BO Bursting the mould

Bursting the mould 

Die Boere-Oorlog

Deel 1

“Ek het die krisis, wat onvermydelik was, gepresipiteer voor dit te laat was. Dit was ‘n minder aangename en vir baie mense minder lofwaardige stukkie werk om grotendeels vir die uitbreek van ‘n groot oorlog verantwoordelik te wees.”

Sir Alfred Milner aan Lord Roberts, 6 Junie 1900

Hoofstuk-aanhef M-R 6 Jun 1900, Bobs 45

— — —

Hoofstuk 10

Bursting the Mould

Kaapstad en Ladysmith, 14-20 Oktober 1899

In Kaapstad is daar koloniale hoerês vir die Rykstroepe. Op Saterdag, 14 Oktober, die dag toe Buller en die voorpumnt van sy armada uit Southampton vertrek, kom die agterhoede van die Indiese versterkings juis by Tafelbaai ingestoom. Die 400  man van die Yorkshire Light Infantry, wat inderhaas aan boord van die HMS Powerful uit Mauritius hierheen gebring  is, stap swaar met hul stewels, kakie-uniforms en kakie-helms deur Adderleystraat. Hulle kry ‘n helde-ontvangs. Dieselfde strydkrete word hier gehoor as in Engeland: “Pluk ou Kruger se baard!” “Onthou Majuba!”(1)

(1)SJ 14 Okt 1899, Cape Times, 16 Okt 1899

Die ultimatum het maar weinig openbare opwinding veroorsaak, maar om ‘n ander rede as in Engeland. Vir die meeste mense in die kolonie, of hulle nou pro-Boer dan wel pro-Brits is, lyk die oorlog nou al weke lank ‘n uitgemaakte saak. Nog voor die ultimatum het die oorlog ‘n lang skaduwee suidwaarts oor die Kaap gewerp.Reeds sedert Augustus stroom Britse vlugtelinge al uit die ZAR, asof een van die reusagtige modderdamme wat die goudvelde moet voorsien, gebreek het.

In die erste golf was daar net bestuurders en beroepslui: manne in Homburg-hoede met goue horlosies en swart bediendes om die kinders en vrou, geklee in die jongste Paryse modes, by te staan; finansiers soos Friedrich Eckstein (die Suid-Afrikaanse direkteur van Wernher-Beit se filiaal) e.a. lede van die Hohenheim-kring.

Die tweede golf bring winkeliers en die welvarender arbeiders: mense soos Tom Edgar se maats, mense wat in Florrie’s  Chambers woon en in Tarry’s Ironworks werk; myners uit Cornwallis en ketelmakers uit Lancashire – die “wit kaffers”, soos hulle hulself soms noem.

Hulle is die Britse Uitlanders wat nege maande tevore met hul strooihoedjies op Johannesburg se markplein saamgedrom het om te hoor hoe Dodd die teks van die Edgar-petisie voorlees, die plegtige beroep op Caesar. Nou het Caesar begin opruk, en hulle is vlugtelinge tot Caesar hulle herstel. Al met die spoorweg stroom hulle suidwaarts, met hul besittings in bondels en koffers in ‘n groot trek na die vryheid, volgens die Britse styl.(2)

(2)Standard & Diggers’ News, Cape Times 4-9, 11-14 Sep 1899

Die eksodus uit die Rand bereik sy k limaks op die Maandag voor die ultimatum. Teen dié tyd het die Uitlander-Raad ingestem om die armste Uitlander-klasse se treingeld te betaal; en daar is ‘n gerug (noukeurig) dat die boere planne het om Britse onderdane uit te sit.

Oral op die Rand begin ligte doodgaan. Ferreira, Jumper, Bonanza, Robinson Deep: by al die groot myne gaan die ketels dood en kom die reuse-ertsstammpers tot stilstand – op al die myne behalwe dié wat vir die duur van die oorlog deur Boere gekommandeer is.

Die goue stroom na die sianiedvate het opgehou vloei. In sy plek is ‘n stroom paniekerige vlugtelinge wat op lewe of dood by die Johannesburgse stasie wil uitkom. Daar word hulle – sewentig, selfs honderd op ‘n slag – in Kaffertrokke gepak (of kooltrokke of veetrokke, dit maak nie saak nie).

