H.B. Thom, M.A., D. Phil
Niemand was, en is vandag nog, in vergelyking met die groot lande van Europa soos Duitsland, Engeland
en Frankryk, ‘n klein landjie met ‘n klein bevolking. En tog was hierdie landjie met sy klein bevolking in die
17de eeu ‘n moondheid van die eerste rang en het hy op koloniale gebied verskeie eeue lank een van die
vooraanstaande lande vand ie wêreld gebly. Na aanleiding hiervan ontstaan die vrae: Hoe het Nederland
dit reggekry om in die 17de eeu in die voorgestoelte van die Europese state plaas te neem? Hoe is hy in
staat gestel om homself in heftige Europese twiste te handhaaf en, ondanks die kolonisasiewoede van m
agtige bure, ‘n uitgestrekte en waardevolle koloniale ryk in veerre lande oorkant die oseane op te bou?
Handel Nederland se krag
Die antwoord lê in die Nederlandse handel opgesluit. Dit was die handel wat Nederland sterk gemaak,
hom aansien verleen en hom staat gestel het om as groot moondheid op te tree. Dit was ook die handel
wat die Nederlanders lang seereise laat aflê het en nuwe landstreke, o.m. die Kaap, in besit laat neem
het.
Die opkoms van die Nederlandse handel uit ‘n klein begin totdat dit in die eerste helfte van die 17de eeu
dié van die meeste ander Europese lande ver oorskadsu het, moet aan ‘n verskeidenheid van faktore
toegeskrywe word. Veral was dit te wyte aan die aardrykskundige ligging van die Lae Lande, die invloed
van die Tagtigjarige Oorlog, die vissery, die vragvaart of tussenhandel, die verstandige handelsbeleid van
die Nederlanders, die Nederlandse vloot en kapitaal, die skeepsbou, die tekstielbedryf, landbou en
veeteelt, ‘n sterk gevoel van patriotisme en, eindelik, die betreklike afwesigheid van ernstige konkurrensie
in die Europese waters.
Gunstige geografiese ligging van Nederlande
As ‘n mens na ‘n landkaart kyk, sien jy al gou dat die Nederlande, d.i. die Noordelike Nederlande (die
huidige Koninkrijk der Nederlanden) en die Suidelike Nederlande (die huidige België), ‘n besonder
gunstige ligging met die oog op die handel het. Hier lê die mondings van groot, bevaarbare riviere: die
Ryn, die Schelde en die Maas, waardeur die inwoners van die Lae Lande beheer verkry het oor en
voordeel getrek het uit die handel met ‘n uitgestrekte, vrugbare agterland. Dit was voorwaar geen geringe
voordeel nie, want die handelsverkeer van Duitsland het van oudsher hoofsaaklik langs die Ryn gegaan,
die handelsverkeer van Vlaandere en Brabant vernaamlik langs die Schelde, en dié van Luik en Limburg,
gedeeltelik ook van Brabant, langs die Maas.
Nie slegs t.o.v. hul binneland en agterland nie, maar ook t.o.v. die buiteland het die Nederlandse gewese
‘n gunstige ligging gehad. Hulle lê aan die see, min of meer in die middel van Wes-Europa. Die weg van
Engeland (aan hul westekant) na Duitsland (aan hul oostekant) gaan naby hul kuste verby; en die weg
van Frankryk, Spanje en Portugal, in die suide, na die Skandinawiese lande en die Oossee-lande, in die
noorde, gaan eweneens daarlangs. Die Nederlande lê dus ongeveer op die kruispunt van hierdie groot
handelsweë. Hulle is ook binne maklike bereik – selfs vir die dae van seilskepe – van die meeste Wes-
Europese lande: in gunstige weer k on ‘n mens in ‘n paar uur na die naaste Engelse en Franse hawens
vaar, in ses dae na Denemarke, in tien dae na Spanje en Portugal. As ons hierby in aanmerking neem
dat die Nederlande, deurdat die see op baie plekke diep die land in skiet, ‘n oorvloed van natuurlike
aanloopplekke vir skepe bied, dan hoef dit ons geensins te verwonder dat die inwoners hulle al heel
vroeg op handel en seevaart begin toelê het nie.
Ander faktore
Teen die einde van die Middeleeue, toe die Bourgondiese vorste in die meeste van die Nederlandse
geweste gesag gevoer het, het die swaartepunt van die handel nog in die suide gelê – in Vlaandere, waar
die stede Brugge en Gent tot bloei gekom het – en selfs nadat die Nederlande (in 1482) onder die
Oostenrykse huis gekom het, het dit nog ‘n ruk so gebly. Veral Brugge deur die see-arm die Zwin met die
see verbind en na aan die see geleë, het die groot koopstad geword, waar h andelaars en seevaarders
uit alle Wes-Europese lande en ander dele van die wêreld met mekaar in aanraking gekom en lewendig
sake gedoen het.
Met verloop van tyd het allerlei faktore egter ingetree wat eindelik tot die ondergang van Brugge gelei het.
Teen die end van di e 14de eeu het Brugge reeds gevoelige slae gekry toe Engeland finaal besluit het om
sy wol aan dié stad te onttrek en dit in sy eie besitting oorkant die Kanaal, Calais, te gaan verkoop; en toe
die Hanse, die groot Duitse organisasie van vragvaarders en koopliede, sy kantoor in Brugge opgehef en
dit na Dordrecht en Antwerpen oorgeplaas het. Gedurige twiste tussen Brugge en Gent het op die tot
agteruitgang van albei stede gelei. Daar het ook ernstige politieke woelinge in Brugge ontstaan – o.m.
opstande teen Maximiliaan van Oostenryk wat, ná die dood van sy eggenote, Maria van Bourgondië, in
1482 regent geword het.
Opkoms van Noord-Nederlande
Intussen was daar egter die groot faktor aan die werk waarteen die Bruggelinge niks vermag het nie, nl.
‘n natuurverskynsel, die versanding van die Zwin. Dit het langsaam gebeur, dog onverbiddelik. Eindelik is
die inham van Brugg toegesand en die groot handelsvaartuie kon die stad nie meer bereik nie.
Die mantel van Brugge het op Antwerpen geval. Hiervoor was daar goeie redes. Aan die breë bevaarbare
Schelde genestel, is Antwerpen met die oog op die handel besonder gunstig geleë. Die geweste van die
suide, veral Vlaandere en Brabant, het, soos gemeld, langs die Schelde hul vernaamste weg na die see
gehad. Die ander groot Nederlandse waterweg, die Maas, het nog nie veel konkurrensie vir die Schelde
opgelewer nie, want die Maas was nog baie onveilig en reisigers is daar deur rowers dikwels heeltemal
uitgeskud.
Intussen het stede van die Noordelike Nederlande ook opgang gemaak. Hoewel ons hier in die noorde
met die sewe provinsies Holland, Seeland, Utrecht, Friesland, Groningen, Overysel en Gelderland te
doen het – die provinsies wat in 1579 die Unie van Utrecht gesluit en daarmee in werklikheid die
Nederlandse Republiek in die lewe geroep het – is die eerste twee, Holland en Seeland, tog van die
meeste belang, omdat hulle op handelsgebied die grootste rol gespeel en in die algemeen in die noorde
die leiding gegee het. Dit is dan ook die groot handelstad van die provinsie Holland, Amsterdam aan die
Y, wat bestem was om die vernaamste konkurrent van Antwerpen te word en eindelik op sy beurt die
mantel van die Suid-Nederlandse koopstad om te hang.
