Eenmaal was daar 'n klein seuntjie. Hy het in die eetkamer rondgehardloop ná ete en hy het gegly op 'n stukkie ertappel op die vloer. Natuurlik het hy geval en het begin huil. Julle moes net die trane gesien het! Hulle het soos reëndruppels geval.
Moeder het gesê dat dit sy eie skuld was omdat hy self die stukkie ertappel uit sy bord laat val het en omdat hy in die kamer rondgehardloop het. Dit het die seuntjie net harder laat huil. Op daardie oomblik het Pappie die kamer binnegekom en gevra: "Wat se lawaai is dit? Al die trane wat nou daar op die vloer val en die fyn ertappel wat daar lê, sal die vloer mos lelik bemors."
Maar toe het die seuntjie eers gehuil.
Toe het Pappie hom in sy arms opgetel en gesê: "Laat ons gaan na die Land Waar die Trane Opdroog". En toe het hulle albei op 'n lang reis gegaan, die gang af, die trappe op, in die kamers, weer met die trappe af en in Pappie se studeerkamer. Net toe hulle daar kom en in Pappie se groot stoel gaan sit het, het die seuntjie begin lag en al die trane het opgedroog!