Wit vlag, Arme Blanche
Wit Vlag, Arme Blanche
Elandslaagte, naby Ladysmith, Natal, 21 Oktober 1899
“ Ons het klaargemaak net toe dit oor die veld donker word & toe kom die reaksies, ek het kalm geword, siek gevoel toe ek die dooies en sterwendes sien, aaklige gesig, naar en verskriklik, ‘n mens sien net bloed, hoor net die gekreun, en tussendeur moes ons slaap … maar al klink dit miskien snaaks, ek wil nou graag weer veg…” Manskap Prosper Paris
Hoofstuk-aanhef Manskap Prosper Paris, 1ste Manchester Regiment, in ‘n brief aan Getty, 24 Oktober 1899 Man
— — —
Hoofstuk 12
“Trek gou aan, C-kompanie. Ons moet oor ‘n uur in die veld wees. Die vyand is hier.” Die Gordon Highlanders is 40 myl suid van Dundee by Ladysmith van diens af terwyl kapt. Buchanan tussen die wit kloktente deur loop en hierdie vreemde opdragte uitbulder.(1)
(1)Gordon 10 Nov 1899 aangehaal in PPW 54
Dit is net voor 1 nm. op die dag ná die aksie by Talana – met donderweer, mar nie te warm nie, so lyk dit vir troepe wat onlans uit Indië aangekom het. Hoewel hulle nie diens doen nie, is die Highlanders besig genoeg.(2)
(2)Ibid 54, 56. White SD I, 6. Macready Annals 76. Haldane se getikte outo-biografie I, 133-203 Hal
Daar is Skotse rokke wat gelap en herstel moet word, kakie-bedekkings om oor die harige swart en wit sporrans vas te werk, en die gebruiklike mengsel van bruin verf en koeimis wat oor die wit singelbande geverf moet word.(3)
(3)Gardyne Gordons III, 15, 457-9
Toedie kaptein weg is, bars die Jocks uit van die lag. Hulle het pas van die vorige dag se o orwinning by Talana gehoor. Hoe kan die vyand nou so naby Ladysmith wees? En die gedagte dat hulle oor ‘n uur in die veld moet wees. Dit klink na ‘n draakstekekry.(4)
(4)PPW tap
Tog, ‘n uur later marsjeer die bataljon met swaaiende Skotse rokke na Ladysmith se stasie. Hulle is vyf kompanies sterk: 20 offisiere en 483 man, onder hul bevelvoerder, lt.-kol. William Dick-Cunyngham. Niks behalwe hul slagswaarde onderskei die offisiere van die manskappe nie en die tamboer-majoor dra ‘n geweer in plaas van ‘n trom.
By die stasie word hulle in ‘n trein geprop. Onder die krygstoerusting is die Skotse uniforms feitlik onsigbaar. Onder die kris-kras van die singelbande dra elke man twee bandeliersakkies op sy bors, ‘n netjies opgerolde oorjas en ‘n waterbottel; verder ‘n Lee-Metford-geweer, ‘n volgepropte hawersak, honderd ekstra patrone, veldverbande en die res.(5)
(5)Haldane-moeder 22 Okt 1899, Hal. Gardyne III, 16, 26
Binne minute vertrek hulle. Soos toe hulle van Durban af gekom het, ry hulle in oop veetrokke met twee lokomotiewe voor. Voor hulle, in ‘n ander trein, is sewe kompanies van die 1st Devons. Nog vroeër in die dag het manskappe van die Natal Mounted Rifles en die Natal Artillery en vier kkompanies van die 1st Manchesters vertrek, met ‘n pantsertein vooraan.
Die berede troepe – een eskader van die 5th Lancers, een van die 5th Dragoon Guards en vyf van die Imperial Light Horse – ry te perd saam met die trein. Twee batterye grofgeskut – 12 van die gebruiklike 15-ponders – is reeds met dubbele spanne galoppende perde uit Ladysmith gestuur.(6)
(6)White tap.OH I, 160-1, 464. TH II, 178-9. Breyt I, 241-2
Geveg of nie, dit is ‘n besielende skouspel – die lokomotiewe wat die oorlog soos kruisers tegemoet stoom. Die leikleurige skoorsteen en ketel van die pantsertrein wat voor ry, word soos die skoorsteen van ‘n slagskip deur staalplate van ‘n halfduim dik beskerm.
