GVSA Die opkoms van die Nederlandse Handel

 H.B. Thom, M.A., D. Phil

Niemand was, en is vandag nog, in vergelyking met die groot lande van Europa soos Duitsland, Engeland

en Frankryk, ‘n klein landjie met ‘n klein bevolking. En tog was hierdie landjie met sy klein bevolking in die

17de eeu ‘n moondheid van die eerste rang en het hy op koloniale gebied verskeie eeue lank een van die

vooraanstaande lande vand ie wêreld gebly. Na aanleiding hiervan ontstaan die vrae: Hoe het Nederland

dit reggekry om in die 17de eeu in die voorgestoelte van die Europese state plaas te neem? Hoe is hy in

staat gestel om homself in heftige Europese twiste te handhaaf en, ondanks die kolonisasiewoede van m

agtige bure, ‘n uitgestrekte en waardevolle koloniale ryk in veerre lande oorkant die oseane op te bou?

Handel Nederland se krag

Die antwoord lê in die Nederlandse handel opgesluit. Dit was die handel wat Nederland sterk gemaak,

hom aansien verleen en hom staat gestel het om as groot moondheid op te tree. Dit was ook die handel

wat die Nederlanders lang seereise laat aflê het en nuwe landstreke, o.m. die Kaap, in besit laat neem

het.

Die opkoms van die Nederlandse handel uit ‘n klein begin totdat dit in die eerste helfte van die 17de eeu

dié van die meeste ander Europese lande ver oorskadsu het, moet aan ‘n verskeidenheid van faktore

toegeskrywe word. Veral was dit te wyte aan die aardrykskundige ligging van die Lae Lande, die invloed

van die Tagtigjarige Oorlog, die vissery, die vragvaart of tussenhandel, die verstandige handelsbeleid van

die Nederlanders, die Nederlandse vloot en kapitaal, die skeepsbou, die tekstielbedryf, landbou en

veeteelt, ‘n sterk gevoel van patriotisme en, eindelik, die betreklike afwesigheid van ernstige konkurrensie

in die Europese waters.

Gunstige geografiese ligging van Nederlande

As ‘n mens na ‘n landkaart kyk, sien jy al gou dat die Nederlande, d.i. die Noordelike Nederlande (die

huidige Koninkrijk der Nederlanden) en die Suidelike Nederlande (die huidige België), ‘n besonder

gunstige ligging met die oog op die handel het. Hier lê die mondings van groot, bevaarbare riviere: die

Ryn, die Schelde en die Maas, waardeur die inwoners van die Lae Lande beheer verkry het oor en

voordeel getrek het uit die handel met ‘n uitgestrekte, vrugbare agterland. Dit was voorwaar geen geringe

voordeel nie, want die handelsverkeer van Duitsland het van oudsher hoofsaaklik langs die Ryn gegaan,

die handelsverkeer van Vlaandere en Brabant vernaamlik langs die Schelde, en dié van Luik en Limburg,

gedeeltelik ook van Brabant, langs die Maas.

Nie slegs t.o.v. hul binneland en agterland nie, maar ook t.o.v. die buiteland het die Nederlandse gewese

‘n gunstige ligging gehad. Hulle lê aan die see, min of meer in die middel van Wes-Europa. Die weg van

Engeland (aan hul westekant) na Duitsland (aan hul oostekant) gaan naby hul kuste verby; en die weg

van Frankryk, Spanje en Portugal, in die suide, na die Skandinawiese lande en die Oossee-lande, in die

noorde, gaan eweneens daarlangs. Die Nederlande lê dus ongeveer op die kruispunt van hierdie groot

handelsweë. Hulle is ook binne maklike bereik – selfs vir die dae van seilskepe – van die meeste Wes-

Europese lande: in gunstige weer k on ‘n mens in ‘n paar uur na die naaste Engelse en Franse hawens

vaar, in ses dae na Denemarke, in tien dae na Spanje en Portugal. As ons hierby in aanmerking neem

dat die Nederlande, deurdat die see op baie plekke diep die land in skiet, ‘n oorvloed van natuurlike

aanloopplekke vir skepe bied, dan hoef dit ons geensins te verwonder dat die inwoners hulle al heel

vroeg op handel en seevaart begin toelê het nie.

Ander faktore

Teen die einde van die Middeleeue, toe die Bourgondiese vorste in die meeste van die Nederlandse

geweste gesag gevoer het, het die swaartepunt van die handel nog in die suide gelê – in Vlaandere, waar

die stede Brugge en Gent tot bloei gekom het – en selfs nadat die Nederlande (in 1482) onder die

Oostenrykse huis gekom het, het dit nog ‘n ruk so gebly. Veral Brugge deur die see-arm die Zwin met die

see verbind en na aan die see geleë, het die groot koopstad geword, waar h andelaars en seevaarders

uit alle Wes-Europese lande en ander dele van die wêreld met mekaar in aanraking gekom en lewendig

sake gedoen het.

Met verloop van tyd het allerlei faktore egter ingetree wat eindelik tot die ondergang van Brugge gelei het.

Teen die end van di e 14de eeu het Brugge reeds gevoelige slae gekry toe Engeland finaal besluit het om

sy wol aan dié stad te onttrek en dit in sy eie besitting oorkant die Kanaal, Calais, te gaan verkoop; en toe

die Hanse, die groot Duitse organisasie van vragvaarders en koopliede, sy kantoor in Brugge opgehef en

dit na Dordrecht en Antwerpen oorgeplaas het. Gedurige twiste tussen Brugge en Gent het op die tot

agteruitgang van albei stede gelei. Daar het ook ernstige politieke woelinge in Brugge ontstaan – o.m.

opstande teen Maximiliaan van Oostenryk wat, ná die dood van sy eggenote, Maria van Bourgondië, in

1482 regent geword het.

Opkoms van Noord-Nederlande

Intussen was daar egter die groot faktor aan die werk waarteen die Bruggelinge niks vermag het nie, nl.

‘n natuurverskynsel, die versanding van die Zwin. Dit het langsaam gebeur, dog onverbiddelik. Eindelik is

die inham van Brugg toegesand en die groot handelsvaartuie kon die stad nie meer bereik nie.

Die mantel van Brugge het op Antwerpen geval. Hiervoor was daar goeie redes. Aan die breë bevaarbare

Schelde genestel, is Antwerpen met die oog op die handel besonder gunstig geleë. Die geweste van die

suide, veral Vlaandere en Brabant, het, soos gemeld, langs die Schelde hul vernaamste weg na die see

gehad. Die ander groot Nederlandse waterweg, die Maas, het nog nie veel konkurrensie vir die Schelde

opgelewer nie, want die Maas was nog baie onveilig en reisigers is daar deur rowers dikwels heeltemal

uitgeskud.

Intussen het stede van die Noordelike Nederlande ook opgang gemaak. Hoewel ons hier in die noorde

met die sewe provinsies Holland, Seeland, Utrecht, Friesland, Groningen, Overysel en Gelderland te

doen het – die provinsies wat in 1579 die Unie van Utrecht gesluit en daarmee in werklikheid die

Nederlandse Republiek in die lewe geroep het – is die eerste twee, Holland en Seeland, tog van die

meeste belang, omdat hulle op handelsgebied die grootste rol gespeel en in die algemeen in die noorde

die leiding gegee het. Dit is dan ook die groot handelstad van die provinsie Holland, Amsterdam aan die

Y, wat bestem was om die vernaamste konkurrent van Antwerpen te word en eindelik op sy beurt die

mantel van die Suid-Nederlandse koopstad om te hang.

