BO Buller se Terugslae

Buller se Terugslae 

 Redvers Buller has gone away / In charge of a job to Table Bay; In what direction Redvers goes / Is a matter that only Buller knows…./ If he’s right, he’ll pull us through / If he wrong, he’s better than you.
Black and White Budget, 30 Desember 1899
Hoofstuk-aanhef Luit. Kentish-ouers 30 Sep, 12 Okt 1899, Kent. Hely-Hutchinson-M 20 Okt 1899, Mil 17 (SA 31)
— — —
Hoofstuk 11

“By die Boere Tee Gedrink”

Dundee, Noord-Natal, 20 Oktober 1899
“Ek dink nie die boere het ‘n kans nie, hoewel daar seker hier en daar een of twee kwaai relletjies sal wees. … Ek dink hulle is vreeslik dom om te veg, al wil ons natuurlik baie graag hê hulle moet…”

Lt. Reggie Kentish, Royal Irish Fusiliers, aan sy ouers, 30 September en 12 Oktober 1899
“Ek hoop om vanaand of môreoggend te hoor of Symons (by Dundee) by die Boere tee gedrink het.”
Sir Walter Hely-Hutchinson, Goewerneur van Natal, aan Sir Alfred Milner, 20 Oktober 1899
— — —
Vyfuur die oggend van Vrydag 20 Oktober, en ‘n klam soort dagbreek – regte Skotse weer, merk een van die Engelse soldate op. Laag teen die hange van Impati-berg, noord van die dorp Dyundee, hang ‘n soort newelgordyn.(1)
(1)Kanonnier Netley bandopnames, PV. Monypenny Times 18 Nov 1899 (berig 27 Okt)
Dit is bekend dat Joubert se hoofmag uit die noorde opruk. In die vallei daar onder is genl. Symons se garnisoen van 4 000 man reeds in volle vergtenue op parade. ‘n Sombere krygskouspel: die 2nd Dublin Fusiliers, die 1st Royal Irish Fusiliers, die 60th Rifles enn die 1st Leicesters(2), gerangskik in ‘n dambord van naamlose kakie; bruin verf oor gespes en swaardhewwe en bajonetskedes, met slegs die klein gekleurde wapens op die kakie-helms om die vier bataljons van mekaar te onderskei. Die offisiere dra swaarde, dolke, rewolwers, verkykers en fluitjies. Hulle lyk ewe vaal as die manne.(3)
(2)Sir G. White berig 2 Nov 1899, SD I, 3-6. OH II, 141-74. Barnard Botha 22-5
(3)Luit. Kentish briewe Okt 1899, Kent. Luit. Crum briewe en memoir, Cru
Om 5.20 vm. word die manne beveel om uit te val en een van Symons se staf bring die dagbevele: maak gereed vir infanterie-afrigting. ‘n Paar offisiere van die 18th Hussars – die kavallerie-regiment wat saam met die vier infanterie-bataljons na Dundee gestuur is – slenter menasie toe om te gaan tee drink.
Skielik word geroep: “Daar is hulle!” Almal lag. Dae lank al praat almal net van die geveg wat voorlê. (“As die Boere hulle maar net wil roer en iets doen,” het  een pas huis toegeskryf),(4) maar die gedagte dat ‘n stuk of duisend Boere ‘n hele Britse brigade kan aanval, lyk komies. In elk geval word die dreigende aanval van Impati in die noorde verwag. Die manne dra swart reënjasse. Miskien is hulle die burgerwagte.(5)
(4)PPW 23 haal brief van 16 Okt 1899 aan
(5)Romer & Mainwarning Dublin Fusiliers 6. Luit. Stirling Times 8 Des 1899/ Luiyt. Crum MS aangehaal maj. Burnett 18th  Hussars 12-13
Van waar hy in sy tent lê, hoor lt. Maurice Crum, senior luitenant van die 60th Rifles, die krete en gelag. Hy word nou al vier maande in Natal vir hierdie geveg opgelei, vier maande waarin die oorlogsverwagting afgewissel is deur deprimerende gerugte van vrede, en hy wil tot elke prys die “rel” meemaak. Maar vandag lê hy met ‘n ligte koorsaanval op sy kombers.(6)
(6)Luit. Crum, briewe & memoir, Cru
“Wie is daai dôners op die blerrie kop?” hoor hy ‘n man met ‘n Cockney-aksent skree. Crum kruip by sy tent uit en lig sy verkyker. Die hele kamp staar nou oor die vallei na die steil rant, twee myl oos van die dorp bo Piet Smit se plaas: Talana-heuwel, soos die Zoeloes dit noem. Deur die newels sien Crum af en toe groepies figure teen die gladde lyn van die bleek oosterlug, groepies skutters met drie veldkanonne.