Net anderkant Modderspruit, 12 myl noord van Ladysmith op die spoor na Dundee, rammel die optog tot stilstand. Die manne kry bevele om af te klim.(7) Langs die spoor staan twee generaals met rooi lussies en ‘n majoor van die Imperial Light Horse. Al dlrie, gestewel en gespoor, bespreek hul moontlike taktiek.
(7)Steevens Cape Town to Ladysmith 43-7. White tap. OH I, 163
Die kortste van die twee generaals het ‘n onmiskenbare voorkoms. Met sy swaar ken, bakbene en bulnek lyk hy na die klassieke kavalleris. Die 47-jarige genl.-maj. John French is die wit hoop van die Britse ruitery. As hierdie militêre afdeling homself in Suid-Afrika moet bewys – die tradisionele arme blanche (wit wapen) van die swaar en die lans teen moderne magasyngewere – hang dit van French af.
Ten spyte van sy kavallerie-swier is French uitgeslape.(8) Nog meer uitgeslape, so word gesê, is sy hoofstafoffisier, maj. Douglas Haig. Die twee manne is ‘n week ná Sir George White inderhaas van Durban hierheen gebring, en het maar die vorige oggend aangekom.(9)
(8)French Life 3, 56. Goldmann With General French titelplaat
(9)Haig se dagboek 20 Okt 1899, brief aan Henrietta 26 Okt 1899, Haig 148, 157
Die tweede generaal is lank en wek ‘n enigsins tamme indruk – Ian Hamilton, die vernaamste lid van Roberts se Ring. Wat saam met White uitgekom het. Hoewel hy amptelik nog maar ‘n kolonel is, het homself as waarnemende bigadir in die Tira-veldtog op die noordwestelike grens van Indië onderskei. White het Hamilton in bevel van die infanterie-brigade geplaas. Vir Hamilton is dit ‘n emosionele oomblik.
Sy eie regiment is die 2de Bataljon van die Gordons (die gewese 92ste), wat saam met die 60th Rifles een van die vernaamste slagoffers van die Eerste Vryheidsoorlog was. Hamilton self is op Majuba ernstig gewond – vandaar sy gebreklike linkerpols – en gevange geneem. Vandag is die Gordons een van die drie bataljons in sy brigade.(10)
(10)Sampson en Hamilton Anti-Commando 112
Die majoor van die Imperial Light Horse, Aubrey Woolls-Sampson, in teenstelling met Hamilton, het die voorkoms van ‘n kolonialer: sondeurdrenk, die ene staal en voorslag. Ook hy is in die Eerste Vryheidsoorlog gewond; aan sy nekslagaar is daar ‘n litteken so groot soos ‘n sjieling. Soos die meeste lede van die ILH dra ook hy die sielkundige littekens van die fiasko van die Jameson-inval.(11)
(11)Ibid 49, 79-82, 98-9. Steevens 68
Voor hom lê die kommando wat die Uitlanders as hul persoonlike vyand beskou: die Johannesburgse kommando onder kommandant Ben Viljoen. Nou is die oomblik om hulle op daardie twee wit vlae te wreek: dié by Majuba, dié by Doornkop.
Die vorige aand het White verneem van Symons se taktiese oorwinning by Talana en van deel van die hoë prys wat betaal is: Symons se dood en die verlies van ‘n groot aantal offisiere en manskappe. (Die Engelse sou eers later verneem dat Möller se kavallerie oorgegee het.) Hy is nog steeds begryplik bekommerd oor die strategiese bedreiging van ‘n getalsoorwig teen sy verdeelde magte.
Daardie oggend voor dagbreek het hy French en ‘n aantal ruiters uitgestuur om die weld te verken. Ry na Elandslaagte, was Frenchse opdrag, waar die vyand glo die spoorweg en telegraafdraad na Dundee onderbreek het. Dek die ingenieurs wat hierdie kommunikasies moet herstel.
