My bede 

“Ek vra nie, liewe Heer, dat U

My las moet ligter maak,

Maar dat ek op die smalle weg

U seën steeds mag smaak;

U seën steeds mag smaak.”

“Skenk my, wat ook al mag gebeur,

Berusting in my lot;

Help my om kinderlik te sê:

U wil geskied, O God,

U wil geskied, O God.”

“As U my lei, sal ek nie vrees

Ten spyte van gevaar;

U wat my lig en lewe is,

Sal ook my siel bewaar;

Sal ook my siel bewaar.”

“U is my hoop en toevlugsoord,

O God wat my vertroos;

U is die vreugde van my siel

Vir ewig en altoos;

Vir ewig en altoos.”

“O maak my naarstig in U diens;

Leer my die tyd uitkoop,

En laat die oordeelsure my

Tot liefdedade noop;

Tot liefdedade noop.” 

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell