Onbedagsame Tom

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

"Kyk hoe lyk jou skoene, Tom!" het sy Ma kwaad gesê. "Jy het alweer in die modder voetbal gespeel. Jy kan nie weer na ete met daardie skoene skool toe gaan nie. En kyk na jou klere - jy is die ene modder! Jy is 'n vreeslike stoute kind!"

Tom het baie verleë gelyk. "Ek is baie jammer," het hy gesê.

"Dit help nie om net jammer te wees nie," het sy suster Kittie gesê, "dit sal nie die modder van jou klere afkry nie."

"En jy hoef nie daardie toontjie aan te slaan nie, Kittie. Die hele more al is ek besig om goeters weer op hulle plek te sit, wat jy sommer orals laat rondlê het. ek het nog nooiot twee sulke onbedagsame kinders gesien soos julle twee nie," het Mammie gesê.

"Is die ete klaar?" het tom gevra om die onderwerp te verander.

"Hoor nou weer daar!" het Mammie aangegaan, "jy wil jou kos op tyd hê, maar jy dink nooiot aan al die ekstra werk wat jy my gee net omdat jy so onbedagsaam is nie."

Natuurlik was die ete betyds gereed en Kittie en Tom het heerlik geëet terwyl Mammie haar bes probeer het om die modder van Tom se klere af te kry sodat hy nie laat vir skool sal wees nie.

Die ete was gou verby en Tom is daar weg met 'n vol maag en 'n leë kop, want hy het alles vergeet wat sy Ma gesê het. Maar hy sou eerlank 'n les leer wat hy nie gou sou vergeet nie. Dit het sommer nog die volgende  dag gebeur.

Girts!

Tom  het in 'n boom in die park geklim toe hy voel dat iets hom steek. Hy het sommer gelos en deel van sy broek het in die boom agtergebly. Dit was 'n lelike skeur en hy het huis toe gehardloop so vinnig soos hy kon, terwyl hy met sy een hand probeer het om die skeur toe te hou. Hy kon raai wat sou gebeur wanneer hy tuiskom. Maar hy het hom vergis.

"Ag, Kittie," het Tom uitgeroep, "kyk hoe  het ek my broek geskeur! Waar is Mamma?"

"Stil," het Kittie gefluister, "Mamma is in die bed. Sy het skielik siek geword en ons moes die dokter laat kom. Hy het gesê dat sy ten minste drie weke in die bed sal moet bly."

"Op die aarde!" het Tom uitgeroep, "en wat gaan van ons word?"

"Ons sal moet aansukkel so goed as ons kan, Boetie."

"Maar wat van my broek? Dit moet heelgemaak word voordat ek skool toe gaan. Ek gaan nou na Mammie toen."
"Nee, moenie na haar toe gaan nie. Die dokter het gesê dat Mamma nie lastig geval moet word nie."

"Maar my broek moet heeltemaak word!" het Tom kwaad gesê.

"Wel, dan sal jy dit self moet heelmaak."

"Jy weet goed ek kan nie."

"Wel, Mammie sal dit ook nie kan doen nie. Ek sal dit seker moet doen."

Dit was asof Kittie skielik die verantwoordelikheid besef het wat nou op haar gerus het. Saam het hulle twee darem daarin geslaag om die groot skeur te lap. En daar was die ete om te berei - hul eie ete. Nks was nog klaar nie, daar was niks gekook nie en daar was ook maar min kos in die kas.

"Ek sal gou iets gaan koop," het Kittie gesê, "as jy solank die tafel sa dek."

Dit was 'n nuwe ondervinding vir hulle albei. Tom was vreeslik honger teen die tyd dat Kittie teruggekom het, maar hy het besef dat dit nie sou help om teen haar te kla nie. Hulle het hul kos in stilte geëet. Toe moes hulle die skottelgoed was. Daar moes ook 'n briefie aan die onderwyser geskryf word om te sê waarom Kittie uit die skool moes bly. Daar was so baie dinge om te doen!

"tom, jy sal vroeg huis toe kom om my te help, sal jy nie?" het Kittie gesê toe Tom daar weg is skool toe.

Tom het nog nooiot so vroeg huis toe gekkom nie, teen wil en dank moes hy maar die voetbalspeel vergeet.

"Hoe gaan dit met Mamma?" het hy gevra.

"Maar nog so," het Kittie geantwoord,.

"Wat wil jy hê moet ek doen?" het Tom gevra.

"O Tom, ek het nooiot geweet dat daar soveel is om te doen nie. Ek was nog altyd besig vandat jy hier weg is en dit lyk of ek nog niks klaargekry het nie. Gaan haal bietjie steenkool," en toe het sy begin huil.

"Dit sal nie help om te huil nie, Kittie."

"Ek wens dat Mammie gou gesond word," het sy huilend gesê.

"Natuurllik sal sy," het Tom gesê in 'n poging om haar te troos. "Ek sal maar nou die steenkool gaan haal."

Met verlop van tyd het Tom die beste sy van sy karakter geopenbaar. Hy was nie meer so onbedagsaam nie, want daar was niemand op wie hy dinge so maklik kon afskuif nie. Daar was net Kittie en hy gevoel dat sy al die hulp nodig het wat hy kon geen. Kittie self het geleer dat sy nie langer kon verwag dat iemand altyd agter haar moes loop om dinge op hul plek te hou nie. Wat sy nou rondgegooi het, moes sy maar self weer gaan optel. Daar was nie meer 'n gekla oor die kos nie, want dit was kos wat hulle self gekook het. As dit nie altyd lekker was nie, dan was dit hulle eie skuld.

Eindelik was Mammie weer op die been. En hoe bly was daardie twee kinders nie! Nie net omdat Mammie gesond was nie, maar omdat daar weer iemand was om hulle te help met hulle laste.

Mammie was baie in haar skik oor die manier waarop die twee huisgehou het terwyl sy siek was. Maar sy was die meeste verras oor tom.

"Wat het die onbedagsame tom oorgekom?" het sy laggend gevra toe sy hom sien h outkap, steenkool aandra, skottelgoed was en selfs help ertappels skil."Dit is mos nie dieselfde seun wat ek eers gehad het n ie. Die ou Tom is weg - hy het heeltemal verdwyn. Ek sal hom nou maar Bedagsame Tom moet noem," het Mammie bly en trots gesê

Om die dam Perderoete