BO Voorbereiding van n klein Oorlog

Voorbereiding vir ‘n klein Oorlog

 Die Boere-Oorlog

Deel 1

“My mening is, soos dit nog altyd was, dat sowel Milner as die militêre owerheid die risiko’s van hierdie veldtog erg oordryf.”

Joseph Chamberleain, Minister van Kolonies, aan Sir Michael Hicks Beach, Minister van Finansies, 7 Oktober 1899

Hoofstuk-aanhef C-HicksBeach 7 Okt 1899, Cham JC 10/4/2/53

— — —

Hoofstuk 9

Voorbereiding vir ‘n Klein Oorlog

Kaapstad, Londen en Natal, 20 Julie – 7 Oktober 1899

Die “krisis kan as afgeloop beskou word”. Dit is die ontsettende woorde wat Milner op 20 Julie in die Cape Times lees. Die woorde is deur die Londense Times gekabel en kom van Chamberleain self.

‘n Maand van wanhopige onderhandelinge volg. Toe, op 19 Augustus, lyk dit asof die krisis nogmaals “afgeloop” het; hierdie keer het Kruger deur die aanvaarding van die Bloemfonteinse minimum, die vyfjaar-stemreg, werklik met Chamberlain v rede gemaak. Die gedagte laat Milner na asem snak. “Dit lyk asof dinge in die afgelope paar dae in Engeland sleg gaan,” skryf hy in sy dagboek, “en die Volksraad maak teen ‘n baie ontstellende tempo verdere toegewings.”(1)

(1)M se dagboek 18 Jul 1899, Mil (dep 69)

Wat kan ontstellender wees as die vooruitsig dat Kruger se toegewings tot ‘n skikking lei wat volgens Milner en elke Engelse Suid-Afrikaner op die ou end as bedrog onthul sal word? “Baie groot gevoel van depressie,” skryf hy op 23 Julie, “ek kan sien daar gaan niks goeds kom van die lang stryd teen ZAR-wanbestuur nie. Die Britse openbare mening gaan om die bos gelei word, kort en klaar.”(2)

(2)M se dagboek 23 Jul 1899, Mil (dep 69)

En hoewel Milner se advies uiteindelik aanvaar is en genl. Butler huis toe gestuur gaan word, is daar nog geen positiewe antwoord op sy drie militêre vrae nie. Geen versterkings het nog geland nie, geen enkele soldaat nie – afgesien van daardie tien spesiale diensoffisiere.(3)

(3)SJ Jul-Aug 1899. Die Manchesters en Munsters het eers op 23 en 24 Aug skeep-gegaan

Milner se vrees dat hy deur Chamberlain opgeoffer gaan word, word kwalik gesus deur ‘n lang en hoogs vertroulike brief wat hy teen die middel van Julie ontvang van Fleetwood Wilson, op een na Lansdowne se mees senior staatsamptenaar in die Departement van Oorolog. Fleetwood Wilson is een van  Milner se kornuite uit die Whitehall-dae en hy stem met hom saam dat daar hard met Kruger gewerk moet word.

Maar hy waarsku Milner om nie aktiewe steun uit Engeland te verwag nie. Engeland is al “half sat” geëet aan oorsese verowerings en daar is ‘ n “ysige” onverskilligheid teenoor die kwessie van die ZAR. Londen “stel net belang in geldmaak en wil graag dinge oplap”. Selfs as Londen hom steun, sal dit ‘n gevaarlike bondgenoot wees. Die breë publiek het ‘n sterk gevoel van wrewel teen “die Beits, Barnatos, (J.B.) Robinsons” e.a. Suid-Afrikaanse miljoenêrs.

Fleetwood Wilson voeg ‘n vrolike brokkie nuus by: twee “grootkoppe” (een was vermoedelik Lansdowne) het Milner as “paniekerig” beskryf nadat hulle een van sy onlangse telegramme gesien het. Daar is geen hoop dat “een enkele trommelaar” as ‘n militêre versterking uitgestuur sal word nie, want “almal sê (Chamberlain) is absoluut vasbeslote om nie te veg nie”, en Hicks Beach “vloek as ‘n ekstra pennie gevind moet word”. Fleetwoord Wilson se advies aan Milner is dus: “Kom tot ‘n besluit … en klou vir lewe en dood aan jou voorneme vas.”(4)

(4)Fleetwood Wilson-M 22 Jun 1899, Mil 15 (SA 31)

Dit is reeds Milner se beleid. Dit is ‘n ander saak hoe om dit te bereik. Chamberlain en die Kabinet het hierdie krisis toegelaat om sedert Bloemfontein voort te woed, en weier volstrek om sy advies i.v.m. die volgende stap te volg: om die militêre skroef vas te draai en troepe uit te stuur. Terwyl die Britse ministers in Londen hul voete sleep, lyk dit asof die ministers van die Kroon aan die Kaap by die vyand aangesluit het.

Want Milner se lang struweling met Schreiner en die Kaapse Afrikaners het nou ‘n erg pynlike stadium bereik.(5) Schreiner se opkoms aan die Kaap was, soos ons gesien het, ‘n gevolg van die Jameson-inval: Rhodes se val, die vernedering van sy Progressiewe Party en die polarisasie van die Kaapse politiek tussen Afrikaans- en Engelssprekendes.

(5)Walker Schreiner 87-90 (CNA, sagteban-uitgawe s.j.)

Schreiner behoor in werklikheid aan geeneen van die twee gemeenskappe nie; sy pa was ‘n Duitse immigrant. Maar hy het in die hart van die Afrikanerdom ingetrou. Sy vrou is ‘n suster van F.W. Reitz, die oud-president van die Vrystaat wat nou as Transvaalse Staatsekretaris dien.

Milner glo vas dat dit Schreiner se vrou is wat dit vir hom, Milner, onmoontlik maak om Schreiner te “bekeer”. “Ek het teen die duiwel gestoei,” sou hy later aan sy vriend Garrett sê, “om die siel van daardie man (Schreiner) … maar op die ou end het ek nog maar twee derdes daarvan (ek bedoel die siel). Sy Afrikanervrou, Reitz se suster, klou nog aan die ander derde vas.”(6)

(6)M-Garrett 15 Jul 1900, Mil 28 (SA 46)

Milner probeer steun uit Schreiner pers vir die diplomatieke veldtog teen Kruger – paslik negatiewe steun – om hom te help bewys dat daar geen salf aan Kruger te smeer is nie. Kortom, die Kaapse Afrikaners se tussenkoms kan alleen slaag, uit Milner se oogpunt, as hierdie pogings misluk. En tot dusver was hulle ontstellend suksesvol in hul pogings om oortuigende toegewings van Kruger te verkry. Vandaar hierdie “baie groot gevoel van depressie”.(7)

(7)Sien Marais 295-7

Op die militêre front het hy posisitewe hulp van Schreiner nodig. Hy het die teendeel gekry: sy planne om die Kaapse grensgebiede te versterk, is aktief deur die Kaapse Regering teengegaan. Milner se militêre adviseurs het hom gewaarsku (dit was ‘n belaglik optimistiese siening, soos binne enkele maande sou blyk) dat die verdediging van Kimberley, Rhodes se diamant-hoofstad, feitlik op die grens tussen die Vrystaat en die kolonie, ‘n garnisoen van 1 000 man sou verg.(8)

(8)Trotter se verslag 29 Jul 1899, SM 2/1-2. Trotter se get RCSAW III, Q 13873-8

Vroeg in Augustus, ná die Kaapse Parlement sy sitting hervat het, ontbied Milner Schreiner na Government House en verduidelik dat die Vrystaatse magte en hul Transvaalse bondgenote dalk in die vesoeking mag kom om ‘n “strooptog” op Kimberley uit te voer. Kan Scheiner die versterkings magtig? “Dit was ‘n baie onaangename onderhoud,” teken Milner aan. Schreiner het botweg geweier.

Hy het verklaar dat Kimberley sonder troepe veiliger sou wees. Om Kaapse koloniale soldate na die grens te stuur, kon die politieke temperatuur laat styg en die onderhandelinge met die ZAR in gevaar stel. As hulle Britse soldate sien, kon die naturelle moeilik word. In werklikheid het Schreiner een rede geraai – en reg geraai – waarom Milner troepe op die grens wou plaas: hy sou hulle kon gebruik om die Boererepublieke in te val.(9)

(9)M-C 4, 24 Aug 1899, DK 879/56/174, 223. M se dagboek 7 Aug 1899, Mil (dep 69). Walker W.P. Schreiner 88-90. Sien ook K 9521/3

Voorlopig moet Milner op sy lip byt en die afjak aanvaar. Maar spoedig neem sake ‘n nuwe wending met die brig dat die Vrystaat groot hoeveelhede ammunisie deur die Kaapkolonie, sy vernaamste handelsvennoot, invoer: byna 1-1/2 miljoen Mauser-patrone het Kaapstad sedert vroeg in Julie per spoor verlaat. Milner is woedend. Hoe kenmerkend van sy Afrikaanse ministers om die kolonie weerloos te laat terwyl die vyand oorkant die grense gehelp word!

