Die Ontmoeting
Oor die Tugela, 27 Februarie – 15 Maart 1900
“Maar nou ja, selfs sondaars mag soms ontspan en ek moet beken dit was lekker om hier in te kom. 15 dae se gevegte net net een terugslag en 72 uur sonder onderbreking was bepaald opwindend vir ‘n militêre man, en wat so lekker was, ek het die hele tyd gevoel ek het hulle dié keer en ek gaan wen.”
Sir Redvers Buller aan Sir Arthur Bigge, 15 Maart 1900
Hoofstuk-aanhef Buller-Bigge 15 Mrt 1900, Big
.— — —
Hoofstuk 30
Dit is 27 Februarie – Majuba-dag. ‘n Triomfantelike telegram van Roberts aan Buller waarin Cronjé se gevangeneming aangekondig word.(1) Nou die tweede deel van die kombinasieslot.
(1)R-L DO tel no 3494 SJ 27 Feb 1900. Buller SD I, 256 para 39
Maar hoe armsalig stadig vorder Buller nie. Dit is nou al vyf dae sedert sy brigade oor die pontobrug oos van Colenso gestap en hul pad noordoos langs die spoorweg tussen Botha se vestingwerke en die Tugela begin oopmoker het. Teen die aand van die 22ste het Wynne se Lancashire Brigade ‘n stewige houvas op die eerste paar groen heuwels – deur die Engelse genoem “Horse Shoe Hill” en “Wynne’s Hill” – uitgekap.
Die volgende dag het Hart se Irish Brigade ‘n prekêre vastrapplek op Hart’s Hill gekry, in ‘n deel van die kloof ‘n myl verder aan. Die Boere klou aan hul rye vestings vas. Anderkant Hart’s Hill is die laaste twee myl van die kloof na die groot vlakte van Ladysmith versper. Dit laat die Engelse aan Spioenkop en Vaalkrans dink. Lang, warm dae waarin uur ná uur hard geveg moet word.
Eindelik die swaar gekogte stelling op die skynbare kruin; dan, uit die oorverdowende lawaai en verwarring, een soliede, onweerlegbare feit: die werklike kruin is soos gewoonlik nog steeds in Boere-hande. En ‘n mens weet nie hoe jy dit het nie, maar daar is nooit genoeg beweegruimte om die Engelse se twee groot militêre voordele te benut nie: hul viervoudige getalsoorwig en hul tienvoudige artillerie-oorwig.(2)
(2)Atkins 309. Lyttelton-vrou 3 Mrt 1900, Lyt 556c. Buller SD I, 254-5 paras 21-31. OH II, 469-97. Vgl. TH III, 515-31
Die bloedigste les van dié soort is Hart’s Hill . Die Engelse val van oorkant die rivier aan, gesteun deur langafstandkanonne, wat egter te ver is om effektief te wees. Omtrent ‘n uur voor skemer op die 23ste sien John Atkins die dun bruin lyne van Hart se Ierse bataljons by die een rots en terras na die ander opklouter om die rant storm te loop.
Elke tand in die ruwe klip-loopgrawe op die kruin staan hard en swart in die skel aandlug uit – en van agter die tande kom die Boere te voorskyn.
“En toe volg daar die mees frenetiese geveg wat ek ooit gesien het. Die nag het dit gou uitgedoof, maar terwyl dit geduur het, was dit waansin, ‘n nagmerrie. Die koppe en elmboë van Boere wat op en neer wip; Boere wat mik, vuur, wegduik; en al die loopgrawe dans kranksinnig teen die lug. …”(3)
(3)Atkins 295
Van waar Atkins twee myl daarvandaan deur sy verkyker kyk, kan hy hom die waansin en die nagmerrie maar net verbeel. Lt. Henry Jourdain, in bevel van die Connaught Rangers se kompanie D, is in die middel daarvan. Sy relaas klop met wat ons uit ander bronne van die slag weet.
Hart se mislukking was, soos gewoonlik, die gevolg van ‘n topografie wat die Boere pas en die Engelse grofgeskut frustreer, maar ook van ongelukkige vertragings en van Hart se kenmerkende ongeduld.
“Hart is ‘n gevaarlike kranksinnige,” skryf Lyttelton,(4) en dié keer oordryf hy maar min. Hart speel nog steeds die rol waarin sy bynaam, genl. No-Bobs, hom plaas – hy weier om te koes wanneer granate oor sy kop trek en stel homself opsetlik aan geweervuur bloot terwyl hy op sy strydros ry.
(4)Lyttelton-vrou 3 Mrt 1900, Lyt 556b. Sien ook l uit. Crossman 14 Jan 1900, Cros. Jourdain Memories 99-101
Miskien imponeer dit sy manne. Wat hulle geensins imponeer nie, is dat hulle, soos by Colenso, in die Aldershot-orde moet marsjeer – in kolonnes van vier – terwyl die Boere se vuurlinie teen die rante duidelik sigbaar is.
‘n Enkele kanonkoeël plons op 16 manne van kompanie E neer. Modder en klippe spat op Jourdain, wie se kompanie net agter hulle beweeg. “Toe maar, Rangers, julle sal daaraan gewoond raak.” Hart beveel die manne om verder te marsjeer, met hul oë na vore. Sewe man bly vermink en sterwend aan weerskante van die pad lê.(5)
(5)Jourdain ibid
Jourdain se bataljon, die Connaughts, stap verbete agter die Inniskillings aan in die kloof wat na Hart’s Hill lei. Die Boerekoeëls suis. Jourdain ly aan disenterie, soos baie van die manne, en hy het die afgelope twee nagte nie geslaap nie. Die son bak genadeloos. Daar is eindelose vertragings.
Die veiligste koers lyk na ‘n kronkelpaadjie langs die Tugela, hoewel langafstand-Mauser-vuur die water laat sis en borrel. Hulle stap verby een plek waar ses dooie Inniskillings lê. Dikwels moet jy tot by jou knieë in die modder waad terwyl die wit gesigte van lyke jou aanstaar en die koeëls bo-oor jou kop verby suis.(6)
(6)Jourdain dagboek 23 Feb 1900, Jou. Jourdain Natal
‘n Ent verder moet hulle ‘n oorstroomde rivier met ‘n 60 voet lange spoorbrug oorsteek. Die Boere het hul visiere presies reg ingestel. Mauser-koeëls rammel teen die ysterbrug soos die gehamer van ‘n span klinkwerkers; pom-poms skiet onophoudelik.
Eindelik bereik Jourdain se kompanie ‘n beskutte holte onder die koppie waar hulle ‘n verlate Boerelaer vind. Hier hang die sank van dooie perde en muile wat deur die Engelse kanonkoeëls getref is. Daar staan ook twee spoorwegtrokke vol kos en (onverwags) nuwe broeke vir die burgers – tweedbroeke uit ‘n Engelse fabriek.
Maar daar is geen tyd vir plunder of eet nie. Die Connaughts is klaar laat. Voor hulle flikker en verdwyn die helms van die Inniskillings soos die manne teen die nat rooi rotsplate en tussen aalwyne en doringbome na die kruin klim.(7)
(7)Ibid
Hart kon sy ongeduld nie bedwing nie. Daardie ellendige vertragings waaroor hy geen beheer het nie, het sy brigade gekniehalter. Die skaduwees rek al lank voor die Inniskillings, die eerste van die ses bataljons wat Buller hom gegee het, die holte onder die heuwel bereik.
Die volgende twee bataljons – Connaughts en Dublins – kom nog in die vallei aan. Die laaste twee, wat uit die 4de Brigade soontoe gestuur is, is ure agter. Hart moes minstens gewag het tot sy eerste drie bataljons daar is, maar hy aarsel nie.