Wanneer hulle drie dae later in Kaapstad aankom, lyk hulle regtig soos Kaffers, ná daardie dae en nagte in die oop trokke onder die lentereën en vol modder en steenkoolstof. Dertigduisend mense, so is gesê, het in daardie enkele weke op dié manier na die Kaapkolonie en Natal gevlug.

Toe die groot Johannesburgse dam uiteindelik leeggeloop het, is gemeen dat die totale getal vlugtelinge op minstens 60 000 te staan kom.(3) Toe die speke van die mynwiele ophou loop, toe die lug bo die mynskoorstene weer blou word, het die Boere nogmaals die meerderheid in hul eie land gevorm.

(3)Standard & Diggers’ Merws 5-9 Sep, Cape Times, 5, 9 Sep 1899. Ly E. Cecil-“Tim” 8 Okt 1899 Sal (Hat)

— — —

Milner self aanskou die Rand se doodworsteling oënskynlik kalm. Hy sien die Kaapstadse vlugtelinge toe hy een oggend na die strand ry.(4) In sekere sin is hy bly. Milner was nog nooit op die Rand nie. Nou het die Rand Kaap toe gekom. Die berg het na Milner gekom.

(4)M se dagboek 6, 7 Okt 1899, Mil (dep) 69)

Natuurlik bejammer hy die manne wat alles verloor het – en die verarmde vroue en kinders. Gelukkig het Lady Edward in die Ladies’ Relief Committee wondere verrig. Die dame moes te alle tye van die dag en nag vlugtelinge op die stasie gaan inwag.(5)

(5)Ly E. Cecil-“Tim” 8, 30 Okt 1899, Sal (Hat). Ly Milner My Picture Gallery 137-8

Milner self het met Eckstein en sy kollegas afgespreek dat ‘n vlugtelingefonds in Brittanje gestig word: dit sou ‘n Mansion House-Rampsfonds wees, op die skaal van die fondse wat vir hongersnood in Indië van stapel gestuur is. Beit en Wernher en J.B. Hrobinson, die drie grootste Londense goudkewers, sal saam £10 000 bydra, wat veel sal doen om hul beeld in die oë van die Britse publiek te herstel. (Rhodes was te suinig, of te bankrot, om meer as £700 te gee.)(6)

(6)M se dagboek 6, 7 Okt 1899, Mil (dep 69). M-C 10 Okt 1899, DK 879/59/709, Times Okt 1899. Sien ook SJ 20 Okt

Uiterlik bly Milner kalm en beheers. Dit is die spits van die krisis – “die mees kritieke stadium in die lang spel” noem  hy dit – en hy moet eenvoudig voortgaan.(7) “Vandag nog moeër,” skryf hy Saterdag in sy dagboek, “as ooit tevore gedurende die affêre … gedurig so ‘n hoofpyn dat ek skaars kan sien om te skryf.”(8)

(7)M se dagboek 24 Sep 1899, Mil (dep 69)

(8)M se dagboek 7 Okt 1899, Mil (dep 69)

Maar hy het een groot troos. Wanneer hy nie kabels na Londen stuur of met Schreiner stry oor koloniale troepe om die Kaap te beskerm nie, knyp hy meermale ‘n tydjie af om met Lady Edward in Govenment House se tuin te gaan wandel. Sonder Violet sou die spanning ondraaglik gewees het, dit moet hy toegee. Toe, ná onheilspellende stilte in die week voor die ultimatum, het die storm op Maandag 9 Oktober uitgebars.(9)

(9)Ibid 1-7 Okt 1899. Sien Ly E. Cecil-“Tim” 2, 8 Aug, 2, 20 Sep ens. 1899, Sal (Hat)

Dit was byna middernag. By wyse van afleiding het Milner twee potte biljart met Hanbury gespeel en toe na sy kamer teruggekeer om verder te werk. Sy sekretaris, Ozzy, het hom kom onderbreek deur hom Greene se kabel met die teks van die ultimatum te bring.(10)

(10)M se dagboek 9 Okt 1899, Mil (dep 69)

Vir Milner was dit ‘n oomblik van triomf. Om Kruger sover te kry om ‘n ultimatum te stuur en die kolonies binne te val – dit is die sleutel tot politieke welslae, sowel met die “wankele Liberale” in die moederland as die Kaapse “draadsitters” soos Schreiner. Hy het die laaste pot as’t ware met ‘n “finesse” gewen. Hy het Kruger gedwing om ‘n kaart te speel wat hom die spel sou kos.