Opbloei van Amsterdam
Die opkoms en bloei van Amsterdam was geensins plotseling of onverwags nie, aangesien die
Amsterdammers al vroeg besondere blyke van ondernemingsgees en deursettingsvermoë aan die dag
gelê het. Aan die end van die 15de eeu het die Amsterdammers, ofskoon Amsterdag van die 15de eeu
nog glad nie met die magtige koopstad van die 17de eeu vergelyk kon word nie, ‘n uitgebreide en
lewendige handel gedryf: na die ooste en noorde – met Pruise, Lyfland, Denemarke, Swede, Noorweë,
Holstein en Oos-Friesland – en na die weste en suide – met Brabant en Vlaandere, Engeland, Skotland,
Frankryk en Spanje. Daarby was Amsterdag vir die Noord-Nederlandse geweste toe ook reeds ‘n
vername middelpunt vir die koring- en lakenhandel. Soos die Noordelike Nederlande vooruitgegaan het,
het ook Amsterdam, wie se opkoms as die barometer beskou kan word, opgang gemaak.
Die Amsterdamse stadsbestuur het ook nie stilgesit nie: deur besondere wetgewing het hy
handelsbedrywighede na die stad gelok en daar gekonsentreer. Amsterdam het toe die kwaaiste
mededinger van Antwerpen geword.
Invloed van die oorlog teen Spanje
Die segepraal van Amsterdam, wat die hoogwatermerk van die Nederlandse handelsbloei aandui, is
egter baie nou met staatkundige faktore verbonde, t.w. die Tagtigjarige Oorlog en gebeurtenisse in
verband daarmee. Die woelinge wat op die Tagtigjarige Oorlog van die Calvinistiese Nederlanders teen
die Rooms-Katolieke Spanjaarde sou uitloop, het in die jare 1566 en 1567 begin. Met die pronkleër het
die Hertog van Alva weldra, in opdrag sy koning, Filips II, wat tegelyk koning van Spanje en heer van die
Nederlande was, uitgetrek om die ketterse Nederlanders gedug te straf. Die Suidelike Nederlande is met
verloop van tyd deur die Spanjaarde onderwerp, maar die sewe noordelike provinsies, wat deur die Unie
van Utrecht in ‘n verbond saamgevoeg was om die oorlog voort te sit, het dapper en vasberade teen die
Spaanse oormag voortgeveg. Veral Holland en Seeland, wat vrye toegang tot die see gehad het, oor ‘n
sterk seemag beskik het en bowendien deur hul stelsel van kanale en ander waterweë beskerm was, het
met ‘n kragtige verset na vore getree en die Spaanse aanvallers gou laat sien dat hulle dit hier met ander
opposisie as in die suide te doen het.
Oorlogtoestande is gewoonlik nadelig vir handelsvooruitgang en ekonomiese bloei, veral dié van die
swakker party, maar in die heldestryd van die Nederlanders het die teenoorgestelde gebeur. Die
Nederlanders het in werklikheid i n dié tyd op stoflike gebied, ofskoon daar tydelike terugslae was, met
rasse skredes vooruitgegaan.
Verskuiwing van swaartepunt na noorde
Die Spaanse verowering van die suide, wat met die inname van Antwerpen in 1585 ‘n voldonge feit
geword het, het tot gevolg gehad dat talle koopliede,fabrikante, geldskieters en seevaarders daar soos
skepe op die droë bly lê het, want onder die Spaanse oorheersing was daar vir hul ondernemingsgees
geen ruimte nie. Die feit dat die Geuse onmiddellik n á Alva se inname van Antwerpen die Schelde-mond
gesluit het, het nog meer daartoe bygedra om stilstand en agteruitgang op ekonomiese gebied in die
suide teweeg te bring. Vir wakker, ondernemende mense in die suide was daar net één uitweg: hulle
moes wegkom na nuwe tuistes, waar hulle welkom sou wees en waar hulle vry en onbelemmerd hul
bedrywighede kon voortsit. Begryplikerwys het hulle veral na die noordelike geweste gegaan, en
daaronder vernaamlik Holland en Seeland, waar bloeiende stede, soos Amsterdam en Middelburg,
geskikte toevlugsoorde was. Aldus het die noorde van die allerbeste elemente uit die suide opgeneem.
Beheer oor distribusiehandel en kusvaart
Voorts was daar die sonderlinge verskynsel van handel met die vyand, wat in die vroeë jare van die
Tagtigjarige Oorlog taamlik uitgebreid was, Reeds voor die oorleg het die Nederlanders koring uit die
Oossee-lande na Spanje en Portugal gebring, en daar Wes- en Oos-Indiese ware, asook ander artikels in
ruil daarvoor geneem. ‘n Mens sou nou verwag dat die Nederlanders se handel met Spanje ná die
uitbreek van die oorlog beëindig sou word, en dat ook hul handel met Portugal – nadat Portugal in 1580
deur Spanje geannekseer was – tot stilstand sou kom. Dit het egter nie gebeur nie: die handel is wel
enigsins gestrem, maar nòg van Spaanse nòg van Nederlandse kant is dit stopgesit. Die Nederlandse
regeerders en koopliede het dit laat voortgaan, omdat hulle daardeur goeie inkomste verkry het, en hulle
immers alle bronne van inkomste nodig gehad het om die stryd teen Spanje voort te sit. Filips II van
Spanje het hom aanvanklik nie met die handel ingelaat nie, omdat hy besef het dat belemmering daarvan
hongersnood in Spanje en Portugal sou veroorsaak. Aldus het die Nederlanders gehelp om die vyand te
voed, maar daardeur weer goeie winste gemaak, wat hulle aangewend het om dieselfde vyand te beveg!
Houding van Spanje
Dit spreek egter vanself dat Spanje die Nederlandse handelaars in die Spaanse en Portugese hawens
sou duld net so lank Spanje van die Nederlanders afhanklik was en self nog nie genoeg skepe gehad het
om die koring uit die noordooste aan te voer nie. Ná die anneksasie van Portugal het Spanje ook oor die
Portugese skepe beheer verkry en Filips II het daaraan gedink om toe te slaan en op alle Nederlandse
skepe in Spaanse en Portugese hawens beslag te lê. Met die uitvoering van so ‘n plan moes hy egter
uitermate versigtig wees: die Spaanse skepe het veral op die Spaanse besittinge in die weste, soos
Mexiko en Peru, gevaar en die Portugese skepe is steeds veral in die vaart op Oos-Indië gebruik. Waar
sou die honderde koringskepe dan vandaan moet kom? Eers ná die moord op Willem die Swyger in 1584
en tydens die uitsending van die sg. Onoorwinklike Spaanse Armada (1588) het Filips II strenger teen die
Nederlandse handelaars begin optree. Hul handel in Spaanse en Portugese hawens is bemoeilik en
herhaaldelik is op Nederlandse skepe beslag gelê. Die Nederlanders het egter geweet hoe om die woede
van die Spaanse vors te ontglip en selfs vir gelede verliese deels te vergoed: onder vreemde name en
vlae het hulle na die Iberiese hawens gevaar en in 1590 ook hul koringhandel na die Middellandse See
uitgebrei, deur die Italiaanse hawens Napels, Genua en Venesië te besoek.
Tagtigjarige Oorlog bevorder handel op die duur
Ook die afsluiting van die Tagtigjarige Oorlog het die Nederlandse handel regstreeks gunstig beïnvloed.
