Rommel in Angola

Kol. Koos van Heerden en Taakmag Zulu vee alle verset voor hulle plat en dring die vyand se gebied in 33 dae meer as 3 000 km ver binne

Pretoria, 9 Oktober 1975. 'n Groot C-130-transportvliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag draf die aanloopbaan op die Lugmagbasis Waterkloof af. Dan verskerp die geloei van die vier motore en soos ' n groen en bruin kromstert-pterodaktilus lig dit van die teer o p.

Seer seker is dit dat min van die bestuurders in die voertuie op die paaie in die omgewing eens opgekyk het. vir 'n gesoute Pretorianer is 'n C-130 wat van Waterkloof opstyg, omtrent so vreemd as Tafelberg vir 'n Kapenaar.

En dit is nogal 'n jammerte, want hierdie is geen gewone C-130 nie. Sy vertrek kondig die begin aan van 'n sonderlinge mililtêre avontuur in die annale van die Suid-Afrikaanse Weermag.

Daar is net een passasier in die raserige spelonk van die C-130 se vragruim. Sy naam is kolonel Jacobus Stephanus van Heerden en hy is 38 jaar oud. Hy is 'n kort, breë man met 'n bril en hare wat al begin grys word; 'n infanteris van die Staande Mag wat normaalweg sy dae op Vereeniging deurbring as bevelvoerder van 73 Gemotoriseerde Brigade. Sy kennise en kolleages ken Koos van Heerden as 'n goeie soldaat, maar iemand wat nie bang is om sy inisiatief te gebruik nie, 'n "karakter", 'n gemoedelike man wat lief is om 'n stuk vleis te braai en dit met 'n glas goeie Kaapse wyn af te help.

Hulle weet nie dat hy binne enkele weke 'n ander naam gaan kry nie. Mense gaan hom "Rommel" noem, eerstens omdat hy nog altyd 'n bewondring vir dié groot Duitse generaal gehad het en tweedens omdat hy onder uiters moeilike omstandighede 'n verbasende jaagtog sou aanpak, 'n ekspedisie wat hom in bietjie meer as 'n maand 3 000 kilometer ver sou neem - van die grens van Namibië tot amper by die poorte van Luanda.

Om die waarheid te sê, weet Koos van Heerden dit self nog nie. Hy weet net dat hy die vorige aand aangesê is om hom om sewe-uur die oggend by Waterkloof aan te meld. Hy sal dan reis na Rundu, setel van 1 Militêre Gebied in Namibië. Daar gaan hy saam met brig. Ben Roos (alombekend as "Roos 8") en kmdt. Willie Kotze 'n hoofkwartier stig van waar Suid-Afrikaanse bedrywighede in die steeds groeiende burgeroorlog in Angola beheer sal word.

Daar wag egter 'n baie groter rol Koos van Heerden ...

Vir die Suid-Afrikaanse Weermag altans was die Angolese inval van 1975-76, wat as "Operasie Savannah" bekend staan, nie 'n groot oorlog nie en die militêre teenwoordigheid was maar klein. Gedurende die aktiefste fase van Operasie Savannah in 1975 was daar nooiot meer as 2 000 man betrokke nie en toe die troepemag later wel uitgebrei is, was dit net betyds vir die Suid-Afrikaanse terugtog, wat vroeg in 1976 begin het.

Tog was dit ' n belangrike veldtog. Vir die eerste keer in 30 jaar was die Suid-Afrikaanse Leër in 'n semi-konvensionele stryd betrokke en daar was groot sake op die spel. Baie denkers wil glo dat Savannah 'n militêre oorwinning was, maar dat internasionale faktore 'n politieke neerlaag op die saak afgedwing het. Hierdie skrywer meen so 'n stellling is simplisties, maar die pollitieke maneuvrering is merendeels buite die bestek van hierdie verhaal, wat gaan oor 'n soldaat wat sy bes gedoen het om sy opdragte in weerwil van alle ongunstige omstandighede  uit te voer - en daarin geslaag het.

Afgesien van Van Heerden se beroemde Taakmag Zulu het drie ander Suid-Afrikaanse kolonnes aan Operasie Savannah deelgeneem en elkeen het sy eie geskiedenis. Eendag sal die ander drie se verhale ook vertel word; hier gaan dit net oor Taakmag Zulu en Koos van Heerden, wat sprekend bewys gelewer het dat ons nog nie die laaste gesien het van die tradisionele Suid-Afrikaanse bosvegter nie; die man met min bagasie, maar baie vernuf - al het hy sy Mauser nou vir 'n masjiengeweer verruil en sy perd vir 'n pantserkar.

Die reeks gebeure wat Van Heeden daardie dag op die C-130 laat belang het, het eintlik in 1974 begin, toe Portugal se Caetano-regering omvergewerp en deur 'n bewind vervang is waarin ver-linksgesindes 'n groot invloed uitgeoefen het.

Een van die eerste aankondigings van die nuwe regering was dat Portugal se "provinsies" in Afrika - Guinee-Bissau, Angola en Mosambiek - sonder meer onafhanklik gaan word. In die praktyk beteken dit die onmiddellike staking van die teeninsurgensieveldtogte wat in elke gebied gevoer word, die ontwapening van diegene wat teen die insurgente geveg het en uiteindelik die onttrekking van alle Portugese magte.

In Mosambiek en Guinee was die eindresultaat die oorname van bewind deur elke gebied se plaaslike "bevrydingsbeweging". In angola was daar egter nie so 'n maklike oplossing nie.

Die rede was dat minstens drie groepe insurgente in hierdie groot gebied bedrywig was - die nasionalistiese Nasionale Front (FNLA) van Holden Roberto in die noorde, die ewe nasionalistiese Nasionale Unie (Unita) van dr. Jonas Savimbi in die suide, en die Marxistiese Volksbeweging (MPLA) van dr. Agostinho Neto in Sentraal-Angola ('n vierde, Flec, het in die afgesonderde kus-enklave Cabinda geopereer, maar het nie landwyd 'n rol in die struweling gespeel nie).

Dit is ironies maar waar dat al drie die bewegings teen 1974 feitlik geneutraliseer was, sodat elkeen tot sy eie klein gebied beperk was. Maar met die omwenteling in die Portugese pollitiek kry elkeen nuwe lewe.

Nou ontstaan die vraag: Hoe moet die drie binne die raamwerk van 'n onafhanklike Angola geakkommodeer word? Tussen die bewegings is daar geen broederskap nie, net haat en wantroue as gevolg van ideologiese en stam-geskille. Op die ou end word daar ' n gedrog van 'n staatsvorm uitgehamer. Al drie bewegings sal deelneem aan 'n oorgangsregering; laat in 1975 sal 'n algemene verkiesing gehou word en op 11 November, buig of bars, kry Angola sy onafhanklikheid.

Die hele affêre is natuurlik totaal onprakties, maar dit maak nie saak nie. Soos verwag kon word, stort die hele onbeholpe bedeling amper onmiddellik in duie en teen middel 1975 het die bewegings mekaar aan die keel beet.

Kort voor lank is dit duidelik dat die MPLA, hoewel hy nie 'n meerderheidsondersteuning onder die volk geniet nie, die beste kans op 'n oorwinning het. Nie alleen word hy deur die Portugese regering voorgetrek nie, maar hy ontvang grootskaalse hulp van die internasionale Kommunistiese gemeenskap, vernaamlik Rusland en Kuba.

Vanaf April 1975 sluit al hoe m eer Kubaanse "raadgewers" en instrukteurs hulle by die Neto-kamp aan en vragskepe laai groot hoeveelhede swaar wapentuig in Luanda se hawe af. Fapla, die militêre vleuel van die MPLA, word vinnig omgeskep in 'n swaar konvensionele mag, waarteen die FNLA en Unita nie opgewasse was nie.

Hulle is nog steeds vir 'n skiet-en-wyk-insurgensieveldtog goerganiseer;  hulle kort swaar wapentuig, opleiding en geskoolde "konvensionele" leierskap. Met behulp van die kamtig onpartydige Portugese owerheid, maar die MPLA oral vordering.

Die Verenigde State en verskeie Afrikalande, onder meer die Ivoorkus, Zaïre en Zambiï, is erg bekommerd oor hierdie verwikkeling - en natuurlik ook Suid-Afrika, wat bang is dat 'n MPLA-oorwinning 'n terugslag sal wees in sy toenemende stryd teen die SouthWest African people's Organisation (Swapo) in SWA/Namibië.

Die MPLA se o pponente begin nou hul0p kry van die VSA, maar om verskeie politieke redes kan hierdie reuse-moondheid nie eintlik hulp verleen nie en dit is wat sowel die FNLA as Unita nodig gehad het - mense wat hulle kan leer hoe om nou meteens 'n semi-konvensionele oorlog te voer.

Suid-Afrika is egter 'n ander storie en om verskeie redes - onder andere eiebelang, asook dringende versoeke om hulp gerig deur Unita en die FNLA - besluit die regering om tydelik af te si en van sy beproefde beleid van nie-inmenging en in Angola in te gryp. Vroeg in die tweede helfte van 1975 begin wapenverskaffing aan Unite en kort daarna aan die FNLA (teen dié tyd is daar al 'n klompie Suid-Afrikaanse soldate op Angolese grondgebied gesetel; hulle het in Augustus 'n paar kilometer oor die grens gegaan om 'n belangrike deel van die groot Ruacana-waterskema te beskerm).

Nog belangriker as wapens is egter die kleiln gkropies Suid-Afrikaanse soldate wat oor die grens gestuur word om die Unita- en FNLA-soldate op te lei, hulle ingewikkelder wapentuig te beman en as leiers en raadgewers op te tree. dit alles is só streng geheim gehou dat die soldate Unita- en FNLA-uniforms dra en net Engels praat omdat hulle kamtig "huursoldate" is.

Hoe nader die onafhanklikheidsdatum kom, hoe leliker het die situasie in Angola gelyk. Teen middel September 1975 staan sake so: Tussen Luanda en die grens van Namibië is die MPLA in beheer van feitlik al die groot of belangrike sentra; in Suid-angola opereer Savimbi se Unita, met sy hoofkwartier op Silva Porto; in die noorde is Rpberto se FNLA bedrywig. Om sake nog meer te vertroebel, is daar nou ' n vierde "bevrydingsbeweging": in die suide op Serpa Pinto lê daar 'n wegbreekfaksie van die FNLA onder ene Daniel Chipenda, wat sy eie gang gegaan het nadat hy met Roberto rusie gekry het. Chipenda en Roberto is nou bitter vyande en die Chipenda-faksie sit ook nie om een vuur met Unita nie.

En binne minder as anderhalwe maand, dit wil sê op 11 November, vertrek die Portugese en dan word Angola onafhanlik...

So begin die eerste fase van Operasie Savannah: die verdediging en behoud van die Unita- en FNLA-gebiede. Vir dié doel word 'n groep instrukteurs onder bevel van maj. L.J. Holtzhausen na Savimbi se hoofstad van Silva Porto gestuur en op 5 Oktober skiet hulle Suid-Afrika se eerste skote in Operasie Savanna toe hulle slaags raak by die dorpie Norton de Matos met 'n MPLA-mag wat Unita se hoofkwartier bedreig het.

