My Volk
Die Trekpad van 'n Nasie


Dis heerlike lente

 

Dis heerlike lente, die winter's verby;
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o!

 

Theo W. Jandrell (*19 Augustus 1888 - 1968) was ’n Afrikaanse onderwyser en inspekteur van skole, wat ’n groot bydrae maak met die kinderversies en liedjies wat hy geskryf het. Talle van sy liedjies is in die FAK-sangbundel opgeneem en is baie bekend.

Theodore Walter Jandrell is op 19 Augustus 1888 op Richmond in die Kaapkolonie van Engelse ouers gebore. Sy grootvader, die landmeter Benjamin Jandrell, het hom in 1824 vanaf Liverpool in Engeland in die Kaap gevestig en in die vyftigerjare na Cradock verhuis. Hiervandaan het hy gereeld na die Vrystaat gereis om Voortrekkers se nuwe plase op te meet. Sy vader is Alexander Christian Jandrell, wat as jong man by ’n bank op Graaff-Reinet werk, maar later ’n betrekking opneem by die firma Mortimer en Kie op Richmond.
Theo ontvang sy skoolopleiding aan die publieke skool op Richmond, waar dr. W.J. Viljoen ook skoolgegaan het. In 1907 gee hy onderwys en gaan dan in 1908 na Wellington Boys High, waar hy matrikuleer.

In 1909 lê hy die Onderwyserseksamen O3 van die Kaapprovinsie met sukses af en studeer daarna verder aan die Victoria Kollege op Stellenbosch. Vanaf 1912 tot 1913 gee hy onderwys op Richmond en vanaf Julie 1914 tot 1920 in die distrik Wakkerstroom in die Transvaal, waar hy prinsipaal is van Driepoort en Sandspruit, twee klein skooltjies. Hier neem hy leiding met die invoer van Afrikaans as onderrigtaal, maar omdat daar nie genoeg kindergedigte vir opvoeding was nie, skryf hy self ’n groot aantal gediggies. In 1921 word hy hoof van die Laerskool Pionier op Volksrust, ’n betrekking wat hy beklee totdat hy in 1940 aangestel word as Inspekteur van Onderwys in Pretoria. Hierna is hy inspekteur vir Waterberg en daarna Wolmaransstad en omgewing, waarna hy aan die begin van 1945 na die Oos-Randse Inspeksiekring verplaas word met hoofkwartiere  op Boksburg.

Hy publiseer sy kindergedigte in die bundels Die ou murasie en ander gediggies (vir die hoër klasse van die laerskool) en Moeder en kind en ander gediggies (vir die junior klasse van die laerskool). Van sy kinderverse word opgeneem in die versamelbundels Nuwe Kleuterverseboek en My Afrikaanse verseboek en Pirow Bekker neem daarvan ook op in Digters op die toring. Later versoek mnr. Alers hom om behulpsaam te wees met die saamstel van leesboekies in die Jong Suid-Afrika reeks.

 
 
 
 
Mail
Call