My Volk
Die Trekpad van 'n Nasie

Nie 'n feëverhaal ni

"Hoor hier, Mammie," het Johan uitgeroep toe hy van die skool af k om en sy swaar boeksak op die bank neergooi, "weet Mammie wat die onderwyser vandag in die klas gesê het?"

"Nee, wat was dit?" het Mammie geantwoord.

"Wel," het Johan gesê, wetende dat hy hierdie keer iets het om Mammie te verras en dus probeer rek hy dit uit," dit was in die geskiedenisklas."
"Ja," het Mammie geantwoord en kalm aangegaan met stryk,"en wat het hy gesê?"

"Hy sê die Bybel is net 'n klomp feëverhale."

Mammie het opgehou met stryk. Sy was nou die ene belangstelling.

"Het hy julle dít vertel?" het sy uitgeroep. "En is dit waarvoor ons al ons geld moet betaal om van ons kinders jong godloënaars te maak? Maar Johan, wat het hy nog gesê?"

"Hy sê Daniël het nooit geleef nie en baie ander mense in die Bybel is ook sommer wat die mense uitgedink het.."

"Nou toe nou!" Maar jy glo tog seker nie wat hy gesê het nie?' het Mammie ontsteld gesê.

"Natuurlik nie, Mamma. Maar ek wonder net hoekom hy dit gesê het.

Mammie het besluit om hom dadelik reg in te lig. "Johan, kom sit hier dat ek jou kan vertel. Ek sal netnou weer stryk."
"Goed Mammie, moenie bekommerd wees nie."

"Johan," het Mammie verder gesê, daardie onderwyser laat my dink aan wat Jesus gesê het: 'Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see." (Matt. 18:6)

"Ek hoop dit is nie so erg nie," het Johan geantwoord.

"Dit is," het Mammie - wat regtig kwaad was - voortgegaan. "Om klein kinders se geloof in die Bybel te vernietig, is die vreeslikste ding wat ' n mens kan doen. Die Bybel is nie 'n storieboek nie. Luister hierna," en Mammie het haar Bybel geneem en na 2 Tim. 3:15,16 geblaai:
'Maar bly jy in wat jy geleer het ... omdat ... jy van kleins af die heilige Skrifte ken.... Die hele Skrif is deur God ingegee.' "En luister wat sê dit hier: 'Want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek'. (2 Pet. 1:21). Dit is godslastering om te sê dat die Bybel sommer net 'n storieboek is.

"En wat meer is, Johan, Paulus en Petrus praat hier veral van die Ou Testament en dit is nogal hierdie deel van die Bybel wat jou onderwyser so skerp veroordeel. Dit is net één Boek. Jy kan nie een deel vernietig sonder om die ander deel te beskadig nie. Die mense wat sê dat die skeppingsverhaal en die Vloed stories is, sal net so maklik sê dat baie van die verhale aangaande Jesus ook maar net stories is. En so breek hulle die fondamente van ons godsdiens af. Hulle is soos rotte wat onder 'n pragtige gebrou grawe en nie omgee of dit eendag inmekaarstort nie," het Mammie driftig gesê. "Maar Mamma, wat van Daniël, het hy regtig geleef?"

"Daar bestaan geen twyfel daaromtrent nie," het Mammie geantwoord. "Daar is veral twee sterk bewyse: Eerstens, Jesus het self na hom verwys as 'Daniël die profeet' (Matt. 24:15) en tweedens het ons in die geskiedenis die wonderlike vervulling van die profesië wat Daniël geskryf het onder ingewing van die Heilige Gees."

"Wat bedoel Mammie daarmee?"

"Wel, ons neem byvoorbeeld die profesie in die tweede hoofstuk van die boek Daniël. Jy onthou hoe Koning Nebukadnesar 'n snaakse droom gehad het en hoe hy dit nie kon onthou toe hy die môre wakker word nie. Toe laat hy mos al die wyse manne roep en uiteindelik het hy Daniël laat haal om hom te vertel wat hy gedroom het."

"Ja, ek onthou dit."

"Onthou jy nog wat die koning gedroom het?"

"Bedoel Mammie die groot beeld met die goue kop?"

"Ja, dis reg. Die beeld se kop was van goud, sy bors van silwer, sy buik van koper, sy bene van yster en sy voete van 'n yster en klei. Sover is dit net 'n interessante verhaal, maar toe Daniël die droom verduidelik het, het dit 'n profesie geword wat die hele geskiedenis van die wêreld vooruit vertel tot aan die einde."

"Maar hoe is dit?" vra Johan.

"Die vier vernaamste dele van die beeld het vier groot ryke voorgestel wat mekaar sou opvolg op die aarde. Dan wanneer die mag van die vierde een verbreek word, sou dit opbreek in tien dele. Dit klink baie eenvoudig, maar dis verbasend dat dit presies so gebeur het. Die geskiedenis leer ons dat daar net vier wêreldryke was - Babilon, Mede-Persië, Griekeland en Rome - en dat toe Rome geval het, dit verdeel is in tien koninkryke, waarvan party vandag nog staan."

"Sjoe, dis interessant," lewer Johan kommentaar.

"Ja, dit is interessant, veral as jy onthou dat Daniël tweeduisend vyfhonderd jaar gelede geleef het. Dit is 'n baie lang tyd. En die feit dat wat hy aan Nebukadnesar gesê het, alles waar was in alle opsigte, is tog seker genoeg bewys dat die Here deur hom gepraat het en dat hy werklik geleef het. Die verhaal van Daniël is nie sommer 'n storie nie, my seun, nog minder is die Bybel sommer 'n storieboek. Dit is die wonderlikste Boek in die wêreld."

"Ek sal die ander kinders hiervan moet vertel," het Johan gesê.

"Ek wens jy wil en hoe gouer, hoe beter," het Mammie geantwoord. "En moet asseblief nie glo die leuens wat die onderwyser kwytraak nie," het sy driftig afgesluit.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell


 
 
 
 
Mail
Call