Willem Prinsloo Perderoete: Inskrywingsvorm

17 Oktober 2020

Groep sal in 2 gedeel word (kies jou voorkeur tyd)



Die Willem Prinsloo Perdryroete in die Kloof #KultuurAvontuurKamp

Wil u deel wees van ‘n onvergeetlike ervaring wat nie net geskiedkundig is nie, maar ook sommer lekker  – want die uitstappie is te perd. Hoeveel keer het jy jouself voorgeneem om nog eendag so iets te doen, veral saam met jou kinders? Dink wat dit vir hulle sal beteken. Hier is jou kans– lees verder. Geen ry-ervaring is nodig nie, dis veilig, dis pret en sommer ook leersaam. Nou hier is die geleentheid om al jou sintuie in te span sonder vermoeienis. Voel, ruik proe, sien en hoor die veld, die natuur... en beleef die krag, soepelheid en energie van 'n perd!

Wat en waar is dit en wat maak hierdie gebeurtenis en roete so besonders? Die toerleier is Willem Prinsloo, laaste manlike erfgenaam van die welbekende Landboumuseum en Natuurreservaat naby Rayton en Bronkhorstspruit. Die roete loop al langs die Elandsrivier op en – let wel dis in die spore van ons Boeretrekkers wat 100 jaar gelede deur die Kloof getrek het op pad Laeveld toe. Duidelike tekens daarvan – soos die spore – is nog duidelik te sien.

Verder (en ‘n mens wonder hoeveel mense weet dit), gaan jy verskeie forte sien (opgerig tydens Die Slag van Donkerhoek) wat tussen 11 - 12 Junie 1900 plaasgevind het - 'n aanvalslyn wat oor 40km gestrek het.  Jy gaan ook 'n damwal sien - gebou deur Italiaanse krygsgevangenes wat later in Militaire Italiano (net buite Cullinan) gehuisves is vanaf 1941-1947. Daar is ook ander bouwerke deur die Italianers in die omgewing van Zonderwater. Naby die ongelooflik netjiese en mooi Italiaanse kerkhof kan nog spore gesien word van hoe die tenks daar op die bulte beweeg het. Die hele roete en omgewing is geskiedkundig en baie interessant en daarby geniet jy ‘n perderit.

Ons kampterrein is ‘n plaas in die Bosveld en ja, daar is selfoonopvangs, warm water, storte en ons taal is Afrikaans. Die omringende dorpe is Rayton en Cullinan (self ‘n geskiedkundige myndorp).  Kostes vir hierdie perdry-ervaring is slegs  R150 (1 persoon), R280 (1 ouer en 1 kind) en R390 (1 ouer en 2 kinders). Die rit duur ongeveer 120 minute waarna jy rustig kan ontspan . Bring ‘n koelhouer met jou eie middagete en geniet ‘n lawende swem by Die Eiland (of braai daar).  *Familiepakkette is beskikbaar! afsonderlik vir Die Eiland (nie deel van Perderitprys.)

Kom deel in hierdie ervaring en pret – jy sal nie spyt wees nie en die kinders sal gaande hieroor wees..... gun hulle dit.  Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie – dis deel van ons Boerekultuur en ‘n belewenis wat jy altyd sal onthou.

LET WEL: Vir 'n INTIEME ervaring kan die RIT (vir 6 mense) afsonderlik gereël word @ R200 per persoon. Op 'n DAG van u keuse (naweek). Dit bied u meer tyd vir vrae direk van die GIDS.

LW: Onmiddellike verwydering van perseel:  Dwelms en ‘n Bloubultrui of ander Bulls-aandenkings....! 

Vraag en Antwoord (Q & A)

Hoe lank duur dit?

Vandat jy by die stalle opdaag, todat jy deur die Kloof beweeg en afklim by die stalle, neem ongeveer 120 - 150 minute. Jy kan 30 minute voor die aanvang van die rit opdaag en die perde leer ken. Jou en jou kind vertroud maak met die ervaring. So ook na die tyd. Bring 'n wortel OF 'n stuk vars brood (heel of half wat jy kan opbreek) vir jou perd(e) en spandeer nog 'n halfuur om hul te streel, te voer en die absolute natuurskoon (en plattelandse stilte) van Rocky Rest te geniet. Bring 'n kampstoel saam, en gee jou kind die geleentheid om die ERVARING ten volle te geniet (sonder haas).  

As jou Whatsapp PIN-Locator jou bring by hierdie bord om af te draai, is jy op die regte plek!
Hou regs by die vurk in die pad. 1,8km vanaf die teerpad tot by die Plaasopstal. 

Wat moet ek dra?

Langbroek. Ordentelike stapskoene of tekkies. Kaalvoet of sloffies word nie toegelaat nie. Hier is vier Perde-hoofbeskermers (hoed). Dra verkieslik 'n hoed wat vasbind en nie sal afval of afwaai met galop nie. Die perd / jy as ruiter gaan verby 2 groot damme. Hulle is lief vir water en stap in om te drink. Dra ou klere. Hoe dieper jy ingaan, hoe meer hou die perd daarvan.

Druk die HOOTER as jy by die hek kom, en daar word vir jou oopgemaak. NOG 120m, dan is jy by die stalle - en jou AVONTUUR begin!
Volg die pad! of volg jou maatjie voor jou. Verby die vleie, die fontein, Die Eiland, in die kloof...en deur! ASEMROWENDE stilte in die Kloof!

Wat gebeur op die rit?

Moenie bang wees nie. Jou perd ken die roete. Vra vrae, sodra jy rustig geraak het. Die 1 gids ry voor, en die 1 gids ry agter. 'n Derde gids beweeg tussen deur (as hy betrokke is). Sommige perde hou van (dring daarop aan) om voor te ry. Ander is gemaklik in die ketting. 

Ek is +Grootte

'n Perd kan met gemak 130kg gewig dra. En ons sal daarvolgens aan jou 'n perd toeken. As jy weet jy gaan sukkel met die op- en of afklim, praat asseblief met jou gids (hetsy 'n rugby-knie / gewig / rumatiek / seer rug). Asseblief. Ons help jou graag dat jy besering-vry die ervaring geniet en huistoe gaan. MOENIE stilbly en self probeer nie!
Een van ons sale waarop jy gaan ry! Wees bevoorreg~!
Ons oudste ruiter vir die dag (@75). Vol glimlagte met die afklim! 
Hoe oud of jonk mag ry?

Ons oudste ruiter(s) was 'n paartjie van 89 en 90 jaar oud. Ons jongste ruiter sover was 6 jaar oud. Jy ry alleen - en dit is jou barometer - jy moet jouself kan HANDHAAF op die perd. Jy gaan op en af teen 'n berg en deur 'n stroom en of rivier. Jy gaan net stap met die perd! Galop is 'n keuse. 

Hoep-Hoep Roep - Kleinfontein.mp3

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za