In die Parlement sê Schreiner: “Dit is almal se plig … om ten minste hierdie kolonie vreedsaaam te hou – ‘n veilige klein hawe, miskien, in Suid-Afrika wat nie deur storm en weerlik geteister word nie.” Vir Milner daarenteen was die gedagte van Kaapse neutraliteit belaglik, feitlik gelyk aan ‘n onafhanklikheidsverklaring.(10)

(10)M-C 30 Aug 1899, MP I, 503-4. Walker 92-3

Milner se krisis met Schreiner in Augustus val saam met die ontstellende nuus op 19 Augustus dat die krisis met Kruger vir die tweede keer verby is. Hy is gewillig om die vyfjaar-stemreg toe te staan, asook tien setels (‘n kwart van die Volksraad) vir die Goudvelde. Dit is dieselfde stemreg, maar drie setels meer as wat Milner self in Bloemfontein geëis het.(11)

(11)M-C 22 Aug 1899, K 9521/44-6

Hoe moet Milner nou ‘n skikking voorkom wat dreig om sy eie monumentale planne vir “die bars van die matrys” te verydel? Sy plan is om die Transvaal te annekseer en dit van sy fondamente af te herbou. Hy het altyd besef dat daar in die voorwaardes wat hy op Bloemfontein gestel het, een fatale gles was: Kruger kon hulle dalk aanvaar. In so ‘n geval sou die krisis verby wees, en daarmee die hoop om Kruger se republiek in te palm – in elk geval gedurende Milner se ampstermyn. Want die Kabinet sou nooit ‘n duidelike skikkingsaanbod verwerp nie.(12)

(12)Selborne-M 7 Okt 1899, Mil 17 (SA 31)/ Sien bief aan Grey 7 Aug 1899, MP I, 476-9

Al wat hy kan doen, is om dieselfde versperringstaktiek te gebruik wat hy nog steeds seder Bloemfontein toepas. Hy stuur per kabel ‘n afjak aan Conygan Greene, Britse agent in Pretoria, wat persoonlik met die Staatsprokureur van die ZAR, Jan Smuts, oor die nuwe aanbod onderhandel het.(13)

(13)M-Greene 17 Aug 1899, MP I, 490-1

Hy waarsku Chamberlain dat die nuwe aanbod, soos sy voorgangers, vol strikke en vangplekke is. Hy reël – hoewel dit miskien ‘n ongeluk kon gewees het – dat die verslag waarin Greene die aanbod by Chamberlain aanbeveel, per seepos na Londen gestuur word en Chamberlain dus te laat bereik om hom te beïnvloed.(14)

(14)M-C 22, 23 Aug 1899, K 9521/46, 60-4. DK 417/264/21624. DK 417/265/22484, 22259, 22260. Wilde 129/136

‘n Week later hoor Milner wat Chambrlain se reaksie was. Sy waarskuwings is geglo. Hy het in elk geval ‘n blaaskans.(15) Nou moet die militêre skroef vasgedraai word. Dit – strydig met alles wat hy Chamberlain  meegedeel het – voel hy in sy hart, sal ‘n oorlog presipiteer.(16)

(15)C-M 28 Aug 1899, K 9521/49-50

(16)Sien ins. M-R 6 Jun 1900, Bobs 45. Sien ook M-Bertha Synge 20 Apr 1898 Mil 8: “aansienlike oorlog”

By die lees van die vrolike brief waarin Fleetwood Wilson hom waarsku om geen steun uit Engeland te verwag nie, het Milner miskien ‘n bietjie wrang geglimlag. Dink ou Fleetwood regtig hy sal die sleutel tot die welslae van sy Suid-Afrikaanse beleid – politieke steun in Engeland – in die skoot van die gode laat? Wat van sy Balliol-vriende in die “Hoofkwartier”, dr. Jowett se jong manne en hul vrouens (hy noem hulle sy eerste en sy tweede span),(17) wat hom onkrities vertrou en steun? Trouens, hul bemoeiinge in die “Hoofkwartier” is reeds besig om vrugte af te werp.

(17)M-Ly Ilbert 7 Des 1897, Mil (afsonderlik bewaar by New College)

Sonder Willie Selborne se hulp in die Departement van Kolonies sou Milner niks bereik het nie. Selborne het hom in elke stadium van die krisis gesteun. Hy het Milner ook ‘n stroom private briewe gestuur – navigasieverslae, as’t ware, wat hom sou help om die rotse en sandbanke in die Departement en Kabinet te vermy, veral daardie onvoorspelbare rots, Chamberlain

“Daar was ‘n beweging,” skryf Selborne byvoorbeeld i.v.m. Chamberlain se gewilligheid om Kruger se aanbod van die sewejaar-stemreg te aanvaar, “in sekere impulsiewe kringe om te maak asof ons nou alles gekry het wat ons wil hê. Ons het dié beweging verydel. Binne 24 uur was ons weer op die regte koers…”

Weer op die regte koers. Die frase moet soos musiek in Milner se ore geklink het. In dieselfde brief berig Selborne, troue adjudant wat hy is, oor ander triomfe in die “Hoofkwartier”. Hy klets “periodiek” met “A.J.B.” (Balfour, die Adjunk-premier) om hom “reg te hou, en hy het dit alles by Walmer met die Eerste Minister (sy skoonpa) “uitgepraat”. Die gevolge is “volkome verblydend”.(18)

(18)Selborne-M 27 Jul 1899, MP I, 4732

Dieselfde geld George Wyndham, wat as Lansdowne se Parlementêre Onderminister in “die moeras” (sy woord) van die Departement van Oorlog vasgeval het. Sy verslae aan Milner sou sy hoof verstom het, net soos Selborne s’n. Tot dusver kon Wyndham Lansdowne natuurlik nog nie ooreed om daardie 10 000 man as verstekrings te stuur nie. Maar hy staan gereed met ‘n blok invloedryke Konserwatiewe Parlementslede wat kan help om die Parlement vir Milner se beleid te monster.

Wyndham was vroeër voorsitter van die South African Association – die belangrikste jingo-pressiegroep in Engeland – en sedertdien manipuleer hy hierdie drukgroep nog steeds, maar nou volgens Milner se opdragte – en agter die skerms. “Die pers is gereed en onder volle beheer. Ek kan ‘n agitasie aanskakel wanneer hy dit wil hê. Die Franse en Duitse aandeelhouers van die (goudmynmaatskappye) is in die kraal … (ons is in jou hande en ons sal wag en geduldig wees, of huis toe storm, net soos jy besluit.”(19)

(19)Wyndham-M 18 Mei 1899, Mil 14 (SA 30)

Wat Milner se netwerk van Liberale bewonderaars betref, hulle het laat in Julie ‘n hoofdelike stemming in die Laerhuis help voorkom toe Chamberlain se Suid-Afrikaanse beleid bespreek is. Dit is vir Milner noodsaaklik dat die Liberale imperialiste gretig moet wees om die skaakmat so gou moontlik te beëindig. En daarvan word hy verseker.

“Jy kan aanvaar,” skryf Henry Asquith, “dat jy die simpatie en goeie wense vanj jou ou vriende in jou moeilike taak het”. Grey het Milner se brief aan Asquith gewys – ‘n lang, welsprekende brief waarin alle oorlogsugtige oogmerke ontken word – en dit het hom geïmponeer.(20) (Asquith het natuurlik ook ‘n welsprekende stem aan sy sy om Milner se saak te bepleit – Margot se stem.)(21)

(20)M-Grey 7 Aug 1899, MP I, 476-9. Asquith-M 17 Jul 1899, Mil 15 (SA 31). Robbins Grey 76-7. Matthew Liberal Imperialists (Londen 1973) 171-5

(21)Sien Margot Asquith-M (9 Jul 1900, Mil 29 (SA 32) “Ek ens jy & jy alleen kon die saak in die begin oordra…”

Die tweede stel drade in Milner se onsigbare netwerk is die Engelse pers in sowel Suid-Afrika as Brittanje. Nadat hy aan Balliol afgestudeer het, was Milner self ‘n tyd lank as joernalis op die Pall Mall Gazette werksaam, in ‘n tyd toe die blad op sy hoogtepunt was. W.T. Stead was toe redakteur en in daardie dae het Stead almal se harte vinniger laat klop met die hartstog van sy imperialistiese oortuiginge.

Stead het later in die dieptes neergestort – ‘n Lucifer uit die imperialistiese hemel. Sy Review of Reviews nou pro-Boer, eksentriek pro-Boer. Maar Milner se ander kornuite uit die Pall Mall-dae is nou in ‘n posisie om hul trou te bewys – en hulle bewys dit.

E.T. Cook beheer die Liberale imperialistiese Daily News; dag na dag verkondig dié koerant die noodsaaklikheid van die “vriendskaplike kompromis” waarin Milner voorgee om te glo. J.A. Spender is redakteur van The Westminster Gazette, die koerant van die Liberale sentrum. Hy steun Milner se “onverminderbare minimum”, die vyfjaar-stemreg. In Kaapstad staan die Cape Times onder redaksie van Edmund Garrett, Milner se intiemste vertroueling, wie se onbeheerste hoofartikels Milner se verslae aan Londen inderdaad versoenend laat klink.(22)

(22)MP I, 13-17. Cook Rights and Wrongs of the War passim. Cook Edmund Garrett 151-6. Sien ook Review of Reviews, Daily News, Westminster Gazette, Cape Times Jul-Aug 1899

Al hierdie koerante het in die afgelope paar weke die gevare van uitstel by die Britse openbare mening tuisgebring, die gevaar dat ‘n skikking aanvaar kan word sonder waarborge i.v.m. die stemreg. Dit is die Morning Post en die Times, albei sterk pro-regering, wat die jingo-trom die hardste slaan. Die Morning Post (waarvan die hoofartikelskrywer Spenser Wilkinson is, nog een van Milner se kornuite) waarsku die Britse volk dat vertraging nou gevaarlik geword het en “rampspoedig” vir die Uitlanders kan wees.(23)

(23)Morning Post 23 Aug 1899. Sien ook 20 Jul en die ondertekende berigte in die koerant deur Wilkinson in Julie 1899

Die volgende dag waarsku die Times (die redakteur, Buckle, is nog ‘n bewonderaar) die Regering dat “dit tyd geword het om duidelik en met klem te sê dat hierdie vertragings spoedig beëindig moet word”. En twee dae later koggel die Times Chamberlain uit met ‘n implikasie van swakheid, iets wat Milner nooit kon gewaag het nie: “Johannesburg kan nie vir altyd leef van staatsmanne wat hul hand aan die ploeg slaan en vasberade op een plek bly nie.”(24)

(24)Times 24, 26 Aug 1899. Buckle-M 18 Aug 1899, MP I, 497

So gedug was Milner se onsigbare netwerk van lojaliteit, die ou vriende op wie hy kon staatmaak om Chamberlain op “die regte koers” te hou. Daarby, en nog aktiewer in sy belang aan die werk, was sy geheime bondgenote, die Londense goudkewers – veral die finansiers van die grootste Randse mynhuis, Wernher-Beit.

Alfred Beit was die reus – ‘n reus wat die wêreld se goudmark soos ‘n bonkige kabouter bewandel. Hy was kort, geset, kaalkop, met groot, bleek, glansende oë en ‘n manier om senuweeagtig aan sy grys moestas te pluk. Vir Beit se ou vennoot in die Jameson-inval, Rhodes, was publlisiteit brood en botter; vir Beit was dit afstootlik.

Ná sy pynlike verskyning voor die Londense ondersoek na die inval (waar hy moes beken dat hy die onderneming met £200 000 gefinansier het) het hy half dood gelyk. Van toe af woon hy byna soos ‘n kluisenaar in sy manjifieke huis in Park Lane, tussen sy ses skitterende Murillos van die Verlore Seun. Wanneer hy geld aan liefdadigheid skenk – en daarmee is hy gul – doen hy dit agteraf.(25)

(25)House Paper 311. Fort Alfred Beit 145-62. Vlgs. Lockhart en Woodhouse het die Inval ens. Beit £300 000 gekos Rhodes 367

Af en toe gee hy miskien ‘n klein noenmaal vir ‘n gesondere saak, soos toe hy daardie somer dr. Jameson en Sir John Willoughby aan die redakteurs van die Daily News en die Westminster Gazette – Milner se vriende, Cook en Spender – wou voorstel.(26)

(26)H.W. Just (van die DK)-M 6 Mei 1899, Mil 14 (SA 30)

Maar Beit, soos Rhodes, ly aan swak gesondheid. Hy vertrou die meeste van sy politieke sake toe aan sy vennoot, Wernher, en aan jong Percy Fitzpatrick, wat na Londen gebring is om die Uitlander-saak aan die Britse publiek te stel.(27) Fitzpatrick se boek, The Transvaal from Within (op ‘n wenk van Milner uitgegee), sou daardie seisoen die treffer wees.(28)

(27)Sien reeks briewe in 1898-9 Wernher-Ekstein, Fitzpatrick-Eckstein en Rouliot-Wernher, Eck HE 167, 116 en 175. Sien ook Rhodes-Beit 23 Aug 1899, Eck 67

(28)Fitzpatrick Memories 181-7

Waarskynlik was die sentimente by Beit se pers-noenmale baie dieselfde as dié van Fitzpatrick se boek. Anders as ten tyde van die inval stem omtrent almal nou oor die beginsels saam. Die Verlore Seun het teruggekeer. Die Uitlanders skaar hulle nou vierkant agter Brittanje, sy Empire en Sir Alfred Milner.

Maar een ding weet die publiek bepaald nie – en ook nie die pers nie (hoewel een van sy skitterendste medewerkers, J.A. Hobson, dit moet geraai het).(29) Milner se kapitalistiese bondgenote – Beit, Wernher en Fitzpatrick – doen veel om sy veglustigheid aan te blaas. Wernher, die versigtigste van die drie, het oorspronklik gehoop dat ‘n oorlog vermy kan word.(30)

(29)Hobson War in South Africa (uit artikels in die Manchester Guardian) 189-240

(30)Wernher-Rouliot 6 Mei, 9, 13 Jun 1899, Eck HE 167

Maar die maandelange krisis en onsekerhede vir die goudmynbedryf het hom sy geduld l aat verloor. In Julie het hy ‘n onderhoud van twee uur met Philip Gell (Milner se tussenganger) gevoer. Wernher het Gell meegedeel dat die finansiers teen dié tyd “heeltemal op ‘n oorlog voorberei is” en dat hulle daarop aandring dat die “situasie nou beëindig moet word”.(31)

(31)Gell-M 2 Jun (1899), Gell 532, Eckstein-Wernher, Beit & Kie. 22 Jul 1899; “skynbare swakheid van Imperiale Regering”, Eck 121. Sien ook Rouliot-Wernher 7 Aug 1899: “die lewe raak ondraaglik”, Eck HE 175

Ses weke later skryf hy aan Georges Rouliot, direkteur van die firma se Suid-Afrikaanse filiaal: hy vra om verskoning vir die “groot ontberings”” wat die vertragings in die vertrek van troepe veroorsaak het. Hy verduidelik dat dit weens “onkunde by die (Britse) publiek” onmoontlik was om vroeër te handel. Maar uiteindelik, voeg hy by, “het daar nou begrip gekom – almal erken nou iets moet gedoen word”.

In sy vreemde, lomp Engels (soos Alfred Beit, is Julius Wernher ‘n Duitser wat Britse burgerskap en Britse imperialisme aanvaar het), voeg hy by: Brittanje se gebrek aan militêre voorbereidheid is “incredibable (sic) …for an Empite holding half the world … but this is a cause why delay takes place”.(32)

(32)Wernher-Rouliot 15 Sep 1899, Eck HE 167

Die brief wat Fitzpatrick self gedurende die krisis uit Londen aan die firma in Suid-Afrika geskryf het, is diskreet vernietig omdat dit vir :Joe Chamberlain te onvleiend sou wees”.(33) Maar in ‘n brief wat hy enkele weke daarna aan Eckstein skryf, wys Fitzpatrick dat hy Milner se plan om die ZAR ter wille van ‘n oorlog te annekseer, geesdriftig steun en dat hy ongeduldig op die resultate wag.

(33)Eckstein-Evans 21 Sep 1899, Eck HE 130

“Dit is nie ‘n sterk Reg. Dié nie … dit is ‘n wankelmoedige, senuweeagtige lommp en onbeheerbare spul. Maar ‘n mens kan hulle aanjaag en spelde in hulle agterwêreld steek as hulle wil gaan sit, ek het dus aan jou gekabel sodat jy die feite aan S.E. (Milner) kan oordra. My oordeel is dat hy meester van die situasie is – absoluut – omdat hierdie Regering hom nie durf laat gaan as hy ‘n ultimatum sou stel nie. Hulle sal so gou as nou die bewind moet afstaan.”(34)

(34)Fitzpatrick-Eckstein 24 Nov 1899, Eck HE 116

Die goudkewers, strydig met die aanvaarde mening van latere historici, was dus aktiewe bondgenote van Milner in die ontketening van die oorlog.(35) Natuurlik moes Chamberlain niks hiervan weet nie. Wat hulle veral sulke wonderlike bondgenote gemaak het, was hul onverdrote herhaling van die dictum dat daar geen oorlog sal wees nie – d.w.s., mits Brittanje Kruger se bluf deurskou en troepe stuur.

(35)Vgl. J. Grenville Lord Salisbury and Foreign Policy (1970) 267

Fitzpatrick, in opdrag van Milner, het Selborne op 3 Julie die storie by die Departement van Kolonies vertel.(36) Hy herhaal dit in die Departement van Oorlog.(37) Cecil Rhodes het in Julie dieselfde ding aan Balfour gesê(38) en hy herhaal dit by gemengde dinees. (Margot Asquith sien hom daar in die middel van ‘n kring vroulike aanbidders sit, “soos ‘n groot brons-ghong”.)(39)

(36)Selborne-C i.v.m. Fitzpatrick se besoek op 3 Jul 1899. Cham JC 10/4/2/43

(37)Inligt. Nota 28 Jul 1899, DK 417/275/513-21. Fitzpatrick het ook beweer dat die OVS neutraal sou bly

(38)Balfour-(Bryce?) 2 Des 1899, Bal 49853/138-43

(39)Margot Asquith Autobiography (Londen 1962) 227

Ná Rhodes se aankoms in Kaapstad kabel hy aan Alfred Beit (dit is 23 Augustus): “President Kruger sal alles gee wat geëis word. Hy sal tot die laaste oomblik bluf.”(40) Lord Rothschild stuur Rhodes se boodskap aan Falfour deur.(41) Miskien het Rhodes sy eie voorspellings geglo.(42) Maar Beit, Wernher en Fitzpatrick ken die Boere. As Britse roepe na Suid-afrika gestuur word, sal ‘n oorlog begin.(43)

(40)Rhodes-Beit (sy) 23 Aug 1899, Eck 67

(41)Rotschild-Balfour 8 Sep 1899, Bal 49746/136

(42)M-Dawkins 16 Jan 1902, Mil 28 (SA 32). Vgl. Cook Rights 265

(43)Sien veral Rouliot-Wernher 17 Apr, 17 Aug 1899 en Wernher-Rouliot, Eck HE 175, 167

*** *** *** ***

Met behulp van sy nuwe bondgenote en ou vriende kon Milner dus die grond in die “Hoofkwartier” bewerk, waar hy self vroeër in die jaar “die saad gesaai het”. Hetddie tyd aangebreek om hierdie voorbereidings te beproef? ;Moet hy Joe dwing? Terwyl Milner vir hierdie onafwendbare stap terugdeins, dryf ‘n hartstogtelike nuwe vriendskap hom vooruit.