Op sy kavallerie-verkenningstog het French ontdek dat die vyand die stasie by Elandslaagte beset het. Dit het geblyk dat die die Johannesburgse kommando was, onder opperbevel van genl. Kock, plus 200 Duitse en Nederlandse vrywilligers. Hulle het Symons se garnisoen by Dundee verbygesteek en met sowat 1 000 man voortvarend oor die Biggarsberg na Ladysmith gery – sonder om hulle aan Joubert se sorgvuldige strategiese planne te steur.(12)
(12)Breyt I, 197-9. Viljoen Reminiscences 23. Schiel 23 Jahre 417-19
Dit kan vir French ‘n Godgegewe geleentheid wees om hierdie swak kommando te verwoes terwyl dit alleen staan. Dit is ook nodig om die verbindings met Dundee te herstel. Gevolglik het French White per telefoon gevra om aansienlike infanterieversterkings te stuur. Dit was die boodskap wat die Gordons en die Devons vanoggend per trein hierheen gebring het.(13)
(13)Haig se dagboek & brief tap. OH I, 160-1. TH II, 177-9
Van die punt waar die manne afstap, strek die spoorlyn oor ‘n min of meer gelyke vlak nog twee myl verder na die Elandslaagte-stasie. Aan die einde van die spoor staan die steenkoolmyn met sy swart rook en skagingange. Regs van die spoor is ‘n klipperige, beskuitkleurige rantjie. Hierdie rantjie vorm ‘n bog tot by ‘n tweede randjie en anderkant die verste en stelste rantjie van die hoefyster, sowat ‘n myl suidoos van die stasie, half verskuil tussen vier koppies, is die wit tente en waens van kommandant Kock se laer sigbaar.
Die taktiese probleem is hoe om hierdie natuurlike vesting aan te val. Die koppie is maar 300 voet hoog, die helfte so hoog soos Lucas Meyer se stelling op die kruin van Talana. Maar hier is geen bos of mure nie. Daar is trouens geen dekking op die deinende vled behalwe die klippe en miershope nie.(14) En hier op Elandslaagte, net soos op Talana, ahet die Boere drie 75-mm-veldkanonne. Die bomme van hierdie kanonne, met hul langer brandende lonte, kan duisend tree verder trek as die Britse 15-ponders.(15)
(14)OH Kaart Deel I. TH II, 181-2
(15)Lt-kol. Coxhead PRAI XXVII 439, 441-2
In terme van manne en kanonne het French egter ‘n enorme getalsoorwig bo Kock – weens Kock se dwaasheid om vroeg op te ruk. French het 1 630 voetsoldate, 1 314 ruiters en 552 kanonniers met 18 stuks grofgeskut teenoor Kock se 1 000 man en drie kanonne.(16) En teen dié tyd het French en Hamilton oor ‘n aanvalsplan besluit. Soos by Talana sou dit die konvensionele Aldershot-stel wees.
(16)OH I, 464, Breyt I, 197
Maar daar is belangrike verskille tussen French en Hamilton se taktiek en dié van die ongelukkige Symons. French glo in die kavallerie-handboek. Hy het geen voorneme om die ruiters los te laat vor die voetvolk geslaag het nie. Hamilton, daarenteen, betwyfel die doeltreffendheid van konvensionele infanterie-taktiek teen die magasyngeweer. In Noordwes-Indië het hy gesien hoeveel welslae ‘n klompie Afridi’s met gesteelde Britse gewere teen Britse troepe in die konvensionele skouer-tot-skouer-formasie kon behaal.
Nou beveel hy sy infanterie-kolonels: hou die orde buitengewoon oop. Die Devons moet oor ‘n front van duisend tree opruk, drie tree tussen elke man; die sewe kompanjies moet met sulke breë gapings ontplooi word dat die afstand van die voor- tot die agterhoede byna ‘n myl sal wees.(17)
(17)TH II, 183
Teen drie-uur het die perde van French se kavallerie, wat al sedert die vroeë môre op die been is, water gekry. Ook het al vier treine nou hul vragte op die veld langs die spoorweg afgelaai. Hamilton sit sy plan uiteen. Die Devons gaan die eer hê om die frontaanval te loods, reg oor die binnekant van die hoefyster-rantjies. Die ander twee infanterie-bataljons – die Gordons en die Manchesters – met die ILH (maar sonder hul perde) moet versigtig ál langs die toon van die hoefyster beweeg en die vyand se linkerflank neem.
