Die ultimatum
Die Boere-Oorlog
Deel 1
“Suid-Afrika staan op die vooraand van ‘n ontsettende bloedbad waaruit ons volk òf as houthakkers en waterdraers vir ‘n gehate ras sal tree, òf as oorwinnaars, die stigters van ‘n verenigde Suid-Afrika, van een van die groot ryke van die wêreld … ‘n Afrikaner-republiek in Suid-Afrika wat van Tafelbaai tot aan die Zambezi strek.”
Jan Smuts se geheime memorandum vir die Transvaalse Uitvoerende Raad, 4 September 1899
Hoofstuk-aanhef Smuts se plan 4 Sep 1899, SP I, 322-9
— — —
Hoofstuk 8
Die Ultimatum
Pretoria en die ZAR 1-12 Oktober 1899
Teen die eerste week in Oktober is Pretoria reeds half verlate.Die meeste van die burgers is na die Natalse front. Selfs die stasie, ‘n week tevore nog stampvol jubelende skares (en klein groepies Britse vlugtelinge), is nou feitlik leeg.(1)
(1)Standard & Diggers’ News, Volksstem, Cape Times 2-4 Okt 1899. Batts Pretoria from Within (s.j.) 27-32
Op die stoep van sy witgekalte huis in Kerkstraat wag die ou President in stilte, soos hy op die aand van die Jameson-inval gewag het; in die skemer sit hy peinsend aan sy pyp en suig terwyl sy vrou die koei in die tuin melk. Hulle kon ‘n Boerepaar in die bekveld gewees het. Uiterlik lyk die ou President so onwrikbaar as ooit.
Daardie week het Leo Amery, verslaggewer van die Londense Times, in Kruger se kantoor met hom ‘n onderhoud gevoer voor hy self na die Natalse front vertrek het. Amery wou weet of vrede nog moontlik is. “Nee,” het die ou man gebrul. “Nie tensy Camberlen ‘n ander deuntjie sing nie.”(2)
(2)Kotzé Memoirs II, 239-40. L. Amery Days of Fresh Air 129
En tog het Kruger in werklikheid tot in die laaste maand van die krisis geworstel om ‘n skikking te bereik. Dit was sy eie tragedie dat Kruger “Camberlen” ewe weinig verstaan het as omgekeerd.
Die kloof wat aan die einde van Augustus nog oorbrug moes word, was in werklikheid bitter klein. Die voorwaardes wat Chamberlain in Bloemfontein gestel het, was nog ter tafel. As Kruger die Uitlanders ‘n onvoorwaardelike vyfjaar-stemreg sou gee, het Chamberlain beloof om dit daarby te laat. Of anders is Chamberlain gewillig om ‘n sewejaar-stemreg te aanvaar, gepaard met ‘n gesamentlike ondersoek om te verseker dat die aanbod in goeie trou gedoen word.
Teen die einde va Augustus het die druk op Kruger om een van hierdie toegewings te doen, ‘n hoogtepunt bereik. Smuts se beskermheer in die Kaap, Jan Hofmeyr, het die voorwaardelike vyfjaar-aanbod wat uiteindelik gedoen is, sterk gekritiseer. “Julle het te veel gegee en julle het te veel gevra.”
Deur toegewings in “stukkies en brokkies” te doen en die indruk te wek dat hierdie toegewings uit hulle “gepers: moes word, het hulle ‘n ongunstige indruk op die Britse openbare mening gemaak.(3)
(3)Hofmeyr-Smuts 30 Aug 1899 SP I, 307-8
Van die Regering van die Vrystaat kom soortgelyke beroepe. Fischer, Staatsekretaris en Pres. Steyn se regterhand, gaan op 1 September ter elfder ure na Pretoria om te kyk of hy Kruger nie van plan kan laat verander nie.(4)
(4)Fischer-Smuts, 24 Aug, SP I, 303-4. Steyn-Kruger 1 Sep, Mil 11/247 (SA 82), Fischer-Steyn 1, 2 Sept 1899, Mil 60/248, 254
Dit is die aard van die raad wat Kruger se pollitieke bondgenote hom gegee het. Hul oordeel, so lyk dit vandag, was volkome korrek. As Kruger die raad aanvaar het, sou ‘n skikking sekerlik gevolg het. Lord Salisbury, Hicks Beach en Balfour sou die kompromis aangegryp het. Chamberlain sou ingestel het (soos Selborne bedroef teenoor Milner moes beken).(5) Niemand – nie eens Milner – sou dit kon gekeer het nie.
(5)”As Steyn Kruger hierdie week oorreed het om u Bloemfonteinse voorwaardes te aanvaar, sou ons hulle nie kon verwerp het nie.” Selborne-Milner 7 Okt 1899, Mil 17 (SA 31)
Hierin lê die onderliggende tragedie van die oorlog; dat dit so amper vermy kon gewees het.
Maar op die volgende dag, 2 September, het Kruger, soos Chamberlain op dieselfde tyd, ‘n breekpunt bereik. In weerwil van sy mede-Afrikaners in die Kaap en Transvaal, het hy besluit om geen verdere toegewings te maak nie. Vir die volgende drie weke sou hy en Chamberlain nog steeds boodskappe uitruil, maar dit was slegs maneuvers om die welwillendheid van hul vriende en bondgenote te verwerf. Die werklike onderhandelinge het daardie dag geëindig.(6)
(6)Sien Marais 316. Wilde 133-5. Le May British Supremacy 25-6
Waarom het Kruger, wat – soos dit vandag vir ons lyk – soveel meer deur oorlog kon verloor as Chamberlain, die laaste moontlikheid van vrede verwerp? Bepaald nie omdat die mag van die openbare Boeremening hom daartoe gedryf het nie. Dit is waar dat ‘n opwelling van oorlogskoors – die teenhanger van Jingoïsme – die land teen die einde van Augustus beetgepak het.
Die Boere-pers is sterk anti-Brits; ‘n spraaksame oorlogsgroep het in die Volksraad te voorskyn getree; baie van die jonger Boere is lus vir baklei; dit is tyd, soos Ben Viljoen, lid vir Johannesburg, dit gestel het, om op “God en die Mauser” te vertrou.(7)
(7)TH I, 376. Barnard Botha 6-12. Meintjes De la Rey 78-82. Viljoen Reminiscences 28-9
Tog was Kruger, met al sy tekortkominge, ‘n staatsman. As hy wou, kon hy sy oorlogsgroep getrotseer het, soos hy die burgers getrotseer het wat Jameson ná die inval aan die slagtersnek-balk wou ophang. Was dit dan dat Kruger gemeen het hy staan ‘n goeie kans om ‘n oorlog teen Brittanje en haar Empire te wen?
Dit is waar dat baie Boere eerlik geglo het hulle kan die engelse in die see vee en van Tafelbaai tot aan die Zambezi ‘n Afrikaner-republiek uitroep.(8) Selfs Smuts, gewoonlik so ewewigtig, dog hy ruik ‘n militêre oorwinning.(9)
(8)A Century of Wrong deur F. Reitz geborg, deur Smuts geskryf (sien SP I, 476)
(9)Smuts se strategiese plan SP I, 322-9
Kruger het op God vertrou; dit spreek vanself. Hy het minder op die Mauser vertrou. Hy het die oorlog met die swartste voorgevoelens tegemoetgegaan. As Brittanje wen, sou “die prys die mensdom oorstelp” – dit wat hy die pers in dié tyd meegedeel het.(10) Dit is skaars die stem van ‘n man wat ‘n oorwinning voor hom sien; dit is meer soos die doodskreet van Simson voor hy die suile van die tempel op homself laat intuimel.
