Die inname van Pretoria en daarna
Om 14hOO op 5 Junie het veldm Lord Roberts,
die Britse opperbevelhebber in Suid-Afrika, Pretoria met 'n mag van meer as 25 000 man triomfantlik binnegetrek. Vir hom was dit die hoogtepunt van sy loopbaan en het hy geglo dat die
verowering van die hoofstad van die Zuid-Afrikaanse Republiek die bereiking van sy strategiese
doelwit meegebring het en dat die einde van die
oorlog nou in sig was.2
Roberts het hom soos volg hieroor uitgelaat: "he
believed the main operations of the army to be
over; that both capitals of the allied enemy had
been occupied, and that from now on the fighting
would be done by many small units operating
over large areas of country to repress local
troubles, and that he thought the services of the
foreign military attaches had been attained and
their duties over"
Die Slag van Donkerhoek het op Maandag 11 wye beweging te omvleuel en langs die ElandsJunie om 05hOO in aile erns begin toe die Britse rivier af te beweeg ten einde die spoorlyn agter
troepe hulle eerste beweging op die noordelike hulle rug naby Elandsrivierstasie af te sny.2
flank gemaak het, by welke geleentheid French
in digte duisternis sy kamp by Kameeldrift verlaat en na Kameelfonteinvallei opgeruk het. Die
aanmars is deur 4 ruiterbrigades gelei.1Sy voornemens was om die Boere se regterflank met 'n
Di C 0:-1 dq v;m
[ON K £9HO EK
(Diamond !!ill)
,,:.~ , .
""'o,i .jun If) 1900
TOf:stand "(Ins om 12f1f1,uur.
~ i L j .• .$. #
Sk~Jld bYl
'li ere
Die slag van Donkerhoek 11 Junle 1900
17
•
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
De La Rey het opsetlik die bek van die val lei
oopgelaat ten einde French toe te laat om met sy
hele mag daar in te beweeg. Vanaf die omliggende hoogtes sou die Boere dan op sy troepe
in die oop vlakte kon toesak, want die drif in sy
rug sou 'n vinnige terugtog onmoontlik maak en
bes moontlik die Boere-afdelings suid van Kameelfonteinrant die geleentheid gee om agter sy
rug in te beweeg en sy terugroete af te sny4
Vier brigade was kwalik twee kilometers verby
die drif toe daar van Krokodilspruitkop op hulle
losgebrand word. French, wat self voor was, het
egter nie kop verloor nie en hulle beveel om van
die perde af te spring en terug te vuur. Intussen
het die res van die ruitery onder dekking van die
westelike hang van Louwbaken en Kameelfonteinrant vorentoe gekom en by die voorste
troepe aangesluit.5
French was nog besig om planne te beraam om
die magte voor hom uit hul posisies te verdryf,
toe hy 'n kommando van 200-300 Boere sowat
3 000 meter voor hom dwarsoor sy front in 'n
noordwestelike rigting sien jaag. Dit was die
Marico-kommando van genl J.P. Snyman wat sy
posisies sonder meer in die aangesig van die
vyand verlaat en na Boekenhoutskloofrant teruggeval het. French het dit gesien as 'n poging om
sy linkerflank te omvleuel en aan maj Sir John
Jervis-White-Jervis opdrag gegee om onmiddellik met a-battery RHA teen Snyman se galopperende troepe te ontplooi. Jervis se bombardement het snel sy uitwerking getoon en Snyman
se burgers gedwing om noordwaarts te swenk.6
Intussen het groepies burgers uit die noorde van
die vallei vorentoe gedring en hewige geweervuur op Jervis se battery geopen. French het
genl maj Dickson daarop beveel om 4 Kavalleriebrigade te voet teen Krokodilspruitkop te ontplooi. Tegelykertyd moes hy 'n eskadron regs
teen Kameelfonteinrant inwerp tot tyd en wyl van
die berede infanteriekompanies, wat nog besig
was om die rivier oor te steek, sou bykom om
hom te versterk.7
Inmiddels het De La Rey, wat gesien het wat met
Snyman gebeur, hom na die ontruimde posisies
gehaas. Deur van Dalwig se kanonne ondersteun het die burgers vanaf die noordelike deel
van Kameelfonteinrant al skietend vorentoe gedring en Dickson se brigade, wat nouliks 100
man in die vuurlinie gehad het, op die verdediging gedwing. 'n Swaar kanon het ook vanuit 'n
goed versteekte posisie in die koppe suid van
Byenespoort die Britse troepe op die uitlopers
18
aan die noordelike en westelike hange van Kameelfonteinrant onder kruisvuur geneem. Die
troepe van 4 Brigade het hulle dapper verweer.