Onder die tien spesiale diensoffisiere wt laat in Julie uit Engeland in Kaapstad aangekom het, was kol. Robert Baden-Powell en sy adjudant, maj. Lord Edward Cecil, albei bestem om die mag in Mafeking te gaan organiseer.(44)

(44)L-Butler 7 Jul 1899, DO 32 (079/8686)

Lord Edward is ‘n lang, effens krom, enigsins melancholiese jong offesier, een van die Eerste Minister se minder suksesvolle jonger seuns. By hom was sy vrou, Lady Edward, en sy is hoegenaamd nie skaam of melancholies nie. Milner het haar natuurlik al tevore ontmoet.(45) Wie het nie? Sy is ‘n vriendin van Margot, wat haar spesiaal by Milner aanbeveel het. Sy het al Margot se “liefde vir die lewe en die liefde”.(46) Sy is ook die suster van Leo Maxse, redakteur van The National Review en sy is die Eerste Minister se skoondogter.

(45)M-Ly E.Cecil, MP I,164. Ly Milner Picture Gallery 125, 132

(46)Margot Asquith-M 9 Jul 1900, Mil 29 (SA 32)

Ná maande van geestelike afsondering, van verpletterende angs afgewissel deur ontsettende verveling, kan Milner hom nou in Lady Edward se geselskap verlustig. Saam skiet hulle pyle na die teiken op Government House se grasperk; hulle galop na Groenpunt, waar die branding dreun; en hulle ry – miskien op fietse – ál met die pad onder Tafelberg se hange na Groote Schuur. En toe, “tot my groot spyt”, soos Milner vroom in sy dagboek aanteken, vertrek Lady Edward saam met haar man na Mafeking.(47)

(47)M se dagboek 25, 26, 27 Jul, 3, 5, 6, 7, 14 Aug 1899, Mil (dep 69)

Haar terugkeer n a Government House val saam met die nuwe hoogtepunt in sy persoonlike krisis ná Kruger se aanbod van die vyfjaar-stemreg. Lady Edward – teen dié tyd Violet – het alleen teruggekom. Dit is sy, die “godsgawe” soos hy haar noem, wat Milner die moed gee vir die hartstogtelike beroep op Chamberlain wat hy op 30 Augustus afstuur.(48)

(48)M se dagboek 1 Sep 1899, Mil (dep 69)

Hierin  haal hy Rhodes se beroemde uitspraak aan dat Kruger tot by die kanonbek sal bluf. Hy pleit dat die “groot ekspedisie” nou uiteindelik uitgestuur moet word; dit sal Kruger “op sy knieë” dwing. En plegtig waarsku hy Chamberlain dat daar “’n wegbreek van ons eie mense” – die Uitlanders en Wernher Beit – sal kom tensy groepe gestuur word.(49)

(49)M-C 30 Aug (brief), 31 Aug 1899 (tel), MP I, 499, 500

Met Chamberlain praat hy reguit, met Selborne uit die hart. “Besef asseblief dat die spanning hier by almal feitlik breekpunt bereik het. Ek is nie besig om te gil nie. … Maar regtig, regtig, o, uitstekende vriend en troue ondersteuner, ons beleef nou al byna drie maande lank ‘n woedende krisisis, en dit is nie te veel om te vra dat sake nou tot ‘n punt moet kom nie.”(50)

(50)M-Selborne 30 Aug 1899 MP I, 498-9

Via ‘n baie private kanaal van sy eie – niks minder as ‘n kabel van Alfred Beit uit Londen waarin dié ‘n “oorlogsugtige wending” aankondig nie – verneem Milner op 5 September dat sy hartekreet uiteindelik beantwoord gaan word.(5)

(51)M se dagboek 5 Sp 1899, Mil (dep 69) “Eckstein het my met ‘n private telegram van Beit kom spreek”

Inderdaad het sake in Engeland skielik versnel, en Chamberlain het met mening na die “ou koers” teruggeswaai. Hierdie koers is deur Milner, sy vriende en bondgenote bepaal. Die hand op die roer in Chamberlain s’n en die dag waarop hy die roer as’t ware omgeruk het, was Donderdag, 24 Augustus.

Die Kabinet is met vakansie. Chamberlain self is by sy geliefde Highbury besig met die beplanning van ‘n formele plesierpark – ‘n pleasaunce – en ‘n twede, wilder tuin daaragter. Daardie Saterdag moet ‘n politieke tuinparty in die terrein gehou word.(52)

(52)Garvin III,  438, 460. Times 25 Aug 1899

Dit is ‘n ongerymde oomnblik, sou ‘n mens kon dink, vir die keerpunt in die stryd. Net vyf dae tevore het die Boere daardie verrassende nuwe aanbod gemaak; die vyfjaar-stemreg en ‘n kwart van die setels in die Volksraad vir die Uitlanders. En tog, op  hierdie dag, heeltemal skielik, begin Chamberlain se geduld opraak.

Waarom hierdie dag van alle dae? Dit is bepaald meer as ‘n blote impuls. Chamberlain het pas ‘n lang, welsprekende brief ontvang waarin Milner ‘n pleidooi lewer vir die ekstra garnisoen van 10 000 troepe wat Kruger waarskynlik sal dwing om van sy perdjie af te klim sonder dat ‘n skoot gevuur word.(53)

(53)M-C 2 Aug 1899, MP I, 513-4

Hy het ook Milner se jongste kabels ontvang waarin die Hoë Kommissaris daarop wys dat die nuwe aanbod aan onmoontlike voorwaardes onderworpe is: dat Brittanje sy aanspraak op susereiniteit moet prysgee en moet beloof om voortaan nie weer ten behoewe van Britse onderdane in die ZAR tussenbeide te tree nie. Miler eis strenger voorwaardes aan Engelse kant.(54) Buitendien het Chamberlain pas ‘n ontstellende nuwe memo deur Wolseley gesien waarin dié nogmaals pleit dat 10 000 man uitgestuur moet word.(55)

(54)DK 417/264/21624. Wilde 130-2

(55)W se memo 18 Aug 1899, SM 1/4(27 eks. gedruk). L-C 21 Aug 1899, Cham JC 5/51/67

Hy is byna sprakeloos wanneer hy aan die “hopelose” toestand van die Departement van Oorlog dink. As daar oorlog kom, sal die Departement se voorbereidings ongetwyfeld op “’n ramp” uitloop.(56) Terselfdertyd aanvaar hy Milner se herhaalde bewering dat daar geen oorlog sal wees nie, mits hulle ferm optree en troepe uitstuur.

(56)C-Selborne 14 Aug 1899, Garvin III, 454-5

Dit was waarskynlik Milner se welsprekendheid en die ongeduld van die Britse pers wat Chhamberlain finaal laat besluit het. Saam het hulle sy vertroue in onderhandelinge met Kruger totaal ondermyn. Hy sal Kruger nog ‘n paar dae gee. Daarna moet hulle hul eie voorwaardes stel – met ‘n vinger op die sneller.

Daardie Donderdag skryf Chamberlain aan Lansdowne. Die brief waarin Milner op die besending van 10 000 man aandring, word ingesluit. Hy het reeds ‘n afskrif aan die Eerste Minister gestuur. Hoewel die nuwe “voorstelle lyk asof ons kry wat ons wil hê”, is hy nie seker of dit nie ‘n blote maneuver is nie, deel hy Lansdowne mee.

