Ons wil die Koning sien

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel EEN

deur Arthur S. Maxwell

Oom Attie se Slaaptydstories

Noudat ek van daardie fees gepraat het, dink ek aan iets anders wat ek julle wou vertel het - van die dag toe ek Londen toe gegaan het om die Koning van Engeland te sien.

Ek het vieruur daardie môre opgestaan om 'n goeie staanplek te kry vir die optog daardie middag. Teen vieruur daardie middag, twaalf uur later, was ek net so gretig om die Koning weer te sien asof ek hom nog nooit tevore gesien het nie. Dus het ek koersgevat, saam met baie ander, na Buckingham-paleis.

Daar aangekom, het ek 'n paar duisend mense gevind wat daar gevag het en sommiges het gesê dat die koninklike gesin binne 'n paar minute op die balkon sou verskyn. Dus het ek toe die beste staanplek moontlilk gekry en begin wag.

En wag. Ja. Hoe lank het dit nie vir my gelyk nie, want my rug het gevoel of dit wou breek.

Nadat 'n driekwartier verbygegaan het, het party mense begin sê dat die Koning sekerlik binne 'n paar minute sou verskyn, want hy drink gewoonlik tee om vyfuur en hy sou tog voor daardie tyd verskyn.

Maar hy het nie. En toe begin die mense sê dat hy sekerlik onmiddellik nadat hy tee gedrink, sou verskyn. Maar nog het hy nie.

Die groot wyser van my horlosie het nog nooit so stadig beweeg nie. Baie, baie stadig het dit beweeg tot tien minute voor ses.

"Hy kom om sesuur uit," het iemand gesê en dadelik het die gerus soos 'n veldbrand deur die menigte versprei, asof die koning self die woorde gesê het.

Maar sesuur het verbygegaan en daar was nog nie die minste teken van beweging op die balkon waarop alle oë gerig was nie.

Halfsewe, kwart voor sewe, sewe-uur. Nog het niemand verskyn nie. Die mense het steeds vorentoe gedruk. Party het moeg geword en geloop, maar honderde het gewag om hulle plekke te kry en hulle het ingedruk.

"Die Koning eet om half-agt," het 'n vrou gefluister wat voorgegee het dat sy weet wat die Koning doen en hoe laat hy dit doen. "Hy sal voor daardie tyd uitkom."

Maar hy het nie.

"Hy saai om agtuur uit," het iemand anders gesê, "en ek weet hy sal voor daardie tyd kom."

Maar agtuur het verbygegaan - en halfnege, en nege-uur. O, my rug! Maar ek het besluit dat al kom hy eers middernag, ek daar sou wag om hom te sien.

Teen hierdie tyd was die massa mense so dig dat dit amper onmoontlik was om jou tussen hulle te beweeg. Mense wat mos beweeg, het die lyf maar skeef gehou.

Skielik het daar 'n geskree opgestyg. Kyk!

Ja, daar was 'n beweging agter die balkon. 'n Deur het oopgegaan. "Hy kom!" het 'n vrou langs my geskree, terwyl sy my arm gryp van opgewondenheid.

Maar die deur het toegegaan en die figuur wat dit oopgemaak het, het verdwyn.

"A-aagg," het die skare gekreun en teruggesak om maar nog te wag.

Die deur het weer oopgegaan. Ja! Albei deure! Iemand het balkon toe gekom! Hiep-hiep....

Maar dit was net 'n bediende wat na die ligte kom kyk het. Nadat hy alles deurgekyk het, het hy ook teruggegaan en die deur agter hom toegemaak.

"A-aagg," het die mense weer gekreun.

'n Paar minute later het die deur weer oopgegaan. Die mense het amper mal geword van opgewondenheid. Die vrou langs my het gedans en gespring. Sy het van Manchester af gekom, spesiaal vir hierdie geleentheid. Nou sal hy tog - maar dit was maar weer net 'n ander bediene wat gestuur was om alles op die balkon reg te skuif. Gou het hy ook weer verdwyn. Die deur het agter hom toegegaan.