Hy stuur die Inniskillings op. Daarna slinger hy die manne, kompanie na kompanie, onmiddllik ná hul aankoms in die vuurlyn. Die gevolg is ‘n swak aanval op ‘n smal front, en vir behoorlike artillerie-steun is dit nou te laat. In plaas daarvan bied Hart die manne sy eie besondere soort aanmoediging, dieselfde soort as by Colenso.(8)
(8)Royal Inniskilling Fusiliers 439. OH II, 488-9. TH III, 523-7
Hy staan op een van die bultjies aan die voet van die heuwel en skree en wuif na die bataljons. Die beuels blaas “Voorwaarts” – nie een keer nie maar herhaaldelik. Vir party van die Inniskillings, wat ná die harde klim wind-uit is, lyk dit asof Hart hulle uittart.
Toe storm hulle oor die luglyn. Daar is vier kompanies. Die Boere staan regop en vuur. Hulle staan in loopgrawe op die regte kruin, 250 tree daarvandaan, anderkant ‘n oop grasvlakte so plat soos die kruin van Spioenkop.(9)
(9)Ibid 439-45
Jourdain se kompanie bereik die luglyn net toe dit donker word. Die tweede stormloop is verby. In hierdie stadium dring Hart daarop aan – so lei mens vandag af – dat die Inniskillings met twee kompanies Connaughts en twee kompanies Dublins weer moet probeer. Dit is maar weer dieselfde. Die aanvallers stippel die kruin, honderde dood en gewond in die ruimte van ‘n paar tennisbane.
Jourdain skryf: “Ons het omtrent vyf tree van die kruin (die valse kruin) gaan lê maar min kon slaap. Hulle was byna dood van die dors, daar was nie water of kos nie … en die koeëls hou aan met kom, hulle plons teen die klippe om ons en ontplof met klein vuurwerkvonkies in die donker. Die gewonde manne voor die plato word aan hul lot oorgelaat en meer as een is tot ses maal gedurende die nag gewond.
“Voor my was daar ‘n majoor en ‘n adjudant en twee manne van die 27ste (Inniskillings), baie ernstig gewond, maar ons kon hulle geen water gee of hulle daar wegsleep nie, so ernstig was hul toestand. Die gille van die gewondes gedurende die nag was aaklig. … Boonop het ‘n Zoeloe wat vroeg in die middag gewond is, die hele nag aangehou brul. …”
Ander Engelse hoor Nederlandse gesange en psalms oor die niemandsland na hulle aandryf. Nogmaals bedank die burgers die Voorsienigheid vir hul redding.(10
(10)Jourdain dagboek 23-24 Feb 1900, Jou
Die volgende môre kry die manne van die Ierse Brigade, verdwaas en vernederd, hul pad na die vallei terug. Party het reeds gevlug en hul offisiere in die steek gelaat. |Al die gewondes bly op die plato lê. Die slag het hulle 500 ongevalle in minder as 24 uur gekos; die kolonels van sowel die Dublins as die Inniskillings is dood. Die Inniskillings het trouens 72 persent van hul offisiere en 27 persent van hul manskappe verloor: die hoogste verhoudinge van enige regiment in die oorlog tot dusver.(11)
(11)OH II, 500, 600 (met inbegrip van 24 vermiste). Vgl. verliese op Spioenkop in OH II, 597. En sien TH VI
“My dapper Iere,” sê Koningin Victoria toe sy die telegramme lees.(12) En teen die tyd dat die telegramme in Londen aankom, lê die gewondes nog steeds onversorg teen die heuwel.
(12)Vir haar mening oor die Iere sien Longford Victoria RI (sagteband-uitg)
Takties gesproke was Hart’s Hill nietemin nie ‘n doodloopstraat soos Spioenkop nie. Hart se twee vermiste bataljons – die Durban Light Infantry en die Rifle Brigade – het in die oggend opgedaag, net betyds om ‘n verpletterende nederlaag te voorkom.
Nou grawe die nuwe bataljons hulself teen die laer rante in.(13) Miskien klou Hart se brigade net met hul ooglede vas, soos à Court sou sê(14) Maar hulle klou vas.
(13)Buller SD I, 255. OH II, 495-6
(14)Repington 237
Hart se plan – voorspelbaar – is om sy pad verder deur die kloof te hamer. Buller en Warren is oortuig dat daar ‘n ander uitweg moet wees. Kol. Sandbach, Buller se hoofinligtingsoffisier, word afgevaardig om weer na die begin van die Tugela se kloof te gaan kyk, ‘n myl stroom-af van die waterval, waar die woord “crossing point” op die Engelse inligtingsdiens se bloudrukkaart staan.Hy dink dit sal moontlik wees om ‘n pontonbrug daar te kry, sê Sandbach toe hy terugkeer; en ‘nsmal voetpaadjie kan tot ‘n kanonpad verbreed word. Eindelik ten laaste word die landskap nou meer Engelsgesin. Bowendien kan nuwe brigades in die skuiling van die diep kloof deur die valleie gestoot word, sonder om die Mauservuur uit die Boerekampe op die kruine te hoef trotseer.(15)
(15)Buller SD I, 255. Buller get RCSAW III, 182. Sandbach-moeder 30 Mrt 1900, Sand
Teen die 27ste is Buller se reëlings klaar. Hy beoog ‘n vernuftige tweehandmaneuver (Botha het in elk geval geen benul gehad van wat hy in die mou voer nie). Die linkerhand, Lyttelton se divisie, moet sy greep op die heuwels in die laagste deel van die kloof handhaaf en die hoofgedeelte van Botha se mag in hul loopgrawe al langs die lyn vaskeer.
Die regterhand, Warren se divisie van drie brigades o.l.v. Barton, moet ‘n driepuntige aanslag op die boonste gedeelte van die vallei loods, gesteun deur grofgeskut in nuwe stellings. Die drie koppies wat die boonste gedeelte van die vallei lods, gesteun deur grofgeskut in nuwe stellings.
Die drie koppies wat die boonste gedeelte van die korridor beheer – Hart’s Hill, Railway Hill en Pieterskop – moet in omgekeerde volgorde aangeval word, en van die ooste af, ten einde die Boerelinies te omvleuel.(16)
(16)OH II, 497-8
Op Sondag die 25ste verlig ‘n skietstilstand van ses uur die nagmerrie vir die gewonde Engelse soldate in die niemansland op die gelyk plato. Op Wynne’s Hill lê hulleal drie nagte en twee dae sonder kos en water; op Hart’s Hill vir twee nagte en ‘n dag. Op die Saterdag reën dit en dit is miskien maar goed dat dit reën. Tog is die hulp vir baie van die gewondes reeds te laat.(17)
(17)Lyttelton-vrou 3 Mrt 1900, Lyt 556a
Van die uitkykpos op Naval Hillhou John Atkins party van die gelukkige gewondes dop: manne wat op die naaste heuwels geval het. Hy wonder watter van daardie slap, geel hopies dooie mans is en watter nog leef. Toe begin van die hopies roer. Dit is ‘n man wat net op sy rug kan beweeg, met behulp van sy hande en voete. Dit neem hom op dié manier van die oggend tot die aand om van die helling tot in die vallei daaronder te kom.(18)
(18)Atkins 298-9
Winston Churchill daar naby saam met die South African Light Horse, sien soortgelyke tonele. Hulle herinner hom aan die gewondes ná Kitchener se sege by Omdurman, toe duisende Soedannese stuiptrekkend en sonder sorg in die sand laat lê is.(19)
(19)Churchill Ladysmith 423-4
Om blankes aan so ‘n lot oor te laat, is vir sowel die Boere as die Engelse onsmaaklik. Toe Buller op die aand van die 24ste van die gewondes se lot hoor, reël hy ‘n skietstilstand met Botha.(20) Daar bo op Wynne’s Hill en Hart’s Hill heers ‘n vreemde stilte, die eerste soort vrede vir vyf dae en nagte. Toe, omstreeks elfuur, verrys wit vlae onseker bo alei loopgraaflinies en ‘n onnatuurlike dag van verbroedering begin.
