‘n Duiwelse gemors
Colenso, Natal, 15 Desember 1899
“My eie gedagte is dat ons omstreeks 15 Desember ‘n mooi klein leërtjie en al die materiale vir ‘n behoorlike oorlog in Suid-Afrika sal hê, alles behalwe die vyand.
Moberly Bell, bestuurder van die Times, aan L.S. Amery, 13 Oktober 1899
Hoofstuk-aanhef Moberley Bell-Amery 13 Okt 1899, Times Brieweboeke
.— — —
Hoofstuk 20
In die groot kamp by Frere, 10 myl verder suid, is daar behalwe die personeel van die veldhospitale feitlik nie ‘n man oor nie. Ook die ambulansmanne vertrek nou na die front, bly om die snikhete plek te verlaat. Die vierkante in die strate van die wit tent-stad is weg. In hulle plek, soos ‘n foto-negatief op die kaal aarde afgedruk, is die tentlyne, met stippels leë boeliebief- en beskuitblikke.
In Veldhospitaal No. 4 is die personeel in ‘n besonder goeie bui. Vandag is die dag. Hulle gaan uiteindelik na die front. Hul bevele is om by Colenso, op die wal van die Tugela, kamp op te slaan. Reeds kan hulle die gerammel van Buller se vlootkanonne hoor, die voorspel tot die opmars – waarin die Boere “kafgeloop” gaan word, soos almal sê. Die manne begin die geneeskundige toerusting in sakke, kiste en groot mandjies pak.(1)
(1)Treves 9-11
Dr. Treves, die Koningin se lyfarts, wat skielik uit Harley Street na die front vrplaas is, is in bevel van Veldhospitaal No. 4. Treves sien ‘n groep grafdelwers, simbole van die dood, opgewek by sy tent verbymarsjeer. Dit tref hom dat hierdie ongeërgde houding kenmerkend van die gewone manskap se houding teenoor die dood is. Hulle het nou geleer hoe om hulle gevoelens agter ‘n skerm tabakrook en galgehumor te verberg.
Treves is ‘n sagmoedige mens met baie insig. Hy besef dat die manne van die Veldhospitaal se opgewektheid ook nie alles is wat dit voorgee om te wees nie. Met die rooi kruis op hul armbande dra ook hulle die kenteken van die dood.(2)
(2)Treves 46-7
Voor die veldhospitale marsjeer ‘n vreemde optog, 2 000 vrywillige baardraers, wat ook politieke simbole is. Buller het hulle op elke moontlike plek gaan uitkrap. Die Departement van Oorlog se ambulanse is daarvoor berug dat hulle glad nie die klipperige veld deug nie.
Buller het deur die rompslomp gesny en hierdie “lykskrygers” gewerf. Die meeste is Uitlander-vlugtelinge van Johannesburg wat in geeneen van die verskillende ongereeld korpse plek kon vind nie, maar tog hul deeltjie wil bydra. Sowat 800 is lede van Natal se Indiese gemeenskap, onder aanvoering van ‘n 28-jarige prokureur we se naam eendag beroemdeer sal word as òf Kruger òf as Chamberlain s’n: Mohandas Gandhi.
Gandhi het in Durban aangekondig dat die Indiese gemeenskap daadwerklike uitdrukking van hul trou aan die Empire wil gee; aangesien hulle nie kan veg nie, sal hulle as baardraers optree.(3) Jare later sou mense wonder waarom Mahatma Gandhi, die anti-imperialis en die aarts-pasifis, in enige hoedanigheid aan ‘n imperiale oorlog deelgeneem het. In 1899 het dit vir die Engelse natuurlik genoeg gelyk: een van die “onderdanige volke” is besig om die nie-blanke rasse se vereenselwiging met die “witman se oorlog” te toon.
(3)TH VI, 517-18, III, 99-10. Treves 74-6. Buller-L 12 Des 1899, SD I, 107. Maar sien PPW 270 vir bewyse wat hulle van die gewondes gesteel het! Sien M,.K.Gandhi An Autobiography (1930) 142-8
Dr. Treves se hospitaalpersoneel het vertrek op die trein wat hulle na Colenso moet bring. Hulle het reeds gerugte gehoor dat die Boere gevlug het en dat “geen lewende skepsel op die hoogtes anderkant die rivier te sien is nie”. Maar toe hulle na Colenso stoom, verby die wrak van die pantsertrein en by die heuwel op die Chieveley, hoor Treves krygsgeluide wat hom verstom. Al daardie grofgeskut- en geweervuur, en die geblaf van die pom-pom: word die Boere werklik kafgeloop?
Buite Chieveley se stasie word die trein ingewag deur ‘n ordonnans met bevele vir dr. Treves. Hy moet dadelik na Naval Gun Hill gaan. Die situasie verloop glad nie gunstig nie.(4) Daar is probleme met Long se kanonne. En, na links, het die Irish Brigade in ‘n groot gemors beland.
(4)Treves 11-13
Dit was nog donker toe die Irish Brigade onder sy bevelhebber, genl.-maj. Hart, aangetree het. Hart het homself daardie oggend oortref. Eers het hy die brigade ‘n halfuur lank laat dril, asof dit ‘n gewone parade op Aldershot se barakplein is. Toe laat hy die bataljon in geslote geledere marsjeer, asof hulle op Salisbury Plain stap.
Hart self ry vooruit, vergesel deur ‘n swarte en ‘n Natalse kolonis, wat hom moet help om die drif te vind wat in hul bevele as “the Bridle Drift” beskryf word. Ná hulle kom die 2nd Dublin Fusiliers. Die drie ander bataljons – 1st Inniskillings, 1ste Connaught Rangers en die Border Regiment – marsjeer in ‘n massa van kwart kolonnes.
Dit is ‘n drilboek-opmars, en soos by Wauchope se mars na Magersfontein lyk dit vir verskeie van Hart se offisiere asof hy moeilikheid soek. Kol. C.D. Cooper, die Dublins se bevelhebber, probeer die bataljon tot die helfte van parade-digtheid versprei: sowat 20 tree tussen elke man.
Hart stel sy bevel ter syde. Hy wil die manne “in hulle spoor” laat trap – d.w.s. in die ou Balaklawa-formasies – en hy sien geen rede vir vrees nie. Die weer skyn Hart se gevoel te bevestig. Toe die brigade daardie oggend oor die gleyk veld marsjeer, lyk alles buitengewoon vreedsaam.(5)
(5)Jourdain Nata 8. TH II, 444 Romer & Mainwaring 34-5/ OH I, 3562-3
Dit is ‘n pragtige oggend, soos ‘n Juniemôre in Engeland. Die manne marsjeer op rus. Hulle het hul oorjasse en eetblikke op die waens gelaat en – afgesien van geweers en bandeliere – reis hulle lig. Daar is die gebruiklike gespot in die geledere: Waar is Johnny Boer? Waar is ou Kroojer?
Oorkant die rivier styg die koppies in die vroeë môrelig in die een terras bo die ander tot by die massa van Grobbelaarskloof op, sowat duisend voet bo die rivier. Net ‘n paar swart kolletjies roer daar oorkant. Waarskynlik Boere-verkenners.
Teen omstreeks 5.30 vm. begin die Engelse vlootkanonne met die voorlopige bombardement. Nog steeds geen antwoord van die Boere nie, hoewel een van die Inniskilling-offisiere teen dié tyd gewys het op ‘n Boere-veldkanon wat hoog oop ‘n koppie in ‘n stelling verskuil is.
Hart ry verder. Agter hom ploeter die manne deur die lang, dounat gras voort. Bo hul koppe bulder die 4.7-duim-koeëls soos Big Ben en plons nog steeds neer op die skynbaar verlate rante noord van die lang, uitgestrekte lus van die rivier regs van hulle.(6)
(6)Romer & Mainwaring 35. TH tap
Teen dié tyd het patrollies van die kavallerie-regiment wat Buller gestuur het om Hart se linkervleuel te beskerm – die Royal Dragoons onder kol. Burn-Murdoch – reeds na die rivierwal afgery. Hier kry hulle ‘n swarte wat hulle meedeel dat die Boere agter sangars (klipmure) in loopgrawe ingegrawe is; die swarte het daardie einste oggend die rivier oorgesteek ná hy vir die Boere melk gebring het.
Teen dié tyd kan die kavallerie trouens self sien dat groot groepe Boere voor en links van Hart se kolonne oor die rivier beweeg het. Hulle stuur drie ordonnanse ná mekaar om Hart teen die gevaar te waarsku. Nee wat, antwoord Hart, hy is nie van plan om hom aan die Boere te steur tensy hulle hom in ‘n massa aanval nie. Die Royals moet sy linkervleuel beskerm. Hy is van voorneme om sy bevele na te kom en die rivier by die Toomdrif voor hulle oor te steek.(7)
(7)OH I, 354
Teen omstreeks 6.15 vm. bereik Hart ‘n geploegde mielieland sowat 300 tree van die begin van die lus. Hy kan die rivier nou duidelik sien. Die rooi, verkrummelde walle lê omtrent 360 voet van mekaar, 15 tot 20 voet hoog, met ‘n voering van stowwerige groen bossies. Dit het Woensdag gereën en die Tugela is vol. Die bruin water loop glad, want dit is nêrens meer vlak nie. Waar is die drif?