Hulle moet die boere nou “’n week of tien dae” gee om die nuwe aanbod te verduidelik en die onaanvaarbare voorwaardes i.v.m. susereiniteit en intervensie terug te trek. As daar binne dié tyd geen skikking is nie, moet hulle aanvaar dat die Boere nie “vrede wil hê nie”. In dié geval moet hulle onmiddellik die volgende aflewering van 10 000 man stuur waarom Wolseley en Milner vra.(57)

(57)C-L 24 Aug 1899, Lan X 15-17

Op Saterdag, 26 Augustus, lewer Chamberlain sy beloofde ktoespraak, urbi et orbi,, uit ‘n prominente posisie op Highbury se grasperk. Dit is wat sy biograaf later ‘n “kort, weerklinkende toespraak” sou noem.(58) Chamberlain toon bepaald onheilpellende tekens van spanning. Juis daardie oggend het die Times hom getart met die stelling dat hy sy hand aan die ploeg slaan sonder om iets te dien.(59)

(58)Garvin III, 438-9

(59)Times 26 Aig 1899

In sy toespraak sê hy dat Kruger “in sy antwoorde ‘n vertragingstaktiek toepas. Hy kwyl hervormings soos water uit ‘n gedrukte spons. … Die sand in die uurglas lop uit”. Dit is nie die urbane, onverstoorbare Chamberlain wat mense ken nie. Hy klink kennelik versteurd.(6)

(60)Garvin tap

Dit was in elk geval die laaste keer dat hy die bluf-beleid sou toepas – dat hy Kruger sou dreig sonder die middele om sy dreigemente uit te voer. ‘n Paar dae gaan verby. Die dooie ppunt verhewig. Op 28 Augustus stuur Chamberlain Kruger ‘n dreigende boodskap. In antwoord hierop trek Kruger die vyfjaar-stemreg terug en vervang dit deur ‘n dubbelsinnige nuwe aanbod –‘n sewejaar-stemreg, miskien met ‘n gesamentlike ondersoek.(61).

(61)K 9521/49. Wilde 134. Marais 312-16

Op 2 September – presies volgens sy nuwe rooster – skryf Chamberlain aan Salisbury om ‘n Kabinetsvergadering te belê.(62) Die sand het die bodem van die uurglas bereik.

(62)C-Salisbury 2 Sep 1899, Sal E/159

— — —

In Suid-Afrika galop Milner en Lady Edward op Groenpunt langs die branders. In die Departement van Buitelandse Sake in Whitehall kom die Kabinet in die vertrek van Lady Edward se skoonvader, Lord Salisbury, byeen; dit is 12.30 nm. op 8 September. Lord Salisbury, Eerste Minister en Minster van Buitelandse Sake, is meer as ‘n boegbeeld – “Ou Sarum”, die leier van die koalisie.

Hy is half vermink deur sy private droefheid; sy vrou lê in Walmer Castle op haar sterfbed met kanker. Tog toon hy by geleentheid nog die ou vuur, of hy nou deur Hicks Beach, die erg besparingsbewuste Minister van Finansies, gedwarsboom of deur “Pushful Joe” aangejaar word. Hy handhaaf graag sy eie tempo, en hy kry gewoonlik sy sin.

Die Kabinet vergader om die hoefyster-tafel wat oor St James’s Park uitkyk. Links van Salisbury sit Balfour in sportdrag (blou serge-pak en geel skoene). Langs hom Chamberlain, met ‘n orgidee in sy knoopsgat.(63) Oorkant hulle lê die Hertog van Devonsdhire (gewoonlik half aan die slaap)  uitgestrek.(64) Daar is 15 ander Kabninetlede, met inbegrip van Hicks Beach, terug van sy landgoed in Gloucestershire, en Lansdowne, wat pas op sy geliefde Dereen in die graafskap Kerry was.(65)

(63)Sien Salisbury-C 18 Sep 1899, Cham JC 5/67/122. Selborne-M 11 Aug 1899, MP I, 486-7. Asquith Lord James of Hereford (Londen 1930) 255. Daily News 9 Sep 1899 ens.

(64)L. Balfour 22 Apr 1900: “Devonshire gaap”, Bal 49727/129-30

(65)Times 9 Sep 1899

Chamberlain lê ‘n memorandum aan die Kabinet voor waarin hy die politieke redes uiteensit waarom 10 000 man na Suid-Afrika gestuur moet word, met ‘n ultimatum daarna. Sy saak is wesenlik eenvoudig – en hoe goed en hy dit ná Milnder dit al soveel maande uithamer. In ‘n eerbare skikking moet die politieke regte van die Uitlanders met die ZAR se gekwalifiseerde onafhanklikheid en Brittanje se regte ingevolge die twee konvensies versoen word.

Kruger is nie gewillig om daardie soort skikking te maak nie. In die 20 jaar sedert Majuba en die vier jaar sedert die Jameson-inval het hy dit talle kere bewys: verak deur sy uittartende optrede in die Edgar-saak en sy weifelende optrede sedert Bloemfontein. Wat hy doen, is om te maneuvreer – hy speel vir tyd. Sy jongste aanboed bewys dit finaal.

Kruger moet voor sy siel weet dat sy twee voorwaardes onaanvaarbaar is. Om hierdie twee voorwaardes – i.v.m. susereiniteit en nie-intervensie ten behoewe van Britse onderdane – te koppel aan sy aanbod van ‘n vyfjaar-stemreg, bewys bo alle twyfel dat hy “nie vrede wil hê nie”. Die enigste manier om hom te dwing om die stemreg uit te hoes, is om ‘n pistool teen sy kop te plaas.

Die Uitlanders word soos ‘ n “minderwaardige ras, weinig beter as Kaffers of Indiërs” behandel, mense “oor wie se verdrukking al baie gekla is”. Maar die saak is nou breër as die griewe van Uitlanders of naturelle. Wat nou op die spel staan, is niks minder as “die posisie van Groot –Brittanje in Suid-Afrika nie – en daarmee saam die taksering van ons mag en invloed in ons kolonies dwarsdeur die wêreld”. Dit was Chamberlain se formele argumente by die Kabinetsvergadering.(66)

(66)C se memo van 6, 7 Sep 1899, Kab 37/50/70-1/ Wilde 140-1

Wat hy alles gesê het, is onbekend, aangesien  geen Kabinetsnotule in dié tydperk gehou is nie. Miskien het hy ook ‘n ultimatum voorgestel. Dit is seker dat hy by die Kabinet aangedring het, soos Milner by hom, om nou strenger eise aan Kruger te stel. Wanneer die troepe eers gestuur is, moet die beginsel van die Sibillynse boeke geld: hoe langer Kruger uitstel, hoe hoër die prys wat hy vir ‘n skikking moet betaal.(67)

(67)Ibid. Vgl. Salisbury se memo oor onderwerp 5 Sept 1899. Kab 37/50/64. Garvin III, 441-2

‘n Sentrale paradoks span die kroon op al Chamberlain se argumente dat troepe gestuur moet word: so ‘n stap sal nie ‘n oorlog presipiteer nie. Dit is deur Selborne geformuleer, deur Milner bevestig en deur Rhodes, Beit, Fitzpatrick en al die ander Uitlanders in Londen beaam. Die  beste manier “om oorlog te voorkom, is om ons daarop voor te berei”, Kruger sal tot “by die kanon se bek bluf”.(68)

(68)Sien C-L 5 Okt 1899, Cham JC 5/51/87; toe C steeds geglo het die boere sou nie offensief optree nie

Hoe Lord Salisbury op Chamberlain se betoog geantwoord het, is onduidelik. Maar ons weet dat hy Chamberlain se siening gesteun het, hoewel teensinnig. Soos sy neef, Balfour, keur hy Joe se politieke styl af. Om Kruger met ‘n “gedrukte spons” te vergelyk – so het Balfour dit gestel – is skaars die taal van die diplomasie.

Aan die ander kant stem Lord Salisbury met chamberlain saam dat dit onmoontlik geblyk het om met Kruger te onderhandel en dat hulle nou geen keuse het as om in Suid-Afrika ferm op te tree nie. Hy steun dus die politieke saak wat Chamberlain daarvoor uitgemaak het om 10 000 man na Natal te stuur.(69)

(69)Salisbury-C 29 Aug 1899, Cham JC 5/67/116

Die militêre argumente is eweneens sterk. Milner hamer al sedert Mei op hulle, Wolseley sedert Junie, en daardie week het genl. Sir Redvers Buller ‘n cri de coeur – ‘n hartekreet – om die verskeping van troepe regstreeks tot die kantoor van die Eerste Minister gerig ten einde die armsalige Minister van Oorlog te omseil.(70)

(70)Buller se notule 5 Sept 1899 (met C, L en W se kommentaar) Kab 37/50/62-8. L se verdere  kommentaar op bostaande teenoor C, L-D 9 Sep 1899, Cham JC5/51/80

Lansdowne, daarenteen, is nog steeds skepties oor die noodsaaklikheid van so ‘n groot defensiewe mag. Hy is ‘n vriend van genl. Sir Penn Symons, die Opperbevelhebber in Natal, wat aanvankllik 2 000 man, en nou 5 000, aanbeveel het. Hy “betwyfel dit sterk” dat ‘n Boeremag van 10 000 man Natal sal binneval soos Wolseley meen. Hy wanmin Buller hartlik – verdink hom trouens van pro-Boer-gevoelens.(71) Nietemin is hy bereid om by die Eerste Minister se oordeel te berus.

(71)L-C 15, 21 Aug 1899, Cham JC 5/51/61-7. L-G Wyndham 15 Aug 1899, Lan VIII 17-20

Die enigste lid van die Kabinet, ironies genoeg, wat Lansdowne se gevoelens deel, is sy bittere vyand Hicks Beach. Maar Beach is om  heeltemal ander redes teen Chamberlain gekant. Hy is diep wantrouig oor die politieke saak vir intervensie. Hy keur Chamberlain se provokatiewe hantering van die krisis af – veral die  manier waarop hy sy jongste kortaf boodskap aan die boere gestuur het sonder om die Kabinet te raadpleeg.