(20)Buller get RCSAW III, 182 SD I, 255. OH II, 501-2
Geen Kakie kan so iets onthou nie. Byna ‘n halfeeulank neem Engeland al aan “onbeskaafde oorloë” deel (Omdurman en al sy bitter klein koloniale voorgangers). ‘n Britse leër is laas in die Krim so hoflik behandel. En vir die Engelse het die ondervinding ‘n bykomende dimensie. Wie is hierdie manne wat die room van die Britse infanterie afgeslaan het? Vier maande lank veg die Engelse al teen ‘n vyand wat so onsigbaar is dat baie van hulle nog nooit ‘n lewende of dooie Boer gesien het nie.
Lt.-kol. E.O.F Hamilton, bevelhebber van die Queens, stap voor aan die optog wat van die Engelse kant af kom. Presies in die middel van niemandsland kom hy onder sy wit vlag tot stilstand. Die offisiere van die Queens en Devonshires agter hom probeer nonchalant lyk. (“Te oordeel na die ongeërgde houding kon daardie aaklige plato ‘n Londense klub gewees het,,”(21) sou lt. Grant later skryf.)
(21)(Luit. M. Grant Natal 59-61. Luit.Lafone 27 Feb 1900, Laf 57-8
Die manskappe staan ongemaklik op ‘n netjiese ry, met hul arms oor die bors gevou, en staar oor die grasvlakte waaroor die groot haairug van Grobbelaarskloof heers. Die dooies staar terug: plomp, hoekig, opgeblaas, met verwronge liggame en verwronge gelaatstrekke; die gesigte swart van die son en die reën, lê hulle rond en bont tussen die rotse.
En nou Broer Boer. Uit die bomverskeurde aarde kom die burgers orent rek hulle uit, terwyl hulle behoedsaam heen en weer kyk.(22) Vir lt, Claud Lafone lyk hulle na ‘n “koddige klomp”. Daar is ou manne met lang tabakbevlekte baarde, middeljarige manne swart van die son en sweet, kaalgeskeerde jong manne met die gesigte van plattelanders: breë neus en sterk ken. Ook hul klere is landelik – tweedpakke van alle groottes en kleure, tuisgemaak en sjofel.
(22)(Grant) Natal 60
Maar daar is uitsonderings. Hul leier (kmdt. Trichardt) praat Engels soos ‘n welgebore Engelsman en trek soos ‘n fat aan. Hy dra ‘n soort uniform – ‘n kakiepak vol silwer knopies en silwer sterre – en betreur met komiese oordrywing die verlies van sy stewels en haarborsels toe die Engelse Monte Cristo verower het.(23)
(23)Lafone tap
Die ander Boere is aanvanklik sku. Toe slaag Grant daarin om ‘n gesprek met ‘n eikeboom van ‘n ou oom aan te knoop: Grant: Good morning! Oom: Gumorghen (soos Grant dit weergee). Grant: (ná ‘n pouse, in Engels): Ons kan tog seker vyf minute lank vriende wees? Oom (met skielike breë glimlag): Waarom nie? Waarom nie, offisier? Het jy tabak?
Dit is Grant se wondersak Goldflake – want die Boere is uitgehonger vir tabak – wat die burgers se tonge losmaak. Hulle drom om Grant saam terwyl hy ‘n halfdosyn keer uit sy sak laat stop. Weldra word dit gesellig. Kenmerkend genoeg voel die Britse offisiere dat dit vir hulle natuurlik is om die rol van gasheer te speel. Lafone haal sy kamera uit en vier van die Boere poseer selfbewus vir ‘n kiekie.
‘n Jong Boer dring daarop aan om hand te skud, hoewel hy geen Engels praat nie. Eindelik vra Grant die oorweldigende vraag. “Is julle kêrels nog nie siek hiervan nie?” Reguit kom die antwoord: “Natuurlik, ons hou niks meer daarvan as julle nie, maar drie jaar, ja drie jaar sal ons buite bly en veg!”(24)
(24)(Grant) Natal 61-2
Intussen is die verminkte lyke van sowat 80 dooies en drie oorlewendes op draagbare verwyder. Die lang figuur van Lyttelton, die afdelingsgeneraal in bevel van hierdie sektor, het teen dié tyd ook op die helling verskyn. ‘n Boer vra vir Lyttelton dieselfde vraag wat Grant gestel het.
Boer: Hoe lank dink u gaan die oorlog aanhou? Lyttelton: Dit hang van julle af. Ons sal net so lank aanhou as julle wil. Maar ek dink dit gaan ‘n lang affêre wees. (Skertsend) Ek laat my vrou en kinders kom. Boer: (somber): Ek dog dis byna verby. Lyttelton: Dit het maar pas begin. Ons gee nie om hoe lank dit aangaan nie. Om te baklei, is ons besigheid. Ons het niks anders om te doen nie. Maar dis ‘n bietjie hard op julle. Boer (somber): Ja, dis hard op ons.(25)
(25)Lyttelton-vrou tap
Saam gerook, oor die kloof tussen hulle hand geskud. Maar weinig wedersydse begrip gevind.
Die skietstilstand duur tot sononder. Aanvanklik voel albei kante ‘n instinktiewe afkeer van ‘n hervatting. Niemand skiet voor omtrent 10.00 nm. ‘n skoot nie. Daarna, soos Lafone dit sou stel, “het ons weer vir die vales op mekaar begin lostrek” – ‘n proses wat tot Majuba-dag sou duur.(26)
(26)Lafone tap
*** *** ***
Majuba-dag en ;die uiterste inspanning. Oorwinning. Dit is moeilik om te glo – miskien veral vir Buller. “My skat,” skryf hy vier dae later aan sy vrou, “dit was alles vir my soos ‘n droom. Elke dag nuwe komplikasies om op te los en elke dag dieselfde gebulder van kanonne en gerammel van geweers en helaas elke dag die lang lys gewondes en dooies, wat ek nie kan verduur nie. Maar ek ht gedink dit sal my drieduisend man kos om in te kom, en ek hoop ek het dit met onder tweeduisend reggekry, wat iets is.
“ … Ek moet sê die manne was puik, hulle was vasberade om dit reg te kry en dit was ‘n ware plesier om in bevel te wees. … Ek wens jy kon my geveg op die 27ste gesien het. Dit was geweldig interessant en dit is net in ‘n land soos dié dat ‘n mens drieduisend tree wgk kan staan en ‘n hele veldslag kan aanskou. Daar was ‘n oomblik toe ek gedink het dit is hittete, maar dit was maar ‘n oomblik.” Liefste, van jou nogal ingenome R.(27)
(27)Bulle5r-vrou 3 Mrt 1900 reproduseer deur Lewis Butler 84 (volgorde van een sin gewysig)
Buller se oomblik van angs moet omstreeks 2 nm. op die 27ste gebeur het, toe Barton se Fusilier Brigade – die eerste van die drie brigades wat beveel is om beurtelings van oos na wes aan te val – teen die klipperige hange van Pieterskop weifel en lyk asof hulle wil terugval.