By die Vrede van Munster in 1648 het die Nederlanders hul stryd met welslae beëindig en het dieRepubliek van die Verenigde Nederlande, vry op sowel godsdienstig as staatkundige gebied, algemene erkenning verwerf. Die Nederlanders wou egter daarvan seker wees dat hul handelsbloei nie weer uit die suide bedreig sou word nie, en het dus toegesien dat ‘n artikel in die verdrag ingevoeg is waarvolgens die Schelde vir die handel gesluit is. Die groot waterweg van die Suidelike Nederlande sou nie weer konkurrensie vir hulle meebing nie, en Antwerpen is as handelsmetropool finaal deur Amsterdam vervang.
Vissery se rol
Tot die opkoms van die Nederlandse handel het ook die vissery sy deel bygedra. Die Nederlandse riviere
en kuste was ryk aan kabeljou, salm, skelvis en njog verskeie ander soorte, wat saamklike, gesonde
voedsel uitmaak. Daarom is dit nie vreemd nie dat die Nederlanders hulle al baie vroeg op die vissery
gaan toelê het. Hulle het hulle ook weldra nie meer tot eie waters beperk nie. Reeds voor die begin van
die 13de eeu het die burgers van Kampen en Harderwijk die voorreg verwerf om langs die suidkus van
Skandinawië te gaan visvang terwyl Hollandse, Seeuse en Friese vissers in 1285 van koning Eduard I
van Engeland dieselfde voorreg in Engelse waters ontvang het. Vaarte só ver uit eie waters was veral op
die haringvangs – die vernaamste en betekenisvolste vertakking van die Nederlandse vissery –
toegespits.
Die vissery het nie slegs aan die volk voedsel gegee, aan duisende werk verskaf en ‘n kosbare
uitvoerartikel opgelewer nie; dit het ook bevrugtend op baie ander bedrywe ingewerk. Die skeepsbou het
daardeur ‘n kragtige stoot gekry en tot opbloei gekom, want daar moes skepe wees vir die vangs van vis
en weer skepe vir die uitvoer daarvan. Die brei van nette en die vervaardiging van yster- en houttoerustig
vir die visvangs het oral toegeneem. In die southandel het daar ‘n geweldige uitbreiding gekom. In dié
verband ht die soutsiedery ook groot opgang gemaak.
Die bewerking van die haring en ander vissoorte, en die sout van bottter (wat die Nederlande in groot
hoeveelhde geproduseer het) het baie sout vereis. Namate die haringhandel uitgebrei het, het ook die
vraag na sout gestyg. Hierdie artikel het die Nederlanders in Frankryk en Spanje gaan haal, en
begryplikerwys het die stede Hoorn en Enkhuizen aan die spits van die soutaanvoer gestaan. Maar die
growwe sou kon nie sonder meer gebruik word nie: dis moes gekook en verfyn word. So het ‘n menigte
soutsiederye ontstaan. Vol ondernemingsgees het die Nederlanders die soutsiedery egter buite die enge
perke van ‘n newebedryf van die vissery en die suiwelbedryf ontwikkel. Gou het hulle baie meer sout as
wat hulle self nodig gehad het, gaan haal en meer verfyn. Die oorskot het hulle in die buiteland verkoop.
Die vissery het eindelik ook daartoe meegewerk dat ‘n groot en geoefende seevarende bevolking
ontstaan het. Die feit dat in die begin van die 17de eeu die haringvaart alleen ruim twintigduisend
seeliede besig gehou het, gee ‘n mens al ‘n indruk hiervan. In sulke omstandighede sou daar matrose
beskikbaar wees vir die handelsvlote van die Europese waters, en later ook vir die handelsvlote wat oor
die oseane sou vaar.
Vragvaarders
Die volgende faktor is die vragvaart of tussenhandel. Met die oog op hul gunstige ligging is dit seker nie
vreemd dat die Nederlande die vragvaarders van Europa geword het nie. Maar hieroor bestaan daar
twens ‘n ander belangrike rede, nl. die verbreiding van die natuurlike produkte van die Europese lande.
Dit is byna asof die natuur Europa, na die aard van sy produkte, in noordelike en suidelike helftes verdeel
het: die lande van die noorde en noordooste, t.w. die Skandinawiese en die Oossee-lande, het veral
artikels soos graan en hout opgelewer; en die lande van die suide en suidweste, soos Frankryk, Spanje
en Portugal, weer vernaamloik win, olie en sout. Die een deel het dus nodig gehad wat die ander
voortgebring het, en vir ondernemende vragvaarders was daar besonder gunstige geleenthede.
Die Nederlanders het hierdie geleenthede onverskrokke en naarstig benut. In die tweede helfte van die
16de eeu, toe die tussenhandel op sy hoogtepunt was, het hulle dit met fyn oorleg gedryf. Hulle vaar na
die noorde en noordooste, waar hulle graan en hout inneem. Hulle voorsien hulself; en die oorskot,
aangevul deur eie produkte soos vis, suiwelprodukte en tekstielware, gaan verkoop hulle in Frankryk,
Spanje en Portugal. Hier in die suide neem hulle wyn, olie en sout in; hulle voorsien in eie behoeftes en
met die oorskot, weer aangevul deur eie produkte, vaar hulle na die noorde, waar hulle dit van die hand
sit en dan weer eens die artikels van die noorde inneem. In hierdie handelsnet het hulle ook Engeland in
die weste betrek, waar hulle artikels van noord sowel as suid verkoop en waar hulle ook veral wol van die
talryke Engelse kuddes vir hul nywerhede ingeskeep het.
Dit is duidelik dat daar in die Nederlandse tussenvaart ‘n volledige sirkelgang was en, wat ook van die
allergrootste belang is, in die loop daarvan het die skepe nooit leeg gevaar nie. Tyd en skeepsruimte is
besonder ekonomies gebruik, en bygevolg kon die kapitaal wat die tussenvaart geverg het, die
maksimum aan resultate lewer.
Dit is ook duidelik dat die grondbeginsel van die Nederlandse tussenvaart die skeiding tussen noord en
suid was: noord en suid moes van mekaar afgesonder word, en slegs deur die tussenkoms van die
Nederlandse skepe moes hul goedere uitgeruil kon word. Immers, sodra noord en suid regstreeks handel
sou begin dryf, sou die Nederlandse tussenvaart tot niet gaan. Vandaar dat die Nederlandse koopliede
alle kragte in die werk gestel het om die skeiding te handhaaf, en ondanks groot gevare, voortgegaan het
met die aanvoer van koring na die hawens van die vyand, en daarvandaan weer artikels van die suide na
die noorde geneem het.
Portugese oorsese handel prikkel vragvaart
Die Portugese ontdekking van die seeweg na Indië aan die end van die 15de eeu het die waarde van die
Nederlandse tussenhandel nog aansienlik laat styg, want Oos-Indiese ware soos speserye,
edelgesteentes en sy, is na Lissabon gebring en het ‘n kosbare toevoeging tot die reeks van artikels
geblyk wat van die suide na die noorde gebring is. Die waarde van die tussenvaart is eweneens verhoog
deur die uitbreiding daarvan na Indië in 1590, want ten gevolge hiervan moes baie meer skepe in diens
gestel word, het die omset aanmerklik uitgebrei en is die winste vergroot.
Teen die end van die 16de eeu en begin van die 17de eeu het die tussenhandel een van die sluitstene
van die ekonomiese welvaart van die Nederlandse Republiek geword. Omstreeks 1587 het in één jaar
agthonderd skepe na die Oossee gevaar; 15 jaar later het hierdie vaart só toegeneem dat net soveel
skepe in drie dae van die vaarseisoen vertrek het. In 1591 het sowat 200 skepe koers gekies na Italië,
ses jaar daarna het in ‘n jaar uit Holland en Seeland alleen twee keer soveel na Italië vertrek. In die begin
van die 17de eeu het die Nederlandse vragvaart 30 000 seeliede – omtrent dubbel die getal wat
Engeland toe in diens gehad het – besig gehou.
