BO Die Bloemfonteinse pes

Die Bloemfonteinse Pes

Die Oranje-Vrystaat, 13 – 28 Maart 1900

Who recalls the noontide and the funerals through the market, / (Blanket-hidden bodies, flagless, followed by the flies?) / And the footsore firing-party, and the dust and stench and staleness, / And the faces of the Sisters and the glory in their eyes?

Rudyard Kipling Dirge of Dead Sisters

“Veel meer mense is in hospitale deur nalatigheid gedood as deur Boere-koeëls … Manne wat maklik gered kon word, sterf by die honderde …”

Lady Edward (Violet) Cecil aan die Britse Eerste Minister, 30 Mei 1900

Hoofstuk-aanhef  Rudyard Kipling Verse 219. Ook Ly E. Cecil-Ld Salisbury 30 Mei 1900, Sal E (Ox)

Hoofstuk 31

“Bloemfontein is ‘n mooi plekkie,” skryf een van Rimington se Tiere, “maar dit verras ‘n mens.”(1) En ook die val van Bloemfontein het almal – miskien veral Lord Roberts – verras.

(1)Luit. March Phillipps With Rimington 92

Die dorp, ‘n hoofstad met 4 000 siele (alle kleure ingesluit), lê min of meer in die middel van nêrens. As jyvan Kimberley kom, kan jy die oorwinnaars se spoor volg. Honderd myl ver oor die kruin, wuiwende grasvlakte lê hul groot leë beskuitblikke, briewe uit Engeland en dooie of sterwende perde.(2)

(2)Ralp At Pretoria 128-9

Daar is niks behalwe af en toe ‘n witgekalkte opstal met sy modderige dam en twee of drie populierbome nie. Dan, skielik, onder enkele plat koppies, ‘n versameling rooibaksteenbungalows met sinkdakke, in die koloniale styl gebou, met krisante in die tuine waar swart tuiniers werk.

Daar is ‘n stowwerige markplein; die Vlaamse gewels van ‘n Britse assuransiegebou en die English Club, met sy balkonne soos iets uit Indië; die hoë, koel Ioniese suile van die Raadsaal en die Spoorwegburo. Sonder waarskuwing bevind jy jou in die hart van die vyand se hoofstad.(3)

(3)Phillipps 92-3. Black & White Budget 31 Mrt 1900 (foto’s). SD I, 267 para 23

Bloemfontein het met ewe min waarskuwing geval, op die oggend van 13 Maart. Waar was die Boereleërs? Hulle het gevlug. Hulle het soos ‘n lugspieëling in die veld verdwyn. Daardie manne wat so taai aan hul loopgrawe in Britse gebied om Kimberley vasgeklou het, het die loopgrawe om hul eie hoofstad sonder slag of stoot laat vaar. Dit is ‘n antiklimaks, maar Roberts kla nie.

Die vorige aand het Pres. Steyn in een van die laaste treine noordwaarts gevlug om weg te kom voor die Engelse die spoorweg opblaas. Om middernag het Roberts gehoor dat French en die kavalleriedivisie die plat koppies suid van die naturellelokasie, en die taktiese sleutel tot Bloemfontein, verower het. Om agtuur daardie oggend eet Roberts en sy staf op die landgoed van Steyn se broer. Mev. Steyn sit vars melk en botter voor om die militêre rantsoene aan te vul.

Toe bring ‘n lid van die perskorps vir Roberts ‘n interessante berig. In antwoord op Roberts se dreigement om die stad te bombardeer, het die burgemeester, die landdros e.a. hoogwaardigheidsbekleders – met inbegrip van mnr. John Fraser, die Engelssprekende Vrystater wat in die vorige verkiesing teen Steyn gestaan het – reeds oorgegee.(4)

(4)SJ 13 Mrt 1900. R-L 12, 13 Mrt 1900, H & O I, 70 tels no 281, 282, 282A, 283. OH II, 233-8

Hulle is nou onderweg om die sleutels van die openbare geboue aan die veldmaarskalk te oorhandig – sleutels van leë geboue, aangesien die staatsargief ‘n paar dae tevore verwyder is. Draadknippers sou ‘n pasliker simbool van oorgawe gewees het, merk een van die persmanne op, met die oog op die doringdraad wat jy oral in die veld sien.(5)

(5)Battersby 101. Ralph tap 138

Dit was gepas dat die pers voor die leër in Bloemfontein moet wees. Roberts glo al baie jare in die pen as ‘n oorlogswapen en hy het altyd sy bes gedoen om goeie persbetrekkinge te handhaaf. Nou het drie ondernemende joernaliste – H.A. Gwynee van Reuter, Percival Landon van die Times en Banjou Paterson van die Sydney Morning Herald – op perde by die stad ingalop en gesien hoe Bloemfonteiners van hul fietse afspring en hul hande in die lug gooi as of hul lewens daarvan afhang.

(Ander aanspraakmakers op die verowering van Bloemfontein was ‘n paar telegraafwerkers wat die telegraaflyn by die dorp moes inneem; hulle het die groot houttol in die straat afgerol sonder om te besef dat hulle voor die leër daar is.)(6)

(6)Ralph tap 139-48

Weldra daag die veldmaarskalk op; die vlag volg op die pers se hakke. As ‘n triomftog is die kakiekleurige kolonne maar taamlik kleurloos, byna saai.

Bloemfontein, die tuiste van die Vrystaat se klein Uitlandergemeenskap, het altyd teenstrydig koloniaal gelyk, ‘n plattelandse neef van Johannesburg. Noudat die Boere gevlug het, lyk dit besonder Engels. Mense swaai Union Jacks rond en deel toebroodjies uit asof Bloemfontein bevry is en nie verower nie.

Vir party is dit ‘n soort bevryding. Ses-en-veertig jaar tevore het die Engelse die land en sy swart meerderheid aan die Voortrekkers teruggegee. Vandag vier die swartes fees. “Dankie, dankie, dankie,” roep ‘n bonkige naturel keer op keer. Ander swartes stroop die Boere se artilleriebarak om die Svrystaat se nuwe vryheid onder die Empire te vier.(7)

(7)Battersby 101. Ralph tap 138

Roberts se aankoms is grafies beskryf deur Lord Kzerry, oudste seun van die Britse Minister van Oorlog en een van die jong edelmanne met wie Roberts sy hoofkwartierstaf versier. “Omstreeks 12-uur in optog aangekom,” skryf Lord Kerry.

“Opperhoof ry alleen, dan vier ADC’s, dan res van HK(-staf) in viere, mil. attachés in orde gehou deur (Lord) Downe, eskort van ‘n kavallerie-regt. want geen infanterie. Baie geesdriftig deur enkele oorblywende inwoners ontvang, hoofsaaklik Engelse vroue wat almal die hoof se hand wil skud.

“Oud-regeringsamptenaar (die landdros) in jagklere en kniebroek tree as gids op … manne met rooi, wit en blou rosette stap langs die optog, sing ‘Soldiers of the Queen’, ‘Tommy Atkins’ e.a. populêre liedjies (party het gedrink) gaan suid verby die fort wat ons omstreeks 1850 gebou het ‘staatsartillerie’, en barak wat Kaffers plunder, dryf hulle weg en pos ‘n wag, ry deur dorp en markplein na … standbeeld van wyle Pres. Brand (die President wat die Vrystaat in die oorlog van 1880-1 neutraal gehou het) wat hoof inspekteer.

