BO Waar is die Boere?

Waar is die Boere?

Tugelarivier naby Ladysmith, Natal, 11 – 15 Desember 1899

“Ek dink met geluk sal ons die boere hierdie kant ‘n goeie pak slae gee, want ons is in alle afdelings sterk …”  Luit. Algy Trotter, Buller se aide-de-campe, aan sy moeder, Frere, 11 Desember 1899

“God zal voor u strijden … En als (de) kop behouden blijft, dood of levend, dan behoudt gij alles.”

President Kruger aan Botha, 13 Desember 1899, telegramnommer 39

Hoofstuk-aanhalings Kapt. A. Trotter-moeder 11 Des 1899, Trot. Botha-Kruger 13 Des 1899 tel no 37, Ley

— — —

Hoofstuk 19

“Nou waar is die boere?” vra die stafoffisier, ‘n man van gedistingeerde voorkoms, op die koppie by Frere. Dit is 11 Desember. Nog onbewus daarvan dat Methuen afgeslaan is, staan die ander helfte van Buller se leër, onder sy persoonlike bevel, teenoor Colenso 12  myl na die noorde.(1)

(1)J.B. Atkins The Relief of Ladysmith 140. Kapt. A. Trotter-moeder 11 Des 1899, Trot

In kdie buitengewoon helder lig kan ‘n mens die stelling by Colenso sien, waar genl. Louis Botha blykbaar sy laer het. Hier styg terras na terras roeskleurige koppies uit die boomryke bodem van die Tugelarivier op om in die spits van Bulwana te eindig. Anderkant Bulwana lê Ladysmith.(2) Die dorp se heliograaf flits af en toe, klaaglik, onverstaanbaar.(3) Maar waar is die Boere?

(2)Sien OH Kaart Deel I “Colenso en die Omringende Gebied”. Sien ook sketskaart deur kapt. A. Trotter 7 Des 1899 vanaf koppie buite Frere

(3)Heliografiese  kommunikasie ingestel op 7 Des 1899. Sien Buller se get voor RCSAW III, 173

“Ek sal u wys, Majoor,” antwoord die kaptein van die brandwag. Langs hulle sit die gewone versameling Boere-kykers: ‘n vlootoffisier wat van diens af is; ‘n klompie oorlogskorrespondente (onder wie John Atkins van die Manchester Guardian, wat die toneel sou opteken). Daar is ook ‘n span heliograwe met ‘ n driepoot. Die Boere-kykers tel hul verkykers op, soos wedrengangers wat na die perde in die verte kyk.(4)

(4)Atkins 140-1

“Die grootste kamp is onder Groblerskloof tussen daardie bome.” “Ek sien dit nie.” “Hulle kruip baie goed weg, Majoor, hulle is duiwels as dit by wegkruip kom. Sien u die kraal?” ”Die een daar ver?” “Nee, net onder die koppie.” “Ja.” “Nouja. Kyk bo-oor, en u sien ‘n wit pad wat links kronkel. Reg, Majoor?” “Ja.” “Nou ja, kyk bo-oor die linkerkantste boom dan sien u ‘n rooierige, lae heuwel.” “Ja.” “Nou ja, daar is ‘n kamp links daarvan. Heeltemal duidelik. Ek kan dit nou met die blote oog sien.”

Daar is ‘n verleë stilte toe dit duidelik word dat die stafoffisier in die verkeerde rigting kyk. Nie dat daar in die regte rigting veel meer te sien is nie.

“Ek dink hulle het laat vat,” sê die stafoffisier na ‘n pouse. Feitlik onhoorbaar voeg een van die manskappe by: “Ek het niks gesien nie. Ek hoop hulle is nie weg nie. Ons gaan jou dôner, Kroojer, ou seun.”(5)

(5)Ibid

Die toneel wat John Atkins van die koppie bo Frere aanskou het, stem in een opsig ooreen met wat Julian Ralph ‘n maand tevore van die koppie by die Oranjerivier gesien het. Hulle veg teen skaduwees. Hoeveel Boere lê agter die boomryke walle van die Tugela en wag? Vyfduisend? Tienduisend? Of het hulle weggesmelt toe hulle die swaar tred van Buller se leërs hoor? Die Field Intelligence Department het die getal Boere aan die Tugela op sowat 7 000 geskat.(6)

(6)OH I, 334-5

Dit is blote raaiwerk. En hoe is hulle versprei? Om die vyandelike stellings hier op die Tugela te verken, is ewe moeilik as by die Modderrivier. Nòg behoorlike verkenning nòg ‘n noukeurige opname van die terrein is moontlik, hoewel Buller later erg kwallik geneem is vir sy onkunde aangaande die Boere se posisie.(7)

(7)Breyt II, 328-30. TH II, 424

Daardie week, terwyl die Boere-kykers die toneel deur hul verkykers betrag, het maj. Elliot en ‘n gewapende  groep kanonniers, 25 in totaal, ‘n trigonometriese opname van die lyn van die Tugela probeer maak. Die Boere het hulle soos wil gejag.(8)

(8)Maj. Eton, PRA XXVIII 397-8

Vandaar dat Buller op die inligtingsdiens se opname moes staatmaak, ‘n opname wat in Pietermaritzburg berei is. Die kaart, op ‘n skaal van een duim vir elke myl, is in die vorm van ‘n bloudruk. Dit is gebaseer op spoorweg- en plaasopnames en op ‘n mikrofilmkaart wat per posduif van Ladysmith gebring is.

Soos die kaarte van ‘n onverkende wêrelddeel, verkondig die bloudruk onbeskaamd: “Oop ruimtes dui daarop dat inligting ontbreek, nie dat die grond plat is nie.”(9) Sover dit die inligtingsdiens se kaart betref – soos met die keuse van generaals, die gebrek aan berede troepe en die strategie van die veldtog self – moet Buller maar die beste van ‘n slegte saak maak.(10)

(9)Kaarte in Sandbach MSS Sand. Kaarte in Jones MSS PV. Vgl. sketskaart in Hart-Synnot Letters

(10)Buller se get voor RCSAW III, passim

Nou het hy besluit om die Tugela by Potgietersrust oor te steek, 15 myl stroom-op. Die boere-kykers drom nog altyd op die koppie by Frere saam toe die heliografiste langs hulle ‘n boodskap op die Morse-sleutel, verbind aan die spieël op die driepoot, begin uittik:

“Skoon lyn. Syfer nommer 72. 11 Desember … Ek is van plan om op die 13de met drie brigades, twee kavallerie-regimente, duisend vrywilligers, vyf veldkanon-batterye en ses vlootkanonne na Springfield te marsjeer … miskien word ek teleurgestel. …(11)

(11)SD I, 485 (tel no 19)

Arme Buller. Dit was allesbehalwe ‘n oordrywing.

In die afgelope 14 dae bied Frere ‘n merkwaardige skouspel. Dit is skaars ‘n dorpie, eintlik maar net ‘n stasiemeestershuis, ‘n hotel en drie ander geboue op die spoorlyn van Durban na Ladysmith en verder. Na die suide lê die kronkelende wapad na Estcourt en die duidelik afgebakende boog van die spoorlyn; na die noorde die natuurlike vestingwerke van koppies ál langs die Tugela; ver na die noordweste die ruwe, reusagtige wande van die Drakensberg, meer as 11 000 voet by sy spits; rooi glans die berg as die dag breek, en teen die aand hul die rook van grasvure hom in ‘n waas, soos die dons op ‘n donker druif. As dit nie daarvoor was nie, was Frere ‘n spikkeltjie sink in ‘n oseaan van sonverbleekte gras.(12)

(12)Atkins 129-30/ Treves Tale of a Field Hospital 3-4. B. Herbert dagboek 7-13 Des 1899, Herb

Daar is die ou Frere, die Frere wat die koloniste na Sir Bartle en sy voorwaartse beleid genoem het. Nou is dit ‘n spikkeltjie sink in ‘n stad van wit tente. Vier infanterie-brigades (16 bataljons), met twee kavallerie-regimente e.a. berede troepe – ongeveer 19 000 man – het in sy stowwerige hoofstraat opgestap sedert Buller se Leëkorps van Durban aangestoom gekom het.

En die treine kom nog steeds; ‘n hospitaaltrein met sewe waens, onder beheer van ‘n gedistingeerde geneesheer, dokter Treves, die Koningin se lyfarts;(13) ‘n trein vol matrose, met ‘n vlootsoeklig wat kode-boodskappe 60 myl daarvandaan teen die wolke kan werp;(14) treine vol verskrikte perde, half dood ná die lang reis van die kus af; treine vol vreemde bale en kratte, onderdele vir die 4.7-duim-vlootkanonne, seksies van pontonbrûe, rolle telefoonkabel.(15)

(13)Treves 4

(14)Lyttelton-vrou 1 Des 1899, Lyt 548. SJ 29 Nov 1899

(15)Buller se tel aangehaal SJ 26 Nov 1899

By die gebulder en gefluit van die treine en die krete van die kampbeuels, word ander, meer eksotiese geluide gevoeg. Op die bodem van die Bloukransrivier lê die ysterkadawer van ‘n spoorwegbrug, ‘n potsierlike en gekronkelde wrak. Botha se manne het dit gedurende hul aftog ná  die aanval op Suid-Natal met dinamiet opgekerf.