Hy vind die koste skokkend: minstens £350 000 vir die eerste aflewering van 10 000 man en meer as £5 miljoen vir die tweede aflewering, die invalsmag onder Buller.(72) Daarby het ‘n ontstellende gevoel van déjá vu hom onlangs oorval. Hy het twintig jaar tevore ‘n lid van die Kabinet wat Transvaal geannekseer het. “Herinner dit jou nie aan alles wat met Bartle Frere gebeur het nie?” mer hy bitter teenoor Lord Salisbury op.(73)

(72)Hicks-Beach-Salisbury 24, 31 Aug 1899, Sal E/

(73)Hicks-Beach Life 106. A.G. Gardianer Life of Sir William Harcourt II, 498

Nog ‘n lid van die Kabinet het ernstige voorbehoude i.v.m. Chamberlain se beleid: Arthur Balfour. As Salisbury se neef en adjunk sou ‘ n mens kon gedink het hy is ‘n mag om mee rekening te hou. Vier maande tevore het hy die rol van duiwelsadvokaat gespeel deur argumente teen intervensie aan die Kabinet voor te lê wat Chamberlain self in 1896 gebruik het.

Die ZAR, het hy gesê, is ‘n vreemde staat en Brittanje het afstand gedoen van haar regte om haar met sy binnelandse sake te bemoei.(74) Maar dit is nie in Balfour se aard om ‘n aanval deur te druk nie. “Die goddelike Arthur,” soos sy vriende hom noem, is te veel van ‘n filosoof; hy sien alle kante van die saak sonder om een te kies.(75)

(74)Balfour se memo Drus Documents 173-5 en Wilde 99-101 aangehaal. Balfour-C 6 Mei 1899, Bal 49773/162-5

(75)Asquith-Bryce 28 Sept 1899, Bry UB 1. Balfour-Bryce 2 Okt 1899, Bal 49853/120-2

Hy versit hom nie teen Chamberlain se Suid-Afrikaanse beleid nie. Buitendien is Balfour, soos die meeste van die Kabinetslede, oortuig dat Kruger sal toegee sodra troepe uitgestuur word. Ondanks Lansdowne se bedenkinge en Hicks Beach se besware keur die Kabinet dus Chamberlain se voorstelle goed. Die eerste besending troepe sal so gou moontlik gelas word om  na Natal te vertrek.(76)

(76)SM 1/3. SJ 8, 9 Sep 1899. Times 9 Sep 1899

Moet hulle ook ‘n ultimatum stuur? Hier skop die Kabinet vas. Wat hom betref, is Salisbury vasbeslote om nie in ‘n ding gejaag te word nie. Die Britse openbare mening is nog nie hiervoor ryp nie. Miskien kan die Boere so gemaneuvreer word dat dit hulle is wat die ultimatum uitreik.

Buitendien is daar ‘n deurslaggewende militêre argument teen oorhaastige diplomatieke optrede. Die 10 000 man wat nou gestuur word, sal eers in die eerste week van Oktober op die Natalse grens wees. Dit is noodsaaklik dat die vrede tot dan bewaar word.(77)

(77)K 9521/64. Salisbury-C 19 Sep 1899, Cham JC 5/67/122

Dit is Ou Sarum self wat die werklike implikasies van die besluit voorspel.

Voor die vergadering eindig, laat Salisbury ‘n sombere waarskuwing hoor. Hy deel nie Chamberlain en Balfour se optimisme dat Kruger sal oorgee liewer as om te veg nie. Wanneer die Britse troepe die front bereik, sal die oorlog begin, dit is sy mening – of miskien sal die Boere Natal binneval wanneer hulle hoor dat troepe op  pad is. Hy vrees die oorlog sal die grootste wees waarin Brittanje sedert die Krim betrokke was.(78)

(78)Goschen-Salisbury Sep 1899 Sa; E/: “Ek is dit roerend eens met jou nadruklike waarskuwing dat ‘n baie groot taak voorlê.”

En miskien laat hy teenoor sy kollegas val wat hy ‘n week tevore aan Lansdowne obnthul het: sy eie bittere bedenkinge oor die hele saak. Hylle kan nie van oorlog terugdeins nie. Die enigste alternatief is om alle aansprake op oppergesag in Suid-Afrika prys te gee, die strategiese sleutel tot die imperiale roete na Indië. Tog is dit wreed om deur sulke negatiewe oorwegings in ‘n oorlog gedwing te word: “Alles ter wille van mense vir wie ons minagting voel en ter wille van ‘n gebied wat Engeland geen mag sal besorg nie.”

In ‘n kort kommentaar op Milner se brief aan Chamberlain wys hy dat hy besef het, maar te laat, hoe Milner en die Uitlanders, asook Wernher, Beit en Kie., Chamberlain en die Kabinet gemaneuvreer het. “Sy (Milner se) siening is oorverhit. … Maar dit help nie om nou daaroor te tob nie. Wat hy gedoen het, kan nie ongedaan gemaak word nie. Ons moet op’ n morele veld speel wat deur hom en sy Jingo-spelers vir ons berei is.”(79)

(79)Salisbury-L 30 Aug 1899, Newton Lansdowne 157

Die Kabinetsvergadering, wat ‘n halfuur langer as gewoonlik geduur het, verdaag om tien voor drie. ‘n Vakansieskare het op die sonnige sypaadjie buite die Departement van Buitelandse Sake vergader, en mense merk hoe die Ministers, wat met sulke ernstige gesigte opgedaag het, babbelend en laggend vertrek. Beteken dit vrede of oorlog? Een goed ingeligte buitelandse korrespondent som die situasie as volg op: ‘Die Regering gaan die saak tot die bitter einde deurvoer, maar … glo dat President Kruger van sy  perdjie sal aklim.”(80)

(80)Cape Times 11 Sep (Londen 9de) 1899

Lansdowne keer terug na die generaals wat op hete kole in die Departement van Oorlog in Pall Mall sit en wag. Weldra begin die marconis i n die kabelkamer die boodskappe van die Opperbevelhebber na die bevelhebbers in Indië en Suid-Afrika uittik.(81)

(81)SJ 8, 9 Sep 1899

Wolseley is byna opgewek. Anders as die meeste Kabinetslede glo hy dat die Boere sal veg. Hy verwag ‘n klein oorloggie in Natal voor Buller se leërkorps aan wal stap; daarna skoonskip; Pretoria kan dalk nog voor Kersfees val.(82)

(82)Sien ins. W se notule 8 Jun 1899, RCSAW I, 262: “Operasies moet so gou doenlik in SA begin, sodat dit teen volgende November verby kan wees.”

Twee dae tevore het hy as voorsitter opgetree op ‘n vergadering van die Weermagsraad in sy kantoor. Hy was daardie dag diep neerslagtig, en die middag se weer het sy bui weerspieël: donder en weerlig en so ‘n donker lug dat die generaals om die mahonietafel nie mekaar se gesigte kon sien nie, en kerse gebring moes word.

Nou het die storm Londen skoongewas, en Lansdowne en die Kabinet het eindelik toegegee. Wolseley verlustig hom in sy triomf. Lansdowne lyk “vandag meer soos ‘n Joodjie as ooit”, deel hy sy vrou mee. “Na vier jaar se aanhoudende samewerking met hom kan ek nou konstateer dat sy gees nog kleiner as sy liggaam is.”(83)

(83)W-vrou 6 Sep 1899, Wol 28/50

Maar waar moet die 10 000 man om Natal te verdedig, werklik vandaan kom? Namate die geel kabelgramme op Wolseley se lessenaar begin ophoop en die groen lêers met die kode 079 (vir Suid-Afrika) in die kronkelende gange heen en weer gestuur word, raak die atmosfeer in die Departement van Oorlog allesbehalwe gelukkig. Lansdowne het die Indiese owerheid klaar gevra of hulle die grootste gedeelte van die versterkings kan verskaf. Hulle het 5 500 soldate aangebied.(84)

(84)Genl. Gaselees se verslag 28 Aug 1899, SM 3/1-12

Wolsele4y vind dit erg ontmoedigend. Hy wantrou die Indiese leër. Dit is Roberts se leër. En was dit dan nie die Britse regimente uit Indië – die 60ste Skutters en die 92ste (Gordons) – wat Majuba verloor het nie? Wolseley wil ‘n garde-brigade stuur, onder ‘n generaal wat hy kan vertrou – een van die Afrikane. Maar Lansdowne oorstem  hom.(85)

(85)W-L 24 Aug 1899, RCSAW I, 267. W se notule 5 Sep 1899, RCSAW I, 269. L-C 21 26 Aug, 1 Sep 1899, Cham JC 5/51/67/ 72-3

Binne tien dae tik die Departement van Oorlog se marconiste berigte oor die gladde verskeping van ervare Britse regimente uit Bombaai en Kalkutta: die 2de King’s Royal Rifles, die 1ste Gloucesters, die 1ste Devonshires, e.s.m., almal geroetineerde blanke troepe, met volop voorrade en ammjunisie, 18 veldkanonne, drie veldhospitale en meer as duisend Indiese draers.

