Coenraad Beyers, M.A., D.Phil, L.L.B
Die laaste 17 jaar van die bewind van die Kompanjie aan die Kaap is gekenmerk deur toenemende beroering onder die koloniste. Dit het uitdrukking gevind in die stuur van twee agtereenvolgende afvaardigings na Europa en die voorlegging van versoekskrifte, eerste aan die bewindhebbers van die Kompanjie en daarna aan die State-Generaal van Nederland. Dit het ook gelei tot die afskud van die gesag van die Kompanjie in twee buitedristrikte aan die Kaap.
Grondslae van die Kompanjiesbeleid
Met die maatreëls wat die Kompanjie getref het om ‘n einde aan die dwingelandy van Willem Adriaan van der Stel en sy amptenare te maak, en om die welsyn van die koloniste te bevorder, was hulle aanvanklik tevrede, maar daardie tevredenheid het later, toe die kolonie in die loop van die jare uitgebrei en die Kompanjie se beleid nie daarmee tred gehou het nie, heeltemal verdwyn. Ondanks die groot gebiedsuitbreiding in die 18de eeu was die Kaap in die oë van die Amsterdamse bewindhebbers en die amptenare aan die Kaap nog bloot ‘n verversingspos, en is dit as sodanig behandel, met die bewoners se belange ondergeskik aan die ekonomiese belange van die Kompanjie en die moederland.
Getrou aan die monopolie-beginsel wat algemeen in die 17de en 18de eeu gegeld het, was die Kompanjie teen die laaste kwart van die 18de eeu nog steeds die alleenhandelaar aan die Kaap. Partikuliere handel, behalwe in ‘n paar landbouprodukte, kon slegs oogluikend geskied. Die gemoedere van die koloniste is van tyd tot tyd gaande gemaak deur die onbestendige of onvoldoende afsetgebied vir hul produkte. In normale jare het die kolonie baie meer graan, drank, vleis, seep en suiwelprodukte glewer as wat plaaslik of deur die Kompanjie verbruik kon word. ‘n Ander afsetgebied was noodsaaklik en dit is gevind by vreemde skepe wat Tafel- of Simonsbaai van tyd tot tyd binnegeloop het.
Gedurende die jare tagtig het die koloniste ook ‘n goeie mark gevind deur die verblyf van vreemde garnisoene aan die Kaap, maar daardie afsetgebied was noodwendig onbestendig van aard. Wel het die Kompanjie van 1772 af vir ‘n tiental jare aansienlike hoeveelhede koring, wyn e.a. produkte vir uitvoer na Europa opgekoop, maar dit was teen laer pryse as die normale. Die boere het weens die slegte verkeersweë en die hoë pryse van boerderybenodigdhede derhalwe nie genoeg vergoeding vir hul produkte ontvang nie.
Konkurrensie van amptenare
Sommige koloniste het verbitterd geraak omdat hulle geglo het die slegte mark in hoë mate toegeskryf moes word aan die konkurrensie wat hulle van die kant van die Kompanjiesdienare ondervind het. Hulle was oortuig dat invloedryke amptenare hul posisies misbruik en vir hul eie handelstransaksies gebruik gemaak het van Kompanjieslawe en goedere – en dit teen die uitdruklike bevele van die bewindhebbers – en dat hulle verder die verbod om grond te besit, oortree het. Die koloniste het gemeen dat die verbod van 1706 geslaan het op alle handel, nie net die handel in plaaslike produkte nie, maar ook in dié met invoerware soos negosiegoed met skepelinge van vreemde volke; die sg. sluikhandel wat amptelik verbied maar oogluikend toegelaat was, en in die praktyk groot afmetings aangeneem het.
Eintlik was die Kompanjiesdienare slegs wat betref die landsprodukte onvoorwaardelik van deelname uitgesluit. Betreffende die sluikhandel in ander produkte was hulle op gelyke voet met die koloniste. Die bedrywighede van enkele sterk handelsgenootskappe soos La Fébre en Kie. en Cruywagen en Kie. het veral ergernis veroorsaak. In albei maatskappye het amptenare ‘n vername rol gespeel. In Mei 1778 het sommig burgers in ‘n naamlose geskrif te velde getrek teen daardie maatskappye en Van Plettenberg het die persone in beheer gewaarsku om versigtig te wees.
Korrupsie en afpersing
‘n Ander oorsaak van ontevredenheid was die grootskeepse korrupsie en afpersing deur amptenare en die weergalose verspilling en onreëlmatighede wat dwarsdeur die diens waargeneem kon word. Baie burgers was vervul met argwaan en wantroue selfs t.o.v. gebruike en bepalinge wat reeds lank bestaan en die goedkeuring van die bewindhebbers weggedra het.
Die wynboere het slegs 27 riksdaalders vir ‘n lêer wyn en 50 rds. vir ‘n lêer brandewyn ontvang, terwyl hul kwitansies vir 40 en 60 rds. onderskeidelik moes teken. Dit was die nominale vasgestelde pryse, maar die Kompanjie het die wynprys 3 rds. as vasgestelde tiende afgtergehou en 10 rds. as emolumente vir die goewerneur en sekunde. Iets dergeliks het gebeur met brandewyn.
Vir elke 45 kg meel of beskuit of vet of vir elke mud koring of gars wat die boere aan vreemde skepe gelewer het, moes hulle een Kaapse gulden aan die independente fiskaal afstaan. Die kassier kon ½% terughou van alle gelde wat aan die boere betaal is vir gelewerde produkte, behalwe die tiendes wat reeds vir die Kompanjie afgetrek was. Daarby het fiskaal Boers op eie houtjie jaarlliks 6 rds. laat betaal deur mense wat skuite aangehou of tente langs die strand opgeslaan het om eetware te verkoop. Vir die burgers was dit moeilik om te onderskei tussen gelde waarop die amptenare geregtig was en wat hulle eiehandig ingevorder het.
Ontevredenheid met Boers
Dit lyk of dit die vernaamste doelwit van baie amptenare was om hulself te verryk en hulle het nie net die koloniste nie, maar die Kompanjie self groot nadeel berokken. Die moeilikheid was dat die Kompanjie tot groot hoogte self vir die kwaad verantwoordelik was, aangesien hy sulke klein salarisse betaal en die amptenare toegelaat het om dit deur vasgestelde bedrae aan te vul. ‘n Vername bron van misnoeë was die buitensporige boetes wat die toenmalige independente fiskaal, Willem Cornelis Boers, op eie gesag in onderhande geregtelike beslissings gehef het.
In sy amp was hy slegs aan die Here XVII verantwoording verskuldig en naas ander pligte het hy ook goesig gehad oor alle geregtelike aangeleenthede aan die Kaap. Dit was sy taak om oortreders, amptenare sowel as burgers, voor die bestaande howe te laat vervolg. Ingevolge die Statute van Indië en geldende instruksies kon hy egter self in klein sakies beslis en hy was geregtig op ‘n deel van die opgelegde boetes. Maar vir Boers was die uitdrukking “klein oortredings” baie rekbaar en soms het hy enorme boetes opgelê – 1 200, 1 500 of selfs 5 000 rds. Die Goewerneur was nie by magte om hom dit te belet nie, want Boers was geen verantwoording aan hom verskuldig nie.
Die geval Jurriaansz
Oor een geval was Van Plettenberg erg ontevrede. Boers het ‘n burger, Jan Smith Jurriaansz, in ‘n onderhandse geregige beslissing met 5 000 rds. beboet en daarvoor het Juriaansz ‘n skuldbewys t.g.v. die fiskaal geteken. Toe hy leter geweier het om te betaal, is hy deur Boers voor die Raad van Justisie gedagvaar. Van Plettenberg het getoon dat hy vasbeslote was om te weier om die vonnis te bekagig indien die uitspraak ten nadele van die gedaagde sou uitval.
Buitensporige boetes
In die gevalle van hoë boetes van 1 200 en 1 500 rds. is die oortreding aangegee as strandroof, d.w.s. die ontwettige toe-eiening van aangespoelde goedere wat destyds as ‘n baie ernstige misdryf beskou is en waarteen herhaaldelik in plakkate gewaarsku is. Selfs die doodstraf kon daarvoor opgelê word. Dit was in elk geval geen “klein oortreding” wat die fiskaal op eie gesag kon afhandel nie. Ook die saak van Jurriaansz, wat Boers self in ‘n klagskrif as strandroof en openbare geweld beskryf het, was buite sy persoonlike bevoegdheid. ‘n Beslissing van die Here XVII in Desember 1783 dat klein oortredings beperk sou weestot gevalle waar die boete nie die bedrag van 200 rds. oorskry nie, gee ‘n mens ‘n besef van die buitensporigheid van Boers se optrede.
Onsimpatieke houding van Boers
Treffend is ook die besonder onsimpatieke houding wat Boers teenoor die burgers aangeneem het. Vir hom was daar ‘n groot verskil tussen die burgers en ingesetenes van Nederland, wie se voorouers die vryheid van die vaderland deur hul dapperheid verwerf het, en die inwoners van die Kaap, wat by wyse van grasie toegelaat is om as landbouers, kleremakers, skoenmkaers en saalmakers te woon in ‘n land waarvan uit naam van die vaderland besit geneem is. Volgens hom moes die Kompanjiesdienare beskou word as eerste, vernaamste en noodsaaklikste in die samelewing, terwyl die burgers feitlik geen bestaansreg in Kaapstad gehad het nie, laat staan nog enige sprake van ‘n eksklusiewe reg om daar daar handel te mag dryf, waarop hulle aanspraak gemaak het.
