My Volk
Die Trekpad van 'n Nasie

Wat die Prinses gevind het

Eendag was daar 'n babatjie en sy Mammie het hom in 'n klein bootjie in die biesies langs die rivier weggesteek.

Toe het sy God gevra om Sy engele te stuur om na haar baba te kyk en hom veilig te bewaar van die slegte koning wat hom wou doodmaak.
Die volgende dag het 'n mooi prinsses na die rivier gekom om te swem. Sy het die bootjie in die biesies gesien en toe gesê: "Kyk die mooi babatjie! Ek gaan hom vir my vat."

Op daardie oomblik het daar 'n klein dogtertjie verskyn en gesê: "Asseblief, prinses, moet ek iemand gaan soek om die babatjie vir jou op te pas?" Toe het die mooi prinses gesê "Ja, asseblief."

Toe het die dogtertjie gehardloop net so vinnig soos sy kon na haar huis en uitgeroep: "Mammie, kom gou! Die prinses het boetie ontdek! Sy soek iemand om hom op te pas."

Mammie het haar werk net so laat staan en net soos sy was na die rivier gehardloop. Daar het sy die mooi prinses gesien en nog ander dames en ook die bootjie met haar liewe babatjie daarin.

Toe het die prinses vir Mammmie gesê "Sal jy asseblief die baba vir my oppas?"

En die Mammie het dadelik gesê "O ek sal!" Sy het toe die baba teen haar bors gedruk en sy en die dogtertjie het met hom so vinnig as hulle kon, huis toe gehardloop. En vir 'n lang tyd het hulle gelukkig saamgewoon.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 

 
 
 
 
Mail
Call