Kort hierna word oorgegaan tot die tweede fase van Operasie Savannah, die herowering van die suidwestelike gebied van Angola. Die doel is om op 11 November soveel moontlik van angola in die hande van die anti-MPLA-magte te kan plaas. Dan sal hulle aanspraak kan maak op die ware leierskap van die groot nasie-in-wording (in hierdie stadium was die Organisasie vir Afrika-Eenheid totaal verdeel oor watter beweging gesteun moet word).

Daar is dus besluit om op versoek van die nie-Marxistiese partye in Angola 'n Suid-Afrikaans-beheerde mag in die lewe te roep, genoem "Taakmag Zulu", onder leiding van kol. Koos van Heerden...

Met sy aankoms op Rundu meld Van Heerden hom aan by brig. Schoeman, bevelvoerder van 1 Militêre Gebied, en word summier ontnugter: "Toe ons daar kom" het hy later vertel, "toe st hulle: 'Nee, menere, julle gaan nou boontoe'."

'n Formasiebevelvoerder se opdrag is gewoonlik baie presies en duidelik: Nie vroeër nie as so-en-so moet jy die volgende doen en teen so-en-so tyd moet jy klaar wees.

Weens omstandighede is Van Heerden se opdrag egter allesbehalwe "volgens die boek". Hy moet so gou moontlik na die Angolese grensdorp Cuangar vertrek, word hy vertel. Van daar moet hy sy eerste teiken aanval, nl. Pereira d'Eca. Dan is dit noord en wes en weer noord, en vat alles wat MPLA is - dorpe, stede, hawens, brûe, bergpasse - voor die afkappingsdatum van 11 November. sy bevele neem hy van brig. Schoeman by 1MG-hoofkwartier op Rundu. Verstaan? Nou maar goed. Opsaal! Die tyd is min en die taak is groot.

Makliker gesê as gedoen. Van Heerden sal hom onder moeilike omstandighede van sy taak moet kwyt.

Eerstens het hy baie min beweegruimte. Hy is aangesê om 'n bepaalde roete na die noorde te volg en hieroor is hy nie baie gelukkig nie. 'n soldaat glo nie aan 'n trompop-botsing as hy liewer sy doel kan bereik met 'n flankaanval of 'n omsingelingsbeweging nie, maar die neergelegde roete lyk vir hom al te veel na wat hy kleurvol beskryf as "soort van 'the p ath of most resistance'." Hy ht egter geen keuse nie; die roete is deur omstandighede buite sy beheer bepaal.

Tweedens beskik hy nie oor die middele wat volgens die boek nodig is vir 'n konvensionele opmars van hierdie aard nie - naamlik pantser- en artillerie-elemente, aktiewe lugsteun en 'n redelike getal volledig opgeleide troepe.

Die hele politieke opdrag is geskoei op 'n plan vir minimum militêre betrokkenheid, as gevolg waarvan Koos van Heerden se wapens en personeel tot enkele gespesifiseerde genres beperk is. Boonop was dit weens die tydsfaktor en die streng geheimhouding nie moontlik om diensplig- of Burgermag-versterkings uit Suid-Afrika te bring nie.

Eintlik kon Zulu skaars 'n "taakmag" genoem word. Sy beste troepe, Veggroep alpha, was 'n bataljon bestaande uit drie kompanies ('n kompanie se grootte varieer, maar kan tot 120 man wees) opgeleide Capriviaanse en Angolese Boesmans (laasgenoemde was vlugtelinge) onderbevel van kmdt. Delville Lindford, wat hulle van die destyds geheime basis van Omega in Caprivi af gebring het.

Sy tweede veggroep, Brave - drie kompanies van die Chipenda-FNLA onder bevel van 'n Angolese kleurling, ene Comandante Businha, met die vermaarde kmdt. Jan Breytenbach van die Weermag as sy raadgewer - was egter 'n ander storie.

Twee van die kompanies het net 'n maand se opleiding agter die rug gehad en die derde kompanie maar vier dae. Dit is waar dat die opleiding deur Suid-Afrikaanse instrukteurs gegee is. Maar Van Heerden het al te goed besef dat dit onmoontlik is om 'n rou rekruut in slegs een maand in 'n soldaat om te skep, laat staan nog vier dae! ("Vir die vierdae-kompanie," sê Van Heerden vandag, "was ek banger as vir die vyand.")

Van Heerden se hoofkwartier was klein maar doeltreffend. Sy operasie-offisier, kmdt. Willie Kotze, 'n logistieke offisier, 'n seinoffisier en 'n inligtingsoffisier (wat ná die eerste rukkie teruggetrek is). Benewens hierdie paar siele het Van Heerden 'n halfdosyn SAW-personeel gehad, insluitend sy bestuurder/lyfbediende. Van ondersteuningswapens, lig of swaar, was daar amper niks. Daar was nie een veldkanon tot sy beskikking nie en pantserkarre ook nie (hoewel brig. Schoeman beloof het dat 'n klompie hom padlangs by Rocadas sou o ntmoet). Van Heerden se grofste geskut was vier 81 mm-mortiere, deur dienspligtiges beman, met 'n maksimum-skietafstand van 5 km (hoewel elke veggroep darem sy eie 81 mm-mortiere en Vickers-masjiengewere gehad het).

En dit is al. Sy lugondersteuning is net vir die aanry of wegneem van voorrade, gewondes en dies meer, want in hierdie stadium van die inkursie sal vegvliegtuie te opsigtelik Suid-Afrikaans van oorsprong gewees het. Hy kon nie eens staatmaak op beproefde Suid-Afrikaanse troepedraers nie. As gevolg van die strenge geheimhouding moes Zulu gebruik maak van burgerlike vragmotors wat van die Angolese vlugtelinge op Rundi gekoop is.

"Feitlik al o ns voertuie was Portugese groentelorries," sê Van Heerden vandag. "Hulle het selfs nog die Portugese nommerplate op gehad." Een troos was dat hy darem nie self in 'n gemilitariseerde smousbakkie moes rondry nie. Sy persoonlike voertuig was 'n siviele Toyota Landcruiser.

Taakmag Zulu was bestem om tot die einde van sy tog in hierdie raap-en-skraap rygoed te beweeg ... en enigiets anders wat padlangs aangeskaf kon word. In die jaag- en bakleidae wat voorgelê het, sou die manne van Taakmag Zulu vermaarde "indiensnemers" word. As een groentelorrie onherroeplik die gees gee, word hy maar tot niet gemaak en 'n ander in diens geneem, waar en wanneer dit moontlik is.

Van Heerden onthou "op een stadium het daar van Delville se lorries gebreek en toe lê ons sommer beslag om twee 'tippers'." Hierdie twee onwaarskynlike troepedraers is padlangs gevind, met sleutels en al, waar hulle voortvlugtende drywers hulle eenvoudig laat staan het toe die brandstof gedaan was.

Op 14 Oktober verlaat Van Heerden en Veggroep Alpha Rundu. Hulle lyk en kllink maar bra eienardig. Afgesien van die groentelorries waarin hulle ry, dra almal vreemde uniforms wat dikwels maar knap aan die groot Suid-Afrikaanse liggame sit. Daar word net Engels gepraat, hoewel 'n mens in sommige gevalle die Afrikaanse aksente met 'n mes kan sny.

Maar sulke dingetjies is maar die fyner detail. Die optog het begin en sodra Veggroep Bravo anderkant Cuangar by hulle aansluit, beweeg Zulu noordweswaarts na Caiundo vir sy aanval oop Pereira d'Eca.

Die Cuangar-storie was ook maar 'n snaaksigheid, onthou Van Heerden. 'n Groot getal Angolese vlugtelinge lê op die dorp en om taktiese sekerheid te bewaar word hy ernstig gemaak om h om sterk op die agtergrond te hou. Dus trek hy laer duskant Cuangar sodat niemand van sy troepe weet nie en net hy en 'n paar ander gaan die dorp binne.

Helaas, die sekerheidspoging was nie teen die tradisionele riemtelegram opgewasse nie. Toe hy en die Boesmans daardie nag tussen tien- en elfuur die grens oorsteek, vertel hy, sien hy dat "vir omtrent drie kilometer ver staan die vlugtelinge en 'cheer' vir ons ... Hulle het alles geweet". (Dit het later geblyk dat die MPLA by die eerste doelwitte wel tyding van Zulu se aankoms ontvang het, maar dit nie betyds kon verwerk nie.)

Ná 'n paar kilometer trek Van Heerden laer vir die nag. Môre-oggend begin die groot avontuur. Wat sou dit alles meebring? Sukses? Rampspoed? 'n Vegsoldaat durf nie sy lyf te optimisties hou nie. Goeie beplanning en tegniek neem mens net tot so ver. Die res is in die hande van die noodlot. En met hierdie gedagte gaan slaap Taakmag Zulu en Koos van Heerden toe m aar.

Die volgende oggend vertrek Van Heerden na die dorpie Caiundo. Van daar af, is hy gesê loop daar 'n goeie nuwe pad wat hom na Pereira d'Eca sal neem. Op Caiundo aangekom, vind Van Heerden egter dat sy inligting foutief is: Die nuwe pad is nog nie voltooi nie en wat daar van hom is, is heeltemal onbegaanbaar.

Om sake te vererger, het hy op daardie oomblik geen radioverbindings met Rundu nie. Dus gebruik hy maar sy eie inisiatief. Hy koukus 'n bietjie met sy FNLA-skakeloffisier, ene maj. Kandanda, en besluit om van die neergelegde roete af te wyk en Pereira met 'n ompad te nader.

Hy sal eers noordwaarts ry tot by Serpa Pinto, dan weswaarts oor Cuchi tot by Artur de Paiva. Daar swenk hy suidwaarts vir die laaste skof na Pereira d'Eca. Dit is nou wel 'n baie groot draai, maar Van Heerden ken die pad en weet dat dit merendeels geteer is. Wat hy dus in afstand bykry, sal hy vergoed met sy spoed.

Met die laaste been van die reis het dit 'n bietjie gepla met sporadiese kleinskaalse MPLA_hinderlae, maar op 19 Oktober bespring Taakmag Zulu vir Pereira d'Eca uit die noordooste. Vir die MPLA-verdedigers is dit 'n wrede skok, want hulle is omtrent 'n kilometer suid van die dorp vierkantig op die pad ingegrawe. Later sou Van Heerden verneem dat "die vyand, voor ons uit Rundu vertrek het, reeds geweet het daar is 'n kolonne in aantog..."

Van Heerden het sy ergste weerstand in die dorp verwag, maar dit was net andersom, onthou hy. "Ons (het) omtrent geen weerstand in die dorp gekry nie. Maar hierso suid, hier het ons die groot weerstand raakgeloop ... (Die MPLA) het hulle hele mag daar ontplooio gehad en toe ons feitlik van agter af kom, toe was hulle heeltemal verras gewees."

Dit was eers nadat Zuly sonder moeite deur die dorp gevee het, dat sy afsnymag kontak gemaak het. 'n Hewige geveg het ontwikkel, maar hoewel die aanvallers belemmer is deur hul algehele gebrek aan pantserkarre, verkrummel die weerstand uiteindelilk en naderhand vlug al die verdedigers in 'n suidwestelike rigting.