Gesonde Nederlandse handelsbeleid
Uit die voorgaande, meer bepaald i.v.m. die handel op die vyand en die nousluitende samehang van die
tussenvaart, het al ‘n paar keer geblyk dat die Nederlanders hulle van ‘n verligte en verstandige
handelsbeleid bedien het. Dit is ‘n ander faktor wat geen geringe rol in hul handelsopkoms gespeel het
nie. Die grondbeginsel van hul handelsbeleid lê opgesluit in die éé woord: vryheid. In die Nederlandse
Republiek, waar in dié tyd meer burgervryheid as in enige ander land bestaan het, het die koopman niks
vuriger van sy regeerders begeer nie as dat hulle die handel onbelemmerd sou laat voortgaan.
Dit het by die Nederlanders ook nie net by vrome woorde en mooi teorieë gebly nie. Onder die geweste
onderling het daar geen diskriminerende tolle en belastings bestaan njie; koopliede en seevaarders uit
een gewes was in die hawens van ‘n ander net so vry soos die mense van dié gewes self. Die
vreemdelinge is ook nie aan swaarder belastings onderwerp as die Nederlandse koopman nie;
inteendeel, hy is aangelok deur hom dieselfde behandeling as die Nederlander te gee. En in die
Nederlandse hawens het die koopman, Nederlander of vreemdeling, weer laer tolle betaal en ruimer
vryheid geniet as in die buiteland.Guicciardini, die Italiaan, kon verklaar dat die vreemde koopman
nêrenster wêreld so vry was as in Nederland nie. Die strekking van die beleid is duidelik: koopliede, van
watter land of nasionaliteit ook al, moes soveel moontlik na die Nedelandse hawens aangelok word om
daar hul ware te bemark en daar ook weer die nodige aan te koop.
Teenstelling met ander handelslande
Hierdie vryheidsbeleid het uiteraard meegebring dat partikuliere inisiatief tot hoë ontwikkeling gekom het.
Die staat het nie regulerend of beperkend opgetree nie. In die Nederlande was daar inderdaad geen
eenheidstaat soos in Engeland of Frankryk of Spanje nie, maar ‘n statebond, ‘n federasie wat, behalwe
op militêre gebied, geen hegte eenheidsban gehad het nie. Nòg die State-Generaal nòg die Provinsiale
State het hulle egter met die handel ingelaat: die wakker, lewendige partikuliere ondernemingsgees kon
tot volle ontplooiing kom om ‘n gesonde grondslag vir die Nederlandse handelswelvaart te lê.
Spanje en Portugal
Van vryheid, soos dit in die Nederlandse handel erken en prakties toegepas is, het die ander lande van
Europa destyds geen begrip gehad nie. In Spanje het die handel, veral die oorsese handel, onder talle
reglemente van die Kroon gestaan, en die Kroon het natuurlik tot eie voordeel die voowaardes vasgelê
waaronder partikuliere Spanjaarde in die handel op Spaanse kolonies kon deelneem. Die kosbaarste
artikels uit die Spaanse koloniale ryk, die edele metale uit Mexiko en Peru, het die Kroon met strengheid
vir homself opgeëis. In Portugal was die toestand min of mee dieselfde: die Kroon het hier, vóór 1640
altans, selfs nog meer as in Spanje in die handel ingegryp. Die groot skepe wat na Oos-Indië gevaar en
ryk belaai teruggekeer het, was almal koningskepe; die handel wat daar in die kosbare artikels gedryf is,
was koningshandel; die wins wat daar gemaak is, was koningswins.
Frankryk
In Frankryk het die regering talle beperkende maatreëls i.v.m. die handel getref, en onder die beleid van
sentralisasie en konsolidasie wat deur Richelieu begin en deur Mazarin, Colbert en Lodewyk XIV
voortgesit is, kon dit ook nie anders wees nie. Die bepalinge het veral vir die koloniale handel gegeld. Die
handel van Kanada is bv. eers onder allerlei voorwaardes aan maatskappye toegeken; maar Lodewyk
XIV , wat daar meer onmiddellike voordeel uit wou haal, het dit in 1663 weer regstreeks onder die Kroon
gebring.
Engeland
In Engeland, waar in die handel wel heelwat ruimte vir partikuliere inisiatief was, en waar die partikuliere
inisiatief inderdaad sterk opgekom het, het dit weldra nie aan ernstige beperkinge m.b.t. die koloniale
handel ontbreek nie: Virginië is bv. reeds in die tyd van die vroeë Stuarts beveel om sy tabak net na
Engeland uit te voer en daarby uitsluitend Engelse skepe te gebruik. Hierdie beleid is, soos uit die
Skeepsvaarwette oorvloedig blyk, onder Cromwell en die latere Stuarts nog verder, en strenger,
toegepas.
Geen staatsinmenging nie
In Spanje, Portugal, Frankryk en hoewel in mindere mate, Engeland, is die handel van owerheidsweë
streng gereguleer en beperk. Hierdie regulering en beperking was eers en veral die resultaat van die
merkantilistiese denkbeelde wat in die 16de en 17de eeu in Europa hoogty gevier het, en waarvolgens
o.m. geglo is dat ‘n staat krag en invloed kon verkry deur die handel en ander bronne van stoflike
welvaart regstreeks tot sy eie voordeel in te span. In die Nederlande het hierdie opvatting, vanweë die
afwesigheid van hegte eenheid in die staat en ook vanweë die sterk tradisie van handelsvryheid, nie so
maklik ingang gevind nie. Maar ook het daar in die bestuurskolleges van die land, die State-generaal, die
Provinsiale State en die stedelike besture, die vroedskappe, merendeels manne uit die regentekringe, d.i.
die ryk handelsaristokrasie van die stede, gesit; en van hulle kan ‘n mens verwag dat hulle steeds die
welvaart van die handel op die hart sou dra. Hulle het vasgehou aan die beginsel van vryheid en die
handel nie tot diensmaagd van politieke mag en aansien gemaak nie. Aldus kon hulle ‘n handelsbeleid
opbou wat sy tyd beslis ver vooruit was.
Hierdie verstandige handelsbeleid kon die Nederlanders met welslae uitvoer, omdat hulle oor hul eie vloot
en kapitaal beskik het. Dit was ‘n vername voordeel wat die Noord-Nederlanders bo die Suid-
Nederlanders gehad het. Hoewel eers Brugge en toe Antwerpen vername handelstede was, het die
inwoners van hierdie stede self maar min aan skeepvaart en handel deelgeneem. Hulle het wel hul eie
produkte op hul markte verkoop, en hulle het ook na Calais gevaar om daar Engelse wol in te neem,
maar die duisende skepe wat Brugge en Antwerpen besoek het, het nie in die eerste plaas aan die
Bruggelinge en die Antwerpenaars behoort nie: die oorgrote meerderheid was die eiendom van
vreemdelinge, van wie die stede gewemel het, veral Italiane en Spanjaarde uit die suide en koopliede uit
die Hansestede in die noorde. Die inwoners van Brugge en Antwerpen was hoogs tevrede daarmee dat
mense uit alle oorde op hulo markte kom koop en verkoop; hulle het nie self na verre lande gevaar om
handel te dryf nie. Dit was egter ‘n ernstige swakheid aan hulle kant, wat dit het beteken dat hulle van die
vreemdelinge afhanklik was, endat hul handelsbloei grotendeels kunsmatig was.