(10)New York World onderhoud (gedateer 12 Okt 1899) Cook Rights 263 aangehaal
Die eenvoudige waarheid is dat Kruer die moontlikheid van verdere kompromieë verwerp het omdat hy onbewus was dat hulle bestaan. Hy het geweier om verdere toegewings te maak omdat hy dag hulle sou vrugteloos wees. Wat hom betref, het Chamberlain ‘n strik gestel – ‘n strik om die volk te verneder voor hy hom vernietig.
“Ons het ons eerlike bes gedoen, ons kan nie meer doen nie,” het Fischer aan Hofmeyr gekabel ná Kruger hom oortuig het dat die onderhandelinge hopeloos is. “As ons ons onafhanklikheid moet prysgee … laat ons ten minste die troos hê dat ons dit nie eerloos opgeoffer het nie.”(11) Kruger self kabel: “Met God voor oë voel ons dat ons nie verder kan gaan sonder om ons onafhanklikheid in gevaar stel nie.”(12)
(11)Fischer-Hofmeyr 13 Sep 1899, Mil 60/296
(12)Kruger-Hofmeyr (via Fischer) 16 Sep 1899, Mil 60/
Hierdie oortuiging dat slegs algehele oorgawe Chamberlain sou bevredig, kan op sy beurt herlei word na die kringloop van die onderlinge agterdog wat sedertdie Jameson-inval ontwikkel het. Hierin het die inval se rampspoedige gevolge gelê.
Sedert die inval het elkeen in ‘n wolk van wantroue na ‘n skikking rondgetas: Kruger oortuig dat Chamberlain, wat twee maal verydel was, nou ‘n derde poging sou aanwend om die ZAR sy onafhanklikheid te ontneem; Chamberlain oortuig dat elke toegewing van Kruger blote skyn sou wees. Elkeen het die ander se uitgestrekte hand as ‘n lokval gesien.
Die een mens wat hulle kon reggehelp het, het sy hart op oorlog gesit.
Ironies genoeg was dit Kruger en Smuts se korrekte vertolking van Milner se oogmerke wat hulle Chamberlain se oogmerke verkeerd laat vertolk en die onderhandelinge laat misluk het. Toe Smuts op Bloemfontein in Milner se oë kyk – daardie “besondere intelligente”, gevaarlike grys oë – het hy Milner se bedreiging maar te duidelik besef: “gevaarliker as Rhodes … ‘n tweede Bartle Frere”.(13)
(13)SP I, 242, 249
Kruger en Smuts is mislei deurdat hulle Milner se oogmerke met dié van Chamberlain verwar het. Het hulle maar besef hoe ver Chamberlain ter wille van ‘n kompromie sou gaan – en, nog meer as Chamberlain, die Britse Regering – sou hulle die raad van hul bondgenote in die Vrystaat en die Kaapkolonie gevolg het.Maar al wat hulle kon sien, was die Joe van die spotprenttekenaars, Pushful Joe, en die enigste stem wat hulle kon hoor, was Joe se openbare stem, die stem wat kort, weerklinkende toesprake oor sand in ‘n uurglas maak en wat Kruger met ‘n gedrukte spons vergelyk; en dit het kwalik na die stem van versoening geklink. Hulle het slegs die teenstander se politieke masker geken. Hulle het hom nooit van aangesig tot aangesig ontmoet nie.
Teen 2 September het Kruger, soos Chamberlain, besluit dat oorlog onafwendbaar is. Smuts het gesê: “Menslik gesproke is ‘n oorlog tussen die republieke en Engeland seker.”(14) Daarna begin hy met koorsagtige planne vir ‘n militêre offesief. Die sleutel van hierdie plan is ‘n blitsinval in Natal voor versterkings daar opdaag. Dit sou hulle ‘n getalsoorwig van byna drie teen een gee – 40 000 Boere teen 15 000 Britse soldate.
(14)SP I, 323
Deur al hul troepe in Natal in te werp, sou hulle Durban kon verower voor die eerste skepe Britse versterkings aflaai. Op dié manier sou hulle “enorme hoeveelhede” artillerie en voorrade kon buitmaak. Daarby sou die Kaapse Afrikaners in die binneland aangemoedig word om “’n derde groot republiek te vorm”.
Die internasionale reperkussies, vervolg Smuts, sal dramaties wees. “’n Baie belangrike deel van die Britse Ryk sal onmiddellik geskud word.” Brittanje se vyande – Frankryk, Rusland en Duitsland – sal hulle haas om Brittanje se instorting uit te buit.(15)
(15)Ibid 323-9
Die grootste versperring in die pad van Smuts se aanvalsplan was blykbaar Pres. Op 9 September bereik deurslagagewende nuus Suikd-Afrika: die Britse Kabinet het die eerste oorlogsknop gedruk met sy besluit om 8 000 man na Natal te stuur.(16) Dit gee die gesamentlike Transvaalse en Vrystaatse leiers skaars ‘n maand om hul offensief te loods voor hulle die voordeel van ‘n oorweldligende getalsoorwig verloor.
(16)Volksstem, Cape Times 9 Sep 1899
Tog is Pres. Steyn nog steeds nie oortuig dat oorlog onvermydelik is nie. Op 22 September druk die Britse Kabinet hul tweede oorlogsknop, en ‘n koerantberig word na Suid-Afrika gekabel: die Engelse het besluit om die Leërkorps te stuur.(17)
(17)Ibid 23 Sep 1899
Op 25 September kabel ‘n spioen in Ladysmith na Pretoria dat die Engelse noordwaarsts na Dundee beweeg.(18) Nog steeds huiwer Steyn. Terwyl die Britse troepeskepe ál nader aan Durban stoom, kabel Kruger wanhopig: “U dink nog steeds aan vrede, maar dit lyk vir my onmoontlik. … U dink Chamberlain lei ons in ‘n lokval, maar as ons langer wag, kan die toestand hopeloos word, en dit sal ons lokval wees.”(19)
(18)De Beer 25 Sep, Kruger-Steyn 26 Sept 1899, Mil 60/360, 377
(19)Kruger-Steyn 29 Sep 1899, Mil 60/390
Sonder om op hul bondgenote te wag, mobiliseer die ZAR eindelik op 28 September. Die plan word in die Vollksraad toegejuuig, hoewel ses van die lede, politieke aanhangers van kmdt.-genl. Joubert, glo daarteen gekant was. Die volgende stap is om vir Brittanje ‘n ultimatum te stuur.
Steyn bly die struikelblok. Hy dring daarop aan dat Brittanje in die ultimatum daarvan beskuldig moet word dat hy die Londense Konvensie verbreek het, en die ultimatum moet hiervolgens herbewoord word. Teen die einde van September is dit reg om aan die Britse agent, Greene, afgelewer te word. Eindelik word Steyn se weifeling beëindig: Chamberlain is vasbeslote om oorlog te maak, en die republieke moet eerste aanval.(20)
(20)P. Kruger Memoirs II, 331-6, S?J 27 Sep 1899. L. Amery Days of Fresh Air, Breyt I, 132
Wat hom van plan laat verander het, is onduidelik: waarskynlik was dit ‘n dreigende opstand onder sy eie burgers, onder aansporing van ene Christiaan de Wet, wat die skaal laat swaai het.(21) Hoe ook al, op 2 Oktober mobiliseer die Vrystaatse magte.(22) Nog ‘n week gaan verby terwyl die burgers na die grense beweeg.