Onder die hewige kruisvuur het hulle ontplooi en
die hange en kruin van Louwbaken beset. Hulle
is later versterk deur twee kompanies van kapt
e.G. Amphlett se 1ste Berede Infanteriebataljon,
wat op die laer hange van Louwbaken stelling
ingeneem het, gevolglik het die berede infanterie nou die hele kop beset8
Aangemoedig deur die sukses waarmee hulle
French se aanmars gestuit het, het groepies van
De La Rey se burgers gevolglik probeer om die
troepe op Louwbaken aan die oostekant te omvleuel, terwyl die Boerekanonne steeds hewige
vuur neergebring het. French het die gevaar
hiervan besef en aan sy geskut opdrag gegee
om die Boerekanonne te neutraliseer. Hy het ook
troepe geskuif om die Boere se flank te bedreig.
Ten gevolge hiervan kon De La Rey se klompies
burgers nie verder vorentoe beweeg nie en
moes hulle hul pogings om Louwbaken te omvleuellaat vaar. Daardeur is French se regterflank
beveilig en het die geveg aan die kant van die
vallei vir die res van die dag in 'n skaakmatsituasie ontwikkel waarin nie een van die twee magte
terrein gewen of verloor het nie.9
Kol Porter se brigade het Kameelfonteinvallei
intussen met 'n wye boog na die weste oorgesteek ten einde die Boere aan die verste kant
van die Boekenhoutskloofrante te omvleuel. Porter se troepe het vir twee uur lank geveg totdat
hulle omstreeks 13hOO die rant tot by Doornfontein verower het. Verder as dit kon hulle nie
vorder nie, want die burgers was vasberade om
hulle te stuit en French se artillerie-ammunisie
was feitlik gedaan, gevolglik is die Britse aanval
in Kameelfonteinvallei hier finaal tot stilstand gedwing. Deur sy optrede het Porter nietemin
daarin geslaag om aan die Boere 'n groot deel
van die takties belangrike Boekenhoutskloofhoogtes te ontse en daardeur French se linkerflank te beveilig teen 'n dreigende omvleueling.10
French se posisle was nou benard. Sy aanval
was gestuit en sy mag, insluitende sy reserwes,
oral op die verdediging gedwing. Daarenteen
was die Boere se strydlus nou aangewakker en
het hulle oral die inisiatief geneem. Die geveg
sou die hele middag voorduur. Die pad waarlangs French die oggend vanaf Kameeldriffontein verby Louwbaken beweeg het, is deur die
Boere in 'n gewisse doodsakker omskep en van
Byenespoort se kant af het die kanonniers die
drif in sy rug gebombardeor om sy terugtogroete
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
af te sny. French het derhalwe boodskappers na
Roberts gestuur om hom mee te deel dat hy
waarskynlik nie daarin sou slaag om sy opdragdie omvleueling van die Boereflank - uit te voer
nie, tensy hy versterk word. Hierop het Roberts
geantwoord dat French moes terugtrek indien
die vyand te sterk was en dat hy veral nie die
risiko moes loop om te veel verliese te Iy nie.ll
Die nag het aangebreek en vir French het die
duisternis welkome verligting gebring. In plaas
daarvan dat hy die Boerelinie omvleuel het, is
hyself met omsingeling bedreig. Sy mag het die
perke van sy vermoens bereik en kon hom self
alleenlik met die uiterste inspanning handhaaf
en die terugtoglinie oophou. Ten spyte van sy
benarde posisie het hy egter besluit om in sy
posisies vas te skop ten einde die volgende dag
'n groot deel van Botha se magte voor hom vas
te pen.12
Gen maj J.D.P. French te Pretoria
Gen maj J.D.P. French en sy personeel
19
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
De La Rey, daarenteen, kon onder die omstandighede tevrede voel met die verloop van die
dag se geveg. Vir die eerste maal sedert Roberts van Bloemfontein af opgeruk het, het die
Boere daarin geslaag om die vyand se aanval af
te slaan en hulle eie posisies te behou.