Manne uit elke regiment juig en swaai hul helms. “Ons sal dit doen. Ons sal dit doen, kolonel.” Teen 3.30 nm. begin die lang, reëlmatige kakie rye die kaal veld stippel. Agter hulle, as melodramatiese agterdoek, doem die groot, aambeeldvormige wolk van ‘n naderende donderstorm op.(18)
(18)Ibid II, 182
Onder die angstige toeskouers op die eerste rantjie is die persmanne van vier Londense koerante, die manne oor wie Monypenny ‘n scoop behaal het deur na Talana te vertrek.Hierdie gedistingeerde groep het daardie oggend op ponies en in kapkarre uit Ladysmith hierheen gereis.
Henry Nevinson van die Chronicle is ‘n kritikus en ‘n sosialis, ‘n kampvegter vir vroueregte, asook ‘n deeltydse soldaat. Steevens van die Mail en Bennet Burleigh van die Telegraph is die vooraanstaande oorlogskorrespondente van hul tyd. Melton Prior van die Illustrated London News is die bekende oorlogskunstenaar.
Dit was die manne, en ander soos hulle, wat die oorloggies van die laat Victoriaanse tydperk aan hul tydgenote bekend gestel het. Met pen en penseel het hulle die slagveld tot in elke Victoriaanse voorkamer gebring: Gordon se laaste stelling; Goirdon se wraak, en al daardie taltyke ander veldslae in afgeleë wêreldstreke wat die Empire se glorie sou verhoog het.
Dit is nie dat enige van hierdie korrespondente growwe jingo’s is nie. Elkeen het die oorlog beskryf of geteken soos hy dit sien: as ‘n taak om af te handel, in Prior en Burleigh se oë; as ‘n krygsgedig in dié van Steevens.(19) Maar almal (behalwe miskien Nevinson) het ‘n oorlog wat duisende myle van Engeld plaasvind, in ‘n bekende en aanvaarbare deel van die Victoriaanse ondervinding omgeskep.
(19)Sien Nevinson The Siege of Ladysmith Changes and Chances. Steevens a.w. Burleigh Natal
Die Devons gaan eerste oor die rantjie – 900 anonieme vaal kolletjies wat met die veld saamsmelt. Afgesien van die besonder oop orde is dit presies soos ‘n velddag. Kompanie-bevelhebbers blaas op hul fluitjies, manne vuur gelyk in salvo’s. Hulle rus. Hulle storm in vaste rye vooruit. Hulle vuur weer. Alles gebeur reëlmatig, met vaste tussenpose.(20) As soldaat bewonder Nevinson die vertoning: dit is beter as menige krygsoefening by Aldershot, merk hy op.
(20)Steevens 47-8. Times 11 Nov (verslag van 25 Okt). TH II, 184
Deur sy kragtige verkyker kan Nevinson ook die Devons se vyande, die Boere, anderhalfmyl daarvandaan sien. “Ek het een man in ‘n swart pak,” sou hy later skryf, “baie lank dopgehou – of so het die gevoel. Hy het oop en bloot daar gestaan en sy arms geswaai, blykbaar met opdragte vir sy manne. Bomme het oor sy kop ontplof en die koeëls moet om hom neergereën het. Een of twee keer kon ek hom sien val, asof hy op die klippe gly, tot ‘n skrapnel uiteindelik reg in sy gesig ontplof en hy soos ‘n lappop imekaarsak.”(21)
(21) Nevinson 36-8
Maar in die vallei, nou nie meer vir Nevinson sigbaar nie, kry die Devons dit ook opdraand onder die storm van magasyngeweervuur. Namate die afstand tussen die twee magte krimp, reik die waarnemende bevelhebber, maj. Park, nuwe bevele uit: vuur onafhanklik Hy deel die kompanie-bevelhebbers mee dat hy van Hamilton instruksies ontvang het om die frontaanval nie deur te druk voor die Manchesters, die Gordons en die ILH om die flank beweeg het nie.