Opbloei van Amsterdam

Die opkoms en bloei van Amsterdam was geensins plotseling of onverwags nie, aangesien die

Amsterdammers al vroeg besondere blyke van ondernemingsgees en deursettingsvermoë aan die dag

gelê het. Aan die end van die 15de eeu het die Amsterdammers, ofskoon Amsterdag van die 15de eeu

nog glad nie met die magtige koopstad van die 17de eeu vergelyk kon word nie, ‘n uitgebreide en

lewendige handel gedryf: na die ooste en noorde – met Pruise, Lyfland, Denemarke, Swede, Noorweë,

Holstein en Oos-Friesland – en na die weste en suide – met Brabant en Vlaandere, Engeland, Skotland,

Frankryk en Spanje. Daarby was Amsterdag vir die Noord-Nederlandse geweste toe ook reeds ‘n

vername middelpunt vir die koring- en lakenhandel. Soos die Noordelike Nederlande vooruitgegaan het,

het ook Amsterdam, wie se opkoms as die barometer beskou kan word, opgang gemaak.

Die Amsterdamse stadsbestuur het ook nie stilgesit nie: deur besondere wetgewing het hy

handelsbedrywighede na die stad gelok en daar gekonsentreer. Amsterdam het toe die kwaaiste

mededinger van Antwerpen geword.

Invloed van die oorlog teen Spanje

Die segepraal van Amsterdam, wat die hoogwatermerk van die Nederlandse handelsbloei aandui, is

egter baie nou met staatkundige faktore verbonde, t.w. die Tagtigjarige Oorlog en gebeurtenisse in

verband daarmee. Die woelinge wat op die Tagtigjarige Oorlog van die Calvinistiese Nederlanders teen

die Rooms-Katolieke Spanjaarde sou uitloop, het in die jare 1566 en 1567 begin. Met die pronkleër het

die Hertog van Alva weldra, in opdrag sy koning, Filips II, wat tegelyk koning van Spanje en heer van die

Nederlande was, uitgetrek om die ketterse Nederlanders gedug te straf. Die Suidelike Nederlande is met

verloop van tyd deur die Spanjaarde onderwerp, maar die sewe noordelike provinsies, wat deur die Unie

van Utrecht in ‘n verbond saamgevoeg was om die oorlog voort te sit, het dapper en vasberade teen die

Spaanse oormag voortgeveg. Veral Holland en Seeland, wat vrye toegang tot die see gehad het, oor ‘n

sterk seemag beskik het en bowendien deur hul stelsel van kanale en ander waterweë beskerm was, het

met ‘n kragtige verset na vore getree en die Spaanse aanvallers gou laat sien dat hulle dit hier met ander

opposisie as in die suide te doen het.

Oorlogtoestande is gewoonlik nadelig vir handelsvooruitgang en ekonomiese bloei, veral dié van die

swakker party, maar in die heldestryd van die Nederlanders het die teenoorgestelde gebeur. Die

Nederlanders het in werklikheid i n dié tyd op stoflike gebied, ofskoon daar tydelike terugslae was, met

rasse skredes vooruitgegaan.

Verskuiwing van swaartepunt na noorde

Die Spaanse verowering van die suide, wat met die inname van Antwerpen in 1585 ‘n voldonge feit

geword het, het tot gevolg gehad dat talle koopliede,fabrikante, geldskieters en seevaarders daar soos

skepe op die droë bly lê het, want onder die Spaanse oorheersing was daar vir hul ondernemingsgees

geen ruimte nie. Die feit dat die Geuse onmiddellik n á Alva se inname van Antwerpen die Schelde-mond

gesluit het, het nog meer daartoe bygedra om stilstand en agteruitgang op ekonomiese gebied in die

suide teweeg te bring. Vir wakker, ondernemende mense in die suide was daar net één uitweg: hulle

moes wegkom na nuwe tuistes, waar hulle welkom sou wees en waar hulle vry en onbelemmerd hul

bedrywighede kon voortsit. Begryplikerwys het hulle veral na die noordelike geweste gegaan, en

daaronder vernaamlik Holland en Seeland, waar bloeiende stede, soos Amsterdam en Middelburg,

geskikte toevlugsoorde was. Aldus het die noorde van die allerbeste elemente uit die suide opgeneem.

Beheer oor distribusiehandel en kusvaart

Voorts was daar die sonderlinge verskynsel van handel met die vyand, wat in die vroeë jare van die

Tagtigjarige Oorlog taamlik uitgebreid was, Reeds voor die oorleg het die Nederlanders koring uit die

Oossee-lande na Spanje en Portugal gebring, en daar Wes- en Oos-Indiese ware, asook ander artikels in

ruil daarvoor geneem. ‘n Mens sou nou verwag dat die Nederlanders se handel met Spanje ná die

uitbreek van die oorlog beëindig sou word, en dat ook hul handel met Portugal – nadat Portugal in 1580

deur Spanje geannekseer was – tot stilstand sou kom. Dit het egter nie gebeur nie: die handel is wel

enigsins gestrem, maar nòg van Spaanse nòg van Nederlandse kant is dit stopgesit. Die Nederlandse

regeerders en koopliede het dit laat voortgaan, omdat hulle daardeur goeie inkomste verkry het, en hulle

immers alle bronne van inkomste nodig gehad het om die stryd teen Spanje voort te sit. Filips II van

Spanje het hom aanvanklik nie met die handel ingelaat nie, omdat hy besef het dat belemmering daarvan

hongersnood in Spanje en Portugal sou veroorsaak. Aldus het die Nederlanders gehelp om die vyand te

voed, maar daardeur weer goeie winste gemaak, wat hulle aangewend het om dieselfde vyand te beveg!

Houding van Spanje

Dit spreek egter vanself dat Spanje die Nederlandse handelaars in die Spaanse en Portugese hawens

sou duld net so lank Spanje van die Nederlanders afhanklik was en self nog nie genoeg skepe gehad het

om die koring uit die noordooste aan te voer nie. Ná die anneksasie van Portugal het Spanje ook oor die

Portugese skepe beheer verkry en Filips II het daaraan gedink om toe te slaan en op alle Nederlandse

skepe in Spaanse en Portugese hawens beslag te lê. Met die uitvoering van so ‘n plan moes hy egter

uitermate versigtig wees: die Spaanse skepe het veral op die Spaanse besittinge in die weste, soos

Mexiko en Peru, gevaar en die Portugese skepe is steeds veral in die vaart op Oos-Indië gebruik. Waar

sou die honderde koringskepe dan vandaan moet kom? Eers ná die moord op Willem die Swyger in 1584

en tydens die uitsending van die sg. Onoorwinklike Spaanse Armada (1588) het Filips II strenger teen die

Nederlandse handelaars begin optree. Hul handel in Spaanse en Portugese hawens is bemoeilik en

herhaaldelik is op Nederlandse skepe beslag gelê. Die Nederlanders het egter geweet hoe om die woede

van die Spaanse vors te ontglip en selfs vir gelede verliese deels te vergoed: onder vreemde name en

vlae het hulle na die Iberiese hawens gevaar en in 1590 ook hul koringhandel na die Middellandse See

uitgebrei, deur die Italiaanse hawens Napels, Genua en Venesië te besoek.

Tagtigjarige Oorlog bevorder handel op die duur

Ook die afsluiting van die Tagtigjarige Oorlog het die Nederlandse handel regstreeks gunstig beïnvloed.