Wat van die ander versterkings? Wolseley slaag daarin om nog drie bataljons bymekaar te skraap: die 1ste Royal Irish vanuit Alexandrië, die 1ste Grensregiment uit Malta en die 2de Skutterbrigade van die Britse Garnisoen op Kreta.(86)

(86)SJ 16-17, 20-8 Sep 1899

Die nuwe versterkings vir Natal beslaan omtrent net 10 000, met inbegrip van die twee bataljons wt laat in Augustus gestuur is. Dit is die beste wat die Empire in die omstandighede kan doen: die Amir van Afganistan is sieklik, en Indië senoordwestelike fkront verkeer dus in gevaar. Teen middel Oktober, wanneer die hele 10 000 versterkingstroepe in Durban geland het, sal die totale mag in Natal 15 000 beloop.

Die totale getal soldate wat die Boere in albei repupblieke kan monster, word op 54 000 geskat. Maar Symons beweer dat hy maar 5 000 nodig het om die hele Natal te verdedig. Wolseley reken dat hierdie 15 000 man genoeg sal wees om “alles suid van die Biggarsberg (reeks) te bewaak – d.w.s. met inbegrip van die grootste Britse militêre depot, die kamp op Ladysmith. Wolseley is bereid om sy “reputasie daarop te waag”.(87)

(87)White-J White 3 Sep 1899, Whi 98B. W het gereken op slegs “9 800 bajonette, 1 900 sabels en 42 kanonne” W se notule 3 Okt 1899, RCSAW I, 272. L-C 9 Sep 1899, Cham JC 5/51/80. SM 1/3

Soos binnekort sal blyk, het die amptenare van die Departement van Oorlog ‘n rampspoedige berekeningsfout gemaak toe hulle op die eerste van Milner se drie deurslaggewende vrae probeer antwoord het: hoeveel troepe is nodig om Natal te verdedig?  Hul antwoord op die tweede – wie moet die verdediging lei en organiseer? – is ewe rampspoedig.

Selfs in September, nadat  hy die verskeping van die versterkings goedgekeur het, sien Lansdowne geen rede om ‘n bevelhebber agterna te stuur nie. Butler is in die pad gesteek, maar slegs ‘n waarnemer, ‘n sjarmante nulliteit, ene Forestier-Walker, is vir die Kaap aangestel. Symons bly die Natalse bevelhebber. Nouja, Symons kan die fort hou tot Buller aankom. Wolseley dring by Lansdowne aan. ‘n Kompromis word bereik.(88)

(88)Ibid en W-C 12 Sep 1899, Cham JC 5/51/81

Die huidige Kwartiermeester-generaal in die Departement van Oorlog is nog ‘n lid van Roberts se Ring, lt.-genl. Sir George White, ‘n 64-jarige generaal, vier en ‘n half jaar ouer as Buller. Lansdowne is sterk t.g.v. White ((“nie een van die ‘ou bende’ nie,” deel hy Chamberlain mee). Maar Chamberlain beskou White, wat ná ‘n ry-ongeluk nog steeds hink, as te oud en afgeleef vir die werk. Sedert Junie – baie verstandig – hou Chamberlain nog steeds vol dat buller self moet gaan.(89)

(89)C-L 14 Jun, 10 Sep 1899, Lan 5/26-7,7/8-9

Maar White word as Natalse bevelvoerder aangestel en vir sy staf kies hy twee van Roberts se ywerigste partisane, kolonels Ian Hamilton en Sir Henry Rawlinson. As sy inligtingskundige gee Wolseley hom maj. Althan, die kortsigtige, bejaarde skrywer van Military Notes, daardie boekie van die inligtingsafdeling waarin voorspel is dat die Boere slegs met twee- tot drieduisend man “invalle” sal waag, en dat hulle ná “een ernstige nederlaag” die stryd gewonne sou gee.

Op 16 September, die dag voor die Eerste Leër van die Indiese kontingent in Bombaai skeepgaan, vertrek Sir George White, Hamilton en Rawlinson aan boord van die Tantallon Castle na Kaapstad, met Durban as eindbestemming. Hul vertrek is voorafgegaan deur ‘n brawe vertoning van eensgesindheid deur White se kollegas in die Departement van Oorlog op die perron van die Waterloo-stasie.(90)

(90)SJ 16 Sept. Times 17 Sep, Rawlinson se dagboek 19 Sep-6 Okt 1899, Rawl 7-1

Drie dae tevore het Lansdowne self per skip na Ierland vertrek om sy onderbroke vakansie op Doreen te hervat, ná ‘n  hoflike weiering om verdere toegewings te maak. Wolseley en die Weermagsraad wil muile, waens e.d.m. vir Buller se Leërkorps begin koop sodat dit desnoods so gou moontlik gemobiliseer kan word. Lansdowne antwoord Wolseley salwend.

Die 15 000 man sal Natal teen ‘n Boere-inval beskerm. Wat maak dit saak as hul eie invalsplanne deur noodsaakllike besuiniging vertraag word? Alles op sy tyd.(91) Hulle kan “die knoppie druk” (George Wyndham se frase vir die bevel om muile te koop(92) sodra dit duidelik word dat Kruger nie bluf nie.

(91)L-C 9 Sep, Cham JC 5/51/80. L-C 12, 15 Sep 1899, Lan X/18, 26

(92)G. Wyndham-Balfour 8 Aug 1899, Bal 49803

In teenstelling met Wolseley bly Buller bitter en gefrustreerd. ‘n Ironiese kinkel in die storie van die Ringe is dat Buller, wat as Wolseley se getroue luitenant deur Lansdowne met die nek aangekyk is, nou ook deur Wolseley self kil behandel word. In elk geval, op 8 September, die dag van die Kabinetsbesluit om die Natalse versterkings te stuur, het Buller sy basis in Aldershot verlaat en na Londen opgereis om dit in Pall Mall met Lansdowne uit te praat. Dit is op die ouend ‘n stormagtige onderhoud.

Waarom het Buller daardie cri de coeur aan die Eerste Minister “agter sy rug” gestuur? Verwyt Lansdowne hom. Die twee manne praat trouens skaars met mekaar. Hul geaardhede rasper nog meer teen mekaar as dié van Lansdowne en Wolseley. Buller troon bo Lansdowne uit en gedra hom so reguit en taktloos as wat net skaam mense dit kan doen.

Lansdowne deel hom reguit mee dat hy hom “moeilik vind om mee saam te werk” en erken later in ‘n private gesprek dat hy hom as pro-Boer beskou. Dit is ‘n onmoontlike vennootskap. Lansdowne wys Buller nie die politieke telegramme nie. Hy laat hom nie toe om enige lede van die Leërkorps se staf self te kies nie, met uitsondering van een of twee manne op sy persoonlike staf.

Hoe anders was dit nie vir Wolseley nie, onthou Buller bitter, toe hy wat Wolseley gekies is om n 1882 aan die hoof van die Egiptiese ekspedisie te staan: hy is toegelaat om die hele affêre te organiseer. Maar hy, Buller, word in Aldershot gehou, en hulle sê hom niks. Die vervoer vir sy Leërkorps is nog nie goedgekeur nie en – nog rampsaliger – daar is nog nie met White of Symons oor ‘n volledige strategie ooreengekom nie.(93)

(93)Buller-broer 3 Nov 1899, Bull (PRO) DO 132/6/ Buller-L D|O 32/7902/287. Buller se get RCSAW III, 170

Dit is waar. Die atmosfeer in die Departement van Oorlog, asook sy eie morele isolasie, weerhou Buller daarvan om die situasie selfs met White te bespreek.

Ná sy terugkeer na Aldershot het Buller vir Lansdowne ‘n uiters belangrike private brief gestuur wat nog n oooit gepubliseer is nie. Dit toon dat Buller – anders as Wolseley of enige ander generaal –  naby gekom het aan ‘n begrip van die omvang van die gevaar waaraan Chamberlain se “bluf-beleid” hulle blootgestel het. Buller ken die Boere beter as enige ander Engelse generaal. Hy het self in die Kafferoorlog Boere vir sy Light Horse opgelei en hy het persoonlike vriende onder hulle.(94) (Dit was waarskynlik die rede, afgesien van Buller se verbintenis met die Liberale, vir Lansdowne se minagtende opmerking dat Buller “Boere praat”.)