Dankbaar werp die manne van die Devons se voorste drie kompanies hulle agter klippe en miershope sowat 900 tree van die vyand neer. Die Boere se stelling is ‘n klen koppie met die vorm van ‘n suikerbrood.(22)
(22)Jacson Record of a Regiment 14-19. White SD I, 6-7. OH I, 164-5
Dit is vir die manne verbasend dat hulle so min ongevalle gely het: net “hant heaps” (miershope) om agter te skuil, sou trommelaar Boulden van Kompanie D later huis toe skryf, “en toe moes ons plat lê en die koeëls kom dik rondom ons en ons ruk so mooi op, hulle sê hulle was verbaas om dit te sien en dat ons net soos ‘n klipmuur opgeruk het, en ons het ook. …”(23)
(23)Tromlr. Boulden 24 Mrt 1900. Devonshire Regt. Museum Exeter
Intussen woed die hoofstryd regs van die Devons, waar die Manchesters hulle in Kock se voorste berede skutters vasgeloop het. Die Manchesters is op hierdie oomblik in drie rye, en die kolonel gee die bevel: val plat en begin salvo’s vuur. Die onsigbare Boere reageer met ‘n stortreën Mauser-koeëls.(24)
(24)Manchester Regt. Records Man. OH I, 166-7
Kapt. Newbigging, die adjudant, kan hoegenaamd geen skuiling op die grasbedekte helling kry nie. Soos sy manne lêg en terwyl die koeëls grond oor hom strooi. Regs van hom word ‘n man in die maag getref en begin klaaglike geluide maak. Eindelik val die voorste ry Boere wat in die rotse voor hulle skuil, na die hoofstelling op die rant regs van die suikerbrood terug.
Newbigging hardloop vorentoe en beveel die vuurlinie om op te ruk. Die Manchesters beweeg dus om die hoek van die hoefyster terwyl die Gordons en die ILH regs van hulle ingaan. Terwyl die manne gebuk vorentoe beweeg, kyk Newbigging vlugtig na sy horlosie. Dit is 3.47 nm. Die slag is nog maar 17 minute aan die gang.(25)
(25)(Newbigging) Times ;8 Des 1899. Nog ‘n offis. V.d. Manchesters Times 18 Nov 1899
Nou is dit die Gordons se beurt, die ou 92ste. Terwyl die kolonel, Dick-Cunyngham, sy manne in ‘n soort sig-sag-formasie vorentoe lei, draf Sir George White op sy ros verby. Die generaal het pas uit Ladysmith aangekom – nie om die taktiese bevel van French oor te neem nie, maar eenvoudig om as toeskouer teenwoordig te wees.(26) (Hierdie konvensie is in kleiner oorloë van die tydperk aanvaar.)
(26)OH I, 164
Sir George wuif vir party van die offisiere wat hy ken. “Kyk na my, kêrels … ek was vroeër in daardie regiment.”(27) Hy het die 92ste in aksie gesien toe hy in die oolog in Afganistan in bevel daarvan was. Hy lyk ingenome – ingenome en trots.
(27)Haldane ongepubliseerde outobiografie 140 Hal Gardyne III, 18
Maar die moedige ou 92ste bevind hom spoedig in ‘n erger gemors as òf die Devons òf die Manchesters. Ondanks hul pogings om hulself met kakie en koeimis te kamoefleer, is die Skotse troepe natuurlike teikens. Hul donkergroen rokke staan feitlik teen die grysbruin veld afgeëts; en die kol van die teiken, sou ‘n mens kon sê, is die plek waar die swart-en-wit sporran onderaan die Skotse lyfband hang.
Toe die manne die Boere se vuurlyn aan die suidelike kant van die hoefyster bereik, word hulle ‘n moesonreën geweervuur vasgevang. Om sake vir hulle nog moeiliker te maak, is daar toevallig ‘n doringdraad op die plek waar hulle oor die hoofrant moet gaan. Hulle sny op verskillende maniere gate in die draad. Een van die offisiere, Lord George Murray, het ‘n tang. ‘n Manskap breek ‘n stuk van die draad met die blote krag van sy hande af.
Mauser-koeëls plons rondom hulle. Maar die bataljon verloor nou vinnig offisiere. Dick Cunyngham word honderd tree anderkant die draad getref; sy arm is gebreek. Hy kom orent, hardloop ‘n paar tree en skree: “Voorwaartsmanne, ek kom!” Toe val hy flou.