Dit is Meyer se kommando. Boere. Die offisiere staar hulle ‘n kwartier later nog steeds verbaas aan toe die eerste Creusotkoeël, ‘n 75 mm, met ‘n gewoer en ‘n gefluit hoog bo die vallei trek.(7) Kort daarna mik die Boere beter, en ‘n tweede koeël plons in die nat grond naby die agterhoede van die Dublin Fusiliers neer.(8)
(7)Luit. Trench se dagboek 20 Okt 1899, Tren
(8)Maj. Bird se dagboek 20 Okt 1899, Bird
By die Britse grofgeskut teken kanonnier Netley, no. 5 van kanon no. 1 in Battery 13, die presiese tyd aan – 5.40 vm. volgens die barak-horlosie – toe die volgende Creusot-koeël inslaan. Dit tref die houtpen enkele treë agter hom waaraan hy sy ponie vasgebind het. Gelukkig is dit ‘n dowwe bom.(9)
(9)Netley bandopnames en Netley se dagboek 20 Okt 20 Okt 1899, PV
“Natuurlik kan jy reken dat almal nogal verbaas was,” krabbel Netley later in die dagboek wat hy in sy knapsak aanhou. “En die manne het oral rondgehardloop, maar net vir ‘n minuut of twee. Toe ruk ons ons reg en die battery word in aksie gestel en begin op die Boere se kanon lostrek… Die boere het baie wisselvallig geskiet.(10)
(10)Netley se daboek 20 Okt 1899, PV
Al drie batterye – ses kanonne op’n battery, ‘n totaal van 18 kanonne – word beveel om te begin vuur. Teen omstreeks 6.00 vm. begin wit sterretjies skrapnel-rook teen die lug vonkel toe Battery 67 uit sy stelling in die kanon-park begin bulder.(11) Batterye 69 en 13 trek stadiger los; die dkrywers is pas gestuur om hul perde en die ander transportdiere te laat drink. Kanonnier Netley word op sy ponie gestuur om hulle terug te roep.(12)
(11)Luit. Trench MS siteer maj. Kerin se dagboek 25-6 Ker
(12)Netley bandopnames. PV. Romer & Mainwaring 7
“Battery kolom. Seksies swenk links. Aksie voor.”
Die batterye  haak die perde aan, rammel in pare deur die dorp, gaan stamperig oor die treinspoor, metaal teen metaal, en haak twee myl van die vyandelike stelling af.(13)
(13)Luit. Trench MS tap
“Batterye vuur 15 sekondes. Buis 35.” Om 6.20 vm. trek die 69ste los. Om 6.30 vm. sluit die 13de by hulle aan. Die kanonne staan in netjiese rye soos op ‘n velddag. Náe skoot tel die kanonniers hardop die regulasiepouse van vyftien sekondes tussen elke skoot.(14)
(14)Ibid. Netley bandoopnames, PV
Genl. Symons self wou net by die ontbyttafel gaan sit toe die eerste Creusot-bom inslaan. Die bevelvoerder van die Husare, lt.-kol. B.D. Möller, ry na sy tent om bevele te ontvang. Los perde galop nog steeds langs die buiteposte en laat die modder spat. Manne skuuil agter die tente. Ordonnanse sukkel om die offiisiere se perde op te saal.