Nederlandse handelsvloot
Heel anders was dit met die Noord-Nederlanders. Aan die end van die 16de eeu het hulle, soos gesien
het, ‘n groot menigte skepe besit, selfs veel meer as Engeland en Franrkyk, endaarmee het hulle ‘n
verskeidenheid van ware na hul eie en oook vreemde hawens gebring. Hulle het nie op die vreemdeling
gewag nie: hulle het self uitgegaan, en die vreemdeling het, vanweë die handelsgeleenthede in hul
hawens, agterna gekom. So was daar onder die talle skepe in die Noord-Nederlandse hawens wel baie
vreemde skepe, maar verreweg die meeste het aan die inwoners van die Republiek behoort. Die Noord-
Nederlandse handel het dus op eie wieke gedryf. Die vreemdeling het dit aangehelp, maar dit nie
teweggebring nie.
Maar waar het die Nederlanders aan al die skepe gekom? Ondernemende mense soos hulle was, was
hulle nie tevrede om daarvoor van ander afhanklik te wees nie. Hulle het self ‘n bloeiende
skeepsboubedryf opgebou. Hiermee het hulle egter voor ‘n moeilik taak te staan gekom, want die
skeepstimmerhout wat die land self opgelewer het, was teen die 16de en 17de eeu lankal verbruik. Die
vragvaart het egter die oplossing gebring: in die Oosseelande en aan die kuste van Noorweë het die
vragvaarders die onmisbare grondstof gaan haal en swaar belaai teruggekeer.
Die ingevoerde hout moes eers gesaag en behoorlik gefatsoeneer word voordat dit vir gebruik geskik
was, en daaraan alleen was al enorm baie werk verbonde. ‘n Belangrike stap in dié verband was die
uitvinding van die houtsaagmeul deur ‘n kundige inwoner van Wes-Friesland aan die end van die 16de
eeu, waardeur hierdie werk veel vinniger en makliker gedoen kon word. Weldra is by Zaandam, nie ver
van Amsterdam nie, die eerste saagmeule gebou, wat spoedig deur honderde ander op die oewers van
die Zaan gevolg sou word. By die saagmeulens is weer die skeepstimmerwerwe opgerig, sodat die Zaan
die vernaamste middelpunt van die houtsaery, die houtkopery en die skeepsbou in die Nederlandse
Republiek geword het. Só beroemd het die Zaan met sy bedrywe geword dat nie slegs Nederlanders nie,
maar ook Franse, Engelse, Swede en Duitsers hier hout laat saag en skepe laat bou het. Omtreeks 1640
het Hugo de Groot geskat dat in die Hollandse skeepswwerwe nie minder nie as tweeduisend skepe
jaarliks gebou is.
Skeepsbou ook “vry”
Die vryheidsgedagte,wat in die Nederlandse handel so sterk tot uiting gekom het, is ook in die skeepsbou
gehandhaaf. Terwyl in ander lande, soos Engeland, Frankryk en Spanje, baie voorskrifte en beperkinge
i.v.m. die skeepsbou was, het die Republiek vryheid bestaan; en terwyl in ander lande skepe veral só
gebou moes word dat hulle vir oorlog sowel as handel diens kon doen, het die Nederlanders hierdie
vermenging van politieke en kommersiële motiewe vir die skeepsbou nie geduld nie. Oorlogskepe is
gebou vir oorlog en handelskepe vir die handel. En terwyl daar by die Nederlanders vryheid bestaan het,
het inisiatief en oorleg in hul skeepsbou ook sterker tot uiting gekom as in dié van ander volke. Hul strewe
was om die skeepsruimte van hul handelskepe te vermeerder, om die snelheid te verhoog en die
diepgang te verminder.
Sulke oorweginge het daartoe gelei dat omstreeks 1590 ‘n nuwe soort vaartuig gebou is, veel langer en
smaller as wat voorheen die gebruik was. So revolusionêr was die verandering dat mense met die
vreemde nuwe vaartuie gespot het, maar in die praktyk het hulle hul slag gewys sodat hulle spoedig geen
nuwigheid meer was nie, en aan die begin van die 17de eeu het die Nederlanders die beste handelskepe
in Europa gehad. Selfs sir Walter Raleigh, die Engelsman wat seker weinig liefde vir sy Nederlandse
konkurrente gehad het,moes met lof van hul handelskepe praat.
Die geweldige uitbreiding van die haringvangs en die tussenhandel het ‘n reusagtige uitbreiding van die
skeepsbou meegebring. Die uitbreiding van die skeepsbou het weer op sy beurt bevrugtend op maritieme
bedrywighede, met name die haringvangs en die tussenhandel, ingewerk. Die skeepsbou wat ‘n baie
ingewikkelde bedryf is, het ook die verwerking van yster en koper en die vervaardiging van toue, nette,
vate, seeboeie, ens.,sterk laat toeneem. Die skeepsbou, met alles wat daarmee gepaard gegaan het, het
dus die handel in hoë mate gedien, en bowendien aan ‘n groot menigte mense ‘n heenkome besorg.(1)
(1)Sien i.v.m.die skeepsbou verder De Jonge, Geschienis van het Nederlandsche Zeewezen, I pp. 270-
273 en 387-388. Soos opgemerk sal word, hou De Jonge hom egter hoofsaaklik met die oorlogseewese
besig.
Tekstielnywerheid
‘n Bedryf wat ná die skeepsbou die aandag verdien, is die tekstielnywerheid, wat sowel in die Noordelike
as in die Suidelike Nederlande ‘n ou bedryf was. In die laat Middeleeue het die lakenwewery reeds in
Leiden, Dordrecht en Middelburg geblou, maar dit was eintlik veral in die Suidelike Nederlande, die
geweste Vlaandere en Brabant, dat die tekstielbedryf groot opgang gemaak het. Vlaamse en Brabantse
laken en linne het oor die hele Europa beroemd geword, en tereg, want die fynheid daarvan was
ongeëwenaard.
Die Spaanse verowering van die Suide, en veral die val van Antwerpen, het tot gevolg gehad dat ook die
laken- en linnewewery grotendeels saam met die emigrante uit die Suide na die Noorde verhuis het. Die
lakenfabrikante het hulle meestal in Leiden gaan vestig, terwyl die linnewewers aan Haarlem die voorkeur
gegee het. In die Republiek, en vernaamlik in hierdie twee stede, het die tekstielbedryf ‘n buitengewone
ontwikkelingspeil bereik en, danksy die ballinge uit die Suide, het die Republiek die roem van die
Vlaamse en Brabantse wewerye ingeoes. Laken en linne van die allerbeste en fynste soorte het kosbare
artikels van binnelandse en buitelandse handel geword.
Herwinning van grond
Namate die boerdery, landbou sowel as veeteelt, uitgebrei het, het die waarde van grond gestyg en is
daar ook, soos in ‘n klein land wat aan oorstroming blootstaan, te verwagte is, meer en meer moeite
gedoen om land in te dyk en droog te lê. In hierdie werk het die Hollanders al baie vroeg bedrewe geraak.
In later jare het die waterkering, indyking en herwinning van grond onverpoos voortgegaan, sodat die
oppervlakte van Wes-Friesland (die noordelike deel van die provinsie Holland) en Seeland byna
onherkenbaar verander het. Op dié wyse is nuwe landerye vir boerdery beskikbaar gestel en het die
plattelandse bevolking aansienlik toegeneem.