Nou hoor mens die ritmiese krete van die swart arbeiders wat ‘n “omleiding” bou, ‘n tydelike spoorweg oor houtdwarslêers. Dan is daar die stemme van die swart wadrywers, hees stemme, soos die krete van papegaaie.(16) “Ai, ai, mooie,” roep die drywers in Zoeloe en klap hul bamboes-swepe soos Mauser-skote oor die span se rûe. Dan beur die 16 osse voor die wa weer vorentoe, soos ‘n reusagtige insek, oor die woestyne van uitgetrape spore en opgedroogde rivierlope.(17)

(16)Treves 5. Oop teen 6 Des. Sien SJ 6 Des 1899

(17)Luit. Alford Des 1899-Jan 1900, Alf

Vir die gewone Britse manskappe was dit ‘n welkome verligting om by Frere te kon stilhou. Hulle is verbaas deur die hitte (teen 102° F in die skaduwee voel dit selfs vir party koloniste warm).(18) Hulle is verdwaas deur hul omgewing. Hulle reis al twee maande, sedert die Leërkorps in Oktober gemobiliseer is. In dié tyd is hulle in propvol troepeskepe verskeep,(19) in veetrokke gelaai en op die hoogte van ‘n Afrikaanse somer afgegooi.

(18)Natal Mercury 23 Des 1899

(19)Sien volledige lys van vaarte in OH I, 471-6

Baie min van hulle is fiks, aangesien daar aan boord van die skip geen ruimte vir behoorlike oefening was nie. Sowat die helfte is reserviste, manne met bleek gesigte wat reguit uit kantore of (soos die myners van die Durham Light Infantry) van onder die grond daarheen gekom het.(20)

(20)Lyttelton-vrou Nov-Des 1899, Lyt

Tog is die moreel hoog genoeg, en dit styg nog hoër toe Buller self op 6 Desember op Frere aankom. “Buller se koms was feitlik alles,”: skryf John Atkins, ‘n veteraan van die Spaans-Amerikaanse oorlog. “Sedert die skielike verandering wat oor die Amerikaanse leër gekom het toe genl. Miles onverwags voor Santiago opdaag, het ek nooit weer gesien hoe een man ‘n leër se bui kan verander nie.”(21)

(21)Atkins 128-9

Waarskynlik sou min van die Engelse manskappe kon verduidelik het wat hulle i.v.m. Buller voel. Maar hy is hulle generaal en hulle glo in hom. Om “Mr Kroojer” te klop, behoort vir ‘ n groot man soos Buller maklik genoeg te wees.(22)

(22)Sien nota 5 en soldatedagboeke (sy) PV

Dit is nie net wat hulle van hom en die oorlog gehoor het nie. Voor die vertrek van die skepe het baie van die manskappe stellig populêre koerante soos die Daily Mail gesien, wat ‘n maklike oorwinning voorspel het.(23) Maar die man self het ‘n merkwaardige magnetise. Dit is gedeeltelik daardie manjifieke Devonshire-naam, wat soos ‘n tromgeroffel van die lippe rol.

(23)Daily Mail v;roeg in Okt 1899 passim

Dit is nog meer die gevolg van wat hy vir sy manne doen: die moeite wat hy doen om te sorg dat hulle kos kry voor hy self begin eet, die manier waarop  hy hemel en aarde versit om te sorg dat briewe van die huis af hulle bereik.

Op ‘n vreemde manier kan hulle hulle met hom vereenselwig. Hy het die bonkige bou en die rooi gesig van ‘n boer uit Devonshire. Hy kan kortaf en beduiweld wees, en hy kan flaters begaan soos hulle almal. Maar hy is so dapper soos ‘n leeu, en as die leeu ophou brul, is daar gewoonlik ‘n vonkeling in sy oë.(24)

(24)Mekville II, 293-4, 302-10. Lewis Butler 78-82. Nevison Essays in Freedom 96-9 (Londen 1911). Sien verklarings deur die gewone soldate, Bull (Crediton)

Hy is nie een van jou rompslomp-generaals nie. Hy stap nie met sy kop in die lug nie. Ou Buller is ‘n ware man.(25)

(25)Onderhoude op band in 1970 met manskappe Packer en Hall, PV

Natuurlik weerhou hul vertroue in Buller die manne nie daaarvan om te kla nie. Om te kla, soos om te vloek, is die agtergrondmusiek van die barakke.(26) En op Frere, ondanks Buller se bemoeiinge, is daar geen tekort aan dinge om oor te kla nie. Die manne is ongeskeer, en hul lyfbande, stewels en gesigte isalmal dieselfde kleur: vaal.(27

(26)Ibid

(27)Treves 6

Daar  is oral vlieë en stof. Daar is ‘n tekort aan water (want die buitengewone hittegolf het op die lentereën gevolg); die Bloukransrivier is ‘n reeks m odderige poele – goed genoeg om kakieklere in te was, maar ‘n bietjie te sterk om te drink. Die kos is die gewone soldatekos: brood en boeliebief.(28)

(28)Sien nota 25

Geen wonder party van die soldate begin plunder en steel nie. En ‘n klompie Durhamse myners, volgens enige standaarde ‘n moeilike spul, word deur die hoofprovoos aangekla. Genl.-maj. Neville Lyttelton, die brigade-bevelhebbber, voel bekommerd oor die uitwerking van die geplunder op die dorp.(29) Tog het die diefstalle in ‘n goeie gees plaasgevind, en daarby is die slagoffers meestal Afrikaners, mense wat van die huis weg is omdat hulle saam met die Boere veg.

(29)Lyttelton-vrou 1, 20 Nov 1899, Lyt 544, 545

Die Uitlanders en die koloniale vrywilligers is die beste stropers. Hulle kry die byname Impe;rial Light Looters en Bethune’s Buccaneers.(30) Dit is in sekere sin weerwraak vir wat hul eie mense gely het. In hierdie hele distrik is die plase van Engelssprekendes deur Botha se manne geplunder.

(30)Atkins 1311

Toe die eerste golf Boere-plunderaars wegsak, het daar in die stasiemeester se huis hier op Frere net twee of drie rooi malvas buite in die stof agtergebly. Van binne was die huis ‘n surrealistiese wrak van verbrande foto’s en kaggel-horlosies wat in blompotte geprop is. Sedertdien is die stasiemeester se huis opgelap. ‘n Union Jack hang buite aan ‘n paal. Dit is skoon en netjies en kaal. Dit is Buller se hoofkwartier.(31)

(31) Atkins 124-5. Treves 5

Buller het in die vroeë môre-ure van 6 Desember op Frere aangekom. Hy is vergesel alleen deur sy militêre sekretaris, kol. Fred Stopford.(32) Daar was later gerugte oor Buller se voorliefde vir sjampanje – stories wat hy miskien aangemoedig het, om die gerusstellende beeld te versterk van ‘n generaal wat sy glas koelkomkommer binne hoorafstand van die vyand se kanonne ledig.

(32)Kapt. A. Trotter-moeder 7 Des 1899, Trot

Maar daar is geen rede jom aan te neem dat Buller werklik ‘n minder beskeie lewe as ‘n k onvensionele Britse bevelhebber op ‘n groot veldtog gevoer het nie. Anders as Clery, sy eie afdelingsgeneraal, het hy geen Franse chef gehad nie; nog minder het hy, soos Lord Roberts, ‘n gek van homself gemaak deur die seuns van hertoë in ‘n soort hof aan te hou.

Hy het drie aides-de-camp en ‘n militêre sekretaris, wat hy almal baie hard laat werk. Hy bring die grootste deel van sy dag by sy onaansienlike lessenaar in die stasiemeester se huis deur, of ry op Biffin of Ironmonger in die kamp rond.(33)

(33)Kapt. A. Trotter passim, Trot. Sien Melville II, 307-8. Daar was soortgelyke gerugte oor Kitchener se drinkgewoontes

Toe hy op Frere aangekom het, was sy gevoelens ‘n kenmerkende mengsel van versigtige hoop en diepgaande kommer. Hy het hoegenaamd nie verwag dat hulle die Boere sou kafloop nie. Sy humeur, altyd onbestendig, is rooskleurig gestem deur die dramatiese verbetering in die situasie sedert hy Kaapstad; op 22 November verlaat het. “Ons het dit opdraand gekry. … maar ek glo wel ons gaan dit haal … ek voel gelukkiger as tevore, maar nog nie gerus nie.”(34)

(34)Buller-L 4 Des 1899 (manskap), Lan

Dit is wat hy Lansdowne op 4 Desember in ‘n private brief meedeel en dit stem ooreen met die algemene indruk wat hy in sy kodetelegramme en rapporte en sy persoonlike briewe aan sy vrou sՙ.(35) Milner, meld hy, voel nog altyd “baie senuweeagtig” oor die moontlikheid van ‘n opstand in die Kaaspkolonie. Hy self dink nie daar is veel gevaar van so iets nie.