Symons se tent is onmisken baaar: ‘n reusagtige UnionJack wapper aan ‘n hoë  mas; binne die tent  die generaal ‘n sigaret en reik bevele uit. Bomme val aanhoudend daar naby. “Astrant” is die woord wat hy teenoor Möller gebruik om die boere-aanval te beskryf. Verdomp astrant  om voor ontbyt te begin skiet.(15)
(15)Maj. Burnett tap
Teen 6.40 vm. begin die vyandelike vuur afneem. Die Boere-kanonne het nooit veel kans gestaan nie. Drie teen agtien. Nie dat Brother Boer, soos die offisiere die vyand noem,(16) waffers kan skiet; nie. Die meeste skote was mis en van die bomme wat hul teiken getref het, is die meeste met skokbuise toegerus, sodat die bomme in die reën-deurweekte grond nie ontplof het nie.
(16)Sien maj. Marling se dagboek-inskrywing 255, 266 skynbaar as ‘n reaksie op W.T. Stead se blitsverkoper, Shall I slay my Brother Boer? Uitgegee Londen Sep 1899
Die enigste Britse ongevalle is arme Horn, beuelblaser van Battery 69, ‘n blote seun, wie se kop deur ‘n Maxim-eenponder afgeskiet is,(17) en die grys merrie van kol. Gunning (Bevelvoerder van die 60th Rifles) se ordonnans, wat vol deur ‘n 75 mm getref is.(1)
(17)Netley se dagboek 20 Okt 1899, PV. Netley bandopnames en Kerin se dagboek, 26 Ker. Luit. MS aangehaal
(18)PPW 30 haal onderoffisier se brief aan
Nog voor die einde van die tweegeveg tussen die grofgeskut reik Symons die krygsbevele aan sy bevelvoerders uit. Ondanks sy ergernis oor die onderbreking van sy ontbyt wil hy graag die geveg aan die gang kry. Sy plan is eenvoudig, in ooreenstemming met sy opvattinge van strategie. Om aan te val,moet die vyand eers toegelaat word om saam te pak.

Tog moet die oostelike kommando’s onder Lucas Meyer nie toegelaat word om by die Boere se hoofmag onder Joubert aan te sluit nie. Volgens Symons se verkenners is die voorhoede van Joubert se leër (in werklikheid 2 000 man onder genl. Daniël Erasmus) nou agter Impati-berg. Hulle kan binne ‘n paar uur by Meyer se kolonne aansluit. Symons moet dus onmiddellik sy infanterie teen Meyer instoot.(19)
(19)Symons-White 17 Okt, Symons-White (tel) 18 Okt 1899, Whi 52, 56B. Kerin se dagboek 23 Ker. Maurice Rawlinson (haal blad aan) 45
Symons het die Boerestellings reeds deur sy verkyker bekyk. Met die blote oog lyk die lang bergrug feitlik kaal. Takties gesproke lyk dit deur ‘n verkyker belowender. Die rug bestaan in werklikheid uit tweeling-koppies – Talane in die noorde, 600 voet hoog; Lennox in die suide, 550 voet hoog – en soos by die meeste Suid-Afrikaanse koppies het die werklik van erosie terrasse teen die hellings gevorm. Teen hierdie hellings lê rooi vulkaniese rotse en groei daar aalwyne en doringbome. Net onder die kruin van Talana lê ‘n bloekombos en Smit se plaas: ‘n groepie wit plaasgeboue en pienk klipmure.(2)
(20)OH I, 128-9 en Kaart Deel I. TH II, 157. EGO
Hiervandaan, besluit Symons, gaan hy  ‘n toegespitste i nfanterie-aanval loods. Hy gaan van die konvensionele velddag-taktiek gebruik maak, ‘n drie-akter wat in Aldershot ontwikkel is. Eers word grofgeskut gebruik om die terrein sag te maak. Dan volg ‘n stormloop deur voetsoldate. Derderns k okm die kavallerie-stormloop om te verhinder dat die vyand vlug.