Op daardie oomblik begin die oorweldigende angslas wat hy so lank gedra het, van Milner se skouers afglip. Hy voel nog steeds bekommerd oor die militêre situasie. Hy twyfel nie dat die ZAR ‘n werklike teenstander is nie, ‘n ware militêre moondheid; hy glo in die Boere se oorlogsvermoë meer as enige Britse politikus of soldaat – behalwe Sir Redvers Buller.

Maar tot dusver moes hy hierdie oortuiging van sy politieke kollegas, veral van Chamberlain, verberg. Rhodes het volgehou dat Kruger nooit sou veg nie. As hy wel veg, sou die Boere se militêre mag as “die grootste ongeprikte bel in die wêreld” onthul word. Nou, Milner sal toegee dat Rhodes “in vele opsigte ‘[n baie groot man is,maar gesonde oordeel is skaars sy sterk punt”.(11)

(11)M-Dawkins 16 Jan 1902, Mil 28 (SA 46). Cook Rights 265

Milner self het nooit die fout gemaak om die Boere te onderskat nie. Hy het ook nooit die fout gemaak om dit te duidelik aan Joe en die Britse Kabinet te stel voor hulle die land in ‘n oorlog gedompel het nie.

Nou is dit ‘n verligting om sy vrees teen Chamberlain te kan beken. Hy is angstig oor Natal. Hy is ook bekommerd oor die strategiese grensdorpe in die Kaapkolonie noord van die Oranjerivier: Kimberley, Rhodes se diamantstad wes van Bloemfontein; Mafeking, Jameson se ou basis, wes van Johannesburg.

Hy het sy eerlike bes gedoem om vir die verdediging van al dié dorpe te sorg. Baden-Powell het ‘n dom plan gehad om die ZAR uit Rhodesië binne te val. Milner het hom hiervan laat afsien, en Baden-Powell met sy 600 Rhodesiërs lê nou by Mafeking ingegrawe.(12)

(12)MP I, 521. SJ 20 Sep, 1 Okt 1899. BP se get RCSAW III, 423-4

Op 7 Oktober het hy Schreiner uiteindelik ooreed om toe te laat dat koloniale troepe gebruik word om Kimberley te verdedig. Die grootste deel van die imperiale troepe – noudat die versterkings gekom het, is daar vyf infanteriebataljons in die Kaap – moet ontplooi word om die spoorbrug o or die Oranjerivier en die drie sporwegknope suid van die Oranje te verdedig: Stormberg, De Aar en Noupoort.(13)

(13)OH I, 52-3, 455, VT geen tap

In hulle lê die sleutel tot Bloemfontein. Buller en sy Leërkorps sal hulle nodig hê wanneer dié oor twee maande gereed is om soos ‘n groot stoomroller noordwaarts te rol. Intussen bly Milner ongerus – “uneasy” is die woord wat hy in sy dagboek gebruik. Maar in die “wilde, stormagtige dae” wat op die ultimatum volg, gebeur niks besonders om hom te ontstel nie.

Op die Donderdag word die telegraafverbinding met Mafeking afgesny. Volgens gerugte het die Boere die grens oorgesteek en die spoor verniel. Op Vrydag is daar ‘n soort voorval waarby Mafeking se pantsertrein betrokke is. Op Saterdag gaan die telegraaflyn na Kimberley dood. Teen Sondagaand het hulle alle kontak met die wêrelddeel suid van die Oranje verloor.

Uit Hely-Hutchinson se kabels is dit ook duidelik dat Joubert in Natal die offensief neem. Maar Milner vind die besonderhede van hierdie skermutselinge “bevredigend”. Skaars ‘n skoot is afgevuur, skaars ‘n lewe gelaat. Op Sondag was daar welsiswaar “paniekerige telegramme” uit Kimberley. Milner bly “ongerus maar kalm”.(14)

(14)M se dagboek 9-18 Okt 1899, Mil SJ 9-18 Okt 1899. M-Selborne 11, 18 Okt 1899, MP I 559, II, 378

Met betrekking tot die twee strategiese grensdorpe, Kimberley en Mafeking (wat in werklikheid albei sedert 14 Oktober beleër word) is Milner se private gevoelens buitengewoon delikaat. Milner het nie Baden-Powell se besluit om Mafeking te verdedig, teengestaan nie. Tog wis hy dat dit beleër sou word, en nou vrees hy selfs dat dit sal moet oorgee. Waarom dan ‘n garnisoen daar plaas?