Die aanval op die suidelike flank 11 Junie
Gelyktydig met French se opmars na Kameelfonteinvallei het Ian Hamilton se mag op die
suidelike flank in beweging gekom. Reeds om
04hOO is die onberede ruitery uitgestuur om die
koppe aan weerskante van Swawelpoort, waar
Hamilton se mag moes deurgaan, te beset. 'n
Halfuur later het ook die berede brigades begin
opruk. Broadwood se opdrag was om suid om
die Boerestellings by Donkerhoek te beweeg,
terwyl brig genl Gordon die Boerekommando,
wat 'n posisie oos van Tierpoort beset het, moes
teehou om Broadwood se regterflank te beveilig.13
Broadwood het suidooswaarts opgeruk om die
Boerelinie te omvleuel. Sy linkerflank is deur brig
genl Ridley se berede infanterie beskerm en sy
regterflank deur Gordon, wat op Tierpoort aangeruk het.14
Broadwood se aanmars in die rigting van Tweedracht het hom reg in die Boere, wat hom van
twee kante af bedreig het, se skootveld ingelei.
Vanaf hul hoofposisie in die Diamond Hillrante
het die Boerekanonniers sy bewegings waargeneem en sy eskadrons reeds op die westelike
oewer van die Pienaarsrivier met 'n hewige
kartetsvuur begroet. Terselfdertyd het groepies
van die Heidelberg-kommando, wat voor Gordon uitgewyk het, in die gaping tussen die twee
brigades inbeweeg en 2 brigade nou van regsagter aangeval. Broadwood was egter nie iemand wat hom maklik laat stuit het nie. Aan 'n
gedeelte van sy brigade het hy opdrag gegee
om die Boere en toom te hou en met die res
vorentoe gebeur en die Pienaarsrivier oorgesteek.15
Louis Botha was ewe vasberade om die oprukkende ruitery tot stilstand te dwing. Van Diamond Hill af het hy afdelings burgers gestuur
om dwarsoor Boardwood se aanmarsroete posisie in te neem en sy kolonne in die front te stuit.
Teen ongeveer 11hOO was Broadwood verplig
om sy brigade tot stilstand te roep en het hy It
Connoly met 2 kanonne gestuur om die vyand
uit die pad te vee voor hulle kans kon kry om
hulself stewig in posisie te vestig.16
20
Gen Louis Botha
Die Boere, wat die gaping tussen die vooruitgeskowe afdeling en die res van die brigade
onmiddellik raakgesien het, het nie op hulle laat
wag nie. Tweehonderd burgers van die Bethalkommando het die voorste Britse verkenners
teruggedryf, tot op 300 meter van die kanonne
ingestorm en verwoestende vuur op hulle en die
geleide geopen. Terselfdertyd het 'n sterk afdeling burgers van die Heidelberg-kommando, wat
hulself uit die geveg met Gordon se brigade
losgewikkel het, flankvuur op die kanonne laat
reen.17
Die bevelvoerder van die 12th Lancers, It kol, die
graaf van Airlie, was 'n dapper man wat met
sowat 70 beskikbare man die Boere met luide
geskreeu bestorm het. Die meeste van die burgers, wie se magasyne reeds leeggeskiet was,
het op hulle perde gespring en voor die lansiers
uiteengespat. Die lansiers se perde was egter
s6 uitgeput dat hulle nie die vlugtende burgers
kon inhaal nie. Met die terugkeer het Airlie ongelukkig sy regiment meer na links in die rigting
van die vyandelike hoofposisie gelei. 'n Verwoestende vuur is gevolglik deur die Boere op
hulle neergebring en Airlie is neergevel. Die kanonne was gered, maar die prys was hoog, want
terwyl die gebeure op Broadwood se front afgeScientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
speel het, het ook op sy regterflank 'n hewige
geveg gewoed. Die Boere se aanvalle is deurlopend deur artilleriste op Diamond Hill ondersteun. Broadwood het die troepe van die Household Cavalry nou beveel om 'n berede storm loop
met die swaard uit te voer, aangesien dit nodeloos sou wees om in daardie stadium 'n vuurgeveg aan te knoop. Die ruitery het met groot
krygsgeskreeu en ontblote swaard op volle gallop op die Boere afgestorm, wat in aile rigtings
uiteengespat het. Die verliese aan albei kante
tydens hierdie aanval was gering. Die burgers
se aanvalle het dit vir Broadwood onmoontlik
gemaak om sy opmars te hervat, aangesien die
gevaar steeds bestaan het dat hulle in die gaping agter sy rug, wat al groter geword het, kon
inbeweeg en hom afsny.