Vroeër het hy hulle oor die pontonbrug sien stap en in die groot kloof na regs sien verdwyn, tussen die welige aalwyne en die toringhoë kranse en versplinterde rotse in die rivier. Kort ná die middag het hulle twee myl verder as swart spikkels op die eerste koppie van die Pietersplato verskyn.(28)
(28)Atkins 304-9. Buller SD I, 255-6
Soos by Cingolo en Monte Cristo het Buller die Boere uitgemaneuvreer. Botha het sy flank by die Piegtersplato feitlik onbeskermd gelaat, blykbaar omdat hy gedink het dat Buller die wêreld te ruig en te ru sou beskou om die Tugela oor te steek en sy flank probeer omtrek.(29)
(29)Breyt III, 526-42. Bakkes Argiefjaarboek 30 (i) 1967
Van die lang, hoë platform oorkant die rivier kan Buller se artillerie buitendien die aanval met kruisvuur dek. Vir die eerste keer kan kol. Parsons se kanonniers Buller se revolusionêre koördinasie van artillerie en infanterie eksploiteer, nl. om ‘n gordyn granaatvuur oor die koppe van die oprukkende infanterie te stuur. Net 100 tree voor hulle bruis en bulder die helling van springende rotse en grond en vlieënde staalskerwe, terwyl aan hulle kant van die gordyn die son nog skyn en vlinders op die rotse skitter.(30)
(30)Buller SD I, 256-7. OH II, 509-13
Maar toe Barton se brigade eers op die Pietersplato is, is Parsons se kanonniers te ver weg en te laag om hulle te dek. Die Boere begin hulle regruk. Botha, wat besef het dat dit sy linie in gevaar sal stel as die Engelse sy flank by Pieters omtrek, het trouens wanhopig versterkings in die bres gegooi.(31)
(31)Barnard 141-2. Bakkes tap.
Om 2.30 nm. stuur Barton ‘n kompanie Scots Fusiliers en ‘n gedeelte van sy reserwebataljon – twee kompanies van die Dublins – vooruit om die Boere-sterkpunt op Pieters se noordelike koppie te storm. Hulle word met ernstige ongevalle in die rotse teruggedryf.
Intussen bestook die Boere op die volgende koppie, ‘n myl na die weste – Railway Hill, soos die Engelse dit noem, die derde koppie in die spoorwegkloof – hulle straffeloos en hewig.(32)
(32)Breyt III, 542-6
Maar nie vir lank nie. Omstreeks drie-uur begin klein bruin kolletjies op die rotse en grond van Railway Hill verskyn. Dit is Walter Kitchener se brigade – en die keerpunt. Toe Hart se brigade Hart’s Hill vier dae vroeër uit die weste probeer stormloop het, het Railway Hill onneembaar gelyk. Nou, terwyl hulle van die Pietersplato se kant aan, werk Walter Kitchener se manne, die West Yorkshires en die South Lancashires (voorheen onder bevel van genl. Wynne), hulself geleidelik by die reeks terrasse boontoe.
Vir John Atkins, wat die toneel van onder af dophou, lyk dit na die kritieke oomblik. Hoe gaan hulle daardie aaklige oop helling oorsteek? “En toe gebeur iets merkwaardig, skitterend, byna onverstaanbaar. Oorkant die spoorweg verrys die South Lancashires skielik uit die grond, en rotse staan ook op, en die rotse is soldate – en almal begin hardloop, nie in stywe rye nie, maar sierlik soos ‘n voël se uitgespreide vlerke teen die helling op. … Ek kyk hulle bewonderend en gespanne agterna.”(33)
(33)Atkins 309-10
Van nader gesien, is dit ‘n bloedige bajonet-stormloop wat die nek tussen Railway Hill en Hart’s Hill in die weste verower.(34) Hier word 40 Boere gevange geneem, die eerste noemenswaardige vangs sedert Elandslaagte vier maande vroeër. Party het bajonet-wonde. Hulle het uit die loopgrawe getuimel gekom terwyl hull wit vlae wuif, enigiets – ‘n hemp of ‘n handdoek.
(34)O/kpl. Bradley dagboek 27 Feb 1900, (sy) PV
Atkins ontmoet een van die Engelse wat ‘n Boer gevang het. Het hy die man seergemaak? “O nee, ek het hom so sagkens as moontlik met die bajonet bewerk en ek het hom water ook gegee, hy het meer gehad as ek. Maar, ek het hom gesê hy was ‘n gelukkige kêrel om met my te doen te kry.”(35)
(35)OH II, 517. Atkins 311-12. TH III 540
Winston Churchill, by die S.A. Light Horse, wag ongeduldig vir die bevel dat die berede troepe moet storm. Hy sien die luisterryke oomblik toe Kitchener se drie inganteriebataljons – die West Yorkshires, Royal Lancasters en so meer – juigend oor die hele grashelling versprei.
Toe sien hy die gevangenes verbykom. “Net agt-en-veertig, meneer,” sê ‘n manskap, “en daar sou minder gewees het as die offisiere ons nie gesê het om op te hou steek nie. Ek het nog nooit in my lewe sulke lafaards gesien nie: skiet jou tot jy by hulle is en smeek dan om genade. Ek sou hulle ‘n les leer.” Maar ná die Kakie dit alles gesê het, voel hul gul. Hy gee sy gevangenes boeliebief en laat hulle uit sy eie waterbottel drink.
Die kontras tussen die woeste woorde en die gul handeling is vir Churchill ‘n bron van verbasing. Toe kyk hy self na die gevangenes: 48 – omtrent soveel as die getal Britte wat tydens die pantsertreinramp gevange geneem is – en sulke doodgewone mense. Wat ‘n eienaardige kontras tussen hierdie manne wat glimlaggend staan en klets, soos leeglêers voor ‘n kroeg, en die verskriklike vyand wat hulle ‘n uur of twee tevore in die loopgrawe was.(36)
(36)Churchill Ladysmith 446-7
Intussen het Norcott se 4de Brigade in die derde en finale fase van die aanval uitgewaaier. Die oostelike stellings in die Boerelinies – die loopgrawe voor Pieterskop en Railway Hill – het die een ná die ander geval. Nou moet Hart’s Hill gestorm word. Uit hul paviljoensitplekke oorkant die rivier sien die hoofkwartierstaf en die korrespondente die laaste moedige oomblikke van Botha se vier maandelange verdediging van sy loopgraaflinies. Die 4.7-duim-vlootkanonne skiet vinniger as ooit.(37)
(37)Ibid 443-4
“Dit lyk asof die granate feitlik aanhoudend bars,” skryf kapt. Limpus van HMS Terrible. “In elke loopgraaf werp liddiet en skrapnel grond en klippe op. Die bombardement is nou ontsttend, veral by ‘n weerbarstige verskanste koppie naby die top van die nek; verskeie kere moes die Boere deur ‘n vasberade kommandant teruggebring word, tot hy self in ‘n groot liddiet-ontploffing verdwyn – en toe swyg daardie loopgraaf.”(38)
(38)Kmdt. Limpus Terrible haal Jeans aan 269-70
Ander groepe Boere is opsetlik deur die Britse kanonniers gespaar – maar nie vir lank nie. Maj. Weldon, Wolseley se aide-de-camp, wat op ‘n manier daarin geslaag het om in Suid-Afrika te beland, beskryf die toneel in ‘n brief aan Wolseley se dogter:
“Die Boere se laaste weerstand was uitermate moedig. ‘n Groot aantal het in ‘n diep sloot gaan skuil wat dwarsoor die vallei loop en ‘n groot klipmuur op die kruin gebou. Hulle kon nie goed uit die loopgrawe kom sonder om hulself aan ons genadelose kanonvuur bloot te stel nie, en ons kanonniers het hulle dus in vrede gelaat tot ons aanval begin ontwikkel het, ten einde soveel as moontlik in die ‘warm hoek’ te kry (soos ‘n wildwagter sy fisante na die rand van ‘n bos aandryf voor hy hulle opjaag).
“…Ons manne … was naby genoeg om met kort stormlope te vorder en toe begin die werklike kwaai gevegte … die liddiet het ontsettende skade aan die Boere se loopgrawe aangerig – niemand kon onder so ‘n granaatreën leef nie, en tog het party Boere nog aangehou skiet. Uiteindelik styg ‘n enorme gejuig op toe ons manne met gevelde bajonette storm. …”(39)
(39)Maj. Weldon-F. Wolseley 18 Mrt 1900, Wol
Die Boere smelt weg en die gejuig van die Engelse weerklink tussen die Tugela se kranswalle. Die sleutel is eindelik in die slot. Pietersplato (of in elk genoeg daarvan) – Raylway Hill – Hart’s Hill. Die laaste drie kepe van die kombinasieslot het in hul voeë geval.