‘n Deel van die antwoord lê in die druk van die Kaapse openbare mening. Om Mafeking te laat vaar, sou die lojaliste woedend gemaak het.(15) Maar daar was waarskynlik ‘n ander, subtieler rede. Milner het sy hart gesit op ‘n Boere-inval in die kolonie. Om Rhodesiese troepe in Mafeking te plaas, die Jameson-invallers se ou basis, maak dit uitmuntende lokaas.

(15)Sien tel van Mafeking aan M SJ 1 Okt 1899. M-C 23 Aug 1899 DK 859/56/262. Sien M se dagboek

Kimberley, ook, is ‘n lekker stuk aas. Kimberley is die dorp wat van die Vrystaat gegryp is toe daar bevind is dat dit die grootste diamantpyp in die wêreld bevat. En wie anders sou op die dag voor die verstryking van die ultimatum sy verskyning in Kimberley maak as die bête mpre van die ZAR, Cecil Rhodes, self?(16)

(16) TH IV, 436

Die garniesoene sal miskien opgeoffer moet word. Maar soos Selborne dit (in ‘n hoogs private brief) gestel het: liewer Mafeking verloor as die moontlikheid van ‘n oorlog verloor.(17)

(17)Selborne-M 7 Okt 1899, Mil 17 (SA 31)

In verband met Mafeking is daar boonop ‘n selfs nog delikater kwessie. Maj. Lord Edward Cecil – die Eerste Minister se seun en Violet se man – is Baden-Powell se adjunk. In sy huwelik, om eerlik te gaan, is hy uiters ongelukkig. Lord Edward het vrywillig op hierdie gevaarlike sending vertrek – hy het homself gestuur byna soos die Bybelse Uria na die voorste linies gestuur is. Dood en glorie. Die laaste verset. Vir die arme Lord Edward sou dit ‘n goeie einde wees. Hy, soos hy later aan Violet sou vertel, wat gewens het hy is dood.(18)

(18)Lord E. Cecil-Ly Cecil Kent Record Office

Terwyl Milner op die eerste krygsberigte van die oorlog wag, begin ‘n groot himne van gelukwensinge hom uit Engeland bereik. Joe Chamberlain en die Tories, Edward Grey, Richard Haldane en die Liberale – eindelik en ten laaste stem hulle almal met hom saam. Hy het dit bewys. ‘n Oorlog teen Kruger was onvermydelik.(19)

(19)C-M 6 Des, Wyndham-M 13 Okt, Haldane-M 11 Okt 1899, Mil 17 (SA 31). Grey-M 4 Okt, 1 Nov 1899, MP I, 560-1

Onvermydelik? Dit sou maklik gewees het, so het Milner later teenoor sy vertrouelinge beken, om sake met Kruger op te lap en die probleme met die Uitlanders op te los in ‘n Great Deal wat vyf, tien of 15 jaar kon gehou het. Hy het die versoeking weerstaan en ‘n oorlog “gepresipiter” voor dit te laat was.(20)

(20)M-Rendel 30 Mei 1900, Rendel-M 23 Jun 1900, Mil 24,27. M-R 6 Jun 1900, Bobs 45

In der waarheid Milner geglo aan “die skoon lei”,(21) en die :groot dinge in die lewe”(22). Hy was al lank vasbeslote om die ZAR se “matrys te breek”  Dit kon alleen deur ‘n oorlog bereik word. Brittanje sou die twee republieke vir die Britse Ryk annekseer. Dit sou uiteindelik “die groot Afrikander-nasie” vir ewig en altyd in duie laat stort. Amen”.(23) Hy sou oor Suid-Afrika heers soos Cromer oor Egipte geheers het.

