Pappie het sy twee klein dogtertjies na die dam in die park geneem. Daar was eende in die dam - grys eende, bruin eende en wit eende.
"Pappie," het Iris gesê terwyl sy 'n stukkie brood vir een van die eende gooi en gekyk het hoe hulle dit eet, "waarom is daar eende?"
"Daar is eende omdat ons Hemelse Vader hulle gemaak het," het Pappie geantwoord.
"Maar waarom het die Vader hulle gemaak?" het Patsy gevra.
"Omdat...e..." het Pappie gehakkel, "omdat Hy graag eende wou hê."
"Is hulle goeie eende of slegte eende?" het Iris gevra.
"Hulle is baie goeie eende," het Pappie geantwoord. "Hoe weet pappie?" het Iris weer gevra.
"Sien julle dan nie hoe hulle al die kos eet wat voor hulle geplaas word sonder om te kla nie? Kyk, hulle eet groente en ertappels en brood en hulle kla nooit daaroor nie."
"Maar ons is die eende nie," het Patsy gesê, want sy het gesnap wat Pappie bedoel het.
"Nee, maar julle is Pappie se klein eendjies en julle moet net so soet wees soos daardie mooi eende daar in die dam."