Iets merkwaardig het gebeur – iets “beter as fees of bed” noem Churchill dit romanties, “waarna ons deur baie moeisame werk verlang het, wat ons drie maal ontsê is, en wat des te luisterryker was omdat dit so lank vertraag is – oorwinning.”(40)
(40)Churchill 447-8
Buller se staf hoor die gejuig. Hulle haal hul helms af en skree hoerê en skud mekaar se hande, vrolik soos skoolseuns. Hulle het dit eindelik reggekry.(41) Buller staan daar, paradys herwonne. “Dit lyk alles soos ‘n droom.”(42)
(41)Atkins 312-13
(42)Sien nota 31
*** *** ***
In Ladysmith swaai die slinger duiselingwekkend vinnig terug. Baie mense voel verdwaas deur die skok van verligting.(43)
(43)Steavenson dagboek 28 Feb 1900, Stea
Die 28ste: ‘n bewolkte, leë dagbreek. Daar is geen kanongebulder en geen heliogram van Buller nie. Dit is die soort dag wanneer verveling soos lood op almal se rûe lê. Niemand kan droom dat vandag, die 118de dag van die beleg, die laaste gaan wees nie. Kanonnier Netley se battery tree soos gewoonlik aan. Kol. Rawllinson is bly dat hy nie na Caesar’s Camp hoef te gaan om te kyk of daar enige teken van Buller is nie; sy oë is seer ná hy dae lank deur die teleskoop getuur het.(44)
(44)Rawlinson dagboek 26-8 Feb 1900, Rawl 7. Netley dagboek 28 Feb 1900, PV
Die son kom voor die middag agter die wolke uit, ‘n skel son wat die kloustrofobiese kring heuwels nog nader aan die dorp laat lyk. MacDonald, die Argus-korrespondent, kyk by ‘n oostelike venster uit en tel sy verkyker byna ingedagte op om die groen heuwels in die rigting van Zoeloeland te bestudeer. Wat gaan nou aan? Kyk daar. Wat dink jy is dit? “Dit ‘n trek … die groot trek. Hulle val eindelik terug.”
Deur die verkyker is dit duidelik sigbaar: ‘n lang silwer slang van terugvallende waens, wit seilkappe flitsend in die son, vreemd eenvormig in kleur en vorm vir enigiets wat aan die Boere behoort, en tog onteenseglik Boer. MacDonald klim by Maiden Castle uit om te sien hoe dit na die weste lyk. Sy hand bewe en hy kan die verkyker nie stilhou nie.
Maar dit ly geen twyfel nie. Dit is die groot trek – ‘n vyf myl lange watrein, en nie net waens nie maar ruiters – “galoppende ruiters in swart baadjies wat in groepe van 20, vyftig, 100 voortsnel, ‘n aanhoudende, lewende stroom. … Hulle verskyn om die hoek van End Hill, swaai in ‘n lang kurwe weg en verdwyn noord agter Telegraph Hill, in die rigting van die spoorwegstasie. Hulle is daar weg – en vinnig.”
MacDonald is ‘n kolonialer, ‘n Australiër, en hy bewonder die Boere se ongedissiplineerde spoed. “In enige ander leër sou dit nie bloot op nederlaag gedui het nie, maar op demoralisasie. Maar ons ken die Boeremanier … (om) vinnig en doeltreffend (te gaan); dit is waarom dit so hopeloos is om hulle agterna te sit. … Hul aftog was ewe meesterlik as hul desperate verset in die heuwels en koppies van die Tugela. … Die een ding, die groot ding, was dat hulle gaan.”(45)
(45)MacDonald 273-5 (laaste sin omgekeer)
Natuurlik is dit vir die Engelse frustrerend om die Boere te sien vlug – onder die bekke van Ladysmith se kanonne. “Kyk daar,” sê een van die Gordons by Maiden Castle, “kyk daar, man, hulle hol!” “Ja, dis ‘n jammerte ons kan hulle nie so ‘n bietjie peper nie.”
As die veldkanonspanne of die kavallerie kon uitgalop het, kon die Engelse seker heelwat skade aangerig het. Maar die meeste van die kavallerieperde is opgeëet en die manne sou binne enkele myl van blote uitputting neergeval het. Die 12-pond-vlootkanonne doen hul bes, maar die koeëls val honderde tree duskant die teiken.(46)
(46)Ibid 275. Nevinson 292-3. Stuart 247-8. Stuart 247-8. Pearse 234-5
In Sir George White se hoofkwartier in die klooster word die berig van die skielike stroom vlugtende Boere met dieselfde mengsel van senuweeagtige geesdrif en frustrasie begroet. Om 1.00 nm. ontvang hulle ‘n triomfantelike telegram van Buller: “Ek het die vyand gister op sy baadjie gegee en stuur my kavallerie … om uit te vind waar hulle heen is. Ek glo hulle het die aftog gebaas.” As die mense van Ladysmith maar kon gaan help.(47)
(47)Rawlinson dagboek 28 Feb 1900, Rawl 7
Selfs Bulwana Tom het sy laaste buiging voor sy bewonderaars in Ladysmith gemaak. “Die kêrels van die vloot,” skryf kanonnier Netley opgewek (hoewel hy duidelik afgunstig is op hul langafstandkanonne), “het die wêreld vir Long Tom warm gemaak toe die Boere hom probeer verwyder.”(48)
(48)Netley dagboek 28 Feb 1900, PV
‘n A-vormige laaiboom verskyn bo-oor die sandsakke van Tom se stelling. Dit is die oomblik waarvoor die kanonniers van die Powerful die laaste van hul 4.7-duim-kanonne opgegaar het. Lady Anne brand van Caesar’s Camp los (sy is weer daarheen verskuif in die hoop dat sy Buller se opmars kan dek). Bloody Mary bulder uit Cove Redoubt.
Die reuse-A verdwyn in ‘n rookwolk. Maar niemand kan sê of Tom self getref is nie. Op daardie oomblik verskyn een van die donderstorms wat altyd yk asof hulle met Ladysmith se klimakse saamval, soos in ‘n opera, en die hele Bulwana verdwyn agter die gordyn.(49)
(49)Nevinson tap
En kort ná die reën opgehou val het, word die hulpekspedisie self sigbaar. Rawlinson sien dit die eerste raak, om omtrent vyfuur: twee eskaders berrede infanterie, ongeveer 120 man, kom stadig, op vermoeide perde na Ladysmith aan, oor die lae rant oos van Bulwana en na die vlakte by Intombi af. Kol. Roysten se Natal Volunteers word uitgestuur om hulle in te wag en Sir George White berei hom op die ontberings van die ontmoeting voor.(50)
(50)Rawlinson dagboek tap
Intussen versprei die ongelooflike nuus uit die rigting van Intombi, waar manne begin hoerê skree. Soldate en inwoners, swart, bruin en blank, begin stampend en stotend deur die strate van die dorp hardloop. Stand en kleur is vergete.
Macdonald wil net aan sy perdebredie wegval toe hy die gestommel en van voete hoor – en toe een sin duidelik bo die geraas: “Buller se kavallerie kom oor die vlakte aan.” MacDonald hardloop by die gebou uit. Die laaste strale van die aandson val op die kakie kolonnie. Die perde draf na die Kliprivierbrug op die soom van die dorp. Hulle is blink en gesond, en hul ruiters ook. Dit is Buller se manne.(51)
(51)MacDonald 278
Nevinson, nog swak ná 14 dae se koors, het na King’s Post gery om die agterhoede van die groot trek te aanskou. Toe hy terugkeer, vind hy dat Ladysmith mal geword het. Nevinson hink duiselig agterna. Die sypaadjies is vol soldate, offisiere, dorpenaars, Zoeloes en doeliedraers. Almal gil en juig soos kranksinniges.