(21)Fitzpatrick-Balfour 1 Jan 1900, Bal 49853/158

(22)M-Edith Gell 26 Jan 1899, Gell 525

(23)M-Rendel 25 Mei 1900, Mil 24 (SA 108)

Reeds jet ju om breë trekke sy siening begin gee van die groot unie van Suid-Afrika wat hy souskep. “Die uiteindelike oogmerk,” neem hy sy bondgenoot Percy Fitzpatrick in sy vertroue, “ is ‘n selfbesturende blanke gemeenskap gesteun deur goed behandelde en billik bestuurde swart arbeid van Kaapstad tot aan die Zambezi.”(24)

(24)M-Fitzpatrick 28 Nov 1899 MP II, 35

Hy sal die getroffe Rand van sy fondamente af opbou, en op die Rand sal hy Suid-Afrika bou. Damme, skole, landboukolleges – al die onromantiese maar noodsaaklike voorvereistes vir beskawing – sal die veld inneem. Britse setlaars sal Suid-Afrika binnestroom. Dit is die imperiale sending. Dit is die groot projek om ‘n volk en ‘n landskap te omvorm, die groot oogmerk wat op die oorlog sou volg – sy oorlog, soos hy tussen vriende spog,(25) en die Pax Milneria wat sy monument sal wees.

(25)Sien aanhaling bo-aan hoofstuk

Ondanks sy algemehele uitputting en sy angs i.v.m. die grensdorpe voel Milner ‘n soort jubeling wanneer hy dink aan wat hy vir die Ryk gedoen het. “Dis ‘n groot ding,” deel hy sy ou vriend Jim Rendel in die donkerste uur van die krisis mee, op die oomblik toe hy vrees dat chamberlain hom oorboord mag gooi soos Bartle Frere voor hom oorboord gegooi is … “Dit is ‘n groot ding om selfs vir ‘n kortstondige paar dae en weke die leier van ‘n volk te wees”.(26) Noudat hy voel sy leierskap is blywend verseker, kan hy des te meer koning kraai.

(26)M-Rendel 21 Jul 1899 MP I, 473

Milner se prestasies was inderdaad buitengewoon. Dit is noubyna presies ‘n jaar sedert hy na Engeland geseil het om Chamberlain se beleid van “geen oorlog” omver te werp. Ondanks Chamberlain se ontmoediging het hy besluit om dinge “deur sy eie pogings voorwaartser” te voer. Hy het besluit om die Uitlander-kaart te speel, om daardie swaap Jameson op sy perd terug te plaas. En dit het hy by wyse van spreke reggekry.

Dit is waar dat Jameson self, soos die res van Rhodes se manne, enigsins moeilik beheerbaar geblyk het. Jameson is trouens pas na Ladysmith, saam met sy gewese mede-invaller Sir John Willoughby. Stellig is Rhodes en Jameson en Willoughby almal van plan om in die veld te wees wanneer die tyd kom om die ZAR binne te val.(27) Maar wat saak maak, is nie wat van Rhodes en Jameson word nie: hulle is ‘n uitgediende mag, en hulle manewales is skaars ter sprake. Wat saak maak, is wat van die gewese Reformers word, o.l.v. Alfred Beit.

(27)Cecil Rhodes keur Jameson se besoek aan Ladysmith af – vgls. Sy brief deur Sarah Wilson aangehaal 190. Vgl. Frank Rhodes 130-1, en Colvin Jameson II, 189

In elke stadium van die spel was Wernher en Beit Milner se belangrikste steun: in die Great Deal, in Bloemfontein, en in die finale krisis. In sekere sin het hulle ingestem om die rekening vir die oorlog te betaal. Hulle het in elk geval sonder om ‘n spier te vertrek, die enorme verliese aanvaar wat die oorlog die goudmynbedryf sou berokken (verliese van meer as £4 miljoen op kort termyn, soos sou blyk).(28) Sondeer Wernher en Beit sou Milner sy kaarte moes ingegooi het.

(28)Die werklike, regstreekse oorlogsverliese word op ongeveer £4,2 m geskat. Sien Wyberghse verslag 11 Des 1901, Kb 903

In seker sin is Beit, betaalmeester van invallers en hervormers, oorreed om rolle met Joe Chamberlain te verwissel. Ten tyde van die Jameson-inval was dit Chamberlain wat in die coulisse bly staan het, gereed om die situasie uit te buit as Rhodes en Beit sou slaag. Nou is dit Beit wat in die coulisse staan en wat om die welslae van di e Rykstroepe te eksploiteer. Beit se manne – die Johannesburgse Reformers – is nou die “Imperiale” ruiters. (“Beit se ruiters” sou ‘n beter naam gewees het – of miskien “die Trojaanse ruiters”).