(21)C. De Wet-Steyn 30 Sep 1899 Mil 60/
(22)SJ 3 Okt 1899, Breyt I, 133
Eindelik, om 5 nm. op 9 Oktober, gaan lê Reitz by Greene besoek af en oorhandig die ultimatum.(23) Teen daardie tyd het die meerderheid van die Britse troepeskepe al in Durban vasgemeer. Steyn se soektog na vrede het die twee republieke hul hele deurslaggewende voorsprong van vier weke gekos.(24)
(23)K 9530/65-7
(24)SJ 2,6,8,9 Okt 1899
Toe Greene die pakkie met die “swart kol” oopmaak, hyg hy na asem – so lei ‘n m ens vandag af. Hy self het hard gestry om ‘n skikking te bereik, en is daarvoor deur Milner tereggewys. Hy het altyd geglo dat Smuts gewillig is om ‘n kompromis aan te gaan.
Die ultimatum, wat blykbaar deur Smuts opgestel is, is volkome kompromisloos. Hy beskuldig Brittanje daarvan dat hy die Londense Konvensie van 1884 verbreek het deur haar met die binnelandse sake van die ZAR te bemoei (d.w.s. deur die Uitlanders se saak op te neem) en deur troepe saam te trek. Dit eis dat Brittanje die ZAR onmiddellik in vier deurslaggewende opsigte versekering moet gee.
Ten eerste om in te stem oor arbitrasie oor “alle punte van onderlinge verskil”; ten tweede, dat die Britse troepe “op die grense van hierdie Republiek onmiddellik teruggetrek moet word’; ten derde, dat alle Britse versterkings wat ná Junie in Suid-Afrika aangekom het, aan die land onttrek moet word; ten vierde, dat “Haar Majesteit se troepe wat nou op die hoë see is, nie in enige Suid-Afrikaanse hawe moet aan wal gaan nie”.
En tensy Haar Majesteit se regering binne 48 uur aan die voorwaardes van die ultimatum gehoor gee, sal die Regering van die ZAR “met groot spyt verplig wees om sodanige handeling as ‘n formele oorlogsverklaring te beskou”.(25)
(25)K 9530/65-7
— — —
In Suid-Transvaal het die reën daardie lente vroeg gekom. Daar is lappe g;roen gras in die veld en ritse madeliefies langs die spoorweg by Sandspruit,(26) die stasie, 12 myl van die grens, waar Joubert en die burgers van die ZAR ongeduldig op Kruger se ultimatum wag.
(26)Cape Times 29 Sep, 3 Okt 1899. Burleigh Natal 10
Die afgelope week laai die troepetreine uit Pretoria al hul vragte hier af: elke 24 uur ‘n dosyn treine, reusagtige, trae honderdpote; waens vol mans en seuns met Mausers bo-oor hul kispakke; veetrokke vol Creusot-grofgeskut, sy aan sy met ossewaens en osse, vrouens en nie-blanke bediendes.(27)
(27)Totale vlgs. Amptelike spoorwegverslag: 8 369 man, 5 381 perde, 398 waens, 1 909 osse, 1 525 ton voorrade. Kb 62525
Vir Engelse ooggetuies lyk dit alles belaglik onmilitêr, en dit is hoe Leo Amery van die Times, wa die burgers van Pretoria na die front gevolg het, dit sou beskryf. Daar is geen reguit lyne in die Boereleër nie. Myle ver spikkel perde en osse en watente die sanderige vlakte – al die toebehore van die Groot Trek.
Saans gloei die kampvure soos die ligte van ‘n stad en bebaarde manne sit met hul vrouens en kinders en sing Nederlandse Psalms. Sy aan sy met die trekboere uit die bekveld sit burgers van Pretoria en die Rand. Hulle is skoon geskeer; baie praat Engels, wat hulle is in die Kaapkolonie of selfs in Brittanje gebore; byna soos beroepssoldate sing hulle skunnige liedjies om die kampvuur.
In die artillerielaer in die middel van die vlankte dien ‘n groot wit tent as hoofkwartier vir kmdt.-genl. Joubert. Vir Amery lyk hy vol energie en selfvertroue: flitsende donker oë, ‘n vloeiende baard en ‘n (verrassende) verwelkoming vir die korrespondent van ‘n jingo-koerant.(28)
(28)L. Anert Days of Fresh Air 132-7. Times 7 Nov 1899 p. 12. Reitz Commando 20
In werklikheid is hier onder op die Natalse grens nou maar eers ‘n groen skynsel begin kry.(29) Alle ander dinge het in die afgelope twee weke verkeerd geloop. Die reëlings met die Vrystaat, vertragings op die spoorweg, die ossewaens – alles.(30) Een gedagte spook gedurig by Joubert: is die oorlog hoegenaamd nodig?
(29)Symons-White 17 Okr 1899, Whi 56A
(30)Mouton Joubert 230-1
As leier van die Progressiewe groep in die Volksraad en Kruger se vernaamste poliltieke teenstander, het Joubert altyd volgehou dat ‘n ooreenkoms met die Uitlanders bereik kan word. Herstel net die oorsponklike vyfjaar-stemreg, het hy altyd gesê, dan sal daar vir die republiek geen gevaar wees nie. Kruger het koppig voet by stuk gehou. En noudat ‘n oorlog onafwendbaar is, frustreer die vertragings Joubert geweldig. “Ek was nog nooit … in my lewe so vasgekeer nie,” kabel hy na Pretoria, “…weet niks van die Vrystaat nie.(31)
(31M)outon 230 haarl Joubert se telegramboek in KG 346 aan
As Joubert die skuld vir die beëindiging van die onderhandelinge op Kruger pak, moet hy homself blameer vir die feitlike ineenstorting van die mobilisasie-reëlings. Baie van die manne het geen tente of selfs reënjasse om hulle teen die reën te beskerm nie; die muile, deur oneerlike kontrakteurs verskaf, kan skaars orent bly; die wawiele begin nou al breek.(32) Die 15 000 Transvaalse burgers op die ampsrol – van wie slegs 9 000 tot dusver opgedaag het – moet maar klaarkom so goed hulle kan.(33)
(32)Ibid
(33)Reitz-Leyds 9 Okt 1899 W. Leyds Correspondentie Tweede Verzameling I, 42-3. Breyt I, 158-62 haal KG 253 aan
Een verantwoordelikheid bly Joubert in elk geval gespaar: hy hoef die burgers nie te beheer nie. Afgesien van die Artilleriekorps, 800 man in grys uniforms, is hulle ‘n volksleër, nolens volens opgeroep. As beroepsoldaat moet die kommandant-generaal hulle van die nodige krygsmateriaal voorsien – Creusot- en Krupp-kanonne, Mausers, ammunisie, tente, kos en.s.m. – en die strategie koördineer.
Hul verkose leiers in die burgerlike leër word tot kommandante bevorder – d.w.s. hulle word aangestel om die 500 tot 2 000 burgers in elke kommando op die slagveld te lei. In hierdie kommandostelsel is dit niemand se taak om die burgers af te rig nie. Afgesien van die jaarlikse wapenskou en skietoefening word dit aan die manne oorgelaat om te veg soos hulle nog altyd geveg het – met die taktiek van die berede grensboer.