(35)Sien VT en SD I, passim. Vgl. Buller-vrou 2 Des 1899, Bull (Crediton)

Hoe verder hy van Milner af kom, hoe minder imponeer dié gevare hom. Gatacre kan homself in die Noordoos-Kaap handhaaf. Methuen se welslae in Kimnberley, deel hy Lansdowne  mee, is “verseker”. Petsoonlik voel hy jammer dat Merthuen so lank by die Modderrivier vertoef het. “Maar dit is die soort vertraging wat net die man op die toneel kan beoordeel, dus sê ek niks.”(36)

(36)Sien nota 34

Teenoor sy vrou voeg hy die betekenis by dat hy verbaas was oor die taktiek wat Methuen by die Modderrivier gebruik het: die frontaanval – waarom nie ‘n flankaanval nie? “Dit sal seker later verklaar word.”(37)

(37)Buller-vrou 2 Des 1899, Bull (|Crediton)

Die enigste probleem waaroor Buller baie min moed het, is die een wat hy vir homself gestel het: om White uit die gemors te kry waarin hy homself by Ladysmith gedompel het. Hy het die Minister van Oorlog meegedeel:

“Ek twyfel baie oor hoe om Ladysmith aan te val. Die hoofpad op Colenso loop deur ‘n verskriklike wêreld, presies die regte soort vir die Boere se taktiek, en hulle het dit sterk gefortifiseer.  Ek kan dit omtrent deur sowat vyftien myl stroom-op by Potgietersdrif oor die Tugela te gaan, en ek behoort dan ‘n beter terrein te hê vir die opmars, maar ek sou nie in ‘n beter taktiese posisie wees om White te help as ek met die hoofpad van Colenso kon kom nie. Ek moet dit uitstel tot ek by Frere kom. Ek weet nie of ek ooiot ‘n probleem gehad het wat my meer bekommer het nie.(38)

(38)Sien nota 34

Dit was sy siening die dag voor hy Frere bereik het. Ses dae later – d.w.s. op 11 Desember – het hy besluit om ‘n flankopmars via Potgietersdrif te onderneem. ‘n Flankopmars van Colenso – maar ‘n frontaanval, let wel, nie ‘n flankaanval nie, op Potgietersdrif.(39) “Die hele Tugelarivier is ‘n sterk posisie,” sou Buller later verduidelik. “Daar is geen hoop om óm dit te trek nie. Die enigste vraag is of ‘n mens makliker deur die een gedeelte kom as deur ‘n ander.”(40)

(39)Buller-L 8 Des 1899, VT no 42. Buller-L 12 Des 1899, SD I, 24. Buller-White 7 Des 1899, VT no 7, 11 Des, VT no 19. Buller se get voor RCSAW III, 174 17 Feb 1903

(40)Buller-R 28 Des 1899, Bobs R 10/18

Hy het Potgietersdrif gekies omdat die terrein makliker – of liewer, minder aaklig – lyk. Dit is die mening van die Natalse koloniste, wat behoort te weet: (dié Laing van Laingsnek)(41); en T.K. Murray, die lid van die Natalse Parlement wat al sy hele lewe daar woon en besig is om Buller se swart verkennerskorpse te organiseer.(42)

(41)H. Lang-Buller (inlae Buller-L 12 Des 1899), SD, 25

(42)Buller se get voor RCSAW III, 174

Hierdie indruk word bevestig deur die bloudruk-kaart, ‘n duim vir elke myl, wat kapt. Herbert by die inligtingsdiens opgestel het, en die verkenningskets, op ‘n effens groter skaal, wat maj. Elliot se kanonniers gemaak het.(43)

(43)Sien nota 9

Takties lyk dit asof daar goeie redes was om Potgietersdrif te verkies. Buller het die Colenso-stelling persoonlik deur ‘ n teleskoop bekyk en besluit dat dit “te duur” sou wees om dit aan te val. Uit die suide sou ‘n aanvalsmag oor volkome plat terrein sonder enige bedekking moes beweeg en die noordelike wal word oorheers deur ‘n ry koppies wat die  Boere stelselmatig gefortifiseer het. Buitendien lê daar nege myl se valleie en skeure noord van Colenso.

‘n Gewapende mag sal die rivier by Potgiwetersdrif makliker oorsteek, aangesien die heuwels – ‘n natuurlike vesting – verder van die Tugela lê en maar twee myl diep is. Daarna is dit die hele pad na Ladysmith afdraand,(44)

(44)Buller-L 12 Des 1899, tap

Maat Potgietersdrif self gaan nie maklik wees nie. Volgens Buller se verkenners begin die Boere dit reeds versterk soos hulle Colenso versterk het, en volgens ‘n heliograafberig uit Ladysmith het die krygsballon hierdie feit bevestig.(45)

(45)White-Buller 8 Des 1899, VT no 14. Buller-White 9 Des 1899, VT no 16

Daar  is egter twee ander taktiese argumente teen ‘n flankopmars van Potgietersdrif. Ten eerste, die praktiese probleme en gevare van so ‘n opmars. As gevolg van die ellendige vertragings in die Britse Departement van Oorlog se reëlings vir trekdiere, sou dit ‘ n ontsettend moeilike taak wees om die minimum getal osse en waens bymekaar te kry; 400 spanne met duisend swart drywers.

Hy het geen afdelingsveldhospitaal nie en groepe draers sal georganiseer moet word om die gewondes 25 myl na die spoorweg terug te dra. Hy sal een brigade by Chieveley moet laat om die spoorweg te bewaak, dus sal hy net drie, i.p.v. vier, brigades in die aanval op die drif kan stoot.(46) As hierdie hele mag by Potgietersdrif verslaan word, kan hulle hul kommunikasielyn inboet en op hul beurt beleër word.(47)

(46)Buller-L 12 Des 1899, tap

(47)Buller-L 13 Des 1899, VT no 50

Daarby het White heliografies laat weet dat hy ‘n vlieënde kolonne tot by Onderbrook kan stuur, d.w.s. sowat 10 myl noord van Colenso.(48) Daar is by Buller geen twyfel dat een van die sleutels tot oorwinning samewerking met White is nie, en veral samewerking met sy kavallerie, die vier kosbare kavallerie-regimente wat White ondanks Buller se versoek tot elke prys by hom wou hou toe die beleg begin het. Buller het homself oortuig, miskien verkeerd, dat White nie ‘n vinger sal lig om hom te help as hy die drif aanval nie.(49)

(49)Buller se get voor RCSAW III, 174

Hoe moeilik, in elke sin, kommunikeer die twee generaals nie. Afgesien van die nuwe landskap – wat nie naastenby altyd deur die flikkerende soeklig, die ongedurige  heliograaf en die wispelturie duiwe oorbrug kan word nie – lê daar ‘n berg van wrewel tussen hulle. Keer op keer hoor Buller die profetiese woorde wat hy daardie Julie en Augustus by die Departement van Oorlog uitgespreek het: “Moenie noord van die Tugela gaan nie.” Pen Symons, White en Lansdowne het alles verongeluk.

Buller neem hulle natuurlik almal kwalik. Hy neem ook homself kwalik. So sou hy later sê toe hy teenoor sy ou strydmakker, Sir Arthur Bigge, sy “hart blootgelê” het (“Jy mag enige deel hiervan aan die Koningin wys,” sou hy enigsins pateties byvoeg). Een van sy foute, sou hy sê, was dat hy nie “daarop aangedring het om my eie generaals te kies toe ek in Londen was nie”. Hy was “toe nie hard genoeg nie”. Afgesien van die keuse van genl.-maj. French is al sy voorstelle verwerp.(50)

(50)Buller-Sir A. Bigge 4 Jan, 15 Mrt 1900, Big

Hy was te swak – of te hoflik – om moeilikheid te maak en Lansdowne voor die bors te gryp. Dit sou die volgende Maart Buller se uitbarsing van selfkritiek wees, te veel modderige water reeds onder die stukkende brûe van die Tugela gevloei het. Hy was stellig reg. Maar hoe het hy op 11 Desember gevoel, toe hy besig was met die beplanning van sy aanval op Potgietersdrif.

Sy bitterheid teenoor White is duidelik. Wat van sy ander generaals, aan sy eie kant van die Tugela? Daar was twee wat hy self kon gekies het: genl.-maj. Neville Lyttelton, bevelhebber van die 4de Brigade, wat in die Departement van Oorlog onder hom gewerk het(51), en genl.-maj. Henry Hildyard, bevelhebber van die Engelse (2de) Brigade, wat as hoof van die Stafkollege naam gemaak en die 2de Brigade onder Buller se oë by Aldershot opgelei het.(52)

(51)Sien Lyttelton-vrou 1 Nov 1899, Lyt 544. Lyttelton Eighty Years 182, 203-4

(52)Sien Buller-L 2 Des 1899, VT  no 7, SD I, 20. Hildyard-vrou 22-8 Des 1899, Hil

Buller was  minder gelukkig oor die ander generaals. Daar was die afdelingsbevelhebber, lt.-genl. Sir Francis Clery, in naam bevelhebber van die leër by Frere. As Clery wou, kon hy die volle beheer oor hierdie Natalse ekspedisie behou het. Dan sou Buller, soos Milner so graag wou hê, in die Kaap gebly het om dinge daar dop te hou.