Op hierdie oomblik doen die swart gids iets wat Hart baie kwaad maak, maar ook ongerus laat voel. Volgens sowel die amptelike inligtingsdiens se bloudrukkaart as die kanonniers se sketskaart, lê die Toomdrif sowat ‘n myl wes van die begin van die lus, links van Hart. Die swarte wys na die lusself, ‘n myl vorfentoe en regs van hulle. Die drif is daar, verduidelik die tolk, en dit is die enigste drif.(8)
(8)OH I, Jourdain 8. TH II, 464-5
Hart weet genoeg van oorlog om te besef dat min dinge gevaarliker is as om manne op ‘n slagveld by die oop kant van ‘n lus te laat inmarsjeer. As jy dit in ‘n goed verdedigde bog wil waag, kan jy feitlik ewe goed jou kop in ‘n strop steek. Hart het baie ander keuses.
In die lig van latere gebeurtenisse sou dit die beste gewees het om patrollies te stuur wat albei oorsteekplekke kon beproef; intussen moes hy die kolonne laat halt en Buller d.m.v. ‘n boodskapper van sy probleem vertel het. Maar Hart is nie een om halt te roep nie, en hy is nog minder lus om sy probleme met Buller te deel.
In werklikheid was die kaarte korrek: die Toomdrif was ‘n myl na die weste. Maar nou maak Hart homself wys dat sowel sy amptelike bevele as die twee kaarte van die inligtingsdiens en die kanonniers die Toomdrif etlike myle te ver wes geplaas het. Hiervoor was daar geen getuienis nie, afgesien van die woord van die swart gids, wat geen Engels kon praat nie.
Hart aarsel nie. Hy stel homself in die hande van die swarte – en steek sy kop in die strop.(9)
(9)OH tap. TH tap
Want op daardie oomblik het Botha, drie myl verder oos, pas met sy groot Krupp-houwitser die teken gegee. Die eerste Creusot-kanonkoeël tref die grond voor die Dublins; die twee koeël seil oor die hele brigade; die derde val net voor die Connaught Rangers; die vierde tref die Connaughts in die middel. Daarna volg ‘n oorweldigende laag Mauser-vuur van anderkant die rivierwal.(10)
(10)Jourdain Natal 8 (sien ook dagboek en outogiografie). OH tap
Selfs in dié stadium kon Hart nog ‘n ramp vermy het. As sy manne eers ontplooi was, sou hulle wel, soos Methuen se brigades by die Modderrivier, deur ‘n onsigbare vyand vasgepen gewees het, maar hy sou darem buitengewoon swaar ongevalle kon vermy het. ‘n Klompie van die Dublins het trouens gaan lê en begin terugskiet. Hart beveel hulle om verder te gaan.
Die swart gids het verdwyn toe die skote begin knal. Hart kan sien dat daar aan die end van die lus, sowat ‘n myl vorentoe, ‘n kraal is. Volgens die tolk moet die drif waarna die swarte verwys het, hier lê. En so lei Hart sy manne ál verder by die lus in, terwyl ‘n onsigbare vyand wat op ‘n afstand van enkele honderd tree op hulle skiet, hulle aan drie kante omring.(11)
(11)Romer & Mainwaring tap. OH tap. TH II, 445
Die opmars wat volg, toon geen ooreenkoms met enige van die netjiese maneuvers wat vir Hart so dierbaar is nie. Net in een opsig herinner die opmars aan ‘n paradeterrein: die geledere is buitengewoon dig, want Hart probeer die hele brigade van 4 000 man in ‘n lus dwing wat maar duisend tree breed is.
Die Dublins word beveel om op te ruk, met die Border Regiment regs van hulle en die ander twee b ataljons links. Natuurlik raak die bataljons onmiddellik deurmekaar, en so ook die kompanies. “Vooruit, Irish Brigade,” skree die offisiere, en dit is omtrent die naaste wat hulle aan bevele kom.
Daar is geen beheer, geen samehang, geen stelsel waarvolgens groepe beurtelings kan vorder en dan dekvuur vir hul bure kan verskaf. Klein groepies manne, aangevoer deur die offisiere, spring op, jaag 50 of 100 tree vooruit en werp hulle weer plat op die grond neer.(12)
(12)Romer & Mainwaring 36-7. OH I, 356-7
Een van Inniskillings sou die opmars later nogal poëties beskryf as “die golwe van die see sonder dat iemand dit rig”.(13) Kapt. Romer van die 1st Dublins sou dit bruusker stel: “Niemand wis waar die drif is nie. Niemand het mooi geweet wat aangaan nie. … Al wat hulle wou doen, was om die rivierval te bereik.(14)
(14)Romer & Mainwaring 37
Hart self lê groot, moontlike roekelose, persoonlike moed aan die dag. Hy verwerdig hom nie om te skuil nie, maar stap lkalm tussen die vlieënde koeëls en skrapnel vooruit terwyl hy sy manne met krete aanmoedig. Die troepe vorder na sy smaak te stadig, maar baie manne weier eenvoudig om op te staan.
Die skiellike begin van die Boere se geweervuur laat die aanslag byna na ‘n hinderlaag voel. En hoewel die Creusot-kanonkoeëls nie baie effektief is nie, maar hulle ‘n ontsettende lawaai as hulle ontplof en stuur hulle suile stof en klippe hoog in die lug op.
Daar is geen paniek nie. Die manne bly eenvoudig lê en steur hulle nie aan bevele nie. “As ek voor stap, as julle generaal voor stap – sal julle saamkom?” “Ons sal, Generaal,” antwoord die manne met hulle dik Ierse aksente. En min of meer opgebeur, spring hulle orent en volg die generaal.(15)
(15)Genl. Hart 26 Des e.v. 1899, Hart-Synnot Letters 296-308
Kort tevore het Hart tot sy groot ergernis gesien hoe die bevelhebbers van die twee bataljons links van sy linie hulle gedra. Lt.-kol. Thomas Thackery, ‘n bevelhebber van die Inniskillings, het die manne ‘n enekel ry parallel aan die rivier laat vorm, terwyl Hart wil hê hulle moet twee rye vorm. Hulle het ook na die linkerkant van die drif beweeg. Hulle is nou trouens baie naby aan die Toomdrif, en dit is moontlik dat hulle selfs nou oor die rivier gekom het.
Hoewel Botha se manne blykbaar ‘n deel van die drif weggegrawe het, was dit waarskynlik nog op daardie plek begaanbaar en die hoë rivierwalle sou die Inniskillings tot sekere hoogte beskerm het, veral aangesien hul getalsoorwig groot was en hulle vinnig versterkings kon kry.
Maar in hierdie stradium beveel Hart die Inniskillings om na die lus terug te keer.(16) Dit is sy laaste fout. Die Boere was besig om die brigade af te slaan, maar nou is hierdie prestasie besig om in ‘[n oorwinning te verander, en die oorwinning is ‘n ramp vir die Engelse.
(16)Royal Inniskilling Fusiliers 400-2
*** *** **
In sy ampsbevele het Buller bekend gemaak dat hy gedurende die slag op Naval Gun Hill sou wees. Daar staan hy nou soos beloof. Dit is sonop, en hy neem die uitwerking van die reuse-bombardement skynbaar onbewoë deur sy teleskoop waar. Oralo p die koppies waar Buller – met rede – gemeen het dat die Boere hul veldkanonne en baie van hul burgers sou plaas, verrys wolke skrapnel en pluime rooi grond. Die bombardement was egter in albei opsigte ondoeltreffend, soos Buller nou besef.(17)
(17)Buller-L 19 Des 1899, SD I, 42 (DO 32/7890)
Toe die Krupp-houwitzer, gevolg deur ‘n aantal Creusot-veldkanonne, op die Britse artillerievuur geantwoord het, moes die veel talryker Britse kanonniers hierdie vyande gesoek en uitgewis het. Dit was die eerste basiese taktiese beginsel van laat 19de-eeuse oorlogvoering – Brits, Frans of Duits.
Daar is aanvaar dat die veldkanonne in ‘n oop geveg teen mekaar te staan sou kom. Maar nie alleen staan Botha se veldkanonne soos regte belegkanonne agter skanse verskuil nie; hulle vuur ook die nuwe rooklose kruit wat eers in die laat tagtigerjare uitgevind is.
Die personeel van Buller se vlootkanonne kan hulle hoegenaamd nie uitruik en dus stilmaak nie. Ook die vloedgolf Mauser-vuur kom van skutters wat rooklose patrone uit onsigbare loopgrawe skiet. Buller meen dat die bombardement met die nuwe lidiet-plofstof hulle swaar vrliese moet toegedien het; tog is daar geen teken dat die grofgeskut die Mausers verstil het nie.