As die vyandelike oormag te groot is, lok hulle ‘n vyandelike aanval uit, spring van die perd af, skrup weg en skiet, klim weer op en jaag weg. In die militêre handboeke van Europa straan dié formule bekend as “strategiese offensief, taktiese defensief”. Die Boere het nog nooit die handboeke gesien nie, maar die taktiek het in talle oorloë teen die swartes uitstekend gewerk – en in 1881 by Laingsnek ook teen die Engelse. Hulle het laas in 1848 ‘n slag verloor, toe Sir Harry Smith genl. Pretorius by Boomplaas kafgeloop het.(34)
(34)Breyt I, 31-106. Hillegas With the Boers passim. TH II, 53-97
Teen 10 Oktober is die Boereleër al heelwat ordeliker, en Joubert besluit tot ‘n ongewone plegtigheid: ‘n militêre parade. Dit is Kruger se verjaardag. Die burgers klim op hul perde en neem in seksies stelling in. Vir ‘n lid van die Pretoriase kommando – Deneys Reitz, 17-jarige seun van Kruger se Staatsekretaris – is dit ‘n “manjifieke” skouspel.(35) En inderdaad is Joubert, wat daar op sy perd sit, in bevel van waarskynlik die grootste groep berede skutters wat nog ooit in Afrika byeengebring is.(36)
(35)Reitz Commando 22-3
(36)Ibid
Anderkant die breë Sandspruit-vallei lê die dorpie Vollksrust met sy sinkdakke en bloekombone, soos so baie ander plattelandse dorpe. ‘n Paar myl anderkant Volksrust is die newelrige Natalse koppies: Laingsnek en Majuba. Hoe goed ken Joubert nie daardie wêreld nie! Hy het die Transvaalse magte 18 jaar tevore hier teen genl. Colley aangevoer. Sy oorwinning teen 400 rooibaadjies het om die wêreld weerklink.(37) Kan hy vandag dieselfde verwag teen ‘n leër wat veertig maal sterker is?
(37)Lehmann First Boer War 223-305. Kol. G.F.R. Henderson se konsep van OH, Universiteit van die Witwatersrand, Cullen-biblioteek 99/A320
Die stratiege plan waartoe Kruger met Steyn ooreengekom het – die plan wat Joubert moet uitvoer – is ‘n verwaterde vorm van Smuts se plan. Dit dra ook die duidelike stempel van Kruger se aard: dit is kru en waagmoedig.
Vroeg in September, toe Smuts die blitsaanval voorgestel het, was daar maar drie klein Britse militêre kontingente naby die republieke; 500 man van kol. Baden-Powell se ongereelde troepe by Mafeking in die noordelike Kaapkolonie, 500 beroepsoldate in Kimberley, en die 2 000 man van die garnisoene onder genl. Sir Penn Symons op Ladysmith en Dundee, in Natal se noordelike uitloper.
Daar is nou ongeveer 13 000 Britse troepe naby die grens. Nietemin het Kruger en Steyn besluit om toe te slaan met twee derdes van al die troepe wat tot dusver op hierdie drie punte gemobiliseer is – 21 000 man uit 35 000 (sien die kaarte op pp. 6-7 en 127 van betrokke boek).
Die twee Presidente het ongeveer 21 000 man Natal toe gestuur – 15 000 Transvalers en 6 000 Vrystaters, in vier groepe verdeel en in ‘n sekelmaanformasie opgestel. In die suidweste is 6 000 Vrystaters. Die Johannesburgse en die Duitse kommando onder aanvoering van genl. Johannes Kock, vorm die westelike horing in die Drakensberg. Elfduisend man van die Pretoriase e.a. kommando’s is in die middel by Joubert. Die 2 000 man van die Wakkerstromese e.a. kommando’s onder genl. Lucas Meyer (‘n Progressiewe bondgenoot van Joubert) lê by Vryheid na die ooste. Hierdie sekelmaanformasie is daarop gemik om die vooruitgeskowe Britse stellings by Ladysmith en Dundee vas te keer – tensy hulle betyds terugval.
Samewerking met die 15 000 Vrystaters is vir albei Kruger se offensiewe noodsaaklik. Vrystaatse kommando’s moet Mafeking (en later Kimberley) uit die suide afsluit, net soos die 6 000 van die Drakensberg by Kock se magte moet aansluit om sodoende die westelike horing van Joubert se aanval op Natal te vorm.(38)
(38)Breyt I, 146-62. Vgl. OH II, 121. Vir oorsprong van plan sien Kruger-Steyn 27 Sep 1899, Mil 60/38a
Dit is Kruger se gewaagde plan. Die Natalse gedeelte van die plan het Joubert nie gerusgestel nie. Hy weet dat Symons se magte by Ladysmith en Dundee van 2 000 tot 12 000 aangegroei het. Eers was hy bang dat die Engelse die ZAR sou binneval voor sy eie kommando’s kan stelling inneem. Daar is berigte dat Symons ‘n pantsertrein berei het wat strooptogte tot diep in Transvaal kan uitvoer.(39)
(39)Kretschmar se dagboek Kb 62436-8. Sien ook spoorwegverslag in Kb 625/25
Verder worder hy ook of die Laingsnek-spoorwegtonnel nie vol plofstowwe is nie. Hoe kan hy seker wees dat Symons hom nie êrens lê en inwag nie? Maar September het veilig verbygegaan. Selfs Joubert voel dit is tyd om op te ruk.(40)
(40)Mouton 321 haal aan uit Joubert se telegramboek KG 346. Breyt I, 166-7. Trichard 114-19
Dit is nou 3 nm. op 10 Oktober, die dag van die militêre parade ter ere van Kruger se verjaardag. Kommando ná kommando defileer verby die kommandant-generaal: beesboere uit Middelburg se bosveld; klerke en prokureurs uit Pretoria; duisend Nederlandse en Duitse Uitlanders van die Rand; honderd Ierse Uilanders, wie se adjunk, ene maj. John MacBride, ‘n naam dra wat eendag in Ierland beroemd sal wees.
Al die burgers is te perd, hoewel enkeles (veral die Ierse myners) lyk asof hulle nie lank op die perd se rug gaan bly nie. Elke man wat by Joubert verbykom, wuif met sy hoed of geweer, soos die gees hom lei. Daarna drom die kommando’s saam en galop juigend by die droë grashelling op waar Joubert onde r’n geborduurde banier op sy perd sit.
Hy staan in die stiebeuels op om hulle toe te spreek, maar sy stem gaan in die mensemassa verlore.(41) Miskien wys hy oor die vallei na Majuba. Daar lê Natal – Natal, wat van die Voortrekkers gesteel is. Natal, die beloofde land, wat nou weer binne hul bereik lê.(42)
(41)Reitz 23
(42)Volksstem 21 Okt 1899. Mouton 234
Terwyl hy praat, bereik die berig dat Kruger uiteindelik die ultimatum afgelewer het, Sandspruit. Deneys Reitz sien hoe die manne se geledere ril soos die bodskap van man tot man aangestuur word. Daar is geweldige opwinding. Burgers staan in hul stiebeuels orent en skree hulself hees. Joubert en sy gevolg moet feitlik hul pad deur die skare terugveg. In die laers word daar tot dagbreek gersing en gejubel.(43)
(43)Reitz 23
In die vroeë oggendure van 12 Oktober breek die Boere kamp en Joubert se kolonnes begin vooruit beweeg – “’n onheilspellende openingstoneel tot die groot drama”, soos Leo Amery dit sou beskryf. “’n eindelose optog van swyende newelagtige gedaantes, ruiters, artillerie en waens beweeg in die donker, koue nag ál langs die kronkelpad na die plek waar Majuba se swart skouer teen die gryser lug opdoem.”(44)
(44)TH II, 142
Aan die ander kant van die Natalse front bejeën die Britse generaal, Sir George White, sy eie militêre voorbereidings met nog meer bedenkinge as Joubert.(45)
(45)Sien nota 110, vorige hoofstuk
White het op 7 Oktober in Durban geland en veertien dae later was Symons voortvarend genoeg om die Natalse veldmag te verdeel en ‘n brigade uit Ladysmith na Dundee te verplaas. Dit het die posisie van White se 10 000 man, wat reeds teen ‘n getalsoorwig van twee (die gesamentlike Vrystaatse en Transvaalse leërs) te staan sal kom, ernstig verswak.