Groepe manne storm keer op keer vorentoe terwyl hulle onafhanklik vuur. “Vooruit – staak vuur – vooruit!” Die fluitjies blaas. Koeëls plons rondom hulle. Manne tas en struikel oor gesneuwelde kamerade. Einde ten laaste bevind die voorste kompanies van die Gordons hulle in die skuiling van ‘n klipperige holte onder die rand.(28)
(28) Haldane se dagboek 21 Okt 1899 Hal. Ibid 18019. Steevens 51-2. TH II, 185-6
Dit is op hierdie oomblik – omstreeks 4.30 nm. – dat Steevens en die ander oorlogskorrespondente sien hoe die lug verdonker soos ‘n volbloed-donderstorm oor die veld swiep. Eers word die boere se posisie in bonatuurlike besonderhede teen die lyn van die lug afgeëts; elke wit skrapnel-ballon blink helder teen die donker hemel. Toe vul ‘n geweldige gesis die lug. Perde begin bewe en draai hul rug na die storm. Die stowwerige veld verander in modder. Die slagveld verdwyn agter ‘n gordyn stortende water.(29)
(29)Steevens 52. (James) Times 18 Nov 1899
Vir die Britse infanterie wat onder die rant wag, is die storm die oomblik. Stadig begin die Gordons teen die steil rant opklim, tussen verbrokkelde rotse deur. Links van hulle vorder die Manchesters vinniger teen die bult op. Die manne is kwaad.(30) Regs van hulle het diie die Imperial Light Horse hul perde agtergelaat. Kol. John Scott Chisholm lei hulle. In sy hand het hy ‘n wanderstaf waaraan die rooi serp van die Lancers (sy ou regiment) vasgemaak is.(31)
(30)James tap
(31)Sampson & Hamilton Anti-Commando 113-4
Selfs in dié stadium kon die aanvallers geweifel het as die brigadier, Ian Hamilton, nie na die vuurlyn aangery gekom het nie. Hy gee die bevel. “Bajonette op. Storm.” Tamboermaj. Lawrence van die Gordons storm die vuurline binne en speel die korps se krygsroep. Die manne juig geweldig. In antwoord hierop kom die geluid van die Devons se beuel uit die vallei onder hulle op. Die Devons het die frontaanval hervat.(32)
(32)Gardyne III, 21-2
Terwyl Hamilton agter die ILH teen die helling opsukkel, kan hy kol. Chisholme se rooi syserp voor die manne sien uitbeweeg. Dit was ‘n inspirerende skouspel, sou hy later skryf, om Jabber Chsholme se “rooi lappie al verder te sien vorder”.(33)
(33)Sampson & Hamilton tap
Uiteindelik gebeur die onvermydelike: Chisholme val, met skote deur sy bene, long en kop. Woolls-Sampson, die tweede in bevel, kry ‘n dyskoot. Die helfte van die ILH is plat. Maar die hygende, strompelende lyn voetsoldate beweeg onverbiddelik vooruit. Bajonette word in die hardloop gevel.(34)
(34)Gardyne III, 21-2
Die eerste Brit wat oor die rant kom, is die adjudant van die Manchesters, kapt. Newbigging. Hy spring oor die ruwe klipstapel wat die Boere as ‘n verdedigingslyn gebruik het. Die Boere het nie vir die bajonette gewag nie, maar vuur nou vanuit ‘n nuwe stelling 200 tree verder. Newbigging se soldate val plat. “Ons mannje was so moeg,” sê hy later, “dat hulle ‘n paar minute moes lê en skiet. Toe storm ons weer en hulle val weer terug na ‘n nuwe stelling, en ons jaag hulle daar ook uit.”