“Vandaar na (Steyn se) Presidensie skare sing volkslied toe ons by  hek ingaan … hys klein Union Jack deur Lady Roberts geborder op tydelike vlagpaal in tuin, goeie huis … marmerhal, meubels uit

Tottenham Court Road … alles in goeie orde, middag- en aandete in klub. Heildronk op hoof deur genl. French ingestel, puik toespraak in antwoord: ‘Goeie werk van kavallerie, uithouvermoë van alle range’ …”(8)

(8)Lord Kerry se dagboek, Lan XII, f14-15

Dit moet nogal ‘n vrolike aand gewees het, daardie eerste banket in die vyand se hoofstad. Op die hoofplein, langs die houtveranda van die English Club, vermaak die orkes van die Highland Brigade die Vrystaters. Buite die Presidensie wapper die klein Brise vlag van sy wat Nora Roberts gestuur het, soos wasgoed aan ‘n lyn;(9) as die vrou van ‘n Ier het sy ‘n onopvallende Ierse klawerblaar bygewerk.

(9)Rawllinson dagboek 13 Mrt 1900, Rawl. TH III, 590

Binne die huis, in die gerusstellende Engelse swak smaak van die President se marmerhal (Maples het die meubels uit hul winkel in Tottenham Court Road verskaf), drink die oorwinnaars mekaar se gesondheid uit die President se glase en staar na die standbeeld van ‘n naakte dame, wat hier onvanpas lyk.(10)

(10)Rawlinson dagboek tap. Menpes 68-9, 82-3. Sien Ly E, Cecil (Milner) beskrywing My Picture Gallery 181

Maar agter die sigaarrook en die klub-heildronke – “goeie werk van die kavallerie” – is daar groeiende spanninge en ironieë. Welslae, soos nederlaag, toets die nate van die veldtog. Roberts en sy generaals het baie gemeen met Buller en sy generaals. Roberts blameer French en Kelly-Kenny dat hulle hom ‘n week tevore by Poplar Grove een van die groot geleenthede van die oorlog laat verloor het. French en Kelly-Kenny stem saam – maar hulle pak die skuld op Roberts.(11)

(11)Kelly-Kenny dagboek 7 Mrt 1900, Kell. Franch dagboek Mrt 1900, Fren. Haig

Dit is Roberts se foutiewe berekeninge, beweer hulle – sy roekelose herrangskikking van die vervoerstelsel – wat sy eie leër, veral die kavallerie en artillerie, verlam het deur manne en perde te verhonger. “Uithouvermoë van alle range.” Dit is Roberts se flaters wat hulle almal moet uithou.

Op wie moet die skuld werklik gepak word? Die slag van Poplar Grover op 7 Maart is in een opsig soortgelyk aan baie veldslae waarmee die Engelse teleurgesteld was. Dit is maklik om te sê wat verkeerd geloop het, moeilik om verantwoordelikheid toe te deel. Dit is waar dat daar daardie oggend die moontlikheid van ‘n oorwinning was wat selfs die gevangeneming van Cronjé en sy 4 000 in die skaduwee sou gestel het.

Onder die 6 000 burgers op die3 slagveld (hoewel Roberts dit eers die volgende oggend sou hoor) was Oom Paul self, wat die Almagtige kom help het om Sy volk met nuwe ywer te besiel.(12)

(12)De Wet 68-9

Die Boere se haastig geïmproviseerde loopgraaflinie by Poplar Grove het ‘n reeks koppies oor 10 myl wye front aan weerskante van die Modderrivier bestryk, ongeveer 30 myl stroom-op oos van Kimberley. Dit het die laaste natuurlike verdedigingslinie voor Bloemfontein gelyk.

Begryplik genoeg was Roberts se aanvalsplan gebaseer op die lesse van Paardeberg. Hy het French gelas om die kavalleriedivisie, ‘n aantal berede infanterie-eenhede en perde-artillerie te neem en met ‘n ompad van 17 myl om die Boere se oostelike flank te ry. Sy ompad moes wyd genoeg wees om die Boerelinies te vermy. Daarna moes hy die laers van agter aanval en die Boere se ontsnappingsroete na Bloemfontein afsny.(13)

(13)OH II, 190-5 & Kaart Deel II, 26

Ná die kavallerie die draai gemaak het, moes die drie infanteriedivisies van regs af aanval, gesteun deur artillerie-bombardement: Kelly-Kenny se (6de) divisie, die Guards Brigade en Tucker se (7de) divisie teen die hoofstelling op die rivier se suidelike oewer; Colvile se (9de) divisie en ‘n klompie berede infanterie op die noordoewer.(14)

(14)R SD I, 264-5 paras 7-11. R get RCSAW II, 465

Dit was die plan: ‘n verbeterde variasie van die taktiek by Paardeberg – d.w.s. om die grootste moontlike aantal Boere met die minste lewensverlies aan te keer; en in elk geval om die roekelose verliese te vermy wat Kitchener drie weke tevore veroorsaak het.

In ‘n sekere sin het die plan aan ‘n wildjag herinner. Neem ‘n paar kanonne en gaan agter om die heuwel, was die opdrag wat die “wilddrywers” (French en die kavalleriedivisie) van Roberts ontvang het. Wanneer julle stelling ingeneem het, sal die lang ry gewere (Kelly-Kenny en die infanteriedivisies) die voëls opjaag.

Die probleem was dat die Boere hulle nie soos opreg getaalde fisante gedra het nie. Hulle het gevlug. Roberts het aanvaar dat die Boere sou bly waar hulle is, soos Cronjé in die bedding van die Modderrivier, en vlug wanneer die kanonne aankom. Maar nee, die Boere het die loop begin neem die oomblik toe hulle sien die kavalerie probeer hulle omvleuel.(15)

(15)OH II 196-203. Kelly-Kenny dagboek 7 Mr6t 1900, Kell. Haig-Henrietta 16 Mrt 1900, Haig.H & O I, 72

Op sigself hoef dit nie vir Roberts se plan noodlottig te gewees het nie. Want wat was die ware doel van die kavallerie se koue staal – die beroemde arme blanche waarin die jagtende here van die ruitery so hartstogtelik glo? Was dit dan nie om ‘n paniekerige vyand met lanse en sabels uit te wis nie?

Nou ja, hier is die plek en die oomblik: 6 000 Boere, met Pres. Kruger en sy pluiskeil vooraan, wat oor die veld weggealop, ‘n veld net so gelyk soos Salisbury Plain, terwyl die kavalleriedivisie, met 42 beweeglike kanonne, agter hulle aanbulder.(16) Vir die Engelse vosjagters ‘n skouspel om van te droom. Maar dit is nie wat Roberts deur sy verkyker sien nie.

(16)Childers Arme Blance 133-49

Tot Roberts se ergenis sit French die Boere nie agterna nie. Inteendeel, die perde beweeg op ‘n stappie. Erger, die kavalleriste klim af om te veg, want belaglike klein groepies Boereskutters het agtergebly en hulle voorgekeer – ‘n meesterlike agterhoede-aksie wat deur De Wet georganiseer is.

Roberts plaas die blaam vir die fiasko hoofsaaklik op French: “Ons het ‘n goeie kans gestaan om die twee Presidente gevange te neem as French my opdragte uitgevoer en dadelik na die Modderrivier koers gekry het. In plaas daarvan het hy kosbare tyd verspil deur klein groepies Boere agterna te sit.”(17)

(17)R-L 16 Mrt 1900, H & O I, 72

Roberts beskuldig French ook van lamlendige perdemeesterskap. As die kavallerie hul perde beter behandel het, sou hulle nie ingegee het nie.(18) Dit is ‘n aanklag wat French sou verbitter. Die kavallerie blameer juis die ineenstorting van die divisie op Roberts se hopelose vervoerreëlings.

