Wat het Wilhelmina Jacoba Viviers, Zander Tyler, Francois van der Merwe, Louis Andreas Pepler, Henk Opperman, Jacobus Frederik Jersich, Sonia Nel, Ralph John Rabie en Thys Streicher in gemeen? Al hierdie bekende musikante gebruik verhoogname - en jy ken hul glad nie by bogenoemde doopname nie. Soos dit hierbo in hul identiteitsboekies verskyn nie.
Herken jy dalk vir Min Shaw hierbo? Of Bok van Blerk. Wat van Thys die Bosveld Klong? Johannes Kerkorrel of dalk selfs Ray Dylan. Ooit gewonder wat is Nataniël se regte naam!
Dit wil voorkom asof geen kunstenaar meer tevrede is met sy of haar naam nie, en sodra hul eerste CD in die CD-spelers begin draai (of selfs 'n bietjie vroeër), verskyn daar 'n interessante nuwe naam op die kassie - 'n naam wat nie deur familie en vriende by die huis herken word nie. Die uiterste geval van naamsverandering is sekerlik die van die man wat as Prince Rogers Nelson gebore is. Dit was Prince se werklike geboortenaam in 1958, voordat al die speletjies en pret begin het...
In 1993 het PRN sy naam verander na 'n onskryfbare simbool, en daarna was hy alom bekend as Symbol (want so waar as padda manel dra, die simbool was ook onuitspreekbaar). Hy het dit opgevolg met The Artist Formerly Known As Prince, en die naam afgekort tot TAFKAP, met The Artist as alternatief. Toe mense hulle nie aan die rondomtalie wou steur nie, het hy die naam terug verander na Prince - maar nie voordat hy eers gedreig het om Britney Spears te word nie...
'n Interessante brokkie oor Die Bogemelde Kunstenaar is dat hy die klawerbord, kitaar, tromme, saxofoon en minstens 10 ander instrumente kon bespeel teen die tyd dat hy klaar was met sy Hoërskool loopbaan.
Kyk wie het nog vir hul 'n verhoognaam aangeskaf
Abel Kraamsaal - Abel Strydom
Adam Tas - Francois van der Merwe
Alan Ladd - Louw Wessels
Alexis - Nicole Williams
Appel - Christoph Kotzé
Bacchus Nel - Stephen Nel
Ben E. Madison - Ben Blignaut
Bernoldus Niemand - James Phillips
Billy Forest - William Charles Broadman
Bles Bridges - Lawrence John Gabriel Bridges
Bobby Angel - Robert Engelsman
Bobby van Jaarsveld - Pieter van Jaarsveld
Bok van Blerk - Louis Pepler
Bones Brettell - Ronald Brettel
Bonnie Tyler - Gaynor Hopkins
Brendan Jury - Brendan Smit
Chris Chameleon – Chris Mulder
Chris de Burgh - Christopher John Davidson
Clive Bruce - Clive Bruce Bergman
Crocodile Harris - Robin Graham
Dana Winner - Chantal Vanlee
Danny K – Daniel Koppel
David Marks - Spiros D Markantonatos
Dollar Brand - Adolphus Jhannes Brand
Die Baron - Daniel Lukas Heyneke
Die Kavalier - Malcom Watson
Die Troebadoer - Ed van Wyk
Dolly Parton - Dolly Rebecca Parton Dean
Dozi – Henk Opperman
Elton John - Reginald Kennet Dwight
Elvis Blue - Johan Hoogendyk
Eve Boswell - Eva Keleti
Eva Morgan - Desireé Hennings
Francois van Coke – Francois Badenhorst
Fredi Nest - Fredi Nester Esterhuizen
Freddy Mercury - Farrokh Bulsara
Gene Rockwell – Gert Francois Smit
Geoff St John - Geoffrey Jacobs
Gerhard Steyn - Gert Potgieter
Gian Groen - Gideon Hanekom
Glenys Lynne - Genys Lynne Mynott
Jan Bloukaas - Jean du Plessis
Jean-Michel Byron - Byron du Plessis
Johannes Kerkorrel - Ralph John Rabie
Joanna Field - Joan Elizabeth Lubbe
Jack Parow – Zander Tyler
Jak De Priester - Jaco Papenfus/Jaco Voster (nie seker nie)
James Blunt - James Hillier Blount
Jan Blom - George Harry (Jorrie) Kymdell
Jay - Jaco du Plessis
Jo Black - Jo Engelbrecht
John Ireland - John Griffith
Jonathan - Rikus de Beer
Joshua na die reën - Jacques de Villiers
Karen Zoid – Karen Louise Greeff
Koos Kombuis - André le Roux du Toit
Kupido – Johan Mattheus Wessels
Kurt Darren – Kurt Johan Van Heerden
Lance James – Lance James Liebenberg
Lianie May - Lianie Oosthuizen
Martin Lane - Thinus Esterhuizen
Maritza - Brenda Du Preez
Min Shaw - Wilhelmina Jacoba Viviers
Nadine - Nadine Hoffeldt
Nataniël – Niel Le Roux
Neels Moir - Neels Boshoff
Nianell - Sonia Nel
Petula Clark - Sally Olwen Clark
PJ Powers - Penelope Jane Dunlop
Ray Dillan - Jacobus Frederik Jersich
Sally Vaughan - Susarah Viljoen
Shania Twain - Eileen Regina Edwards
Snotkop – Francois Henning
Thys die Bosveldklong - Thys Streicher
Tommy Dell - Thomas Albert Berry
Tommy Oliver – Tommy Oliver Hollamby
Valiant Swart - Pierre Nolte
Vicky Leandros - Vassiliki Papathanasiou
Virginia Lee - Virginia de Jager
Worsie Visser - Hermias Cornelius Visser
Wynand Windpomp – Wynand Burger
Yoti Die Griekse Boertjie - Panayoti Loizos