Nou sien Newbigging een van die Boere se veldkanonne reg voor hom, verlate. “Ek pyl so wat ek kan op daardie kanon af. ‘n Sersant-trommelaar van die Gordons het dit ook gesien, maar ek klop hom met ‘n kort kop. Toe sit ek op die kannon en wag vir ons manne om te kom besig nieem.”(35)
(35)Newbigging tap
Dit is 5.55 nm., en die oorwinning is seker – so lyk dit. Dit begin reeds skemer word. Onder die rant kan die Engelse sien hoe die Boere hul perde opsaal en weggelaop. Iemand hys ‘n wit vlag. Hamilton, wat nou op die kruin van die rant by Newbigging aangesluit het, gee die bevel. “Staak vuur, laat die kavallerie in!” Getrou aan die velddag-beginsel dat ‘n geveg moet ophou wanneer die doel bereik is, het die manne reeds hul gewere laat sak.(36)
(36)White tap. OH I 169. TH II, 187-8
Maar die wit vlag verdwyn skielik. ‘n Teenaanval vanuit die klippe daar onder (o.l.v. genl. Kock self) laat die Engelse veertig tree terugsteier. Newbigging self het vorentoe getree om ‘n gevangene te neem en sy rug was na die Boere-kampgekeer toe die skietery weer begin. Hy word tien tree ver geslinger en bly met ‘n lang wond in sy rug op die grond lê(37)
(37)Newbigging tap
Langs hom word lt.Danks noodlottig gewond. Die Gordons en die ILH ly ewe swaar verliese. Die klein groepie Boere, onder aanvoering van genl. Kock, in ‘n manelpak en pluiskeil, skiet hul magasyne op ‘n afstand van 50 tree in die Engelse geledere leeg. Maj. Denne word langs Hamilton doodgeskiet. In die verwarring begin die Britse linie in die rant terugval, met soldate uit die verskillende eenhede deurmekaar. ‘n Paar Boereskutters kom weer van agter die rotse te voorskyn en brand wild los.(38)
(38)OH I, 169-70. TH II, 188
Maar die verwarring is tydelik. Stafoffisiere hardloop vorentoe en swaai hul swaarde. Pleitend en vloekend kry hulle die manne weer in lyn. Hamilton self is opvallend aan die voorfront. Die doedelsakke begin blaas. Trommelaar May van die Gordons speel die aanval. En oomblikke later stroom die massas Hooglanders weer oor die kruin. Die Mauser-skote hou skielik op. Die hele affêre het maar ‘n paar minute geduur. Terselfdertyd het die voorste kompanies van die Devons eindelik die stelling by die suikerbrood oorrommpel.(39)
(39)Steevens 54. OH I, 167-8
Een van die oorlogskorrespondente wat tot by die vuurlinie opgekom het, sien die oomblik van triomf: “Hulle juig wild, tel hul helms op hul bajonette omhoog, terwyl die een ry na die ander kakie-figure soos honde deur ‘ n gaping, op die stelling afstroom en wil skree: ‘Majuba, Majuba’.”(40)
(40)Nevinson 38. Steevens 54
Die infanterie het geseëvier. Nou mopet die kavallerie stromloop kom.
In die laaste jare was die arme blanche van die Britse Weermag nogal ‘n teleurstelling op die slagveld. In die ruwe wêreld van Indië se noordoostelike grens is gewone kavallerie in aanvalle feitlik nutteloos. By Omdurman het die 9th Lancers hul beroemde stormloop uitgevoer – en duur daarvoor betaal. By Talana het Möller se kavallerie weggery – in die arms van die vyand.(41) Maar hier op die veld, so plat soos Salisbury Plain, waar hulle teen ‘n verslane leër te staan kom, het die kavallerie se kans om sy waarde te bewys.
(41)OH I, 138-40
Hierdie laaste bedryf van die slag het nie die oorlogskorrespondente se volle aandag ontvang nie. Hulle moet ‘n lang ent naLadysmith terugry om hul berigte te kabel. “Triomf vir Britse wapens. … Majuba omgekeer.”(42)
(42)Kabel in Natal Mercury 22-3 Okt 1899. James High Pressure 124-6
Buitendien is daar sekere sterk gekruide aspekte van die kavellerie-stormloop wat in die Victoriaanse sitkamer bepaald onaanvaarbaar sou gewees het. Steevens skryf ‘n kort perorasie: “Daar was ook – dank die hemel, dank die hemel – eskaders Lancers en Dragoon Guards wat tussen hulle instorm. Met krete en spiesstore word (die Boere) in die grond gestamp. Staak vuur.”(43)
(43)Steevens 55
Slegs Nevinson laat iets van die werklikhede van die stormloop deurskemer, ‘n stormlooop wat die veld spoedig in ‘n halfmyl lange slaghuis verander.(44)
(44)Nevinson 38
Vierhonderd ruiters wat oor ‘n vlakte galop, is veronderstel om ‘n onweerstaanbare mag te wees. Dit kom nie eenvoudig tot stilstand omdat die vyand wil oorgee nie. “Vel sabels – lanse!” In netjiese rye begin die Dragoons en Lancers oor die vlakte bulder. Dit is nou sesuur, sterk skemer. ‘n Halfmyl verder het die Boere opgesaal. Onbewus van dié naderende gevaar begin hulle terugry.