Weer het die mense gesteun. Gaan die Koning dan nooit sy verskyning maak nie?

Kwart oor nege.

Skielik het iemand uitgeroep: "Ons wil die Koning sien!" 'n Groep aan my regterkant het ook begin skree. Toe 'n ander groep aan my linkerkant. Toe lyk dit of almal gelyk skree. Harder en harder, oor en oor, het die geroep van daardie groot see van gesigte gekom wat in die donker opgekyk het na die leë balkon.

"ONS - WIL - DIE - KONING - SIEN!"

Ek het gewonderh oe iemand so 'n geroep, so opreg, so eenparig, van 'n honderdduisend mense kon weerstaan. Daar moes iets baie belangriks wees wat die Koning nie na die balkon kon laat kom nie.

Ek het weer na my horlosie gekyk. Dit wat halftien.

Ligte naby die balkon is aangeskakel. Hoera! Hy kom seker nou gou! Ja, hy moet!

Harder en harder het die geroep geword: "Ons wil die Koning sien!"

Alle oë was op die balkon gerig.

Ja, dit het tog gelyk of daar beweging in die agtergrond was. Dit het gelyk of die binnedeure weer oopgegaan het. Ja, hulle het. En toe die buitenste deure! Ek het asem opgehou. 'n Stilte het oor die hele skare gesak. Was dit die Koning wat nou kom? Ja, dit was! Eindelik het hy gekom. En die Koningin langs hom, heeltemal in wit geklee. Watter onvergeetlike oomblik!

'n Dawerende getuig het losgebars en jy het net hande en hoede en sakdoeke sien wuif. Vaak kinders, wat al lankal in droomland moes gewees het, is deur hul ouers opgehou om die Koning en Koningin te kan sien, sodat die herinnering aan daardie opwindende toneel hulle die hele lewe lank kon bybly.

Het ek gejuig? Totdat ek hees was. En dit het al die ander ook gedoen. Ons was so bly om die Koning te sien.

Maar weet jy, toe die skare so aanhou juig of hulle nooit gaan ophou nie, het 'n snaakse gedagte by my opgekom. Ek het skielik aan die belofte van Koning Jesus gedink dat Hy weer sal terugkom en ek het gewonder of al hierdie mense om my net so bly sou wees om Hom te sien kom.

Deur die eeue het die mense dikwels gesê - natuurlik was hulle verkeerd - dat Jesus op 'n sekere dag sou kom en Hy het nie gekom nie. Daar was al baie vals alarms. Deure het oopgegaan en weer toe. Baie mense het ook al moeg geword oor Sy vertraagde koms en het opgehou om daarna uit te sien en te wag. Hulle het weggegaan en gesê "Hy sal nooit kom nie, dit help nie om langer te wag nie."

Maar andere wat die Here liefhet, het by die skare aangesluit en die plekke ingeneem van dié wat mismoedig geword het, sodat daar vandag nog 'n groot menigte oor die hele wêreld is wat opkyk, as't ware na die balkon van die hemel en wag en verlang.

En eendag sal die deur oopgaan - Jesus sal kom. Niemand weet die dag of die uur nie, maar die vervulling van die beloofde tekens, die vure van die profetiese bakens, skyn aan te dui dat ons nie meer lank sal wag nie of ons sal ons Koning sien kom.

En dan? Sal jy juig? Sal jy regtig bly wees om Hom te sien? As jy nou aan Jesus dink, kan jy met 'n eerlike hart sê "Ek wil die Koning sien"?

Ek h oop jy kan, want Hy kom weer om Sy kinders bymekaar te maak, om hulle na hul heerlike hemelse huis te neem waar daar vir ewig net vreugde en geluk gaan wees. Hy het wonderlike planne vir almal wat Hom liefhet, planne wat hulle gedurig verbaas sal laat staan van vreugde deur al die jare wat kom.

Ons moet dus gereed wees wanneer Hy kom en staan en wag en kyk. Ja, en gereed om hierdie woorde te k an uitroep wanneer ons die eerste teken van Sy verskyning sien: "Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos." (Jes. 25:9)