Twee dae lank neem die ontskeping van die laaste versterkings in Durban al White se gedagtes in beslag. Anders as Joubert se chaotiese mobiliasie, vorder die Britse ontskeping so glad soos ‘n masjien. ‘n Stroom songebruinde veterane uit Indië stroom by die loopplanke van die skepe af en word dan met die kronkelende spoorweg na Ladysmith gestuur, vyf treine vir elkle regiment.(46) Op 9 Oktober is White reg vir Symons, wat hom tegemoet gekom het.
(46)SJ 7-9 Okt 1899. Rawlinson se dagboek 7-11 Okt 1899 Rawl 7-1. Hely-Hutchinson-Ca 7 Okt 1899, DK 179/206
Een deurslaggewende strategiese vraag bly oor (dit is Milner se derde vraag). Hoe ver noord moet die Britse magte gestasioneer wees? In die ruwe noordelike driehoek by Dundee en Ladysmith? Of suid van die driehoek, by Estcourt, in die gelyk vlaktes anderkant die Tugela? White ken Buller se waarskuwing. Niks noord van die Tugela nie.
Een van White se bekwaamste stafoffisiere, kol. Rawlinson, herhaal die waarskuwing:
“Daar word gemeen dat die Boere altesame sowat 15 000 tot 20 000 man op die grens het. Ons het tans hoogstens 10 000 (2 000 is nog op see). Maar hulle is verdeel. Die helfte is by Glencoe (Dundee) en die helfte by Ladysmith, en albei hierdie groepe is te ver vorentoe om die kolonie effektief te verdedig. (Die) enigste ding is om die lyn van die Tugelarivier te hou en uit Glencoe en Ladysmith terug te val. Die situasie … wat ons gaan inneem, is uit ‘n militêre oogpunt volkome vals en … kan tot ‘n ramp lei aangesien dit hoegenaamd geen flanke het nie. Die Boere kan by enige van die plekke verbytrek en dit vermy as hulle wil of dit omsingel en tydsaam uitwis. As ek in sir George White se skoene was, sou ek daarop aandring om na die Tugela terug te val of my bevel op te sê …maar, en dis die hoofsaak, ek is nie in bevel nie.”(47)
(47)Rawlinson se dagboek tap
Niks noord van die Tugela nie. Symons sien geen rede om ontsteld te raak nie. “Symons loop oor van vertroue,” voeg Rawlinson by. “Hulle praat asof die oorlog verby is, noudat ‘n brigade uit Indië kom, en sê ‘n Britse brigade kan vyf maal soveel Boere aandurf, wat suiwer twak is.”(48)
(48)Die volgende dag, 10 Oktober, gaan White die Goewerneur van Natal in Pietermaritzburg spreek: hy is geskok om te vind dat dié om streng politieke redes met Symons saamstem.
(48)Ibid
Sir Walter Hely-Hutchinson, die Goewerneur, beweer dat dit die lojaliste in Natal sal “vies maak” as die Britse magte uit Dundee terugtrek. Die veglugtigste van hulle is nie Natallers nie, maar Uitlander-vlugtelinge van Johannesburg.(49)
(49)Nota oor onderhoud, Kb 44/26
Op Milner se wenk is hulle in twee van hul eie ruiterkorpse opgeneem – 1 500 man sterk: die Imperial Light Horse en (in Kaapstad) die South African Light |Horse. Oppervlakkig gesien is hierdie korpse soortgelyk aan ander ongereelde korpse wat in dié tyd in Suid-Afrika saamgestel word. In werklikheid is hulle ‘n volwaardige Uitlander-leër, uiteindelik 20 000 sterk, grotendeels gefinansier deur Wernher-Beit, en o.l.v. presies dieselfde manne – Woolls-Sampson, “Karri” Davies e.a. – wat sedert die Jameson-inval die Uitlanders se politieke leliers was.(50)
(50)Maurice se ongeppub. Konsep-hoofstuk vir OJ I, in PV
Hulle het hul eie opvattinge van sowel strateie as diplomasie, en Hely-Hutchinson sien niekans om hulle in die weg te staan nie. Daarby is Hely-Hutchinson bang dat ‘n terugval uit Dundee ‘n Afrikaneropstand in Natal kan presipiteer. ‘n Groot deel van daardie noordelike Natalse driehoek word bewoon deur nasate van die Voortrekkers. Ten derde waarsku White dat dit moontlik ‘n ongewenste uitwerking op die 75 000 Zoeloes in Noordoos-Natal kan hê as dieEngelse uit Dundee terugval.(51)
(51)Kb 44/26
Vir Sir George, soos Symons in die Indiese leër opgelei, waar politieke oorwegings altyd van groot belang is, is hierdie verwysing na die inboorlinggevaar deurslaggewernd. Hy kan daardie vloedgolf Zoeloes reeds op die blanke bevolking sien neerdaal. Nee, dan liewer ‘n nederlaag aan die hand van die Boere. Daardie aand stem hy in om Symons die kamp by Dundee te laat behou, teen al sy eie militêre instink(52) – en gesonde verstand. ‘n Nederlaag by Dundee sal nog ernstiger politieke reperkussies hê as om terug te val.
(52)White se get RCSAW III, 144
In Dundee self is die moreel van die klein garnisoen uitstekend. Hy kan tekortkominge as strateeg hê, maar Sir Penn is ‘ n gewilde kommandeur.(53) Agteraf beken hy sy teleurstelling drie van die infanterie-bataljons wat die Departement van Oorlog aan hom gestuur het: hulle is ‘n “dom en agterlike” spul; dit lyk asof hulle “al jare lank nie behoorlik gemaak werk is nie”. Die bergbattery stem hom ook neerslagtig: die Kaapse Kleurling-drywers kan nie kers vashou by “ons Pandjabi-drywers” nie.(54)
(53)Lit Crum memoir 16 Aug 1899, Cru I/11
(54)Symons-White 29 Jul 1899, Whi 52
Maar sy mag begin rekom. Hy het parades vir die manne gereël, polo vir die offisiere, velddae vir almal. Party van die offisiere is verstom in hoe ‘n mate Symons op outydse geslote geledere staatmaak. Symons steun hom nie daaraan nie. Eers die veldgeskut. Hulle galop nader, haak die diere af en vuur ‘n dosyn loskruitkoeëls wat die lug vol swart rook maak. Daarna die aanval.
(“In vier golwe, dig opmekaar à la Gravelotte”, skryf een van Symons se berede infanteriste. “Hy moet mal wees.”) Die infanterie storm vooruit, skiet volgens nommers salvo’s af, steek telkens vas wanneer die fluitjie blaas. Eindelik die Husare. Hulle storm na die plek waar die skeidsregter met sy rooi vlag staan en klief die lug met hul swaarde.(55)
(55)Luit. Crum memoir 29 Jun, 2, 9 Aug 1899, Cru
Op Woensdag 11 Oktober verneem die garnisoen by Dundee dat Kruger se ultimatum verval het. In die dorp self is daar gerugte dat die eerste skote gevuur is. Maar in Penn Symons se kamp, ‘n paar honderd tree wes van die dorp, onder die groot skouer van die Impati-berg, gaan die lewe sy normale gang. Afgesien van ‘n donderstorm wat dreig om die buiteposte weg te spoel, word die kamplewe deur niks versteur nie.(56) Die senior offisiere se dames bly aan hul mans se sy;(57) daar is gaste-aande in die garnisoen aan.