Symons is nòg ‘n genie nòg ‘n dwaas. In hierdie taktiek word al die staande magte van die tydperk opgelei, sowel op die vasteland as in Brittanje en Indië. Met hierdie taktiek het die Duitsers in 1870 groot welslae teen die Franse behaal, en Brittanje groot welslae teen die swak gewapende stamme van Indië se noordwestelike grens.(21) Daarteenoor, herinner Symons homself, is Colley by Majuba sonder òf artillerie òf kavallerie vasgekeer.(22)
(21)Sien nota 19
(22)Symons-White 29 Jul 1899 Whi 52. Vir taktiese kritiek oor Majuba sien hoofst. 8 van G.F.R. Henderson se ongepubliseerde konsep van OH, tap
‘n Mens moet weer sê dat enkele van die intelligenter offisiere ongelukkig was oor een kenmerk van die taktiek wat Symons gedurende die velddae in Natal toegepas het. Hulle het  geglo dat ‘n buitengewone oop orde die taktiek is om teen Boere met magasyngewere te gebruik Symons glo daarenteen in die goed beproefde deugde van digte orde en konsentrasie.(23)
(23)Crum se dagboek 2 Aug 1899 memoir II, Cru, aangehaal. TH II, 157-8
Hy besluit om sy grofgeskut met die suidelike gedeelte van die rant, Lennox-koppie, te laat afreken. Hy wil sy mag toespits op die paar honderd tree waar die klipmure en die bloekombos reg onder Talana val, en dit dan met ‘n oorweldigende oorwig stormloop. Hy wil die boere uitklop, en hy glo nie daar is tyd om die maneuvreer as hy Meyer wil vernietig voor dié by Joubert kan aansluit nie.(24)
(24)Symons se ADC biskop Bynes aangehaal, My Diocese 61
In teenstelling met sy geloof in die tradisionele deugde van konsentrasie en digte orde vir soldate, het Symons onkonvensionele (selfs roekelose) opvattinge i.v.m.; die hantering van kavallerie. Hy sê kol. Möller aan om nie op die voetsoldate te wag nie,maar om selfstandig op te tree wanneer hy die geleentheid sien. Omstreeks 7.00 vm. neem Möller dus sy klein groepie kavallerie en berede infanterie en ry agterom Talana om die vyand se terugvallyn af te sny.(25)
(25)Kol. Möller 15 Jun 1900 RCSAW III, 402. Möller is deur Roberts weens onbevoegdheid berispe en is later op halwe soldy geplaas. Marling 254
Symons het die taktiek op die noordwestelike grens van Indië doeltreffend gevind, hoewel dit teen die goed geoefende magte van die kavallerie-handboeke rampspoedig kon gewees het. Dit is nou 7.30 vm. en die grofgeskut-bedryf is feitlik afgehandel. Dit het tyd geword vir die tweede gedeelte van die Aldershot-taktiek – die infanterie-aanval.(26)
(26)White SDI, 5
Terwyl die voetsoldate in ‘n sanderige rivierbedding oos van Dundee stelling inneem, haas ‘n oorlogskorrespondent, Monypenny van die Londense Times, voorheen redakteur van The Star in Johannesburg (waar hy in oorleg met Beit en Milner die Uitlander-saak “warm gehou” het), hom na die front.(27)
(27)James High Pressure 112-13, 127-28, Times 18 Nov 1899. Times MS brieweboeke 1899
Op die rivierbedding wag die manne op bevele. Symons, wat makllik itgken kan word aan die skarlaken vaandel wat sy aide-de-camp dra, ry daarheen om die posisie te bekyk. Dit is ‘n berekende risiko om feitlik alles waaroor hy beskik, in die stryd te werp – drie infanterie-bataljons, twee batterye grofgeskut en al die ruiters.
Dit laat slegs die Leicesters en Battery 67 oor om die kamp te verdedig as Joubert by die flank sou aanval, ‘n moontlikheid wat Symons nie buite rekening laat nie. (In werklikheid was die Boere reg om van Impati af aan te val.)(28) Maar vir Symons lyk dit na die enigste moontlikheid om die Boere werklik hard te slaan.
(28)Barnard Botha 22-3. Breyt I, 217
“Dublins in eerste ry. Rifles tweede. Fusiliers derde.” Dit is ‘n spannende oomblik. Terwyl die manne deur die dorp gemarsjeer het, was daar histeriese tonele: party van die dorpenaars het gelag, ander het gehuil, en ‘n vrou het haar op een van die onder-offisiere van die Rifles gewerp en hom gesoen met die woorde: “God seën jou, seun”. Die manne praat groot en maak grappies, maar baie lyk taamlik bleek. Party sluk hard en probeer dit nie wys nie.(29)
(29)PPW 31
Min van hierdie kortdiens-soldate het immers nog ooit aksie aanskou. En van dié wat het, het nie ‘n enkele een ondervinding van òf grofgeskutvuur òf moderne geweervuur nie. In die hele Europa is daar geen groep soldate wat ooit die toegespitste vuur van die magasyngeweer van die verkeerde kant af ondervind het nie. Die mense wat  hierdie kant van die geweer uit persoonlike ondervinding die beste ken, is die Derwisje van Omdurman – dié wat nog leef.

