Absoluut Suiwer
Danie was ‘n arm weeskindjie wat na ‘n groot weeshuis geneem is. Waar ons met hierdie verhaal begin, was hy in die hospitaal en hy het vinnig beter geword na die pampoentjies wat hy gehad het. Hy was net sterk genoeg om na prenteboeke te kyk en hy was ook baie bly oor die paar tydskrifte wat goeie vriende na die hospitaal gebring het.

Die Tweeling se Wens
As ek so oud as Pappie is,
sal ek self in die motor ry na die dorp,
en gou weer terug -daar waar die baie lekkers is.
As ek so oud as Pappie is,
sal ek tot laat toe wakkerbly.
