Waar die gras langer groei

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

"Wie wil graag 'n paar pennies verdien vir sy sendingbussie?" het Pappie gevra.

"Ek wil," het Morris gesê.

"En ek ook," het Monica gesê.

"Wat moet ons doen," het hulle tegelyk gevra.

"Julle moet vir my iets in die tuin doen," het Pappie gesê. "Ek het 'n klompie plantjies bestel en ek wil 'n stukkie grond omgespit hê, vanmiddag. As julle goeie werk doen, kry elkeen 'n trippens vir julle bussies."

"Goed!" het Morris gesê, wat baie gehou het van spit. "Ons sal sommer nou begin."

Monica was nie so ingenome met die idee nie, maar sy was darem gewillig om te help, veral om die trippens te kry. Albei het hulle eie tuinvurkies gehad, net groot genoeg vir hulle. Hulle het die vurke in die buitekamer gaan haal en eerlank was hulle hard aan die spit.

"Ek sal eerste klaar wees," het Morris gesê.

"Ek sal," het Monica hom teëgespreek.

En toe was dit 'n gejaag teen mekaar.

Na 'n tydjie het Pappie kom kyk hulle vorder.

"Julle lyk vreeslik bedrywig," het hy gesê, "maar julle sal moet gou maak, want ek is gereed om te begin plant."

Hy het begin aan die kant waar Morris gespit het.

"Dit is mooi so," het hy gesê, "jy spit baie deeglik. Jy het jou vurk heeltemal ingetrap, dit kan ek sien. En jy het ook die onkruid uitgehaal! Dis 'n goeie seun."

Toe is Pappie na die ander bedding. Maar sy glimlag het gou verdwyn.

"Hallo!" het hy uitgeroep, "wat sien ek hier, Monica? Jy het wel 'n groter stuk omgespit as Morris, maar wat se groen goed steek so hier en daar uit?"

"Dis seker een of twee bossies, Pappie."

"Een of twee! Daar is dosyne van hulle. Ek dink jy het sommer die grond net bo-op 'n bietjie omgedolwer. Kyk, ek kan my vinger nie eens drie duim inkry nie. Dis nie die manier om te werk nie."

Monica het baie verleë gelyk.

"Miskien moet ons almal vir vyf minute of so rus," het Pappie gesê. "Dan kan ons hierdie stuk weer oorspit, want die plantjies sal almal doodgaan as ek hulle daar plant soos die grond nou is."

"Ek gaan dit nie weer oorspit nie," het Monica gesê.

"Maar laat ons eers rus," het Pappie weer gesê.

Toe het hulle almal op 'n kassie gaan sit om 'n bietjie te blaas.

"Laat ek julle 'n storie vertel terwyl ons hier sit," het Pappie voorgestel.

"Dit sal beter wees as om te spit," het Monica gesê.

"Dis 'n goeie storie," het Pappie gesê, en dis oor 'n man wat 'n put gegrawe het. Buitekant my kantoor is daar 'n groot grasperk. Julle het dit miskien gesien toe julle nou die dag daar was. Tydens die eerste wêreldoorlog is die stuk grond verdeel onder 'n aantal manne om groentetuine te maak. Dit was 'n vreeslike werk om die grond om te spit en die gras te verwyder. Dit was swaar werk - baie swaarder werk as wat julle vanmiddag hier doen.

"Vir twee of drie jaar het ons die grond omgespit en bemes, ons het ons groente geplant en geoes. Toe het die vrede gekom. Voedsel was nie langer so skaars nie en ons was maar te bly dat dit nie meer vir ons nodig was om di grond te bewerk nie. Daar is toe weer grassaad op die grond gesaai.

"Vir die meeste mense lyk dit vandag maar soos 'n doodgewone grasperk, maar wat hulle nie weet nie, is dat daar elke jaar iets wonderliks daar gebeur."

"Wat gebeur?" het Morris gevra toe Pappie so 'n bietjie opgehou het. "Ek het nog nooit gehoor dat daar juis iets wonderliks gebeur nie."

"Baie min mense weet daarvan," het Pappie gesê, "maar dit gebeur tog gereeld elke jaar en dit sal nog so vir baie jare aanhou."

"Pappie maak my nou baie nuuskierig," het Monica gesê.

"Ek sal julle vertel," het Pappie gesê. "In die vroeë somer, net voor die gras gesny word, is daar 'n seksie waarop die gras 'n hele paar duim langer groei as die res van die gras daar en die seksie het die grootte van een van die ou tuintjies."

"Hoekom groei dit so?" het Morris gevra.

"Wel, sien julle," het Pappie gesê, "daardie lang gras staan as gedenkteken van die deeglikheid waarmee die grond bewerk is deur die man wat daardie tuin gehad het gedurende die oorlog."

"Was dit Pappie gewees?" het Monica met 'n ondeunde glimlag gevra.

"Nee, dit was nie ek nie, ek wens dat dit ek gewees het. Dit was 'n meneer Hammond. Ek onthou nog hoe hy tydig en ontydig daar in sy tuintjie gewerk het. Hy het dit diep omgespit en baie goed bemes. Die mense wat vir hom gelag het dat hy so baie moeite gedoen het met sy tuin, het nou nou natuurlik alles vergeet, maar God en die natuur het nie vergeet nie - en nou, ná al die jare vertel daardie lang gras nog altyd hoe deeglik daardie man gewerk het."

Daar was 'n rukkie stilte nadat Pappie se storie klaar was. Toe het Monica die stilte verbreek.

"Pappie," het sy gesê, "ek dink ek sal my stukkie maar weer oorspit."