(18)R se aantekeninge vir L ingesluit deur N. Chamberlain 28 Aug 1900, Bobs 23/IV

“Ek het nog nooit perde gesien wat so op was soos ons s’n daardie dag nie,” skryf Douglas Gaig, sy stafhoof. “Hulle ly al sedert 11 Februarie honger … agt pond hawer per dag. So baie Kol. Knol-Korpse is gestig dat die hele mag se perde nie ‘n volle rantsoen kon kry nie..”(19)

(19)Haig-Henrietta 16 Mrt 1900, Haig

Aangesien die koloniale korps volgens Hasig volkome nutteloos is (“al wat hulle kan doen, is plunder … verdwyn sodra ‘n skoot gevuur word”), beskou Roberts se plan om die gereelde kavallerie se rantsoene te verminder ten einde “hierdie woestaards” kos te gee, as belaglik.

Waarskynlik was Haig reg in die opsig dat Roberts veral homself moet blameer dat so min Boere gevange geneem kon word.(20) Maar die basiese feit was dat die dag van die kavalleriestormloop verby was. Die Mauser het konvensionele kavallerietaktiek ondoeltreffend gemaak. Die “wit arm” het ‘n wit olifant geword.(21)

(20)Ibid

(21)Childers tap

Roberts het Kelly-Kenny ook daarvan beskuldig dat hy die Boere se loopgrawe te stadig en versigtig aangeval het. Kelly-Kenny het later beken dat hy vroeër sou aangeval het as hy besef het hoe gedemoraliseer die Boere was.(22)

(22)Kelly-Kenny dagboek 7 Mrt 1900, Kell

Maar hy blameer Roberts vir die feit dat sy eie manne en perde ingegee het. Die 6de Divisie “verhonger” al sedert De Wet die voedselkonvooi by Watervaldrif gebuit het, en daar is maar een waterkar vir elke bataljon, skaars genoeg vir ‘n halwe bottel water per man.(23)

(23)Ibid 7-9 Mrt. 6dce Divisie staf-dagboek in SJ 14 Mrt 1900

Wie ook al die skuld moet kry, die uitwerking van die slag van Poplar Grove op die Britte was rampspoedig en langdurig.

Uit die Engelse oogpunt was dit erg genoeg dat Roberts Kruger en die ander nie kon vang nie. Hy het ook volkome verkeerde afleiding gemaak uit die skynbaar paniekerige manier waarop die Boere gevlug het – net De Wet het verhinder dat hulle al hul waens en grofgeskut verloor.(24) Dié afleiding was dat die Boere se moreel gebreek en die oorlog feitlik verby was.(25)

(24)De Wet 69

(25)OH II, 213-29. R SD I, 266 paras 18-20

Dié gedagte is skynbaar bevestig deur ‘n aksie by Driefontein op 10 Maart(26) en deur die feit dat hulle Bloemfontein op 13 Maart sonder slag of stoot laat vaar het. Dit was die grootste strategiese misrekening van Roberts se loopbaan, hoewel Milner, soos ons sal sien, die verantwoordelikheid moet deel.(27)

(26Kelly-Kenny dagboek 10 Mrt 1900, Kell. R-L 16 Mrt 1900, H & O I, 73-4

(27)Sien nota 90

*** *** ***

Bloemfontein (sedert die inname herdoop tot “Bobsfontein”) is bepaald ‘n mooi plekkie, en dit geld ook baie van sy vroulike inwoners. Die onderlinge verwyte in die Engelse geledere verdwyn tydelik in ‘n reeks partye en vierings.(28)

(28)RalpWar’s Brighter Side 182-3

Verbroedering met die vyand is ‘n wesenlike deel van Roberts en Milner se korttermynplan vir die Vrystaat. Om sowel militêrfe as politieke redes moet die oorname so glad en pynloos as moontlik verloop. Gevolgelik word baie Boere-amptenare nie van hul poste onthef nie. Terselfdertyd word Engelssprekende burgers soos mnr. John Fraser aangemoedig om die gapings te vul wat Steyn en die burgers te velde in die Staatsdiens gelaat het.(20)

(29)R-L 16 Mrt 1900 tap

Vir die Boerebevolking in die algemeen is die boodskap vriendskap: wees gerus, die Britse leër sal hulle soos here gedra, wees gerus, die Empire sal die nuwelinge verwelkom. Vandaar die partye en bankette waarna so baie burgers uigenooi word; vandaar dat die orkes van die Highland Brigade elke aand op die Markplein speel. Vandaar ook ‘n nuwe tweetalige dagblad met ‘n gesellige titel, The Friend, wat Roberts net twee dae ná die inname stig – nadat hy die anti-Engelse Express gesluit het.(30)

(30)Ralph War’s Brighter Side 5-15. (Rankin) Subaltern’s Letters

The Friend gebruik die Express se pers en word deur Engelse oorlogskorrespondente met vrye tyd behartig. Die gedagte het van sowel Milner as Roberts gekom. Hulle bring ‘n skitterende span patriotiese pen-manne byeen, met inbegrip van die Empire se nie-amptelike hofdigter, Rudyard Kipling.

Kipling, wat Roberts al sedert sy dae in Indië bewonder het, het ná die Ierse St Patricksdag op die front aangekom. Hy skryf ‘n aangrypende gedig oor die Ierse regimente wat beveel is om die klawerblaar te dra: “From Bobsfontein to Ballyhack, / ‘Tis ordered by the Queen / We’ve won our right in open fight, / The wearing of the Green.”(31)

(31)Ralph a.w. 117

Oor die algemeen het Kipling nie Bloemfontein veel glans tot sy literêre reputasie gevoeg nie. Maar The Friend, hoe lomp en wispelturig ook al, help ongetwyfeld om die leër se moreel hoog te hou. Terselfdertyd bring hy ‘n boodskap wat baie Boere gerusstellend vind.

Die nuwe bewind sal die ou regering se “beskawingswerk” voortsit. Alle swartes moes passe dra. Toe 27 Kaffers ná nege-uur in die aand sonder passe gevind word, gee die Vrystaatse Naturellepolisie hulle elkeen vyf houe. En die Engelse wens die Polisie met hul “goeie werk” geluk.(32)

(32)The Friend Mrt-Apr 1900

Noudat hy die manne in sy leër ‘n nuwe stem gegee het, begin Roberts hulle ook iets gee wat hulle nog meer nodig het: nuwe stewels en uniforms.(33) Hulle het Bloemfontein half-kaal binne gemarsjeer, met voete wat deur snye en barste in hul stewels steek. Soos die bevelhebber van die 9de Divisie, Sir Henry Colvile, droog opgemerk het: “Party van die manne se naaktheid sou minder opvallend gewees het as hulle hul vodde heeltemal uitgetrek het.”(34)

(33)R-Queen Victoria 15 Mrt 1900, H & O I, 71-3

(34)Colvile 67

Stap vir stap, stewel vir stewel, keer die leër na ordentlikheid terug. En om weer met vroue en meisies om te gaan, lyk byna soos ‘n droom. “Dit was ‘n ongelooflike ondervinding,” skryf lt. Rankin van Rimington’s Tigers, “om ná weke in ‘n uitsluitend manlike gemeenskap, te midde van al die verskrikkinge en godslastering en vieslikheid van aanhoudende skermutselinge, te sien hoe drie oulike dogtertjies met kappies en vleklose moeselienrokkies sigarette aan die soldate uitdeel.”(35)

(35)(Rankin) Subaltern’s Letters 174

Nog bekoorliker is die jong, koketterige Lady Edward Cecil, wat die front teen die einde van Maart op Roberts se uitnodiging besoek om die Guards te inspekteer. Watter “groot, mooi manne” merk sy op.(36)

(36)Ly E. Cecil-“Mama” 15 Nov 1899, Sal (Hat). Ly Milner Picture Gallery 180

Die gewone soldaat raak nie met Lady Edward deurmekaar nie. Hy en sy makkers kry nou kans om te antwoord op daardie duisende briewe uit Engeland wat by elke Engelse kampeerplek in die veld rondwaai.(37)

(37)Die pos was enorm: gemiddel 190 000 militêre briewe is weekliks in Kaapstad ontvang. Sien OH IV, 625-8

Dit is die eerste dramateise toets van die nuwe massageletterheid, hierdie orgie van briewe deur die werkersklas. Manne wie se oupas in die Krim en oorgrootjies in die Spaans-Napoleontiese oorlog op die offisiere en oorlogskorrespondente staatgemaak het om hul wedervaringe aan die wêreld oor te dra, beskik nou oor die middele om hul doen en late self te beskryf.