Intussen het Gordon ooswaarts agter Broadwood aangeruk om sy oorspronklike taak, die
beveiliging van Broadwood se regterflank, te
hervat. Hy het weliswaar daarin geslaag om die
Boere van die hoogtes, wat die val lei aan die
suidekant beheers, te verdryf.20
Britse Infanterie tydens die Slag van Donkerhoek
21
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
~'"
,'~."1',
-,- ..~
~\ ..~~
Brltse Infanterle tydens die slag van Donkerhoek
Hierna het die geveg op die deel van die slagveld in 'n skaakmatposisie ontwikkel, waarin nog
Ian Hamilton se ruitery, nog Joachim Fourie se
burgers, ten spyte van 'n lewendige vuurgeveg,
grond gewen of hul posisies prysgegee het. Op
albei flanke het Roberts se beplande omvleuelings dus misluk en is sy ruitery deur Botha se
kommando's vasgepen en hy, op sy beurt, met
omvleueling bedreig. Hy sou sy mag moes terugtrek of die Boerelinie in die front met infanterie probeer deurdring. Vir 'n frontaanval, het hy
weens die verwagte hoe verliese, teruggedeins.
Hy het gevolglik aan Ian Hamilton laat weet om
nie met die aanval te volhard nie.21
Noord na noordoos van Diamond Hill daal die
terrein geleidelik na die treinspoor af en vorm
uiteindelik 'n golwende vlakte met losstaande
hoogtepunt, wat ongeskik is vir 'n verdedigingslinie. Hierdie vlakte word deur die Donker.
hoek Diamond Hill-reeks gedomineer. 'n Deurbraak by Diamond Hill sou dus die Britse mag in
staat stel om agter die rug van die Boeremag te
kom, die spoorlyn af te sny en hulle 'n vernietigende neederlaag toe te dien.22
Toe dit vir Ian Hamilton duidelik word dat Broadwood se omvleuelingsbewegings besig was om
22
te misluk en dat hy op die verdediging gedwing
word, het hy besluit om Broadwood te hulp te
gaan en met sy infanterie 'n aanval teen die laer
hange van die Diamond Hill-posisie te loods, om
te voorkom dat die vyand sy hele mag op die
flank teen die ruitery konsentreer. Hy het dus vir
Bruce Hamilton beveel om tot die aanval oor te
gaan.23
Bruce Hamilton se plan was om die regterflank
van die posisie voor hom met die Royal Sussex
te verower en dit dan na die ooste op te rol,
terwyl die City Imperial Volunteers, ondersteun
deur 82 Veld battery en Legger se berede infanterie, die Boere se sentrum en linkerflank sou
vaspen.24
Hamilton het sy troepe in wydverspreide orde in
die veld gestoot, terwyl 'n hewige kanon- en
geweervuur uit aile dele van die Boerestellings
op hulle neergereen het. Weens die verspreidheid van sy troepe en goeie benutting van natuurlike dekking kon die Boere hulle nie met hul
vuur stuit nie. Met die vyand uiteindelik stewig in
posisie op hul regterflank, het dit vir die Boere
op die Kleinfonteinrant bykans onmoontlik geword om hul posisies te behou. Met hul regswending het die Royal Sussex front na die ooste
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
Gen maj Sir Bruce Hamilton
gemaak en die Boerestellings geleidelik van
regs af begin oprol.25
Teen 15h30 het die verdediging op die Kleinfonteinrant begin meegee toe groepies burgers,
van sowat 20 of 30 man sterk, hul posisies verlaat en op die hoofstellings van Magaliesberg
teruggeval het, en 'n halfuur later het Tobias
Smuts die rant prysgegee en met die res van die
kommando in hul spore gevolg. Bruce Hamilton
se regimente het nou die hele Kleinfonteinstelling in besit geneem.26
Vanaf sy posisie op die hoe terrein sowat tien km
wes van Pienaarspoort, het lord Roberts Bruce
Hamilton se aanval gade geslaan en tot die gevolgtrekking gekom dat Diamond Hill die sleutel
23
tot Botha se linie op die suidelike flank was. Die
verloop van die aanval het hom oortuig gelaat
dat sy troepe vanaf die verowerde posisies 'n
