DIE SLINGER
Stadig en statig waai heen en weer
Die stewige slinger van die ou staanklok.
Soos ‘n janusgesig kyk dit keer om keer
Van links na regs, maar nooit om te dok.
Die grond waar hy staan is rustig en stil,
Die bodem staan vas - en mense vertrou
Wat sy wysters ons sê - sonder vit of bedil:
Maar die gulsige rowers voer iets in die mou.
Soos ‘n vos die hoender, soos ‘n leeu sy buit,
Hul’t ons volk en land met oorlog geskud
Die aarde’t gebewe, die koeëls gefluit,
Die verwoesters se skurke en skelms was vol fut.
‘n Geslingerde slinger slinger nie meer:
Hy lê op sy sy in die puin en die as.
Net huis en haard slinger op en neer -
Die torings gebreek en die bome ontbas.Stadig en statig waai heen en weer
Die stewige slinger van God die Heer,
En sy Vadergesig kyk keer om keer
Na sy land en sy volk en wat hulle begeer!
„Stadig en statig waai heen en weer
Die stewige slinger van God die Heer.”
© Pieter Cohen Hamburg