Bloeiende suiwelbedryf
Deur die boerdery is ‘n verskeidenheid van lewensmiddele, soos graan, groente, slagvee, kaas en botter,
ter voeding van die volk geproduseer. Die waarde en blang van die suiwelprodukte het egter ver buite die
perke van die binnelandse handel en verbruik uitgegroei. Die Nederlanders, wat ywerige en bekwame
bewerkers van kaas en botter was, het hulle met erns op die suiwelproduksie toegelê en dit tot ‘ n fyn
kuns ontwikkel. Hulle begin bo eie behoefte produseer en voer suiwelprodukte uit. So het die roem en die
smaak van hul kaas en botter oor die hele Europa versprei en het hierdie produkte ‘n vername plek onder
hul uitvoerartikels ingeneem.
Nederlandse patriotisme
Naas alles moet nog ‘n groot allesdeuyrdringende faktor in aanmerking geneem word, nl. die gevoel van
jeugdige en lewendige patriotisme, wat hom teen die end van die 16de en in die 17de eeu van die
Nederlanders meester gemaak het. Die langdurige stryd om die handhawing van hul tradisionele
staatkundige regte en om godsdiensvryheid net ná die mislukking van die Pasifikasie van Gent beperk
geraak tot die sewe noordelike geweste. Toe hulle in 1579 die Unie van Utrecht gesluit het, het hulle die
oog nog meer op ‘n militêre verbond ter wille van godsdiensvryheid as op ‘n staatkundige verbond ter
wille van staatkundige vryheid gehad. Maar die Unie het die gedagte van staatkundige vryheid laat ryp
word en die weg tot verwesenliking daarvan aangewys. Twee jaar ná die stigting van die Unie het die
Nederlanders reeds die Spaanse gesag verwerp en onomwonde hul staatkundige onafhanklikheid
verbondig. Die reglement van die Unie van Utrecht, wat oorspronklik hoofsaaklik as ‘n reglement vir
militêre samewerking bedoel was, het die grondwet van die Republiek geword. Die oorlog was toe in elke
sin van die woord ‘ n vryheidoorlog. Die Nederlanders het steeds sterker nasionaal gevoel en gehandel,
en hulle het die oorlog voortgesit tot ‘n triomfantlike einde, die Vrede van Munster in 1648, toe die
Republliek van die Verenigde Nederlande deur vriend en vyand erken is. Die Nederlandse
vaderlandsliefde het geseëvier. Dit kon nou groot en nuwe bane opgaan.
Stoflike magsmiddele
Vaderlandsliefde, hoe loflik en sterk dit as sodanig ook al mag wees, kan egter in sware stryd nie seëvier
as dit nie op stoflike gebied deur magsmiddele gedien word nie. Die Nederlandse patriotisme is wel deur
sulke magsmiddele gedien: manskappe, krygstuig en oorlogskepe, maar die vernaamste was seker die
handel. Dit was patriotisme wat die Nederlanders hul handel op berekende wyse laat voed en uitbrei het,
want die handel het, soos opgemerk is, die geld vir die stryd opgelewer, en sonder die stryd kon hulle nie
die hoogtepunt van hul patriotisme bereik nie. Sonder daardie ontluikende onweerstaanbare gevoel van
vaderlandsliefde is die Nederlandse handelsbloei van die 17de eeu ondenkbaar.
Gebrek aan konkurrensie
Uit al die genoemde faktore is dit duidelik dat die Nederlanders onverskrokkenheid, deursettingsvermoë
en ondernemingsgees van die hoogste gehalte aan die dag gelê het. Maar tog ook was die
omstandighede vir hulle gunstig in soverre hulle, in hul handelsbedrywigheid, in dié tyd met betreklik min
konkurrensie te doen gekry het. Die ster van Venesië en die ander Italiaanse stede, wat in die laat
Middeleeue die Oos-Indiese ware uit die Levant-hawens na Europa vervoer en aldus ‘n bloeiende
handelsvaart opgebou het, het reeds ondergegaan, want die Portugese het regstreeks na die Ooste
gevaar en die handelsweg na die Antlantiese en die Indiese Oseaan verlê. Die Hanse, in sy tyd die
magtigste vragvaardersorganisasie in Europa, was oud en afgeleef. Daar was onderlinge twiste. En met
die val van Antwerpen en die sluiting van die Schelde het die Hanse bowendien een van die
allervernaamste sterktes in Wes-Wuropa verloor.
Iberiese volke
Die Iberiese volke het, wat skeepvaart en handel in Europese waters betref, ook agter geraak. Portugal,
wat in die loop van die 16de eeu sonder sorg en op sy gemak sy winsgewende monopolie in die Oos-
Indiese handel kon eksploiteer, het, toe hy vroeg in die volgende eeu met ernstige mededingers te doen
kry, met sy verouderde skepe en korrupte administrasie gou uitgesak. Spanje het weer net vir sy kolonies
in die Nuwe Wêreld tyd enaandaggehad.Die goud ensilwer van Mexiko en Peru was, veral in die tyd van
die merkantilisme, toe daar so ‘n oordrewe waarde aan klinkende munt geheg is, vir die Spanjaarde
veelmeer werd as die vaart in Europese waters.
Duitsland, Frankryk en Engeland
Dan was daar nog Duitsland, Frankryk en Engeland. Duitsland kan buite rekening gelaat word, want hy
was nog swak en versnipperd, en het bowendien van 1618 tot 1648 die vreeslike Dertigjarige Oorlog
deurgemaak, want ontsettende gevolge gehad het: meer as een derde van die bevolking het omgekom
en dit sou ruim ‘n eeu duur voordat Duitsland hom aan die ellende kon ontworstel. Frankryk was
gedurende ‘n groot gedeelte van die 16de eeu die terrein van bloedige godsdiensoorloë. In die tweede
helfte van die 17de eeu – d.i. in die tyd van Colbert en Lodewyk XIV – sou Frankryk eers weer sterk na
buite optree en sou die Franse seemag en handel ook weer vooruitgaan.
Met Engeland was dit enigsins anders gesteld. In die tyd van koningin Elizabeth (1558-1603) het
Engeland ‘n bloeityd beleef, en het o.m. die handel en seevaart toe baie sterk opgekom. Ofskoon die
Nederlanders in hierdie tyd baie meer handelskepe gehad het as die Engelse, en ook ‘n veel uitgebreider
handel gedrywe het, moes hulle nitemin met Engelse mededinging deeglik rekening hou.
In die halwe eeu van binnelandse stryd onder die vroeë Stuarts het skeepvaart en handel egter in verval
geraak, sodat die Nederlanders in dié tyd ten minste, weinig van Engelse konkurrensie te vrees gehad
het.
Oor die algemeen was die eeu van omstreeks 1550-1650, d.i. die tyd waarin die Nederlande hul grootste
en vinnigste handelsvoooruitgang belewe het, vir hulle beslis ‘n gunstige tyd. ‘n Mens sou die betreklike
afwesigheid van konkurrensie nie as die enigste of self vernaamste rede vir hul handelsbloei beskou nie,
maar dis nietemin ‘n feit dat hulle, met al die ander faktore in hul guns, juis vir so ‘n tyd des te vinniger en
beslister na vore kon tree.
Nederlandse handel en vragvaart brei uit
Solank dit met die Nederlanders se handel in Europa goed gegegaan, hul vragvaart en handel gebloei en
hulle goeie winste daaruit gemaak het, het hulle hul nie daaroor bekommer om verre seereise te
onderneem en aansienlike risiko’s te loop nie. Toe dit, ná die moord op Willem die Swyger, en veral
tydens en ná die groot Spaanse Armada, vir hulle vanweë herrhaalde beslaglegging op hul skepe, steeds
gevaarliker geword het om Spaanse en Portugese hawens binne te vaar, het hulle ondanks hul
grootskeepse smokkelhandel, met verloop van tyd enrstige verliese gely. Waar moes hulle genoeg sout
vandaan haal, en waar moes hulle met hul oorskot aan koring heen, as Spanje en Portugal vir hulle
gesluit word? Groot gevaar het gedreig: die sirkelgang in hul handel kon verstoor word, en hul bloeiende
tussenhandel kon ten gronde gaan. Teen die end van die 16de eeu het hulle hul verplig gevoel om nuwe
terreine te gaan soek. So het hulle in 1590 na die Middellande See, meer bepaald na Italië, koers gevat.
