Vreugdevuur-aand

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

In Engeland steek al die seuns en dogters vreugdevure aan op die vyfde November. Hulle noem dit "Vreugdevuur-aand". Wekelank maak die kinders allerhande goed bymekaar en gooi dit op 'n h oop in die agterplaas vir die groot aand. Daar is stukkies plank, onkruid, kaste, ou koerante en allerhande rommel.

"Ag Pappie, gaan Pappie dan nie vir ons klappers koop nie?" het Jim vir die honderdste keer daardie môre gevra.

"Ek glo nie ons behoort geld uit te gee vir klappers nie; nie vandag nie," het Pappie gesê. "Soos ek gesê het...."

"Ag maar Pappie," het almal geskree, "net 'n paar! 'n Paar sal niks maak nie en dit sal nie mooi lyk sonder eers een ou klappertjie nie."

"Ag wêreld, ek sal dan maar seker 'n klompie moet koop," het Pappie gesug.

"Pappie is darem maar 'n gawe kêrel. Klappers, vuurpyle, dink net, en....."

"Maar julle het gesê net 'n paar!"

"Nou ja, Pappie kan sê hoeveel."

"Wel, as ek 'n paar kry, is dit op die voorwaarde dat julle nie daaroor gaan rusiemaak nie!"

"Nee, ons sal nie," het almal gelyk gesê. "Ons sal nie rusiemaak nie, ons maak nooit rusie nie!"

"O ja, natuurlik maak julle nie. Ek dink ek het daardie storie al voorheen gehoor. Ons sal sien," het Pappie geantwoord.

Eindelik het dit aand geword en het die oomblik aangebreek waarop almal so angstig gewag het. Maar Pappie was skoonveld en gevolglik was daar ook geen klappers nie.

"Dit is darem baie swak, hy kon hulle tog gebring het," het Jim gesê.

Die minute het verbygegaan en Pappie kom maar nie. Die kinders word al net baie ongeduldig. Eindelik sê Jim dat hy in elk geval die vuur maar gaan aansteek. Hy trek ook sommer 'n vuurhoutjie en die vlamme skiet dadelik hoog die lug in. Dit was 'n pragtige gesin, maar nogtans was dit of daar iets kortgekom het sonder Pappie.

"Hoekom het Pappie nie gekom nie?" het een na die ander droefgeestig gevra. "Hoekom het Pappa nie die klappers gebring nie? Hoekom bederf Pappie dan die hele aand so?"

Die vuur het alweer begin doodgaan, toe iemand skielik uitroep: "Hier is Pappie!"

Ja regtig, daar kom Pappie - wat by die kantoor vertraag was deur belangrike besigheid - aangehardloop met 'n yslike klomp klappers.

"Hoekom is Pappie so laat?" het Jim gevra.

"Die aand is bederf," het 'n ander een gesê.

"Dis jammer," het 'n derde gesê, "die klappers is nou niks werd nie, dis te laat."

"Wel, ek dink ek neem hulle maar weer terug!" het Pappie gesê.

"Ag nee, moenie," het Jim geskree en hy gryp een van die groot klappers uit sy Pa se hand en hy wil dit sommer aansteek.

"Jim!" het Pappie streng gesê, "wat het ek vir jou gesê....?

Maar Pappie het te laat gepraat. Die groot klapper het alreeds gebrand en Jim moes dit net baie vinnig weggooi.

Daar was skielik 'n harde knal.  Boem!!

Maar die geluid is nie slegs deur die ontploffende klapper veroorsaak nie. Dit het uit die mandjie vol klappers gekom.

Ja, 'n vonk van die ontploffende klapper het in die mandjie geval en die ander klappers is ook aan die brand gesteek. Maar die ergste moes nog gebeur.

Boem! Boem! Boem!

Die eerste ontploffing in die mandjie het die ander klappers ook aangesteek. Dit het gelyk asof al die klappers gelyk gaan ontplof.

"Gooi hulle uit die mandjie uit!" gil iemand. Maar dit was reeds te laat. Voor jy nog mes kon sê, het 'n vlam opgeskiet en alles aan die brand gesteek, selfs die mandjie ook.

Wat 'n toneel! Rooi en groen vlamme deurmekaar; sterre met allerhande kleure trek die lug in.

Kraak! Kraak! Kraak! skiet die kleiner klappertjies en spring malkop orals rond.

Boem! Boem! Boem! dreun die grotes oues.

Sjeip! vlieg 'n vuurpyl skrams by Jim se kop verby.

Binne drie minute was alles verby en al wat oorgebly het, was die boom van die mandjie en 'n klompie baie treurige gesiggies.

"Wel, dit was pragtig terwyl dit aangehou het," het pappie ges 136 en hard probeer om opgewek te wees.

"As Pappie net vroeër gekom het..." het Jim stuurs gesê.

"Ja, en as julle nie so ongeduldig was nie," het Pappie gesê, "sou ons nou nog klappers geskiet het."

Dit was ' n teleurgestelde klomp kinders wat daar gestaan het en Pappie het skielik vir hul betraande gesiggies jammer gevoel.

Snaaks genoeg het dit hom geluk om  nog 'n geldstukkie onder in sy broeksak te kry en hy het gou een van die seuns na die kafee op die hoek gestuur. Toe het hulle darem 'n "paar:" klappers gehad om te skiet. Maar hulle het nie gou die les van daardie aand vergeet nie, want sodra een van hulle geneig was om kwaad of ongeduldig te word, het hy gedink aan daardie vreeslike "vreugdevuur-aand" toe al die klappers gelyk geskiet het.


Slaaptyd stories
Deel DRIE

deur Arthur S. Maxwell

"A 

Om die dam Perderoete