By die Vrede van Munster in 1648 het die Nederlanders hul stryd met welslae beëindig en het dieRepubliek van die Verenigde Nederlande, vry op sowel godsdienstig as staatkundige gebied, algemene erkenning verwerf. Die Nederlanders wou egter daarvan seker wees dat hul handelsbloei nie weer uit die suide bedreig sou word nie, en het dus toegesien dat ‘n artikel in die verdrag ingevoeg is waarvolgens die Schelde vir die handel gesluit is. Die groot waterweg van die Suidelike Nederlande sou nie weer konkurrensie vir hulle meebing nie, en Antwerpen is as handelsmetropool finaal deur Amsterdam vervang.

Vissery se rol

Tot die opkoms van die Nederlandse handel het ook die vissery sy deel bygedra. Die Nederlandse riviere

en kuste was ryk aan kabeljou, salm, skelvis en njog verskeie ander soorte, wat saamklike, gesonde

voedsel uitmaak. Daarom is dit nie vreemd nie dat die Nederlanders hulle al baie vroeg op die vissery

gaan toelê het. Hulle het hulle ook weldra nie meer tot eie waters beperk nie. Reeds voor die begin van

die 13de eeu het die burgers van Kampen en Harderwijk die voorreg verwerf om langs die suidkus van

Skandinawië te gaan visvang terwyl Hollandse, Seeuse en Friese vissers in 1285 van koning Eduard I

van Engeland dieselfde voorreg in Engelse waters ontvang het. Vaarte só ver uit eie waters was veral op

die haringvangs – die vernaamste en betekenisvolste vertakking van die Nederlandse vissery –

toegespits.

Die vissery het nie slegs aan die volk voedsel gegee, aan duisende werk verskaf en ‘n kosbare

uitvoerartikel opgelewer nie; dit het ook bevrugtend op baie ander bedrywe ingewerk. Die skeepsbou het

daardeur ‘n kragtige stoot gekry en tot opbloei gekom, want daar moes skepe wees vir die vangs van vis

en weer skepe vir die uitvoer daarvan. Die brei van nette en die vervaardiging van yster- en houttoerustig

vir die visvangs het oral toegeneem. In die southandel het daar ‘n geweldige uitbreiding gekom. In dié

verband ht die soutsiedery ook groot opgang gemaak.

Die bewerking van die haring en ander vissoorte, en die sout van bottter (wat die Nederlande in groot

hoeveelhde geproduseer het) het baie sout vereis. Namate die haringhandel uitgebrei het, het ook die

vraag na sout gestyg. Hierdie artikel het die Nederlanders in Frankryk en Spanje gaan haal, en

begryplikerwys het die stede Hoorn en Enkhuizen aan die spits van die soutaanvoer gestaan. Maar die

growwe sou kon nie sonder meer gebruik word nie: dis moes gekook en verfyn word. So het ‘n menigte

soutsiederye ontstaan. Vol ondernemingsgees het die Nederlanders die soutsiedery egter buite die enge

perke van ‘n newebedryf van die vissery en die suiwelbedryf ontwikkel. Gou het hulle baie meer sout as

wat hulle self nodig gehad het, gaan haal en meer verfyn. Die oorskot het hulle in die buiteland verkoop.

Die vissery het eindelik ook daartoe meegewerk dat ‘n groot en geoefende seevarende bevolking

ontstaan het. Die feit dat in die begin van die 17de eeu die haringvaart alleen ruim twintigduisend

seeliede besig gehou het, gee ‘n mens al ‘n indruk hiervan. In sulke omstandighede sou daar matrose

beskikbaar wees vir die handelsvlote van die Europese waters, en later ook vir die handelsvlote wat oor

die oseane sou vaar.

Vragvaarders

Die volgende faktor is die vragvaart of tussenhandel. Met die oog op hul gunstige ligging is dit seker nie

vreemd dat die Nederlande die vragvaarders van Europa geword het nie. Maar hieroor bestaan daar

twens ‘n ander belangrike rede, nl. die verbreiding van die natuurlike produkte van die Europese lande.

Dit is byna asof die natuur Europa, na die aard van sy produkte, in noordelike en suidelike helftes verdeel

het: die lande van die noorde en noordooste, t.w. die Skandinawiese en die Oossee-lande, het veral

artikels soos graan en hout opgelewer; en die lande van die suide en suidweste, soos Frankryk, Spanje

en Portugal, weer vernaamloik win, olie en sout. Die een deel het dus nodig gehad wat die ander

voortgebring het, en vir ondernemende vragvaarders was daar besonder gunstige geleenthede.

Die Nederlanders het hierdie geleenthede onverskrokke en naarstig benut. In die tweede helfte van die

16de eeu, toe die tussenhandel op sy hoogtepunt was, het hulle dit met fyn oorleg gedryf. Hulle vaar na

die noorde en noordooste, waar hulle graan en hout inneem. Hulle voorsien hulself; en die oorskot,

aangevul deur eie produkte soos vis, suiwelprodukte en tekstielware, gaan verkoop hulle in Frankryk,

Spanje en Portugal. Hier in die suide neem hulle wyn, olie en sout in; hulle voorsien in eie behoeftes en

met die oorskot, weer aangevul deur eie produkte, vaar hulle na die noorde, waar hulle dit van die hand

sit en dan weer eens die artikels van die noorde inneem. In hierdie handelsnet het hulle ook Engeland in

die weste betrek, waar hulle artikels van noord sowel as suid verkoop en waar hulle ook veral wol van die

talryke Engelse kuddes vir hul nywerhede ingeskeep het.

Dit is duidelik dat daar in die Nederlandse tussenvaart ‘n volledige sirkelgang was en, wat ook van die

allergrootste belang is, in die loop daarvan het die skepe nooit leeg gevaar nie. Tyd en skeepsruimte is

besonder ekonomies gebruik, en bygevolg kon die kapitaal wat die tussenvaart geverg het, die

maksimum aan resultate lewer.

Dit is ook duidelik dat die grondbeginsel van die Nederlandse tussenvaart die skeiding tussen noord en

suid was: noord en suid moes van mekaar afgesonder word, en slegs deur die tussenkoms van die

Nederlandse skepe moes hul goedere uitgeruil kon word. Immers, sodra noord en suid regstreeks handel

sou begin dryf, sou die Nederlandse tussenvaart tot niet gaan. Vandaar dat die Nederlandse koopliede

alle kragte in die werk gestel het om die skeiding te handhaaf, en ondanks groot gevare, voortgegaan het

met die aanvoer van koring na die hawens van die vyand, en daarvandaan weer artikels van die suide na

die noorde geneem het.

Portugese oorsese handel prikkel vragvaart

Die Portugese ontdekking van die seeweg na Indië aan die end van die 15de eeu het die waarde van die

Nederlandse tussenhandel nog aansienlik laat styg, want Oos-Indiese ware soos speserye,

edelgesteentes en sy, is na Lissabon gebring en het ‘n kosbare toevoeging tot die reeks van artikels

geblyk wat van die suide na die noorde gebring is. Die waarde van die tussenvaart is eweneens verhoog

deur die uitbreiding daarvan na Indië in 1590, want ten gevolge hiervan moes baie meer skepe in diens

gestel word, het die omset aanmerklik uitgebrei en is die winste vergroot.

Teen die end van die 16de eeu en begin van die 17de eeu het die tussenhandel een van die sluitstene

van die ekonomiese welvaart van die Nederlandse Republiek geword. Omstreeks 1587 het in één jaar

agthonderd skepe na die Oossee gevaar; 15 jaar later het hierdie vaart só toegeneem dat net soveel

skepe in drie dae van die vaarseisoen vertrek het. In 1591 het sowat 200 skepe koers gekies na Italië,

ses jaar daarna het in ‘n jaar uit Holland en Seeland alleen twee keer soveel na Italië vertrek. In die begin

van die 17de eeu het die Nederlandse vragvaart 30 000 seeliede – omtrent dubbel die getal wat

Engeland toe in diens gehad het – besig gehou.