Skielik daal stilte oor die geledere van die 60th Rifles neer.(30) Dit is die regiment wie se 3de Bataljon by Majuba feitlik uitgewis is en die manne beskou die huidige oorlog as ‘n persoonlike vete, ‘n ereskuld wat betaal moet word. Die kolonel, Bobby Gunning, roep die onderoffisiere saam. “Kalm nou, kêrels. Onthou Majuba, God en ons land.” Die bevel word vooruitgedra. “Voorwaarts, manne”, en daar gaan hulle.(31)
(30)Ibid 31
(31)Ibid 31
‘n Paar ongelukkiges word getref deur geweervuur van die onsigbare skutters teen die mistige koppie. Die Indiese draers van maj. Donegan se veldhospitaal tel die ongevalle op en dra hulle in groen “doelies” (vier op ‘n doelie) na die verbandstasie by die poskantoor.(32) Die grootste gedeelte van die infanterie bereik die bos. Hier skuil enkele manne in die slote en agter die muur van Smit se plaas. Hulle is nou minder as ‘n myl van die kruin van Talana af. (32)
(32)Maj. Kerin 28 Ker. Maj. Donegan se dagboekinskrywing 20 Okt 1899 PV
Bo hul koppe ritsel en val die bloekomblare soos Mauser-koeëls deur die bome sny. Hoe moet hulle verby die bos kom? Aan die anderkant is ‘n klipmuur, ‘n klein gaping en daarna ‘n lae braambos. Anderkant die braambos is kaal grond.(33) Maj. Bird en baie van die Dublins slaag daarin om die bloekombos te verlaat en kruip in ‘n sloot op, maar hulle word spoedig deur geweervuur vasgepen.(34)
(33)TH II, 159-60
(34)Maj. Bird se dagboek 5 Bird. Romer & Mainwaring 7-9
Lt.-kol. R.F.C. Carleton stuur sy Fusiliers om agter die klipmuur links stelling in te neem. Ander bly in die bloekombos, waar kordiet-dampe en die geur van vermorselde bloekomblare nou swaar hang. ‘n Uur lank probeer die ongelukkige bevelhebber van die infanterie-brigade, brig.-genl. James Yule, die aanslag aan die gang kry. Die manne is onwillig om die onsigbare koeëlgordyn te trotseer.(35)
(35)TH II, 160-1
Kort n á nege kom die generaal se rooi wimpel deur die misreën na hulle aan. Symons het twee van sy stafoffisiere vroeër daarheen gestuur om te beveel dat die manne moet aanval, en hy kom nou vra waarom dit nog nie gebeur het nie. Yule verduidelik dat die geweervuur van Talana nog geweldig is, ondanks die skrapnel van die 18 Britse veldkanonne wat op die Boere neergereën het.

Waarskynlik het Yule toe voorgestel – minstens een van sy offisiere was die mening toegedaan, en vandag lyk dit na die klaarblyklike manier van optrede – dat dit verstandig sou wees om die infanterie-aanval uit te stel tot die grofgeskut sy werk afgehandel. Symons weier.
Die strategiese oorwegings tel vir hom te swaar. Daar moet gehandel word – en dadelik. Alles hang daarvan af of Meyer aangeval kan word voor Joubert by hom aansluuit. Ondanks sy staf se besware ry Symons deur die bos, klim af en stap na die gaping in die klipmuur terwyl sy aide-de-camp sy skarlaken wimpel langs hom dra.(36)
(36)Ibid 161
Daar was tye in die oorloë van die 19de en vroeëre eeue toe ‘n generaal sy lewe moes gee om sy manne te inspireer. Dit was die teenhanger van die Laaste Weerstand: Die Dood van die  Generaal op die Oomblik van Oorwinning. Miskien het Symons homself in dié edele rol gesien. In elk gevalmoet hy nou met sy lewe die prys betaal.