suksesvolle aanslag op Diamond Hill self sou
kon maak en hy het besluit am die volgende dag
op die punt met die aanval deur te druk.27
Gebeure in die sentrum - 11 Junie
In die sentrum het It genl Pole-Carew teen dagbreek met sy twee infanteriebrigades van hulle
kamp af na die plaas Christinen Hall gemarsjeer, vanwaar hy hulle oar 'n reeks klein koppies in die gebied, wat suidwaarts na Mooiplaats uitstrek, ontplooi het. Die berede infanterie het hy aangewend am sy front en flanke te
dek. Sy opdrag was am nie aan te val nie, maar
sy mag gereed te hou in afwagting op die verloop van die ruitery se omvleuelingsbeweging.28
Gen Pole-Carew Bevelvoerder van 11 Divisie
Foto 6
Op Pole-Carew se linkerflank het kol Henry in
die loop van die dag 'n aanval op Franspoort
gemaak am 'n bres in die Boerelinie te probeer
slaan. Kragtig ondersteun deur die Staatsartillerie het genls Grobler en Douthwaite Henry se
troepe met mening teruggewerp. Hierop het
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
Pole-Carew hom beveel am die grand te hou
wat hy op daardie tydstip beset het en met
French se basis by Kameeldrif in verbinding te
bly.29
Gedurende die dag het Pole-Carew se infanterie
. geleidelik vorentoe beweeg ten einde die burgers in die sentrum vasgepen te hou sodat hulle
nie onttrek en teen Ian Hamilton ingewerp word
nie. Dat Pole-Carew met die taktiek in sy doel
geslaag het, word bevestig deur 'n mededeling
van Smuts dat die Boerelinie in die sentrum so
sterk bedreig is dat dit vir 'n lang ruk moeilik was
am te bepaal of die Britse hoofaanval daar gemaak sou word en of dit bloat 'n skynaanval was
am te verhoed dat Louis Botha versterkings van
daar af na die suidelike flank stuur.30
Voortsetting van die geveg 12 Junie
Albei kante het daardie nag voorbereidings vir
die volgende dag se geveg getref. Die oggend
van 12 Junie, reeds am 03hOO, het Roberts sy
finale bevel aan Pole-Carew getelegrafeer.
Daarvolgens moes Pole-Carew die aanval van
Ian Hamilton dieselfde oggend ondersteun. Sy
sentrum moes hy hou, bygestaan deur die 5dm
kanonne, en sy regterflank verder uitstoot.31
Die slag van Donkerhoek 12 Junle 1900
24
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
By die Boerelinie het Louis Botha vroegoggend
genl De La Rey se rapport oor die situasie op
noordelike flank, tesame met 'n brief van genl
Grobler, ontvang. Botha het geantwoord dat aile
moontlike versterkings na die suidelike vleuel
moet gaan waar hy die swaarste geveg verwag
het. Hy het Grobler gemaan om die vorige dag
se sukses teen Henry op te volg, die vyand ten
ooste van Baviaanspoort te verdryf en, indien
moontlik, Pole-Carew se kamp by Silverton te
bedreig en te verower.32
Vroeg die oggend was lord Roberts terug op die
gevegsterrein en het die bewegings, wat hy die
vorige aand gereel het, onmiddellik 'n aanvang
geneem. Bruce Hamilton het om 06hOO sy drie
infanteriebataljons en twee veldbatterye na die
posisies, wat hy die vorige middag verower het,
gelei en hulle daar ontplooi. Om 08hOO het Ian
Hamilton sy infanteriebevelvoerder beveel om
Diamond Hill te verower en agter die Boere se
rug op die spoorlyn toe te slaan ten einde hulle
terugtog af te sny. Hy moes egter op twee bataljons Guards wag, wat onder sy bevel geplaas
sou word en wie se aankoms voor die middag
verwag is. Voor hom het 'n sterk Boeremag op
die kruin van Diamond Hill in posisie gel8, terwyl
hulle flanke na weerskante so ver uitgestrek het
as wat hy kon waarneem. Broadwood en Gordon se ruiterybrigades is beveel om vanuit die
posisies wat hulle die vorige dag gehou het, die
infanterieaanval teen inmenging van regs en