Gesonde Nederlandse handelsbeleid

Uit die voorgaande, meer bepaald i.v.m. die handel op die vyand en die nousluitende samehang van die

tussenvaart, het al ‘n paar keer geblyk dat die Nederlanders hulle van ‘n verligte en verstandige

handelsbeleid bedien het. Dit is ‘n ander faktor wat geen geringe rol in hul handelsopkoms gespeel het

nie. Die grondbeginsel van hul handelsbeleid lê opgesluit in die éé woord: vryheid. In die Nederlandse

Republiek, waar in dié tyd meer burgervryheid as in enige ander land bestaan het, het die koopman niks

vuriger van sy regeerders begeer nie as dat hulle die handel onbelemmerd sou laat voortgaan.

Dit het by die Nederlanders ook nie net by vrome woorde en mooi teorieë gebly nie. Onder die geweste

onderling het daar geen diskriminerende tolle en belastings bestaan njie; koopliede en seevaarders uit

een gewes was in die hawens van ‘n ander net so vry soos die mense van dié gewes self. Die

vreemdelinge is ook nie aan swaarder belastings onderwerp as die Nederlandse koopman nie;

inteendeel, hy is aangelok deur hom dieselfde behandeling as die Nederlander te gee. En in die

Nederlandse hawens het die koopman, Nederlander of vreemdeling, weer laer tolle betaal en ruimer

vryheid geniet as in die buiteland.Guicciardini, die Italiaan, kon verklaar dat die vreemde koopman

nêrenster wêreld so vry was as in Nederland nie. Die strekking van die beleid is duidelik: koopliede, van

watter land of nasionaliteit ook al, moes soveel moontlik na die Nedelandse hawens aangelok word om

daar hul ware te bemark en daar ook weer die nodige aan te koop.

Teenstelling met ander handelslande

Hierdie vryheidsbeleid het uiteraard meegebring dat partikuliere inisiatief tot hoë ontwikkeling gekom het.

Die staat het nie regulerend of beperkend opgetree nie. In die Nederlande was daar inderdaad geen

eenheidstaat soos in Engeland of Frankryk of Spanje nie, maar ‘n statebond, ‘n federasie wat, behalwe

op militêre gebied, geen hegte eenheidsban gehad het nie. Nòg die State-Generaal nòg die Provinsiale

State het hulle egter met die handel ingelaat: die wakker, lewendige partikuliere ondernemingsgees kon

tot volle ontplooiing kom om ‘n gesonde grondslag vir die Nederlandse handelswelvaart te lê.

Spanje en Portugal

Van vryheid, soos dit in die Nederlandse handel erken en prakties toegepas is, het die ander lande van

Europa destyds geen begrip gehad nie. In Spanje het die handel, veral die oorsese handel, onder talle

reglemente van die Kroon gestaan, en die Kroon het natuurlik tot eie voordeel die voowaardes vasgelê

waaronder partikuliere Spanjaarde in die handel op Spaanse kolonies kon deelneem. Die kosbaarste

artikels uit die Spaanse koloniale ryk, die edele metale uit Mexiko en Peru, het die Kroon met strengheid

vir homself opgeëis. In Portugal was die toestand min of mee dieselfde: die Kroon het hier, vóór 1640

altans, selfs nog meer as in Spanje in die handel ingegryp. Die groot skepe wat na Oos-Indië gevaar en

ryk belaai teruggekeer het, was almal koningskepe; die handel wat daar in die kosbare artikels gedryf is,

was koningshandel; die wins wat daar gemaak is, was koningswins.

Frankryk

In Frankryk het die regering talle beperkende maatreëls i.v.m. die handel getref, en onder die beleid van

sentralisasie en konsolidasie wat deur Richelieu begin en deur Mazarin, Colbert en Lodewyk XIV

voortgesit is, kon dit ook nie anders wees nie. Die bepalinge het veral vir die koloniale handel gegeld. Die

handel van Kanada is bv. eers onder allerlei voorwaardes aan maatskappye toegeken; maar Lodewyk

XIV , wat daar meer onmiddellike voordeel uit wou haal, het dit in 1663 weer regstreeks onder die Kroon

gebring.

Engeland

In Engeland, waar in die handel wel heelwat ruimte vir partikuliere inisiatief was, en waar die partikuliere

inisiatief inderdaad sterk opgekom het, het dit weldra nie aan ernstige beperkinge m.b.t. die koloniale

handel ontbreek nie: Virginië is bv. reeds in die tyd van die vroeë Stuarts beveel om sy tabak net na

Engeland uit te voer en daarby uitsluitend Engelse skepe te gebruik. Hierdie beleid is, soos uit die

Skeepsvaarwette oorvloedig blyk, onder Cromwell en die latere Stuarts nog verder, en strenger,

toegepas.

Geen staatsinmenging nie

In Spanje, Portugal, Frankryk en hoewel in mindere mate, Engeland, is die handel van owerheidsweë

streng gereguleer en beperk. Hierdie regulering en beperking was eers en veral die resultaat van die

merkantilistiese denkbeelde wat in die 16de en 17de eeu in Europa hoogty gevier het, en waarvolgens

o.m. geglo is dat ‘n staat krag en invloed kon verkry deur die handel en ander bronne van stoflike

welvaart regstreeks tot sy eie voordeel in te span. In die Nederlande het hierdie opvatting, vanweë die

afwesigheid van hegte eenheid in die staat en ook vanweë die sterk tradisie van handelsvryheid, nie so

maklik ingang gevind nie. Maar ook het daar in die bestuurskolleges van die land, die State-generaal, die

Provinsiale State en die stedelike besture, die vroedskappe, merendeels manne uit die regentekringe, d.i.

die ryk handelsaristokrasie van die stede, gesit; en van hulle kan ‘n mens verwag dat hulle steeds die

welvaart van die handel op die hart sou dra. Hulle het vasgehou aan die beginsel van vryheid en die

handel nie tot diensmaagd van politieke mag en aansien gemaak nie. Aldus kon hulle ‘n handelsbeleid

opbou wat sy tyd beslis ver vooruit was.

Hierdie verstandige handelsbeleid kon die Nederlanders met welslae uitvoer, omdat hulle oor hul eie vloot

en kapitaal beskik het. Dit was ‘n vername voordeel wat die Noord-Nederlanders bo die Suid-

Nederlanders gehad het. Hoewel eers Brugge en toe Antwerpen vername handelstede was, het die

inwoners van hierdie stede self maar min aan skeepvaart en handel deelgeneem. Hulle het wel hul eie

produkte op hul markte verkoop, en hulle het ook na Calais gevaar om daar Engelse wol in te neem,

maar die duisende skepe wat Brugge en Antwerpen besoek het, het nie in die eerste plaas aan die

Bruggelinge en die Antwerpenaars behoort nie: die oorgrote meerderheid was die eiendom van

vreemdelinge, van wie die stede gewemel het, veral Italiane en Spanjaarde uit die suide en koopliede uit

die Hansestede in die noorde. Die inwoners van Brugge en Antwerpen was hoogs tevrede daarmee dat

mense uit alle oorde op hulo markte kom koop en verkoop; hulle het nie self na verre lande gevaar om

handel te dryf nie. Dit was egter ‘n ernstige swakheid aan hulle kant, wat dit het beteken dat hulle van die

vreemdelinge afhanklik was, endat hul handelsbloei grotendeels kunsmatig was.