Clery het aangedring dat Buller moet saamkom. Clery se vertoning gedurende botha se inval in Suid-Natal het Buller se eie bedenkinge bevestig. Hy het hom omtrent doodgeskrik en heeltemal onnodig na Estcourt teruggeval.(53) Die elfe kan gesê word van genl.-maj. Geoffrey Barton, bevelhebber van die Fusiliers (die 6de Brigade).(54) En die kavallerie-bevelhebber, lt.-kol. John  Burn-Murdoch, het in die Soedan swak vertoon.(55)

(53)Buller-L 4 Des 1899 (manskap) Lan

(54)Buller-L 1 Des 1899, VT no 34C “Ek verstaan Barton is hopeloos”

(55)Sien nota 53

Andersyds loop die bevelhebber van die Irish Brigade (die 5de) genl.-maj. Fitzroy Hart, oor van selfvertroue, iets wat byna nog vreesaanjaender as Clery en Barton se lafhartigheid is. Hy is ‘n lid van Penn Symons se skool, ‘n vurige Ier, pragtig aangetrek, ‘n meester van velddag-taktieke wat daaraan glo dat soldate die vyand in digte rye moet stormloop.(56)

(56)Lyttelton Eighty Years 211. Romer & Mainwaring 36. Harrt-Synnot Letters passim. TH II, 444

Ten slotte is daar die artillerie-bevelhebber, kol. Charles Long, ‘n uitmuntende kanonnier, wat glo hy moet sy 15-ponders tot onder die vyand se kanonne neem. By Omdurman het hy as Kitchener se hoof-artilleris goed gevaar; maar by Omdurman was daar geen kanonne aan die ander kant nie.

(57)Sien Atkins Incidents an Reflections 126 (1947). Vir Buller se latere kommentaar sien RCSAW IV, 409 “belaglike ekspedisie”

Sy besluit om die vorige maand ‘n pantsertrein van Frere uit te stuur, is deur Buller beskryf as “onvoorstelbare dwaasheid”.(57) Dit lyk nie asof hierdie ramp iets aan Long se voortvarendheid gedoen het nie. Inteendeel, hy is vuur en vlam om sy eer deur die een of ander skouspelagtige krygsprestasie te herstel.

Dit is die bevelhebbers – party skigtig, ander koppig, almal onervare in die Boere-taktieke – wat Buller se “krygsmasjien” (sy eie optimistiese woorde) moet aandryf.(58) Hy gee homself die skuld dat hy nie beter offisiere gekies het nie.(59) Vir die instorting van die stafreëlings kan hy homself hoogstens onregstreeks blameer.

(58)Buller-L Nov 1899 (Manskap) Lan. Vgl. TH II, 40

(59)Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big

Een van die merkwaardigste kenmerke van Buller se ekspedisie was dat slegs sy persoonlike staf – d.w.s. kol. Fred Stopford (sy militêre sekretaris) en die aides-de-camp – Buller na Frere vergesel het. Soos ons gesien het (in hoofstuk 14) , het ‘n stuk of 20 senior Hoofkwartier-offisiere wat die Leërkorps volgens die Departement van Oorlog se planne sou bystaan, almal verdwyn.

Party (soos genl.-maj. Hunter, sy stafhoof, en die inligtingsoffisier, maj. Altham) is in Ladysmith vaskeer; party (soos kol. Wynne en kol. À Court) is in die Kaap gelaat om die fort te hou. Ná White se geknoei en die noodsaaklikheid om die leërkorps te verdeel, was dié situasie onvermydelik. Die prys daarvoor sou by die Tugela betaal word.

Buller moes Clery se staf oorneem en sy bevele deur hulle uitreik.(60) So iets moes onvermydelik tot verwarring lei – en was een van die oorsake van die rampe wat sou volg.(61) Daar was ook persoonlike probleme i.v.m. twee jong manne in Clery se staf wat aansienlike verleentheid veroorsaak het.

(60)OH I, 334. Vir Douglas sien Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big

(61)Hildyard-broer 22-8 Des 1899, Hil

Die eerste was prins Christian Victor, een van die Koningin se gunsteling-kleinseuns. Dit was een van die bronne van Buller se krag dat hy ‘n ou vriend was van sir Arthur Bigge, die Koningin se privaatsekretaris, en dus in voeling was met die Koningin self. Die vorige maand het Bigge gekabel om te vra waarom  maj. Prins Christian Victor, onder Clery se bevel, na die basis in Durban teruggestuur is; wat gaan aan?(62)

(62)Bigge-Buller 25 Nov, Buller-Bigge 26 Nov, Bigge-Byuller 10 Des 1899, Bull (PRO) DO 132/7/841. Vgl. Warren Christian Victor 306-9

In werklikheid is die prins ‘n lamsak, vir niemand veel werd nie. Maar die rede waarom hy na die basis gestuur is, was in werklikheid Clery se “lafhartigheid”. Hy was bang die Boere kan hom dalk gevange neem. Buller het toe besluit om die prins na Hildyard se staf oor te plaas en hom na die front by Frere te stuur om, soos al die ander, die oorlog te smaak.(63)

(63)Buller-L 4 Des 1899 (manskap) Lan

Maar die prins was ‘n gyselaar van die noodlot en as sodanig ‘n verleentheid. Buller onthou die aaklige situasie met die Kroonprins, Napoleon III se erfgenaam, wat die Zoeloes in 1879 doodgemaak het terwyl hy in ‘n Britse vlieënde kolonne gedien het. Biller was een van die leiers van hierdie kolonne.(64)

(64)Melville I, 128-9

Die ander jong stafoffisier is lt. Frederick Roberts, die enigste seun van die veldmaarskalk. As een van Roberts se Ring het Sir George White ingestem om hom in sy eie staf aan te stel. Maar die beleg het begin voor jong Roberts Ladysmith kon bereik. Hy het as ordonnans-offisier by Clery se staf aangesluit – en dus in werklikheid by Buller se staf.

Freddy Roberts is ‘n sjarmante knaap, maar ongelukkig nie baie skrander nie; daardie somer het hy die stafkollege se toelatingseksamen klaaglik gedruip, met minder punte as enige ander kandidaat voor hom. Buller, as lid van die Wolseley-Ring, sou die beskamende storie gehoor het.

Die veldmaarskalk moes sy bittere persoonlike konkurrent, Wolseley, feitlik op sy knieë smeek om sy seun op sy spesiale aanbeveling as opperbevelhebber toe te laat. Wolselley het geweier – maar die deur op ‘n skrefie ooopgelaat. Lt. Roberts sou deur die een of ander heldedaad moet bewys dat hy toelating verdien.(65)

(65)Sir E. Wood-R 24 Sep 1899, Bobs R 91/7

Helaas, dit sou die arme Freddy doen – maar nie op ‘n manier wat Buller of enigiemand anders sou gewens het nie.

Op 11 Desember stuur Buller sy heliograaf-boodksap om White mee te deel dat hy van plan is om na Potgietersdrif op te ruk.(66) Die volgende dag verskuif hy Barton se brigade na Chieveley, binne vyf myl van die Tugela, en tref voorbereidings om die ander drie brigades op hul 50 myl lange flankmars te laat vertrek.

(66)Sien nota 39

Maar daardie dag ontvang hy ‘n rits telegramme uit die Kaap wat hom hierdie plan onmiddellik laat vaar. Die balans van die risiko, strategies en takties, het verskuif, besluit hy. Hy moet tog ‘n opmars na Colenso aag.(67)

(67)Buller-L 13 Des 1899, VT  no 50. Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big

Hierdie besluit sou later geweldige kritiek uitlok. Buller se redes was soos volg:

Die nuus uit die Kaap was sleg, verpletterend sleg. Op die 11de het hy gehoor dat lt.-genl. Gatracre by die slag van Stormberg 548 man (in werklikheid 696, soos later sou blyk) verloor het.(68) Hoewel Gatacre opdragte gehad het om geen risiko’s te loop voor versterkings opdaag nie, het hy sy klein mag gewaag in ‘n nagmars om ‘n strategiese spoorwegknoop te herower. ‘n Gids het ‘n fout begaan, en die kolonne het verdwaal. Gatacre het voortgeploeter en teen dagbreek was die Boere op hom.(69)

(68)GOC Cape haal Gatacre aan 11 Des 1899, VT no 49B

(69)SJ 10 Des 1899. Gatacre SD I. OH I, 285-303

Buller het Gatacre nie verwyt nie. Wanneer die manne en die generaals ‘n land nie ken nie, moet ongelukke onvermydelik gebeur. Hy het Gatacre ‘n gerusstellende telegram gestuur: “Jammer om van u teenspoed te verneem; u is reg om te konsentreer; sal so gou moontlik versterkings stuur.”(70)

(70)Buller-Gatacre 11 Des 1899, VT  no 49D omskrywing

Op die 12de hoor Buller van Methuen se verpletterende nederlaag by Magersfontein. Methuen se verslag eindig met die woorde: “Ons verliese is groot. Moontlik is verdere vordering twyfelagtig, maar sal my stelling probeer handhaaf en kommunikasies oophou.”(71) Buller het teruggekabel: “Veg of val terug.” Methuen het geweifel – of so het dit vir Buller gelyk. “Hy was heeltemal verdwaas,” sou hy later sê, “en kon geeneen van die twee doen nie.”(72)

(71)Methuen-L (via Kaap) 12 Des 1899, VT no 49H

(72)Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big

Uit Buller se oogpunt was dit die laaste strooi. Vandat hy ses weke tevore in die Kaap aangekom het, was Milner “onheilig bang” vir ‘n Kaapse opstand. Buller het die morele verantwoordelikheid aanvaar om Milner se advies te verwerp en teen die Boere op te ruk. Nou is albei die mobiele leërs in die Kaapkolonie – dié van Gatacre en dié van Methuen – in gevaar; Methuen stuur “tranerige boodsdkappe en pleit vir versterkings; dit is duidelik dat sowel hy as Gatacre afgesny kan word. Milner verkeer “in ‘n agonie” oor die Kaap, en Milner kan reg wees.