Die twee eskaders kletter in die straat op en hou oorkant die tronk stil (waar die enkele ongelukkige Boeregevangenes gehou word.). Sir George White en sy staf verskyn.(52) Die aansluiting van die twee leërs word met ‘n handgreep verseël: Ladysmith se bleek, maer handjie gryp die songebruinde, geharde hand van die redder.
(52)Ibid 278-83. Nevinson 293-5. Stuart 248. Pearse 238
Die beroemdste ooggetuiebeskrywing van hierdie ontmoeting, miskien uit Britse oogpunt die mees dramatiese oomblik van die hele oorlog, kom uit die pen van Winston Churchill.
“Eers teen die aand,” skryf hy in My Early Lifde: “is twee eskaders van die S.A. Light Horse (in werklikheid Imperial Light Horse en Carbineers) toegelaat om deur die verbrokkelende agterhoede van die Boeremagte te dring en Ladysmith binne te ry. Ek was by toe hierdie twee eskaders tussen bossies op die vlakte deurgalop, met slegs enkele skote van die Boere.
“Skielik verskyn uitgeteerde figure in die verte en wuif verwelkomend. Ons ry verder. Bo aan die verfomfaaide straat vol sinkdakhuise ontmoet ons Sir George White op sy perd, foutloos geklee. Toe ry ons almal die lank beleërde, feitlik uitgehongerde Ladysmith saam binne. Dit was ‘n opwindende oomblik. Daardie aand het ek by die hoofkwartier geëet. …”(53)
(53)Churchill My Early Life 340-1
In werklikheid, ondanks die ooggetuiebeskrywing, was lt. Winston Churchill nie daar om die ontmoeting tussen Sir George White en sy redders, o.l.v. lt.-kol. Gough, te aanskou nie. Dit was omtrent sesuur en daar was nog ‘n bietjie daglig. Mnr. Churchill, die Morning Post se spesiale korrespondent, kon miskien in Ladysmith gewees het.
Maar lt. Churchill van die S.A. Light Horse was nog myle daarvandaan oor die veld op pad, saam met die bevelhebber van die 2nd Mounted Brigade, Lord Dundonald, William Birdwood en die adjudante. Hulle het eers aangekom toe dit pikdonker was – eers teen agtuur, volgend Gough.(54) Toe was die openbare viering al verby.
(54)Churchill Ladysmith 462-6. H. Gough 74-9. En sien Gough se aantekeninge oor Churchill se My Early Life, Gou. Vgl. Birdwood 106-7. Dundonald 151-2
Die werklike ontmoeting tussen Gought se kolonne en White het ‘n patetiese element wat ‘n mens in Churchill se verbeeldingryke relaas mis. “Arme ou man,” sê Rawlinson oor sy hoof. “Hy is heeltemal gebroke.”(55)
(55)Rawlinson dagboek c 10 Mrt 1900, Rawl 7
Ander mense het gemerk hoe White nou tien jaar ouer lyk as die taai, netjiese soldaat van sy ampsfoto’s; ‘n krom, geduldige, byna patetiese figuur wat met sy wandelstok in die hand deur die strate van Ladysmith loop. Hy het geweet dat baie van sy soldate en van die dorpenaars hom bespot vir sy tamheid en gebrek aan kragdadigheid. Nou, toe die hoerê-krete om hom weerklink, raak sy emosies hom oor.
Sy stem breek toe hy die juigende, gillende skare probeer bedank. Hy begin byna onhoorbaar praat, toe harder. “Dan Vader ons het die vlag aan die wapper gehou.” Sy stem breek weer. “Dit het my diep seergemaak … om die rantsoene so te moes verminder.” Nog ‘n lang, pynlike stilte waarin dit lyk asof White heeltemal gaan verbrokkel. Hy gee ‘n yl glimlag. “Maar ek beloof u dat ek dit nooit weer sal doen nie.” Almal lag en juig.
Die skares smelt in die nag weg. Maar die vlag wat White aan die wapper gehou het – die Union Jack, op die lang paal buite sy hoofkwartier – hang nie meer daar nie. ‘n Klompie lawwe offisiere het die vlag afgetrek en dit aan flardes geskeur, elke flarde ‘n “curio” om terug te neem na Engeland.(56)
(56)Macdonald 282-6
Nevinson hou die wilde tonele dop. Hy kan nog maar half verstaan dat die 118 dae van die beleg verby is. Die nuwelinge het verblyf in die kamp van die ander eskader van die Imperial Light Horse gekry – helaas grotendeels leeg, weens hul buitengewoon swaar ongevalle. “Regs en links swenk die eskaders te midde va gelag en jolyt. Teen agtuur is die straat byna leeg en daar is niks om te wys hoe ‘n grot veranderng ingetree het nie.”(57)
(57)Nevison 294-5
Maar diedrama is nog nie heeltemal verby nie. Drie dae later word gereël dat Buller ‘n seremoniële optog deur die orp lei en van 11.30 vm. tot 1.45 nm. marsjeer sy twee divisies agter hom deur die strate. Buller se vreeme, verflenterde leër maak ‘n geweldige indruk op Rawlinson”
“Ek het de troepe nog nooit so hoor juig as toe hulle vandag verby Sir George White stap nie – hulle het hul helm in die lug geswaai en eenvoudig gegil, sulke manjifieke manne ook, baie van hulle natuurlik reservise, wat ons arme garnisoen na blote seuns laat lyk – hul klere is natuurlik verflenter en geskeur, want hule dra dit al agtien dae. Hul kakies is in flardes, soms skaars behoorlik. Baie van hulle het Boerebrkke in verskillende skakerings van blou en bruin verkry om hul onderdele te beskerm. Hulle het nie kookotte nie, almal kook in hul kosblikke. Die meeste van die manne het ‘n bondeltjie droë stokkies om mee e kook as hulle in die kamp kom…”(58)
(58)Rawinson dagboek 3 Mrt 1900, Rawl 7
Rawlinsn het die optog die eerste voorgestel. White het die gedagte aangegryp; Buller ht ingestem, hoewel tensinnig.(59) Miskien het hy die vreemde, gemengde reaksies gedurende die eerste ontmoeting aangevol.(60) Daar was offisiere en manne in White se mag wat geen geheim gemaak het van hul ergernisdat hulp eers opdaag nie.
(59)Ibid(60)C. Hicie dagboek Feb-Mrt 1900, Hick
“Die garnioen, skryf lt. Alford, “het gelyk asof hulle half genieg is om kwaad te wees dat ons so lank geneem ht. …”(61) Ook John Atkins het daardie indruk gekry: die koel manier waarop baie lede van die garnisoen ie redders ontvang het.