(56)Luit. Max Trench se dagboek 13-19 Okt 1899, Tren
(57)Ibid. Vgl. maj. G. Bird se dagboek 14 Okt 1899, Bird
Het hulle die storie gehoor van die jong dame wat Kruger in September gaan spreek het? “Wel, meneer die President,” vra sy, “gaan daar ‘n oorlog wees of nie?” “Juffrou, ek sal u sê. Die ZAR is ‘n baie mooi meisie. Engeland is haar vryer. Die vryer is nou al verskeie kere afgesê. Nou gaan hy haar doodmaak.”(58)
(58)Symons-White 2 Sep 1899, Whi 52
In die menasie van die 60th Rifles dra die offisiere hul formele uniforms; skarlaken en groen. Ondanks die donderstorm raak Dundee se watervoorraad laag. En tog, soos jong lt. Charles Trench daardie aand in sy dagboek skryf: Daar is geen tekort aan “sodawater en whisky” nie.(59) Dit is ‘n gesellige aand.
(59)Luit. Trench se dagboek 16 Okt 1899, Tren
Party mense sê hulle gaan Kersfees in Pretoria vier.(60) “Dit gaan nog ‘n Omdurman-piekniek wees, met stilhouplekke in Bloemfontein en Johannesburg,” skryf lt. Maurice Crum op die dag ná die ultimatum uitgereik is.(61)
(60)Luit. Kentish 12 Okt 1899, Kent
(61)Luit. Crum 12 Okt 1899, Cru
Buite die menasietent gloie die reuse-pieke van die Drakensberg daardie aand teen sononder soos die pieke van die Himalaja wat ‘ n mens van Simla kan sien. Hoe goed ken Symons daardie Indiese heuwelwêreld! Hier, in Natal, is hy net vir een ding bang: dat hy dalk die “rel” kan misloop. Volgens sy inligtingsoffisier bestaan Joubert se leër by Sandspruit uit 10 000 man, met 24 kanonne.(62)
(62)White-L 10 Okt 1899, Whi 56A
En tog dink symons nog steeds dat Dundee te ver suid is om die Boere aan te val. Laingsnek en Majuba sou ‘n beter plek gewees het. “Ek wens elke kommando in die ZAR is in daardie bondel,” deel hy een van White se staf mee. “Dit kan ek die hele klomp gelyk wegvee.”(63)
(63)V. Sampson en I. Hamilton Anti-Commando 94
— — —
Die teks van die ultimatum is op Dinsdag 10 Oktober met hoon, vreugde, ontsteltenis – en ongeërgdheid – in Londen ontvang.
Hoon is gekenmerk van die hoofartikels in Woensdag se koerante. “Belaglik”, “Grootpratery”, “Buitensporige klug”. “’n Mens weet nie of jy moet lag of huil nie,” verkondig die Daily Telegraph. Die Times noem die ultimatum ‘n “sot daad” deur hierdie “ou republiekie”. Die Globe praat van ‘n “onbenullige staatjie” en sy “vermetele burgers”. Die meeste van die hoofartikels sê min of meer dieselfde as die Telegrap.
“Op hierdie groteske uitdaging kan daar natuurlik net een antwoord wees … Meneer Kruger het oorlog gevra en hy sal oorlog kry.” (Onder sy vriende gee Moberly Bell, bestuurder van die Times, voor om hom dood te lag. “Die ultimatum is in ellke opsig voortreflik. ‘n Ampsdokument is selde sowel buitengewoon amusant as nuttig, maar hierdie een is albei.”)(64)
(64)Times, Daily Telegraph, Globe 10 Okt 1899. Moberley Bell-L.S. Amery 13 Okt 1899 Times
Die eerste gerugte van die ultimatum het die Londense publiek Dinsdagmiddag laat bereik. Oor die algemeen veroorsaak die nuus by die publiek weinig emosie of selfs spanning. Woensdag se Times berig dat Brittanje “teen teetyd” in ‘n oorlog teen die republieke betrokke sal wees. Die frase slaan in: dit gaan die teetyd-oorlog wees.
Dit is die week van die Newmarket-perdewedrenne en die hoofwedren, die Cesarewitch, stem toevallig ooreen met die oomblik – 3.10 nm. Greenwich-tyd – toe die ultimatum verstryk. Niemand sou dit van die gedrag van die skares kon afgelei het nie. Die toeskouers, onder wie die Prins van Wallis en die Hertoë van Cambridge en Devonshire, sien Scintillant net voor Ercildoune by die wenpaal kom.
Die weer is nog volmaak. Oktober het ‘n Indiese somer gebring. Daardie Saterdag stroom die arbeidersklas na die sokkerveld om Aston Villa in die erste rondte van die FA-beker teen Tottenham Hotspur te sien speel. In die strate van Londen – sowel in Mayfair as in Whitehall – is daar opvallend min mense op straat.
Die Londen wat saak maak, bring die naweek in die groot landelike verblywe deur, die Parlement hou nog vakansie. Die gladde oppverlak van die laat-Victoriaanse lewe kan nie deur oorlog versteur word nie – in elk geval nie ‘n teetyd-oorlog, ‘n oorlog in ‘n teekoppie nie.(65)
(65)(Londense) Times 7, 9-10 Okt 1899
Dit is in die kronkelende gange van Pall Mall dat die ultimatum die Dinsdag die grootste woelinge veroorsaak. Die reaksies getuig van verbasing – maar ook blydskap. “Aanvaar my felisitasies,” krabbel Lansdowne aan Chamberlain. “Ek dink nie Kruger kon u kaarte beter gespeel het as wat hy het nie.”(66)
(66)L-C 10 Okt 1899, Cham JC 5/51/89
In September was die oorweldigende vrees in die Departement van Oorlog dat die Boere Natal kan probeer binneval voor die Indiese kontingent gereed is om dit te verdedig. Teen die eerste helfte van Oktober het die meeste van die “Indiërs” aangekom. Onmiddellik word die Departement se angs omgekeer.
Sê nou Kruger probeer hulle nou deur verdere politieke maneuvers ‘n militêre sege ontsê? En sê nou die Vrystaat bly neutraal? Die Britse invalstragegie hang af van die vermoë van Buller se invalsmag om die maklikste roete te volg – oor die Vrystaatse vlaktes, nie oor die berge van Natal nie. Maar anders as by die ZAR is daar geen manier om die Vrystaat in ‘n oorlog teen Engeland te dwing nie. Balfour het vroeg in Oktober sy vrees beken dat die Vrystaat se neutraliteit die “Achilles-hill” van die hele ekspedisie kan blyk te wees.(67)
(67)Balfour-C 2 Okt 1899, Cham JC 5/5/Notule van Buller 24, 25, 28 Sep 1899, RCSAW I, 270-1
Maar nou word hierdie probleem met een slag deur die Transvaalse ultimatum opgelos, wat op ‘n gesamentlike oorlogsverklalring deur albei republieke neerkom. Dit is waarom Lansdowne Chamberlain daardie oggend meedeel: “My soldate is in ekstrase.”(68)
(68)Sien nota 66
By Wolseley is die ekstase enigsins gedemp. Hy lek nog steeds sy wonde ná die stryd van drie m aande om klein Lansdowne te oorreed om die Natalse versterkings en die Leërkorps te stuur. Die ekstra maand se vertraging in die bestel van die transport is vir hom ‘n bitter pil. Die prys van dekadelange suinigheid is op al hul militêre voorbereidings gestempel. Hulle het ‘n tekort aan lewensbelangrike wapens – veral grofgeskut – en aan berede troepe van alle soorte. Tog moet Wolseley toegee dat die werklike mobilisasie seepglad verloor.(69)
(69)RCSAW I, 84-96. En Stop se get RCSAW II, Q951
Dit is ‘n triomf vir die stelsel waarvoor Wolseley hom lewenslank bearbei het. Hoe het mense soos Roberts die kortdiens-weermag, die geskakelde territoriale bataljons en die weermagreserwe nie bespot nie! En tog, toe die oproep kom, het die 25 000 reserviste van die 1ste Leërkorps moedig gereageer. In party bataljons het 97 persent van die manne hulle by die depots aangemeld – skeepswerkers uit Tyneside, skroewemakers uit Brimingham, plaaswerkers uit Essex.