In hierdie skrikwekkende nuwe wending van die strategiese situasie besluit Buller dat hy nie die enigste ander mobiele mag – sy eie Natal Field Force – kan blootstel aan die gevare van ‘n 50 myl lange opmars weg van die spoorweg nie. In ‘n noodtoestand sal hy self nie met Kaapstad kan kommunikeer nie. Erger: as hy by Potgietersdrif verslaan word, kan sy hele mag ewe hulpeloos wees as White in Ladysmith.(73)

(73)Ibid. Buller-vrou 18 Des 1899, Bull (Crediton) “floue hoop”

In die lig van gebeurtenisse, sou hy later verduidelik, was albei aanvalsplanne, dié by die drif en dié by Colenso, “wanhoopspogings”. Maar “Colenso was voor my. Ek kon dit aanval en die resultaat beheer. Maar Potgietersdrif … dit sou ek nie kon beheer nie. Ek kan maklik my hele mag verloor het.”(74)

(74)Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big

Dit was Buller se strategiese regverdiging vir sy verandering van plan. As ‘n mens onthou dat Milner “onheilig bang” was en Methuen bevrees was dat hy gedwing kan word om tot by die Oranje terug te val(75), kan dit nie summier verwerp word nie. Daar was ook die taktiese voordeel dat Buller by Colenso nader aan die punt sou wees waar hy by White sou kon aansluit.

(75)Ibid. Die “tranerige telegram” bestaan blykbaar nie meer nie. Methuen se plan om na die Oranjerivier terug te val, is egter bevestig deur Methuen-vrou 14 Des 1899, Meth

Amery sou Buller later kasty oor sowel sy besluit om af te sien van “die veilige en beter plan” (Amery se woorde) om na Potgietersdrif te gaan, as oor die manier waarop hy Colenso aangeval het.(76) Ten gunste van Amery kan ‘n mens sê dat hy daardie boekdeel van sy geskiedenis moes skryf terwyl die oorlog nog aan die gang was, en voor Buller sy eie weergawe van die gebeurtenis kon gee.(77)

(76)TH II, 427

(77)Deel II is in 1902 gepubliseer. Buller se get voor die RCSAW is in 1903 gelewer

Op Donderdag, 14 Desember, is Buller gereed om te beweeg. Hy het reeds per heliograaf aan Sir George White gesê: “Ek is gedwing om my planne te verander. Kom deur Colenso en Onderbrookspruit.”(78)

(78)Buller-White 13 Des 1899, SD I, 25

Hy stuur ’n lang, bekommerde berig aan Lansdowne en die Departement van Oorlog waarin hy enkele van die redes vir die verandering van plan verduidelik, veral die gevaar dat sy eie mag afgesny kan word. Taktvol genoeg maak hy geen verwysing na Milner nie. “Uit my oogpunt,” sê hy, “is dit beter om Ladysmith geheel en al te verloor as om Natal vir die vyand oop te stel.”(79).

(79)Buller-L 13 Des 1899 – geen inligting

In ‘n kabel aan Lansdowne klink hy ‘n bietjie meer optimisties: “Ons ruk vandag op om aan te val. Ons sal die regstreekse pad probeer oopdwing. Ek verwag welslae, maar waarskynlik teen ‘n hoë prys.”(80)

(80)Buller-L 13 Des 1899, VT no 50

Daardie Donderdagaand roep hy sy bevelvoerende offisiere na die  hoofkwartiertent en reik sy opdragte i.v.m. die volgende dag se aanval uit. Waarskynlik het hulle toe al almal by die koppie uitgeklink en die Boerestellings deur hul verkykers en teleskope bekyk. Hulle beskik ook oor twee kaarte: kapt. Herbert se bloudrukkaart en maj. Elliot se sketskaart.

Buller verduidelik sy plan om die rivier se storm en die “lodgement” (ons sou vandag sê “brughoof) te slaan op die plek waar Botha se manne hulle op die wal ingegrawe het.(81)

(81)Buller-L 17 Des 1899, SD I, 36, 40. Buller se get RCSAW 174. Buller-R 27 Mrt 1900, DO 105/25/34/ OH I, 345-6

Ondanks Buller se onkunde i.v.m. sekere besonderhede, waarvan een (soos ons sal sien) ‘n rol in sy teenspoed sou speel, was die basiese feite van Colenso se topografie, asook Botha se verdedigingsplanne in breë trekke, aan hom bekend. Dit blyk nie alleen uit sy eie private en openbare briewe en berigte nie, maar uit die twee kaarte self; ek het daarin geslaag om albei op te spoor.(82)

(82)FID bloudruk-kaart in Sandbach MSS Sand en Jones MSS PV,  Kanonnierskaart in  PRAI XXVIII 397-8

Dit kom daarop neer dat Botha in besit was van ‘n driehoek oorwegend plat terrein oorkant die rivier, noord van die dorpie en spoorwegstasie Colenso. Aan die suide- en oostekant is die driehoek deur ‘n bog in die Tugela gevorm; die derde kant van die driehoek is gevorm deur die eerste reeks heuwels in die noordweste; die hele driehoek was omtrent agt vierkante myl groot. Op hierdie plek, betreklik veilig teen grofgeskut,  wou Buller sy brughoof slaan.(83)

(83)Buler se get RCSAW III 174

Maar hoe sou hulle die Tugela oorsteek? Volgens die bloudruk-kaarte was daar drie driwwe teenoor Botha se driehoek. Die eerste (die Ou Wadrif, I op die kaart) was naby die wabrug. Die tweede (Puntdrif, 2 gemerk) was binne ‘n lang, dun bog van die rivier wat in die vlakte uitsteek. Die derde (Toombrug, 3 gemerk) was sowat ‘n myl wes van die bog se westelike sy.

Daar was ook twee brûe: die spoorwegbrug, nou opgeblaas, en die weabrug (op die sketskaarte heet dit die Ysterbrug), nog ongeskonde, maar met die plofstowwe waarskynlik reeds in posisie. Buller het dus gemeen – en dit lyk na ‘n redelike aanname – dat die twee suidelikste (en dus veiligste) driwwe bo die brug – driwwe 1 en 3) – die beste manier sou wees om die rivier oor te steek.(84) Maar hierdie tweepuntige aanval sou ernstige probleme meebring.

(84)OH I, 341 (reëls 4-9) laat “pontdrif” uit (2)

In die eerste plek kon niemand met sekerheid sê dat die Englse by die twee plekke oor die rivier sou kom nie. Die Tugela is nie ‘n sagmoedige, modderige rivir soos die Oranje- of die Modderrivier nie. Hy bulder uit die Drakensberge af, en as daar skiellike storms hoog in die berge is, oorstroom hy sy walle. Selfs gedurende die huidige hittegolf kan dit miskien net te diep wees vir die soldate om deur te waad.(85)

(85)Sien Hely-Hutchinson-DK 23 Nov 1899, VT no 32B “Die Tugela styg gedurende die dag en kan nou nie oorgesteek word nie.” Vgl. Hildyard get RCSAW III, Q 16154-8

En hoewel Buller ‘n rits pontonne het om die rivier te oorbrug, sal hulle nie onder vuur opgerig kan word nie. In die weede plek is dit vir Buller duidelik waar Botha sy sterkste verdedigingsllinie sal plaas: oorkant die driwwe. Dit is wat die oorsteek van ‘n rivier so ‘n ontsettende onderneming maak: jou vermoë om jou eie aanvalspunte te kies.(86)

(86)Buller se get RCSAW III, 174

In die derde plek is daar ‘n reeks lae koppies net noord van die opgeblaasde spoorwegbrug. Hulle oorheers ‘n groot deel van die vlakte, hoewel hulle skaars binne skietafstand van die twee driwwe is. As sy brughoof slaag, sal die koppies teen ‘n hoë prys stormgeloop moet word.(87)

(87)Buller se bevele SD I, 40

Dit was die probleme. Hoewel Buller die bedrfewenheid waarmee Botha en sy Boere hul loopgrawe gegrawe het, erg onderskat het, lyk sy algemene taksering van die taktiese situasie taamlik juis. Maar was daar werklik geen uitweg nie?

