Spoke oppi Platteland Besprekingsvorm

5 Desember 2020


Spoke oppi Platteland
Daar was ‘n tyd – lank, lank gelede – toe mense nog nie aan TV- of selfoonskerms verslaaf was nie.
Toe families en vriende saans in die kuierkamer, op die stoep of langs die kampvuur bymekaar gekom en die heerlikste spookstories, aangrypende staaltjies en bo-natuurlike legendes uit die verlede met mekaar gedeel het.
Tydens ons verskillende uitstappies en verhoogaanbiedings is dit presies wat jy weer kan herleef: ‘n aand propvol storievertellings aangebied deur die joernalis, skrywer en storieverteller, Jaco Hough-Coetzee.
‘n Uitsonderlike ervaring deurweef met die interessante geskiedenis van die spesifieke omgewing.
‘n Aand uit wanneer ons terug stap in tyd; terug op die voetspore van hulle wat lank voor ons hier gewoon, gewerk en geleef het – maar waarvan sommiges vergeet het om te vertrek.
Beleef dié spookstorie-ondervinding . . . anders sal jy dit nooit verstaan nie.
Storievertellings-aande met ‘n unieke kinkel in die kabel. Want hierdie eenman-vertoning word aangebied op verskillende interessante (en vir sommiges dalk selfs onbekende?) plekke in en rondom Gauteng. In ‘n museum of dalk in ‘n ander historiese plek. Of ‘n geskiedkundige hotel of gastehuis . . . wie weet?
Breek weg van die stadslawaai en kom sit aan vir ‘n aand van spookstories vir ‘n hoendervleis-ervaring. Natuurlik vervleg met die geskiedenis van die omgewing, soos vertel deur Jaco Hough-Coetzee.
Hierdie eenman-vertoning, wat geheel en al afwyk van tradisionele verhoogproduksies, duur ongeveer 110 minute, pouse uitgesluit.
#familiepakkette beskikbaar...