As Milner hom verheug in hierdie private bondgenootskap met Wernher-Beit en die Uitlanders, moet hy ook toegee dat daar by al sy doen een opvallende late was. Hy het nog nie ‘n vinger verroer om die swart en gekleurde Britse onderdane  in die ZAR te help nie. “Dit is maar net nodig om ‘die Kaffer’ absoluut op te offer,” het hy Asquith in 1897 meegedeel, “dan is die spel maklik”.(29)

(29)M-Asquith 18 Nov 1897, Asq

Dit is bepaald die spel wat hy die afgelope twee jaar gespeel het. Volgens Milner het hy in sy werk in Suid-Afrika twee groot beginsels. Die eerste is om vir die “naturelle … beskerming teen verdrukking en onreg te verkry”. Die tweede is om die trou te verwerf van die einste manne – die Uitlanders – wat vasbeslote is om die naturelle onder te hou. En op kort termyn moet hierdie tweede beginsel natuurlik die voorkeur kry, al is die eindoplossing om “billike bestuur” vir die naturelle te verseker.(30)

(30)Ibid. M-Fitzpatrick 28 Nov 1899, MP I, 35-6

Die botsing tussen die twee beginsels het juis daardie week op die wreeds moontlike manier geblyk. In terme van menslike ellende was die slagoffers van die instorting van die Rand nie die Uitlanders nie, maar die swart myners uit Natal en die Kaap, asook die Kaapse Kleurlingbevolking. Hulle was die “mynkaffers” en die ambagsmanne. Nou het hul werk verdwyn.  Hulle het min spaargeld en die Boere is heeltemal bereid om hulle op die veld te laat verhonger.(31)

(31)Eerw J. Darragh-M 17 Okt 1899, Mil 17 (SA 31)

Moet Milner tussenbeide tree? Dit is ‘n vraag waarvoor hy nie kan terugdeins nie. Milner is een van die stigters van Toynbee Hall en hy deel sy vriend Toynbee se filantropiese ywer. Binne veertien dae het hy £83 000vir die Uitlanders ingesamel. Kan niks vir die tienduisende ander Britse onderdane gespaar word nie, die bruines en swartes? Wat van die trotse aanspraak in Chamberlain se ultimatum dat gekleurde Britse onderdane “voorkeurbehandeling” moet kry?(32)

(32)Sien nota 81, hoofst. 9

Teen 6 Oktober is Milner bewus van die lot van 7 000 swart myners in Natal en van ander swartes uit Britse gebiede. Dit was  ‘n Britse amptenaar wat die berig gekabel het, ene Marwick, ‘n amptenaar van die Natalse Departement van Naturellesake aan die Rand.  Die Zoeloes e.a. swartes vir wie hy verantwoordelik is, het hul werk verloor, berig hy. “As hulle self hul pad terug Natal toe moet vind, sal (hulle) op die veld van honger sterf.”

Ondanks onmoediging van die Natalse Ministerie besluit Marwick om die Natalse vlugtelinge self te probeer terugbring. Die owerheid weier om plek op die spoorweë te verskaf. Daar is nou net een oplossing, kabel Marwick weer na Natal. “Ten einde te voorkom dat my voorgestelde handeling vir u ‘n verleentheid is, moet u my asseblief van my pos onthef. As ek die naturelle sonder lewensverlies in Natal kry, kan u daaraan dink om my in ere te herstel. Sy aanbod word aanvaar. Hy is van plan om met die 3 000 Zoeloes en 4 000 ander swartes tot in Natal voet te slaan.(33)

(33)Marwick-Hely-Hutchinson 5 Okt 1899, Kb 43/130-1

Van al die vreemde tonele in die groot uittog van die Rand was geeneen miskien vreemder as die toneel wat hom nou afspeel nie. Vooraan Marwick se swart optog ry ‘n paar beskonke Zarps. Agter hulle, dertig in ‘n ry, stap ‘n groep musikante wat k onsertinas speel. Hulle speel gewilde inboorlingdeuntjies. Agter die musikante volg ‘n ontsaglike stroom manne, Zoeloes in blanke dra of in inboorlingmonderings, verteenwoordigers van al die stamme van Natal.