regs-agter te beskerm.33
Onmiddellik nadat die veldartillerie ontplooi is,
het 76 Battery die hoofstelings op Diamond Hill
begin bombardeer. Om 12h45 het Bruce Hamilton sy brigade beveel om tot die aanval oor te
gaan. Van die posisies waar Bruce Hamilton se
troepe ontplooi was, is gesien dat Diamond Hill
die naaste en mees prominente kop in die reeks
was, wat van Donkerhoek af suidooswaarts na
Morskop uitstrek.34
Louis Botha wat die hele dag lank die siel van
die Boereverdediging was, het uiteindelik burgers uit die middel onttrek en na die linkerflank
gestuur om dit teen die geweldige oormag te
versterk. In die aangesig van Pole-Carew se
mag, wat sy sentrum bedreig het, het Botha
besef dat hy die verdediging van sy linie daar
gevaarlik uitdun, maar hy het geen ander keuse
gehad nie omdat daar nie genoeg burgers aan
sy front was om die linie oral behoorlik te verdedig nie.35
Gen Botha by Donkerhoek
25
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
Die geweldige bombardement van die Engelse
en die oprukkende bataljons het Tobias Smuts
se Ermeloers, aan wie die verdediging van Diamond Hill toevertrou is, so ontsenu dat hulle, nog
voordat die vyandelike troepe behoorlik binne
gevegsafstand was, hulle stellings prysgegee
en teruggeval het na Renosterkop. Teen 13h30
was die City Imperial Volunteers op die suidelike
rant van Diamond Hill se kruin, dog toe het die
geveg eers in aile erns begin. Toe die Britse
troepe die kruin betree, het Louis Botha se burgers met alles wat kon skiet - Mausers, Pompoms en kanonne - die plato met so 'n verwoestende kruisvuur uit die front en flanke bestryk dat
hulle nie kon vorentoe beur nie en agter die
klippe moes skuiling soek on aan vernietiging te
ontkom. Bruce Hamilton het nou besef dat hy
gevaar geloop het om weer van die kruin afgeskiet te word en besluit om sy front te verbreed.
Terselfdertyd het hy die Royal Sussex en die 2nd
Coldstreams beveel om die Donkerhoekplato te
beset.36
Teen 15hOO het die Royal Sussex die Donkerhoek rant beset en 'n kwartier later het die 2nd
Cold streams op die linkerflank by hulle aangesluit. 'n Paar minute daarna - dus ongeveer
15h30 - het maj W.H. Connolly die kanonne van
82 Veld battery op die kruin getrek. Hy het sy
battery 700 m agter die vuurlinie ontplooi en 'n
hewige vuur op die Boere geopen, wat hy tot dit
donker geword, onderhou het. Hoewel sy bombardement nie die Boerevuur totaal geneutraliseer het nie, het dit dit aansienlik laat afneem.
Ian Hamilton het, op sy beurt, aan brig genl
Ridley opdrag gegee om sy front na regs te
verleng om met die volle berede infanterie druk
op die Boere se Iinkerflank uit te oefen. Die plaas
Renosterfontein is beset en daarvandaan het die
6 bataljons noordwaarts teen die rant, wat deur
die Ermelo-kommando gehou is, opgeruk. Die
Ermeloers het dapper geveg, maar hulle het
sulke swaar verlies gely dat hulle gedwing is om
terug te val. Intussen het Botha kmdt Ben Viljoen
met sy kommando na die bedreigde punt gestuur, terwyl hyself met 'n deel van die Krugersdorp-kommando daarheen gehaas het. Toe
hulle daar kom, was die Britse troepe reeds in
besit van die kruin en, sonder dat hulle dit besef
het, agter die rug van die Boerelinie.36
Ian Hamilton het self na die kruin van die Diamond Hill-plato gegaan en die posisie saam met
Bruce Hamilton in oenskou geneem. Om hulle
posisie op die plato te verseker, moes die Boere
van die rant voor hulle verdryf word. Die vallei
26
tussen hulle het dit vir Bruce Hamilton onmoontlik gemaak om hulle met sy linkerflank in die front
aan te durf, dus het hy beplan om met sy regterflank deur die Boerelinie te breek en sodoende