Mense sou later op ‘n swak skakel in Botha se verdedigingketting wys: Boskop (of Hlangwane, soos die Engelse dit genoem het), ‘n koppie suid van die Tugela waarvandaan Buller se stelling deur infileervuur aangeval kon word. Waarom was Buller so dwaas dat hy hierdie geleentheid om Botha se flank met sy grofgeskut te bestook, misgeloop het?

Milner het Boskop se taktiese belangrikheid nie misgekyk nie. En waarom sou hy gedink het dat Botha dit misgekyk het? Hy het aanvaar dat Botha se verdedigingslinie Boskop omvat. Om die koppie te verower, sou dus ‘n moeilike en ingewikkelde besigheid wees. Boskop staan nl. nie alleen nie. Dit word op sy beurt oorheers deur ‘n reeks ander koppies wat ses myl ver strek.(88)

(88)OH Kaart Deel I, EGO (ek het daar verdwaal!)

Nou waarom het Buller dan nie Boskop die primêre oogmerk van die erste dag se gevegte gemaak nie? Buller het wel daaraan gedink. Maar hy het besluit dat dit vir sy rou troepe te moeilik sou wees om in die digte bosse van hierdie omgewing te veg.

Nee, hy sou Boskop stormloop ná hy sy brughoof gevestig het. Botha se gedwing word om dit te ontruim. Maar voorlopig moet hy by Colenso op geluk staatmaak – geluk en die oorweldigende massa van sy 14 000 voetsoldate, sy 2 700 ruiters en die mag van sy 44 kanonne.(89)

(89)Buller se get RCSAW III, 174. OH I, 341. Melville II, 100 haal ‘n vroeëre konsep van Buller se get voor RCSAW aan

In die hoofkwartiertent lees Buller die bevel aan sy bevelvoerende offisiere voor en verduidelik die stellings wat aan ellke eenheid toegeken word. Burn-Murdoch, die twee gereelde kavallerie-regimente, moet die infanterie se linkerflank beskerm; kol. Lord Dundonald met die berede infanterie en berede ongereelde troepe die regterflank, tot by Boskop. Hildyard en sy brigade sal die hoofaanval lanseer en die Ou Wadrif ‘n halfmyl bo die padbrug stormloop.

Hart en die Irish Brigade sal die kleiner Toomdrif drie en ‘n half myl stroom-op stormloop. Die twee ander infanterie-brigades sal in reserwe gehou word: dié van Lyttleton tussen die Irish Brigade en Hildyard se brigade; Barton s’n tussen dié van Hildyard en Dundonald se ruiters. Die slag sal natuurllik deur die grofgeskut ingelui word.(90)

(90)Sien nota 81

Buller – so sou hy later getuig – het met sy vinger die presiese plek op die bloudruk-kaart aangedui waar hy wou hê kol. Long moet tot die geveg toetree. Hy moes 12 veldkanonne en agt vlootkanonne neem en die terrein vir Hildyard se aanval berei. Die res van die grofgeskut is verdeel: lt.-kol. L.W. Parsons moes die grond vir Hart se brigade berei; die vlootkanonne, met hul langer trefafstand, moes die stellling van agter bombardeer.(91)

(91)Buller-R tap

Het die offisiere Buller se bevele bevraagteken? Daar is ‘n storie dat een van hulle gemompel het: “En mag die Here ons genadig wees.”(92) Maar sover ek weet, staaf geen getuienis hierdie suggestie nie; inteendeel, soos Lyttleton dit gestel het, “met naastenby gelyke getalsterkte kan ons hulle uit enige stelling dryf, hoe sterk ook al”.(93)

(92)Pemberton 124

(93)Sien Lyttelton-vrou 14 Des 1899, Lyt 550 Hildyard –Gedge 22-8 Des 1899, Hil. Kapt. A. Trotter-moeder 11 Des 1900, Trot

Buller se generaals het sy logika aanvaar. Colenso sou ‘n harde neut wees om te kraak. Maar dit sou gekraak moes word as hulle by White wou aansluit en hom help om uit Ladysmith weg te kom.

*** *** ***

Op Vrydag, 15 Desember,  omstreeks 4 vm., word John Atkins, korrespondent van die Manchester Guardian, deur ‘n geraas gewek. Hy hoor manne en perde beweeg, hy hoor die swart drywers vir hul muile skree. Dit is ‘n koel, windlose nag, die voorspel tot ‘n skroeiende dag. Buite sy tent sien hy nog geen skrefie lig nie.

Atkins hoor Dundonald se berede kolonne langs sy tent verbykronkel. Hy hoor die manne korswil oor die “pret” wat voorlê. Die perde gooi hul koppe ondertoe en kug. Daar is ‘n “aanhoudende suisende geluid, iets soos stilte”.(94) Met ander woorde, die gezoem van Buller se krygsmasjien.

(94)Atkins 148 en (“pret”) 155

Omstreeks halfvyf die oggend verbleek die lug. Nou kan Atkins die veld voor sy oë sien beweeg: massale infanterie-kolonne, nog te vaag om te onderskei, wat kronkel en ontkronkel tot hulle hul plekke gevind het. Die stof wat hul stewels uit die grond losslaan, dryf op “soos ‘n onaardse poeier”, waardeur die kolonne waad, die manne tot by hul middellyf, die perde tot by hul buike in  hierdie “wit, gelyke gety”.(95) Atkins was ‘n digter van die oorlog, en voor sy tyd. In sy oë was daar in die oorlog meer ironieë as helde.

(95)Ibid 149

Op hierdie plegtige oomblik tref veral een voorval hom. ‘n Zoeloe-drywer in die bewegende kolonne klap met sy regterhand sy sweep oor sy muile. Met dié val die konsertina wat hy, soos baie swartes, op die opmars dra, uit sy linkerhand. Die Zoeloe gee ‘n soort wanhopige kreet, maar hy kan nie stilhou om dit op te tel njie. Van agter hom roep een van die lede van die berede infanterie-kompanie: “Moenie op die konsertina trap nie. Gee die boodskap aan!”

Die rye ruiters swenk uit. Die volgende kompanie volg hul voorbeeld. “Pas op, die konsertina.” Die dansende see bene en hoewe skei soos elkeen by die kosbare voorwerp kom. Die hele brigade gaan verby. Hulle “haas hulle om al die jongste en mees beskaafde middele te gaan gebruik waarmee mense doodgemaak en eiendom verwoes kan word”, maar die konsertina – ‘n Zoeloe se konsertina – word met groot teerheid onaangeraak op die veld gelaat.(96)

(96)Ibid 149-50

Op die koppie langs die koppel 4.7-duim-vlootkanonne wag Buller, Clery en hul staf dat die grofgeskut met ‘n ander soort musiek moet begin. Niemand het daardie nag veel geslaap nie. Die formele krygsbevele, deur pgestel en deur Clery onderteken, was eers om 10-uur die aand gereed om versprei te word.(97) Om 2 vm. het hulle kamp opgebreek. Ná ‘n kop-pie tee en ‘n homp brood het hulle na Naval Gun Hill gery, soos die lae heuwel toe reeds gedoop is.(98)

(97)OH I, 346

(98)Kapt. A. Trotter-moeder 18 Des 1899, Trot

Agter hulle die osse met die swaar bagasietente en die pontonne, gereed om vorentoe te beweeg sodra die brughoof gevestig is. Buller, met sy spits pet en rybroek, is ‘n opvallende en dominante figuur. Bonkig, ‘n man in wie almal, van manskap tot brigadier, byna blindelings kan vertrou.(9)

(99)Biograph-foto in Wilson With the Flag I, 91. Sien ook kapt. A. Trotter-moeder 18 Des 1899, Trot

Hy deel sy bedenkinge selfs nie met sy staf nie. Net aan sy vrou onthul hy in ‘n afskeidsbrief – want in ‘n moderne slag kan koeëls baie ver trek – sy eie jammerlike gevolgtrekking dat die aanslag op Colenso, die beste kans was wat hulle het, op sigself ‘n “wanhoopspoging” is.(100)

(100)Buller-vrou 18 Des 1899, Bull (Crediton)

Om halfses die oggend begin die 4.7-duim-vlootkanonne met die bombardement. Meer as ‘n uur lank bulder die kanonne oor die koppies anderkant die stukkende spoorwegbrug. Rooibruin suile grond spuit hoog in die lug. Die ligter 12-ponders sluit by hulle aan. Van die Boere is daar geen antwoord nie. Het hulle padgegee?

Toe, omstreeks 6.30 vm., begin die Irish Brigade onder genl. Hart in ‘n digte formasie, soos troepe op ‘ n velddag, na die Toomdrif beweeg. En toe hoor die manne vir die eerste keer ‘n nuwe geluid, soos die geluid van stortreën op ‘n sinkdak, die geluid wat Merthuen by Magersfontein gehoor het: die geweldige gebulder van Mauser-vuur.(101)

(101)Atkins 155-8. Bron Herbert dagboek 10-15 1899 Herb. Kapt. A. Trotter tap. OH I, 354-5

Die “pret” het begin….

