Sewentien Lafaards

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Bill het aangehardloop gekom huis toe en het uitasem op 'n stoel neergesak. Dit het gelyk of hy vreeslik geskrik het vir iets. Op daardie oomblik het Pappie die kamer binnegekom. "Wat makeer, Bill?" het hy bekommerd gevra.

"O, niks nie," het Bill gesê.

"Iets het gebeur," het Pappie gesê, "ek kan dit sommer aan jou sien. Wat het gebeur?"

"Wel Pappie," het Bill geantwoord terwyl hy ongemaklik op die stoel rondskuif," ons het bal gespeel op daardie kaal erf langs mevrou Boliger se huis. Pappie weet mos waar dit is, dis omtrent 'n halfmyl hiervandaan."

"Ek ken die plek goed, ek het self daar gespeel toe ek 'n seun was."

"Wel Pappie, die bal....." en Bill het geaarsel.

"Ek weet wat jy wil sê - die bal is dwarsdeur mevrou Boliger se venster."

"Ja Pa, dis wat gebeur het. Hoe het Pappie geweet?"

"Ek het geraai, maar waarom is is jy so bang?"

"Ek is nie eintlilk bang nie, Pa, maar Pappie weet mos hoe kwaai ou tannie mevrou Boliger is. Sy kan so 'n lawaai oor so iets maak."

"En toe, wat het julle almal gedoen ná die ruit gebreek was?"

"Ons het weggehardloop."

"O, julle het weggehardloop!"

"Ja, Pappie."

"Hoeveel seuns het daar gespeel?"

"Sewentien."

"En wil my my vertel dat al sewentien van julle weggehardloop het, bang vir wat die ou tannie aan julle sê?"

"Ja Pappie," het Bill nou taamlik verleë geantwoord.

"Wel, al wat ek kan sê is dat julle sewentien lafaards is, dis al."

Bill het nie daarvan gehou nie, maar in sy hart het hy geweet dat sy Pa die waarheid praat. Eers wou hy homself verdedig. "Maar Pa, sy is dan so kwaai."

"Dit maak nie saak hoe kwaai sy is nie. As julle seuns haar venster gebreek het, dan moes julle die moed gehad het om haar te gaan sê en aan te bied om te betaal. Julle was so 'n klomp dat dit elkeen maar net 'n paar sente sou gekos het. En wie het nogal die bal geslaan wat die ruit gebreek het?"

"E..e..e.." het Bill begin hakkel.

"Kom nou, daar was tog seker nie sewentien balle nie al die seuns het tog seker nie die venster gebreek nie."

"Nee Pappie."

"Nou ja, wie het dan die ruit gebreek?"

"Ek het," het Bill druipstert gesê.

"Mmmm, ek het so gedink, ek wou maar net hê jy moes dit erken. En nou, afgesien van wat die ander mag doen, moet jy dadelik na mevrou Boliger gaan en sê dat jy jammer is."

"Maar Pappie, dit kan ek nooit doen nie. Ek kan dit glad nie doen nie. Sy is 'n te moeilike mens."

"Maar jy sal moet gaan," het Pa vasberade gesê. "Daar is geen ander uitweg nie. En wat meer is, geen seun van my gaan so 'n lafaard wees as om nie te gaan ekskuus vra wanneer hy so iets gedoen het nie. Ruk jouself reg, ons sal sommer nou gaan."

"Bedoel Pappie dat Pappie saam met my sal gaan?"

"Ja, ek sal saam met jou gaan tot by haar hekkie, dan kan jy aan die deur gaan klop en self met haar praat."

"O liewe land," het Bill uitgeroep en het van die stoel af opgestaan en na die badkamer gegaan om sy hande te was en hare te kam. Ná 'n hele rukkie het hy weer verskyn - sy Pa was klaar en het vir hom gewag. Saam is hulle weg na mevrou Boliger se huis.

Vir Bill was dit glad nie 'n aangename vooruitsig nie. Hy kon nie banger gewees het nie en dit het vir hom gevoel asof hy tronk toe gaan.  "Moet ek regtig gaan, Pappie?" het hy weer gevra nadat hulle vir 'n rukkie geloop het.

"Ek is bevrees dis die enigste uitweg. Daar is niks anders wat jy kan doen nie en jy sal baie gelukkiger voel nadat jy die regte ding gedoen het."

Toe het daar weer stilte geheers. Terwyl hulle aangeloop het, het Bill gewens dat dit baie verder moet wees sodat Pa kon word en die plan opgee. Eindelik het hulle by die kaal erf gekom langs mev Boliger se huis waar die ongeluk plaasgevind het. Daar het die huis gestaan en die stukkende ruit kon maklik gesien word.

"Wel, hier is ons," het Pappie gesê toe hulle voor die wit hekkie van mev Boliger se erf kom. "Ek sal hier wag totdat jy na die huis gegaan en met haar gepraat het. Dit sal vir jou beter wees om hierdie werk alleen te doen. Ek sal hier wees as jy my nodig het."

Daar was geen uitkomkans vir Bill nie, hy moes maar alleen verder gaan. Toe hy so aankom na die huis, het hy seker gevoel dat mev Boliger hom inwag. Al die tyd het dit in sy ore gemaal :Wat sal sy sê wanneer ek erken dat dit ek is wat die ruit gebreek het?" Bill het die klokkie gelui - duidelik het hy dit daarbinne hoor lui, soos 'n doodsklok.

Eindelik het die deur oopgegaan en daar staan mev Bolier en tot Bill se verbasing het sy geglimlag. Dit het hy nie verwag nie.

"Goeiemiddag, hoe gaan dit?" het sy vriendelik gesê, wat kan ek vir jou doen?"

"Wel...ee...ek...ee...is die seun wat die bal geslaan het wat u....ee...venster vanmiddag gebreek het."  Verder kon Bill nie en toe het hy gewag vir die bom om af te gaan.

Maar daar het geen bom ontplof nie. Pleks daarvan, het 'n baie vriendelilke stem gesê 'Ek is regtig trots op jou, ou seun. Daar is al baie, baie ruite van my op hierdie manier gebreek, maar jy is die eerste seun wat nog ooit gekom het om my oor die saak te spreek. Jy is regtig 'n fatsoenlike seun. Jy is gewis baie goed opgevoed en jy het seker 'n baie goeie Vader."

Daar by die hekkie het Pappie baie rooi gword. 

"O, daar staan my Pa by die hekkie, hy het saam met my gekom." 

Pappie kon toe nie anders nie, hy moes maar tevoorskyn tree.

"U het regtig 'n gawe seun, meneer, om die waarheid te sê, hy is die beste seun wat ek nog ooit ontmoet het. Weet u, meneer, nog nooit tevore het 'n seun so met my kom praat oor ruite van my wat hulle gebreek het nie."

"Wel mevrou Boliger, Bill en ek wil baie graag betaal vir die ruit."

"O nee, glad nie, ek kan nie daaraan dink nie. Moenie u verder oor die saak bekommer. Ek sal nooit toelaat dat hierdie seun vir die ruit wat hy gebreek het, betaal."

Bill het nou sommer baie trots gevoel. Nadat hulle nog so 'n rukkie gesels het, is Bill en sy Pa daar weg huis toe.

"Jy is nie nou jammer dat jy gegaaan het?" het Pappie gevra.

"Nee, glad nie. Sy was so gaaf. Ek sou dit nooit kon droom dat mevrou Boliger so 'n gawe vrou is nie. Ek wonder waarom die seuns altyd sê dat sy gemeen is? Sy is glad nie gemeen nie. Sy kon nou regtig nie vriendeliker gewees het nie."