Ná ‘n  paar oomblikke keer die gewonde generaal deur die gat in die klipmuur terug en klim met behulp van sy aide-de-camp moeisaam op sy perd. Die skarlaken wimpel beweeg stadig van Talana weg.(37) Eers toe die troepe hom nie meer kan sien nie, laat Symons die Indiese draers toe om hom na die verbandstasie te bring. Maj. Kerin, bevelvoerder van die 20ste Veldhospitaal, tref hom daar aan. Hy verkeer in ontsettende pyn, met ‘n noodlottige maagwond. “Sê my, het hulle die koppie?” is al wat hy uitkry.(38)
(37)Symons se ADC aangehaal PPW 35
(38)Maj. Kerin se dagboek 33 Ker. Vgl. PPW 35
‘n Aantal ander manne het reeds sonder Symons se aanmoediging aan die westekant van die bos begin opruk. Daar is ‘n oorverdowende storm vangeweervuur. Honderde Mausers word gelyktydig afgeskiet. Dit trommel, bulder, hamer, knars. Koeëls kaats van die rooi klippe af en skiet teen die grond soos ‘n reënstorm op ‘n meer. Ten spyte van alles begin die voetsoldate vorder. Ongevalle is daar oorgenoeg.

Teen 9.30  het hulle die hoofterras onder die kruin van die koppie bereik. Hier loop ‘n tweede klipmuur parallel met die helling. Teen 10.00 vm. het talle manne van al drie bataljons agter die tweede klipmuur stelling ingeneem. Hiervandaan vuur hulle op die Boere. Hul teenwoordigheid blaas die res van djie voetsoldate genoeg moed in om die bos te verlaat.(39)
(39)Maj. Bird tap
In die vallei het die twee artillerie-batterye in die tweegeveg van die grofgeskut die beste gevaar. Die dorpenaars trakteer hulle op ‘n laat ontbyt van brood en botter, tee en koffie. (“Hier gaan die happie – ingeval ek dit verloor,” is kanonnier Netley se lughartige kommentaar. “Die Mausers sing … hulle moet knap skuts wees, want hulle het maar een man in diebattery getref.”)(40)
(40)Netley se dagboek tap
In Battery 69 kry lt. Trench bevel om op 1 400 tree te mik. Die twaalf kanonne trek op die koppie los. Netley sien hoe die skrapnel in wit rook en rooi stofballonne bars. Hy sien ook hoe die voetsoldate hul bajonette vel en begin storm.

Op daardie oomblik is daar ‘n nuwe terugslag. Netley en die kanonniers van Battery 13 kan die Britse bajonette duidelik sien – “soos klein weerligflitse”. Party van die manne by Trench se battery 69 kan nie.(41) Wat toe gebeur het, is vir die Times van Londen beskryf deur kapt. Nugent van die 60ste:
(41)Ibid. Trench MS aangehaal
”Voor my het die koeëls die grond letterlik in stof laat opstyg, en die lawaai van die aanhoudende Mauser-vuur tussen die koppie en die bos daaronder en tussen die rotse het geklink asof dit met al die ander geluide tot ‘n uitgerekte, afskuwellike gebruil saamsmelt. Halfpad oor die terras kyk ek oor my skouer, en ek moet beken dat ek geskrik het vir wat ek sien. S- was kort agter my, en nog ‘n paar manne hier en daar, maar die hele afstand wat ons afgelê het, lê vol lyke, en daar kom nie meer manne oor die muur agter ons nie.