Boers se houding was ongetwyfeld ‘n faktor wat bygedra het om die gemoedere in beroering te bring. Maar die wortel van die kwaad was grotendeels opgesluit in die bestuur- en ekonomiese stelsel van die Kompanjie waarvolgens die amp van independente fiskaal in die lewe geroep en aan die Kaap in stand gehou is selfs nadat dit elders afgeskaf was. Ook Boers se opvolger, Jan Jacob Serrurier, het veel misnoeë gewek en oor die persoon wat ná hom gekom het, nl. baron Van Lynden van Blittersijk, het so ‘n storm van verontwaardiging losgebars, dat hy skielik die land moes verlaat.
Moeilikheid oor ‘n ouderling
‘n Saak van plaaslike belang het ook tot die ontevrednheid onder die burgers bygedra. Dit was die verkiesing van Thomas Arnoldus Theron, ‘n heemraad en burgerluitenant, tot ouderling in die gemeente Drakenstein in Desember 1771. Toe sekere burgers beswaar gemaak het teen sy bevestiging, omdat sy lewe nie voorbeeldig genoeg was nie, is hulle onder kerklike sensuur geplaas. Die stryd wat daaroor ontbrand het, het jare voortgeduur en selfs die gemeente in twee geskeur. Eens ná 10 jaar is die rus en vrede herstel.
Toestande soos hierdie moet beskou word as die agtergrond waarteen sekere belangrike faktore ingewerk en ‘n verreikende invloed op die gees van die burgers uitgeoefen het. Daar was in die eerste plaas ‘n stroming van nuwe denkbeelde wat deur naamlose geskrifte versprei is. In besonder moet genoem word ‘n stuk wat in Mei 1778 in omloop gebring en as opskrif gehad het: De Magt en de Vrijheden eener Burgerlijke Maatschappij verdedigt door de gevoelens der voornaamste regtsgeleerden opgedragen aan het oordeel der Caapse Burgerij.
Die dokument het begin met ‘n verwysing na twee sg. sedewette, nl. dat die Bybel en die menslike rede leer dat God elke mens die grondplig opgelê het om die welsyn van homself en sy medemens te bevorder. Daaruit volg ‘n tweede wet dat elke mens moet bydra tot die algemene welsyn en besonderlik tot die welsyn van die “burgerstaat” waarvan hy lid is. Die opsteller van die geskrif beroep hom op beroemde denkers soos Locke, Pufendorf, Grotius e.a. om aan te toon dat daardie wette die grondslag van die hele samelewing is en dat die doel van enige regering wat op hierdie grondslag in die lewe geroep is, is om die binnelandse welvaart en buitelandse veiligheid te handhaaf.
Dit word saamgevat in die spreuk: Die heil van die volk moet steeds die opperste wet wees. Die volk het die reg en die plig om regeerders wat hom te gronde rig, af te sit en ander aan te stel. Dit is ‘n onvervreembare reg wat deur God en die natuur ingestel is. Die bedoeling, so verklaar die skrywer, is nie om die burgers teen die regering aan te hits nie, maar om hulle te laat saamstaan om ‘n versoekskrif aan die Goewerneur in te lewer. Die stuk sluit af met die leuse: Eendrag maak mag.
Geheime vergaderings
In ‘n ander naamlose geskrif is die aandag gevestig op die kwynende ekonomiese toestand waarin die bugery hom bevind het en daar word by name verwys na amptenare wat met die burgers op handelsgebied meeding. Dit doen ‘n beroep op die mense om hulle nie langer te laat vertrap nie, maar eenparig die algemene welvaart te bevorder en daartoe alle middels te gebruik wat God en die natuur hulle in die hand gee as vrye burgers van ‘n kolonie van die bevryde verenigde Nederlande. Nie alleen is geskrifte versprei nie, en wel tot groot misnoeë van die plaaslike bewindhebbers, maar ook vergaderings is in die geheim gehou.
Die geval Buytendag
In Januarie 1779 het gevoelens hoog geloop toe ‘n burger, Carel Hendrik Buytendag, op gevel van die independente fiskaal deur geregsdienaars hardhandig uit sy huis in Kaapstad verwyder en sonder verhoor na Batavia verban is. Die summiere uitsetting van Buytendag het gevolg op ‘n besluit van die Politieke Raad op 20 Januarie 1779 waarby hy as soldaat in die diens van die Kompanjie getrek is teen 9 gulden per maand. Die independente fiskaal het die voorstel gemaak en hy was verantwoordelik vir die uitvoering daarvan. Die onmiddellike aanleiding daartoe was ‘n versoek van Buytendag se vrou aan die adjunk-fiskaal om van haar man te skei. Hy was by die owerheid in onguns, want reeds in Mei 1776 het die landdros en heemrade van Stellenbosch en Drakenstein, in wie se gebied hy destyds gewoon het, die Goewerneur en Politieke Raad versoek om hom uit die land te stuur. Daarna het hy hom met sy gesin in Kaapstad gevestig en hom blykbaar met sy vrou versoen, maar dit het sy gewelddadige inhegtenisneming sonder nuwe aanleiding of oorsaak ne verhoed nie.
‘n Afvaardiging na Nederland
Verbanning van burgers het wel meermale in die verlede voorgekom sonder dat dit opskudding gewek het, maar die manier waarop met Buytendag gehandel is – veroordeling en verbanning sonder enige vorm van proses – is deur die reeds ontevrede burgery beskou as ‘n vergryp teen die hele gemeenskap. Dit is aangegryp om ‘n stryd te ontketen om regte en vryhede wat hulle in die lig van die nuwere denkbeelde beskou het as hul eweige oen onvervreembare reg, en om in die algemeen ‘n beter bestaansreg te verseker.
Op 7 Mei 1779 het die burgerrade Cornelis van der Poel, Christiaan George Maasdorp en Gerrit Hendrik Meyer, asook die heemrade van Stellenbosch en Drakenstein, P.A. Myburgh, J. De Villiers (Jan Pietersz), J.R. van As en Hendrik Louw, optredende as die gesamentlike verteenwoordigers of “representante” van die hele “burgerstaat” van die Kaapkolonie, namens hulself en mede-ondertekenaars, altesame 404, formeel besluit om die volgende vier manne met volmag as ‘n deputasie na Nederland te stuur: Oud-bugerraad Jacobus van Reenen, oud-burgrluitenant Barend Jacob Artoys en die burgers Tieleman Roos ene Nicolaas Godfied Heyns. Roos het ‘n vername aandeel gehad i.v.m. die kerklike moeilikheid by Drakenstein en met sy insluiting in die deputasie was daar dus ‘n spontane samevloeiing van die onenigheid aldaar met di algemene ontevredenheid onder die burgers.
Nadat die Goewerneur en Politieke Raad verlof tot die stuur van ‘n afvaardiging geweier het, het die vier afgevaardigdes in hul individuele hoenadigheid verlof gevra en verkry om na Nederland te reis. Roos se voorwendsel was dat hy tabakproewe daarheen moes neem. Ná hul aankoms in die vaderland het hulle ‘n lywige versoekskrif, gedateer 9 Oktober 1779, opgestel. ‘n Week daarna is hulle toegelaat om in die vergadering van die Here XVII verskyn en daar het hulle die doel van hul koms verduidelik en persoonlik die versoekskrif oorhandig. Dievoorsitter het beloof dat die saak ondersoek sou word.
Inhoud van Burgerpetisie
Die Burgerpetisie van 1779 bestaan uit drie afdelings, of punte, en kan kortliks as volg opgesom word:
Punt I beskryf die toestand van die koloniste as synde armoedig en kwynend, ondanks ‘n oorvloed van vee, koring en wyn in normale tye.
Ekonomiese griewe
Die oorsaak hiervan is ‘n gebrek aan afsetmoontlikhede vir hul produkte en die feit dat die pryse wat hulle by die Kompanjiespakhuise vir hul produkte kry, deurgaans te laag is en buite verhouding tot die pryse wat hulle vir landboubenodigdhede en lewensbehoeftes moet betaal. Hierdie slegte toestand moet tot groot hoogte toegeskryf word aan die onderdrukking deur verskeie Kompanjiesdienare, aan die ongeoorloofde partikuliere handel wat hulle drywe, ens.
Griewe teen amptenare
Punt II trek te velde, by wyse van 16 artikels, teen die gedrag van ‘n aantal amptenare van die Kompanjie,van wie as die eerste aan die beurt kom die independente fiskaal, Willem Cornelis Boers. “Deeze gedraagd sig in de administratie van zijn ampt, omtrent de Burgers en Colonisten van de Caab, so willekeurig overheerschend, onderdrukkend en onverantwoordlijk, dat al wie slegts eenig het minste gevoel van vrijheid in sig selven overig heeft, daar aan niet sonder ontroering kan denken”. As voorbeeld van die onreëlmatige en harde handelswyse van Boers word o.m. aangehaal wat met Buytendag gebeur het.