Nederlandse handelsvloot

Heel anders was dit met die Noord-Nederlanders. Aan die end van die 16de eeu het hulle, soos gesien

het, ‘n groot menigte skepe besit, selfs veel meer as Engeland en Franrkyk, endaarmee het hulle ‘n

verskeidenheid van ware na hul eie en oook vreemde hawens gebring. Hulle het nie op die vreemdeling

gewag nie: hulle het self uitgegaan, en die vreemdeling het, vanweë die handelsgeleenthede in hul

hawens, agterna gekom. So was daar onder die talle skepe in die Noord-Nederlandse hawens wel baie

vreemde skepe, maar verreweg die meeste het aan die inwoners van die Republiek behoort. Die Noord-

Nederlandse handel het dus op eie wieke gedryf. Die vreemdeling het dit aangehelp, maar dit nie

teweggebring nie.

Maar waar het die Nederlanders aan al die skepe gekom? Ondernemende mense soos hulle was, was

hulle nie tevrede om daarvoor van ander afhanklik te wees nie. Hulle het self ‘n bloeiende

skeepsboubedryf opgebou. Hiermee het hulle egter voor ‘n moeilik taak te staan gekom, want die

skeepstimmerhout wat die land self opgelewer het, was teen die 16de en 17de eeu lankal verbruik. Die

vragvaart het egter die oplossing gebring: in die Oosseelande en aan die kuste van Noorweë het die

vragvaarders die onmisbare grondstof gaan haal en swaar belaai teruggekeer.

Die ingevoerde hout moes eers gesaag en behoorlik gefatsoeneer word voordat dit vir gebruik geskik

was, en daaraan alleen was al enorm baie werk verbonde. ‘n Belangrike stap in dié verband was die

uitvinding van die houtsaagmeul deur ‘n kundige inwoner van Wes-Friesland aan die end van die 16de

eeu, waardeur hierdie werk veel vinniger en makliker gedoen kon word. Weldra is by Zaandam, nie ver

van Amsterdam nie, die eerste saagmeule gebou, wat spoedig deur honderde ander op die oewers van

die Zaan gevolg sou word. By die saagmeulens is weer die skeepstimmerwerwe opgerig, sodat die Zaan

die vernaamste middelpunt van die houtsaery, die houtkopery en die skeepsbou in die Nederlandse

Republiek geword het. Só beroemd het die Zaan met sy bedrywe geword dat nie slegs Nederlanders nie,

maar ook Franse, Engelse, Swede en Duitsers hier hout laat saag en skepe laat bou het. Omtreeks 1640

het Hugo de Groot geskat dat in die Hollandse skeepswwerwe nie minder nie as tweeduisend skepe

jaarliks gebou is.

Skeepsbou ook “vry”

Die vryheidsgedagte,wat in die Nederlandse handel so sterk tot uiting gekom het, is ook in die skeepsbou

gehandhaaf. Terwyl in ander lande, soos Engeland, Frankryk en Spanje, baie voorskrifte en beperkinge

i.v.m. die skeepsbou was, het die Republiek vryheid bestaan; en terwyl in ander lande skepe veral só

gebou moes word dat hulle vir oorlog sowel as handel diens kon doen, het die Nederlanders hierdie

vermenging van politieke en kommersiële motiewe vir die skeepsbou nie geduld nie. Oorlogskepe is

gebou vir oorlog en handelskepe vir die handel. En terwyl daar by die Nederlanders vryheid bestaan het,

het inisiatief en oorleg in hul skeepsbou ook sterker tot uiting gekom as in dié van ander volke. Hul strewe

was om die skeepsruimte van hul handelskepe te vermeerder, om die snelheid te verhoog en die

diepgang te verminder.

Sulke oorweginge het daartoe gelei dat omstreeks 1590 ‘n nuwe soort vaartuig gebou is, veel langer en

smaller as wat voorheen die gebruik was. So revolusionêr was die verandering dat mense met die

vreemde nuwe vaartuie gespot het, maar in die praktyk het hulle hul slag gewys sodat hulle spoedig geen

nuwigheid meer was nie, en aan die begin van die 17de eeu het die Nederlanders die beste handelskepe

in Europa gehad. Selfs sir Walter Raleigh, die Engelsman wat seker weinig liefde vir sy Nederlandse

konkurrente gehad het,moes met lof van hul handelskepe praat.

Die geweldige uitbreiding van die haringvangs en die tussenhandel het ‘n reusagtige uitbreiding van die

skeepsbou meegebring. Die uitbreiding van die skeepsbou het weer op sy beurt bevrugtend op maritieme

bedrywighede, met name die haringvangs en die tussenhandel, ingewerk. Die skeepsbou wat ‘n baie

ingewikkelde bedryf is, het ook die verwerking van yster en koper en die vervaardiging van toue, nette,

vate, seeboeie, ens.,sterk laat toeneem. Die skeepsbou, met alles wat daarmee gepaard gegaan het, het

dus die handel in hoë mate gedien, en bowendien aan ‘n groot menigte mense ‘n heenkome besorg.(1)

(1)Sien i.v.m.die skeepsbou verder De Jonge, Geschienis van het Nederlandsche Zeewezen, I pp. 270-

273 en 387-388. Soos opgemerk sal word, hou De Jonge hom egter hoofsaaklik met die oorlogseewese

besig.

Tekstielnywerheid

‘n Bedryf wat ná die skeepsbou die aandag verdien, is die tekstielnywerheid, wat sowel in die Noordelike

as in die Suidelike Nederlande ‘n ou bedryf was. In die laat Middeleeue het die lakenwewery reeds in

Leiden, Dordrecht en Middelburg geblou, maar dit was eintlik veral in die Suidelike Nederlande, die

geweste Vlaandere en Brabant, dat die tekstielbedryf groot opgang gemaak het. Vlaamse en Brabantse

laken en linne het oor die hele Europa beroemd geword, en tereg, want die fynheid daarvan was

ongeëwenaard.

Die Spaanse verowering van die Suide, en veral die val van Antwerpen, het tot gevolg gehad dat ook die

laken- en linnewewery grotendeels saam met die emigrante uit die Suide na die Noorde verhuis het. Die

lakenfabrikante het hulle meestal in Leiden gaan vestig, terwyl die linnewewers aan Haarlem die voorkeur

gegee het. In die Republiek, en vernaamlik in hierdie twee stede, het die tekstielbedryf ‘n buitengewone

ontwikkelingspeil bereik en, danksy die ballinge uit die Suide, het die Republiek die roem van die

Vlaamse en Brabantse wewerye ingeoes. Laken en linne van die allerbeste en fynste soorte het kosbare

artikels van binnelandse en buitelandse handel geword.

Herwinning van grond

Namate die boerdery, landbou sowel as veeteelt, uitgebrei het, het die waarde van grond gestyg en is

daar ook, soos in ‘n klein land wat aan oorstroming blootstaan, te verwagte is, meer en meer moeite

gedoen om land in te dyk en droog te lê. In hierdie werk het die Hollanders al baie vroeg bedrewe geraak.

In later jare het die waterkering, indyking en herwinning van grond onverpoos voortgegaan, sodat die

oppervlakte van Wes-Friesland (die noordelike deel van die provinsie Holland) en Seeland byna

onherkenbaar verander het. Op dié wyse is nuwe landerye vir boerdery beskikbaar gestel en het die

plattelandse bevolking aansienlik toegeneem.