“Dank die Here ek is nog in die land van die lewendes maar ek was baie baie gelukkig goeie land.” “Ek skryf vir jou dié paar lyne en hoop ek kry jou by die huis in goeie gesondheid en geniet jouself. …” “As jy iemand sien wat my ken, sê tog vir hulle groete. …” “Ek vrees daar kom nog ‘n geveg … maar hou moed ons sal wel deurkom …” “Beste ou vriend … gee my groete an jou ma en pa en Bert en Wal, ek moet afsluit hopende om jou heeltemal wel te vind, glo my ek bly jou ou vriend. …”(38)

(38)Afskrifte in PV

Die skrywende soldate stuur ‘n onafgebroke stroom gerusstellings na Engeland terug. Oor die werklikhede van die oorlog – die afskuwelikhede, die hemelskreiende vieslikheid – swyg hierdie briewe.(39)

(39)(Rankin) Subaltern’s Letters 226-7

Ook Roberts stuur ‘n gerusstellende en nogal  hoogdrawende brief na Engeland – aan die Koningin gerig. Hy het weke laas ‘n kans gehad.(40) Hoe dramaties hetdie patroon van die oorlog in daardie tyd nie verander nie. Die herowering van Kimberley, Cronjé se gevangeneming, die ontsetting van Ladysmith, die inname van Bloemfontein – alles binne ‘n maand.

(40)Sien nota 33

Geen wonder Roberts geniet sy respyt in Bloemfontein nie, hoewel hy ongeduldig is om die leër weer toe te rus en te vertrek. Vir hom is die Suid-Afrikaanse herfs “volmaaktheid:(41) in daardie skaduryke tuine word die son weer ‘n vriend. Elke môre woon die “mannetjie”,(42) soos die mense Roberts noem, ‘n diens in die Anglikaanse katedraal by, die neo-Gotiese rooibaksteen-kerk waarin Milner die vorige Junie daardie preek gehoor het: “Geseënd is die vredemakers”

(41)R-Brackenbury 27 Mfrt 1900, H & O I, 84

(42)Sien Rawlinson dagboek passim, Rawl 7

Nou is die katedraal vol bonkige jong soldate in kakie, met rooigebrande gesigte, en die vrolike rooi-en-blou uniforms van die verpleegsters. Roberts sit in die voorste ry, onder die preekstoel, ‘n tengerige man met wit hare en ‘n swart armband, alleen.(43)

(43)(Rankin) Subaltern’s Letters 174-6

In sy brief aan Koningin Victoria bedank Roberts haar eers vir haar gelukwensings: “Dit is vir my ‘n bron van groot bevrediging … om te verneem dat die operasie waarin ons betrokke was, U Majesteit se goedkeuring wegdra. …”

Hy vervolg: “Dit is vir my onmoontlik om aan U Majesteit te besrkyf hoe voobeeldig die troepe hulle gedra het … gebrek aan vervoer het ons verhinder om tente saam te neem … sowel offisiere as manskappe moes dikwels in stortreën in die veld slaap, en meermale met halfrantsoene genoeë neem. … Maar niks kon hul gees demp nie. … U Majesteit se soldate is werklik uitmuntende kêrels.(44)

(44)Sien nota 33

Roberts spog nie maklik nie. Hy is trots op die gelykmoedigheid waarmee hy die nodlot aanvaar. Maar nou, noudat die Boereleërs skynbaar so skielik ineengestort het en terwyl “Soldiers of the Queen” in Bloemfontein gesing word, maak hy die groot misrekening.

“Suid van Bloemfontein (voorspel hy vir die Koningin) is die Vrystaat vinnig besig om normaal te word. Die proklamasies (van ‘n wapenstilstand) wat ek uitgereik het, is besig om die gewenste uitwerking te hê, en burgers lê daagliks die wapen neer en keer na hul gewone bedrywighede terug.

“Dit lyk onwaarskynlik dat hierdie staat nog veel moeilikheid sal oplewer. Die Transvalers sal waarskynlik uithou, maar hulle moet erg uitgedun wees, en ek vertrou dit sal nie baie lank duur voor die oorlog tot ‘n bevredigende afloop gebring is nie.

“Ons word genoop om ‘n kort tyd hier te rus sodat die manne en perde kan herstel, en om eersgenoemde van nuwe stewels en klere te voorsien.”(45)

(45)Ibid

“Nie baie lank” voor die einde van die oorlog nie. ‘n “Kort tyd” se rus. Saam gesien sou albei hierdie deurslaggewende strategiese takserings –van Boereswakheid en Engelse krag – rampsoedig optimisties blyk. Die eerste was op ‘n fundamentele misvatting i.v.m. die Boere gebaseer; die tweede het die fout vererger.

Roberts was geen dwaas maar ook geen genie nie. Hy was ‘n uiters suksesvolle Engelse generaal met die taktiese en diplomatieke bedrewenheid, maar ook die beperkinge van 40 jaar se vrede en oorlog in Indië.

Hy het geen begrip van Suid-Afrika gehad nie. Hy was onkundig oor sowel die kompleksiteite van kolonialisme as die taaiheid van Afrikaner-nasionalisme en die buitengewone veerkragtigheid van die Boerevegter – jagter en gejaagde, vegdier en politieke dier.(46)

46)Ook nie sy eie inligtingsoffisiere nie, moet ‘n mens byvoeg. Kol. Henderson is as invalide teruggestuur.Sien Robertson 117 en R se voorwoord tot Henderson se Science of War XXVII

Betekenisvol genoeg kon Buller – wat in die laaste Zoeloe-oorlog syaan sy met die Boere geveg het – wel die besondere probleme van ‘n oorlog teen hulle akkuraatheid voorspel. Dit sou ‘n “beskaafde” oorlog wees, d.w.s. ‘n oorlog volgens die reëls van die Geneefse Konvensie, maar in ‘n onbeskaafde land, d.w.s. ‘n land met min spoorweë e.a. mensgemaakte bates, wat almal maklik verwoes kon word.

Dit sou ‘n volksoorlog wees, d.w.s. ‘n kragmeting nie alleen tussen regerings nie, maar tussen volke en nasies. Dit sou ‘n oorlog wees teen ‘n jong volk, saamgestel uit gemeenskappe wat oor ‘n enorme gebied versprei lê. In hierdie soort baanbrekende koloniale gemeenskap is daar geen hoogs georganiseerde bestuursmasjinerie nie, en die sentrale regering het min invloed of gesag.

“Die tyd het die regeringsetel nog nie ‘n stralekrans van aansien gegee nie,” skryf Buller. “Vir elke man in sy eie  huis die hoofstad. Gevolglik is daar geen bevelsentrum wat verower kan word om die hele land of selfs ‘n hele distrik te onderwerp nie; daar is geen orgaan waarteen ‘n enkele hou gerig kan word wat die hele liggaam sal verlam nie. Daar is lewende organismes wat in ‘n magdom fragmente verdeel kan word sonder om die individuele lewe van elke fragment te vernietig.”(47)

47)Buller get RCSAW III, 170-1

Dit is die lesse wat Buller uit die geskiedenis en sy persoonlike insig geleer het. Hy het voorspel dat die klassieke formele oorlog in ‘n fragmentêre oorlog sou verander. Hy het geglo dat ‘ n militêre strategie gebaseer op die konvensionele gedagte van “’n enkele hou” die verowering van die Boere weinig nader sou bring.