(61)Alford Mrt 1900, Alf
Ná die skieike uitbarsting van vreugde toe Gough se twee eskaders by dfie dorp inry, het Ladysmithblykbaar in ‘n soort emosionele uitputting verval. Atkins hoor hoe een generaal ‘n ander groet. “Nou ja, oe het julle gevaar?” “Nie sleg nie, dankie.” ‘n Lang stilte, wat Atkins gerusstellend Engels vind.(62)
62)Atkins 314-5
Ook in die hulpekspedisie is daar diegene wat die optog as ‘n goedkoop demonstrasie beskou, ‘n belediging vir sowel die beleërdes as die wat hulle kom red het. Lt. Grant vind dit “on-Brits” en onwaardig”.(63) Kol. Sim noem dit “een van die droewigste optogte wat deur idiotiese generaals uitgedink kan word.”(64)
(63)(Grant Natal 65
(64)Sim se dagboek aangehaal Williams 368
Warren self sou later jare skryf: “Selfs nou sien ek nog met leed hoe daardie 20 000 seëvierende en gesonde manne deur die geledere van die uitgeputte en uitgeteerde garnisoen marsjeer – en dan is daar nog van hulle verwag om ons toe te juig – party het werklik – dit was vir my en baie ander ‘n ontbering.”(65)
(65)Warren se verslag aangehaal ibid
Teenstrydig genoeg was ander offisiere in die hulpekspedisie verbaas – en selfs ‘n bietjie wrewelrig – oor hoe fiks die garnisoen lyk. Vlootchirurg Lilly van die HMS Terrible ontmoet die lank verlore manne van die HMS Powerful en merk op: “Ons het almal gedink die garnisoen lyk sterker en gesonder as wat ons verwag het.”(66)
(66)Lilly in Jeans 273. Vgl. Treves 98
Maj. (later veldmaarskalk) Henry Wilson, wat die dorp op 1 Maart bereik het, skryf: “Die beleg is verby. Dit lyk so vreemd. Die gesonde voorkoms van die meeste van die manne val ‘n mens op. Rawly sê my hulle kon nog ‘n maand uitgehou het. Dit blyk nou dat hulle feitlik geen geweervuur moes verduur nie, net die vuur van groot kanonne, wat baie min skade aangerig het …”(67)
(67)Wilson se dagboek aangehaal Callwell I, 39
Om te kenne te gee dat Ladysmith nog kon uitgehou het, hoe waar ook al, was nie baie taktvol nie. En dit was een van die kwessies waaroor al die verborge onderlinge wrewel tussen White en buller eindelik ná die oorwinningsoptog sou begin opborrel.
Buller self het Ladysmith op 1 Maart bereik, die oggend ná die dramatiese aankoms van Gough se eskaders. White het hom in die straat ontmoet, ‘n geskiedkundige oomblik wat totaal onopgemerk verbygegaan het, en hom na die hoofkwartier by Convent Ridge gebring.(68)
(68)Algy Trotter dagboek 1 Mrt 1900, Trot
‘n Klein banket volg: sjampanje en trekos wat vermoedelik vir ‘n spesiale geleentheid gebêre is. Ongelukkig maak Buller by die geleentheid ‘n taktlose opmerking oor hoe volop die kos is – of so glo White.
Enkele dae later rapporteer een van White se staf: “Buller het hier opgedaag en homself so onaangenaam gemaak as hy kon. Ons het ‘n bietjie voorrade opgegaar … en alles opgebruik om hom ‘n goeie ete te gee. Nou loop die ondankbare woestaard en vertel dat Ladysmith se garnisoen soos veghane geleef het en dat die stories oor swaarkry alles nonsens is.”
White se bitterheid teenoor Buller en die woede van White se vertroueling, Ian Hamilton, is aangeblaas deur die vlaag stories teen Buller wat hulle nou uit Buller se eie leër bereik. Lyttelton, op wie Buller self vertrou het, arriveer op 6 Maart “vol skeltaal teenoor Buller” in White se hoofkwartier, volgens Rawlinson.
En dit is nie net Lyttelton wat die opperbevelhebber uitkryt nie. Een van sy eie staf – vermoedelik kol. à Court, wie se gevoelens kennelik gekwets is toe Buller sy raad ná Monte Cristo kortaf van die hand gewys het – begin uitvaar oor Buller se foute as ‘ n bevelhebber. “Hy (Buller) besluit blykbaar alles self en doen alles op eie houtjie,” sjkryf Rawlinson ná een van hierdie tirades. “Omdat hy sy staf nooit sê wat hy gaan doen nie, is daar dikwels chaos onder hulle. …”
Nietemin moes Rawlinson billik teenoor Buller wees. Hy is nie die enigste mens met vyande nie. “Die afdelingsleiers (Lyttelton, Warren en Clery) kap almal na mekaar en hulle sê dat hulle in die hele mag nie ‘n brigadier het wat sy sout werd is nie – die feit is dat hulle almal baklei.”(60)
(69)Rawlinson dagboek 3 Mrt 1900, Rawl 7/
Generaal, soos digters, is ‘n ergelike klomp. En hier in Natal, toe die vyand eers verslaan is, begin die werklike stryd: tussen Buller se generaals. Buller was self deels hiervoor verantwoordelik. Sy hooghartige houding, soos ‘n grand seigneur, sy kortaf maniere, sy gewoonte om sy dadee nie aan die buitelede van sy staf te verduidelik nie: dit was almal gevaarlike glesse in ‘n opperbevelhebber, al was hulle in Buller se geval die gevolg van ‘n soort skaamheid.
Dié wat hy goed geken het (sy persoonlike staf, sy aides-de-camp, en kol. Stopford, die militêre sekretaris) was almal lief vir hom.(70) Kol. Sandbach, sy inligtingsoffisier, skryf in Maart oor hom: “Wat ;n mens ook al i.v.m. di moedige verdediging van Ladysmith kan sê … dit sal Buller wees wat voor Europa uitstaan as die man wat … Engeland se eer gered en voorkom het dat 10 000 man skandalig aan die Boere oorgee.”(71) Regimentele offisiere het saamgestem.(72)
(70)Kol. F. Stopford-Ly Buller, PV. Algy Trotter MSS, Trot. Verskeie briewe in Bull (Crediton)
(71)Sandbach-moeder 14 Mrt 1900. Sand
(72)Crossman 14, 30 Jan 1900, Cros
Ook die onderoffisiere en manskappe van sy leër verlustig hulle in ou Buller se welslae. “Genl. Buller het ‘n harde taak gehad,” skryf kpl. Hurley van die 3de 60ste drie dae ná die oorwinningsparade aan sy suster in Engeland. “Die swaarste van almal, en as mens tuis met hom fout vind is dit uit onkunde van die land, die vyand en hul stellings. Al die manne onder Buller se bevel … sal vir hom deur vuur en water gaan.”((73)
(73)Kpl. Hurley-suster 6 Mrt 1900 (sy) PV
Wat Buller betref, dit was sy arme infanterie se oomblik van triomf, en hy het hom daarin verlustig. Aan sy vrou skryf hy op die dag van die oorwinningsparade: “Ek is vol bewondering vir die Engelse soldaat. Regtig, die manier waarop die manne gewerk, geveg en ontbeer het was iets bomensliks. …”(74)
(74)Buller-vrou 3 Mrt 1900 tap
Die manne self huldig hy met ‘n Spesiale Leërbevel, “Soldate van Natal! Die bevryding van Ladysmith verenig twee magte. Albei het gedurende die afgelope paar maande met opvallende moed en skitterende vasberadenheid gestry om die eer van hul Koningin en land hoog te hou.”(75)
(75)Natal Army Order, Ham
Koningin en land stem saam. ‘n Stortvloed telegramme bereik Buller se hoofkwartier: van die Koningin, van Lansdowne, van Roberts, van sowel vriende as vyande. Dit is werklik soos ‘n droom. En met hoeveel gevoel kyk Buller op sy ontberinge terug. “Maar nou ja, dis alles verby en goed verby, dank die Vader.”(76)
(76)Buller-vrou 3 Mrt 1900 tap
Voorlopig lyk dit asof Buller reg is. Die gekibbel tussn sy eie generaals het blykbaar doodgeloop. Die Robertsgesindes in Ladysmith – Ian Hamilton, Rawlinson, e.s.m. – word deur Roberts weggeroep om saam met hom op die westelike front te dien.(77) White gaan lê binne enkele dae ná die bevryding van die stad met koors in die bed.(78)
(77)Rawlinson dagboek Mrt 1900, Rawl
(78)R-L 11 Mrt 1900 en L-R 12 Mrt 1900, VT no 202A, 202B
Ná die sitplekke van die hulpekspedisie se broeke gelap is en ná die garnisoen van Ladysmith 14 dae lank brood en aartappels gekry het, lyk die twee Natalse leërs spoedig byna onherkenbaar.(79)
(79)Lyttelton-vrou c. 28 Mrt 1900, Lyt 557c
Intussen het Botha en Joubert se leërs hulle 60 myl verder noord, tussen Dundee en Ladysmith, al langs die lyn van die Biggarsberge ingegrawe. Buller is angstig om hulle te gaan pak. Op 7 Maart stuur hy vir Roberts ‘n kabel dat hy rede het om te glo dat hy die Biggarsberg-lyn kan omkeer deur die Drakensberg-passe op die Vrystaatse grens na die weste aan te val. Die Ladysmithse garnisoen sal binne drie weke fiks wees. Het hy Roberts se toestemming om die opmars voort te sit?(80)
(80)Buller-R 7 Mrt 1900. Buller get RCSAW III, 183
Die arme Buller, die mees vernederende nederlaag van sy lewe sou nog voorlê. Die Boere sou hom nie meer veel moeite gee nie. Inteendeel, ‘n ongebroke reeks suksesse in die veld teen die Boere lê voor. Maar teen Buller self begin die veldtog nou maar.