*** *** ***

Louis Botha, met ‘n klein Transvaalse roset op sy boshoed en ‘n bandelier oor sy baadjie, staan Buller se majestueuse opmars en betref. Op 37 jaar lyk Botha belaglik jong om in bevel van ‘n ganse Boerele ganse Boereleër te wees, ‘n jongeling tussen die generaals met hul grys baarde. Kalm staan hy daar langs die 5-duim Krupp-houwitser. Hy het die nag daar op die rant deurgebring, twee myl van die Tugela af. Hy had maar ‘n paar uur op die sandsakke van die kanonstelling geslaap toe hulle hom omstreeks eenuur wek.

Ver in die suide beweeg ligte heen en weer in die kamp: dit is die Kakies; eindelik die Engelse aanval. Snel versprei die berig in die Boerelinies, ‘n dun reeks smal loopgrawe en kanonstellings wat oor heuwel en vlakte kronkel. Botha gee sy finale bevele. Hulle moet hul voor hou tot die vyand die rivierwal bereik. Hy sal die sein met ‘n skoot uit die groot houwitser gee.(102)

(102)Barnard 58

Omstreeks 4.30 vm. Anderkant Boskop verbleek die lug; die duister loop uit die vallei soos water uit ‘n stukkende dam. Van die rif kan hulle daardie spookagtige stofwolk sien wat John Atkins uit sy tent op Chieveley gewaar het. En uit die stof kom Buller se leër. Een van Botha se metgeselle rig sy teleskoop en sien “’n lang, breë, bruin streep” na die rivier aankom, asof die soldate op die paradegrond marsjeer.(103)

(103)Hofmeyr Zes Maanden bij de Commandos 209

Dit is ‘n toneel wat enige beroepsoldaat in die wêreld met ontsag sou vervul het: 16 infanterie-bataljons, gesteun deur kavallerie en grofgeskut – die grootste Britse leër wat ooit sedert die slag van Alma, ‘n halfeeu vroeër, tot die aanval toegetree het. Botha deins nie terug nie. Met die hulp van God, en die Tugela, sal hulle die Engelse kasty. Dawid in ‘n boshoed teen Goliat in kakie. Nie dat Botha homself met ‘n Bybelse held sou vergelyk het nie. Hy was ‘n beskeie mens.

Wat ‘n teenstelling tussen die styl van die twee opperbevelhebbers. Die Engelsman is ‘n grand seigneur, beskut agter ‘n kring aides-de-camp, selfs van sy brigadiers afgesonder. Botha se tent staan vir die nederrigste burger oop. Dit is ‘n gewone kloktent wat uit Symons se kamp in Dundee gebuit is. Die meubels is ‘n pakkis en ‘n kampstoel.(104)

(104)W.J. de Kock J. de V. Roos 40-2, aangehaal Barnard 47-8

Wanneer ‘n bejaarde burger inkom, gee Botha hom sy stoel en sit op die grond. Daar bly hy sit terwyl ‘n reeks besoekers deur die tent beweeg. Onder hul oë eet hy, drink hy, slaap hy en skryf hy sy amptelike verslae. Hulle het hom lief daarvoor. Botha stel sy privaatheid op prys, maar hy heg nog meer waarde aan die vertroue van sy burgers. Hy doen met alles en almal moeite. Hy vertrou in God – soos byna al die Boere – maar laat niks aan die toeval oor nie.(105)

(105)Barnard 48, 57

Dit was God, met Kruger se bevoegde bystand, wat Botha reeds gehelp het om daardie week seëvierend uit ‘n ernstige krisis te tree. Laat in November soos ons gesien het, het hy en Joubert en hul 3 000 burgers na die Tugela teruggeval. Botha het toe op ‘n krygsraad voorgestel dat hulle die lyn van die rivier self moet versterk. Ander offisiere wou terugval na ‘n oënskynlik sterker stelling vier myl agter die rivier – die ry heuwels van Rooikop na Pieterskop.(106)

(106)Barnard 46. Breyt II, 238-9. Naudé Vechten en Vluchten 69

Die waarheid is, soos Buller opgemerk het (strydig met die geskrifte van baie Engelse joernaliste en historici in later jare) dat die Tugela by Colenso nie ‘n onneembare stelling bied nie. In elk geval nie op sigself nie. Sy grootste krag lê in die krag van die rivier.

Daar is drie swakhede. Eerstens die lang linie wat by Colenso verdedig moet word, a.g.v. die reeks driwwe, min of meer twee myl uitmekaar, waardeur ‘n leër die rivier kan oorsteek. In die tweede plek kronkel die rivier op hierdie punt suidwaarts oor die vlakte; die suidelike deel – juis die plek waarop Buller sy hoofaanval wil toespits – is skaars binne skietafstand van die Colenso-koppies. Die derde en mees deurslaggewende swakheid is dat die oostelike gedeelte van die Boerelinie oor die rivier uitgebrei sal moet word om beheer oor Boskop te behou.(107)

(107)Breyt II, 244-5. OH I, 340-1 & Kaart Deel I. Vgl. TH II, 427-32

Daar was dus ‘n saak uit te maak vir die voorstel dat die Boere liewer ‘n meer konvensionele stelling op die heuwels agter die rivier moes inneem. Dit was min of meer dieselfde argument wat De la Rey by die Modderrivier en Magersfontein gevind het. Botha het ‘n geheime wapen: die graaf.

Grawe loopgrawe in die lang gras al langs die rivierwal. Kamoefleer die loopgrawe met klippe. Gooi die grond agtertoe, waar dit onsigbaar is. Grawe fop-loopgrawe op die horison, waar die Engelse hulle sal verwag. Bewapen hulle met kamma-gewere en –kanonne: boomstamme en sink. Grawe die klippe in die rivier uit om die driwwe te verwoes (of te verberg). Dit is die manier om met die Rooinekke en hul groot gerneraal af te reken.

Grawe ‘n val vir genl. Rooibul. Sit ‘n lekker stuk aas daaraan: ‘n brug, die yster-padbrug wat, ná die verwoesting van die spoorwegbrug, onaangeraak gelaat is. Dit was Botha se voorstel. Dit is deur Joubert gesekondeer (voor sy beserings hom gedwing het om na Volksrust terug te val) en dit is geduldig deur die burgers uitgevoer. Met behulp van1 500 versterkings uit Ladysmith en ‘n tweede leër van opgekommandeerde swart arbeiders, werk hulle al die afgelope veertien dae daaraan.(108)

(108)Barnard 47-9

Toe, op Woensdag die 13de, twee dae voor die werklike Britse aanval, het die slag geval. Buller se troepe het tot by Chieveley beweeg en sy vlootkanonne het hul “artillerie-voorbereiding” begin. Botha self sou dit verwelkom het: die kanonkoeëls het skadeloos oor hul koppe gegil, ‘n bewys van Buller se onkunde oor hul werklike linies en ‘n nuttige waarskuwing van die aanval wat voorlê. Maar die blote geraas van die bombardement, en die aanblik van soveel Britse troepe, het ‘n skokgolf deur die burgers gestuur.

Botha het twee kommando’s, 800 man,  gestuur om  Boskop te verdedig. Op die Woensdagmiddag het die meeste van hierdie manne – die hele Soutpansberg-kommando met inbegrip van hul kommandant en ‘n gedeelte van die  Boksburgse kommando – oor die yster-wabrug teruggery en aangekondig dat Boskop nie gehou kan word nie. Boskop, taktiese sleutel tot die Boere se verdedigingsplan,  lê nou feitlik weerloos.(109)

(109)Barnard 53-4/ Breyt II, 246-7

Dit is hierdie soort krisis wat sowel die swakheid as die sterkte van die Boiere se burger-weermag na vore bring. Dat offisiere en manskappenet voor ‘n vyandelike aanval kan dros, is in die Britse leër ondenkbaar. Maar ook die telegrafiese oplossing is ondenkbaar. Botha stuur onmiddellik twee telegramme: die eerste aan die Boerelinies buite Ladysmith, waarin hy die waarnemende kmdt.-genl., Schalk Burger, om hulp vra; die tweede aan Pres. Kruger in Pretoria.

Soos Joubert is Burger ‘n bietjie weifelend. Hy stuur Botha ‘n versigtige boodskap van instemming. Hy kan nie self kom nie, aangesien dinge “ook baie gevaarlik” by Ladysmith is en hy stuur Botha ‘n oud-kommandant, ene Christia Fourie, as regterhand. Fourie sou net ’n hindernis blyk te wees.

