Waarom Viktor se goed geslaap het

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Een

deur Arthur S. Maxwell

Met die hoop om werk te kry, het Viktor na die groot beestentoonstelling gegaan waar daar gewoonlik baie boere was wat diere op die skou gehad en wat ook die perde en beeste van hul bure wou sien. Baie van hulle het ook hul oë oopgehou vir geskikte manne en seuns om op die plaas te help.

In die loop van die dag het een van die boere oorgestap na die groep seuns wat daar gewag het om te sien of daar een was wat hom geval. Onder die groep was 'n seun genaamd Viktor.

"Wille julle werk hê?" het hy gevra.

"Ja," het die seuns tegelyk geskree.

Dadelik het hy vir Viktor opgemerk en die seun met sy sproetgesig het vir hom eerlik en opreg gelyk.

"Wat van jou, boet? Weet jy iets van plaaswerk?" het hy aan Viktor gevra.

"Ek kan slaap in winderige nagte," het Viktor gesê.

"Wat bedoel jy?" het die boer kortaf gevra.

"Ek kan slaap in winderige nagte," het Viktor kalm gesê.

"Daardie seun is besimpeld," het die boer gebrom en weggestap. Maar hy kon nie Viktor se vreemde woorde vergeet nie. "Ek kan slaap in winderigte nagte," het die boer gemompel. "Wat op aarde sou hy bedoel?"

Later het hy toevallig weer dieselfde groep seuns gesien en Viktor was nog by hulle en weer is hy getref deur die eerlike voorkoms van die seun. Hy het die seun weer genader en hom gevra wat hy van boerdery weet en weer het die seun hom die vreemde antwoord gegee: "Ek kan slaap in winderigte magte."

Half radeloos het die boer toe maar gesê "Kom saam met my en ons sal gou sien wat jy kan doen."

Viktor het die werk aangeneem en hy het op die plaas gaan woon. Hy het goed gewerk en die boer was tevrede met hom. Maar een nag het daar iets gebeur.

Dit was laat en almal was al aan die slaap. Skielik het die boer wakkergeskrik vir die geraas van die wind. Hy het dadelik opgestaan. Hy het besef dat 'n storm aan die kom was en hy het dadelik gedink aan sy beeste, sy hooimiedens en sy skure.

Vinnig is hy na Viktor se slaapkamer en daar het die seun vas aan die slaap gelê.

"Staan op, staan op!" het hy geskree.  Maar Viktor het vas geslaap.

"Staan op, kêrel, het die boer geskree, baie vererg. "Kan jy nie die wind hoor nie?" Viktor het nie wakkeer geword nie.

"Ek sal hom more in die pad steek hieroor, dis nou eenmaal seker," het die boer baie kwaad gesê terwyl hy uit die kamer na die skure gehardloop het. Maar daar het 'n ander verrassing op hom gewag.

Daar het nie deure geslaan ind ie geweldige wind. a die diere was deeglik. Hy het by die koeistal gaan inloer. Maar het die diere rustig gelê

Wat van die miedens, sou hulle staan? het hy wonder. Die wind het hulle vreeslik verwaai teen hierdie tyd. Maar hulle was nie verwaai nie. Om die waarheid te sê was hulle so goed toe dat nie eens een strooitjie losgewaai het nie.

In die donker en die verblindende reë, het die boer alles gaan ondersoek, want hy het verwag dat daar baie dinge verkeerd sou wees, maar alles was heeltemal in orde.

Eindelik is hy papnat weer huis toe. Hy is weer na Viktor se kamer, maar die seun het nog vas geslaap. Terwyl die wind so gewoed het om die huis, het die boer Viktor se vreemde woorde onthou "Ek kan slaap in winderige nagte". Meteens het hy begryp.

Die seun het alles so goed versorg dat daar niks was om hom oor te bekommer nie. Hy kon slaap in 'n windstorm of 'n aardbewig.  Viktor het sy werk behou.