Bloeiende suiwelbedryf

Deur die boerdery is ‘n verskeidenheid van lewensmiddele, soos graan, groente, slagvee, kaas en botter,

ter voeding van die volk geproduseer. Die waarde en blang van die suiwelprodukte het egter ver buite die

perke van die binnelandse handel en verbruik uitgegroei. Die Nederlanders, wat ywerige en bekwame

bewerkers van kaas en botter was, het hulle met erns op die suiwelproduksie toegelê en dit tot ‘ n fyn

kuns ontwikkel. Hulle begin bo eie behoefte produseer en voer suiwelprodukte uit. So het die roem en die

smaak van hul kaas en botter oor die hele Europa versprei en het hierdie produkte ‘n vername plek onder

hul uitvoerartikels ingeneem.

Nederlandse patriotisme

Naas alles moet nog ‘n groot allesdeuyrdringende faktor in aanmerking geneem word, nl. die gevoel van

jeugdige en lewendige patriotisme, wat hom teen die end van die 16de en in die 17de eeu van die

Nederlanders meester gemaak het. Die langdurige stryd om die handhawing van hul tradisionele

staatkundige regte en om godsdiensvryheid net ná die mislukking van die Pasifikasie van Gent beperk

geraak tot die sewe noordelike geweste. Toe hulle in 1579 die Unie van Utrecht gesluit het, het hulle die

oog nog meer op ‘n militêre verbond ter wille van godsdiensvryheid as op ‘n staatkundige verbond ter

wille van staatkundige vryheid gehad. Maar die Unie het die gedagte van staatkundige vryheid laat ryp

word en die weg tot verwesenliking daarvan aangewys. Twee jaar ná die stigting van die Unie het die

Nederlanders reeds die Spaanse gesag verwerp en onomwonde hul staatkundige onafhanklikheid

verbondig. Die reglement van die Unie van Utrecht, wat oorspronklik hoofsaaklik as ‘n reglement vir

militêre samewerking bedoel was, het die grondwet van die Republiek geword. Die oorlog was toe in elke

sin van die woord ‘ n vryheidoorlog. Die Nederlanders het steeds sterker nasionaal gevoel en gehandel,

en hulle het die oorlog voortgesit tot ‘n triomfantlike einde, die Vrede van Munster in 1648, toe die

Republliek van die Verenigde Nederlande deur vriend en vyand erken is. Die Nederlandse

vaderlandsliefde het geseëvier. Dit kon nou groot en nuwe bane opgaan.

Stoflike magsmiddele

Vaderlandsliefde, hoe loflik en sterk dit as sodanig ook al mag wees, kan egter in sware stryd nie seëvier

as dit nie op stoflike gebied deur magsmiddele gedien word nie. Die Nederlandse patriotisme is wel deur

sulke magsmiddele gedien: manskappe, krygstuig en oorlogskepe, maar die vernaamste was seker die

handel. Dit was patriotisme wat die Nederlanders hul handel op berekende wyse laat voed en uitbrei het,

want die handel het, soos opgemerk is, die geld vir die stryd opgelewer, en sonder die stryd kon hulle nie

die hoogtepunt van hul patriotisme bereik nie. Sonder daardie ontluikende onweerstaanbare gevoel van

vaderlandsliefde is die Nederlandse handelsbloei van die 17de eeu ondenkbaar.

Gebrek aan konkurrensie

Uit al die genoemde faktore is dit duidelik dat die Nederlanders onverskrokkenheid, deursettingsvermoë

en ondernemingsgees van die hoogste gehalte aan die dag gelê het. Maar tog ook was die

omstandighede vir hulle gunstig in soverre hulle, in hul handelsbedrywigheid, in dié tyd met betreklik min

konkurrensie te doen gekry het. Die ster van Venesië en die ander Italiaanse stede, wat in die laat

Middeleeue die Oos-Indiese ware uit die Levant-hawens na Europa vervoer en aldus ‘n bloeiende

handelsvaart opgebou het, het reeds ondergegaan, want die Portugese het regstreeks na die Ooste

gevaar en die handelsweg na die Antlantiese en die Indiese Oseaan verlê. Die Hanse, in sy tyd die

magtigste vragvaardersorganisasie in Europa, was oud en afgeleef. Daar was onderlinge twiste. En met

die val van Antwerpen en die sluiting van die Schelde het die Hanse bowendien een van die

allervernaamste sterktes in Wes-Wuropa verloor.

Iberiese volke

Die Iberiese volke het, wat skeepvaart en handel in Europese waters betref, ook agter geraak. Portugal,

wat in die loop van die 16de eeu sonder sorg en op sy gemak sy winsgewende monopolie in die Oos-

Indiese handel kon eksploiteer, het, toe hy vroeg in die volgende eeu met ernstige mededingers te doen

kry, met sy verouderde skepe en korrupte administrasie gou uitgesak. Spanje het weer net vir sy kolonies

in die Nuwe Wêreld tyd enaandaggehad.Die goud ensilwer van Mexiko en Peru was, veral in die tyd van

die merkantilisme, toe daar so ‘n oordrewe waarde aan klinkende munt geheg is, vir die Spanjaarde

veelmeer werd as die vaart in Europese waters.

Duitsland, Frankryk en Engeland

Dan was daar nog Duitsland, Frankryk en Engeland. Duitsland kan buite rekening gelaat word, want hy

was nog swak en versnipperd, en het bowendien van 1618 tot 1648 die vreeslike Dertigjarige Oorlog

deurgemaak, want ontsettende gevolge gehad het: meer as een derde van die bevolking het omgekom

en dit sou ruim ‘n eeu duur voordat Duitsland hom aan die ellende kon ontworstel. Frankryk was

gedurende ‘n groot gedeelte van die 16de eeu die terrein van bloedige godsdiensoorloë. In die tweede

helfte van die 17de eeu – d.i. in die tyd van Colbert en Lodewyk XIV – sou Frankryk eers weer sterk na

buite optree en sou die Franse seemag en handel ook weer vooruitgaan.

Met Engeland was dit enigsins anders gesteld. In die tyd van koningin Elizabeth (1558-1603) het

Engeland ‘n bloeityd beleef, en het o.m. die handel en seevaart toe baie sterk opgekom. Ofskoon die

Nederlanders in hierdie tyd baie meer handelskepe gehad het as die Engelse, en ook ‘n veel uitgebreider

handel gedrywe het, moes hulle nitemin met Engelse mededinging deeglik rekening hou.

In die halwe eeu van binnelandse stryd onder die vroeë Stuarts het skeepvaart en handel egter in verval

geraak, sodat die Nederlanders in dié tyd ten minste, weinig van Engelse konkurrensie te vrees gehad

het.

Oor die algemeen was die eeu van omstreeks 1550-1650, d.i. die tyd waarin die Nederlande hul grootste

en vinnigste handelsvoooruitgang belewe het, vir hulle beslis ‘n gunstige tyd. ‘n Mens sou die betreklike

afwesigheid van konkurrensie nie as die enigste of self vernaamste rede vir hul handelsbloei beskou nie,

maar dis nietemin ‘n feit dat hulle, met al die ander faktore in hul guns, juis vir so ‘n tyd des te vinniger en

beslister na vore kon tree.

Nederlandse handel en vragvaart brei uit

Solank dit met die Nederlanders se handel in Europa goed gegegaan, hul vragvaart en handel gebloei en

hulle goeie winste daaruit gemaak het, het hulle hul nie daaroor bekommer om verre seereise te

onderneem en aansienlike risiko’s te loop nie. Toe dit, ná die moord op Willem die Swyger, en veral

tydens en ná die groot Spaanse Armada, vir hulle vanweë herrhaalde beslaglegging op hul skepe, steeds

gevaarliker geword het om Spaanse en Portugese hawens binne te vaar, het hulle ondanks hul

grootskeepse smokkelhandel, met verloop van tyd enrstige verliese gely. Waar moes hulle genoeg sout

vandaan haal, en waar moes hulle met hul oorskot aan koring heen, as Spanje en Portugal vir hulle

gesluit word? Groot gevaar het gedreig: die sirkelgang in hul handel kon verstoor word, en hul bloeiende

tussenhandel kon ten gronde gaan. Teen die end van die 16de eeu het hulle hul verplig gevoel om nuwe

terreine te gaan soek. So het hulle in 1590 na die Middellande See, meer bepaald na Italië, koers gevat.