Nog voor die end van die eeu het hulle tot in die oostelike uithoeke van die Middellandse See
deurgedring en ook Konstantinopel en ander hawens in die Turkse Ryk begin besoek. Verder het hulle na
die Kaap-Verdiese Eilande, ook bekend as die Souteilande, gevaar. Dit was h ul behoefte aan sout, en
die feit dat hulle nie meer genoeg van dié artikel uit Spanje kon kry nie, wat hulle hierheen gedryf het. By
die Kaap-Verdiese Eilande aangeland, was die Nederlanders al vanself op die suidwaartse weg. Hulle het
ook verder gevaar, na Guinee (die Goudkus en Ivookus) en San Thomé – Portugese besittinge wat
eintlik vir hulle gesluit was, maar die Portugese was magteloos om hulle daar uit te hou.
In 1593 het Barent Erikszen die eerste reis na Guinee onderneem, en daarna het spoedig ‘n drukke,
winsgewende vaart gevolg. Die Nederlanders het hulle weldra ook nie meer tot die kus beperk nie, maar
die riviere gevolg en hul handelsbedrywighede ver na die binneland uitgebrei. Ten derde het hulle
noordwaarts gevaar, na die noorde van Europa. Hoewel Nederlandse skepe al in 1578 dié roete gevolg
het, was dit eintlik eers sowat vyftien tot twintig jaar later dat die Nederlanders hulle met erns op hierdie
vaart toegelê en die Noord-Russiese handel grotendeels aan die Engelse ontruk het.
Hulle het ook aan die “Pas om den Noord” gedink. Dié roete, so het ds. Plancius e.a. sterk voorstanders
daarvan betoog, behoort moontlik te wees; dit sou vermoedelik korter wees as die roete van die
Portugese; en dit sou bowendien vry wees van Portugese en Spaanse konkurrensie. Verskeie
Nederlandse ekspedisies het uitgegaan om hierdie seeweg te soek: in 1594 die ekspedisie onder Willem
Barendsz; in 1595 dié onder Barendsz en Van Linschoten; en in 1596 dié onder De Ryp en Heemskerk.
Heemskerk, wat bygestaan is deur Barendsz, het op die eiland Nova Zembla oorwinter, maar in 1597
moes ook hy, net soos sy voorgangers, onverrigtersake terugkeer. Die “Pas om den Noord” het
herhaaldelik op die ysmassas van die Noordelike Yssee gestuit; dit was onprakties en sou later heeltemal
laat vaar word.
Na Suid-Amerika
Ten vierde het die Nederlanders gevaar na Brasilië in Suid-Amerika, ‘n Portugese gebied, waar die
Portugese ook tevergeefs getrag het om hulle uit te sluit. Dit was brasielhout, ‘n houtsoort waaraan
Brasilië sy naam ontleen en wat tot vervaardiging van kleurstowwe en fyn meublement dien, en
vernaamlik ook weer die onmisbare sout, wat die Nederlanders in hierdie koers gestuur het. In die jare
1590-1593 het Nederlandse skepe Pernambuco op die oostelike punt van Brasilië besoek en daarna het
De Moucheron sy handel ook hierheen uitgebrei. So was die Nederlandse handel nie meer tot die seë
beperk nie; hulle het reeds die oseaan oorgesteek.
Planne vir vaart na Verre Ooste: die Kompanjie van Verre
Al die nuwe rigtings kon egter nog nie vergoed vir die verlliese wat die Nederlanders in Europa gely het
nie. Toe die 16de eeu na sy einde loop, het vooraanstaande Nederlandse koopliede en staatsliede
ingesien dat hulle nie meer tevrede daarmee kon wees om net vragvaart en tussenvaart te beoefen en
oor die Atlantiese Oseaan na Brasilië te vaar nie; hulle moes regstreeks na die bron van die grootste
rykdomme gaan: na Oos-Indië met sy speserye en ander kosbare handelsartikels. Dit het beteken dat die
Nederlandse skepe vir veel langer togte ingerig moes word; dat die nodige kennis insake roetes en
handelsgebiede ingewin moes word; en dat veel meer kapitaal beskikbaar moes wees as waaroor die
individuele koopman kon beskik. Die terugkeer in die Republiek van manne soos Jan Huyghen van
Linschoten, Cornelis de Houtman en ander, wat lank òf in Portugal òf in die Ooste vertoef het, het
meegebring dat die noodsaaklike kennis verkry is, en dus het ‘n klompie ondernemende, avontuurlustige
Amsterdamse koopliede besluit om ‘n poging te waag: hulle stig ‘n maatskappy, die Kompanjie van Verre,
wat met hul verenigde kapitaal ‘n handelsekspedisie na die Ooste sou uitstuur.
Eerste ekspedisie na die Ooste
Op 2 April 1595 het die ekspedisie, wat uit vier skepe – die Hollandia, die Mauritius, die Amsterdammer
en die Duifken – bestaan het, “in den naeme des Heere” van Teksel uitgevaar. Sowat ses maande later,
op 7 Oktober, het die skepe in die baai van St. Augustyn aan die suidweskus van Madagaskar anker
gewerp – die eerste Nederlandse skepe wat om die Kaap van Goeie Hoop gevaar het. Twee maande het
hulle in die baai vertoef en eindelik op 23 Julie 1596 by Bantam op Java aangekom. Op 13 September is
die terugreis aanvaar en op 14 Augustus 1597 – d.w.s. ná byna 2-1/2 jaar – het hulle by Teksel
teruggekeer.
Die reis was in baie opsigte rampspoedig. Dit was die gevreesde skeurbuik wat die lang oponthoud in
Madagaskar veroorsaak het. In die loop van die reis het daar meer as 150 man omgekom – drie vyfdes
van die totale bemanning. Die Amsterdammer, een van die beste skepe van die vloot, het in die Ooste
onklaar geraak en was nie meer behoorlik seewaardig nie. Om te verhoed dat dit in die hande van die
Portugese val, en ook omdat daar nie meer ‘n bemanning vir die skip beskikbaar was nie, is dit verbrand.
Die honderd man wat met die orige skepe in Nederland teruggekeer het, het in hul moeë, uitgeteerde
liggame skaars genoeg krag gehad om die skepe te hanteer. Hoewel die vloot met ‘n redelike lading
speserye teruggekom het, het die ekspedisie so duur gekos dat die vraag ontstaan het om dit uit suiwer
finansiële oogpunt ‘n sukses was. Maar moreel was dit ‘n baie groot oorwinning. Die Nederlanders het
gesien dat hulle in staat was om self na die Verre Ooste te vaar, en hul ontsag vir die bekwaamheid van
die Portugese, wat blykbaar sonder veel moeite heen en weer gevaar het, het aansienlik gedaal. Met
beter voorbereiding, meer oorleg en meer ervaring sou die Nederlanders moontlik goeie winste kan
maak, miskien net so groot, of selfs groter, as die Portugese – wie weet? ‘n Groot nuwe veld is vir die
Nederlandse ondernemingsgees geopen.