Op Saterdag staan die eerste garde van hierdie leërkorps gereed om te vertrek: sir Redvers Buller reis op die Dunnottar Castle. Die grootste gedeelte van die 47 000 man sal volg in ‘n vloot nie-militêre lynbote wat deur die Admiraliteit gehuur word.(70)
(70)RCSAW I, 37 teken aan dat slegs 20 000 reserviste paraat is. Times 9-14 Okt 1899, OH I, 101
Wolseley verwag maar ‘n klein oorloggie. En tog is die leër wat Brittanjenou reeds besluit het om uit te stuur, die grootste ekspedisionêre mag in byna ‘ n eeu – groter as Roberts se Afgaanse ekspedisie in 1878 (die vorige geleentheid toe die reserviste gemobiliseer is) of Wolseley se Egiptiese ekspedisie van 1881, selfs groter as Raglan se ekspedisie na die Krim in 1854.
— — —
In Princes Gardens, Chamberlain se gerieflike Londense huis, het die baas van die huishouding die nuus die eerste ontvang. Hy is daaraan gewoond om laat te gaan slaap en laat op te staan. Op daardie Dinsdagoggend het ‘n bode van die Bevelvoerende Offisier hom om kwart oor ses gewek. Nou lees hy die lang kodekabel en sit toe verras regop, so meld sy biograaf. “Hulle het dit reggekry!” roep hy uit. Nie alleen het Kruger se uitdagend eultimatum die strategiese probleme opgelos nie. Al die stukkies van die politieke legkaart lyk asof hulle skielik inmekaar pas.(71)
(71)Garvin III, 471-2
Kruger se ultimatum het die grond onder die voete van die anti-imperialistiese Liberale o.l.v. Sir William Harcourt weggespel. Die terme van die ultimatum kom neer op ‘n onafhanklikheidsverklaring en ‘n eensydige herroeping van die konvensies ingevolge waarvan Gladstone ná Majuba ‘n skikking probeer reël het.
In die openbaan hou Harcourt, Leonard Courtney en hul radikale vriende vol dat Chamberlain die oorlog uitgelok het. In werklikheid het die nuus hulle ontstel. “Wat ‘n oomblik om ‘n toespraak te lewer,” skryf Courney se vrou ná ‘n ellendige reis na sy kiesafdeling is Liskeard. Sy pleidooi vir die Boere is met “krete van verontwaardiging oor Boere-astrantheid” begroet.
(72)Gooch Courtney 381-2. Gardiner Harcourt II, 508-12
Chamberlain was nog nooit te erg bekommerd oor Courtney en daardie ander spoke uit sy Gladstoniaanse verlede nie. Dit is die Liberale van die sentrum, onder Sir Henry Campbell-Bannerman, wat die deurslaggewende rol speel in sy pogings om ‘n werklike verdeling in die Laerhuis te vermy. Die vorige week het Campbell-Bannerman ‘n Liberale vergadering in Maidstone meegedeel dat die vraag “waarvoor gaan ons veg?” onbeantwoord is.(73)
(73)J. Wilson CB 311
Dit was ‘n “klenlike toespraak deur ‘n kleinlike mens”, was Chamberlain se kommentaar. Hy het bygevoeg dat die liberale erg verdeeld is, maar dat “die land duidelik aan ons kant staan”.(74) Nietemin het Chamberlain tot die laaste oomblik sy vermoë betwyfel om ‘n verenigde volk tot die oorlog te laat toetree.
(74)C-Hicks-Beach 7 Okt 1899, Cham JC 10/4/2/53
Voor Kruger se ultimatum was Chamberlain se belangrikste politieke probleem die volgende: om die Leërkorps uit te stuur, sou die Kabinet die Parlement nog £10 miljoen moes vra. ‘n Sitting is dus vir 17 Oktober belê. Chamberlain sou teen daardie tyd ‘n politiek oortuigende antwoord moes k on bied op Campbell-Bannerman se oorweldigende vraag: waarom gaan Brittanje veg?
Is dit om die Britse oppergesag te herwin deur Brittanje se status as die belangrikste moontheid in Suid-Afrika te bevestig? Vir baie Liberale, met inbegrip van Liberale van die sentrum, is praatjies van Britse oppergesag ongelukkig ‘n te maklike dekmantel vir wat hulle as ‘n aggressiewe imperialisme beskou –(75) en, van sy kant af, het Balfour Chamberlain herinner aan die gevaar dat dit kan lyk asof hy met die Boere skoor soek.(76)
(75)Sien J. Wilson 314
(76)Balfour-C 2 Okt 1899, Bal 49773/173-6
Was dit dan om gelyke regte vir alle blanke mans in die ZAR ate herbevestig (en selfs ‘n paar basiese regte vir sekere swartmans te verkry)? Ongelukkig is die Uitlanders in Brittanje allesbehalwe gewild – ondanks Fitzpatrick, Wernher en Beit se pogings om hul beeld te vereter. Soos Chamberlain self toegegee het, “die hele affêre ruik te veel na geld.”.(77)
(77)C-M 6 Des 1899, Mil 17 (SA 31)
Lord Salisbury het hom daardie einste week daaraan herinner dat die enigste skreef in hul politieke harnas is dat hulle “vir die kapitaliste werk”.(78)
(78)Salisbury-C (kodetel) 9 Okt 1899, Cham JC 5/67/124
Vandaar dat Salisbury self gehoop het om die stemregkwessie te onderbeklemtoon en met die ZAR “te breek” oor hul weiering om ‘n gewysige Konvensie te aanvaar.(79) Elke casus belli had ernstige politieke tekortkominge en tog sou hulle deel van enige moontlike Britse ultimatum moes vorm, en in die Parlement gedebatteer word.
(79)Ibid
Die gedagte aan die slegte geur wat aan sy eie u ltimatum sou kleef, het daardie hele week by Chamberlain gespook.(80) Die ultimatum sou in werklikheid die volgende dag, 11 Oktober, uitgereik word en die Kabinet het uiteindelik oor die voorwaardes – strawwe voorwaardes – ooreengekom. Chamberlain het aanvaar dat die Boere dit sou verwerp. Die bedoeling van die ultimatum was slegs om die oorlog in die oë van die Britte en die wêreld te regverdig.
(80)C-Balfour 3 Okt 1899, Bal 49773/177-8. C-Hicks-Beach 2 Okt 1899 aangehaal Marais 322
Brittanje se basiese eis het gebly: gee die Uitlanders volle gelykheid. Maar nou sou hulle ‘n eenjaar-stemreg en ewerdige verteenwoordiging in die Vollksraad hê. Dit sou met mening “volle gelykheid” wees. Want as die Britse Uitlanders in die meerderheid is, soos almal aanvaar, sou hulle spoedig politieke beheer oor die ZAR verkry. Daar sou ook ‘n nuwe “Great Deal” vir die oppermoondheid te beveilig en het daarop aangedring dat die ZAR gedeeltelik ontwapen.
Ten slotte moes daar voorkeurbehandeling (“most favoured nation treatment”) – in elk geval ‘n einde aan politieke vervolging – vir die Kaapse Kleurlinge, Indiërs, swartes uit die kolonies e.a. nie-blanke Britse onderdane wees.