(Later sou blyk dat lidiet-kanonkoeëls teen verspreide troee feitlik nutteloos is, selfs wanneer hulle akkuraat gevur word, aangesien die ontploffing te gekonsentreerd is.)(18)
(18)Sien ins. Buller-L 16 Des 1899. VT no 55. Buller-L 19 Des 1899, SD I, 42. Vir mislukking van lidiet sien PRAI en Hildyard get RCSAW III, Q 16134-8
Soos Methuen en White tot hul spyt moes agterkom, was onsigbaarheid die kenmeerk van die nuwe rooklose oorlogvoering, maar dit was die eerste keer dat Buller dit persoonlik ondervind. Die onvermoë van die lidietvurende langafstand-vlootkanonne plaas ‘n groter las op die skrapnelvurende meldiumafstand-veldgeskut. En dit, so besef Buller reeds baie vroeg in die slag besef en dat dinge ernstig verkeerd loop.
Deur sy teleskoop het hy gesien hoe Hart sej manne in die rigting van die Toomdrif marsjeer en toe skielik soos dwase regs swenk. Die opmars is prematuur, aangesien daar geen voorbereiding deur die veldkanonne was nie. Dit is ook in die verkeerde rigting. Buller stuur ‘n boodskapper wat Hart moet maan om uit die lus uit te bly.(19)
(19)Buller se konsep-get voor RCSAW aangehaal Mellville II, 108
Intussen word Hazrt se voortvarende opmars begroet deur ‘ n Mauser-vuurstorm wat uit Buller se stelling soos ‘n veral geroffel klink. Bulleer het kol. Parsons, in beheer van die 12 kanonne links – ses 15-ponders in elke battery – beveel om die grond ‘[n myl links van die lus te berei sodat die Engelse die Toomdrif kan oorsteek.
Parsons doen nou sy bes om Hart in sy nuwe stelling te help, maar anderkant die lus is daar geen behoorlike teikens waarop hy kan mik nie, nòg vir die kanonne nòg vir die voetvolk; en party van sy kanonkoeëls val tussen Hart se voorste troepe. Buller hou die verwarring van Naval Gun Hill af met toenemende kommer dop. Toe stuur hy ‘n tweede boodskapper, sy aide-de-camp, kapt. Algy Trotter(20)
(20)Kapt. A. Trotter-moeder 18 Des 1899, Trot. Buller tap. OH I, 357
Intussen het daar, uit die Britse oogpunt, nog rampsaliger dinge drie myl verder, naby die dorpie Colenso op die middel van die vlaktes, begin gebeur. Van sy stelling op Naval Gun Hill het Buller gesien hoe kol. Long vooraan sy indrukwekkende optog van veldkanonne oor die veld ry: twaalf 15-ponders en ses 12-pond-vlootkanonne.
Sy opdragte aan Long die aand tevore was, soos ons gesien het, om buite skietafstand van die Colenso-koppies in saksie te kom – d.w.s. minstens twee en ‘n half myl van die kwartsirkel wat die Tugela om Colenso trek. Buller het sy werklike woorde teenoor Long onthou, toe hy sy vinger op die inligtingsdiens se bloudruk-kaart teplaas en hom die regte posisie getoon het.
“Dit lyk … te ver vir die 15-pondrs, maar ek sal heeltemal tevrede wees as die vloot se 12-ponders (wat met hul langer lope verder kan skiet) in aksie kom.” Dit was Buller se bevele aan Long. ‘n Mens kan jou die generaal se verbasing voorstel toe hy omstreeks 7.00 vm. hoor hoe Long se batterye skynbaar naby die rivier begin blaf.(21)
(21)Buller tap 108-9. Buller-R 27 Mrt 1900, en Long se persoonlike verslag van 4 bladsye, DO 105/25/34
“Wat maak daardie kanonne?” roep hy vir ‘n stafoffisier. “Kyk ‘n bietjie. Vr my lyk hulle glad te naby. As hulle onder vuur is wat ernstige verliese veroorsaak, beveel hulle om dadelik terug te trek. Daar is geen rede hoekom hulle begin skiet het nie.”
Die stafoffisier keer kort daarna terug. “Dit gaan goed genoeg met hulle.” “Hulle moet tog onder geweervuur wees.” “Hulle is ‘n bietjie, maar hulle lyk heeltemal op hulle gemak.”(22)
(22)Buller se konsep-get vir RCSAW aangehaal Melville II, 109
Kort daarna ry Buller se militêre sekretaris, kol. Stopford – die enigste ervare stafoffisier wat hy by hom het – na Buller en deel hom mee dat Long se kanonne totaal uit posisie is. Dit weet hy al, antwoord Buller. Sodra Trotter die nuus bring dat Hart se brigade uit die lus teruggeval het, wil Buller self gaan kyk hoe sake met Long staan.
Op daardie oomblik is daar ‘n onheilspellende stilte. Long se batterye het opgehou skiet. Buller, meer as ooit oortuig dat ‘n ramp hom getref het, klim op sy vosperd, Biffen. Hy stuur ‘n derde boodskapper – Stopford – met bevele aan Hart om na ‘n veilige stelling terug te val. Toe ry hy self weg om te kyk wat hy kan doen om Long uit sy dwaasheid te verlos.(23)
(23)Ibid
Deur sy 12j veldkanonne en ses vlootkanonne vooruit te stuur – die skouspel wat Louis Botha ‘n halfuur vroeër daardie oggend verstom het – het Long getrou gebly aan een van die groot tradisies van die Britse Weermag: sy waagmoed is alleen deur sy dwaasheid geëwenaar.(24)
(24)Daarna is Long se aksie skerp veroordeel deur sowel R as W. “Ernstige flater” vlgs. R-L 5 Mei 1900, “rampspoedig” vlgs. Grove-R 11 Okt 1900, DO 105/25/34. Sien Barton se get RCSAW III asook Rawlinson dagboek Des 1900, Rawl
Dardie 18 kanonspanne wat ver voor die infanterie-bataljonne uitry – terwyl lg. veronderstel is om hulle te beskerm – was miskien nog by Balaklawa aanvaarbaar, maar nie meer by Colenso nie. Soos Hart, glo Long in die outydse deug van geslote geledere, sodat “die manne in hul spoor kan trap”.
Teen lt. Ogilvie, bevelhebber van die 12-ponders, se protes is, het Long die 15-ponders tot binne duisend tree van die rivierwal gebring voor hy hulle laat halt roep het. Gelukkig vir Ogilvie en sy manne het hulle byna 600 tree by die 15-ponders agter geraak, en toe Botha die sein vir daardie fusillade skrapnel- en Mauser-vuur gee, was die vlootkanonne nog betreklik veilig.
Weliswaar het die swart drywers van die geïmproviseerde vlootkanonspanne onmiddellik die hasepad gekies, soos Hart se swarte oorkant in die lus. Maar dit was moontlik om die osse van die vlootkanonne los te sny en met al ses stukke grofgeskut op die koppie ‘n myl daarvandaan oorkant die rivier los te brand, die plek waarvandaan die meeste geweervuur blykbaar kom.(25)
(25)Buller-R 27 Mrt 1900 haal kol. Hunt se besware aan, DO 105/25/34. OH I, 358-61. Jeans Navak Brigades 246-8 (m.i.v. luit. Ogilvie se verslag)
‘n Myl is die verste wat ‘n Mauser enigsins akkuraat kan skiet. Botha se enkele pom-pom en die veldkanon en houwitser wat verder terug op die rant verskuil is, maak genoeg lawaai, maar is te min en te verspreid om gevaarlik te wees. Die vlootkanonafdeling ly feitlik geen verliese nie.
Maar die twee batterye 15-ponders bevind hulle in die middelpunt van ‘n verskynsel wat in die militêre handboeke nog geen naam het nie: in hierdie vuurstreek sputter die lug soos vet in ‘n pan. Dit is nie dat die Boere briljante skuts is nie. Trouens, een van die dinge wat party van die oorlewendes die meeste getref het, was hul swak skietvermoë, die kenmerk wat kastig een van hul groot voorspronge bo die Engelse was.
Dit was die blote omvang van die geweervuur – die lediging van duisend Mauser-magasyne – wat die indkruk van masjiengeweervuur gewek en die Engelse laat dink het dat 20 000 Boere oorkant die rivier is.(26)
(26) Ibid. En sien Herbert-Dods 26 Des 1899, Herb
Een van die eerstes wat val, is Long self, met ‘n kritieke lewerwond; lt.-kol. Hunt die twee in bevel, word ook gewond, asook offisiere van albei batterye, met inbegrip van kapt. Elton, wat gehelp het om die kanonniers se sketskaart te teken. Die 15-ponders hou aan met skiet – stadig en metodes, met die kanonniers wat die tussenpose tussen skote uittel, soos hulle geleer is. Die tweede ry ammunisiewaens word vorentoe gebring en die eerste ry leë wapens kalm verwyder.(27)
(27)Burleigh 216-20. PPW 289. Wilson I, 91-3
Latger sou vertel word hoe die kanonniers tot die laaste koeël aangehou skiet het. In werklikheid was hulle, hoewel dapper, menslik. Toe ‘n derde van hulle gewond of dood op die grond lê, kon vlees en bloed dit nie meer verduur nie.