Van Heerden ruim haastig op en beweeg in die rigting van sy volgende teiken, die dorp Rocadas, waar 'n mooi brug die grootpad oor die Kunene-rivier voer. Hier sal hy die MPLA in 'n knyptang vasvang: As alles volgens plan is, lê en wag die beloofde pantserkarre en 'n mortiergroep op Humbe, net oorkant Rocadas op die noordelike oewer van die Kunene. Val hy van die suidekant aan en die MPLA wyk uit, loop hulle hul in hierdie pantsermag vas.

Intussen het die pantserkarre (afkomstig van 2 Suid-Afrikaanse Infanterie Bataljongroep) egter suidwaarts oor Rocadas se "wit Brug" (soos baie troepe dit later genoem het) aangeval. Om die een of ander rede het hierdie verandering van planne Van Heerden nooit bereik nie en toe hy op 20 Oktober 'n persoonlike verkenning in die4 nabyheid van Rocadas uitvoer, "loop ek amper in hulle vas". Die pantserkarre deel hom toe mee dat Rocadas reeds veilig in Suid-Afrikaanse hande is.

Hierdie misverstand kon 'n tragedie veroorsaak het - dit gebeur dikwels in enige oorlog dat troepe per ongeluk op hulle makkers vuur - maar die pantserkarre en mortiere was 'n welkome versterking, aldus Van Heerden, want "ons voorste voertuig op daardie stadium was 'n Jeep met 'n masjiengeweer op en twee manne binne-in, ene (kaptein) Connie van Wyk en 'n mulatto, Robbie de Ribeiro, 'n Portugees van Guinee.

"Hulle was twee dapper manne. Hulle ry en skielik word daar o p 25 meter op hulle geskiet met masjiengewere en RPG's en dan ontplooi ons en kom vorentoe en dan vra hulle nt: 'Permission to continue'."

Op Rocadas kry Van Heerden 'n twyfelagtige versterking: 'n stuk of 47 lede van nog steeds 'n ander "vryheidsbeweging", die "Exercito Lilbertacao de Portugal". (Die ELP is gewerf onder die vlugtelinge wat vroeër as gevolg van die burgeroorlog uit die noorde moes padgee, maar het nooit veel van 'n rol gespeel nie.)

Die WLP-manne, wat saam met die pantserkarre van die vlugtelingkamp op Chitado gekom het, was onder bevel van ene Aparicio, 'n kapokhaantjie met 'n gekrulde snor wat luuidkeels aangekondig het dat sy beweging eers die kommuniste in Angola gaan vernietig en daarna die rooioes in Portugal self.

Van Heerden weet vandag nog nie of hy moet knor of lag as hy oor Aparicio se doen en late gesels nie. "Toe ons mekaar ontmoet," vertel hy, "vra hy wragtig: 'Are you accompanying us? We're going to Portugal'." Van Heerden besluit die ELP is maar 'n windlawaai, en so was dit ook. Die Britse joernalis Robert Moss het dit in 1977 mooi gestel toe hy die volgende oor Aparicio en die ELP geskryf het: "Unfortunately, his group proved to be bolder in promises than in deeds."

Van Heerden talm nie juis op Rocadas nie. Hy en sy smouslorries val weer in die pad en op 23 Oktober slaan hy toe op Joao de Almeida, 'n belangrike hoofkwartier en verbindingsentrum van die MPLA.

Hierdie keer was die MPLA-troepe in die dorp self gevestig en ná ure se woeste bakleiery is die doelwit in die laat middag verower, hoewel die laaste weerstand eers kort voor donkeraand uitgeroei is.

Op Joao de Almeida was dit vir Van Heerden duidelik dat die spoed van Zulu se opmars 'n uiters belangrike faktor was. Blykbaar kon die MPLA inligting oor die Suid-Afrikaners se vooruitgang nie vinnig genoeg verwerk nie en "gevolglik was (daar) voorbereide stellings voor die dorp, maar hulle was in die dorp...

"Dit was vir my duidelik dat die mense nie verbindings gehad het nie, of ons spoed van beweging (of reaksietyd) onderskat het. Ons is m et 'n mag in aantog en dan vang ons hulle elke keer feitlik onverhoeds. Hulle behoort tog te weet ons is op pad ...

"Die skietery het wel buite die dorp begin, maar daar was nie behoorlik beplande en besette stellings nie - die vyand was sommer so orals rond en bont gewees ... (Hulle was) nog besig om te eet en hulle sop het nog gestaan en kook toe ons die plek gevat het."

In die daaropvolgende weke sou dit herhaaldelik gebeur, onthou hy - "elke keer het ons hulle onverhoeds gevang. Dit wys jou  net, hulle weet ons is naby of op pad, maar hulle het nie presies geweet waar ons is nie. Ons het hulle ook onverhoeds gevang deur wanneer ons beweeg het, so vinnig moontlik te beweeg."

Op Joao de Almeida was die buit aan militêre toerusting en informasie volop. Daar was 'n uitgebreide propagandakantoor en groot hoeveelhede gestapelde voorrade. Terwyl sy troepe die plek opruim, het Van Heerden begin sif aan nuwe inligting wat hy bekom het en gevolglik sy onmiddellike toekomsplanne, die verowering van Sa Da Bandeira, effens gewysig.

Volgens die nuwe inligting is daar MPLA-magte op verskeie klein dorpies soos Jau, Humpata en Huila langs die hoofroete na Sa Da Bandeira. Elke mag van hierdie aard is potensieel 'n bedreiging, want Taakmag Zulu is 'n alleenloper en het niemand om sy rug of flanke te beskerm nie. Dus besluit Van Heerden om nie net op die hoofroete langs te beweeg nie, maar om die vyand in die dorpies so in die verbygaan te neutraliseer.

Toe Van Heerden Joao de Almeida verlaat, laat hy een FNLA-peloton op die dorp agter om te verseker dat dit nie deur die MPLA herower word nie. Een peloton is nie veel van 'n besettingsmag nie, maar dit was ook nie 'n gewone peloton nie. Sy bevelvoerder was die beroemde Danny Roxo, wat sy naam as terroristevegter teen die Frelimo-beweging in Mosambiek gemaak het. Voordat Roxo (wat destyds onder die naam Danny Paulo geveg het) en sy peloton 'n paar dae later weer by Van Heerden op Sa Da Bandeira sou aansluit,  het hulle twaalf MPLA-lede geskiet wat na Joao de Almeida probeer terugsypel het. (Roxo ontvang later die Honoris Crux en sneuwel kort daarna in Angola.)

Om sy aanmars te beskerm, het Van Heerden twee elemente vooruit gestuur om die dorpie Jau skoon te maak. Van daar moes die een Humpata gaan skoonmaak en die ander Huila. Die Huila-mag word beveel om by 'n plek genoem Kilometer 16 weer by die hoofmag aan te sluit; die Humpata-mag is opdrag gegee om die pad tussen Sa Da Bandeira en die hawestad Mocamedes net buitekant eersgenoemde staf af te sny.

Dat Van Heerden se nuwe inligting korrek was, het die groep gou ontdek. Op Jau vind hulle 'n klompie MPLA's wat egter ná 'n ligte skermutseling verdwyn het en ook op Humpata was daar van die vyand. Hoewel die Humpata-MPLA's nie werklik vir 'n verdedigingsaksie ingerig was nie, het hulle 'n strawwe maar kortstondige weerstand gebied voordat die dorpie ook veroewer is.

Van Heerden ontvang die tyding en is tevrede. Nou is die pad na Sa Da Bandeira, 'n streekhoofstad en MPLA-hoofkwartier, behoorlik oopgebaan.

Op 24 Oktober is dit Sa Da Bandeira se beurt. Vir die eerste keer het Van Heerden goeie inligting oor sy doelwit (m.i.v. 'n kaart van vermeende en waarskynlike MPLA-stellings wat Aparicio en sy manne getrek het) en kan hy sy aanval mooi duidelik uitwerk.

Sy eerste teikens is 'n vliegveld noordoos van die dorp en daarna 'n plat berg, bekend as Monte Christo del Rei (die berg van Christus die Koning), so genoem omdat die Portugese op sy kruin 'n groot Christusbeeld opgerig het.

Die vliegveld moet Van Heerden so gou as moontlik beveilig omdat hy deur die Suid-Afrikaanse Lugmag bevoorraad word. Monte Christo moet verower word, want hy oorheers die hele Sa Da Bandeira, en volgens Zulu se jongste inligting is daar 'n MPLA-kanonstellling op die kruin, wat 'n ernstige bedreiging vir die taakmag sal wees as sy manne eers in en om Sa Da Bandeira bedrywig is.

Van Heerden se plan is om die vliegveld net voor sonsondergang te neem. Dit sal vir hom tyd wen ingeval van 'n MPLA-teenaanval, want hy weet Angolese veg nie graag in die donkerte nie. Hierdie blaaskans sal hy benut deur 'n nagaanval op die Monte Christo-stelling te doen. As alles goed gaan, sit hy dan op 25 Oktober met albei troefkaarte in sy hande.

So het dit ook gebeur. Laat die middag van 24 Oktoberval Veggroep Bravo die vliegveld aan. Die weerstand wat die verdedigers bied, is kwaaier as wat verwag was, maar ná wat Van Heerden vandag as 'n "redelike geveg" beskryf (waarin veral Robbie de Ribeiro hon onderskei het), is die veld teen skemer veilig in Zulu se hande.

Nou is dit kmdt. Linford se beurt. Net voor eerste lig op 25 Oktober pak hy en sy Boesmans Monte Christo aan. Ná 'n ernstige verdwalery (hulle is lelik in die steek gelaat deur hulle gids, een van Aparicio se ELP-manne), kom hulle bo uit en ontdek dat daar toe glad nie 'n MPLA-stelling was nie. Van Heerden ontplooi 'n afsny-element op die pad na Humpata en gaan oor na die tweede fase van sy aanval.

Sy nuwe teikens is twee Portugese militêre installasies wat deur die MPLA oorgeneem is: 'n Voormalige artilleriekamp omtrent 1 500 meter noord van die pad tussen die vliegveld en Sa Da Bandeira en 'n ou infanteriekamp bietjie noord van die ander.

Die artilleriekamp word eerste aangeval. Dit is 'n klassieke infanterie-teiken, vrot van die geboue, drade en mure en Van Heerden stuur 'n klassieke infanterie-aanval van stapel.

Die pantserkarre is só ontplooi dat hulle alle toegangsroetes kan dophou en afsny en dan is die kamp met Veggroep Brave se mortiere "saggemaak" voordat die infanterie ingestuur word.

Die sagmaakfase het sy komiese oomblikke gehad as gevolg van die onbeholpenheid van die FNLA-mortieriste met hul min opleiding - volgens Van Heerden moes hulle instrukteur "van mortier tot mortier hardloop en kyk dat hulle reg gerig het en so aan," en omdat die afstandsberekening verkeerd was, het al die mortierbomme kort geskiet. Maar die doel is bereik, want "die lawaai het toe darem die vyand ontsenu. Toe (die infanterie) ingaan, het die vyand nie veel weerstand gebied nie. Hulle het toe gevlug."

Volgens Van Heerden is daar in die artilleriekamp 'n "verskriklike klomp voorraad gebuit ... ligte wapens, karabyne en veral ammunisie het ons tonne en tonne buitgemaak", maar swaarder wapens soos mortiere en terugslaglose kanonne is alles verwyder. 