In ander artikels word gekla oor die keldermeester van die Kompanjie; die ekwipasiemeester, Damien Hugo-Staring; die hoof van die milissie, majoor Hendrik van Prehn; die dispensier, Adriaan van Schoor, die Kompanjieskassier, Gerrit Hendrik Cruywagen; die landdros van Swellendam, Daniël van Rijneveld, en ander.
Die gedrag van die amptenare is skadelik vir die Kompanjie en skend, verdruk en ruëneer die Kaapse burgerstaat; dit is in stryd met die uitdruklike bevele van die bewindhebbers en met die wettige en natuurlike voorregte en vryhede van die burgers, is beweer.
Voorstelle tot verbetering
Punt III bevat by wyse van 37 artikels ‘n reeks voorstelle ter verbetering van die toestand. Die belangrikste hiervan is ongetwyfeld die negende en die elfde artikel.
Art. 9: Dat om die sake van die burgers in die vervolg op ‘n goeie voet te drywe, daar sewe burgerrade aangestel word, van wie jaarliks nie meer as twee sal aftree nie; dat vakatures deur die burgerrade uit ‘n “vrye gemaakte nominatie” gevul sal word met goedkeuring van die goewerneur; dat hierdie burgerrade sitting in die Politieke Raad (die hoogste regeringsliggaam aan die Kaap) sal hê wanneer daar oor sake betrekkende die burgers of die algemene welsyn van die kolonie beraadslaag word; dat niemand vir enige burgerlike kollege verkiesbaar mag wees tensy hy vyf of ses jaar burger was en bewys van goeie gedrag as sodanig gelewer het nie.
Artikel 11: Dat die Raad van Justisie (die tweede regeringsliggaam aan die Kaap) mag bestaan uit ‘n gelyke getal burgerrade en Kompanjiesdienare en dat die oudste burgerraad as vise-president mag funkgeer.
Die verdere artikels kan as volg opgesom word:
Dat aangesien die burgers aan die Kaap, van die aansienlikste tot die geringste toe, met die alleruiterste minagting bejeën word, ‘n burgerraad en ‘n kaptein van die burgery die rang van koopman mag geniet, en ‘n burgerluitenant en vaandrig gelyk gestel word met militêre offisiere van die Kompanjie van dié rang, en verdere kollegiante en burger-onderoffisiere ooreenkomstig (art. 12)
Dat in alle burgerlike kolleges ‘n “vrye verkiesing” van lede mag plaasvind met goedkeuring van die goewerneur en die fungerende burgerrade (art. 13). Tussen hakies kan gesê word dat die begrip “vrye verkiesing” wat ons hier aantref, sowel as “vrye nominatie”, wat ons hierbo teengekom het (art. 9), gelees moet word in die sin van vry van alle dwang of invloed vanweë die owerheid, Kompanjiesdienare of belanghebbende persone.
Dat deur die burgerrade een of twee notarisse aangestel mag word om allerlei notariële aktes te passeer, en dat twee of drie advokate of prokureurs, kundig in die regte, toegelaat mag word om burgerlike regsake voor die Raad van Jusitisie te bepleit (art. 14 en 15).
Dat in sivielesake regstreeks van die Raad van Justisie na Nederland geappelleer mag word, omdat die appèl na Batavia soms verwarring en vertraging tot gevolg het (art. 16).
Dat die Kaapse regering gelas word om die so seer mishandelde en verbanne burger Carel Hendrik Buytendag na die Kaap terug te roep en hom in sy vorige burgerreg en stand te herstel (art. 8).
Dat die fiskaal ten strengste verbied word om in die vervolg enige burger deur die “geweldiger” of “kaffer” (geregsdienaar) te laat arresteer, veel minder uit sy huis te laat haal, behalwe in gevalle waar so iemand op heterdaad betrap word en dat, in die algemeen, ‘n burger alleen deur bugers gearresteer in die burgerwaghuis aangehou mag word; en dat die fiskaal nie uitspraak mag gee oor die misdade sonder voorkennis van die owerheid nie,behalwe oor klein misdrywe wat behoorlik bepaal en omskrewe is. (art. 4).
Dat geen gebore of vrygeworde burger weer in diens van die Kompanjie getrek of as matroos na Batavia gestuur mag word nie; en dat, as ‘n burger volgens wet dit wel verdien, hy regstreeks na Nederland gestuur mag word, maar nie voordat sy saak behoorlik deur burgerrade ondersoek is nie (art. 5).
Dat die algemene wette aan die Kaap, die Statute van Indië of die Plakkate van die State-Generaal van Nederland, of besondere statute of resolusies, noukeurig omskryf en bekend gestel word, sodat die burgers kan weet waarna hulle hul moet gedra, en om te voorkom dat die fiskaal of landdros willekeurige boetes oplê. In dié opsig word aan die hand gedoen dat die Kompanjie ‘n drukkery aan die Kaap in die lewe roep, waar voornoemde wette en ander wat bettertyd in werking mag tree, gedruk en gekoop kan word (art. 7)
Die meeste van die oorblywende artikels het, op ‘n paar uitsonderings na, tot uitgangspunt die verbetering van die posisie van die burgers op ekonomiese gebied. Dit kan as volg opgesom word:
Dat alle instruksies en resolusies van die Here XVII m.b.t. die Kaap, insonderheid dié van 30 Oktober 1706, art. 12, hernieu word, met vrdubbeling van straf vir die oortreders (art. 1). Hieronder het die memorialiste verstaan dat geen Kompanjiesdienare, van die hoogste tot die laagste, op enige manier regstreeks of onregstreeks, handel mag drywe in vee, koring, wyn of ander produkte van die land nie, nòg in enige ander goedere of ware; en dat hulle ook geen grond in huur of eiendom mag besit nie, hetsy in hul eie naam of in dié van ander.
Dat die landdroste van Stellenbosch en Swellendam nie toegelaat word om wyn-, koring- of veeplase te besit nie, sodat hulle die kans ontneem word om die burgers verder te benadeel (art. 27).
Dat die betrekkinge van keldermeester, dispensier en ‘n paar ander afgeskaf word, en dat die lewering van wyn, koring, gort, meel, brood, beskuit, botter, gedroogde vis, gedroogde vrugte, bakstene, kalk, ens., aan of ten behoefte van die Kompanjoe aan burgers toegestaan word. Omdat die Kompanjie deur die afskaffing van genoemde betrekkinge met alle bybehore aan personeel en slawe, veel sou bespaar, pleit die petisionarisse om beter pryse vir hul produkte (art. 17, 20, 21, 22 en 23)
Dat elke burger die vryheid mag hê om produkte van die land, nadat die Kompanjie genoegsaam voorsien is, aan vreemde skepe te lewer sonder betaling van kommissie aan die independente fiskaal (art. 2).
Dat die Kompanjie teen ‘n vasgestelde tarief elke jaar een of twee skepe van Nederland na die Kaap stuur, vol gelaai met allerlei ware, soos op rekening van die burgers deur hul agente aangekoop mag word. Hierdie skepe kon dan met hul terugkeer produkte van die Kaap vervor om in Nedrland per openbare veiling verkoop te word (art.18)
Dat die Kaapse burgers ‘n paar skepe mag hê om jaarliks met produkte van die land na Indië gestuur te word, nadat die Kompanjie in sy eie behoeftes voorsien is, en om dan van daar met hout, rys en ander negosieware (verbode goedere uitgesonder) na die Kaap terug te keer. Ook versoek hulle die vrye vaart na Madagaskar, Zanzibar en elders i.v.m. die slawehandel, terwyl vreemdelinge die voordeel hieruit trek (art.19).
Ten slotte is daar nog twee artikels van ‘n ander aard en strekking: Dat van burgersweë ‘n vendumeester, ‘n sekretaris en ‘n bode aangestel mag word teen vaste besoldiging. Orige geld wat hulle a.g.v. hul betrekkings insamel, sou bestee kan word om die Burgerkas van sy skulde te onthef en om te voorkom dat in die toekoms nuwe belastings gehef hoef te word; en om langs dié weg die burgery mettertyd in staat te stel om ‘n geskikte skool op te rig, waarin die jeug behoorlik onderrig en tot nuttige lede van die samelewing opgevoed kan word (art. 34).
Dat meer kerke gebou word omdat mense wat diep in die binneland woon, verstoke is van selfs die eenvoudigste begrippe van die Christendom. Die burgers sou hul deel daartoe aan kollektes bydra (art. 36).
Verantwoording van die amptenare
Bostaande is in breë trekke die hoofinhoud van die petisie of memorie wat die deputasie aan die Bewindhebbers in Amsterdam voorgelê het. Alvorens dit in oorweging te neem, sou die Here XVII eers die ander kant van die saak hoor. Dit alles het tyd gekos en vertraging is ook in die hand gewerk weens die vyandelikhede wat tussen Engeland en Nederland op 20 Desemberg 1780 uitgebreek het a.g.v. die Nederlandse Republiek se deelname aan die Amerikaanse Vryheidsoorlog.
Daarby het sommige Kompanjiesdienare versuim om die aangevraagde inligting te verskaf. Eers in Augustus 1782 was al die stukke in die hande van die Here XVII en kon die ondersoek begin. Die belangrikste was die “Consideratie” van goewerneur Van Plettenbrg en die antwoord van die beskuldigde amptenare waaronder fiskaal Boers die eerste plek ingeneem het.