Die waarnemende bevelhebber beveel sy manne om in ‘n klein donga daar naby te skil. Die tweede ry ammunisiewanes, feitlik vol, bly by die 12 kanonne staan, onbeman op die oop vlakte. Toe ry twee van die offisiere uit die roffelende Mauser-vuurlyn om hulp te gaan haal.(28)
(28)Botha-Kruger 15 Des 1899, Ley 713 no 54. Barnard 67. Vgl. OH I, 360-1, 365 en sien nota 55 hier
Hierdie twee affisiere, kapteins Fitzgerald en Herbert, kom Buller tegemoet toe hy na die front ry. ‘n Mens stel jou die ontmoeting voor: Buller, bonkig op sy vosperd; die twee kabnonniers verdwaas en onsamehangend.
Stotterend kry hulle die nuus uit: hul eie kanonne buite aksie; die reserwe-ammunisiekolonne moet kom. Hulle voeg by (wat heeltemal onwaar was) dat die kanonniers feitlik tot die laaste koeël aangehou skiet het en dat almal gewond of dood is; ook dat nie alleen die 12 veldkanonnje nie, maar ook die ses skeepskanonne buite aksie is.
Buller ry verder tot by Hildyard, wat nog steeds wag om die hoofaanval te lanseer: die aanval op die wabrug en die twee driwwe aan weerskante van die berug by Colenso. “Ek vrees Long se kanonne is in ‘n vreeslike penarie. Ek twyfel of ons Colenso vandag kan aanval.” Dit is kortliks wat Buller Hildlyard meegedeel het. Dit was agtuur in die oggend en slegs een van die vier infanterie-brigades het tot die aksie toegetree. Buller besluit om die hele operasie af te las.(29)
(29)Buller se konsep-get vir RCSAW aangehaal Melville II, 109. Buller-L 17 Des SD I, 36. Buller se get RCSAW III, Q 15303. Haal Hildyard se verslag oor Colenso aan. OHI I, 363-4
Het Buller reg gehandel? Of het sy moed hom begewe, soos party van sy kritici later sou te kenne gee? (Dié wat nie, soos Leo Amery, in elk geval die aanvalsplan as geheel verdoem het nie.) Her die ramp wat Long se kanonne getref het, Buller se wisselvallige moreel ondermyn?(30)
(30)W. Waters German Official Account for the War I, 72-3. Vgl. TH II, 458
Nee. Buller was bepaald ‘n emosionele mens, maar die emosie wat die nuus van Long se kanonne en van Hart se fiasko by hom gewek het, was onderdrukte woede, nie wanhoop nie.(31) En Buller het die risiko’s nou koel genoeg teen mekaar opgeweeg. Hy besluit hy moet die hoofaanval aflas – in elk geval uitstel – tot hy Long se kastaiings uit die vuurlyn getrek het.
(31)”Uitverkoop deur ‘n verdomde kanonnier” Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big. Let op die ironie: Bigge was ook ‘n kanonnier
Vir dié besluit het hy ‘n aantal redes gehad. Die plan vir die hoofaanval op Colenso was daarvan afhanklik dat Hildyard van een of twee kante steun sou kry: links deurdat Hart sy weg oor die Toombrug baan en met sy brigade langs die rivier se linkerwal aftrek; aan die regterkant deurdat Dundonald genoeg van Boskop beset om daar ‘n battery veldkanonnne op te stel wat die Colenso-koppies van die kant te bstook; reg voorf deur die 18 kanonne onder Long, wat die terrein anderkant die brug sag maak; van agter deur die twee reserwe-brigades, dié van Lyttelton en van Barton.
Sover Buller nou weet, sal Hildyard se aanval, as dit volgens plan verloop, uit geeneen van hierdie vier bronne steun ontvang nie. Dundonald het geen vordering gemaak nie. Dit lyk trouens asof ook hy in die moeilikheid is. Nie alleen kan Hart, Long en Dundonald Hildyard se aanval nie steun nie; al drie het self hulp nodig, wat sal beteken dat Buller van albei reserwe-brigades gebruik sal moet maak.
In die lig hiervan besluit Buller dus dat ‘n aanval op Colenso in dié stadium volkome roekeloos sou wees. Selfs as Hildyard daarin slaag om, met die verlies van die meeste van sy brigade, ‘n brughoof oorkant die rivier te vestig, sal dit ‘n Pyrrhus-oorwinning wees, rampspoedig vir die oorwinnaar, soos dié van Pyrrhus, koning van Epirus, ná sy oorwinning oor die Romeine in 279 v.C., toe hy die fleur van sy leërs verloor het.
Van die kwaaiste gevegte lê nog voor – in daardie 10 myl heuwelwêreld oorkant die rivier. Andersyds staan die prys van ‘n mislukking buite alle verhouding tot die waarde van welslae. As Buller die wapens in sy hand breek, as hy sy eie leër verbrokkel en demoraliseer, kan hy nie alleen Ladysmith verloor nie, maar, veel erger, die hele Suid-Natal.
Dit is waarom Buller besluit het om Hildyard se aanval op Colenso af te las voor Hildyard ‘n skoot kon skiet. In die lig van gebeurtenisse lyk hulle nie erg alarmisties nie. Buller moes in elk geval al sy kragte ingooi in die poging om Hart en Long te red. Met sy lyfarts by hom ry Buller na die klein donga waar Long se manne skuil.(32)
(32)Sien nota 29. Vgl. TH II, 459. Pemberton 136-7
“Hart het daar onder in ‘n duiwelse gemors beland. Kry hom daar uit so goed as jy kan.” Buller gebruik teenoor Lyttelton min of meer dieselfde woorde oor Hart as wat hy i.v.m. Long teenoor Hildyard gebruik het.
Lyttelton se antwoord ophierdie opdrag is om vier kompanies van die Rifle Brigade te laat opruk. Hy wil Hart steunvuur gee. Aanvanklik lyk dit asof die lus Hart se brigade ingesluit het. Toe kom honderde manne, party gewond, uit die lus gestrompel. Onder hulle is Hart self. Hulle is besig om in verwarring terug te val. “Die manne is almal veilig. Ons sal in die agterhoede hergroepeer,” deel Hart Lyttelton mee.
Hart het ‘n fout begaan. Lyttelton kan talle figure voor hom op die vlakte sien. Party is gewond; ander, sou spoedig blyk, het eenvoudig van die hitte inmekaargestort of lê plat op die grond om aan die Boere se vuur te ontkom.
Toe Hart weg is, sien Lyttelton hoe 70 man van die brigade skielik uit die lang gras orent kom. Hulle word ewe skielik neergeskiet. Lyttelton sou later twyfel of twintig veilig teruggekeer het. Lyttelton se manne kan nie ‘n skoot vuur om hulle te help nie, aangesien die agterosse hul vuurlyn versper.
Terselfdertyd begin Parsons se twee batterye, wat Hart nie behoorlik kon steun nie, nou per ongeluk op Lyttelton skiet. Lyttelton het agter die muur van ‘n skaapkraal teen die Mauser-vuur geskuil toe hy skielik tot sy verbasing ontdek dat die muur uit albei rigtings onder skoot is. Gelukkig het die Engelse kanonniers soos gewoonlik swak gemik.(33)
(33)Lyttelton-vrou 15 Des 1899. Lyt 550. Lyttelton Eighty Years 208-10. OH I, 369-70
Die lede van die brigade aan die einde van die lus is nou in ‘n ernstige toestand. Hulle is in die oopte vasgekeer, binne enkele honderd tree van die Boere se loopgrawe, wat hulle aan drie kante omring, en binne maklike bereik van twee Creusot 75-mm-veldkanonne wat op die koppies onderkant die Grobbelaarskloof verskuil is.
Hul ontbering is vergelykbaar met dié van die Highland Brigade by Magersfontein, behalwe dat Buller se veldkanonne ekstra speserye by die situasie voeg. “Hulle het ons gepeper,” sou Lyttelton die fusillade beskryf wat hy van die Rifgle Brigade se vuurlinie af aanskou het, ‘n volle myl verder agtertoe.
Die lug is nog heelwat meer gekrui op die plek waar kol. Thackeray naby die einde van die lus langs die inboorlingkraal lê. Dit was blykbaar waar Hart se swart gids woon, en dit was die drif waardeur hy die brigade met sulke rampspoedige gevolge probeer lei het. Om die modderige, siedende water, minstens borshoog, onder sulke geweervuur te deurwaad, is buite die kwessie.