Aan Marwick bring hulle ontroerende hulde: “Kind van die Engelsman,” begroet hulle hom, “sonder wie niemand die Boere sou kon trotseer nie … versamel die weeskinders van die Zoeloe.” Heel agter volg die agterosse, baie van hulle siek manne, vroue enkinders. Marwick doen sy bes vir hulle. Hy het vir hom ‘n ponie gebring; dié word nou aan ‘n siek swarte gegee. Ander swartes word op ‘n soort trollie in die pad afgestoot.

Op die 7de bereik hulle Heidelberg;op die 10 Waterval-Bo, meer as 100 myl suidoos van Johannesburg; teen die 13de het hulle die 170 myl na Joubert se kamp by Volksrust op die Natalse grens te voet afgelê.

Teen dié tyd het die ultimatum verstryk. Daar is oorlog tussen Natal en die ZAR. Baie van die swartes ly honger, want min van die winkeliers op die pad kon of wou kos aan hulle verkoop; party Boere het trouens vreesbevange voor die swartes uitgevlug. Elke dag rek die groot optog langer soos die agterosse verder agterbly. Marwick ry heel agter en doen sy bes om die oues en siekes aan te moedig wat hinkend op die stofpad voortsukkel.

Aan die Natalse kant van die grens word die optog deur ‘n aantal van Joubert se manne voorgekeer. Ondanks die feit dat Marwick ‘n waarborg van veilige geleide vir sy kudde ontvang het, ‘n dokument wat persoonlik deur Kruger gemagtig is, weier die Kommandant van die Staatsartillerie om die optog te laat verbygaan. Dit is ‘n slegte oomblik vi r Marwick. Soos hy later sou sê, “met 7 000 naturelle op die randjie van hongersnood agter 3 000 gewapende Boere was daar die elemente van ‘n groot slagting van weerlose mense”. Toe bedink die Kommandant hom.

Vierhonderd va die swartes word tydelik oopgekommandeer om Joubert se beleëringsgeskut by die berg oorkant Majuba op te sleep. Teen dagbreek die volgende dag beweeg die hele optog deur die Boerelinies. Op die 15de strompel hulle af na Hattingspruit, naby Symons se kamp by Dundee – 240 myl van die Rand en byna in sig van hul woonplek.

Marwick se epiese optog het 7 000 Natalse naturelle van hongersnood gered. Milner lees die kabels en keur dit waarskynlik goed.(34) Maar vir die duisende swart vlugtelinge uit die Kaapkolonie en Basoetoeland – die mense vir wie Milner, as Hoë Kommissaris, regstreeks verantwoordelik is – doen hy niks.(35) Hy moet die spel speel en die spel, maklik of nie, is om “die ‘Kaffer’ absoluut op te offer”.

(34)Marwick-Hely-Hutchinson verslag 19 Okt 1899, Kb 43167-71. M-C 6 Okt 1899 insl. Kodekabls, DK 879/59/853

(35)P. Warwick Black Industrial Protest 1-2

— — —

“Opsaal!” Stof dwarrel oor Ladysmith se paradeterrein soos dit drie en ‘n half jaar tevore oor dr. Jameson se paradeterreine by Pitsani en Mafeking gedwarrel het. “Linker … rig! Beuel!” Die bevele dryf oor die Kliprivier. Slap hoede, Lee-Metfords, bruin kamaste en kakie-groen uniforms: die 600 man van die Imperial Light Horse – “Beit se ruiters” – lyk opvallend baie na die manne wat die ZAR saam met Jameson binnegeval het.(36)

(36)Kapt. G. Thomson 29 Okt 1899, PC. L. March Phillipps 165

Om die waarheid te sê, Jameson is vanoggend self op Ladysmith, en miksien het hy en Frank Rhodes en Johnny Willoughby die leiers van die ILH kom sien, Woolls-Sampson en Karri Davis; hulle was natuurlik saam in die Johannesburgse tronk, hoewel die inval tot vervreemding tussen Rhodes se manne en die res gelei het(37)

(37)C.L. Anderson-Fitzpatrick 7 Mrt 1900, Fitz

Wat hulle betref, dink Beit se manne, soos Milner, reeds aan die nuwe Transvaal wat hulle ná die oorlog gaan opbou. Kruger moet gaan. Dit is die grondbeginsel: “Dring daarop aan dat Kruger en sy spul uit Suid-Afrika verban word” soos een van die offisiere dit gestel het. |Die Boere is soos ‘n “trop skape”. Ontneem hulle hul “Bybelse herder” en hulle word “diere wat gedryf kan word.