Die stormende kavallerie vang hulle van die kant, soos die staalboeg van ‘n slagbodem wat die flank van ‘n houtskip tref. Ooggetuies hoor die geknars van die botsing – staal teen leer en been en spier – en sien die offisiere se rewolwers flits, en hoor die gille van Boere wat probeer oorgee. Die Lancers en Dragoons dreun verder. Dosyne Boere en party van hul Kleurling-agterryers bly stukkend gesteek en gesny op die grond lê. Die kavallerie swem om en galop terug om ‘n tweede stormlooop uit te voer.(45)
(45)OH I, 169. Gore Green Horse 18-24. PPW 64-5 haal manske. van 60th en 5th Lancers aan. TH II, 190-1
(“Most excellent pig-sticking … for about ten minutes, the bag being about sixty,” sê een van die offisiere later.)(46) Weer die krete en die gille. Die Boere val van hul perde af en rol tussen die rotse. Hulle pleit om genade, hulle smeek om doodgeskiet te word, alles behalwe die gesteek van die lanse. Maar die Engelse het gehoor dat die Boere ‘n wit vlag misbruik het, en buitendien, die bevel was: geen gevangenes nie.(47)
(46)Offisier aangehaal inTimes 13 Des 1899
(47)Mansk. Van 5th Lancers PPW 65. Nevinson Ladysmith 38
‘n Derde keer storm die Lancers en Dragoons, maar hierdie keer het die stormloop nie meer sy eerste demoniese momentum nie. Selfs die ywerigsteEngelse het ‘n bietjie van hul geesdrif verloor. Een sou later skryf: “Ons het net aangehou om ons lanse deur hulle te steek – dit was ‘n vreeslike ding, maar jy moet dit doen. …”(48)
(48)Mansk. Van 5th Lancers aangehaal PPW 64-5
Nevison self praat met ‘n korporaal van die Dragonders, wat hom meedeel: “Ons het hulle net ‘n goeie steek gegee waar hulle lê. En die meeste lanse was ná die slag vol bloed.”(49)
(49)Nevinson tap
Teen dié tyd is dit 6.30, en die aand het gedaal, ‘n snelle Suid-Afrikaanse sonsondergang, vergesel van ‘n Skotse misreën. Die Indiese draers stap heen en weer en tel die gewondes in doelies op. Die ongewonde Britse soldate skukil in Elandslaagte se stasie teen die reën. Genl. Hamilton self moet onder ‘n wa klouter om te skuil.(50) Daar is nie behoorlike ligte nie. Iemand spoor ‘n lantern en kerse op. Die Tommies begin spog oor hul ondervindings. Viir een van die offisiere is dit die ergste deel van die hele geveg.(51)
(50)Steevens 64. TH II, 192-3
(51)Offis. Van Manchesters aangehaal Times 18 Nov 1899. Sien bv. kanonnier Williams se grootpratery aangehaal in PPW 66
Buite, teen die klipperige kop, lê die gewondes van albei volke in die modder en die koue. Sir George White het maar een dokter van Ladysmith uitgestuur. Baie van die gewondes moes die hele nag daar teen die heuwel lê.(52) Woolls-Sampson is hulpeloos, met sy gebreekte dy; hy dui die posisie van die ILH se dapper stormloop aan.(53) Ondanks sy wond is Woolls-Sampson redelik tevrede.
(52)Steevens 56-65. TH tap
(53)Sampson en Hamilton Anti-Commando 114-15
Die Boere het nog meer lewens as die Engelse verloor. Kmdt. Viljoen het gevlug. Dr. Coster (die oud-Staatsadvokaat), Van Leggelo (die Staatsaanklaer) en omtrent 60 ander is dood. Genl. Kock is sterwend. Hy is in die sy geskiet. Sy neef, Philip Kock, is gewond. Dit was sy seun, die 26-jarige regter, wat die Uitlanders rasend gemaak het deur sy utspraak in die Edgar-saak.(54)
(54)
Breyt I, 256-60
Die volgende dag word die oorlewendes van Kock se kommando’s gedwing om deur die strate van Ladysmith te marsjeer, verby skares swartes, baie van hulle oud-myners aan die Rand. “Oepie pas, oepie pas?” (“Waar ‘s jou pas, waar’s jou pas?”) skree die swartes spottend.
Vir Woolls-Sampson en die ILH is dit ‘n nog persoonliker oorwinning. Die lei is uiteindelik skoongevee. Die Johannesburgse kommando is uitgewis. Daardie twee wit vlae maak nie meer so seer nie.(55)
(55)TH II, 188-9
—oOo—