Thackeray se manne het agter die klipmure van die hutte gaan skuil. Ander het die 20 voet hoë rivierwal as skuilplek gebruik en soos besetenes op die nog steeds onsigbare Boere oorkant die water begin skiet. Agter hulle is die res van hul eie brigade ewe onsigbaar, a.g.v. die hoogte.(34)
(34)Royal Inniskilling Fusiliers tap. Lyttelton-vrou tap
Buller se bevele om die lus te ontruim, wat deur Hart en deur ‘n dapper jong luitenant van die Connaughts oorgedra is, het intussen uiteindelik die res van die brigade bereik. Stadig neem die geweervuur af. Die meeste manne van die Border Regiment en die Connaughts marsjeer in redelike orde na hul kamp terug, hoewel die Connaughts nog steeds ongevalle van kanonvuur ly terwyl hulle die lyn van die Doringkopspruit agter aan die lus hou.
In die kamp slaan die manne weer hul tente op – alles was ingepak om oor die rivier te neem – en drink gellings water. Toe werp hulle hulself neer, uitgeput ná die tien uur lange dag. Ou McCormick (die Kakies se bynaam vir die son) het hulle byna net so baie opdraand gegee as ou Kroojer. Eindelik is alles verby.(35)
(35)Jourdain tap. Genl.-maj. Hart 26 Des 1899 Hart Synnot Letters 29308. OH I, 369-70
Thackeray ontberinge duur egter voort. Teen omtrent drie-uur plons ‘n groepie Boere oor die rivier en sluit die lus af. Dit was nie die groot teenaanval, via Robinsonsdrif, wat Botha vir Fourie en die 1 500 manne aan Botha se westelike vleuel beoog het nie. Daardie manne het hul geleentheid laat verbygaan, en miskien was dit maar ‘n goeie ding; Lyttelton het oor twee bataljons beskik wat oorgehaal was om ‘n aanslag af te slaan.
Die Boere wat Thackeray se teurgval versper het, was ‘n klein groepie wat oor die rivir is toe hulle sien hoe die Britse ambulansmanne onder beskerming van ‘n Rooi Kruis-vlag by die lus ingaan. In die verwarring red Thackeray homself met sy Ierse humor.
Toe die Boere eis dat hy moet oorgee, beskuldig hy hulle daarvan dat hulle agter die Rooi Kruis-vlag ingesluip het. Dit sou onsportief van hule wees om hom gevange te neem. “As julle nie daarvan hou nie,” voeg hy by, “gaan terug na waar julle vandaan kom, dan begin ons die slag weer van vooraf.” Die oorwinnaars het die humor van die voorstel ingesien. “Wel, ek sal nie kyk terwyl jy jou manne wegvat nie,” antwoord een van die Boere
So is die storie in elk geval daardie aand in die regimentele menasie vertel, nadat Thackeray en ‘n paar van sy manne kamp toe kon terugstrompel. Maar toe die rol daardie aand gelees is, is bevind dat die Irish Brigade se verliese swaar genoeg was.(36)
(36)Royal Inniskilling Fusiliers 404. PPW 312-13
*** *** ***
Intussen het Buller na die vuurlyn gery en begin met sy pogings om Long en sy 12 kanonne te red. Colenso-stasie en die spoorweg, wat noord en suid loop, lê sowat ‘n half myl wes van die kanonne. Anderkant die stasie is die dosyn baksteen-en-sinkhuisies van die dorpie, asook die pad wat na die wabrug lei.
Dit is die enigste beskikbare plek waar soldate na die noorde teen Botha se skutters kan skuil, afgesien van die twee vlak dongas waarin Long se manne gaan wegkruip het: die voorste donga sowat duisend tree van die rivier af, die agterste sowat ‘n myl ver.
Die moeilikheid, uit Engelse oogpunt, is dat die kleinste van die Tugela se twee lusse die dorpie Colenso aan twee kante insluit. Sowel die dorpie as die verlate kanonne verkeer dus onder kruisvuur uit die Boere se geweerstellings op die rivierwal na die weste.
Buller beveel ‘n deel van Hildyard se brigade om lg. stellings te neutraliseer. Hulle moet “onder geen omstandighede in ‘n skermutseling betrokke raak nie”. Hildyard moet die kanonne met die minste moontlike ongevalle gaan uithaal. Hildyard het sy brigade daardie somer onder Buller se waaksame oog by Aldershot opgelei, en daar is onderlinge vertroue tussen die twee manne.
Hildyard stel sy manne nou in halwe kompanies op, met ses tot agt tree tussen ellke man en 50 tot 80 tree tussen elke half-kompanie. In dié buitengewoon oop orde slaag die Queen’s Regiment en die Devons daarin om die geweervuurstorm te oorleef.
Teen nege-uur het die voorste kompanies Colenso bereik. Met Hildyard se intelligente hantering van sy manne, in teenstelling met dié van die Irish Brigade, het hulle min ongevalle gely. Nou grawe die Queens hulle agter Colenso se klipmure en tuine in. Regs van hulle is ‘n aantal Devons, aangevoer deur lt.-kol. G.M. Bullock. Al die manne is veilig – in die oog van die orkaan.(37)
(37)Sien nota 29. Ook luit. Lafone-moeder 18 Des 1899, Laf 39558/27-30. Lafone was in die Devonshires, kompanie F
Maar hoe hulle die laaste 800 tree van die oop vlakte na die kanonne self oorsteek? Omstreeks 8.30 vm. het Buller self na die groot donga 800 tree na agter gery. Hy was bly om te sien dat Ogilvie se skeepskanonne nog in aksie is, hoewel onbeweeglik, want al die spanne osse behalwe twee het op loop gesit. Buller reël artillerie-perde om die skeepskanonne na ‘n veilige plek te sleep.
Toe ry hy weer ál langs die vuurlinie om verdere steun te kry. Daar is geen gebrek aan voetvolk nie. Hy het twee van Lyttelton se bataljons, een van Barton s’n, asook die twee agterste bataljons van Hildyard se brigade: ‘n totaal van sowat 5 000 ekstra manne agter die vuurlinie bu Colenso. Die probleem is hoe om hulle ver genoeg vorentoe te kry sodat hulle Long kan gaan uithaal.(38)
(38)OH I, 364-5. Jeans Naval Brigades tap
Terwyl Buller en sy staf na die vuurlinie ry, gebeur iets wat ‘n generaal ‘n plekkie in die harte van sy manne gee. “Die bevel was voorwaarts,” sou ‘n manskap uit Barton se brigade later vertel. “Terwyl ons beweeg, galop ‘n perd sonder ruiter deur die rye. … Ons staan weer ongedeerd op, en toe kom die koeëls sis-sis-sis, en ‘n paar van ons manne staan op en ‘n kanonkoeël ontplof voor ons en verblind ons.
“Ek was die volgende paar minute besig om stof uit te spoeg, en dit was byna asof mens in die donker tas, maar toe hoor ons ‘n stem agter ons: ‘Kom manne. Moenie kluts kwyt raak nie.’ Dit was Buller se stem. Toe kon ons kop hou, ons gewere gryp en deur die rook beweeg.”(39)
(39)Anon aangeh. PPW 304. Sien ook mansk. Billings, een van Buller se lyfwagte, aangehaal PPW 292
Buller self, vergesel deur sy staf en lyfwag, is vir die vyand se skutters ‘n klaarblyklike teiken. Hy “het die artillerievuur staan en dophou terwyl die koeëls oral om hom val,” sê ‘n ander manskap, en toe een hom in die sy tref, ry die dokter, kapt. Hughes … na hom en vra hom of hy vir hom iets kan doen. Hy antwoord kalm dat dit hom net ‘n bietjie wind-uit geslaan het. … Hy is so dapper soos ‘n leeu.” In werklikheid het ‘n bomskerf Buller se ribbes ernstig gekneus, maar dit sou hy eers later beken.(40)
(40)Manskap Richardson RAMC aangehaal PPW 292-3. |H II, 452
Agter die masker is Buller se gees aan die brand. Woede en frustrasie met Long se flater (“Ek is deur ‘n verdomde kanonnier uitverkoop,” sou hy later aan Bigge sê)(41) wedywer teen die opwininding, die fisieke bekoring van gevaar. Hy was 14 jaar laas in ‘n slag: kol. Buller, VC, die waagduiwel van die Egiptiese en die Zoeloe-oorlog.
(41)Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big
Nou vind hy dat hy nog net so baie daarvan hou. “Dis miskien sondig, maar ek moet beken dat ek dit gate uit geniet het,” souo hy skryf van sy persoonlike verskyning in die vuurlinie. Tog is daar aspekte wat hom diep ontstel. Kort ná die skerf van ‘n kanonkoeël Buller in die ribbes getref het, slaan kapt. Hughes, Buller se lyfarts en een van die gunstelinge in sy staf, neer. Hy is noodlottig in die longe gewond.(42)
(42)Buller-vrou 18 Des 1899, Bull (Crediton). Kapt. A. Trotter-moeder, Trot
Buller ry nou vir ‘n tweede keer na die groot donga terug. Daar buite op die vlakte staan Long se 12 veldkanonne nog steeds. Die enigste lewe in die omgewing is ‘n kring paniekbevange perde wat met hul tuie aan hul dooie spanmaats vasgemaak is. By die donga trommel koeëls op die grond en laat die drywers terugdeins. Buller staan oop en bloot by die donga en skree: “Kom nou, kêrels, dis julle laaste kans om hierdie kanonne te red. Ek wil vrywilligers hê om hulle te gaan haal.”(43)
(43)Kanonnier C.H. Young, aangehaal Morning Leader 9 Feb 1900
Ná ‘n ruk staan een van die korporaals op en ses manne sluit by hom aan. Om twee spanne vol te maak, sal nog vrywilligers nodig wees. Buller draai na sy eie staf en dié van Clery, onder wie prins Christian Victor hom bevind. “Party van julle moet gaan help.” Drie offisiere tree vorentoe: kapt. H.N. Schofield, een van die aides-de-camp; kapt. Walter Congreve, die perssensor; en lt. Freddy Roberts.