Dit sou weer en weer in die toekoms gebeur. Ligte wapens sal die MPLA en Kubane lat agterbly, maar die groter skietgoed neem hulle saam (dit was ook maar goed dat  hulle so gemaak het; Van Heerden het aan so 'n ernstige gebrek aan grofgeskut gely dat hy in 'n latere stadium terugslaglose kanonne teen hulle voormalige eienaars gebruik het).

Van Heerden beveilig die vliegveld deur 'n element van die groep wat die Humpata-pad bewaak, daar te stasioneer en gaan voort na die ou infanteriekamp. Dié ruim hy vinnig op en nou is Sa Da Bandeira so te sê in sy hande.

Voordat hy Sa Da Bandeira binnegaan, besluit hy dat diplomasie aangewend moet word. Daar is nog heelwat blanakes in die stadjie oor. Hulle is n atuurlik redelik senuweeagtig ná die gebeure van die afgelope paad maande en hy wil panier voorkom. Dus besluit hy om sy twee veggroepe terug te hou en Aparicio se ELP-manne met slegs 'n handjievol Boesmans vir die opruiming te gebruik.

Hy omsingel dus die stad en stuur die ELP in. Dit is 'n werk so na hul smaak en straatpartytjies waar die wyn soos water loop, word die orde van die dag. Intussen inspekteer Van Heerden sy nuwe aanwins. Sa Da Bandeira is 'n taamlike ontwikkelde sentrum met sy eie hospitaal (wat Zulu se mense weer aan die gang gekry het) en ook 'n onbeskadigde radiostasie.

Die radiostasie gee Van Heerden 'n blink ingewing. Hier is mos 'n goeie geleentheid, skat hy, om Unita en die FNLA met hul eie mense te laat praat! Die twee bewegings is egter nie in staat om self uit te saai nie en hy gee toe vir Aparicio die oopdrag om die radiostasie weer aan die gang te kry.

Maar, waarsku hy die astrante mannetjie, "onthou, ons is nie Suid-Afrikaners nie. Julle praat nie 'n woord van ons nie".

Tot sy woede "gaan die windmaker Aparicio en hy gaan kondig oor die radio aan die dorp is nou verower, alles is veilig en daar is niks om hulle oor te bekommer nie. Hulle moet daar bly en (hy) kondig toe aan die dorp is deur die ELP ... beset. Nou, dit was die verkeerde ding om te doen, want die ELP word gehaat deur die wit Angolese en die swartes ook - hoofsaakllik deur die swartes ... Die swartes wat ons bondgenote was ... was baie bitter oor die storie gewees.

Vir praktiese doeleindes was die oopruiming van Sa Da Bandeira die hoogtepunt in Aparicio se kruistog teen die kommunisme. Die meeste ELP-lede het op Sa Da Bandeira agtergebly. 'n Paar het hom later vergesel na die volgende teiken, Mocamedes, "maar toe kom hulle terug en ek kon hulle nooit verder kry nie ... So, ek weet nie hoe ver hulle gevorder het op pad Portugal toe nie".

Betroubaarder versterkings het egter op Sa Da Bandeira by Van Heerden aangesluit, n aamlik 'n halwe peloton soldate van 1 Valskermbataljon (wat hy merendeels as beskermingstroepe gebruik het), 'n kompanie FNLA-soldate onder maj. Frank Bestbier van die Suid-Afrikaanse Leër en 'n mortierpeloton onder tweede-luitenant P.J. Aucamp.

Van Heerden vertoef net 'n dag of twee op Sa Da Bandeira om nodige sake af te h andel (onder andere raak hy ontslae van Veggroep Brave se gevaarlike "vierdae-kompanie" deur hulle daar te laat as hou-troepe), en op 27 Oktober beweeg hy in die rigting van Mocamedes, hawestad en ook 'n provinsiale hoofstad.

Van Heerden wil Mocamedes so gou as moontlik verower - dieselfde dag nog, indien moontlik - sodat hy 'n groep na Sa Da Bandeira kan terugstuur om te verhoed dat die MPLA die stad agter sy rug terugneem: 'n Wesentlike gevaar, sê hy vandag, want "die vyand het heeltyd van die noorde gedruk. Ons het heeltyd (daarvan) berigte ontvang."

Dus beraam hy 'n tweeledige plan. Eerstens stuur hy 'n "vinnige ekspedisie" na die dorpies Hoque en Cacua, noord van Sa Da Bandeira, om die MPLA daar weg te jaag. Tweedens word Lindford en sy Boesmans getaak om teen 12h00 op 27 Oktober 'n navorsingstasie op 'n plek genoem Caraculo op te ruim. Daarna moet Linford en twee troepe pantserkarre met alle spoed die nuwe pad oor Humpata en die lieflike Leba-pas aanpak.

Intussen moet kmdt. Breytenbach en comandante Businha met Veggroep Bravo se twee oorblywende FNLA-kompanies in Mocamedes se rigting beweeg langs die pad oor Vila Ariaga.

Lindford en sy Boesmans verlaat Sa Da Bandeire met alle spoed. Van Heerden handel nog 'n laaste paar administratiewe sake af "en toe spring ek agter hulle aan en ek jaag".

Hierdie keer was hy egter bietjie te haastig. Wat toe gebeur het, klink die beste in sy eie woorde: "Halfpad teen die (Leba) pas af ... kry ek die helfte van die lorries met Portugese en Boesmans in. Ek sien toe dit is net die vragmotors en dat die pantserkarre weg is. Ek dink toe, wel, die bevelvoerder het kopgehou ... Hy h et seker vinnige vorentoe gegaan met 'n ligte element. Onthou, ek het gesê by twaalfuur moet ons Caraculo  hê.

"So in die verbyry skree ek vir ('n) Portugees: 'The armoured cars, have they gone forward?' Hy sê vir my: 'Yes.' Goed. Daar gaan ons. Net ek en my drywer in die Landrover. Ons ry en ons ry en ons ry en ons ry. Ons ry naderhand 90 km voor die res.

"Toe kom ons by Caraculo. Toe ons so indraai ... sê ek: 'Wag 'n bietjie. Hier is iets nie pluis nie. As die pantserkarre die plek skoongemaak het, sou hulle iemand op die pad gelos het.'

"Ek ry so stadig nader en ek sien hier loer 'n klomp swartes om van die stasie af. Daar kom 'n Portugese soldaat uitgestap en hy spring terug ... Twee swart soldate (kom) van die ander kant af en hulle spring terug. Ek sê: 'Net h ier moet jy omdraai. Ons ry nou terug.'

"Daar kom ons by die Portugees. Nou is ek baie kwaad ... 'You bloody fool!' sê ek, 'you said the armoured cars went forward. Where are they?'

"Hy sê: "Oh, they went forward for two kilometres and then they turned south' ... Hulle (het) inligting gekry van 'n mynskag of iets daar rond waar daar 'n klomp mense - MPLA - skuil h ou en toe het hulle nou afgedraai om te gaan kyk. Ek het hom toe nie die kans gegee om te sê: 'They went forward and then turned south' nie. Ek en my troep het toe stokalleen daar op die vyand afgery - gelukkig het ons so vinnig 'n ommekeer gemaak dat hulle nie kans gehad het om op ons te skiet nie. Dit wys  jou net - jy moet nie haastig wees nie."

Lindford se verkenning het in elk geval niks opgelewer nie.

Die mars op Mocamedes gaan voort. 'n Entjie duskant die hawestad maak hulle kontak met die MPLA en daar, sê Van Heerden, "het (ons) 'n redelike taai geveg gehad ... so deur 'n kloof". Daar word heen en weer geskiet met mortiere, vuurpyle en terugslaglose kanonne, maar ná 'n verbete bakleiery, wyk die MPLA uit en Zulu lê beslag op 'n nuwe 82 mm-terugslaglose kanon. Teen dié tyd is dit al laat en Van Heerden besluit om liewer laer te trek vir die nag en dan 'n dagbreekaanval op Mocamedes te loods.

Terwyl hulle hier lê en rus, behaal Van Heerden 'n propaganda-oorwinning soos min. Hy vertel soos volg: "Daar (kom) 'n kar met 'n wit vlag. Dit is toe 'n Portugese leëroffisier en 'n Portugese offisier van die handelsvloot. Die leëroffisier sê toe hy h et nog 'n kompanie van 90 of 150, ek kan nie nou onthou nie; hulle het basies die dorp opgepas en gekyk na die vlulgtelinge se besittings wat op die hawe was - die hele hawe was letterlik toe onder die vlugtelinge se besittings gewees ...

"Toe sê die ou dat hy wil nie by gevegte betrokke raak nie ... Toe vra ek vir hulle, waar is hulle kwartiere? (Hy sê) hulle kwartiere was omtrent 'n halfmyl buitekant die dorp. Toe sê ek: 'Gaaf. Môreoggend gaan ek die dorp vat' ... Ek (wou) hulle die nag nie laat teruggaan nie, omdat hulle die vyand sou waarsku. Toe sê ek: 'Ek sal julle 'n halfuur voor die tyd laat gaan, maar dan kry jy al jou troepe uit die dorp uit (en) bly in julle kasernes'.

"Toe sê die vlootman vir my daar lê drie skepe in die hawe: 'n Portugese skip, ' n Griekse skip en 'n Italiaanse skip; hulle is besig om vlugtelinge se voorrade te laai ...

"Toe vra hy of hulle kan voortgaan ... Ek sê: 'Ja, laai', want ek wou soveel moontlik van die gemors van ons hande af gehad het.

"Toe sê hy: 'Daar is 'n Portugese fregat in die hawe' ..."

Van Heerden besef onmiddellik dat die Portugese oorlogskip vir Zulu dodelik gevaarlik is. In hierdie chaotiese situasie weet niemand mooi hoe andere gaan reageer nie; as die gregat met sy kanonne op die Suid-Afrikaanse kolonne losbrand, kan hy ontsaglike skade doen - en Van Heerden sit met leë hande omdat hy geen grofgeskut van sy eie het nie. Hy besluit toe maar om bietjie met die bek te veg.

Ewe  hardekwas sê hy aan die Portugees: "Sê vir daardie fregat: As hulle nie mô met eerste lig uit die hawe uit i s nie, dan blaas ons hulle uit die see uit."

As die Portugees geweier het om die hawe te verlaat, sou Van Heerden met 'n groot geloofwaardigheidsprobleem gesit het, om dit sagkens te stel. Daardie nag word daar intensief en akkuraat op Zulu geskiet met 122 mm-vuurpyle, maar toe die taakmag Mocamedes die volgende oggend (28 Oktober) binnegaan, sowat 'n uur nadat die Portugese offisiere vrygelaat is, "was daar geen fregat in die hawe of troepe in die dorp nie", onthou Van Heerden. "Die skip het padgegee en ons het hulle nooit weer gesien nie ... Die 'bluff' het toe gewerk."

Van Heerden het later verneem dat die Portugese 'n aantal MPLA-soldate wat uit Mocamedes wou vlug, ook saamgeneem het - wat glad nie verbasend is nie in die lig van die nuwe Portugese regering se simpatie vir h ierdie organisasie. Robert Moss vertel ook dat die einste Portugese offisier wat kamtig nie in die geveg betrokke wou raak nie, vroeër ' radioboodskap aan Luanda gestuur het waarin hy dringend MPLA-versterkings vir Mocamedes aangevra het. Hierdie boodskap is deur Suid-Afrikaanse seiniers onderskep, maar in daardie stadium het Van Heerden daarvan niks geweet nie.

