Tekkie Fees Vereeniging
Die Tekkie Fees word jaarliks aangebied deur Vereeniging Gymnasium en is een van die groot kultuur gebeurtenisse op Vereeniging se kalender. Hierdie jaar vind die fees op 4 en 5 September 2015 by die skool plaas. Dit is die tweede fees sedert die samesmelting van Vereeniging Hoër en Vereeniging Tech, so die skool verwag om besoekergetalle te verdubbel.
Hekke open vrydag om 15h00 en Saterdag reeds om 08h00 - teen slegs R40 vir kinders en R70 vir volwassenes 'n kaartjie. Die fees doen voorwaar gestand aan sy leuse: "n Fees met Gees!". Geskiedenis het al geleer dat enige iets wat hierdie skool aanbied, fantasties georganiseerd is en glad verloop. Meneer Dries Van Heerden, skoolhoof bevestig reeds hierdie week oor radio dat parkering nie 'n probleem gaan wees nie, en dat wagte in plek sal wees om gemoedsrus te verseker.
Die volgende persone kan gekontak word vir nadere inligting:
Dalene Templehoff Uitstallers 083 985 4690
Willem Venter Kunstenaars 082 315 5193
Ilse van Heerden Koordineerder 083 287 5566
Johan van Wyk Voorsitter 083 389 0298
Frans de Jongh Aankope 072 357 2339
Barry Steenberg Sekuriteit 083 594 0823
Tiekie Steyn Logistiek 072 453 9358
Meer as twintig duisend toeskouers het in 2011 die Tekkie Fees besoek. Dit was veral die Saterdag wat toeskouers op die feesterrein toegesak het. Daar was verseker vermaak vir oud en jonk.
Behalwe vir die topkunstenaars wat deur Global Digital Media verskaf is, was daar die baie gewilde 4 x 4 - 'n kompetisie wat elke jaar net groter word. Vanaf sowat seweuur Saterdag oggend het duisende mense saamgedrom om een van die moeilikste 4 x 4 bane in die land. Daar was baie dankbaarheid teenoor 4 x 4 Mega World wat hierdie kompetisie op 'n baie hoë vlak aangebied het.