My Volk
Die Trekpad van 'n Nasie

As U my hand vashou

"Bedoel hy regtig dat ek oorboord in die see moet spring?" het hy in sy enigheid gesê; hy het glad nie van die idee gehou nie. Hy was ook te bang om ander te vra, want hulle mag dink dat hy 'n bangbroek is, en hy het sy Moeder belowe dat hy dapper sou wees. Eindelik het die skeepsoffisier gesê: "Wel, dis genoeg vir vandag, maar onthou om julle reddingsgordels aan te hou totdat ons uit die gevaarsone is," en daarmee het hy hulle verdaag soos 'n klas op skool.

Sommige van die mense is na hulle kajuite, en ander het na die eetsalon gegaan. Skielik het Tommie beef dat hy alleen daar agtergebly het. Hy het eers rondgekyk of niemand hom sien nie, en toe het hy 'n reddingsgordel optel en stil daarmee die trap afgaan. Omdat hy nie geweet het wat om te doen nie, het hy op die onderste trap gaan sit, endaar het hy alleen gewag, met sy arm deur sy reddingsgordel.

Hoe lank hy daar gesit het, weet hy nie, maar eindelik het 'n man gekom wat met hom gepraat het. Tommie het hom erken as een van die onderwysers wat aan boord was om te help met die kinders. "Hallo, Tommie!" het hy gesê. "Wat doen jy hier so alleen?"

Tommie het hom meewaardig aanstaar, en hy het so ongelukkig gelyk.

"Meneer, hoe sit 'n mens die ding aan?" het hy gevra. "Kom, ek sal jou wys," het die onderwyser vriendelik gesê. "Maak eers so, sien jy? Dis glad nie so moeilik soos 'n mens dink nie."

"Ja, ek sien," het Tommie gesê, "en baie dankie. Maar meneer ek wil tog nie in die see spring nie." Daar het trane in die onderwyser se oë gekom, maar hy wou nie vir Tommie laat sien hoe hy gevoel het nie, want hy moet ook dapper wees. "Maar jy sal nie in die see hoef te spring nie," het hy opgeruimd gesê. "Alles sal goed gaan, en jy sal nie in die see hoef te spring nie."

"Maar ek sal nie in die see kan spring nie," het Tommie gesê.

"Wel, Tommie," het die onderwyser gesê, "niemand van ons wil in die see spring nie. Maar as jy moet inspring Tommie, weet ek dat jy 'n dapper seun sal wees." Tommie het vir 'n rukkie stilgebly en gedink. Toe het hy baie ernstig gesê: "Wel, ek sal belowe om dapper te wees as-as-as u sal belowe om my hand vas te hou!"

Die onderwyser het belowe om dit te doen; hy het vir Tommie totsiens gesê, en verder gegaan. Ek is bly om julle te kan sê dat dit nie nodig was om Tommie se handjie vas te hou nie, want die skip het veilig anderkant gekom. Dit was nie nodig vir Tommie om in die see te spring nie, en die onderwyser se belofte aan hom het dus verval. Daardie driehonderd kinders het veilig by die vriendelike kus van Amerika aangekom.

Die herinnering aan Tommie se moed en geloof is vandag nog vir ons 'n seën, want as daardie klein seuntjie van ses jaar gewillig was om in die see te spring as die onderwyser sy hand vashou, kan ons dan nie ook moedig en dapper en gelowig wees wanneer sake met ons verkeerd loop nie?

Wanneer ons iets moet doen wat onaangenaam en gevaarlik lyk, sal ons dan nie opkyk na die Groot Onderwyser daarbo en aan Hom sê nie; "Ek sal belowe om dapper te wees en U sal belowe om my hand vas te hou." En Jesus sal ons hand vashou, daarvan kan ons verseker wees.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell


 
 
 
 
Mail
Call