kyk na Suid-Afrika se skuld ‘real time’. Suid-Afrika het tans 700 staatsbeheerde maatskappye (teenoor Maleisie wat spog met 33. Sien jy waar al die #recycledCadres heen gaan?
Ek lees ‘n berig van Sakeliga wat noem dat ‘n derde vlaag van BBEEE-maatreëls beoog waar die staat om ondernemings wil verbied om hoegenaamd sake te doen of transaksies te beklink as hulle nie aan rasse-eienaarskapkriteria voldoen nie. Dit sluit in Eiendomsagente (PPRA wat bedryfslisensies onwettig weerhou) (Finansiële dienste), (FSTC vereis BEE-verslagdoening buite sy bevoegdhede) Lugdiens en lugvaart, (ASLC wat onwettige rasgebaseerde eise vir lisensiëring stel), Gesondheidsprodukte (SAHPRA dreig om BEE-voorwaardes vir lisensies te stel), en Telekommunikasie(ICASA koppel lisensiëring aan rasgebaseerde eienaarskapskriteria). By PPRA druk hul vir 75% eienaarskap van ‘n Eiendomsagentskap in Suid-Afrika in ‘n #recyledCadre se naam.
Dit, ten spyte van die feit dat Suid-Afrika die African Charter in Human and People’s Rights onderteken het op 9 Julie 1996. Ek verwys spesifiek hier na Artikel 20.1 wat die vryhede en regte van minderheidsgroepe uitspel.
Bottom line. Daar is ‘n diepgaande verskil in lewensbeskouing tussen wit en swart. Die swartman (in volle beheer van Suid-Afrika) – wat die beursie vashou – sal nog steeds elke dag ‘n skool brand; ‘n pad verstop; ‘n tienermeisie verkrag. Kla oor dienslewering, maar nog steeds die ANC hul stem gee. En my gevolgtrekking – 30 jaar na 1994 – is dat almal (beide wit en swart) nog steeds 100% volgens kleurlyne stem en ondersteun. Ons begroting (nou drie keer die grote van Nelson Mandela-regering se begroting in 1995 – het ‘n UITGAWE probleem (en beslis nie ‘n INKOMSTE probleem nie!). En dit is tyd dat ‘n Christelike verdraagsaamheid opsy gesit word.
Hoekom is dit dat Suid-Afrika en Lesotho (top 5 elke jaar) en Namibië en eSwatini (top 15) die hoogste moordsyfer per 100,000 inwoners ranglys haal sedert 2010? Vier lande in Suider-Afrika uit amper 200?
As jy ons (en die wêreld politiek wil verstaan), Suid-Afrika binne die konteks van daardie politiek, en hoe om die ANC te verslaan, sal ek onderstaande YouTube video tussen Dr. Frans Cronjé en Russell Lamberti van Sakeliga hoogsaanbeveel.
Baanbrekers in hul eie reg
Trots op Afrikaners wat in hul vakgebied wêreldstatus bereik het. Wie was die grootste Afrikaner van alle tye? Baanbrekers in hul eie reg! Ons Trots! – Pure Afrikaner. Watter Afrikaner het ons geskiedenis onherroeplik verander? Kies self!