Hy het die oorlog teen die Boere vergelyk met die probleme van generaals Howe, Clinton en Cornwallis in die Amerikaanse Vryheidsoorlog. Dit het nie veel gehelp om hoofstede soos New York, Philadelphia en Charlestown in te neem tensy ook die gebied tussen die stede onderwerp kon word nie.

Sodra die vyand herrys, keer die bevolking na sy vroeëre lojaliteit terug – verstaanbaar genoeg, tensy hulle teen intimidasie deur hul eie soldate beskerm kan word. Die werklike taak is om “elke gewapende man in die veld” te klop. Anders sal Suid-Afrika soos ‘n rivier wees waardeur iemand probeer stap. “So iemand kan (die water se) krag keer waar hy staan, maar waar hy ook al gaan, die water sal altyd vor en agter en om hom sluit.”(48)

(48)Ibid

Buller het natuurlik al tevore die rol van Cassandra vertolk: in September 1899. Nou voorspel hy ‘n guerrilla-oorlog.(49) Sy raad aan Roberts is soos volg: dit sal nie help om na Pretoria op te ruk voor hy die Vrystaatse leër heeltemal vermorsel het nie. Anders sal daardie water anderkant die Vaal om hom toegaan.

(49)Ibid

Roberts, daarenteen, k lou vas aan die kon vensionele gedagte van oorgawe. Neem die hoofstad in, dan het jy die vyand se kop afgesny. Die gees moet ook sterf. En hy is lankal van plan om politieke middele te gebruik – van die soort wat dikwels in Indiese grensoorloë gebruik is – om sy opnars na Pretoria vergemaklik.

Op 15 Maart bied hy ‘n amnestie aan alle Vrystaatse burgers behalwe die leiers. Al wat hulle moet doen, is om terug te keer huis toe, ‘n eed van  neutraliteit af te lê en hul wapens in te lewer.(50)

(50)R-L 16 Mrt 1900 en tel no 293 van dieselfde datum, H & O I, 73. OH II, 260 gee die teks van Proklamasie van 15 Mrt

Die algehele teenstelling tussen die twee strategiese opsies kon nooit klaarblykliker gewees het as in die 14 dae ná die val van Bloemfontein nie. Volgens Roberts se inligtingsafdeling is die Boeremagte te velde teen die middel van Maart maar nog sowat 37 000 (die werklike getal was waarskynlik nog kleiner).

Daar is gemeen dat die grootste enkele konsentrasie nog steeds die Boere-invalsmag in Natal is: 13 000, van wie die meeste nou agter die Biggarsberglyn, 40 myl noord van Ladysmith, ingegrawe lê.(51) In die Kaapkolonie inspireer ‘n invalsmag van sowat 1 000 burgers onder genl. Steenkamp ‘n plaaslike Afrikaneropstand in die verspreide dorpies en nedersettings in die omgewing van Prieska in die Noordwes-Karoo.(52)

(51)OH II, 230-1

(52)OH II, 189

Teen die middel van Maart blaas die ander Bmagte albei strategiese spoorwegbrûe tussen Bloemfontein en die Kaapse hawens met dinamiet in die lug- Norvalspont op die Kaapstadse en Port-Elizabeth-lyn, Bethulie op die Oos-Londense lyn. Daarna laat hulle hul stellings suid van die Oranjerivier vaar.

Die sterkte van die Boeremagte wat nog steeds Britse gebied beset, word dus op 15 500 gestel, met inbegrip van genl. Snyman se groepie van sowat 1 500 wat die Baden-Powell nog op ‘n manier by Mafeking beleër.

Altesame 21 500 ander burgers is vermoedelik oor die Vrystaat versprei. Vermoedelik word 5 000 tot 6 000 deur De Wet en De la Rey aangevoer; hierdie manne het hul loopgrawe laat vaar en noord van Bloemfontein gevlug. Noord van Kimberley, glo die Engelse, is daar ‘n groot mag onder genl. DuToit. En 4 000 man onder genl. Olivier het Colesberg aan die einde van Februarie verlaat en êrens na die noordooste teruggeval.(53)

(53)OH II, 230-1, 259-60

As Roberts prioriteit wou verleen aan die vermorseling van die Boeremagte in die Vrystaat, sou hierdie kommando’s van Olivier sy primêre doelwit in ‘n offensiewe strategie moes geweeshet. Want Olivier is 100 myl agter die  Britse hooflinie vasgekeer. Maar Roberts het besluit om sy posisie te konsolideer deur in Bloemfontein oor te lê tot hy ‘n nog groter leër kon opbou, gereed vir die volgende groot tiersprong – in die frase van die Londense Times(54) – die opmars na Pretoria.

(54)Vir Amery se lofrede sien TH III, 594-7

Op die oomblik is sy strategie defensief: om Bloemfontein teen ‘n strooptog deur De Wet uit die noorde te beskerm, om die dorp se waterwerke 20 myl na die ooste te heropen en om die spoorweg na die suide weer in werking te stel. (In werklikheid rammel die eerste trein na Kaapstad reeds op 19 Maart oor die tydelike spoor wat oor die padbrug by Bethulie gelê is.)(55)

(55)OH II, 258

Hy beveel ook Buller om in Natal op die verdediging te bly. Buller teken heftig protes aan.(56) Waar Roberts wel die inisiatief geneem het, was sy oogmerke van ‘n politieke aard. Hy het klein groepies troepe op die platteland rondgestuur om die amnestie-verklaring uit te deel en vuurwapens te aanvaar wat deur die Boere afgestaan is.(57)

(56)R-Buller 3 Mrt 1900 aangehaal RCSAW II, 464, Buller RCSAW II, 183

(57)Haig-Henrietta 22 Mrt 1900, Haig. OH II, 250-3

Op 15 Maart hoor hy belangrike nuus: genl. Olivier en ‘n kolonne van ses- tot seweduisend Boere uit sowel Colesberg as Stormberg ruk noordwaarts op. Hul roete is ‘n pad wat sowat 40 myl oos van Bloemfontein naby die Basoetolandse grens verbygaan. Hierdie nuus word in die volgende paar dae deur bykomende verslae aangevul en bevestig.

Nietemin gelas Roberts nie sy Vrystaatse hoofleër – meer as 34 000 man – om Olivier se kolonne van 6 000 te probeer voorkeer nie. Eers op 20 Maart beveel hy French om een kavalleriebrigade, ‘n paar kanonne en ‘n klompie berede infanteriste na Thaba’Nchu te neem, in die pad van Olivier se roete.

Om so ‘n klein mag so laat uit te stuur, was kwalik meer as ‘n gebaar. Olivier het French gepypkan. Ná ‘n epiese trek van drie weke het Olivier se logge wa-trein, 24 myl lank, veilig agter die Britse linies deurbeweeg, met hul moreel net so ongeskonde as die ossewaens.(58)

(58)OH II, 263-5

Sekere historici het probeer aantoon dat dit nie binne die vermoë van Roberts se groot leër was om so ‘n lomp en klein Boeremag te probeer aanval nie. Aanhangers van die Times History of the War kritiseer Buller omdat hy nie op die dag van die bevryding van Ladysmith sy 2 500 ruiters agter Botha en Joubert se leërmag van 15 000 aangestuur het nie. Maar wanneer hulle met kritici van Lord Roberts te doen kry, keer hulle die eenvoudige sommetjies om.

Dit sou ‘n baie ernstige risiko gewees het, verneem ons van Amery, om 20 000 Kakies agter Olivier aan te stuur, terwyl slegs 15 000 “uitgeputte manne” agterblyom Bloemfontein te bewaak. (In werklikheid was Bloemfontein glad nie in gevaar nie.)