agter hulle rug te kom. Met die oog daarop het
hy bevele uitgereik om sy vuurlinie te versterk.39
Genl maj Inigo Jones, wat besef het in watter
dilemma die troepe op die kruin verkeer, het maj
H. Guthrie-Smith met 83 Battery intussen vorentoe gestuur om hulle te ondersteun. Hy het maj
Connolly bygestaan en die gesamentlike bombardement van die twee batterye het die helfte
van die Mauservuur die swye opgele.40
Louis Botha het probeer om die dalende plato
noord-noordoos van Diamond Hill, vanwaar die
rug van sy linie bedreig kon word, te versterk en
groter diepte daaraan te gee deur 'n stelsel van
loopgrawe en skanse op die lae grond.41
Die ruiterybrigade van Broadwood en Gordon,
wat oorspronklik die Boerelinie moes omvleuel,
is die hele dag s6 deur die Boere se vuur vasgepen dat hulle nie teen die Boereflank kon optree
nie, en in 'n statiese verdedigingstelling, gedwing is tot die rol van voetsoldate, wat moes
veg om te hou wat hulle gehad het.42
Om 17h30 het 83-Battery vuur gestaak as gevolg van die swak lig in die skemer. Namate dit
donkerder geword het, is hulle voorbeeld deur
die ander strydendes gevolg.
Geveg op die noordelike flank
Terwyl die twee genls Hamilton op die suidelike
flank die oggend besig was om hulle vir die slag
van Donkerhoek voor te berei het French se
voorposte op die noordelike flank met die aanbreek van eerste Iig gerapporteer dat De La Rey
se burgers besig was met energieke voorbereidings om die Britse troepe uit hul posisies te
verdryf. French het hierop besluit om eerste toe
te slaan en die skaakmatposisie van die vorige
aand te beeindig. Hy het 1st Berede Infanteriebataljon en die 2nd Canadian Mounted Rifles na
Krokodilspruit laat opruk om dit te verower. De
La Rey se burgers was egter daarop voorberei
en het die Britse troepe met verwoestende kanon- en Mauservuur, wat hulle in hul spore gestuit het, begroet. Na 'n derde onsuksesvolle
poging het French besef dat dit onmoontlik was
om die Boerestellings met 'n direkte aanval te
verower.44
Met hulle Mausers en kanonne het die burgers
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
French se troepe s6 onder vuur gehou dat die
Britse troepe nie tot enige voorwaartse beweging in staat was nie, maar met groot inspanning die stellings moes hou wat hulle beset het.
French se posisie het al hoe meer benard geword. Die Boere se kanonne het vanaf Krokodilspruitkop en die Byenespoort-Edenvale posisies die Engelse op Louwbaken en Kameelfonteinrant onder hewige kruisvuur geplaas. Die
Britse geskut het 'n tekort aan ammunisie gehad
en is verhinder om 'n effektiewe teenbombardement te lewer.45
'n 4.7" Vlootkanon. Hlerdle kanon het van Swartkopples op Plenaarspoort gevuur
Kanonne van die 75e Royal Field Artillery In die Barakke te Pretoria
27
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
Namate De La Rey se burgers besef het dat hul
vyand in die moeilikheid verkeer, het hulle meer
aggressief geword en French met grater durf
begin aanval. Teen die middag was De La Rey
oortuig dat die tyd aangebreek het am 'n kragtige teenaanval teen French te loads. Hy het 'n
boodskap aan Louis Botha gestuur am versterkings te vra wat hom in staat sou stel am French
te oorweldig, op Roberts se swak sentrum toe te
slaan en Ian Hamilton dan in die rug te pak.
Botha het die versoek teen 16hOO ontvang en
versterkings uit die sentrum soontoe beveel,
maar voordat hulle kon wegkom, het 'n boodskap van genl Fourie hom bereik waarin hy meegedeel is dat Renosterfonteinkop verower is en
dat die vyand in besit was van die hele Diamond
Hill-plato. Die Kommandant-generaal het
daarop die versterkings beveel am terug te
keer.