Die “Nadere Memorie”
Nog voor die ondersoek begin het, het die afgevaardigdes (Roos is intussen oorlede) op 17 |April 1782 ‘n nadere versoekskrif ingedien wat hulle op grond van brigte en verklarings uit die Kaap ontvang het, ter aanvulling van die oorspronklike petisie ingedien het. Dit het ook uit drie afdelings bestaan. Die eerste het aangetoon van watter middele en kunsgrepe die amptenare gebruik gemaak het om hulle te verantwoord. Die tweede het beskryf hoe die onderdrukking en mmishandeling van die burgers deur amptenare voortgeduur het en die derde het twaalf aanbevelings bevat om die toestand te verhelp.
Dit het daarop neergekom dat Boers gelas moes word om vir sy begane buitensporighede die koloniste en die weduwee en kinders van Buytendag, wat intussen oorlede is, te vergoed; dat leningsplase in besit van vrye koloniste nie bloot op bevel vand ie goewerneur ingetrek mag word nie, maar dat die Raad van Justisie ná verhoor van die betrokke partye daaroor moes beslis dat die burgers sonder aandeel van Kompanjiesdienare die reg van vrye benoeming van verteenwoordigers mag hê soos versoek in die vorige versoekskrif; dat, om wantoestande en verdrukking die hoof te bied, geen amptenaar terselfdertyd lid van die Pollitieke Raad en die Raad van Justisie mag wees nie, en dat albei liggame of kolleges uit afsonderlike lede sou bestaan. Ook die Nadere Memorie is deur die Bewindhebbers eers na die Kaapse regring vir kommentaar verwys.
Uitslag van petisie
Die burgersaak, soos blootgelê in die Burgerpetisie van 1779, is besleg in twee uitsprake of besluite van die Here XVII. Die eerste beslissing is geneem op 3 Desember 1783, toe die verslag van die kokmmissarisse wat die saak moes ondersoek, in ‘n resolusie van die Here XVII omgesit is. Enkele punte, vernaamlik m.b.t. die handel, kon weens die oorlog met Engeland nie afgehandel word nie. Daardie punte, tesame met enkele sake voortspruitende uit die eerste besluit, is finaal afgehandel op ‘n buitengewone vergadering van die Here XVII, gehou van 28 Junie tot 2 Julie 1785, toe ook beslis is oor die Nadere Memorie van 1782.
Met betrekking tot die eerste twee punte van die Burgerpetisie van 1779 was die bevinding van die Here XVII oor die algemeen negatief. Dus hoef alleen gelet te word op hul reaksie, wat uiters gering was, t.o.v. die derde gedeelte van die versoekskrif.
Die versoek in art. 9 vir die burgers van lewensbelang, nl. dat sewe burgerrade sitting sou hê in die Politieke Raad, is van die hand gewys. Daar was egter geen beswaar teen die versoek dat niemand tot bugerraad benoem sou word voordat hy vyf volle jare as burger ingeskryf was nie.
Wat die voorstel in art. 11 betref, sou die Raad van Justisie, wat voorheen bestaan het uit nege Kompanjiesdienare en drie burgerrade, voortaan saamgestel wees uit ses Kompanjiesdienare en ses burgerrade, behalwe die hoofadministrateur (die sekunde), wat as voorsitter sou optree. Die presidium sou steeds deur ‘n Kompanjiesdienaar waargeneem word. Van die uitsprake van die Raad van Justisie sou daar slegs na Batavia appèl wees.
Ingevolge die besluit van 1785 sou lede van die Raad van Justisie – dus ook die sittende burgerrade – die rang van koopman voer, terwyl al die lede van die Politieke Raad met die titel en rang van opperkoopman onderskei is. Die sekretaris van die Raad van Justisie sou met geen hoër rang as onderkoopman beklee wees nie, en geen burgeroffisier sou ‘n rang hê hoër as dié van ‘n lid van die Raad van Justisie nie. Landdroste sou die rang van koopman hê.
Lede van die Politieke Raad, sowel as lede van die Raad van Justisie, moes lidmate van die Nederduitse Gereformeerde kerk wees. In die ander kolleges kon, naas lidmate van genoemde kerk, ook dié van die Lutherse godsdiens sit tot die helfte van die ledetal toe – maar met dié voorbehoud dat by aanstellings voorkeur gegee sou word aan llidmate van die NG Kerk.
Die versoek van die burgers dat van Komkpanjiesweë ‘n boekdrukkery aan die Kaap ingestel sou word, waar al die bestaande wette, en dié wat verder by wyse van plakkaat of resolusie of instruksie uitgevaardig mag word, gedruk kon word en vir die publiek te koop sou wees, is deur die bewindhebbers van die hand gewys. Om die regspleging op ‘n vaste voet te plaas, sou egter aan die Kaapse regering opgedra word om ‘n algemene plakkaat, of versameling van wette, asook ‘n konsep-instruksie vir die Raad van Justisie en vir die ander kolleges op te stel. Hierop moes die goewerneur-generaal-en-rade van Batavia hul menings instuur. Ná ondersoek van al die stukke sou die Here XV|II daaroor besluit, die plakkaat en instruksie laat druk en genoeg afdrukke na die Kaaps tuur, waarmee dan die behoefte aan ‘n drukkery sou verdwyn.(1)
(1)Langs partikuliere weg en op klein skaal het ‘n sekere Johan Christiaan Ritter omstreeks 1784 met ‘n drukkery aan die Kaap begin. Die drukkuns het egter eers sedert omstreeks 1800 vaste voet begin kry. Sien hieroor A.C.G. Lloyds, The Birth of Printing in South Africa (South African Librarier, Julie 1933, Vol. 1, No. 1, pp.11-18)
Betreffende die ekonomiese aangeleenthede het die Here XVII besluit dat, ooreenkomstig die instruksies van 30 Oktober 1706, vir amptenare in diens van die Kompanjie alle veeteelt en die verbouing van graan of wyn verbode sou wees, op straf van verbeurdverklaring daarvan. Van hierdie verbod sou uitgesluit wees nie-afgeskrewe Kompanjiesdienare wat van gasie ontslaan was; landdroste, wat egter vermaan moes word om hul voorrgte nie te misbruik en aldus die burgers te verdruk nie; die base van die Kompanjie se buiteposte; en die reg van Kompanjiesdienare om ‘n tuin aan te hou, waaruit hulle egter niks mog verkoop nie.
Die voorstelle van die burgers dat die poste van keldermeester, dispensier, e.a. afgeskaf moes word, en dat burgers graan, wyn e.a. artikels moes kon lewer, is verwerp.
Die Here XVII was ook nie bereid om aan die burgers die gebruik van skepe tussen die Kaap en Nederland en tussen die Kaap en Indië, sowel as vir die slawehandel aan die ooskus van Afrika, toe te staan nie. Goewerneur van Plettenberg het in sy Konsiderasies van 20 Maart 1781 daarop gewys dat die handelsprobleme van die koloniste op tweërlei wyse opgelos kon word: òf die Kompanjie moes die hele handel van die kolonie absorbeer, wat die uitvoer van produkte sowel as die invoer van benodigdhede betref; òf die Kompanjie moes die weg oopstel vir vrye partikuliere handel onder die nodige bepalinge en beperkinge.
Die Here XVII het besluit om ‘n soort middeweg te beproef, as volg:
Die koloniste kon soveel graan, wyn e.a. produkte van die land aan vreemde skepe verkoop as wat moontlik was. Wat oorbly nadat ook die Kompanjie in sy eie behoeftes vir die Kaap, Indië en Europa voorsien het, kon deur die goewerneur vir rekening van die Kompanjie opgekoop word teen pryse wat jaarliks vasgestel moes word deur ‘n kommissie bestaande uit ses lede: drie Kompanjiesdienare en drie burgerrade, aangestel deur die Goewerneur en Politieke Raad uit die Raad van Justisie. Die grondslag waarop die pryse vir die produkte vasgestel sou word, moes wees ontlasting van oortollige produkte, en moes van so ‘n aard wees dat, aan die een kant, die koloniste dit nie sou verkies bo pryse wat hulle elders vir hul produkte kon kry nie, en, aan die ander kant, dat die Kompanjie deur daardie maatreël hom’n nie alte drukkende las op die hals sou haal nie.
Van die Nadere Memorie van 1782 het ook nie veel tereg gekom nie. Die Here XVII het bevind dat die klagtes daarin vervat op ‘n verkeerde opgaaf van sake berus het en dus ongegrond was. Heelwat van die twaalf “artikels van redes” kon toe ook weens die voorafgaande besluite as vervalle beskou word.
Oor die uitgee en intrek van lenings- en legplase sou voortaan nie die Goewerneur alleen nie, maar die Goewerneur en die Politieke Raad saam beskik.
Die Kaapse regering moes billikheidshalwe steeds toesien dat die regbank en die sekretariaat vir iedere burger vry en onbelemmerd gelaat sou word.
Die beginsel van vrye verkiesing in alle bugerlike kolleges, wat in art. 7 van die Nadere Memorie en in art. 9 en 13 van die Burgerpetisie van 1779 bepleit word, is nie deur die Here XVII aanvaar nie.