Mocamedes was waarskynllik die eerste plek waar Zuly met soveel Kubane as MPLA te doen gehad het. Volgens Robert Moss was die akkurate vuur op Zulu die nag van 27 Oktober 'n leidraad tot die teenwoordigheid van die Kubane.

Moss noem ook nog ' n interessante feit: Met die oorname van Mocamedes het 'n voorste element van Zulu die vliegveld suid van die hawestad net te laat bereik, anders het hulle daar ' n Noratlas-transportvliegtuig betrap wat net betyds met die MPLA-leiers,  hul Kubaanse raadgewers en 'n hoeveelheid swaar wapentuig opgestyg het.

Van Heerden slaan sy hoofkwartier op in Mocamedes se kleiduifskietklub, 'n gebou van marmer op 'n randjie bokant die stad wat 'n lieflike uitsig gebied het. Nie dat die uitsig enigiets anders as tragies was nie: die hawe lê eintlik toe onder die stapels reistasse, kratte en kiste vol persoonlike besittings wat die vlugtelinge moes agterlaat en oral staan motorkarre sonder base.

Tussen hierdie patetiese oorskot van Portugal se eeue-lange koloniale heerskappy staan yslike piramides kratte vol handelsware, vir Zaïre of Zambië bestem, maar hier afgegooi deur skepe wat nie in die hawens verder noord 'n geleentheid kon kry nie.

Die plaaslike inwoners het al taamlik aan die goedere geplunder, veral onder die persoonlike besittings, onthou Van Heerden, maar daaraan kon hy niks doen nie. Hy moes planne beraam vir sy volgende aanval en hy had 'n sterk gevoel die moeilikste deel van sy jaagtog kom nog.

Sy onmiddellike doelwit is die hawestad Benguela en dit is uiters belangrik dat hy dit verower, want met die uitsondering van Luanda self, is Benguela Angola se grootste hawe. Ja, Benguela moet geneem word, maar dit gaan nie maklik wees nie. Volgens verslae is die MPLA besig om suidwaarts te verken en om sake te vererger, het die reënseisoen nou begin.

In 'n subtropiese land soos Angola is die reëntyd 'n geweldige faktor. As dit begin reën, val die water asof daar nie einde aan is nie. Riviere lop oor en oral lê groot plate water en moerasse wat dit onmoontlik maak vir 'n voertuig om van die paaie af te beweeg. Die besit van brûe en teerpaaie kan die verskil tussen triomf en tragedie wees (en dit is 'n feit dat baie van Zulu en die ander kolonnes se groot gevegte by brûe of padaansluitings sou plaasvind).

Van Heerden se eerste prioriteit is om na Sa Da Bandeira terug te keer sodat hy kan hergroepeer vir die mars op Benguela. Die hergroepering klaar, eet Van Heerden nog vir oulaas 'n bord vol heerlike Mocamedes-krappe en vertrek terug na Sa Da Bandeira.

Een snaakse ding onthou hy as hy deesdae oor die Mocamedes-voorval praat. Op pad soontoe het kmdt. Lindford gevra of hy nie gou sy Boesmans die see kan wys nie; hulle is mos binnelanders en vir hulle sal dit seker 'n groot ondervinding wees. Hoogs ingenome met die idee - "ons dink toe hulle gaan vreeslik 'thrilled' wees", onthou Van Heerden - stem hy in. Maar "hulle het die water so gekyk, omgedraai en geloop. Ek dink nie hulle het besef wat dit is nie. Hulle was glad nie beïndruk met die see nie."

Van Heerden bly sit nie lank op Sa Da Bandeira nie. Sonder verdriet keer hy finaal sy rug op Aparicio se grootpraters en die FNLA se vierdae-kompanie en laat vat Benguela toe. Tot op Caporolo, duskant Benguela, gaan dit redelik voorspoedig. Maar daar loop Zulu hom in 'n deeglike MPLA-stelling vas en nou is die invloed van die Kubane duidelik te bespeur. Hoewel Castro se soldate nie te geesdriftig was vir ' n tromp-op botsing met die Suid-Afrikaners nie, was hulle kundig as dit by die voorbereiding en verdediging van statiese stellings kom.

Die Caporolo=mag was nie baie groot nie, maar hy was goed ingerig. Op 'n rant bokant 'n brug wat Zulu moes gebruik, was sowat ses terugslaglose kanonne en na skatting omtrent 100 man ingegrawe.

Teen dié tud het Van Heerden sy taktiek al taamlik by die omstandighede aangepas, hoewel die proses nog ver van klaar was - "dit het maar gekom soos ons geleer het", vertel hy.

In sy finale vorm het Van Heerden se bewegingstaktiek taamlik verskil van dié in die "boek". Zulu se pad is te lank en sy tyd is te min om ortodokse taktiek te gebruik.

Basies, het Van Heerden later verduidelik, was die Zulu-taktiek maar om deur die platteland te ry en spekulatiewe vuur te bring op elke moontlike rantjie of ander terreinvorm wat 'n MPLA-stelling kon wees "totdat jy vyandelike vuur trek".

Om hierdie taktiek te gebruik, aldus Van Heerden, "het (ons) maar basies ons ding so toegepas: 'n Klein elementjie voor en die groot elemente-mag agter. 'n Troep of twee pantserkarre en 'n peloton infanterie lei en beweeg so vinnig as wat hulle kan. Enige moontlike stelling word dan met vuur bestook - saai eenvoudig koeëls ... Skiet niemand op jou nie, gaan jy aan. Skiet hulle op jou, dan neem jy maar dekking en dan begin jy jou bakleiery."

So 'n taktiek kan natuurlik baie gevaarlik en duur wees, maar Van Heerden het sy vyand geken en dit het gewerk. Sodoende het hy dit reggekry om 'n verbasende gemiddelde spoed van 90 km per dag te handhaaf.

Van Heerden was ook altyd vir 'n omvleuelingsbeweging te vinde as hy kontak gemaak het, want "ons het gou uitgevind hulle was vreeslik bang daarvoor gewees. As jy agter hulle inkom ... was hulle senuwees dun."

So was dit ook by Caporolo. Weer eens was sy inligting goed - hy het byvoorbeeld geweet waar die MPLA-stellins was en ook dat die brug vir vernietiging voorberei is - en nadat hy verkenners laat rondsnuffel het, het hy 'n "oulike" omvleuelilngsplan beraam.

Die plan was gegrond op die kennis dat daar (altans volgens betroubare plaaslike inwoners) tussen een en twee kilometers oorkant die brug 'n bruikbare drif was.

Van Heerden se plan was om sy pantserkarre duskant die rivier agter 'n ruggie te ontplooi. Dan sal op die MPLA gevuur word. As laasgenoemdes nie uit die stellings wil padgee nie, sal van Veggroep Alpha se Boesmans na die drif beweeg, die rivier te voet oorsteek en die verdedigers se onttrekkingsroete blokkeer. Dan sal die res van Zulu die MPLA van voor af bestook met vuur en 'n aanval oor die rivier probeer instuur.

As so 'n aanval ontmoontlik is omdat die rivier te diep is, sal Van Heerden-hulle bly sit waar hulle is en die Boesmans met vuur ondersteun terwyl laasgenoemdes die MPLA-stelling van agter af aanval.

'n Eenvoudige maar soepele plan, hierdie, met voorsiening vir feitlik alle moontlikhede. Behalwe die een onvoorspelbare haakplek wat vroeër of later in selfs die mees onberispelike militêre plan sy verskyning maak.

Gevolglik loop alles toe verkeerd. Dit het so gekom: Op pad na die drif verneem die Boesmans se bevelvoerder dat dit glad nie nodig is om sy manne te voet oor die aangewese drif te neem nie; so 'n entjie verder af is daar 'n beter drif waar hulle sommer met groentelorries en al die rivier kan oorsteek.

Sonder meer gaan soek die Bolesmans toe hierdie beter drif. Helaas, hy het òf nie bestaan nie, òf hulle het hom misgeloop. Naderhand is hulle 25 km onderkant die brug en op die ou end het hulle toe nooit die anderkant bereik nie.

Maar die Alpha-groep se deelname is ook nie meer nodig nie. Dit vind Van Heerden-hulle uit toe "ons ... die stellings bestook en spekulatiewe vuur op moontlike ander stellings (lewer, maar) geen vuur trek nie".

Gedek deur die pantserkarre se 90 mm-kanonne, steek hulle toe te voet die rivier oor, Van Heerden voor, want "ek kan nie my troepe vorentoe stuur en sê: 'Loop jy voor. Ek is bang om te loop!' nie."

Van Heerden laat kom sy sappeurs om die brug te ondersoek. Die inligting was reg: Die brug is voorberei vir vernietiging - "hulle het omtrent 200 pond springstof teen die pilare van die brug gepak. Stapels. Hulle sou die arme ou bruggie heeltemal in sy glorie geblaas het."

Dit het egter nie gebeur nie en die rede is te vinde in nog een van daardie onvoorspelbaarhede wat die beste plan kan verongeluk of red: Die man wat laas die kringloop van die detoneerdrade getoets het, het versuim om die drade weer te konnekteer. Gevolglik kon geen ontploffing plaasvind nie.

Danksy die onbeskadigde brug steek Zulu m aklik die brug oor en vind daar dat die ganse MPLA-mag verdwyn het. Soos Van Heerden later die ding uitgewerk het, het die verdedigers die verdwaalde Boesmans raakgesien omdat dié nog in hul voertuie was en nie te voet soos beplan nie. Die MPLA besef dat dit die begin van 'n omvleuelilngsplan is en toe summier die aftog geplaas .

Hiermee eindig die "slag" van Caporolo, sonder dat die vyand 'n enkele skoot afgetrek het. Vandag sê Van Heerden met alle nederigheid dat die Here daardie dag oor hom en sy manne gewaak het. En dit is 'n feit dat die hele affêre so maklilk op 'n ramp kon uitgeloop het.

Die feit dat die Boesmans - die primêre aanvalsvam - vroegtydig raakgesien is deur die verdedigers, kon maklik die Suid-Afrikaanse poging laat misluk het. In plaas daarvan het dit presies die teenoorgestelde uitwerking gehad. En dan is daar die brug se storie. 'n Mens kan kwalik met Van Heerden se opvatting stry.

Hoe dit ook al sy, Capololo is nou in Zulu se hande en die ervaring het Van Heerden meer stof tot nadenke gegee waaruit hy later munt sou slaan. Byvoorbeeld, dit is nou duideliker as ooiot dat sielkunde baie kan help om vir sy gebrek aan grofgeskut te vergoed. Soos Van Heerden dit stel, hierdie en latere ervarings het bewys dat "die manne baie makliker padgee as jy op hul senuwees werk as wanneer jy net op hulle vuur open".

Nou staan Van Heerden (hoewel hy dit nog nie weet nie) op die vooraand van een van die belangrikste aksies van Taakmag Zulu se kort bestaan: die geveg buitekant die dorpie Catengue, 'n paar kilometer noord van Caporolo.

Die kragmeting naby Catengue is vandag feitlik vergete, heeltemal oordonder deur die ophef wat gemaak is oor bekender gevegte, maar Van Heerden self het geen twyfel oor Catengue se ware betekenis nie. Wat Taakmag Zulu se aandeel aan Operasie Savannah betref, sê hy net dit: "Catengue is waar die oorlog gewen is, maar niemand weet dit nie."