“Op daardie oomblik is ek die eerste keer getref … deur die knie. Die werklike skok was asof iemand my met al sy krag met ‘n knuppel slaan. Ek het omgetol en geval. My pistool het diékant getrek en my helm daarnatoe.  … (Toe) begin ek myself orent beur deur aan die rotse en bossies en lang gras vas te klou … ‘n Skoot van bo tref my vir die tweede keer; die koeël is bo my regterheup by my rug in en voor by my dy uit.”(42)
(42)TH II, 164-5. (Kapt. Nugent se identiteit word in Kerin se dagboek bevestig 48 Stirling se brief 8 Des 1899)
Ondanks ‘n derde koeël, dié keer in die ruggraat, kruip Nugent tot bo-op die koppie, waar hy sien dat die Boere vertrek het. Sy verslag vervolg:
“Ek het my been begin verbind toe ‘n skrapnel-bom bo ons bars. Ons albei, W(ortley) en ek, staar verstom. Ons kon ons artillerie op die vlakte onder ons sien, 1 500 tree daarvandaan. … Dit het onmoontlik gelyk dat hulle ons nie van die muur af sien storm het nie. … Kort daarna sien ek nog ‘n flits van ‘n kanon en toe bars ‘n skrapnel-bom met ‘n gegil en ‘n gebulder net agter ons. … Ek was taamlik moedeloos … om aan die Boere te ontkom en dan deur ons eie mense doodgemaak te word. W(ortley) en ek het so dig onder die rots gelê as moontlik en op die terras onder my kon ek sien hoe die armsalige gewonde kêrels hulle na die muur  probeer sleep om te skuil. Kort daarna het ‘n skrapnel reg bo ons koppe gebars, en die koeëls het die grond oral om ons getref.”(43)
(43)Ibid 165-6
Uiteindelik hou die bombardement op, en gelukkig vir Yule se manne probeer die Boere nie die kanonniers se fout eksploiteer nie. Hulle sluip by die anderkant van die koppie af, waar hul perde wag, en ry weg.(44)
(44)Barnard 23. Breyt I, 226-7 haal Meyer se amptelike verslag 212 Okt 1899 aan
Die koppie is verower. Maar wat ‘n skouspel wag die oorwinnaars in. Kol.Gunning van die 60ste lê daar, deur die hart geskiet. Hy het naby kruin van die koppie orent gekom en vir sy Engelse kanonniers geskree: “Staak vuur!” Kol. Sherston, Yule se brigade-majoor, lê skoppend en kreunend op die grond. Kapt. Connor, die reuks van die Fusilliers, het ‘n noordlottige buikwond. Britse skrapnel het lt. Hambro ernstig gewond; hy het albei bene verloor.(45)
(45)Luit. Stirling Times 8 Des 1899. Luit. Kentish tap. Kerin tap
Elke bataljon het ‘n halfdosyn gesneuwelde of gewonde offisiere; die totale Britse verliese kom te staan oop 51 dooies of sterwendes, 203 gewondes.(46) En as die koppie verower is, wat is nog verower?
(46)OH I, 462. Vgl Breyt I, 233-6
Anderkant die rant galop die manne van Lucas Meyer se kommando o or die veld na die Buffelsrivier. Die oomblik vir Bedryf Drie van die Aldershot-drama het aangebreek: die vernnietiging van die vlugtende vyand. Maar Möller en die Britse kavallerie het Symons se opdrag letterlik opgeneem en ure gelede al agter Impati verdwyn – geheimsinnig verdwyn. (Die rampspoedige nuus van hul oorgawe aan die Boere sou  Yule eers ‘ n paar dae later bereik.)(47)
(47)OH I, 138-42. Breyt I, 224-6
Tog  is die vyand nog goed binne artillerie-afstand. Ná ‘n mate van weifeling word die kanonniers beveel om by die pad tussen die kruime van Talana en Lennox-koppiesj op te trek. Hier haak die twee batterye se 12 kanonspanne hul perde los – en wag. Later is gesê dat die artillerie-kommandeur,  kol. Pickwoad, die Boere ‘n wit vlag sien hys het.(48)
(48)White SD I, 6. Conan Doyle Great Boer War 91-2
Daar was egter ‘n ander rede vir hul gebrek aan handeling: in die mis en motreën het hulle die vlugtende Boere, met hul mantels, vir die 18de Husare aangesien. In Battery 13 kan kanonnier Netley sien dat hulle boere is, en vervloek hy hul kommandeur se dwaasheid.(49)
(49)Netley tap
Hoe dit ook al sy, albei batterye word beveel om nie te vuur nie. En binne minute ry genl. Meyer en sy kommando van 3 000 man vinnig agter die reëngordyn weg.(50)
(50)Breyt I, 227-8. OH I, 137.Nota Barmnard 22. Die helfte van Meyer se mag het uit die vuurlinie gebly
—oOo—