Congreve sou daardie rit nooit vergeet nie. Hy is ‘n persoonlike vriend van Freddy – hulle het in Indië as mede-offisiere in die Rifle Brigade gedien. Congreve klim op ‘n troepeperd, aangesien sy eie ponie in die geharwar verdwyn het. Eers moet hulle die twee spanne voor die voorwaens span.
Freddy Roberts hou korp. Nurse se perd vas terwyl die korporaal hom aanhaak. Hulle vertrek op ‘n drafstap na die kanonne, ‘n halfmyl verder. Congreve sien hoe Freddy Roberts “lag en praat en met sy stok teen sy been slaan asof ons weer op die Mall in Peshawar ry”.(44)
(44)Kapt. Congreve-Henry Wilson 18 Des 1899, Con Kpl. (verpleër) aangehaal PPW 296-7. Sien Hildyard se brief aangehaal Warren Prince Christian Victor 313-14
Toe eindig die rit vir albei: “Al wat ons kon sien, was klein stofwolkies voor ons op die grond – ‘n gefluit, k’foet, waar hulle inslaan en die toenemende gerammel van geweervuur êrens voor ons. Die eerste koeël is deur my linkermou en het net my elmboog laat bloei. Toe tref ‘n klont grond my duiwels hard op die ander arm, toe kry my perd een en toe my regterbeen, my perd nog een, en daarmee uit en gedaan. Hy stort neer en ek val omtrent honderd tree van die kanonne af op die grond.”(45)
(45)Kapt. Congreve – 16 Des 1899, en dagboek 15 Des 1899, Con MSS
Freddy het verdwyn, maar die twee spanne met die voorwaens slaag ternouernood daarin om die kanonne te bereik. Ná ‘n worsteling haak Scofield en die korporaal die voorwaens aan die kanonwaens en daar vertrek hulle na hul eie linie, met twee 15-ponders.(46)
(46)Kpl. (verpleër) tap
Teen dié tyd het Botha se manne – ondanks die hittewaas kan hulle Long se kanonne duidelik oorkant die rivier sien staan – hul vuur verdubbel. Die volgende voorwa-span wat Buller instuur, word tot stilstand gedwing. Ander vrywilligers ry uit. Dit is hopeloos.
Kapt. H.L. Reed van die 7th Battery, die een wat uitgestuur is om Dundonald se berede brigade te steun, wend ‘n finale poging aan. Hy haak drie spanne aan die waens en hulle ry vooruit. Twaalf van die perde word geskiet, een man gedood, vyf gewond.
Niemand bereik die kanonne nie. In hierdie stadium weier Buller om verdere reddingspogings te magtig. Hy gee die bevel: “Val terug.” Die manne, wie se ondervindings hulle half verdwaas het, spring orent. “Ons is soos mal hase daar weg,” sou een van die kanonniers vertel.(47)
(47)Manskap Burnett aangehaal PPW 294. Bombardier Stephenson aangehaal PPW 298-9. OH I, 365-6
Was daar nog geen hoop om die 10 verlore kanonne ná donker te gaan red nie?
Van al die aantygings wat later teen Buller se hoof geslinger sou word, het een hom miskien die seerste van almal gemaak: dat hy Long se kanonne nodeloos laat vaar het. Dit is waar dat twee van die bataljon-bevelhebbers – met inbegrip van die bevelhebber van die 2nd Queens – later aangebied het om tot ná donker in hul stellings in Colenso ingegrawe te bly en om dan groepe uit te stuur om die kanonne te gaan haal.(48)
(48)TH II, 453-4. Lyttelton Eighty Years 210. Lyttelton was stellig een van Amery se vernaamste bronne. Vgl. OH I
Teen dié tyd het Buller die gedagte reeds met Clery en hul oorlewende stafoffisiere bespreek en dit verwerp. Om die kanonne te probeer red, sal hele bataljons tot na donker in die vuurlyn moet bly, 18 uur sonder water. Buller ry tussen die manskappe rond, manskappe wie se offisiere hulle lughartig as slagoffers aangebied het, en vind die manne op hul laaste bene.(49)
(49)Buller se get RCSAW III, 201-2 Q 15305-7. Buller se konsep-get aangehaal Melville II, 110-11
Dit is die band wat hom die nouste aan sy leër bind: hy weet wanneer vlees en bloed nie méér kan verduur nie. Hy sien dit nou terwyl hy tussen die manne rondry. Die buitengewone hitte, die reserviste se gebrek aan ervaring, die feit dat hulle nog nooit tevore onder vuur was nie, die spookagtigheid van ‘n onsigbare vyand: alles het ‘n verlammende uitwerking op hulle gehad.
Soos hy later in die strengste vertroue na Londen sou kabel: “Vrydag se algehele ineenstorting van my infanterie het my bang gemaak; links van my het ek byna 300 vermistes verloor, en regs van my sou ek minstens ewe veel verloor het, maar my staf en ek het in die dongas afgery en die manne gedwing om op te staan en huis toe te gaan.”(50)
(50)Buller-L 16 Des 1899, VT no 65
Kortom, daar is ‘n ernstige risiko, as hy die infanterie by Colenso laat, dat hy by die verlies van die 10 kanonne ‘n verdere verlies sou voeg wat sowel meer onvervangbaar as meer vernederend sou wees: die verlies van die Britse infanterie, wat op groot skaal sou moes oorgee.(51)
(51Buller se konsep-get RCSAW tap
Daar was ‘n tweede rede waarom so ‘n onderneming verwerp moes word. Dundonald se brigade kon hulle nie op Boskop vestig nie. Inteendeel, hulle is met swaar verliese afgeslaan. Op hierdie oomblik is hulle moeisaam besig om hul pad uit die vallei terug te veg.(52) Wanneer hulle weg is, en hul veldkanonne met hulle saam het, sal die Boere-vleuels op Colenso kan toeklap.
(52)Dundonald My Army Life 104-8. OH I, 366-9. Barton se get RCSAW III, 660 as protes teenTH se verslag. Sien TH II, 447-9
Een vir een marsjeer Buller se infanterie-kompanies terug. Ondanks die pyn van sy wond bly Buller in die saal tot hy die laaste van die infanteriste veilig sien huis toe keer het. Teen drie-uur het die laaste ruiters ook uitgeput na die kamp teruggery. Die skote sterf weg. Die natuurlike geluide van die Tugela keer stadig terug: die gemurmel van die water, van die duiwe in die bome langs die rivier.
Op die vlakte, waar die hittegolwe dans, lê die kanonne verlate, in die middel van ‘n kring dooie perde. En in die klein donge, 30 tree agtertoe, lê kol. Long, gewonde kanonniers, staf en ‘n paar infanteriste nog steeds onder die midsomerson.(53)
(53)PPW 135
“Geen water, geen luggie, geen beuidenis van ‘n skaduwee nie, en ‘n son wat selfs in Indië vir my nog nooit warmer was nie.” So sou Congreve later die ondervinding van daardie eindelose dag beskryf. “Die mees onsalige dag in my lewe.” Hy is in die been gewond.
Toe het hy Freddy Roberts gevind. Hy het buite op die veld gelê, met wonde in die maag en twee ander plekke. Toe die Boere se vuur bedaar, sleep Congreve hom na ‘n skuilplek. Hy is bewusteloos en uit die staanspoor lyk dit asof daar min hoop vir hom is. Hulle gooi ‘n baadjie oor sy kop om ‘n bietjie skaduwee te gee, en begin wag.(54)
(54)Sien nota 45
Omstreeks 4.30 nm. steek ‘n aantal Boere die rivier oor en ry na die donga. Een van hulle vra die Engelse om oor te gee. Die senior Britse offisier is kol. Bullock, bevelhebber van die 2nd Devons, wat tot oos van die spoorweg opgeruk en toe saam m et 20 opgewonde lede van sy bataljon in die klein donga kom skuil het. Bullock weier om oor te gee.
Die Boere val terug en wissel op ‘ n afstand van sowat 50 tree skote met Bullock en sy manne. Twee van die Boere val neer, blykbaar geskiet. Die boere verskyn met ‘n wit vlag. Hulle wys daarop dat die donga vol gewondes lê, wat onvermydelik verdere beserings sal opdoen as Bullock wil veg. En hulle maak ‘n ridderlike aanbod: die gewondes kan verwyder word voor die geveg voortgaan.