Nog voor die end van die eeu het hulle tot in die oostelike uithoeke van die Middellandse See

deurgedring en ook Konstantinopel en ander hawens in die Turkse Ryk begin besoek. Verder het hulle na

die Kaap-Verdiese Eilande, ook bekend as die Souteilande, gevaar. Dit was h ul behoefte aan sout, en

die feit dat hulle nie meer genoeg van dié artikel uit Spanje kon kry nie, wat hulle hierheen gedryf het. By

die Kaap-Verdiese Eilande aangeland, was die Nederlanders al vanself op die suidwaartse weg. Hulle het

ook verder gevaar, na Guinee (die Goudkus en Ivookus) en San Thomé – Portugese besittinge wat

eintlik vir hulle gesluit was, maar die Portugese was magteloos om hulle daar uit te hou.

In 1593 het Barent Erikszen die eerste reis na Guinee onderneem, en daarna het spoedig ‘n drukke,

winsgewende vaart gevolg. Die Nederlanders het hulle weldra ook nie meer tot die kus beperk nie, maar

die riviere gevolg en hul handelsbedrywighede ver na die binneland uitgebrei. Ten derde het hulle

noordwaarts gevaar, na die noorde van Europa. Hoewel Nederlandse skepe al in 1578 dié roete gevolg

het, was dit eintlik eers sowat vyftien tot twintig jaar later dat die Nederlanders hulle met erns op hierdie

vaart toegelê en die Noord-Russiese handel grotendeels aan die Engelse ontruk het.

Hulle het ook aan die “Pas om den Noord” gedink. Dié roete, so het ds. Plancius e.a. sterk voorstanders

daarvan betoog, behoort moontlik te wees; dit sou vermoedelik korter wees as die roete van die

Portugese; en dit sou bowendien vry wees van Portugese en Spaanse konkurrensie. Verskeie

Nederlandse ekspedisies het uitgegaan om hierdie seeweg te soek: in 1594 die ekspedisie onder Willem

Barendsz; in 1595 dié onder Barendsz en Van Linschoten; en in 1596 dié onder De Ryp en Heemskerk.

Heemskerk, wat bygestaan is deur Barendsz, het op die eiland Nova Zembla oorwinter, maar in 1597

moes ook hy, net soos sy voorgangers, onverrigtersake terugkeer. Die “Pas om den Noord” het

herhaaldelik op die ysmassas van die Noordelike Yssee gestuit; dit was onprakties en sou later heeltemal

laat vaar word.

Na Suid-Amerika

Ten vierde het die Nederlanders gevaar na Brasilië in Suid-Amerika, ‘n Portugese gebied, waar die

Portugese ook tevergeefs getrag het om hulle uit te sluit. Dit was brasielhout, ‘n houtsoort waaraan

Brasilië sy naam ontleen en wat tot vervaardiging van kleurstowwe en fyn meublement dien, en

vernaamlik ook weer die onmisbare sout, wat die Nederlanders in hierdie koers gestuur het. In die jare

1590-1593 het Nederlandse skepe Pernambuco op die oostelike punt van Brasilië besoek en daarna het

De Moucheron sy handel ook hierheen uitgebrei. So was die Nederlandse handel nie meer tot die seë

beperk nie; hulle het reeds die oseaan oorgesteek.

Planne vir vaart na Verre Ooste: die Kompanjie van Verre

Al die nuwe rigtings kon egter nog nie vergoed vir die verlliese wat die Nederlanders in Europa gely het

nie. Toe die 16de eeu na sy einde loop, het vooraanstaande Nederlandse koopliede en staatsliede

ingesien dat hulle nie meer tevrede daarmee kon wees om net vragvaart en tussenvaart te beoefen en

oor die Atlantiese Oseaan na Brasilië te vaar nie; hulle moes regstreeks na die bron van die grootste

rykdomme gaan: na Oos-Indië met sy speserye en ander kosbare handelsartikels. Dit het beteken dat die

Nederlandse skepe vir veel langer togte ingerig moes word; dat die nodige kennis insake roetes en

handelsgebiede ingewin moes word; en dat veel meer kapitaal beskikbaar moes wees as waaroor die

individuele koopman kon beskik. Die terugkeer in die Republiek van manne soos Jan Huyghen van

Linschoten, Cornelis de Houtman en ander, wat lank òf in Portugal òf in die Ooste vertoef het, het

meegebring dat die noodsaaklike kennis verkry is, en dus het ‘n klompie ondernemende, avontuurlustige

Amsterdamse koopliede besluit om ‘n poging te waag: hulle stig ‘n maatskappy, die Kompanjie van Verre,

wat met hul verenigde kapitaal ‘n handelsekspedisie na die Ooste sou uitstuur.

Eerste ekspedisie na die Ooste

Op 2 April 1595 het die ekspedisie, wat uit vier skepe – die Hollandia, die Mauritius, die Amsterdammer

en die Duifken – bestaan het, “in den naeme des Heere” van Teksel uitgevaar. Sowat ses maande later,

op 7 Oktober, het die skepe in die baai van St. Augustyn aan die suidweskus van Madagaskar anker

gewerp – die eerste Nederlandse skepe wat om die Kaap van Goeie Hoop gevaar het. Twee maande het

hulle in die baai vertoef en eindelik op 23 Julie 1596 by Bantam op Java aangekom. Op 13 September is

die terugreis aanvaar en op 14 Augustus 1597 – d.w.s. ná byna 2-1/2 jaar – het hulle by Teksel

teruggekeer.

Die reis was in baie opsigte rampspoedig. Dit was die gevreesde skeurbuik wat die lang oponthoud in

Madagaskar veroorsaak het. In die loop van die reis het daar meer as 150 man omgekom – drie vyfdes

van die totale bemanning. Die Amsterdammer, een van die beste skepe van die vloot, het in die Ooste

onklaar geraak en was nie meer behoorlik seewaardig nie. Om te verhoed dat dit in die hande van die

Portugese val, en ook omdat daar nie meer ‘n bemanning vir die skip beskikbaar was nie, is dit verbrand.

Die honderd man wat met die orige skepe in Nederland teruggekeer het, het in hul moeë, uitgeteerde

liggame skaars genoeg krag gehad om die skepe te hanteer. Hoewel die vloot met ‘n redelike lading

speserye teruggekom het, het die ekspedisie so duur gekos dat die vraag ontstaan het om dit uit suiwer

finansiële oogpunt ‘n sukses was. Maar moreel was dit ‘n baie groot oorwinning. Die Nederlanders het

gesien dat hulle in staat was om self na die Verre Ooste te vaar, en hul ontsag vir die bekwaamheid van

die Portugese, wat blykbaar sonder veel moeite heen en weer gevaar het, het aansienlik gedaal. Met

beter voorbereiding, meer oorleg en meer ervaring sou die Nederlanders moontlik goeie winste kan

maak, miskien net so groot, of selfs groter, as die Portugese – wie weet? ‘n Groot nuwe veld is vir die

Nederlandse ondernemingsgees geopen.