Daar was ‘n eenvoudige rede waarom Roberts Olivier nie probeer verslaan het nie, en selfs sy grootste bewonderaars moet dit beken. Dit was nl. sy oortuiging dat die Vrystaters, mits hulle met rus gelaat word, die amnestie sou aanvaar, die eed van getrouheid sou aflê en na hul huise en plase sou terugkeer. Hierdie vooropvatting, dat die val Bloemfontein die Vrystaat volkome sou demoraliseer, was Robers se fundamentele misrekening.(59)

(59)TH Ivm 6-10

Sy tweede misrekening was dat sy eie leër “binnekort” gereed sou wees om op te ruk. Dit is betekenisvol dat dieselfde kritici, ol.v. The Times, die ineenstorting van Roberts se leër in Bloemfontein as blote vis major afmaak, ‘n daad van die Voorsieningheid, ‘n ongeluk wat die beste bevelhebbers kan tref.(60)

(60)TH IV, 11

Want ‘n instorting was dit. Teen die einde van Maart, toe hierdie eerste goue 14 dae van vrede in die Vrystaat skielik ten einde loop, was Roberts se mag nie veel meer gereed om te beweeg as toe hulle aaangekom het nie.

Die onderliggende rede was dat Roberts, weens temperament en agtergrond, baie weinig in die saai, alledaagse militêre administrasie belang gestel het. Soos ons gesien het, het hy die leërkorps – Buller se groot nuwigheid in die Departement van Oorlog – as een van die afwykinge van die “Wolseley-ring” afgeskryf.(61)

(61)R-L 15-17 Jan 1900, H & O I, 11

Maar hy het nagelaat om ‘n bevoegde hoofkwartierstaf te skep aan wie hy kon delegeer.(62) Sy vriend uit Indië, genl.-maj. William Nicholson, wat as direkteur van vervoer aangestel is, kon Kitchener nie veel nie; buitendien was Kitchener glad te eiewys om iemand se stafhoof te wees.(63)

(62)Fortescue Army Service Corps 229-65

(63)Hamilton memo vir Arthur c 1920, Ham

Die gevolg was chaos in die marmehal van die Presidensie, soos daar op die walle van die Modderrivier chaos was. In die hal (iemand doop dit spoedig die Hasl van Leeglêers) sit daardie skitterende versameling prinse, hertoë e.a. adel met rooi lussies. Hulle speel met hul medaljelinte (DSO staan volgens sommige waarnemers nie vir Distinguished Service Order nie, maar vir Duke’s Son Only). Hulle vra mekaar uit oor die voorraad medisyne wat met die trein gekom het. Medisyne of lewertraan is die kodenaam vir sjampanje.(64)

(64)Menpes 79-80. Vl. TH IV

Intussen bly die probleem wat alles beduiwel, daardie driekoppige monster, vervoer: treine, perde, osse.

As ‘n mens na die kaart kyk, begryp jy dadelik die eienaardige en gevaarlike isolasie van ‘n Britse garnisoen in die Vrystaat. Dit moet aan die lewe gehou word deur ‘n enkele smal spoor wat vir die eerste 100 myl reguit suid loop voor dit by Springfontein n die rigting van die drie Kaapse hawens swenk.

Toe Buller in Desember aan die hand doen dat ‘n spesiale militêre spoor gebou moet word om die Kaapse spoor deur ‘n nuwe westelike roete na Bloemfontein te verleng, het Roberts die gedagte met bespotting verwerp.(65)

(65)Bi;;er get RCSAW III, 176. R-L 27 Des (brief) 1900. H & O I, 4

Tog is dit nou, soos voorspel kon word, in hierdie 100 myl naaste aan Bloemfontein dat die spoorwegknelpunt ná die heropening van die lyn die ontwrigtendste is. Buitendien het Roberts maande verspil voordat hy ekstra trokke en loko’s uit die buiteland bestel het. Op 20 Maart kabel hy “uiters dringend” na Engeland om 25 lokomotiewe en 300 trokke.(66)

(66)R-L 20 Mrt 1900, H & O I, 77

Dit sou maande duur voor hulle aankom. Intussen moet alle voorrade – elke stewel en kombers, elke .303-patroon en elke 6-duim-granaat, elke stuk beskuit en elke verband en bottel medisyne – elke enkele noodsaaklik item die spitsroei van daardie armsalige enkelspoor loop.(67)

(67)R-L (tel) 24 Mrt 1900, (brief) 25 Mrt, H & O I, 80-1

Soos ons sal sien, was een van die regstreekse gevolge van die gebreke in die spoorwegvervoerstelsel ‘n lewensverlies wat Spioenkop betreklik goedkoop laat lyk het.

Ook perde, perde by die vleet, by die duisende: Indiese perde, Birmaanse perde, Argentynse perde, gestamp en gekneus ná ‘n reis halfpad om die wêreld, moet op daardie selfde spoorlyn na Bloemfontein gebring word. Roberts se grande armée vreet perde soos ‘n moderne leër petrol suip. French se kavalleriedivisie alleen het 1 500 verloor toe Kimberley ontset is. Op ‘n enkele dag – die slag van Poplar Grove op 7 Maart – meld die divisie ‘n bykomende 213 ongevalle aan.(68)

(68)French get RCSAW III, Q 17186 en 17189. OH II, 32, 37-8, 203

As dit is wat een divisie op een dag verloor, hoeveel perde sal dit nie kos om ‘n werklike mobiele leër aan die gang te hounie? Want dit is Roberts se plan om 15 000 manne as berede infanterie op perde te plaas.(69)

(69)R-L 24 Mrt 1900 (tel no 331), H & O I, 80

Waar moet hierdie perde vandaan kom? Sedert Februarie word ‘n reeks klaaglike boodskappe tussen Roberts se veldhoofkwartier en Pall Mall oor die tema gewissel.(70)

(70)Sien ins. R-L 9 Mrt 1900 (tel no 271), H & O I, 68

Maar wat Pall Mall se gebreke ook al was, dit is duidelik dat Roberts die skaal en verwikkeldheid van die probleem hopeloos onderskat het. Die belangrike pos van Direkteur van Remonte (perdevoorsiening) op Stellenbosch gee hy aan ‘n offisier wat vir geen ander werk gebruik kon word nie. (Hy was manies-depressief.) Op die ou end het hy homself doodgeskiet.(71)

(71)Kelly-Kenny dagboek 29-30 Mrt 1900, Kell. R-L 29 Mrt 1900 (tel no 348), 1 Apr (brief), H & O I, 85, 87-8

Die derde soort vervoer lê in die hande van nie-blankes: 11 000 muile met sowat 2 000 drywers. Daar is ‘n eenvoudige antwoord op die bewering dat die aankoms van Roberts se leër in Bloemfontein in ‘n toestand totale uitputting een van daardie ongelukkighede van ‘n oorlog was.

In werklikheid was die ineenstorting van manne en perde daaraan te wyte dat hulle op halfrantsoene geplaas is, grotendeels weens die verlies van die feitlik onbewaakte konvooi by Watervaldrif, wat op sy beurt die gevolg van Roberts se afskaffing “regimentele” vervoer was.(72)

(72)Sien nota 19

Ironies genoeg is Roberts teen die tyd gedwing om die “regimentele” stelsel in alles behalwe naam te herstel.(73) Nog nooit was ‘n poging om op vervoer te bespaar, ‘n valser ekonomie nie. Met ‘n bietjie minder ongeduld kon die 30 000 man wat saam met Roberts by Bloemfontein ingemarsjeer het, in dieselfde betrklik goeie toestand gewees het as Buller as 20 000  in Ladysmth.