Maar Kruger red die situasie. “God sal vir jou veg,” verseker hy Botha. “Jy moet onder geen omstandighede jou stelling laat vaar nie. … Jy sal alles behou as jy die kop kan behou, dood of lewend. Kop kan feitlik sterkste van alle stellings wees.”(110)

(110)Kruger-Botha 13 Des 1899, Ley 713 (d) tel no. 39. Genl. Burger-Kruger 14 Des 1899, Ley 713 (b) tel no 14. Barnard 54

Met hierdie telegram bewapen, belê Botha daardie Woensdagaand ‘n krygsraad. Die byeenkoms verg sowel taktvolle as subtiele optrede. Baie van die offisiere bepleit openlik dat die hele rivierlinie laat vaar moet word. Botha glo dat die kommandant van daardie gedeelte van die Bokskburgse kommando wat op Boskop agtergebly het, nie te vertrou is nie. Hy stem dus tot ‘n tydelike kompromis in: die Boksburgers kan Boskop laat vaar, maar die Tugela moet gehou word. Intussen gons die telegraaflyn na Pretoria, daardie 200 myl lange draad waarvan alles afhang, tot diep in die nag.(111)

(111)Barnard 54-5

Die volgende oggend word ‘n tweede donderslag van Oom Paul ontvang. “Mijn heeren ik ontving heden rapport dat gij uwe posities opgeven. Verstaat toch, als gij de posities daar opgeven, geeft gij het heele land af aan den vijand.  Staat toch vast, dood of leven, elkeen op zijn plek, en strijd in den naam des Heeren. De kop overkant rivier mag niet opgegeven worden want dan is alle hoop verbij … en vreest toch niet de vijand maar vreest God. … Indien gij posities opgeeft, en land aan Engeland overgeven, waar wilt gij dan heen?”(112)

(112)Kruger-Botha 14 Des 1899, Ley 713 tel no 6. Barnard 55

Wat ‘n geleentheid kon hierdie situasie Buller nie gebied het as sy verkenners besef het dat Boskop ontruim is nie; of as hy toevallig, deur die geluk, sy aanval ná ‘n bombardement van een dag i.p.v. twee geloods het. Maar hy het nie. Daardie Donderdag belê Botha ‘n tweede krygsraad. Terwyl die kanonkoeëls van die tweede dag se bombardement rooi en grys pluime grond uit die leë koppies bo sy loopgraaflinies opwerp, lees Botha Kruger se telegraam aan die offisiere voor: “Vrees God en nie die vyand nie.”(113)

(113)Barnard 55-6. Breyt II, 249

En vrees nie alleen God nie – vrees ook Oom Paul. “Waar sal julle dan gaan?” Dit is die hartekreet van ‘n volk, die kreet van die trekkers wat deur daardie eeu weergalm het. Dit is die argument van die laaste skans, Afrikaner-styl, die finale argument. Hulle moet met hul rug teen die muur gaan staan – in die geval ‘n koppie meer as 100 myl binne Britse gebied.

Die krygsraad herroep sy vorige besluit. Die kommandante trek lootjies. Ná sononder word 800 man van die Wakkerstroom- en die Standerton-kommando oor die wabrug gestuur om Boskop nogmaals te beset.(114)

(114)Barnard 56. Breyt II, 249-50

Hoewel uitgeput deur 38 slapelose ure (“halfdood van my moeilikhede,” sou hy self sê), vind Botha tyd om ‘n jubelende telegram aan Kruger te stuur. Ditg is geskryf in die styl wat Kruger verwag: “Die hand van die Here,” sê Botha, “het ons beskerm.”

Die Britse kanonne probeer die Boere-vuur lok ten einde hul stellings agter te kom. Botha het sy eie manne beveel om nie te vuur voor die vyand binne maklike trefafstand is nie. Hy dink hy weet waar die hoofaanval toegespits gaan word: op die wabrug. “Met al hul waens en kanonne kan hulle nie op enige ander plek oorkom as oor die brug nie.”(115)

(115)Botha-Kruger 14 Des 1899, Ley 713 (b) tel no 51. Barnard 56-7

In breë trekke was Botha se verdedigingsplan ewe ru, self lukraak, as Buller s’n. Hy moes sy 4 500 man uitrek om al die moontlike oorgangspunte te beskerm: ‘n derde van hulle – die Vrystaters en die kommando’s van Middelburg en Johannesburg – aan die rand van die vlakte oorkant Robinsonsdrif, agt myl stroom-op van Colenso; die Ermelo-kommando op gelyk grond oorkant die Toomdrif (dit sou in werklikheid Buller se tweede aanvalspunt wees); die kommando’s van Soutpansberg en Swaziland om die Puntdrif aan die einde van die groot westelike bog te beskerm; die kommando’s van Heidelberg, Vryheid en Krugersdorp in die koppies en op die rivierwal in beheer van die middelste bog, die een noord van Colenso self; en die kommando’s van Wakkerstroom en Standerton op die ruie hange van Boskop, vier en ‘n half myl oos van Colenso.

Dit was ‘n uitstekende verdedigingsplan as ‘n mens die Engelse se groot getalsoorwig – in manne en kanonne – in ag neem, hoewel Botha veral by die Ou Wadrif swak was (die een wat Buller eerste wou aanval). Waarskynlik het Botha staatgemaak op die moeite wat sy manne gedoen het om die driwwe te verwoes of ten minste te verberg.(116)

(116)Barnard 57. Breyt II, 250-1

Dit lyk na ‘n blote verdedigingsplan, maar dit was meer. Een van die redes waarom 1 500 man by Robinsonsdrif geplaas is, was om hulle in staat te stel om ’n teenaanval te doen deur die rivier oor te steek. Botha se oorkoepelende plan was trouens buitengewoon gewaag.

Dit sou nie vir hom genoeg wees om die Kakies hul koppe teen ‘n Mauser-muur te laat stamp soos Cronjé by Magersfontein gedoen het nie. Hy het gehoop om die voorste bataljons by die wabrug oor die rivier te lok. Dan sou sy twee vleuels – sy regtervleuel by Robinsonsdrif en sy linkervleuel op Boskop – ‘n teenaanval lanseer, en die slagyster sou toespring.(117)

(117)Barnard 49-50

Die Britse vlootkanonne begin hul derde bombardement daardie Vrydagoggend om 5.20. Vir die derde agtereenvolgende dag sien Botha hoe die koeëls die koppies bo sy loopgraaflinies aftas. Hy het een van sy 3-duim Krupp-veldkanonne oorspronklik op die koppie naaste aan die rivier – by Fort Wylie – geplaas.

Maar ná daardie koppie die vorige dag bestook is en weens ‘n berig dat een van die manne daar na die Engelse oorgeloop het, het hy die veldkanon van die kruin van hierdie koppie weggevat en die Krugersdorpers na ‘n voorste loopgraaflinie verskuif. Nou bars die Engelse kanonkoeëls in fonteine rooi rots en grond oor die heuwels, ver van die naaste burger.(118)

(118)Barnard 56

Intussen hou Botha se marconis Pretoria gedurig op die hoogte: “5.20 vm. Die vyand het ‘n paar kanonskote gevuur … 6 vm. Daar is nou swaar kanonvuur. Ons kanon swyg nog.”(119)

(119)Ewing-HTD Pretoria Ley 713 (c) tel no 1-2 Des 15 1899

Maar op hierdie oomblik gebeur iets wat niemand – allermins Botha – verwag het nie. En Botha besef dat die oomblik vir stilte verby is. Die lang, breë streep aanvallers het in drie kolonnes verdeel. Die middelste kolonne – Hildyard se brigade – begin in die rigting van die wabrug marsjeer. Maar die infanterie stap nie voor nie. Minstens ‘n myl voor hulle ry die kanonniers van Buller se artillerie; 12 veldkanonne voor, ses vlootkanonne agter.

Botha staar hulle ongelowig aan. Hy weet nie veel van konvensionele oorlogvoering nie. Hy weet wel dat artillerie die voorste infanterielinie van die  agterhoede af beskerm, nie andersom nie. Die 12 veldkanonne kom sowat duisend tree van die Tugela tot stilstand, reg voor die loopgrawe waar die Krugersdorpse kommando in die rivierwal onder Fort Wylie skuil

Botha oorweeg die moontlikhede. Wanneer sy manne hulself eers gewys het, is daar geen hoop dat die infanterie oor die wabrug gelok sal kan word nie. Maar as die Engelse veldkanonne op so ‘n kort afstand moet losbrand, sal hulle sy dun linie met trompskote kan verbrokkel. Die burgers smeek hom om die sein te gee. Die Kakies is tog seker nou naby genoeg.(120)

(120)Barnard 58-9

‘n Oomblik later haak die Engelse kanonniers – hulle is die batterye onder bevel van die vuurvreter, kol. Long – die 12 voorste kanonne van die voorstelle af los. In parallelle boë neem die drywers die voorstelle agtertoe. “Batterye vuur 15 sekondes … lont 20!” Die bevele dryf kalm oor die vlakte na die rivier, asof die batterye aan ‘n velddag langs die Teems deelneem.

Dit is vir Botha genoeg. Hoog op die rant bo die rivier bulder die magtige Krupp-houwitser en ‘n oomblik later stroom ‘n vloedgolf Mauser-koeëls – die hewigste vuurstorm van die oorlog, nog hewiger as dié by die Modderrivier en Magersfontein – oor Long en sy gedoemde kanonniers.(121)

(121)Barnard 59. C. Burne Naval Brigade 15-16

—oOo—