Catengue was van taktiese waarde weens sy ligging - wes van hom lê Benguela, oos van hom loop die grootpad na Nova Lisboa, 'n MPLA-vesting - maar die dorpie self is nie verdedig nie. Van Heerden rig toe daar sy hoofkwartier op en stuur eers 'n verkenningsgroep onder kapt. Connie van Wyk in die rigting van Nova Lisboa. Daarvandaan is MPLA-eenhede na bewering aan die ander nader beweeg (hy was daarvan bewus dat Unita juis toe bersig was om naby die dorpe Cubal en Mariano Machado suid van die grootpad teen die MPLA te baklei, wat so 'n beweging heel waarskynlik gemaak het).

Die gerugte is toe waar en Van Wyk het 'n groot slagting veroorsaak toe hy 'n hinderlaag op 'n uitgesoekte plek opstel. Met sy swaar wapens ('n pantserkar met 'n 90 mm-kanon en 'n Russiese terugslaglose kanon van 82 mm wat Zulu vroeër gebuit het), verrinneweer hy sewe MPLA-karre, een ná die ander, wat sonder enige voorhoede of verkenningselemente aangejaag gekom het. Tussen insidente speel Van Wyk se manne kaart tewyl drie gevange MPLA-soldate hulle eie dooie makkers begrawe.

Die groot verrigtinge vind egter op die Benguela-pad plaas, waarlangs nog een van Zulu se verkenningsgroepe op 2 November begin beweeg het.

Hierdie groep beweeg slegs 'n paar kilometer deur redelike oop terrein voordat hulle kontak maak met 'n sterk MPLA/Kubaanse mag, bewapen met tussen vyftien en twintig mortiere, wat in 'n reeks rantjies naby die pad ingegrawe is.

Van Heerden het eers nie besef hoe sterk die stelling is nie - "ons het 'n paar los skote gehoor en ons dag toe, nee wat, dit is nou nie eintlik iets ernstigs nie". Nogtans stuur hy 'n groep in die rigting van Cubal, net "om te keer dat die vyand nie agter ons rug om kom nie.

"Toe begin hier buite Catengue 'n skietery. Eers het ons gedag dit is sommer 'n ligte insidentjie. Toe word die skietery al erger ... Ons (vind) toe uit hier is 'n groot voorbereide stelling met ingegraafde mortiere en baie gestapelde ammunisie ... Ons (het) baie gou agtergekom dat hulle daar 'n baie goed voorbereide stelling moes hê en was baie goed ingeskiet met hulle mortiere."

Hierdie ontdekking maak Van Heerden toe hy opdrag gee dat sy FNLA-troepe, wat paniekerig begin raak het onder die akkurate en aanhoudende vyandelike vuur, in die bos aan weerskante van die pad moet ontplooi sodat die MPLA hulle nie so maklik kan sien nie.

Maar "toe kom ons agter, omdat hulle besef het hulle sal ons nie kan sien as ons in die bosse ingaan nie, het hulle geregistreer met mortiere en dan skiet hulle weerskante van die pad so op en af. Hulle het toe met swaar mortiere en 122 (mm) missiele ons daar vasgepen gehad vir 'n ruk."

Twee of drie keer stuur maj. Frank Bestbier, wat in hierdie stadium in bevel van die FNLA-troepe was, 'n aanval van stapel aan beide kante van die pad. As gevolg van die swaar vuur vind die aanvallers dit egter moeilik om vooruitgang te maak; elke keer breek die kompanie links van die pad deur, maar word dan genoodsaak om terug te val omdat die kompanie regs van die pad gestuit word. Die FNLA-troepe raak ook nou onrustig en ál onwillliger om onder die barstende bomme in te hardloop.

Uiteindelik smelt albei kompanies links van die pad saam en val weer aan. Hierdie keer slaag Bestbier. Hy en sy troepe breek deur en kom half agter die vyandelike stelling uit. Die vyand bied ligte weerstand en retireer toe so haastig dat Bestbier-hulle radio's vind wat nog aangeskakel is.

"Die mense dog toe hulle word omvleuel," vertel Van Heerden. "Toe gee pad hulle ... Hulle was altyd bang gewees dat jy hulle afsny. Toe hierdie aanval nou hier heeltemal van die kant af kom, toe dag hulle ons is besig om om hulle flank te werk ... Hulle (het) 'n laaste paar skote geskiet en toe het hulle uitgetrek."

Intussen het Van Heerden wel 'n onvleuelingsbeweging van stapel gestuur, maar in 'n ander rigting. Toe dit duidelik word dat die FNLA-troepe langs die pad vasgepen is (dit het sowat ses uur geduur, volgens een bron), het hy 'n altenatiewe plan begin uitwerk want, soos hy sê, "ek (dink) aan die ou gesegde: 'Never reinforce failure'." Hy raadpleeg toe sy kaart en ontdek 'n "dowwe paadjie" wat oor ' n plekkie genoem Vila Sao Christovao loop en "toe vra ek vir die Portugese wat die gebied ken: 'Is hierdie paadjie so om rybaar?'. Toe sê hulle vir my ja."

Kommandant Linford se Veggroep Alpha word hierlangs gestuur met die opdrag om die MPLA af te sny. Linford kom betyds op die ontsnaproete aan en "toe die spul nou terugtrek, toe loop hulle hulle daar vas. Daar het ons twee of drie - ek dink drie - vragmotors vol wapens vernietig. Die grootste deel van die swartes het daar voor hulle in die bosse ingehardloop. Hulle het vyf of ses ... motors gebuit. Hulle leiers het altyd met moros gery" van 'n korporaal af boontoe ...

"Ons het van hulle doodgeskiet daar, van die leiers en onder andere twee motors daar buitegemaak en 'n klompie ander goed. Die twee mot9ors wat nog heel was, het ons toe vir die res van die oorlog gebruik as ons stafkarre. Die een was 'n Lancia Sport en die ander 'n Mercedes Benz ..."

Dit was egter nie die einde van die storie nie. Volgens Van Heerden het daar naderhand van die MPLA-  en Kubaanse leiers "toe agterna gekom om te kyk h oe gaan dit met die manne daar. toe hulle nou terugkom, het o ns hulle nou doodgeskiet.

"Daardie insident, die feit dat ons agter hulle rug kon inkom ... het vir ons baie beteken daarna.

"Toe ons nou teruggetrek het na Catengue toe ná ons skoongemaak het daar, toe stuur hulle 'n verkenningsvliegtuig. Soos hulle nou langs die pad afry, toe sien hulle net al hierdie utigeskiete voertuie van hulle.

"Soos ek maar vir myself aflei wat in hulle koppe aangaan, hulle het nie geweet ons agter hulle rug ingekom het nie. Hulle het maar gedink dat ons het eenvoudig hulle ouers oorrompel en vernietig. Toe dag hulle: 'Ho, hierdie ouens is so sterk, ons het nie 'n kans nie'."

Benewens die fisieke oorwinning (volgens Robert Moss het daar volgens verkenningsberigte altesame 52 MPLA's of Kubane op Catengue gesneuwel), het Van Heerden se manne in een van die stellilngs 'n uiters belangrike vonds gemaak, 'n gemerkte inligtingskaart. (Tot Van Heerden se vermaak het hierdie ontdekking duidelilk gemaak dat "die Kubane, Portugese en MPLA baklei op dieselfde padkaarte wat ons gebruik".)

Hierdie kaart "was in Spaans gemerk en dit was die eerste bewys wat ons gehad het dat daar Kubane was. Hulle het ... ons beweging (aangedui) soos hulle dit sien en hulle stellilngs. Toe het ons presies geweet waar hul stellilngs is ... hulle het toe omtrent nog drie groot, goed-voorbereide stellings gehad voor Benguela. Dit was almal ontruim.

"Ná Catengue was daar 'n klein stelling en dan so 'n plato voor jy op die vlakte uitkom. Daar was 'n groot stelling ingegrawe ... ons het geskat vir so 600 man: Goed ingegrawe ... voorberei, selfs met ammunisie gestapel. Hulle h et eenvoudig net ontruim...

"Dan was daar ('n opleidingskamp) omtrent so 12 km buite Benguela. Ons het al die tyd inligting (daaroor) gehad ... Hulle het gereken daar was ongeveer 'n duisend troepe daar. Toe ons kom, het hulle die hele kamp omskep in 'n verdedigingstelling. Hulle het 'n ses voet-wal om hom gestoor met stootskrapers en binne-in loopgrawe gegrawe, maar hulle het hom nou eenvoudig ontruim. Daar het ek toe nou 'n groot hoeveelheid wapens en selfs brandstof en so aan gevat." (Volgens Robert Moss het Zulu 'n totaal van 150 konkas dieselbrandstof weggedra, "worth more than bullets in this campaign".)

Waarom hierdie onverwagte terugtog deur die MPLA en Kubane? Van Heerden het later gesê: "Al wat ek kan dink, is dat dit die sielkundige effek was. Hier by Catengue het hulle so 'n sterk stelling gehad en ons het eenvoudig net oor hulle geloop ... Soos ek sê, die groot voordeel van die ding was, sielkundig het dit hulle so befonkfaai dat hulle nou al hierdie stellings ontruim het.

"En dit was goed voorbereide stellings. Jy weet ons het nie 'n sterk mag gehad nie, ons het nie kanonne en goed gehad nie, sodat ons baie moeilik daardie stellings van hulle kon vat as hulle vasgebyt het ... Hulle het egter só geskrik, dat hulle ontruim het tot by Benguela."

Sowat een kilometer duskant Benguela bespring Zulu nog 'n verlate kamp, dié keer 'n Kubaanse installasie. Ná "so 'n ligte weerstandjie - 'n paar los ouentjies het op ons geskiet" - is die kamp in Suid-Afrikaanse hande. Op Van Heerden die kosliefhebber, wat soos sy manne maar bra moeg was vir die voedsame maar eentonige blikkieskos en "dog biscuits" wat af en toe van Rundu af arriveer, wag daar 'n aangename verrassing.

In die kamp is daar twee van die vyand se skure, die een vol koffiebone en die ander vol eetgoed. "Hulle het probeer om die goed aan die brand te steek en weg te kom. Die (skuur met koffiebone) het aan die brand geslaan (en) die koffiebone het gebrand, maar die ander skuur was toe vol uitstekende voorrade gewees.

"Ons het dié ook gevat, (en) daarvandaan het ons nie meer probleme gehad nie, want hulle het baie beter kos gehad as wat ons gehad het. Toe ons nou hulle skuur vat ... laat weet ons vir Rundu, nou kan julle jul kos hou. Ons het nou genoeg. Ons het pakke sigare gehad uit Havana, piekels uit Roemenië, varkrolle uit Holland en ek weet nie wat alles nie."

Die lekkerste van al hierdie lekkernye, onthou Van Heerden vandag, was "so 'n lang polonie in 'n blik". Boonop, sê hy,  het "elkeen van ons ... 'n kas Havana-sigare agter op sy Jeep gehad".

Die Zulu-manne het blykbaar nie almal besef hoe kosbaar party van die gebuite items is nie. Byvoorbeeld, sê Robert Moss, "the Bushmen sat about puffing seriously at the finest products of Partagas and Hoyo de Monterrey".

