Twee Gelukkige Seuns

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Twee van die gelukkigste seuns wat ek ken, is Charles en Victor. Hulle is die seuns van 'n werktuigkundige aan die kus.

Vir maande en maande het hulle Pa in sy vrye tyd in sy werkswinkel gehamer en die deure altyd op geheimsinnige wyse toegehou. Sy twee seuntjies kon doodgaan van nuuskierigheid. Hulle het op allerhande maniere probeer om in te loer om te sien wat gaande was.

En toe, op 'n goeie dag, het alles vir hulle duidelik geword. Toe die twee daardie Kersfeesoggend hulle oë oopmaak, was hulle die besitters van twee pragtige klein motorkarretjies.

So, dit was wat Pappie so stilletjies aan gewerk het! Dit was regtig mooi motortjies - net soos regte motorkarre, met remme, toeters, windskerms, lampe en ook 'n plekkie vir die lisensie. Elke motortjie het ook 'n ekstra wiel gehad!

Hoe heerlik sou hulle nie daarmee speel nie! Julle kan julle maar self verbeel wat julle sou gedoen het as jul Pappies vir julle sulke motortjies gemaak het. Sal julle nie bly wees nie?

Charles en Victor het sommer dadelik begin ry met hul motors asof hulle ervare motoriste was. Hulle Pappie het aan hulle 'n kaart gegee om die pad vir hulle te wys. Hulle kon natuurlik die kaart glad nie lees nie, maar dit het nie saak gemaak nie. Hulle het kamma eers altyd die kaart bestudeer voor hulle gaan ry het. Soms het die motors kamma gaan staan en dan het hulle onder die motors ingekruip om uit te vind wat skeel, net soos die werksmanne by 'n garage (en gesien het hoe Pappie dit doen).

Dit was vreeslilk prettig om te sien hoe hulle petrol laat ingooi. Om net soos regte motoriste te handel, het hulle na die naaste garage gery, stilgehou en die man gevra het om 'n paar gellings petrol in te gooi. Die manne daar by die garage het saamgespeel en dan kamme die petrol ingegooi. Natuurlilk het hulle niks regtig ingegooi nie!

Waarom sou dit wees dat Pappies motortjies vir hul seuntjies maak? Of as hulle self nie motors kan maak nie, waarom koop hulle dit vir hul kinders - en nie net motors nie, maar ook ander speelgoed soos voetballe, bootjies of treintjies? Daar is tog seker 'n rede voor, want Pappies doen daardie dinge nie net vir 'n grap nie. En hulle kry dit nie verniet nie, dit kos hulle soms 'n goeie sommetjie.

Die enigste rede waarvan ek weet, is dat hulle hul seuntjies liefhet en liefde is 'n snaakse ding wat Pappies laat dinge doen wat hulle nooit sou gedoen het as hulle nie liefgehad het nie.

En as ek reg is - en dit nou die ware rede is - reken julle nie dat dit dan die plig van seuntjjies is om hulle Pappas net so lief te hê nie?

Ek bedoel nie dat seuntjies vir hul Pa's motortjies, bote, treine of ander speelgoed moet koop nie. Dit sou in elk geval baie snaak wees, en dan ook sou die seuntjies nie genoeg geld hê om sulke goed te koop nie, maar seuntjies kan hul liefde toon deur vriendelik, eerbiedig en gehoorsaam te wees teenoor hul Pappas. Dink julle nie so nie?

Dit is maklik om vriendelik te wees met Kersfees of met verjaarsdae, is dit nie? Maar dit is nie regverdig nie. Liefde wat geopenbaar word net om iets te kry, is glad nie liefde nie. Dit is wat sommige mense "spensliefde" noem (as daar volop en mooi, goeie dinge is).

Ware liefde sal die hele jaar deur duur en dit sal geopenbaar word in vriendelike dade, gehoorsaamheid en gewillige diens.

As ons sulke liefde aan ons Pappas bewys, sal hulle nie so gou gryshare kry en oud word nie en hulle sal baie meer vreugde van die lewe hê.

Om die dam Perderoete