Indien die eise aanvaar word, sou die Britse Regering gou genoeg gewillig wees om die republiek se onafhanklikheid te waarborg en dit te bevelig teen alle “uit einige deel van die Britse dominiums of uit die gebied van enige ander staat”.(81)
(81)Drus Documents 182-6. Garvin III, 463-4. Wilde 144-5
Ná hierdie skerp ultimatum opgestel was, het Chamberlain sy kop feitlik gebreek om maniere te vind om die dit nie te stuur nie. Miskien sou die Boere tot die eerste aanslag uitgetart kon word deur genl. Symons se mag tot aan die Natalse grens by Majuba en Laingsnek te stuur. Chamberlain het hierdie voorstel in September en vroeg Oktober aan die Departement van Oorlog voorgelê.(82) Nie alleen Wolseley en Buller het dit teengestaan nie, maar (verbasend) ook Milner.(83)
(82)L-C 15 Sept, C-L 7 Okt 1899, Cham JC 5/51/82, 88
(83)RCSAW I, 270-5
Vir Chamberlain lyk dit snaaks dat Milner ná sy vroeëre voortvarendheid en in die lig van sy oortuiging, daardie hele somer uitgespreek, dat Kruger “tot by die kanon se bek sal bluf”, so versigtig moes wees. In werklikheid het Milner sy argumente dadelik omgekeer toe hy eers sien dat die Britse Kabinet hom verplig het om troepe uit te stuur.
Chamberlain het getru gebly aan Milner se vroeëre mening dat die Boere geen werklike bedreiging vir die Britse Weermag bied nie. “Ek vrees hy (Milner) het bang geword,” deel hy Hicks Beach mee. Al die praatjies van die Boere se militêre mag is alarmisme van Milner, Wolseley en Buller.(84)
(84)C-Hicks-Beach 7 Okt 1899, Cham JC 10/4/2/53
“Hulle het dit reggekry!” het Chamberalin daardie Dinsdagmiddag uitgeroep. Kruger het sy roekelose ultimatum gestuur, en al Chamberlain se bekommernisse is vergete. Sy eie ultimatum sal in die lêers van die Departemen van Kolonies toegesluit bly.
Hoe het die Here die Boere nie in sy hand gegee nie! Want dit sal die Britse Regering nou vry staan, wanneer daar vrede is, om nog strawwer eise te stel as hulle wil. Bowendien het Kruger hom die ding gegee wat hy die graagste wou hê, die volmaakte motief vir oorlog: inval deur die vyand.(85)
(85)C-Hicks-Beach 29 Sep 1899, Drus Documents 188
Op Saterdag, 14 Oktober, vergader ‘n reusagtige, uitbundige patriotiese skare in die dokke van Southampton om genl. Sir Redvers Buller Gods seën op sy reis na Suid-Afrika toe te wens. Mense hurk op hdie dakke van treinwaens, ander het soos ‘n swerm voëls in die latwerk van ‘n hawe-hyskraan gaan sit; ‘n rolprentkamera van die Biograph Company lê die tonele vas.
Die hele dag gaan indrukwekkende passasiers en hul ewe indrukwekkende bagasie aan boord: hooggeplaaste militêre en oorlogskorrespondente (soos die jong Winston Churchill, seun van die ongelukkige Lord Randolph); swart bliktrommels en swaardskedes van leer; die generaal se twee strydrosse (Ironmonger en Biffin); polostokke; selfs ‘n fiets.
Toe, stipetelik om 4 nm., stoom die Generaal se spesiale trein by die kaai op. ‘n Oomblik later stap die Generaal self, geklee in ‘n lang donker oorjas en ‘n vilthoed, energiek by die loopplank van die Dunnottar Castle op.
Buller is nie ‘n vollksheld soos Wolseley of Roberts nie – in elk geval nog nie. Vroeër in die dag het die skares op Waterloo-stasie die lang, fris geboude figuur in burgerdrag, die rooi gesig met die bulhond-ken en die bossie viooltjies uit Devonshire in sy knoopsgat, nie eern herken nie. Hier in Southampton groet mense hom asof hulle hom al lewenslank ken. Dit is, soos een van die koerante berig, soos die tuiskoms van ‘n seëvierende generaal.
Bo-aan die skip se loopplank steek Buller ‘n enigsins barse bedankingstoesprake af. Hy hoop hy “sal nie lank wegbly nie”. Dit is al wat hy te sê het. Die skare begin “Rule Britannia” sing en val toe weg met “For He’s a Jolly Good Fellow”.(86)
(86)Times, Daily News 16 Okt 1899
Hoeveel van hulle sou Buller se gevoelens op daardie oomblik kon geraai het? Dit is nie, soos Lord Lansdowne beweer het, dat hy ‘n tweede Sir William Butler – ‘n Boergesinde – is nie. Hy het die oorlog nou as onvermydelik aanvaar. Hy plaas die skuld daarvoor op die oorlogsugtige Hollandse kliek wat Kruger om hom vergaar het.(87)
(87)Buller-A. 13 Okt 1899, Herb
Toe die personeel van die Departement van Oorlog daardie oggend op die Waterloo-stasie van Buller kom afskeid neem het (met Buller letterlik kop en skouers bo Lansdowne en Wolseley), was dit byna asof duistere voorgevoelens hom feitlik oorweldig. Hy weet hoe dit voel om ‘n Kassandra te wees. Deur Julie en Augustus het hy die Departement van Oorlog keer op keer gewaarsku: “Moenie noord van die Tugela gaan nie.”(88)
(88)Buller-Sir A. Bigge 4 Jan 1900, Big
Soos gewoonlik het Lansdowne sy raad geïgnoreer. Nou het hy die jonste militêre kabels uit Suid-Afrika gesien. Hy was oorstelp. White het berig dat hy Symons toelaat om die garnisoen in Dundee te behou. Weer eens het Lansdowne White en Symons ondanks proteste van Buller gelyk gegee – en Buller is die man wat die prys gaan betaal as die ekspedisie rampe tegemoetgaan.(89)
(89)Buller se get RCSAW III, 170
Buller leun liggies op die reling van die Dunottar Castle se brug. Hy laat geen sweem van hierdie bittere gevoelens blyk nie. Hy i s 59, maar hy lyk fiks genoeg om 50 te wees: songebruin, met ‘n swaar moestas, uitgeknip die tradisionele Britse kryger.
Die skip se mishoring sketter en ‘n stortvloed hoera’s klink van die kaai af agterna. Iemand (volgens die Times Lady Audrey, Buller se vrou) begin “God Save the Queen” sing. Party van die aanwesiges sing plegtig saam. Ander skree opgewekte slagspreuke uit soos “Gee die Boere op hul baadjie!”, “Bring ‘n stukkie van Kruger se baard saam”, “Onthou Majuba!”
Sir Redvers staan op die navigasiebrug en waai sy vilthoed terwyl die Dunottar Castle stadig in die mis uitstoom. Een faktor laat dit lyk of hy algehele selfvertroue het. Hy probeer nie sy eie emosies wegsteek nie.(9)
(90)Sien nota 86
Duie korhoender-jag is oop, maar die Laerhuis word vir ‘n dringende sitting teruggeroep en bewilllig die volgende Dinsdag die £10miljoen wat vir Buller se Leërkrops nodig is. Chamberlain verdedig sy Suid-Afrikaanse beleid van A tot Z – of, noukeuriger, van die Jameson-inval tot die ultimatum. Hy praat drie uur lank.
Sy basiese tema is dat aggressiewe Republikanisme oorlog onvermydelik gemaak het. Afgesien van die manne van die Ierse Party stem met ‘n handjievol lede teen die Regering. Daar was ‘n tyd toe dit gelyk het asof Suid-Afrika Chamberlain se politieke begraafplaas sou word. Nou lyk dit asof dit hom die grootste triomf van sy loopbaan besorg het.(91)
(91)Hansard 19 Okt 1899 kols 254 e.v. Garvin III, 481-9
—oOo—