Die voorgaande is in hooftrekke die regstreekse uitkoms van die Burgerpetisie van 1779 en die Nadere Memorie van 1782. Daar was egter ook indirekte gevolge. Hieronder kan vermeld word die bedanking van ‘n paar invloedryke amptenare: in die eerste plek die Goewerneur, Joachim van Plettenberg, self. Hy het gemeen dat die rus en eensgesindheid onder die burgers beter herstel kon word deur ‘n nuwe goewerneur en het derhalwe eervolle ontslag aangevra. As gevolg van die oorlog teen Groot-Brittanje het die Here XVII egter versoek om sy bedanking op te skort tot ná beëindiging van die oorlog. Dit is toegtestaan. Teen Van Pletternberg self was daar geen klagtes nie: hy was by die burgers algemeen bekend vir sy vriendelikheid en minsaamheid. Hy is op 14 Februarie 1785 opgevolg deur lt.-kol. Cornelis Jacob van de Graaff.
‘n Ander amptenaar wat sy ontslag aangevra het, was die independente fiskaal, Willem Cornelis Boers. Net nadat hy sy verantwoording op die burgers se klagtes in die hande van die Here XVII geplaas het, het hy sy bedanking ingedien, sogenaamd uit hoofde van “partikuliere omstandigheeden”. Weens die klagtes teen hom is sy ontslag onderhewig gemaak aan ‘n borgtog van 5 000 rds. (R2 000), wat egter ná die beslissing van die Here XVII oor die burgersaak opgehef is.
Verder kan vermeld word dat Boers se imtieme vriend, die ekwipasiemeester Damien Hugo Staring, deur die ontevrede bugers bestempel as “die bloedsuier”, skielik sy ontslag by die Kaapse regering aangevra en verlof verkry het om met ‘n Deense skip na Nederland te vertrek, ‘n saak waaroor die Here XVII baie verbaas en tewens ontevrede was. Ook majoor Van Prehn, hoof van die milisie aan die Kaap, teen wie die petisionarisse van 1779 baie klagtes ingedien het, het onverwyld na Nederland teruggegaan.
Die ontevredenheid onder die koloniste, nadat die eerste besluit, en later ook die finale besluit, van die Here XVII bekend geword het, het geldig toegeneem, ondanks ‘n tydperk van besondere bloei en welvaart op ekonomiese gebied. Daarna trree ‘n nuwe stadium in: die burgers het begin om hulle af te wend van die bewindhebbers van die Kompanjuie en hul oë te rig op die State-Generaal van Nederland, wat hulle geleidelik al hoe meer as hul wettige soewerein beskou het.
Die Kaapse Patriotte
Om dié beweging onder die Kaapse koloniste en die verdere verloop daarvan reg te begryp, moet nader kennis gemaak word met die ontevredenes en die beginsels waarvoor hulle gestry het. Die woelende party het algemeen die naam Patriotte aanvaar terwyl hulle hul teenstanders of dié wat nie wou meedoen nie, die skeldnaam Mamelukke gegee het. Dit lyk of hierdie benaming in sy figuurlike betekenis van “afvalliges” of “geloofsversakers” gebruik is. ‘n “Mameluk” is beskou as ‘n leuenaar en verraaier. Die leiding van die Kaapse Patriotte was aanvanklik in die hande van die die burgerrade Van der Poel, Maasdorp en Meyer, maar eersgenoemde het later van die toneel verdwyn.
Raad van Representante
In November 1784 het die Patriotte ‘n Kollege van Volksrepresentante, ‘n vaste liggaam gekies deur die volkstem, in die lewe geroep. Die doel was om die burgers van Kaapstad en die buitedistrikte te verteenwoordig, hul belange te behartig en hulle voor te lig. Hulle sou ook hul besware aan die Kompanjie en desnoods aan die wettige soewerein, die State-Generaal van Nederland, voordra, om sodoende hul representante, ook “Gekonstitueerdes” genoem, sou in die reël drie maal per jaar vergader, maar kon ook spesiaal opgeroep word. Uit hul midde is ‘n komitee benoem, bekend as “Gekommitteerde Representante”, om in spoedeisende gevalle op te tree. Hulle het hulle onderling aan mekaar deur ‘n plegtige eed verbind en geheimhouding van alles was ‘n belangrike deel daarvan.
Lede van die Raad
As eerste verteenwoordigers van die volk is gekies oud-landdros Marthinus Bergh as voorsitter, Maasdorp as ondervoorsitter en, as gewone lede, die reeds genoemde Meyer sowel as H.P. Warnecke, D. Verwey, J.A. Myburgh, J. de Villiers, J.C. Goenewald, P.A. Myburgh, H. Louw en J. Roos, met J.H. Redelinghuys en J.A. Bresler as sekretarisse. Kort ná die eerste inswering van lede is die heemraad Hillegard Muller as verteenwoordiger vir die distrik Swellendam gekies en in die plek van Bergh en Verwey het later gekom J.A.Holtshausen van Swellendam en die Burgerkaptein, Pieter van Breda.
Beroep op die State-Generaal
In Desember 1784 het die Representante, pleitende op die onbetwisbare reg van die natuur wat hulle regstreeks van God ontvang het, hulle in drie agtereenvolgende adresse op die State-Generaal van Nederland beroep en gevra dat daardie liggaam die Kaapkolonie onder sy beskerming moes neem teen die roekelose bewind van die Kompanjie. Die onmiddellike aanleiding tot die adresse was die benoeming van Serrurier as Boers se opvolger. Hy was volgens hulle nog veel haatliker en die m ense nog slegter gesind as sy voorganger. Hulle het ook geklar oor hemeltergende misbruike en onreëlmatighede by die regspleging. So erg was dit dat Daniel Verwey, een van die volksverteenwoordigers, geweier het om sonder vrygeleide voor die Raad van Justisie te verskyn toe hy gedagvaar is om getuienis te kom aflê. Die gevolg was dat ‘n kriminele aksie teen hom ingestel is.
Die Representante het verlof gevra om regstreeks met die State-Generaal sonder tussenkoms van die Kompanjie te mag korrespondeer. In die adres het hulle die hoop uitgespreek dat hulle in swtaat sou wees om middele en weë aan te toon waardeur die Kolonie, “of liever deesen Volkstaat”, sou kan bydra tot die roem, rykdom en mag van Nederland, selfs al kon die Kompanjie hom nie staande hou nie. Dit blyk duidelik hieruit dat die Kaapse burgery met die Kompanjie as sodanig naastenby klaar was, maar tog nie die band met Nederland wou verbreek nie. Die drie adresse is in Mei 1785 simpatiek oorweeg, maar daar was geen tasbare resultaat nie.
Tweede afvaardiging na Nederland
Die ontevrede bugers het reeds tevore ‘n oproep om bydraes gedoen vir die stuur van ‘n tweede afvaardiging, dié keer regstreeks na die State-Generaal. As lede van die volksverteenwoordigers uit hul midde is die volgende persone gekies: Marthinus Bergh, Johannes Roos, ‘n ouer broer van Tielman, Johannes Redlinghuys en Johannes Bresler. Weer het die afgevaardigdes afsonderlik die nodige verlof gevra om te gaan en dit verkry. In April 1785 het hulle met die retoervloot na Nederland vertrek. Nieteenstaande ‘n koste van 14 610 rds. (naastenby R6 000) kon die afrgevaardigdes maar min uitrig. Hulle het in onenigheid verval en hul leier, Bergh, is deur sy mede-afgevaardigdes selfs ontslaan.
Roos, Redlinghuys en Bresler ht i n ‘n versoek aan die State-Generaal, gedateer 4 April 1786, met verwysing na die toenemende ontevredenheid aan die Kaap verlof gevra vir die indiening van ‘n gedetailleerde memorie. Hulle het ook as voorlopige maatreël versoek dat die amp van independente fiskaal nie gevul word nie. (Serrurier is die vorige jaar oorlede.) Hoewel hieraan voldoen is, kon niks meer uitgevoer word nie. Die State-Generaal het dit op daardie tydstip om verskeie redes nie verstandig geag om verder in die sake van die Kompanjie in te gryp nie.
Buitelandse invloede
In die rekwes het die deputasie met ‘n waarskuwende vinger gewys op buitelandse invloed wat moontlik ‘n ernstige uitwerking op die gemoed van die ontevrede bugers aan die Kaap kon hê, tensy hul griewe uit die weg geruim word. Wat was daardie invloede? Vir eers was die Kaapse patriotte in voeling met die demokratiese rigting wat onder die energieke leiding van ‘n Gelderse edelman, jhr. Joan Derck van der Capellen van de Poll, tot stand gekom en in die vroeë jare tagtig in bondgenootskap getree het met die Hollandse Regente – of Staatsparty, die ou tradisionele teenstander van die Oranje-party.
Ook in Nederland het die verenigde opposisie teen die Oranjehuis algemeen die naam Patriotte gevoer. Nie alleen uit dieselfde onderskeidingsnaam wat hulle gedra het, blyk die voeling tussen die Kaapse burgers en die demokrate in Nederland nie, maar ook uit die omstandigheid dat hulle deur dieselfde denkbeelde wat in die laaste kwart van die 18de eeu diep ineslaan het, geïnspireer is. Dit was die denkbeelde van die Engelse en Franse Verligting of Aufkläring, soos gedra deur Locke, Hume, Priestley, Price en later Adam Smith asook Montesquieu, Voltaire, die Franse Esiklopediste en Jean Jacques Rousseau. Dit is opvallend hoe die uitroep, “Vryheid en gelykheid”, wat so kenmerkend van die nuwe denke in Frankryk was, ook aan die Kaap gehoor is.