Tweedens moet die Transvaalse Staatsdiens –daardie Augiasstal – gereinig word. Bring Engelse. Raak ontslae van daardie Hollandse en Duitse kliek. Dit is die plan. Natuurlik sal die departementshoofde Uitlanders moet wees. Daar word reeds betrekkings gewerf. Woolls-Samson, Wybrgh, Dodd, Mullins e.d.m. is die vernaamse kandidate.(38)

(38)S. Evans-Sir E. Vincent 15 Nov, S. Evans-Fitzpatrick 30 Okt, 3 Nov 1899, Fitz

Die nuwe kolonie se hoofstad sal Johannesburg wees, of “Joeburg” soos hulle dit noem, ‘n gepaste naam – al sou “Milnerton” volgens een van die Uitlander-leiers die beste naam gewees het, want “Sy Eksellensie was waarlik ons kampvegter”.(39)

(39)C.L. Anderson 7 Mrt 1900, MS sit. Evans-Fitzpatrick 22 Nov 1899, Fitz

Verder stem die Uitlanders se planne presies met Milner s’n ooreen, hoewel hulle nie Milner se fyn morele rafinering van die imperiale gedagte het nie. Ploeg die Boere onder, wis pan-Afrikaanse nasionalisme uit, “angliseer dan die land en al”. Anders, soos Wybergh reguit opmerk, “sal die oorlog verpsil wees”.(40

(40)Wybergh-Fitzpatrick 4 Aug 1900, Fitz

Bowenal moet die “salwende vroomheid” – Rhodes se beroemde worode – van die Britse publiek nie toegelaat word om die skikking te bederf nie. Onder geen voorwaarde die stemreg vir die nie-blankes van Transvaal nie. Daar is maar een stel wette in die ZAR wat die Uitlanders as werklik “uitmuntend” beskou, die wette “om die Kaffers op hul plek te hou”. Hulle vertrou dat Sy eksellensie in hierdie opsig ewe “gesond” dink as oor die res van die punte.(41)

(41)C.L. Anderson MS sit. S. Evans-Fitzpatrick 11 Nov, S. Evans-Sir E. Vincent 14 Nov 1899, Fitz

Die beuel blaas. Oor die Kliprivier, onder hul nuwe imperiale vlag, ry die seshonderd…..

— — —

Dit is 20 Oktober – die tiende dag van die oorlog – en nog steeds is skaars ‘n skoot gevuur. Tog stel die stroom kode-boodskappe uit Natal na Kaapstad Milner nie gerus nie. “Lulled one ethnology cheatingly,” begin ‘n tipiese kabel. Ná dit deur Ozzy vertolk is, word dit “met betrekking tot u boodskap van…” Dan volg die jonjgste militêre nuus.

Om 3 vm. op die 18de kabel White om te sê dat hy Symons na Ladysmith terugbring. Om 5 vm. verander hy van plan. Hy stem in on Symons in Dundee te laat bly. Dit is alles erg verontrustend. Milner voel persoonlik oortuig dat Symons afgesny sal word as hy bly waar hy is.(42)

(42)M se dagboek 18-19 Okt 1899, Mil (dep 69). M-C 18 Okt 1899, DK 879/207/14

Daardie oggend vroeg gaan Milner en Hanbury ‘n ent ry. Wanneer hy werklik gespanne word, ry Milner meermale teen Leeukop op die piek waarvandaan ‘n mens die helfte van die Ryk kan sien. Toe hy in Government House terugkeer, het Ozzy die kabel gereed. Die boodskap is eenvoudig en duidelik: Kamp onder vuur.(43)

(43)H.Hutchinson-C 7.32 vm 20 Okt 1899, DK 179/206/814

Symons is aangeval. Die oorlog – Milner se oorlog – het met mening begin…

—oOo—

Einde van Deel 1