Intussen, minder ridderlik, het sowat 100 Boere om die donga gekruip. Met gewere op die Devons gerig, kom hulle nou orent. Miskien sou Bullock dood en roem verkies het. Hy het geen keuse nie. Een van die Boere tref hom met ‘n geweerkolf in die gesig en slaan ‘n paar van sy voortande uit.
Bullock en die res van die Devons, asook die ongewonde kanonnier, word as gevangenes weggevoer. Congreve, Freddy Roberts, Long en die ander gewondes word aan die “lykgrypers” oorgegee, die Indiese en Engelse ambulansmanne wat nou die donga bereik het.(55)
(55)Kol. Bullock se get by ondersoek 6 Aug 1900, ook kol. Hunt se get op 15 Jun 1900, en maj. Walter 8 Aug 1900, RCSAW, 411-12. Congreve tap
*** *** ***
Die slag is verby – as so ‘n vrugtelose affêre hoegenaamd ‘n slag genoem kan word. Die stryd om die lewens van die gewondes begin nou maar. Dr. Treves, die Koningin se lyfarts, kyk hoe die rye ambulanswaens strompelend en kreunend oor die ongelyke veld wieg. Sal daardie droewige optog nooit eindig nie?
Treves kan skaars glo dat dieselfde manne maar ‘n paar uur tevore met die môredou uit is om te gaan veg. Nou het “die son hulle bruinrooi gebrand, hul gesigte is vol stof en sweet, en in baie gevalle oortrek met hitteblase … die blou militêre hemde is styf van die bloed. Party dra nog helms, party nie. Almal lyk verdwaas, uitgepput en bedruk.”(56)
(56)Treves 14-15
Dit is hier, in die klelin kring veldhospitale, waar die afskuwelikheid van die hele slagveld nou toegespits word. Treves, ‘n ervare chirurg, voel hy wil naar word oor party van die dinge wat hy sien. Oral lê die kakiehelms, vermorsel, bebloed, vol gate geskiet. Party van die manne yl. Hulle rol van die bare af en lê op die grond en skop.
Een man, in die onderlyf verlam deur ‘n koeël wat hom in die ruggraat getref, lig aanhoudend sy kop en staar verwonderd na die ledemate wat hy nòg kan beweeg nòg kan voel. Dit lyk asof kreunende manne die aarde bedek. Teen die aand begin dit reën. Die ambulanspersoneel gooi seile oor die manne op die draagbare. Dit is byna asof die toneel nog meer makaber maak: dit is asof ‘n lykkleed elke figuur bedek, sommige roerloos, ander gedurig aan die beweeg, almal glinsterend nat van die reën.
Buite die operasietent wag manne geduldig hul beurte af. “Hou moed, Joe.” “Sterkte, ou balie, jy sal niks voel nie.” Ordonnanse dra die bare deur die oop tentflap terwyl die eindelose werk voortgaan. Soldate word met chloroform verdoof, dan ondersoek. In baie gevalle volg amputasie. Bene wat afgesit is, rammel in die emmer of val op die bloedbevlekte gras.
Treves dink aanhoudend aan die lekker frase wat die soldate kwyt graak het toe hulle uit Engeland weg is. Hulle was vasbeslote om “betyds vir die pret” in die Kaap aan te kom. Nou ja, hulle was betyds. En dit is die pret.(57)
(57)Treves 15-23. Sien ook Atkins 155:”pret”
Ook Buller se stryd is ver van verby. Hy moet berigte oor die slag na Londen stuur. Die persmanne tjank om die kabel te mag gebruik, en die ampsverslae moet voorkeur kry. Tog is hy ná soveel uur in die saal onder daardie skroeiende son in geen bui vir kabelsl nie. Toe John Atkins hom tam en uitgeput van sy perd sien klim, lyk hy vir hom soos ‘n ou, ou man. Niemand weet nog van die hou op sy ribbes nie. Atkins kan maar net raai hoe seer sy trots gekry h et.(58)
(58)Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big. Atkins 174-5
In die kabel vir openbare vrystelling klink buller so kalm soos altyd. “Dit spyt my om ‘n ernstige terugslag te rapporteer,” begin hy. Hy beskryf dan die omtrekke van die plan, en sy mislukking. Teenoor Hart is hy gul. “Ek het vroeg in die dag gesien dat genl. Hart nie sy pad sal kan deurveg nie en hom gelas om terug te val. Hy het egter met groot moed aangeval. …”
Hy beskryf die heldhaftige pogings om die kanonne te red. Hy laat niks i.v.m. die instorting van sy infanterie deurskemer nie. “Die dag was intens warm en het hoë eise aan die troepe gestel, wie se gedrag uitmuntend was.”
Slegs met verwysing na kol. Long gee Buller enige werklike verklaring vir die terugslag. “Dit blyk dat kol. Long in sy begeerte om binne trefafstand te kom, sonder enige verkenners of doeltreffende infanterie-steun tot naby die rivier opgeruk het.” (Hierdie sin sou egter deur die Departement van Oorlog uitgesny word voor die kabel aan die pers oorhandig is.)(59)
(59)Buller-L 15 Des 1899 6.20 nm (kode 0215), DO 32/7887 Vgl. Gepubliseerde weergawe Times ens
As Buller sake daar gelaat het, kon die oorlog miskien anders verloop het. Bepaald sou Buller ‘n diepe vernedering gespaar gebly het. Maar teen middernag het sy emosies uiteindelik die oorhand gekry. Die intense afsondering van sy stelling, die frustrasie van sy lang stryd teen Lansdowne, die bitterheid van sy gevoelens teenoor Hart en Long; die 14 uur in die saal onder daardie skroeiende son, die prys van sy wond: al hierdie dinge staan te lees tussen die reëls van ‘n kodekabel wat hy om middernag aan Lansdowne gestuur het. Daar is ook ander element, ‘n deurslaggewende misverstand, wat die uitbarsting verklaar.(60)
(60)Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big
Die dag tgevore het Lansdowne hom per kabel gevra om sowel Gatacre as Mehuen af te dank. Lt.-genl. Sir Charles Warren, die bevelhebber van versterkings waarop Buller al lankal wag – die 5th Division – moet Methuen se mag by die Modderrivier oorneem.
Hieruit het Buller afgelei dat Lansdowne op aandrang van sowel Milner as die kapitaliste – en teen Buller se eie oordeel in – Warren en sy nuwe divisie na die Kimberley-front wou verskuif. In werklikheid was Lansdowne se bevel net op Warren self van toepassing, nie op sy divisie nie; dié was nog steeds tot Buller se beskikking.(61)
(61)L-Buller 14 Des 1899, VT no 51
Vandaar die bui van rebelse woede – wat hy self sou noem “afguns, haat en nyd teen almal”.(62) Buller kabel nou aan Lansdowne: “No. 87 Syfer. 15 Desember……. 11.15 nm. My mislukking vandag opper ‘n ernstige vraag. Ek din k nie ek is nou (d.w.s. sedert die skynbare verskuiwing van die 5th Division) sterk genoeg om White te verlig nie. Colenso is ‘n fort en as dit nie stormgeloop kan word nie, kan dit myns insiens alleen deur beleg verower word. … Ek dink nie ons het die hele dag òf ‘n Boer òf geweer gesien nie. … My siening is dat ek Ladysmith moet laat gaan en goeie stellings vir die verdediging van Suid-Natal moet inneem, en die tyd ons laat help. …”(63)
(62)Buller se get RCSAW III, 174-5. L se get RCSAW III, 516 (Q 21259)
(63)Buller-L 15 Des 1899, |VT no 54
Wou Buller Ladysmith werklik aan sy lot oorlaat? Met die woorde “laat gaan” het hy nie bedoel “laat vaar nie”, sou hy later beweer, en ‘n mens kan hom glo.(64) Wat hy wel bedoel het, word verklaar – hoewel dit enkele maande sou duur voordat die Departement van Oorlog Londen van hierdie tweede, selfs nog meer onbesonne uitbarsting sou verneem – deur die boodskap wat hy die volgende dag per heliograaf na Ladysmith laat stuur het.
(64)Buller se get RCSAW III, 175 en 202-3 ins. 15315-8
White het ‘n onvergeeflike flater begaan deur hom in Ladysmith te laat vaskeer. Dit het die hele strategie van die oorlog verongeluk. So sien Buller die saak, en daar is baie waarheid in. Nou kap hy na White: “Syfer 88, 16 Desember. Ek het Colenso gister prober neem, maar misluk. Die vyand is vir my mag te sterk, behalwe met ‘n beleg-operasie, wat ‘n volle maand sal neem om te bereik.