Amerikaanse invloed
Die ou gevestigde owerhede in Europa het die nuwe denkbeelde beskou as die gees van oproer en revolusie wat verband hou met die gees wat in die amerikaanse Vryheidsoorlog anderkant die Atlantiese oseaan tot openbaring gekom het. Na die reeds genoemde naamlose geskryf, De Magt en de Vrijheden eener Burgerlijke Maatschappij, is in 1780 deur ‘n advokaat van die Kompanjie in Nederland vrwys as ‘n “oproerige stuk”. Dit is beskou as “gedikteer” deur ‘n Amerikaanse gees. In werklikheid was dit ‘n; woordlike uittreksel uit ‘n werkie wat reeds in 1754 in Nederland verskyn ht en gerig was teen die ondersteuners van die Oranje-Stadhouers.
In ieder geval het die Kaapse representante hulle in die memorie aan die State-Generaal in Desember 1784 regstreeks beroep op die voorbeeld van die Amerikaanse Kongres sowel as op voorbeelde uit die Switserse en Nederlandse geskiedenis. Vir direkte Amerikaanse invloed was die kontakte te min, maar die gebeurtenisse aldaar het waarskynlik as prikkel gedien.
In ‘n memorandum oor die toestand van die Kaap wat omstreeks September 1795 deur F. Kirstein aan die Britse owerheid voorgelê is, word verklaar dat die verset van die burgers van Graaff-Reinet gespruit het uit afkeer in die monopoliestelsel van die Kompanjie sowel as uit die gedagte dat hulle soos Amerika onafhanklik kan wees.
Franse invloed
Franse invloed o9p die Kapenaars was net onregstreeks d.m.v. die geskrifte van die Nederlandse patriotteparty, hoewel veral Montesquieu se denkbeelde baie algemeen ingang in Amer;ika en Europa gevind het. Sy bekende idee van die skeiding van die magte was ook aan die Kaap bekend en dit is moontlik daarom dat in die versoekskrif van 1783 gevra word dat die Politieke Raad en die Raad van Justisie elk uit apart lede bestaan. In 1795 het die burgers van Graaff-Reinet geëis dat dieselfde persoon nie tegelyk ‘n kerklike en ‘n burgerlike amp mag beklee nie.
Die Kapenaars was heel goed bewus van die jongste gebeurtenisse in Europa, nl. hoe die Nederlandse Patrioitte in die jare tagtig aansluiting by die Franse gesoek het in teenstelling tot die Oranje-party, wat op Engeland gesteun het, en hoe ‘n Pruisiese leër in 1787 die land binnegeval, die Patriotte onderdruk en sy gesag van Oranje herstel het. Ná die uitbreek van die Franse Revolusie in 1789 het hulle soos hul naamgenote in Nederland die Franse invallers van 1795 onder Pichegru as bevryders verwelkom, en van ver aansoek hoe die Stadhouer, Willem V, sy toevlug in Engeland gesoek het.
Hoewel hulle nie van die jongste gebeurtenisse, die erkenning van die Nederlandse Republiek en die bondgenootskap met Frankryk kennis gehad het nie, was die algemene simpatiek met Frankryk as kampvegter vir die nuwe denkbeelde vanselfsprekend. Soos ook die Nederlandse Patriotte het die inwoners van Swellendam die byeenroeping van ‘n Nasionale Konvensie geëis.
Samevatting van denkbeelde aan die Kaap
Die denkbeelde wat min of meer wyd verspreid was onder die koloniste, kan soos volg saamgevat word: die ongekende ywer om die algemene welsyn as ‘n sedelike verpligting te bevorder, wat ook die regeringsdoelwit moet wees; die reg van die volk om sy owerheid volgens sy wil te benoem of af te sit; die seggenskap van die volk in die landsbestuur vir sover dit sy belange betref en aansluitend hierby die idee van volksverteenwoordigers wat min of meer ‘n tussenposisie tussen die administradie en die volk inneem; die beginsel van vrye verkiesing; die beginsel van skeiding van die magte; die handhawing van konstitusionele en onskendbare wette waarvan die volk behoorlik kennis dra, en geen amptenaarswillekeur nie; en burgerlike vryheid van dwinglandy.
Daarby is groot nadruk gelê op die samehorigheid wat uitdrukking gevind het in die term “burgerstaat” of “volkstaat” en ‘n plaaslike patriotisme wat uitgedruk is in die herhaalde verwysing na “land en volk”. Een heel besondere denkbeeld waardeur die Patriotte gekenmerk is, is vervat in die term “volkstem” wat dikwels verneem is ten tyde van die onluste in Swellendam en Graaf-Reinet.
Maatreëls van die Kompanjie
In die oë van die Kaapse Patriotte het die Kompanjie met sy monopoliestelsel en amptenarebewind hoe langer hoe meer sy bestaansreg verloor. Daarby het die Kompanjie buitendien, gebuk onder ‘n enorme skuldelas, ‘n gewisse bankrotskap en ekonomiese ondergang tegemoetgegaan. Drastiese stappe moes gedoen word om die posisie te red. In 1791 het die bewindhebbers goewerneur Van de Graaff teruggeroep omdat gedurende sy bestuur die uitgawe reusagtig toegeneem het. Juis om dié rede het ‘n tydperk van aansienlike skynvoorspoed onder sy bewind ingetree. Opdrag is gegee om die uitgawes drasties te besnoei en die ontvangste te vermeerder. Dit het min gehelp, hoewel die toestand van die koloniste versleg het deur die besnoeiing van die verdedigingsuitgawes. Twee kommissarisse, Sebastiaan Cornelis Nederburgh en Simon Hendrik Frijkenius, het in Junie 1792 in die Kaap aangekom en 14 maande vertoef in ‘n poging om verbeteringe aan te bring.
Nederburgh en Frijkenius
Nederburgh en Frijkenius het in ‘n verslag aan die Bewindhebbers in Nederland die toestand in sombere kleure geskets. Hulle het die meste burgers geldelik geruïneer gevind en eise om skuldbetaling was aan die orde van die dag. Die een eksekuksie het op die ander gevolg, want die nood van die skuldeisers het hulle nie toegelaat om uitstel te verleen nie. Klinkende munt het so goed as verdwyn uit die Kolonie en daardeur het vaste goed sy waarde byna verloor. Vermoëndes sowel as onvermoëndes is deur totale ondergang bedreig en aan alle kante was ‘n algemene gemor en verbittering teen die regering bespeurbaar.
Belastingweiering het veelvuldig voorgekom en die regering kon sy gesag nie meer handhaaf nie. In die regeringsdepartemente het wanorde geheers. Die kommissarisse het deur suiwering in die administrasie, besnoeiing van uitgawes, onderdrukking van die sluikhandel, verbetering in die stelsel van belastingvordering en die invoer van nuwe blastings daarin geslaag om die begroting te laat klop en die finansies van die Kompanjie te verbeter, maar aan die ander kant het die ekonomiese posisie van die burgers treuriger as ooit tevore geword. Die verbod op slukhandel met vreemde skepe was ‘n swaar slag vir baie burgers en die belastingdruk is erger as tevore gevoel.
Maatreëls tot verbetering
Nederburgh en Frijkenius het wel geprobeer om die burgers tegemoet te kom. Die lewer van wyn en brandewyn en sekere ander artikels aan die Kompanjie is aan burgers verpag, die slawehandel met Madagaskar en Oos-Afrika is vir burgers oopgestel en dit is aan hulle vergun om landsprodukte voorwaardelik na Nederland en Indië te stuur. Al hierdie sake is reeds in die petisie van 1779 gevra, maar geweier. Ook is die walvisvangs, wat tot dusver uitsluitlik in die hande van Engelse en Amerikaners was, oopgestel.
‘n Belangrike tegemoetkoming was die instelling van ‘n leningsbank met papiergeld as wettige betaalmiddel. Hierdie bank het ongetwyfeld d.m.v. verbande op vaste eiendom teen ‘n rentekoers van 5% tydelike verligting gebring in die heersende geldskaarste en mense van ondergang gered., maar die maatre%l het nog meer minderwaardige papiergld in omloop gebring
Oor die algemeen was die kommissarisse se maatreëlks slegs lapwerk, want die groot ekonomiese vraagstukke is nie opgelos nie en groter politieke vraagstukke het o pgeduik. In September 1793 het hulle na Batavia vertrek nadat hulle die bestuur oorgedra het aan Abraham Josias Sluysken, ‘n hooggeplaaste amptenaar van rype ervaring. Hy het as Kommissaris-Generaal, ‘n hoër rang as Goewerneur, op ‘n kritieke tydstip die bewind aanvaar, want by die teenstanders van die Kompanjiesbewind het die beker oorgeloop.