(73)Sien nota 62

Die mees dramatiese en pynlike simptoom van die gebreke in Roberts se militêre stelsel was die sterfteryser aan tifus. In al die groot Suid-Afrikaanse dorpe was die somer die seisoen vir tifus. Die siekte gedy op onsindelikheid en oorbevolking, die natuurlike toestand van ‘n inboorlingkraal. ‘n Mens kan byna sê dit was Dingaan se wraak op sy veroweraars. Maar teen die einde van die 19de eeu was di siekte grotendeels getem.(74)

(74)Vir volledige verslag oor ingewandskoors sien Report of the Commission on Dysentery (1903), en sien Kb 453 (Romer-verslag)

Om tifus te voorkom, was sorgvuldige sanitêre reëlings nodig: om dit te behandel, sorgvuldige verpleging en sorgvuldige dieet. Gedurende die beleg van Ladysmith, soos ons gesien het, is hierdie reëls verbreek, vandaar ‘n sterftesyfer van 563 in die garnisoen, 393 van hulle aan tifus.

Weldra begin Bloemfontein Ladysmith se sombere rekord van tien sterfgevalle per dag oortref. Die Raadsaal word in ‘n hospitaal verander. In die stowwerige strate waar die triomfantlike troepe gemarsjeer het, is daar elke middag begrafnis-optogte: enkele soldate met gekeerde gewere strompel voor, uitgeteerde muile sleep ‘n bokwa en op die bokwa, in ‘n kombers toegewerk, lê ‘n menslike baal.

Daar is geen plegtige musiek as laaste huldeblyk nie, en selde ‘n vlag. Die dooies is so alledaags as enige ander vrag wat die muile dra. Marsjerende voete, die gekraak van wiele, die geklingel van tuie, die krete van die bruin en swart drywers: dit is die reveille en die laaste taptoe ineen.(75)

(75)Battersby 125-6

Hoekom was daar in Bloemfontein ‘n tifusepidemie? Die basiese rede is duidelik genoeg – dit was endemies. En manne wat nie op Roberts se rantsoen van ‘n halfbottel water per dag  kon of wou klaarkom nie, het water gevat waar hulle dit kon kry, ook uit die Modderrivier by Paardeberg, wat deur Cronjé se leër bwesoedel is.

Maar waarom het tifus in die weke ná Cronje se oorgawe so vinnig versprei? Die eenvoudige antwoord is nalatigheid. ‘n Gebrek aan elementêre sanitêre voorsorgmaatreëls in die militêre kampe terwyl Bloemfontein se bevolking binne ‘n  maand van 4 000 tot 40 000 styg; gebrekkige versorging van pasiënte wat ‘n krisis in ‘n ramp verander het.

Dit was die siening van ‘n Britse parlementslid van die Unioniste-party – William Burdett-Coutts, eggenoot van die filantroop – wat op Roberts se uitnodiging na Suid-Afrika gekom en na Londen teruggekeer het om die skandaal van Roberts se hospitale in sowel die Parlement as in die kolomme van die Times aan die kaak te stel.

‘n Halfeeu tvore is die Engelse volk diep geskok deur die ontsettende toestande in die Britse militêre hospit\ale in die Krim, o.m. dié Skoetari, waar ook Florence ightingale werksaam was. Nou, in woorde wat aan Sidney Herbert se beroemde rapplorte uit Skoetari herinner, beskryf Burdett-Coutts in die Times wat hy op 28 April in Bloemfontein gesien het:

“…honderde manne lê na my wete in die ergste stadium van tifus, met slegs ‘n kombers en ‘n dun grondseil (dikwels nie eens dit nie) tussen hul nypende liggame en die harde grond, sonder melk en met feitlik geen medisyne nie, sonder beddens, kampbeddens of matrasse, sonder enige soort lakens, sonder ‘n enkele verpleegster tussen hulle, met slegs ‘n paar gewonde manskappe as ‘oppassers’ … en met net drie dokters vir 350 pasiënte . … In baie van hierdie tente lê tien tifuslyers dig op mekaar, die sterwende by die herstellende, die man in sy ‘krisis’ vasgedruk teen die een wat vinnig daarheen op pad is. Daar is geen plek om tussen hulle te trap nie. …”(76)

(76)Burdett-Coutts aangehaal TH VI, 523-4. Sien sy get voor Romer-kommissie en afsonderlike gepubliseerde kommentaar

Daar is geen rede om te dink dat Burdett-Coutts oordryf het  of dat sy beskrywing ontipies van die veldhospitale in Bloemfontein was nie.(77) Natuurlik was een rede vir hierdie ontsettende toestande, soos so baie ander dinge in Bloemfontein, die onvermoë van ‘n enkelspoor met te min loko’s en trokke om in die leër se behoeftes te voorsien.

(77)BMJ 2 Feb 1901 hierbo aangehaal. Sien prof  Ogston get RCSAW iI, 472-85 ins. Q10965

Daar was ook vrywillige hospitale in Bloemfontein, met nie-militêre dokters, onder wie dr. Conan Doyle. Dar was ‘n Boere-staatshospitaal, die Volkshospitaal, wat uitmuntende werk vir die Engelse verrig het.(78)

(78)Kb 453

Maar ook hierdie hospitale was afhanklik van daardie enkele naelstring na die suide. En hulle het wél beddens en dokters en geneesmiddels en verpleegsters vir hul pasiënte gehad; in so ‘n mate dat Conan Doyle op die hoogtepunt van die tifusepidemie etlike ure per dag aan die skryf van sy Great Boer War kon bestee.(79)

(79)Conan Doyle se Life en sien Menpes 152-5. Vir Exham sien KB 453/32

Die militêre hospitale was sleg omdat hulle deur die leër geadministreer is. Hulle was ‘n weerspieëling van die ergste verderflike onbuigsaamheid van die Britse militêre stelsel: die eindelose invul van vorms, die obsessie met reëls en regulasies, die ondeurdringbare rompslomp.

Ná die beleg van Ladysmith het Buller van die berugte kol. Exham ontslae geraak, dieselfde Exham, White se skrikwekkende mediese hoofoffisier, met wie se drievoudige vorms maj. Donegan moes worstel; maar nou oorheers die idees van kol. Exham die hospitale van Bloemfontein.(80)

(80)Vir ‘n ooggetuieverslag sien dagboek van dr. Dobbs op Kroonstad (sy) PV

Die skim van Skoetari wandel weer. Waar is die dames met hul lampe? Roberts self het reeds in Februarie besef dat daar in die hospitale aan die Modderrivier ‘n ernstige tifusepidemie uitgebreek het en dat die werk selfs toe al vir oppassers verpleegsters te veel was.

Nietemin het hy ‘n luttele 20 bykomende  verpleegsters uit Engeland laat kom. Later het hy 40 gevra, toe 50 – vir die hele Suid-Afrika. Die rede was eenvoudig: hy het sy eie mediese hoofoffisier, geneesheer-genl. Wilson, “nie baie simpatiek of vatbaar” vir die gedagte van verpleegsters gevind nie.(81)

(81)R-L 15-17 (brief), 22 Jan (tel), 22-4 Jan (brief), 29 Jan (brief) 1900, H & O I, 11, 15, 17, 21

Daar was ‘n verstommende verskil in Roberts se benadering van veldgeneraals en geneesheer-generaals. Veldgeneraals – soms goeies – kon hy by die vleet in die pad steek. Maar waar dit ‘n blote kwessie van gesondheid en higiëne was, was Roberts gewillig om ‘n generaal in wie sy vertroue n ul was, in bevel laat.

Onderwerg na die noorde het hy op 9 Februarie die militêre hospitale by De Aar en die Oranajerivierstasie in eie persoon besoek. Volgens Wilson was hulle “so goed soos verwag kan word”. Roberts vind hulle net sleg soos hy gevrees het. Daarna deel hy Lansdowne mee: “In feite is hy (Wilson) ‘n armsalige skepsel sonder enige standaarde.”(82)

(82)R-L 9 Feb 1900 (brief), H & O I, 35

Maar Wilson – en kol. Exham self – is weke lank feitlik sonder kontrole in beheer van die hospitale in Bloemfontein gelaat. Eers laat in Arpil is ‘n SOS na Engeland gestuur waarin 300 ekstra ordonnanse en 30 dokters gevra word. Waarom het Roberts nie weke vroeër al ingegryp nie? Miskien omdat dit nie Roberts se styl was om hom oormatig veel met die lewe of dood van Tommy Atkins te bemoei nie. Miskien het sy lang jare in Indië, waar sy leër hoofsaaklik uit inboorlinge bestaan het, sy belangstelling in hierdie kwessie verdof.