Op 4 November - presies een week voor onafhanklikheid - val Zulu vir Benguela aan. Op die vooraand van sy grootste geveg tot dusver, beskik Van Heerden oor sowat 150 Suid-Afrikaners, merendeels pantsermanne en mortieriste; Linford se Boesmans van Veggroep Alpha; Breytenbach en Businha se FNLA-troepe, omtrent 450 van hulle; en tagtig Portugese. Teen dié tyd spog hy al met 'n mortierpeloton en dan ook 'n groep van vier mortiere, maar groter en sterker as dit het hy nie.

Oudergewoonte begin hy met 'n aanval op die vliegveld op die suidoostelike buitewyk van die dorp, want van sy voorrade raak nou min en die vyand mag nie toegelaat word om die transportvlilegtuie se enigste landingsplek te saboteer nie.

Rondom drie-uur die middag bestorm Veggroep Alpha se Boesmans die vliegveld. Alles verloop seepglad; daar word geen weerstand gebied nie. Van Heerden is tevrede. Die eerste belangrike teiken is in sy hande en dit het hom niks gekos nie.

En toe bars die hel los ...

Van Heerden onthou Benguela as die geveg waar die MPLA en Kubane "ongelukkig gedoen het wat ek al die tyd voor bang was".

Tot op Benguela was al Taakmag Zulu se kontakte met stellings wat buitekant die bevolkingssentra geleë was. Dit het mooi in Van Heerden se kraam gepas, want hy wou so ver moontlik 'n bakleiery in die bewoonde gebiede vermy.

Hy het goed besef dat 'n huis-tot-huis-geveg 'n standaard van dissipline en opleiding verg waaroor veral sy FNLA-troepe nie beskik het nie. So 'n geveg sou ook noodwendig lei tot skade aan eiendom en ongevalle onder die inwoners en dit wou hy nie hê nie, anders oorhandig hy net puinhope en lyke aan die anti-MPLA-organisasies as die onafhanilikheidsdag aanbreek.

Ongelukkig het die vyand teen dié tyd ook 'n goeie idee van sy taktiek gekry en hulle het hul mortiere en 122 mm-missielrigters vroegtydig op die vliegveld geregistreer. Die mortiere is in die stad versteek en die rigters sit op 'n rantjie noord van Benguela, omtrent 10 km vanaf die vliegveld - 'n goeie vyf km verder as wat Van Heerden se 81 mm-mortiere kan skiet.

Linford en sy Boesmans het skaars die vliegveld beset, of die mortierbomme begin op hulle te val. Die goed reën feitlik op hulle neer en Van Heerden (wat intussen sy hoofkwartier in die beheertoring gevestig het) sit met afgekapte hande: "Ons kon nie vasstel waar (die mortiere is) nie. Ons het nooit vasgestel waar nie en ons kon nie in die dorp inskiet nie, want daar was nog baie mense in die dorp gewees."

Net om sake bietjie meer te vertroebel, sit daar 'n klompie MPLA's in 'n "kimbo" (swart woongebied) net langs die vliegveld en dié brand nou ook op die Zulu-manne los met kleingewere en ander ligte wapens.

Maar die ergste kom nog. Meteens, onthou Van Heerden, "begin die vyand ons skiet met (die) 122 mm-vuurpyle, maar ons het nie geweet waarvanaf hulle skiet nie ... On sit toe op die oop vlilegveld (en) hulle skiete sewe soorte dinge uit ons uit ..."

In die beheertoring oorweeg Van Heerden die faktore en die min opsies wat hy het. Hy kan nie op die dorp skiet nie en sy pantserkarre kan hy nie sommer so instuur nie, want hulle is kwesbaar vir RPG-missiele. Tog moet hy aan die bombardement 'n einde maak - en so gou moontlik.

Dit geld veral vir die 122 mm. In hierdie stadium weet hy nog nie waar hulle stelling is nie, maar van een ding is hy seker, en dit is dat hulle buite sy mortiere se skietafstand is.

Tog moet hy sonder versuim 'n plan maak om onder die bomme en missiele uit te kom, want sy soldate is al redelik ontsteld. Die ongesofistikeerde en byna onopgeleide FNLA-troepe raak baie paniekerig en die Boesmans "het so plat gelê, jy kon hulle nie uitkry nie".

As geskoolde soldaat weet Van Heerden dat die 122 mm-missiel, of "Rooi-oog", soos die Suid-Afrikaners hom noem, nie 'n watwonderse wapen in vergelyking met 'n veld- of mediumkanon is nie; hy is nie so akkuraat nie en sy verskerwing is swak. Maar hy is geweldig indrukwekkend vir inboorlilngtroepe, want 'n mens kan hom sien aankom en hy ontplof met 'n onaardse lawaai. Soos Van Heerden dit stel: "As daardie ding slaan, dan roer 'n swarte vir 15 minute nie." Dit gaan nie oor dapperheid of lafhartigheid nie; Van Heerden beskou die FNLA-soldaat nie as 'n bangbroek nie. Maar hy het geen ondervinding van konvensionele oorlogvoering nie en skaars enige opleiding en gevolglik ly hy geweldig aan 'n tipe kultuurskok as die Rooi-oë om hom begin ontplof.

Van Heerden probeer om va die oostekant aan te val, maar die FNLA-troepe weier om vorentoe te beweeg. Hy probeer weer, en to nog 'n slag. Elke keer weier die FNLA-troepe om onder die missiel- en mortiervuur in te loop. Teen dié tyd weet die Zulu-manne waar die missiele vandaan kom, want hulle het die stof wat die Rooi-oë opskop, oor die rantjie sien hang. Maar hierdie kennis help maar min, want soos Van Heerden vermoed het, kan sy mortiere die goed glad nie onder skoot kry nie.

En so het die Zulu-manne vir 'n ganse 26 uur lank gesit en krepeer. Net waar Van Heerden draai, vind hy 'n geslote deur. Volgens die "boek" wat hy in hierdie jaagtog al so dikwels moes ignoreer, sou hy daardie nag van 4 November 'n verrassingsaanval kon uitvoer op die MPLA se mortierstellings in die dorp en op die rantjie, maar 'n plaaslike faktor - sy swart troepe se onwilligheid om in die donker te veg - het hierdie opsie ook uitgesluit. Dus, sê h7y, "het (ons) maar die nag vasgesit (en) die volgende dag het ons aangegaan".

Dagbreek bring geen verligting nie en Zulu sit feitlik die hele dag op die vliegveld gekerker. Maar laat die middag begin dinge darem gebeur. Eerstens kry Van Heerden dit omstreeks vyfuur reg om die MPLA-stellings in die kimbo langaan die vliegveld op te ruim. Die taak voer Veggroep Bravo se manne bra onwillig uit, maar die weerstand is lig en binnekort is die kimbo beveilig. Tweedens stuur hy luit. Aucamp se mortierpeloton met die oostelike buitewyke van Benguela langs om te sien of hulle onder die missielmanne se oë die Rooi-oë kan bekruip en "blaas" voordat hulle gewaar en bestook word. Aucamp en sy manne bekruip toe die missielstelling soos beplan en begin te skiet.

"Die mortiere ... was seker nog 1 000 meter kort," vertel Van Heerden, "maar gelukkig het die (MPLA) weer geskrik. Hulle het gedag ons is besig om in te skiet op hulle. Toe het hulle vir oulaas 'n paar sarsies geskiet op ons met die vuurpyle en toe onttrek hulle."

Hierdie gee die MPLA-mortiere in die stad ook pad en daarmee is die stryd vir Benguela meteens so te sê verby. Noudat die missiele verdwyn het, verbeter die FNLA-troep se gees onmiddellik en kkort voor lank speel hulle klaar met die ligte weerstand in die stad self.

Zulu trek in. Soos gewoonlik word die stadsadministrasie dadelik weer aan die gang gesit. Die plaaslike polisiemanne, wat vroeër deur die MPLA ontwapen is, kry hul skietgoed terug met die opdrag om weer die orde en reg te handhaaf en van Zulu se gewonde krygsgevangenes word by die hospitaal afgelaai.

Terwyl sy manne met al hierdie bedrywighede besig is, klim Van Heerden op die draad Rundu toe. Hy moet nou grofgeskukt kry, sê hy dringend. Rundu laat weet dat kanonne op pad is (eintlik is die besluit om hom grofgeskut te gee, reeds op 5 November op kabinetsvlak geneem, hoewel hy dit toe nog nie geweet het nie).

Op 7 November beweeg 'n gelukkiger Van Heerden in die rigting van Lobito. Hierdie dorp beset hy sonder moeite, want die MPLA en Kubane het hulle onttrek; al bakleiery wat plaasvind, is 'n lelike stryery tussen die Boesmans, die FNLA en Unita - gelukkig sonder enige bloedvergieting.

Zulu lê vier dae lank op Lobito. In sy kampie op die vliegveld vermoor Van Heerden die groot musiekte wat in die nabygeleë moerasse wemel en wag vir Veggroep Foxbat, wat nou onder bevel van kmdt. Eddie Webb op pad is van Silva Porto.

Foxbat het teen hierdie tyd al grootskaalse gevegte deurgemaak. Laat Oktobermaand het hy die MPLA in die omgewing van Santa Comba en Cela swaart verliese toegedien en onder andere 'n Kubaanse generaal doodgeskiet. Op 2 November het Foxbat begin opruk na die kusvlakte ná verskeie kragmetings met die Marxistiese magte.

Oorspronklik was die plan dat Foxbat die Luanda-roete noord van Lobito sou afsny om die MPLA/Kubaanse magte wat voor Zulu uitwyk, vas te keer. Dit het egter nie gebeur nie omdat Foxbat deur verskeie omstandighede vertraag is en te laat opgedaag het om die kraan noord van Lobito toe te draai.

Toe kmdt. Webb  uiteindelik by Van Heerden opdaag, bespreek hulle die saak en besluit dat elkeen maar sy gang sal gaan (Foxbat het 'n bietjie later taamlik hard in die "niemandsland" tussen Quibala en Santa Comba geveg, en onder bevel van kmdt. George Kruys tussen 9 en 12 Desember groot naam gemaak met die "Brug 14"-geveg in die omgewing van Catofe).

Taakmag Zulu lê nog op Lobito en wag om herroep te word toe 11 November, Angola se onafhanklikheidsdag, aanbreek. Maar nou is die bakleiery in Angola woester as ooit en terwyl die Portugese Hoë Kommissaris haastig sy land se vlag ná vyf eeue se heeerskappy stryk, kry Van Heerden 'n nuwe opdrag.

Daar moet nou ee4rs na die algemene politieke situasie gekyk word. Oorspronklik sou Suid-Afrika hom op 11 November onttrek en alles wat sy magte geneem het, aan die FNLA en Unita oorhandig. Intussen het sake egter skeefgeloop.

Die FNLA-magte het in die noorde groot teenspoed gehad, merendeels omdat Holden Roberto nie na sy Suid-Afrikaanse raadgewer, brig. Ben Roos, wou luister nie. Boonop swoeg Rusland om Afrika se steun vir die MPLA te mobiliseer, hoewel die meeste swart state in hierdie stadium maar lang tande vir die Marxiste het.