Verbittering in Graaff-Reinet oor Maynier
Die burgers van Graaff-Reinet, wat in Desember 1785 tot afsonderlike distrik verklaar is, het die eerste stap gedoen. Aldaar het groot armoede en ellende geheers, wat toegeskryf kon word aan algemene ekonomiese oorsake wat met die Kompanjie se stelsel verbonde was, sowel as aan die aanhoudende strooptogte van die Kôsas met wie die grensboere reeds in 1779 langs die Visrivier in aanraking was. Hul aanhoudende rooftogte oor die grens tot in die Suurveld het ‘n groot nuwe probleem geskep.
Baie mense van Graaff-Reinet was verbitterd teen hul landdros, Honoratius Christiaan David Maynier – voorheen sekretaris en sedert 1793 landdros daar in die plek van M.H.O. Woeke – oor die manier waarop hy die Tweede Kafferoorlog (1793) saam met landdros Faure van Swellendam gevoer en beëindig het sonder om die burgers se geroofde vee te herwin, of te sorg vir hul skadeloosstelling. Hy het verder gegaan en op grond van die jaarlikse opgaaf van veebesit hul verliese in twyfel getrek. Hoewel toegegee word dat daar destyds op die grens ook ‘n ruwe en rumoerige element onder die burgers aanwesig was, was dit egter geen algemene kenmerk van die grensbewoners nie.
Uitbarsting in Graaff-Reinet
Die boere was ook ontevrede omdat Maynier Hottentotte bo hulle begunstig het, dat hy drosters beskerm het teen hul base, dat hy geknoei het met kwitansies vir gelde deur burgers inbetaal en dergelike sake. Die mense het geglo dat Maynier baas wou speel om die mag van die ontevredenes te breek.
Jaar na jaar het die toestand versleg totdat op 29 Januarie 1795 ‘n aantal burgers ‘n “te samenstemming” onderteken het en ‘n week later is ‘n stormagtig vergadering van heemrade, oud-heemrade en burgeroffisiere op Graaff-Reinet gehou. Die toestand is deur ‘n aantal gewapende manne beheer. Maynier is gelas om onmiddellik die drosdy te verlaat.
Terselfdertyd is die heemrade Van den Berg en Naudé van hul poste onthef omdat hulle Maynier gesteun en die algemene welvaart opgeoffer het. Daarna het die birgers sowat ses of sewe verteenwoordigers, o.a. Marthinus Prinsloo, wat ‘ n leidende rol gespeel het, gekies om hul belange te verdedig. Die kollege van heemrade en burgeroffisiere het daarmee ingestem asook dat die volksverteenwoordigers steeds saam met hulle sou vergader.
Verdere stappe in Graaff-Reinet
Die kollege van heemrade en volksverteenwordigers het daarop ‘n verdere stap gedoen wat ‘n direkte uitdaging van die gsag van die Kompanjie was. Burgerluitenant Carl David Gerotz is benoem tot provisionele landdros, J.V. Oertel tot provisionele sekretaris en J.B. Wiese tot provisionele bode. Op 27 Augustus 1795 is op ‘n gekombineerde vergadering van representante, krygsoffisiere en diensdoende en afgetrede heemrade verder besluit dat Jan Booysen in heemraadaangeleenthede sou voorsit en Adriaan van Jaarsveld as president wanneer krygsake behandel word.
‘n Poging van Sluysken ‘n paar maande ná Maynier se uitsetting om die Kompanjie se gesag te herstel deur ‘ n kommmissie met O.G. de Wet, voorsitter van die Raad van Justisie, na Graaff-Reinet te stuur, het misluk. Feit was dat die burgers van Graaff-Reinet finaal die Kompanjie se gesag afgesweer het, sy wette nie meer sou gehoorsaam en sy belastings nie langer sou betaal nie.
Verset in Swellendam
Op 17 en 18 Junie 1795 het ‘n sestigtal gewapende manskappe onder hul selfverkose “Nasionale Kommandant”, Petrus Jacobus Delport die drosdy van Swellendam, waar die kollege van landdros en heemrade in sitting was, beset en die landdros, Anthonie Alexander Faure, die sekretaris, “de kwaatpleegende” Willem Ludolph van Hardenberg, die heemraad Lauwrens de Jager jr. en die bode Hendrik van As genoodsaak om hul ampte neer te lê. As nuwe administratiewe ampsdraers is deur Deport en sy aanhangers die volgende persone aangestel: Heemraad Hermanus Steyn as Nasionale Landdros; Abraham Casparus Nieuwhoff as Nasipnale Sekretaris; Hendrik van As, junior, as Nasionale Bode; en Johannes Matthys Ebersohn as Nasionale Substituut.
Stigting van Nasionale Vergadering of Konvensie
As hoogste bestuursliggaam is ‘n Nasionale Konvensie, of Nasionale Vergadering, ingestel, waarvan die Nasionale Landdros, Hermanus Steyn, President was. Die lede het bestaan, sover uit die stukke vasgestel kan word, uit fungerende en gewese heemrade en sekere persone uit die groter liggaam van Nasionale Burgers.
Op 16 Julie 1895 het ‘n belangrike vergadering van die Nasionale Konvensie plaasgevind. Teenwoordig was die President, Hermanus Steyn, die oud-heemrade Hendrik Anthonie van Vollenhoven en Ernst du Toit, die Nasionale Kommandant Petrus Jacobus Delport en die heer Louis Almoro Pisanie.
Ter tafel het gekom ‘n skrywe, puntsgewyse opgestel, deur Delport en Pisanie namens die Nasionale Burgers ingestuur, waarin daarteen geprotesteer word dat kommissaris-generaal Sluysken missives bestem vir die kolonie Swellendam nog steeds adresseer aan landdros Faure en nie die Nasionale Konvensie respekteer nie. Die Nasionale Burgers was vasbslote om hul konstitusie te handhaaf en die amptenare wat hulle aangestel het, te laat aanbly in hul ampte; dog as lg. nie bekwaam genoeg was nie, sou hulle deur ander vervang word volgens goeddunke van die Nasionale Burgers. “Want wij lang genoeg in het Juk der Slavernij zijn geweest en wij nu geresolveert zijn het leste droppel bloed voor onse lieve Vaderland te waagen en ons onder een Vrije Republiecq te sorteeren.”
Sodra hulle ‘n gunstige antwoord van kommissaris Sluysken ontvang, sou hulle Kaap toe gaan om te veg vir die vaderland (d.w.s. teen die Engelse). Hulle het ook versoek dat aan hulle ‘n vlag gestuur moes word met die woorde daaropo: “Vivat de Vrijheid”.
Op dieselfde vergadering is voorgelê “den Eysch van den Algemeene Burgery”, bestaande uit tien artikels. Daarin word o.m. geëis vrystelling van tolle, aksyns en rekognisiegelde; en dat met die jaarlikse burgerlike opgaaf deur die landdros nie gepeuter word nie (artt. 1-3); dat die papiergeld afgeskaf word (art.9); en dat die seevaart weer vry moes wees soos in vroeër tye (art. 10).
Bostaande ingesonde stukke is, na dit blyk, in ‘n resolusie van die Nasionale Konvensie omgesit, en daar is besluit om afskrifte met begeleidende missives te stuur aan kommissaris Sluysken, aan die burgerrade en aan ander medeburgers.
So het die Swellendamse Patriotte – hulle noem hulself by voorkeur Nasionale Burgers en as sodanig getrou “tot er dood toe” die gesag van die Kompanjie afgeskud.
Status van Swellendam, Graaff-Reinet
Die vraag is nou: Wat was die status van Graaff-Reinet en Swellendam, ten minste soos deur die burgers self beoog? Die Nasionale Burgrs van Swellendam het, soos ons gesien het, met fierheid en beslistheid verklaar dat hulle bereid was om hul laaste druppel bloed te waag vir hul vaderland en om onder ‘n vrye republiek te ressorteer.
Die Graaff-Reinetse Patriotte, by monde van Marthinus Prinsloo, en Barend Lindequee, gebruik byna soortgelyke taal: “Zoo beweeg ons ons niet anders als ‘n laaste droppel bloed te presenteeren voor onze Vrijheid, want wij de Compagnie bedank hebben, en onder onze vrije Republiecq willen sorteeren.”(2)
(2) Aanghaal deur Wieringa, De Oudste Boeren-Republiken Graaff-Reinet en Zwellendam, p.107 (onder voetnoot 100)
By die eerste oogopslag sou ‘n mens dink dat die Graaff-Reinettrs en Swellendammers met daardie uitdrukkinge vrye republieke in Graaff-Reinet en Swellendam bedoel ht, en so is dit ook deur sommige skrywers verstaan.(3)
(3)Sien bv. Wieringa, op. cit.; L.L. Tomlinson, Geskiedkundige Swellendam, p.74 en verder
Maar moet ‘n ander betkenis nie aan daardie uitdrukking geheg word nie? Met die afskud van die gesag van die Kompanjie, die sinnebeeld van slawerny volgens die Patriotte se sienswyse, het die manne van Graaff-Reinet en Swellendam die bestuur van daardie geste in eie hande gekry – ‘n vryheid waarvoor hulle alles veil sou hê – en aldus het hulle regstreeks te staan gekom onder hul soewerein, die vrye Republiek van Nederland.