(94)Buller-A. Herbert 13 Okt 1899 Herb Butler Buller 33-8

Nou vra hy Lansdowne om, behalwe die 10 000, “dadelik ‘n bykomende mag” na Natal te stuur. “Ons het dinge verwaarloos tot ons ons in ‘n baie ongemaklik militêre posisie bevind – as die Boere die inisiatief neem … het hulle nou die kans om ons in Natal ‘n ernstige terugslag te laat ly – as hulle dit doen, sal elke dag waarmee versterkings vervroeg kan word, sy gewig in goud werd wees. …”(95)

(95)Buller-L 9 Sep 1899, Lan 2/3-4

Daarby maak Buller dit duidelik (hoewel nie in hierdie brief nie) dat White sy mag beslis nie te ver vooruit moet skuif wanneer hy in Natal aankom nie. Hy moet agter die sterk lyn van die Tugelarivir op die verdediging bly. Om nader aan Biggarsberg te gaan en Ladysmith te beman – soos tans beoog word – kan rampspoedige gevolge hê.(96)

(96)Buller-Bigge 4 Jan 1900, Big

Lansdowne veeg Buller se beroepe opsy. Hulle moet wag en kyk of Kruger bluf. Buitendien, Wolseley het mos gesê dat hy “sy repuptasie daarop waag” dat “alles suid van Biggarsbrg veilig sal wees” wanneer die 8 000 man aankom.(97)

(97)L-C (verwerp Buller se voorstel) 9 Sep 1899, Cham JC 5//51/80

Buller bly verbete in Aldershot. Toe Wolseley hom na sy kantoor gebring en hom die Leërkorps se voorlopige regimentelys gewys het, die fleur van die Britse Weermag en 50 000 man sterk, het Buller uitgeroep: “Wel, as ek nie met hulle kan wen nie, moet ek geskop word.”(98) Nou het hy allerlei donker voorgevoelens. Hy wens Wolseley is self gekies om die ekspedisie te lei.(99)

(98)Symons aangehaal 91

(99)Lyttelton Eighty Years 200-1

— — —

Terwyl Buller se troepe snags skynaanvalle in Aldershot doen,(100), sny die Tantallon Castle, met Sir George White en sy staf aan boord, ‘n glimmende kielsog deur die suidelike Atlantiese Oseaan. White is bly om uit die Departement van Oorlog weg te kom. Hy vind die stryd tussen die Afrikane en Indiërs “onsmaaklik”. Dit soldate is nie in voldoend emate in beheer nie en is nòg “verenig nòg sterk”.(101)

(100)”Pom” MacDonnell-Curzon 29 Aug 1899 (sy) PT

(101)White-broer 3 Sep 1899, Whi 98B/

‘n Paar dae later ter see is genoeg om White baie op te beur. Hy voel nou al jonger en lewendiger, ondanks sy mank been, al is dit allesbehalwe aangenaam om van sy deftige kajuit op die boonste dek na die dek daaronder te moet afdaal en daar te gaan toustaan voor hy kan bad. White is ‘n lang, slank Anglo-Indiaanse generaal met ‘n vel wat maklik in die son brand, ‘n Noord-Ierse landheer wat hom moeisaam in die Indiese Weermag opgewerk het.

Hy is nie besonder skrander nie; pligsgetrou wel. Sy onderskeiding is dat hy as jong man in Opper-Birma ‘n Victoria-kruis gewen het. Sy nadeel, afgesien van sy been, is dat hy nog slegs in Indië gedien het en niks van oorlog in Suid-Afrika weet nie – trouens niks weet van oorlog teen blanke teenstanders nie.

Hy bring die grootste deel van die reis in ‘n dekstoel deur terwyl hy oor die onderwerp nalees. Hy kyk na Butler se Life of Colley (Colley was die Beritse kommandeur wat by Majuba gesneuwel het. Butler, skrywer van die boek, is dié generaal Butler, die een wat in Augustus afgedank en uit die Kaap teruggestuur is).

Die vaart is vervelig genoeg. Toe, einde ten laaste, op 3 Oktober, stoom die Tantallon Castle die Kaapstadse hawe binne, net voor die eerste strale van die son die grys flanke van Tafelberg verlig.(102)

(102)White-broer 19 Sep, 1 Okt, Whi 98B/264-9. White-Ly White 19 Sep, 1 Okt 1899, Whi 101/I. DNB

White vind Milner “senuweeagtig en … oorstuur”, en die nuus wat Milner hom meedeel, krap hom baie om.(103) Hy is nou al drie weke lank van die buitewêreld afgesny; daar het geen kabels op Madeira gewag nie. Toe hy Lansdowne verlaat het, was Lansdowne vol praatjies oor Kruger se “bluf”. White self het ‘n vriend die dag voor sy vertrek meegedeel: “Persoonlik dink ek nie daar gaan ernstige gevegte wees nie. Die groot finansiers wat hul vingers op die pols van sulke sake hou, is nie bekommerd nie.”(104)

(103)White-broer 6 Okt 1899, Whi 98B

(104)White-mej. Warrender 15 Sep 1899, Whi 97B

Aan boord van die skip het hy die jong Nederlandse sekretaris van die Transvaalse Minister van Butelandse Sake, Sandberg, ontmoet. Dié het hom verseker dat Krugr nie sal veg nie. Hy is geneig om saam te stem. Teenoor sy staf, met inbegrip van Ian Hamilton (wat homself op Majuba onderskei en daarna by Roberts se Indiërs aangesluit het), beklemtoon hy dat dit nie hul taak is om Majuba te wreek en die ZAR binne te val nie.

Hulle moet Natal verdedig tot die Leërkorps opdaag. Hy is bloot “Johannes die Doper wat die weg berei. … Redvers Buller is die Messias”. Sy plan is om die grootste gedeelte van sy mag “net voor Ladysmith te plaas”, teen die hange van die Biggarsbergreeks.(105) Party vuurvreters wil tot by Laingsnek opruk – soos Colley gedoen het, tot in die noordelike hoek van Natal, wat deur Majuba self oorheers word – maar White verwerp sulke voorstelle.(106)

(105)White-Ly White 1 Okt 1899, Whi 101/I. Vgl. Sandberg Twintig Jaren 204-9

(106)White-broer 1 Okt 1899, Whi 98B. Rawlinson se dagboek 19 Sep-6 Okt, Rawl MS tap

Andersyds het hy ook Buller se waarskuwing verwerp om die noordelike driehoek geheel en al te ontwyk en sy magte agter die Tugela in te grawe. Hy beskou Buller as ‘n alarmis.

Nou deel Milner White mee dat Boere-kommando’s in groot getalle op die grense van sowel die Kaapkolonie as Natal opgedaag het. ‘n Ultimatum word verwag. Die eerste skoot kan “daardie of die volgende dag” afgevuur word.

Die Afrikaners in die Kaap is “reg om te rebelleer”. Terselfdertyd verneem White dat genl. Symons, die vuurvreter, op 25 September op eie houtjie besluit het om ‘n brigade na Dundee te verskuif, 70 myl noord van Ladysmith, ‘ n gevaarlike versplintering van die Britse mage.(107)

(107)White-broer 6 Okt 1899, Whi 98B. SJ 26 Sept 1899. Hely-Hutchinson-C 25 Sep 1899, DK 879/59/598

In hierdie ontstellende omstandighede besluit White daardie middag dat hy kortpad Natal toe moet neem deur ‘ n trein na Oos-Londen te haal en daarvandaan ‘n skip na Durban. Sy bagasie word inderhaas na die stasie gebring. Met skaars ‘n minuut te spaar, haal hy en sy staf die aandpostrein oop die enkelspoor na Oos-Londen.(108)

(108)Rawlinson se dagboek 6 Okt 1899, Raw; 7-1

Die reis deur die Groot Karoo, wat drie dae duur, is vir White ‘n oopenbaring. Ondanks die interessante boeke wat hy aan boord van die skip gelees het, het hy nie kon dink dat die Suid-Afrikaase veld so woestynagtig is nie. Dit herinner hom aan die armste streke van Indië, soos Baloetsjistan.

Hy is ook verbaas (en ontsteld) oor die groot getal Afrikaners wat op die stasies saamdrom – manne met slap hoede, baarde en gewere, wat die oorgrote meerderheid van die bevolking uitmaak. Dit lyk asof hulle “hatig is op” die plaaslike Engelse en oorgehaal om hul landgenote oorkant die grens te help.

Van tyd tot tyd moet die trein gaan staan om spesiale treine vol Uitlanders in die teenoorgestelde rigting te laat verbygaan. Hulle is vlugtelinge uit Johannesburg en daar word aan White gesê dat hulle deur die Boere afgeransel is. Baie is vroue en kinders.

In Oos-Londen gaan White en sy geselskap haastig aan boord van die Union Line-stoomskip Scot, dieselfde vaartuig waarop Milner ‘n jaar tevore na Engeland gereis het. Tot sy verbasing is een van die passasiers kol. Frank Rhodes, Cecil se broer en een van die leiers van die ou Reform Movement.

Rhodes is nou op die een of ander geheimsinnige sending in natal, vergesel deur jong Lord Ava, oudste seun van die oud-koning van Indië. (Rhodes is ook besig om “die ou, ou spel” met ‘n meisie op die skip te speel, mer White afkeurend op.)(109)

(109)White-Ly White 6 Okt 1899, Whi 101/I. Rawlinson se dagboek 7 Okt 1899, Rawl 7-1. I. Hamilton-vrou 5 Okt 1899, Ham 25/12/4

Toe die Scot ‘n  uur later op pad na Durban vertrek, word White oorval deur dieselfde somber voorgevoelens waardeur Buller al maande geteister word. Wat hy in die Karoo gesien en gehoor het, het hom diep ontstel. Selfs nadat die versterkings van 8 000 man almal aangekom het, sal die Boere in “sowel sterkte as posisie” die botoon bly voer.

Veels te laat het White die antwoorde op Milner se deurslaggewende drie vrae begin snap: hy is die verkeerde bevelhebber; Symons het die troepe te ver vooruit geskuif; die versterkings is heeltemal ontoereikend.

Hy skryf neerslagtig aan sy vrou: “Tot siens, liewe ou dame … ons behoort 20 000 meer man in Suid-Afrika te hê as wat ons het … dit sal die Kabinet se eie skuld wees as hulle gedwing word om Suid-Afrika juit die see te herower.”(110)

(110)White-Ly 6 Okt 1899, Whi 101/1

—oOo—