In elk geval lees ‘n mens asemrowende selfvoldaanheid in die brief wat hy in die middel van April aan die Koningin skryf, die week voor die SOS vir bykomende oppassers en dokters gestuur is: “Ook die manne se gesondheid is baie goed. Daar is (in Bloemfontein) sowat 2 000 in die hospitaal, maar dit is maar vier persent, ‘n baie klein persentasie gedurende ‘n veldtog. Die klimaat is nou volmaak en ek hoop Lady Roberts en my dogters sal eerlang hier by my kan aansluit. Hulle sal dit ná Kaapstad ‘n aangename verandering vind.”(83)

(83)R-Koningin Victyoria 15 Apr 1900 (brief), H & O I, 98

Intussen het ‘n ingrypende verandering in die Vrystaat ingetree. Een van die Boereleiers het besluit om Roberts se naïewe opvatting dat die stryd byna verby is, te eksploiteer. Nou wakker hy die Boere se vasberadenheid om te veg, opnuut aan en verander sodoende die hele verloop van die oorlog.

‘n Week voor die begin van hierdie nuwe fase stap ‘n lang, enigsins stywe figuur wat die spore van kommer op sy gesig dra, by die marmerhal van Robets se hoofkwartier in die Presidensie in.(84) Die Hoë Kommissaris, Sir Alfred Milner, het na die friend gekom om sy skaam jong bruid te ontmoet – Miss Bloemfontein, soos The Friend haar noem.(85)

(84)Menpes 89-90. Ralph War’s Brogjter Side 203-4

(85)The Friend 17 Mrt 1900 aangehaal Ralph At Pretoria 166

Hy het ook ernstige politieke sake om met Roberts te bespreek. Die gulle proklamasie waarin Roberts op 15 Maart amnestie aan almal behalwe leiers aangebied het, is oorspronklik deur Milner geïnspireer. In Januarie het hy die konsep-amnestie gewysig om nie alleen burgerlikes maar oo k kombattante in te sluit. Nou staan hy stewig agter Roberts terwyl dié olyftak uithou.(86)

(86)M-R 21 Hab 1900, MP II, 52-3. M-C DK 879.511. Vgl. M-R 23 Aug 1900, MP II, 85

Dit kan onkenmerkend van Milner voorkom dat hy wat die oorlog gepresipiteer, nou gewillig is om op hierdie kortpad tot vrede te dobbel. Hy het ten slotte nooit die taaiheid en veerkrag van die Afrikaner-nasionalisme onderskat nie, ewe min as Buller.

En die politieke taak wat hy homself gestel het, was om die “Afrikaner-idee” vir eens en altyd te vernietig. “’n Onversoenbare vyand het ons probeer uitdoof,” skryf hy daardie einste week uit Bloemfontein. “Ons moet hom uitdoof.”(87) Waarom laat hy die oorlog dan nie voortgaan nie?

(87)M-Selborne Mrt 1900, Mil

As ‘n mens tussen die reëls van Milner se briewe aan Londen lees, kan ‘n mens raai hoe sy kop gewerk het. Hier in Bloemfontein is hy veel meer bewus van die risiko’s as Roberts, maar hy is om twee taktiese redes gewillig om hierdie risiko’s te loop.

In die eerste plek is hy uiters ongeduldig om met die vrede te vorder. Hoewel hy die huidige helde-aanbidding vir ou Bobs deel (“’n wonderlike ou skepsel met ‘n hart van goud”) maak die voortsetting van die oorlog hom bitter en gefrustreerd. “Hoe meer ek van die leër sien,” skryf hy ná hierdie besoek aan Bloemfontein aan Lady Edward Cecil, “hoe ongelukkiger voel ek daaroor.”(88)

(88)M-Lady E. Cecil 30 Mrt 1900, MP II, 68

Dit is die eindelose flaters van Roberts se militêre bestuur – die hopelose waarboek van die vervoerstelsel, die ontsettende rompslomp van die hospitale – wat hom byna tot wanhoop dryf.(89) Sy lewensdroom – om die swakste skakel in die imperiale ketting tot die sterkste te smee – kan met hierdie ploeterende en knoeiende besettingsleër nie eens begin nie. Intussen is dit die Boere wat in die smeltkroes van die oorlog ‘n nuwe nasionalisme smee.

(89)Sien Ly E. Cecil-Salisbnury 30 Mei 1900, Sal E. En sien briewe Times Jul-Aug 1900 passim

Die tweede rede waarom Milner die oorlog gou verby wil hê, is ewe fundamenteel. Sy geheime bondgenootskap met daardie twee Empire-gesinde miljoenêrs, Alfred Beit en Julius Wernher, hang van die winsgewendheid van die goudmyne af.

Nou het hy onlangs van Eckstein, plaaslike bestuurder Wernher-Beit en die vooraanstaande verteewnwoordiger van die goudkewers, verneem dat die Boere-owerheid ‘n beleid van verskroeide aarde teen die Randse myne beoog deur hulle met dinamiet op te blaas. Skagte hiervoor is reeds geboor.(90)

(90)M-C Mrt-Apr 1900, DK 879/63

Dit is duidelik dat die skade miljoene ponde kan beloop. Vandaar dat Milner bereid is om die Boere meer as halfpad tegemoet te kom – ten minste  tot die Britse leër die goudmyne van die Rand kan gryp. Milner hou sy kommer vir homself. Op sy vlugtige besoek aan Bloemfontein aanvaar hy slegs een belangrike openbare afspraak. Op 28 Maart is hy ‘n gas op die banket wat vier personeellede van The Friend Lord Roberts in die Spoorwegburo aanbied.(91)

(91)M se dagboek 27-28 Mrt 1900, Mil

Dit is ‘n onweerstaanbare imperiale geleentheid: swaard en pen veg diselfde stryd: Bobs, die gésel van die Boere; Kipling, die Orpheus van die Empire. Kipling stel die heildronk in; ‘n kort, bonkige figuur met ‘n bleek vel, swart snor en bril. Hy lig sy glas op. Hy drink op Kruger, die man aan wie hulle alles verskuldig is – “wat die Britse Empire sy verantwoordelikheid geleer het en die res van die wêreld haar mag, wat die see met transportskepe en die aarde met marsjerende gewapende manne gevul het. …”(92)

(92)Ralph War’s Brighter Side 200-8. Sien getekende spyskaart in Bobs 23/IV/2

Milner, wat daardie besondere heildronk eintlik vir homself kon toegeëien het, is beskeie. Hy dink met gemengde gevoelens terug aaan die keer toe hy Kruger laas gesien het. Dit was hier, by hierdie einste tafel, in Bloemfontein se Spoorwegburo, op die konferensie wat die vorige Junie daar gehou is. Milner stel ‘n heildronk in en drink op: Roberts, die militêre towernaar.(93)

(93)Ralph tap

Dit is die wittebrood ná die gedwonge huwelik met Miss Bloemfontein. Almal prys Roberts. “Hierdie wonderlike mannetjie, sê hulle (so skryf Winston Churchill) het skielik op die toneel verskyn: en met ‘n towerslag rol die wolke weg en weer skyn die son helder op die Britse leër. …:(94)

(94)Churchill My Early Life 342-3

Maar Suid-Afrika het ‘n klimaat van u iterstes, en die stormwolke pak nou vinnig saam ….

—oOo—