Dit was ‘n ideaal waarna die Patriotte lank reeds gestrewe het. Dit spreek vanself dat met die uitskakeling van die Kompanjie as ongewenste tussenpersoon die soewerein onaangetas gebly het. Só sê die Graaff-Reinetters dit ook onomwonde, met verwysing na die “bedanking” van die Kompanjie, “met alle desselfs onwettige Beamptenaaren”, deur die algemene volkstem: “Zonder dat bij alle deezen ooijt is gedagt geworden dat het Land in en uit zig zelfs buijten een Schutsheer zoude kunnen bestaan; dierhalven hebben de burgerrye zig ook het minste niet tegen de Heeren Staaten Generaal, nog tegen den Her Commissaris Sluijsken, en alle die geen schuld van het Land verderf hebben gekant.”(4)
(4)Graaff-Reinetters aan Craig, 2 Oktober 1795, B.O. 26, pp.1-6, K.A. Sien ook hernuwing van eed van getrouheid aan hoogste gesdag in Nederland deur Graaff-Reinetters in 1796 (G.R. ½, bl. 69, 73, K.A.)
Wat ons by Graaff-Reinet en Swellendam vind, is dus die invoering van ‘n “zoort van een onafhankelijke eigen Constitutie”, soos Sluysken ons meedeel, wat, volgens hom, nagenoeg die algemene versugting by die burgers was. Die manne van genoemde geweste spreek steeds van die “Colonie” van Swellendam, die “Colonie” van Graaff-Reinet, so ook van Stellenbosch; nêrens van die die “Republiek” van Swellendam of van Graaff-Reinet nie. Ook moet daarop gewys word dat in albei hierdie geweste teen algehele afskeiding op regterlike gebied deurgevoer is nie: gewigtige sake sou nog na die Raad van Justisie in Kaapstad vir verhoor deurgestuur word.(5)
(5)Sien i.v.m. Kees en sy trawante: S.W.M. 12/90, pp.120-121, J.S. Marais, Maynier and the Firste Boer Republic, pp.84-86
In verband met Swellendam moet ook nog onder die aandag gebring word ‘n histories onjuiste voorstelling wat soms aangtref word,nl. dat Hermanus Steyn deur die Nasionale Burgers van Swellendam destyds aangestel is as die President van hul sg. Republiek, en dat dus ipso facto die eerste President in Suid-Afrika was.(6) Feit is dat genoemde persoon aangestel is as Nasionale Landdros van Swellendam – dit is die titel wat hy dan ook altoos gebruik het – en dat hy President, d.w.s. Voorsitter, was van die Nasionale Konvensie wanneer hierdie liggaam vergader het.
(6)Vgl. Tomlinson, Geskiedkundige Swellendam, pp.32-36 en 75
Daar is aanduidinge dat die ontevredenes van Stellenbosch op die punt gestaan het om die voorbeeld van Graaff-Reinet en Swellendam te volg, en dat ook dié van Kaapstad gereed was om hulle by die ander aan te sluit, toe die aankoms van ‘n Britse troepemag, met die doel om die Kaap te beset, ‘n stok in die wiel gesteek het.(7)
(7)Sien bv. Kersteins, Memorandum on the Condition of the Colony, Theal, Records, 1, p.172
Aankoms van Britse invalsmag
‘n Britse vloot onder admiraal Elphinstone, met soldate aan boord oknder bevel van genl. Craig, het in Junie 1795 in Simonsbaai aangekom. Die Bnritse gesagvoerders het kommissaris-generaal Sluysken gevra om toegelaat te word om die Kaap in beskerming te neem teen ‘n moontlike aanval van die Franse. Hulle het hul versoek gerugsteun deur ‘ n missive van die Prins van Oranje, gedagteken vanuit Kew, Engeland, 7 Februarie 1795, waarin die Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop gelas word om die Britse soldate in die Fort en verder in die kolonie toe te laat, asook die Britse oorlogskepe, fregatte e.a. gewapende vaartuie in Valsbaai of enige ander plek waar skepe met veiligheid kon aanlê, en hulle te beskou as troepe en skepe van ‘n moondheid wat in vriendskap en alliansie met Hul Hoogmogendes verkeer en gekom het om te belet dat die kolonie deur die Franse binnegeval word.
Sluysken, in oorleg met die Politieke Raad, kon aan die versoek van die Britse bevelvoerders nie voldoen nie, ondanks die lasbrief van die Prins van Oranje. Mettertyd is Britse troepe in Simonsbaai aan wal gesit en is tot vyandelikhede oorgegaan. Die missive van die Prins van Oranje moes ‘n verlammende uitwerking gehad het op kol. Robert Jacob Gordon, hoof van die gehele krygsmag wat teen die Engelse gemonster kon word, daar hy ‘n sterk aanhanger van die Oranje-party was, soos trouens ook die geval was met lt.-kol. De Lille, wat in bevel van die infantrie-regiment was, en baie ander offisiere.
Die Patriotte-burgers daarenteen was aanvanklik vasbeslote om tot die laaste druppel bloed vir die behoud van hul vaderland te veg, want hulle was bevrees dat, as die Engelse sou seëvier, hulle miskien in nog groter slawerny gedompel kon word as selfs onder die Kompanjie, terwyl, as die Kaap vir Nederland behoue sou bly, hulle van die soewerein groter regte en vryhede kon verwang.
Die Nasionale Kommandant van Swellen dam, Petrus Jacobus Delport, die siel van die hele Nasionale beweging aldaar, het op 10 Julie 1795 ‘n taamlik parmantige brief aan “Meyn Heer Geberaal van de vloot van de Koning van Groot-Brittanje” gestuur, waarin hy hom gewaarsku het dat daar nog skutters w as wat ‘n vyand reg in die oë durf kyk. Hy het aan die hoof van ‘n afdeling Swellendammers ten stryde getrek.
Louis Almoro Pisanie, ‘n gemoedelike persoon van Italiaanse herkoms, wat as soldaat uit die Kompanjiesdiens gedros het en later begenadig is en burgerregte aan die Kaap verkry het, het ná die vertrek van Delport homself tot Nasionale Kommandant verhef en met ‘n klompie manskappe Kaapwaarts vertrek. Uit die Land van Waveren ht hy ‘n brief met dreigemente aan kommissaris-generaal Sluysken gerig en binne 24 uur ‘n antwoord op die besluit van die Nasionale Konvensie van 16 Julie 1795 geëis. Dit het tot sy gevangeneming en opsluiting in die Kasteel gelei.
Met die verdediging van die Kaap, in die besonderhede warvan ons hier nie hoef te tree nie, het dit oor die algemeen maar swak gegaan. Sluysken het tot sy beskikking gehad ‘n regiment voetvolk van 25 offisiere en 546 mandskappe onder lt.-kol. De Lille, ‘n artilleriekorps van 27 offisiere en 403 manskappe en di Pandoerkorps van 210 man, almal onder aanvoering van kol. R.J. Gordon. Hierdie staande mag is aangevul deur 1 140 berede burgers uit die buitedistrike en 340 man voetvolk uit Kaapstad.
Die engelse mag het bestaan uit tussen vier- en vyfduisend goed bewapende manne, ryklik voorsien van geskut. Die Patriotte-burgers, wat so dapper opgetrek het om aan die gevegte deel te neem, het eerlang, veral ná die uiters lafhartige of verraderlike gedrag van lt.-kol De Lille hul vertroue in die leërleiding totaal verloor en eindelik mismoedig huiswaarts begin keer.(8) Die mag onder kol. Gordon moes spoedig die vlag voor die Engelse stryk.
(8)Daar bestaan gegronde rde om aan te neem dat De Lille hom deur die Engelse laat omkoop het. Vgl. Records of Caple Colony, 1, p.230
Oorgawe van die Kaap
Met die formele oorgawe van die Kaap aan die Engelse bevelhebbers op 16 September 1795 het die gesag van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie aan Afrika se suidpunt vir goed verdwyn. Die Kompanjie self is in 1796 ontbind, soos vier jaar tevore die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie.
Met die verandering van bewind aan die Kaap tree die Suid-Afrikaanse geskiedenis ‘n nuwe tydperk binne. Die Graaff-Reinettes het wel nie dadelik tot bedaring gekom nie en die eerste landdros, F.R. Bresler, wat deur genl. Crag daarheen gestuur is, was verplig om onverrigtersake te vertrek, maar in die loop van 1796 het hulle hulle aan die Engelse bestuur onderwerp.
In 1797, met die inhegtenisneming van Adriaan van Jaarsveld op aanklag van vervalsing, was daar egter openlike verset teen die regering, dog met tragiese verloop. Die Swellendammers het ná die oorgawe van die Kaap in die nuwe toestand berus, maar dat daar nog roeringe onder die oppervlakte was, blyk daaruit dat die eertyds gevierde Nasionale Kommandant, Deport, wat die eed van trou aan die Bitse koning nie wou aflê nie, in 1798 uit die land verban is.
Die lang stryd wat die Suid-Afrikaanse koloniste gedurende die tydperk onder behandeling volgehou het ter verkryging van seggenskap in die regering van hul land en van ander burgerlike voorregte, sowel as die erkenning van algemene menseregte, moet beskou word as van buitengewone betekenis vir die wording van die Afrikanernasie. Die grootste denkbeelde sou nie in rook verdwyn nie. In die Groot Trek en lank daarna sien ons onmiskenbare spore daarvan.
— — — oOo — — —