Ander maatskappye
Daarom is dit nie vreemd nie dat die voorbeeld van die Kompanjie van Verre terstond veelvuldige
navolging gevind het. In Amsterdam is nog drie maatskappye gestig, in Rotterdam twee, in Seeland twee
en in Delft een. In 1598 het vir drie van hierdie maatskappye alleen al soveel as 28 groot skepe na Oos-
Indië gevaar, en in die volgende paar jaar het die handel nog buite alle perke uitgebrei. Maar intussen het
die winste onrusbarend begin daal, omdat die verskillende maatskappye genadeloos met mekaar
gewedywer het. Dit het by die inkoop in Oos-Indië, ‘n styging van inkoopspryse tot gevolg gehad en by
die verkoop in Europa weer ‘n daling van die verkoopspryse. Hierdie dubbele konkurrensie kon net één
uitkoms hê, nl. ‘n ernstig vermindering vand ie winste. Verskeie van die kleiner maatskappye, wat
finansieel nie baie sterk was nie, kon die stryd nie volhou nie en het bankrot gespeel, terwyl veral die
Hollandse en die Seeuse maatskappye, wat die grootste en sterkste was, mekaar met heftigheid bly
bestry het.
Gevare van konkurrensie
Die Nederlandse handel met Oos-Indië, wat enkele jare tevore nog so besonder veelbelowend gelyk het,
het toe in ernstige gevaar verkeer. Ingrypende stappe was nodig om dit te red. Dit het verskeie vérsiende
manne in die Republiek besef. Die State-Generaal het op vrome wyse raad gegee en vermaan. In die
Provinsiale State van Holland is ‘n verdeling van die Oos-Indiese handelsgebied onder die verskillende
maatskappye as ‘n oplossing aan die hand gedoen, maar dit was onpakties, omdat sekere Oos-Indiese
eilande soos Banda, Ambon, Ternate en Timor, tog by almal die voorkeur geniet het.Samesmelting van
die maatskappye en verlening van ‘n monopolie an ‘n groot, verénigde kompanjie was die enigste
oplossing. Dit het Oldenbarnevelt, landsadvokaat van Holland, en van sy invloedryke vriende ingesien.
Hierdie oplossing het hulle met groot erns bepleit, maar hulle het ‘n opdraande stryd gehad, want ‘n
monopolie het regstreeks teen die Nederlandse opvatting van handelsvryheid ingedruis. Oldenbarnevelt
het egter onverskrokke voet by stuk gehou en sy teenstanders in die State-Generaal deur ‘n politieke
argument probeer oortuig: ‘n groot, verénigde maatskappy sou ‘n kragtige, nuwe middel in die oorlog
wees; daardeur sou die Spanjaarde en die Portugese juis op hul gevoeligste plek, die handel, getref kan
word. Die teenstanders onder die koopliede het hy deur ‘n handelsargument probeer win: ‘n verénigde
maatskappy met ‘n monopolie in die Oos-Indiese handel sou die groots moontlike winste kan behaal.
Eindelik het hy die meeste van sy teenstanders oortuig: net De Moucheron e.a. koopliede van Seeland
het nog teëgestribbel, omdat hulle vir oorheersing van die kapitaalkragtiger stede van Holland gevrees
het. Oldenbarnevelt het egter die hulp ingeroep van die Stadhouer, prins Maurits, wat lid van die landadel
van Seeland was en groot ;invloed daar gehad het, en sodoende eindelik ook die Seeuse teenstand
oorkom. Die insigryke Hollandse landsadvokaat kon sy werk met sukses bekroon sien toe die State-
Generaal op 20 Maart 1602 ‘n oktrooi aan die Verenigde Nederlandse Geoktrooieerde Oos-Indiese
Kompanjie verleen het.(2)
(2)’n Interessante beskrywing van die stigtingsgeskiedenis van die Kompanjie is te vinde by Stapel,
Geschiedenis van Nederlandsch Indië, III, pp. 7-44
Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie gestig
Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie is op federale grondslag georganiseer. Die sentrale bestuur,
Here XVII, bestaande uit verteenwoordigers van die ses Kamers van die Kompanjie, het die hoogste mag
besit, terwyl die plaaslike besture, die direksies van die Kamers, oor plaaslike magte beskik en tewens as
uitvoerende liggame vir Here XVII gedien het. By uitsluiting van alle ander Nederlanders het die
Kompanjie ‘n monopolie gekry van die handel in die gebied van die Kaap die Goeie Hoop ooswaarts tot
by die Straat Magellaan – d.w.s. in die hele gebied van die Indiese en die Stille Oseaan. Met ‘n kapitaal
van 6-1/2 miljoen gulden het die Kokmpanjie sy werk begin. Hiermee is die Nederlandse handel in die
Ooste ná baie onderhandelinge en moeite op ‘n grondslag geplaas waarop dit tot 1798 – dus byna twee
eeue lank – sou bly berus.(3)
(3)Die oktrooi van die Kompanjie, wat die besonderhede van sy organisasie in die moederland aantoon,
is te vinde by Cau, Groot Placaet-Boeck, I, pp. 529-538; en Valentyn, Bschrijving van Oud en Nieuw
Oost-Indien, I, 1ste stuk, pp. 186-191
Skepe van die Kompanjie het van die begin af hoofsaaklik die eilande besoek waar speserye
geproduseer word, nl. Ambon en Banda en die kleiner Molukke. Hier is die Portugese verdryf. In 1609 is
‘n vaste sentrale bestuur in Oos-Indië in die lewe geroep: die Goewerneur-Generaal en sy Raad van Indië
tesame bekend as die Hoë Regering van Indië. Die Hoë Regering het aanvanklik geen vaste setel gehad
nie, maar Jan Pieterszoon Coen, die groot Nederlandse ryksbouer in die Ooste, het die Engelse in 1619
uit Djakarta op die eiland Java verjaag en op hierdie strategiese plek aan die Straat Soenda die
Nederlandse hoofkwartier, Batavia, gebou.
Behoefte aan ‘n halfweg-verversingspos
Die Kompanjie het van die begin af die behoefte aan ‘n geskikte verversingspos op die lang weg na Oos-
Indië sterk gevoel. Op die heenreis het die skepe dikwels by die suidpunt van Afrika vars water ingeneem
en op die terugvaart het hulle hulle gewoonlik by die eiland St. Helena ververs. Tot die stigting van ‘n
verversingspos aan die Kaap sou dit nie so gou kom nie. Teen die middel van die 17de eeu kon die
Kompanjie dit egter nie langer uitstel nie. Weens die roetes wat die Nederlanders gevolg het, was die
Kaap die enigste plek wat uitvarende sowel as tuisvarende skepe op die lang reis kon aandoen, en die
Kaap lê bowendien min of meer halfpad tussen Europa en Oos-Indië. St. Helena het sy waarde as
verversingspos grotendeels verloor, omdat die vee daar deels weggeslag en deels deur agtergelate
honde verskeur is. Diegeskiktheid van klimaat en bodemgesteldheid aan die Kaap is treffend deur die
skipbreukelinge van die Haarlem bewys. Daarby het die Engels-Nederlandse handelskonkurrensie nou
baie heftig geword en die Kompanjie moes wakker loop om nie deur die Engelse voorgespring te word
nie. Buitendien was die Nederlanders in die middel van hul Goue Eeu – dus juis die tyd toe hulle oorsese
bedrywighede met vertroue kon aanpak. Dit is dus glad nie vreemd dat die Kompanjie in hierdie tyd
besluit het om ‘n verversingspos aan die Kaap te stig nie.
Die onbekende bloei van die Nederlandse handel en ondernemingsgees in Europa het dus die stigting
van die Oos-Indiese Kompanjie tot regstreekse en die kolonisasie van die Kaap tot onregstreekse gevolg
gehad.
— — — oOo — — —