“Kan u so lank uithou? Stop. Indien nie, hoeveel dae kan u my gee om verdedigingstelling in te neem, waarna ek voorstel dat u soveel ammunisie wegskiet as u kan en die beste voorwaardes verkry wat u kan. Stop. Ek kan hier bly as u alternatiewe voorstelle het, maar sonder hulp kan ek nie inbreek nie. …”(65)
(65)Buller-White 16 Des 1899 (no 88), SD App I, 490
In opdrag van Buller is hierdie boodskap drie uur later lomp gewysig, en drie reëls is bygevoeg (vermoedelik ‘n verwysing na die roekelose manier waarop Yule Symons sy kodeboeke agtergelaat het, en die moontlikheid dat White sy pad uit Ladysmith oopveg): “Wat ook al gebeur, onthou om die syfer- en ontsyfer– en kodeboeke asook enige ontsyferde boodskappe te verbrand.”(66)
(66)Buller-White 17 Des 1899 (no 92) ibid
As Buller homself net duideliker maar minder bruusk kon uitgedruk het, sou daar niks buitengewoons aan enige van die kabels gewees het nie. Sy voorstel aan Lansdowne was wesenlik dieselfde voorstel wat hy enkele ure ná sy aankoms in Kaapstad gemaak – en toe verwerp – het, en dit was ook Milner se kreet: Laat Ladysmith voorlopig vir homself sorg. Stuur die grootste deel van die leër na die westelike front. Ruk die Vrystaat oor die plet veld binne en ontset Ladysmith sodoende onregstreeks.(67)
(67)Buller-L 1 Nov 1899, VT no 2H “Ek sal spyt wees as Kimberley en Ladysmith moet gaan”
So gestel, klink die voorstel soos dié van ‘n staatsman, hoewel dit waarskynlik die verkeerde strategie was. Maar Buller het dit glad nie so gestel nie. Hy het daarin geslaag om sowel pessimisties as opstandig te klink. Sy kabel was ‘n protes, en ‘n uitdaging. Het die Minister van Oorlog enige beter idees? As ‘n uitdaging gesien, was dit maklik genoeg om daarop te antwoord. Dit was water op die meul van Buller se vyande.(68)
(68)Sien volgende hoofstuk
Buller se boodskap aan Whoite is nog minder taktvol gestel. White het hom aan die einde van November meegedeel dat hy genoeg kis vir 70 dae het. As hy die perde se rantsoene verminder, het hy maar genoeg perdevoer vir 35 dae, en sy swaar ammunisie begin opraak.
In die middel van Desember was die belangrikste vraag: hoe lank kan hy uithou? Die ander vraag was: kan hy sy pad uitveg? Om toe al van oorgawe te praat, was nie alleen taktloos nie, maar prematuur. Ook vir hierdie fout sou Buller die prys betaal, hoewel die kabel hoegenaamd geen uitwerking op die veldtog gehad het nie.(69)
(69)Opvallend is die gebrek aan ‘n verwysing na dié kabel in Rawlinson se dagboek. Die storie dat White se staf die egtheid daarvan betwyfel het, is blykbaar ná die einde van die beleg deur Hamilton versprei. Sien verhaspelde weergawe in TH II, 460 en Buller se toespraak (gedeeltelik verkeerd aangehaal) in II, 461-2
Buller se leër het die sewe myl na Frere, die naaste punt aan die Tugela met ‘n watervoorraad, teruggemarsjeer. Nietemin moes ‘n deel van die water per trein van Estcourt gebring word. Die Boere het hoegenaamd geen poging aangewend om aan te val nie.
Die Engelse verliese, toe hulle uiteindelik uitgewerk is, was 1 138: 143 dood, 755 gewond, 240 vermis, meestal ongewapen gevange geneem. Dit was sowat vyf persent van die totale mag wat betrokke was; min van die gewondes was in ernstige gevaar, en na verskeie weke is die verliese waarskynlik met die helfte verminder.(70)
(70)Buller-L 17 Des 1899, SD I, 36-8. Let op die voetnoot in die oorspronklike MS wat daarop dui dat “die oorspronklike opgawe meer as 400 vermistes aangetoon het”. Die oorspronklike is in DO 32/7887
Volgens militêre standaarde was die slag nie ‘n ramp nie. Buller het dit tereg ‘n “ernstige terugslag” genoem. Die Boere het glad geen veld gewen nie. Die Engelse het maar ‘n klein deetjie van hul manne verloor, en tien van hul veldkanonne. Kortom, Buller het weinig verloor wat nie gou vervang kon word nie. Die manne se moreel, die sleutel tot uiteindelike oorwinning, het merkwaardig herstel.(71)
(71)Die opvatting dat Colenso ‘n “ramp” vir Buller se leër was, was eenvoudig die retoriek van sy vyande. Dit was vir sekere eenhede natuurlik wel rampspoedig
Een van die redes hiervoor was Buller se gedrag die dag ná die slag. Methuen het ‘n storm van protes ontketen deur die Highland Brigade die dag ná Magersfontein te berispe: “Daar is drie dinge wat ek wil hê julle moet onthou: julle Koningin, julle land en julle regiment.”(72)
(72)Methuen se toespraak voor die Highland Brigade in an MSS. Sien ook Gardyne III, 431
Buller, daarenteen, het sy troepe ewe taktvol behandel as wat hy “Clan” Lansdowne en George White lomp gehanteer het. Hy het bnesoek gaan aflê by die oorlewendes van die batterye wat hul kanonne verloor het, die 14de en die 66ste, en hulle persoonlik vir hul moed bedank. Hy het kalmte en soliede selfvertroue geadem.(73)
(73)Kpl. (verpleër) aangehaal PPW 297
John Atkins het miskien baie van die manne se gevoelens weerspieël toe hy van die terugval uit Colenso sou skryf: Buller “het uit sy nederlaag louere gepluk wat nie altyd deur seëvierende generaals gewen word nie. … ‘n Swakker man, ‘n minder korrekte soldaat, sou die stelling met ontsettende lewensverlies oorrompel het. Buller se besluit om terug te val, was ‘n bewys van sy moed en goeie generaalskap.”(74)
(74)Atkins 180
Churchill sou later skryf: “As Sir Redvers Buller Ladysmith nie met sy huidige mag kan ontset nie, weet ons van geen ander offisier in die Britse diens wat ‘n goeie kas staan om te slaag nie.”(75)
(75)Churchill Ladysmith 366
Die manne op Frere keer na die normale roetine van die militêre lewe terug: dril en parades, regimentele krieketwedstryde, ‘n perdewedren vir die offisiere – die “Colenso Plate” en die “Tugela Handicap”.(76)
(76)Black and White Budghet. Hildyard-broer 28-8 Des 1899, Hil
Buller se eie moreel is trouens ook weer normaal. Ná hy sy gevoelens met daardie kabels gelug het, voel hy meer filosofies Hy begin ‘n nuwe flank-opmars beplan om Ladysmith te ontset. Hy skryf aan sy vrou om haar gerus te stel. Hy was, beweer hy, “gelukkig” dat hy nie geslaag het nie.
“Ek moes Colenso aandurf, maar ek het nie gedink ek sou inkom nie. Ek het op die 15de probeer en nie ingekm nie, maar dit het my goed gedoen. Nou weet ‘n mens ten minste die ergste – ek dink heeltemal tussen jou en my dat ek gelukkig was dat ek nie ingekom het nie, want ek sou nie geweet het wat om daarna te doen nie (omdat die ergste gevegte nog sou voorlê). Maar ek was erg teleurgsteld en des te meer omdat ek met beter ondersteuning kon ingekom het, dink ek. Kismet. Volgende keer gaan dit weer beter.”(77)
(77)Buller-vrou 18 Des 1899, Bull (Crediton)
Terwyl hy nog aan hierdie brief skryf, val die slag wat Buller half verwag en inderdaad feitlik uitgelok het. ‘n Syfer-telegram kom van Londen: hy word as opperbevelhebber in Suid-Afrika vervang en in beheer van Natal geplaas(78) Die man wat in sy plek kom, is ‘n verrassing.
(78)L-Buller 18 Des 1899 (twee), VT no 62 en 62a (bl. 57). Nota no 62a is nie in die RCSAW III gedruk nie, App J
Buller het verwag dat die Regering Buller se eie beskermheer, Lord Wolseley, Opperbevelhebber van die Britse Weermag, sou aanstel.(79) Maar Lansdowne het sy eie persoonlike vriend uit die Indiese dae gekies, Lord Roberts.
(79)Buller-Bigge 8 Jan 1900, Big
Hoewel die nuus vir Buller pynlik is, aanvaar hy dat die oorlog “vir een man te groot is”.(80) Roberts is die leier van die Ring wat met Wolseley s’n meeding. Daar is vyandskap tussen die twee. En Roberts het hoegenaamd geen simpatie met Buller nie.
(80)Buller-L 20 Des 1899 SD I, 43 (no 15). Buller-Bigge 4 Jan 1900 Big: “Natuurlik hou ek nie van Roberts se aanstelling nie, maar ek kla nie…”
Die noodlot het pas nog ‘n kinkel in hul gespanne verhouding geknoop – die tragiese nuus wat Buller maar die vorige dag verneem het. Hy het juis pas die kabel opgestel – bondig, maar nie sonder emosie nie: “U dapper seun is vandag dood. Deelneming. Buller.”(81)
(81)Buller-R 17 Des 1899 9.10 nm, Bobs R 10/17
—oOo—