Heel vooraan loop Ian Hamilton: briljant, maklik opgewonde, haatdraend en diep gekrenk deur sy eie vernederings in Ladysmith (Hamilton se voortwarendheid was een rede waarom White homself hier laat vaskeer het; dit was Hamilton wat byna ‘n ramp veroorsaak het deur in gebreke te bly om Caesar’s Camp en Wagon Hill te fortifiseer).
Nou skryf hy uit Maritzburg aan Roberts, onderweg om by sy ou hoof te gaan aansluit: “Buller was baie onbeskof met Sir George en hy het op die aakligste manier van u en Kitchener gepraat. Dit lyk my hy het byna net so min tyd vir Kitchener en skryf net soveel oneerlike motiewe aan hom toe as aan uself. …”(81)
(81)Hamilton-R c 10 Mrt 1900, Ham
Hy beskinder Buller by Spenser Wilkinson, militêre korrespondent van die Morning Post en ‘n vooraanstaande imperialistiese skrywer oor militêre sake. (Dit is betekenisvol dat Wilkinson op intieme terme met Milner en Roberts was en waarskynlik hul fundamentele wantroue in Buller se sogenaamd “pro-Boer” gedeel het.)(82)
(82)R-Wilkinson 23 Jan 1900, Wilk. M-Wilkonson Nov 1898, 26 Jul 1899, Wilk
Hamilton se brief aan Wilkinson was byna belaglik verregaande; dit is trouens ‘n feit dat Hamilton in daardie stadium aan koors gely het. Eers gee hy ‘n volkome verdraaide vertolking van die telegram wat White ná Colenso van Buller ontvang het. “Ná die slag het hy gekabel met die raad dat ons maar liewer ons ammunisie moet opskiet en op die beste terme aan die Boere moet oorgee.
“Eers dag ons ons kode en heli moet in Boerehande geval het, dit was so ongelooflik dat die groot Buller van alle manne sulke onwaardige raad kon gee.”(83) In werklikheid, natuurllik, was Buller se boodskap aan White dat dit hom ‘n maand sal neem om Ladysmith te kom help; as White nie nog ‘n maand kan uithou nie, sal hy met die Boere moet onderhandel of sy pad met geweld moet oopveg.(84)
(83)Hamilton-Wilkinson 8 Mrt 1900, Wilk
(84)Sien volledige teks gedruk in RCSAW III, 655 (no 26)
Ian Hamilton se tirade bevat nog ‘n merkwaardige passasie: “Ek wil hê u moet duidelik weet, Buller is nutteloos. Hy is trouens veel, veel erger as nutteloos en ek smeek u om al u invloed te gebruik om te sorg dat die man beroep word voor hy verdere skade kan aanrig … oor die algemeen het die offisiere en manskappe alle vertroue in Sir Reverse ‘soos hulle hom noem’ verloor.
Ek dink 100 van sy leër het my al kom sien vandag ek siek is en van generaal tot by subaltern stem hulle saam dat hy so onbevredigend is soos ‘n generaal maar kan wees. Almal is dit eens dat die bataljons behalwe by Colense die boere in elke veldslag sou kon oorrompel het as hulle toegelaat is om te maak soos hul wil. …”(85)
(85)Hamilton-Wilkinson tap
Veertien dae later kom Hamilton in Kaapstad aan, waar hy heel waarskynlik Leo Amery, die Times se hoofkorrespondent, ontmoet en Buller op dieselfde wilde, wraakgierige manier beskinder. Dit was godgegewe ammunisie vir ‘n geslag jong imperialiste wat tot elke prys ‘n eenvoudige verduideliking vir Engeland se vernederings in die oorlog moes vind.
“Buller is nutteloos.” “Buller het Ladysmith beveel om oor te gee.” ‘n Fluisterveldtog wat skitterend deur Amery georkestreer en heimelik deur Roberts en Lansdowne aangemoedig word, word in die imperialisteise Pers van stapel gestuur.(86)
(86)Sien legger met Buller se protesbriewe SM 22
Hierdie persveldtog sou ‘n jaar ná sy terugkeer na Engeland tot Buller se ontslag uit die leër lei. En die opvatting dat Buller die hoofoorsaak van die nederlae was, het d.m.v. The Times History of the War permanente geldigheid verkry.(87)
(87)Vir ‘n hedendaagse voorbeeld sien B. Farwell Great Boer War 165 ens.
Al hierdie dinge het toe nog in die toekoms gelê. In daardie stadium was dit Sir George White wie se reputasie ‘n spreekwoordelike graf in Suid-Afrika gevind het. Roberts, ‘n persoonlike vriend van White uit die Indiese dae, het geweier om White voortaan in enige verantwoordelike amp aan te stel.
Buller het hom ‘n Natalse divisie aangebied, ‘n treurige vernedering vir die man wat in bevel van ‘n veldmag was. White se siekte was vir almal ‘n verligting. Hy is saam met Rawlinson na Durban en is as invalide teruggestuur na Engeland.(88)
(88)R-L Mrt 11 (no 277), 16 Mrt (brief) 1900, H & O I, 69, 73-4
Terwyl die twee na Durban gereis het, kon Rawlinson uit die trein al die slagvelde sien waar Buller se manne begrawe lê – Hart’s Hill, waar die Ierse brigade 500 man verloor het; Colenso, waar die geraamtes van Long se batteryperde in die son lê en verbleik.
En op hierdie reis is daar ‘n skielike, verbasende hartsverandering in Rawllinson. Toe hy Buller se manne ‘n week tevore op die oorwinningsparade gesien het, het hy opgemerk: “Noudat ek hulle gesien het, is dit vir my verbasend dat hulle nie vroeër deurgekom het nie.:(89)
(89)Rawlinson dagboek 3 Mrt 1900, Rawl 7
Nou sien hy uit ‘n oop spoorwegtrok party van die fisieke probleme waarmee Buller te kampe had: die rotse en die kranse, die berghellings vol doringbome, al die elemente van Botha se merkwaardig kragtige linie op die Tugela se noordelike oewer.
Rawlinson was nie alleen een van Roberts se mees bevoegde bewonderaars nie, maar ook ‘n billike mens. Miskien het hy skaam gekry oor die manier waarop Buller as sondebok vir die terugslae moes dien. In elk geval, daardie aand skryf hy in sy dagboek: “Besonder interessant … dit is wonderbaarlik dat hulle hoegenaamd deurgekom het …”(90)
(90)Ibid – 3-12 Mrt 1900 Rawl 7. Sien ook MacDonald 296-7
—oOo—