Unita se Savimbi gaan toe persoonlik na die Suid-Afrikaanse Eerste Minister, mnr. John Vorster, met 'n dringende versoek dat die Republiek se magte moet aanbly.

Savimbi se standpunt was dat as die FNLA en Unita in beheer kan bly van die groter sentra buite Luanda, dit moontlik sou wees dat 'n meerderheid van die steeds weifelende Organisasie vir Afrika-Eenheid 'n regering sou eis waaraan al drie bewegings deelneem. Verskeie ander lande in Afrika en elders het ook gevra dat die Suid-Afrikaanse magte aanbly en uiteindelik het mnr. Vorster ingestem.

Met die oorname van Benguela en Lobito is die derde fase van Operasie Savannah voltooi. Nou begin die vierde fase, naamlik die isolasie van Luanda en Taakmag Zulu se rol is om toe te sien dat die MPLA en Kubane nie weer die inisiatief in die hande kry nie.

Van Heerden se Taakmag Zulu moet noorde toe; die hawedorp Novo Redondo moet geneem word en daarna die sentra op die Queve-rivier langs - Porto Amboim, Gabela en Quibala.

Van Heerden vertrek dadelik. Op 12 November is Zulu baie na aan Novo Redondo. Daar bots hulle met Kubaanse mortiertroepe wat saam met omtrent 'n bataljon MPLA-infanterie duskant die Quicomborivier, ongeveer 10 km suid van die hawedorp, ingegrawe is. Daardie dag is 'n aantal van luit. Aucamp se kosbare en geliefde mortieriste platgeskiet; later het Van Heerden dit "ons grootste terugslag" genoem en die insident so beskryf:

"Hier lê 'n groot rant hier so teen die rivier. Dit is 'n hoë rant wat eintlik so oor die rivier lê; die rivier gaan deur hom, met regaf wande. Hulle het 'n baie goeie stelling daar gehad; hy domineer die hele stuk vlakte ... dit is omtrent sewe tot agt kilometer wat jy in die ope is; wat hulle jou sien kom.

"Wat ons gevind het daar is dat die mense al die moontlike teikengebiede geregistreer het ... Hulle het presies geweet op watter afstand om op te sit. Die resultaat was, toe ons daar afkom en die infanterie onder in die vlakte kom en onder vuur kom, toe roep hulle die mortiere in aksie.

"Om binne skootafstand te kom, moes die mortiere vorentoe beweeg, binne sig van die vyand. Die oomblik toe hulle in aksie kom, gooi die vyand twee mortierbomme tussen hulle ... Die helfte van hulle peloton is toe afskryf ...

"Hulle is uitgedra deur ander manne en ons het toe sommer in die donker daar 'n hospitaal gestig en die outjies daar verpleeg en hulle die volgende oggend daar uitgevlieg vanaf 'n klein vliegveldjie so 'n klein bietjie verder terug ...

"Ons het toe in die nag ander stellilngs ingeneem (en) die mortoere hergroepeer. Ek het besef dat om die 'heel' manne sielkundig reg te kry, moet ons hulle so gou moontlik besig hou. Toe  het ek gesê: 'Raait! Kan julle môre-oggend skiet?'

"Toe sê (lt. Aucamp) hy groepeer gou sy mag; môre-oggend sal hy skiet ...

"Toe het ons hulle geskuif en die infanterie wat voor vasgepen was, geskuif en daardie nag het ons die artillerie vorentoe gebring. Dit was die eerste en enigste keer wat die artillerie deur ons gebruik is."

Artillerie? Ja, uiteindelik. Vroeër daardie dag (12 November) het die Lugmag vier 25-ponder-kanonne, beman deur dienspligtiges van 14 Veldregiment, op Benguela afgelaai en hulle is sonder versuim n a Novo Redondo gebring.

Saam met die kanonne was daar 'n peloton infanteriste en hierdie manne het Van Heerden soos 'n mensvreter gadegeslaan. 'n Enkele peloton is nou nie juis massaversterkings nie, maar in die land van die blindes is Eenoog mos koning! Maar, onthou hy, "toe sê hulle nee, die infanterie is daar om die kanonne te beskerm!". Sy teleurstelling is egter gesalf deur die aankoms van nog mortierbemannings.

Een van Van Heerden se offisiere stel voor dat 'n groep Zulu-manne gedurende die nag 'n flankaanval op die vyandelike stelling uitvoer. Van Heerden oorweeg dit en besluit daarteen.

Om voort te gaan met sy vertelling: "Die volgende oggend toe h et ons nou 'n lekker slag daar, want toe dink die vyand ons sit nog waar hulle ons die vorige middag vasgespen het. Toe ons hulle met die artillerie begin bestook, toe dink hulle dit is nou met ons mortiewe wat ons hulle bestook.

"Toe skiet hulle waar die mortierew as (maar) ons sit toe omtrent 2 000 meter verder terug ... Die vyand (skiet) met hulle 122 mm-vuurpyle die wêreld aan die brand daar voor waar niks is nie en ons het hulle goed met die artillerie gelooi ...

"Ons het hulle stellings gou geïdentifiseer; orals op die hoë grond langs het hulle van hierdie vuurpylrigters gehad. Dit was eintlik 'n baie sterk stelling gewees, maar gelukkig het ons toe nou die artillerie met 'n klompie van hierdie lugbars gehad en dit was vir hulle 'n totale verrassing, want ons het dit nie tevore gehad nie.

"Ons het toe ons aandag gespits op hierdie vuurpyle. Elke keer as ons hulle opstel, dan looi ons hulle. Dan skuuif hulle, dan looi ons hulle weer. Toe het ons daar in die algemene gebied van die stellings 'n klompie lugbars geskiet. Dit het gemaak dat die manne toe nie meer lus vir die ding was nie. Ons het toe die stelling verower en opgeruim met infanterie en pantserkarre."

Die slag is verby. 'n Klein geveggie, maar 'n belangrike een. En een wat Van Heerden nooit sal vergeet nie, want een van die gewonde dienspligtiges het beswyk. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat in die hele ongelooflike jaagtog in aksie dood is.

Die vyand gee pad oor 'n brug wat die malende vloedwaters van die Quicombo span. Heeltemal onverwags in 'n oorlog waar feitlik elke brug vroeër of later die lug ingeblaas word, bly staan hierdie een. Eers later sal die Suid-Afrikaners die rede hiervoor kry.

Van Heerden inspekteer die stelling en vir die eerste keer waardeer hy nou die vyand se vernuf: "Dit was 'n boeie goed gekose stellilng ... Gode sy dank, ons het nie (die nagaanval) probeer nie, want toe ons ...kyk hier waar die rivier deur die berg gaan, was daar loodregte kranse; seker so 300 voet ... As hulle in die nag daar geloop h et, dan sou die kêrels daar in die rivier geval het. Hulle sou in elk geval nie by die stelling kom kom nie.

Die sappeurs gaan kyk na die brug. Hy staan nou om 'n heel ongelooflike rede; die rivierwaters is so hoog dat die vyand nie die pilare met springstof kon bykom nie. Daar lê 'n klompie rotse op die pad as gevolg van 'n mislukte poging om die brug toe te gooi deur 'n uitsnyding op te blaas. Dié rol Zulu se manne maklik eenkant toe en Van Heerden is op pad na Nova Redondo.

Op 14 November is hy daar. Die Zulu-manne vee die rante aan weerskante van Novo Redondo en gaan die hawedorp toe binne. die MPLA en Kubane bied slegs geringe weerstand en retireer toe weer. Zulu skiet by wyse van aanmoediging 'n bietjie agter hulle aan, maar sit hull nie agterna nie, want nou moet daar sorgvuldig planne beraam word.

Is die volgende doelwit Porto Amboim in die noorde, of Gabela in die ooste? Voordat Van Heerden besluit, laat verken hy in albei rigtings.

Noorde toe lyk dit sleg, rapporteer sy verkenners. Al die brûe oor die Queve-rivier is opgeblaas en op die noordelike oewer sit die MPLA en Kubane in formidabele stellings. Om Porto Amboim self te bereik, lyk na 'n selfmoordstorie. Daar is net een toegangsroete, naamlik die pad van Novo Redondo af, want as gevolg van swaar reëns is die wêreld rondom heeltemal onbegaanbaar. As jy dit probeer "(looop jy) tot by jou bors ... in die modderwater," vertel Van Heerden vandag. "Die kanonne k on toe ook nie ontplooi nie, anders is hulle onder water."

En om totaal padgebonde te wees, is takties ongesond. Enige vertragingstelling van die vyand kan jou in die wiele ry en omdat jy nie van die pad af kan ontplooi nie, kan hy jou te enige tyd flenters skiet.

Geen wonder dus, dat "ons toe nie kans gesien (het) om hier iets te probeer nie".

Gabela, aldus die verkenners, lyk effens meer belowend. Die pad is altans beter en dit is moontlik om binne twee kilometer van die rivier te kom voordat die verdedigers jou gewaar.

Maar die struikelblokke is groot. Die brug oor die rivier is geblaas en aan die ander kant is daar stellings wat deur blankes beman word. Kubane! 'n Poging daar sal beteken dat 'n nuwe brug gebou sal moet word onder die moorddadige vuur van die Rooi-oë en daarvor is Van Heerden nie lus nie. Hy het nòg die middele o m 'n brug te bou, nòg die regte soort mannekrag.

Van Heerden besluit om Rundu te nader met 'n versoek dat een kompanie valskermsoldate met eerste lig anderkant die rivier afgegooi word. Terwyl hulle van daardie kant die stellings aanval, sal Zulu se mense oor die rivier sukkel.

Die versoek word egter afgekeur en vir praktiese doeleindes is dit die einde van Taakmag Zulu se jaagtog. Van Heerden en sy manne keer na Novo Redondo terug "en daar sit en stagneer ons", taamlik bekommerd omdat al die brûe opgeblaas is.

Toe kry hy die opdrag om na Cela, suidoos van Gabela, te beweeg. Brig. Schoeman is nou self op Cela en 'n grootskaalse h erorganisasie vind plaas. Taakmag Zulu - Van Heerden se Zulu - verdwyn; sy troepe word tot "veggroep Bravo" hetdoop en toe met Veggroep Foxbat in 'n nuwe "Taakmag Zulu" opgeneem.

Maar in hierdie nuwe Zulu sou Van Heerden geen rol speel nie; sy tyd in Angola was verby. Hy pak sy min wêreldse besittings en vlileg terug Waterkloof toe. Rommel, die sluwe bosvegter, het verdwyn; uit sy asse verrys Koos van Heerden, weer eens die sobere brigadebevelvoerder van Vereeniging.

Harde dae het nog voorgelê, van die kwaaiste gevegte van die hele veldtog. Die Suid-Afrikaners sou die een militêre oorwinning ná die ander behaal - en toe verplig word om dit alles prys te gee weens politieke oorwegings.

Maar dit is 'n ander storie wat op 'n ander geleentheid vertel sal moet word. Zulu se rekord bly staan en dit sal lank wees voordat iemand dit kan klop. Tussen begin- en eindpunt was daar 3 159 kilometer. Van Heerden en sy veelkleurige taakmaggie het daardie kolossale afstand in net mooi 33 dae afgelê. Dis 'n verhaal wat mens aan jou kleinkinders gaan vertel.

Willem Steenkamp

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne

Rubicon Pers, Kaapstad

ISBN 0 947 00606 0