So sê my Man
Arina de Witt
Die bietjie huiswerk kom vanself tog klaar
Sê my man
Die bietjie wasgoed kan so erg nie wees nie
Sê my man
Hoedat 'n vrou vandag daaroor nog kan kla
Is onbegryplik sê my man
En wat my man sê is woord en wet
Ek moet dit weet tog ek's al so lank sy vrou
En wat my man sê is woord en wet
Ek het dit goed so sê my man
Die bietjie koskook is maar nie veel
Sê my man
En oor die opwas kan sy vreeslik kweel
Sê my man
Hoedat 'n vrou vandag daaroor nog murmureer
Bly net 'n raaisel sê my man
Hy moet gaan werk ja elke liewe dag
Sê my man
die vrou kan lieflik uitrus by die huis
Sê my man
en op my knieë moet ek dankbaar daarvoor gaan
Ek het dit goed so sê my man
Die kinders rondry is 'n groot plesier
So sê my man
Sy kom dan buite op die manier
Sê my man
Die kuns en sport en ballet wat sy geniet
En dit is gratis sê my man
Hy kry nie kans eers vir 'n potjie golf
Sê my man
Die vrou kan ure deurbring voor die spieël
Sê my man
En op my knieë moet ek dankbaar daarvoor gaan
Ek het dit mooi so sê my man
Ek het die goed so sê my man

Disket 1
1. Rietjiesfluit
2. Moet my niks van liefde sê nie
3. ek sing 'n nag se ruimtes in
4. Kers in die Wind
5. Kinders van ons land
6. Mampoerlied
7. Wolfslied
8. So sê my man
9. Papegaailied
10. Nooientjie met die rooi
11. Liefie liefie
12. Uit hoop leef ons voort
13. Rietjiesfluit II
14. Voorbegin
15. Ek verlang na jou
16. Skatkis vol drome