De La Rey het nou op die punt gestaan am tot
die teenaanval oar te gaan en 'n beslissende
slag te slaan. Die verloop van die geveg op die
suidelike flank het egter sy planne in die wiele
gery. Net toe hy gereed was am met sy kommanda's - wat op daardie tydstip hoogstens
1 200 man getel het - op French toe te sak, het
Louis Botha se boodskap hom bereik dat die
vyand suid van Donkerhoek deurgebreek het en
hom in die rug bedreig. Hy moes gevolglik sy
kommando's se terugtog beveel.47
Soos Roberts en Ian Hamilton was French salig
onbewus daarvan dat die Boerekommando's
voor hom besig was am hul stellings te ontruim
en het hy, in afwagting van 'n aanval teen dagbreek, opdrag gegee dat die troepe, soos die
vorige aand, in die posisies wat hulle beset het,
moes oornag.48
Siotbeskouing
As die Britse generaals teen 16h30, toe hulle
besluit het am nie met die aanval te vol hard nie,
besef het hoe naby hulle aan 'n deurbraak was,
sou hulle seker alles in die stryd gewerp en die
risiko van verliese getrotseer het am 'n beslissing af te dwing49
Die hele dag het sy burgers, volgens Botha,
hard en swaar geveg, sodat hy pres Kruger
verseker het dat "ik onze menschen nag nooit
Lord Roberts te Pretoria 1900
28
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za
mooier heb zien staan. "50 Op die noordelike
flank was genl De La Rey gereed om tot die
aanval oor te gaan en French te oorrompel. Dit
sou hom in die rug van Roberts se hoogmag
plaas, die Britte se terugtoglinie bedreig en Roberts dwing om Ian Hamilton se troepe op die
suidelike flank onmiddellik terug te trek.41
Vir lord Roberts, en die twee generaals Hamilton, het die situasie op die suidelike flank rede
tot tevredenheid gebied. Hoewel hulle nie
daarin kon slaag om deur die Boerelinie te
breek nie, het hulle tog daarin geslaag om die
sterktepunte in die deel van die linie te verower,
vanwaar hulle die laagliggende stellings kon beheer. Hulle was daarvan oortuig dat 'n beslissende deurbraak die volgende dag gemaak sou
word en was daarmee tevrede. Volgens Smuts
sou niks Hamilton se mag kon verhoed het om
daardie selfde nag nog Elandsfonteinstasie in
die rug van die Boeremag te beset nie. In plaas
daarvan om dit te doen het hulle toegelaat dat
Botha se mag ongesteurd onder hulle neuse
uitglip en in goeie orde terugval.52
Roberts se verklaarde doel met die operasie
was om die Boere verder van Pretoria weg te
dryf en daarin het hy geslaag. Sy krygsplan was
egter daarop gemik om met 'n vinnige beweging
agter Botha se rug in te sny, hom die terugtog te
belet en sodoende die Transvaalse hoofmag te
vernietig. Daarin het hy nie geslaag nie. Die
operasie wat in 'n lotsbestemmende oorwinning
vir die Britse mag moes eindig, wat dus die
einde van die oorlog sou beteken, het bloot 'n
verdrywingsaksie geword, wat die Boere as 'n
morele oorwinning vir hulself beskou het en
waaruit hulle feitlik ongeskonde getree het om
as 'n vegwaardige mag die stryd voort te si1.53
Vir die Boere was die slag 'n morele oorwinning
al moes hulle die Iinie uiteindelik prysgee. Die
vasberadenheid waarmee 'n groot deel van die
burgers geveg het, het getoon dat daar nog
baie vegkrag en moed in die Boeremag opgesluit was en dat die oorlog nie verby was, soos
Roberts na die inname van die hoofstad gemeen het nie. In 'n sekere sin kan 'n mens S8 dat
die slag 'n keerpunt in die oorlog gevorm he1. Vir
die Boereleiers het dit duidelik geword dat die
konvensionele manier van oorlogvoering, waardeur hulle met groot magte voor die Britte stelling ingeneem het om telkens maar weer teruggedryf te word, uitgedien was. In die OranjeVrystaat het De Wet reeds getoon watter sukses
behaal kon word deur met kleiner kommando's,
wat vinnig kon beweeg, in die rug van die vyand
toe te slaan. Ook in die Transvaal sou die stryd
na Donkerhoek dus begin verander en sou dit
uiteindelik ook in 'n guerilla-kryg ontwikkel.
Lord Roberts se troepe voor die ou Raadsaal, PretorIa, Junie 1900