Ander maatskappye

Daarom is dit nie vreemd nie dat die voorbeeld van die Kompanjie van Verre terstond veelvuldige

navolging gevind het. In Amsterdam is nog drie maatskappye gestig, in Rotterdam twee, in Seeland twee

en in Delft een. In 1598 het vir drie van hierdie maatskappye alleen al soveel as 28 groot skepe na Oos-

Indië gevaar, en in die volgende paar jaar het die handel nog buite alle perke uitgebrei. Maar intussen het

die winste onrusbarend begin daal, omdat die verskillende maatskappye genadeloos met mekaar

gewedywer het. Dit het by die inkoop in Oos-Indië, ‘n styging van inkoopspryse tot gevolg gehad en by

die verkoop in Europa weer ‘n daling van die verkoopspryse. Hierdie dubbele konkurrensie kon net één

uitkoms hê, nl. ‘n ernstig vermindering vand ie winste. Verskeie van die kleiner maatskappye, wat

finansieel nie baie sterk was nie, kon die stryd nie volhou nie en het bankrot gespeel, terwyl veral die

Hollandse en die Seeuse maatskappye, wat die grootste en sterkste was, mekaar met heftigheid bly

bestry het.

Gevare van konkurrensie

Die Nederlandse handel met Oos-Indië, wat enkele jare tevore nog so besonder veelbelowend gelyk het,

het toe in ernstige gevaar verkeer. Ingrypende stappe was nodig om dit te red. Dit het verskeie vérsiende

manne in die Republiek besef. Die State-Generaal het op vrome wyse raad gegee en vermaan. In die

Provinsiale State van Holland is ‘n verdeling van die Oos-Indiese handelsgebied onder die verskillende

maatskappye as ‘n oplossing aan die hand gedoen, maar dit was onpakties, omdat sekere Oos-Indiese

eilande soos Banda, Ambon, Ternate en Timor, tog by almal die voorkeur geniet het.Samesmelting van

die maatskappye en verlening van ‘n monopolie an ‘n groot, verénigde kompanjie was die enigste

oplossing. Dit het Oldenbarnevelt, landsadvokaat van Holland, en van sy invloedryke vriende ingesien.

Hierdie oplossing het hulle met groot erns bepleit, maar hulle het ‘n opdraande stryd gehad, want ‘n

monopolie het regstreeks teen die Nederlandse opvatting van handelsvryheid ingedruis. Oldenbarnevelt

het egter onverskrokke voet by stuk gehou en sy teenstanders in die State-Generaal deur ‘n politieke

argument probeer oortuig: ‘n groot, verénigde maatskappy sou ‘n kragtige, nuwe middel in die oorlog

wees; daardeur sou die Spanjaarde en die Portugese juis op hul gevoeligste plek, die handel, getref kan

word. Die teenstanders onder die koopliede het hy deur ‘n handelsargument probeer win: ‘n verénigde

maatskappy met ‘n monopolie in die Oos-Indiese handel sou die groots moontlike winste kan behaal.

Eindelik het hy die meeste van sy teenstanders oortuig: net De Moucheron e.a. koopliede van Seeland

het nog teëgestribbel, omdat hulle vir oorheersing van die kapitaalkragtiger stede van Holland gevrees

het. Oldenbarnevelt het egter die hulp ingeroep van die Stadhouer, prins Maurits, wat lid van die landadel

van Seeland was en groot ;invloed daar gehad het, en sodoende eindelik ook die Seeuse teenstand

oorkom. Die insigryke Hollandse landsadvokaat kon sy werk met sukses bekroon sien toe die State-

Generaal op 20 Maart 1602 ‘n oktrooi aan die Verenigde Nederlandse Geoktrooieerde Oos-Indiese

Kompanjie verleen het.(2)

(2)’n Interessante beskrywing van die stigtingsgeskiedenis van die Kompanjie is te vinde by Stapel,

Geschiedenis van Nederlandsch Indië, III, pp. 7-44

Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie gestig

Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie is op federale grondslag georganiseer. Die sentrale bestuur,

Here XVII, bestaande uit verteenwoordigers van die ses Kamers van die Kompanjie, het die hoogste mag

besit, terwyl die plaaslike besture, die direksies van die Kamers, oor plaaslike magte beskik en tewens as

uitvoerende liggame vir Here XVII gedien het. By uitsluiting van alle ander Nederlanders het die

Kompanjie ‘n monopolie gekry van die handel in die gebied van die Kaap die Goeie Hoop ooswaarts tot

by die Straat Magellaan – d.w.s. in die hele gebied van die Indiese en die Stille Oseaan. Met ‘n kapitaal

van 6-1/2 miljoen gulden het die Kokmpanjie sy werk begin. Hiermee is die Nederlandse handel in die

Ooste ná baie onderhandelinge en moeite op ‘n grondslag geplaas waarop dit tot 1798 – dus byna twee

eeue lank – sou bly berus.(3)

(3)Die oktrooi van die Kompanjie, wat die besonderhede van sy organisasie in die moederland aantoon,

is te vinde by Cau, Groot Placaet-Boeck, I, pp. 529-538; en Valentyn, Bschrijving van Oud en Nieuw

Oost-Indien, I, 1ste stuk, pp. 186-191

Skepe van die Kompanjie het van die begin af hoofsaaklik die eilande besoek waar speserye

geproduseer word, nl. Ambon en Banda en die kleiner Molukke. Hier is die Portugese verdryf. In 1609 is

‘n vaste sentrale bestuur in Oos-Indië in die lewe geroep: die Goewerneur-Generaal en sy Raad van Indië

tesame bekend as die Hoë Regering van Indië. Die Hoë Regering het aanvanklik geen vaste setel gehad

nie, maar Jan Pieterszoon Coen, die groot Nederlandse ryksbouer in die Ooste, het die Engelse in 1619

uit Djakarta op die eiland Java verjaag en op hierdie strategiese plek aan die Straat Soenda die

Nederlandse hoofkwartier, Batavia, gebou.

Behoefte aan ‘n halfweg-verversingspos

Die Kompanjie het van die begin af die behoefte aan ‘n geskikte verversingspos op die lang weg na Oos-

Indië sterk gevoel. Op die heenreis het die skepe dikwels by die suidpunt van Afrika vars water ingeneem

en op die terugvaart het hulle hulle gewoonlik by die eiland St. Helena ververs. Tot die stigting van ‘n

verversingspos aan die Kaap sou dit nie so gou kom nie. Teen die middel van die 17de eeu kon die

Kompanjie dit egter nie langer uitstel nie. Weens die roetes wat die Nederlanders gevolg het, was die

Kaap die enigste plek wat uitvarende sowel as tuisvarende skepe op die lang reis kon aandoen, en die

Kaap lê bowendien min of meer halfpad tussen Europa en Oos-Indië. St. Helena het sy waarde as

verversingspos grotendeels verloor, omdat die vee daar deels weggeslag en deels deur agtergelate

honde verskeur is. Diegeskiktheid van klimaat en bodemgesteldheid aan die Kaap is treffend deur die

skipbreukelinge van die Haarlem bewys. Daarby het die Engels-Nederlandse handelskonkurrensie nou

baie heftig geword en die Kompanjie moes wakker loop om nie deur die Engelse voorgespring te word

nie. Buitendien was die Nederlanders in die middel van hul Goue Eeu – dus juis die tyd toe hulle oorsese

bedrywighede met vertroue kon aanpak. Dit is dus glad nie vreemd dat die Kompanjie in hierdie tyd

besluit het om ‘n verversingspos aan die Kaap te stig nie.

Die onbekende bloei van die Nederlandse handel en ondernemingsgees in Europa het dus die stigting

van die Oos-Indiese Kompanjie tot regstreekse en die kolonisasie van die Kaap tot onregstreekse gevolg

gehad.

— — — oOo — — —