Onderstepoort Perderoete (Pretoria): Inskrywingsvorm

Arnold Theiler Memorial Ride Onderstepoort (Pretoria) Entry Form

19 Junie 2021 (Saterdag/Saturday) + 20 Junie 2021 (Sondag/Sunday)

MAAK DUIDELIK SEKER | Booking Time









Onderstepoort Perderoete #KultuurAvontuurKamp is slegs 11km buite Pretoria op die Onderstepoort pad. 'n Veeartsenykundige navorsingsentrum buite Pretoria. Dit is deur Sir Arnold Theiler gestig as gevolg van die runderpes wat in 1896 uitgebreek het. Hy het dit ontwikkel tot een van die suksesvolste inrigtings van sy soort in die wêreld. Hier word ook endstowwe geproduseer. Die Veeartsenykundige Fakulteit van die Universiteit van Pretoria is hier gevestig. Onderstepoort Horse Trails #KultuurAvontuurKamp is only 11km from Pretoria on the Onderstepoort road. A veterinary research centre outside Pretoria. It was founded by Sir Arnold Theiler due to the Runderpest that broke out in 1896. He developed it into one of the most successful institutions of its kind in dhe word. The Faculty of Veterinanry Medicine of the University of Pretoria is located here as well.  

Wil u deel wees van ‘n onvergeetlike ervaring wat nie net geskiedkundig is nie, maar ook sommer lekker  – want die uitstappie is te perd. Hoeveel keer het jy jouself voorgeneem om nog eendag so iets te doen, veral saam met jou kinders? Dink wat dit vir hulle sal beteken. Hier is jou kans– lees verder. Geen ry-ervaring is nodig nie, dis veilig, dis pret en sommer ook leersaam. Nou hier is die geleentheid om al jou sintuie in te span sonder vermoeienis. Voel, ruik proe, sien en hoor die veld, die natuur... en beleef die krag, soepelheid en energie van 'n perd! 

Ons kampterrein is ‘n plaas in die Bosveld en ja, daar is selfoonopvangs. Die omringende areas is Akasia en Rosslyn en Pretoria Noord.  Kostes vir hierdie perdry-ervaring is slegs  R150 per persoon. Die hele proses van aankoms - stalle - opstel - rit - afsaal - groet duur ongeveer 100 minute waarna jy rustig kan ontspan . Bring ‘n koelhouer met jou eie middagete of KUIER heerlik by die stalle of om die dam. NB!! 'n Administratiewe (hanteringsfooi) van R11 per persoon word by u faktuur gevoeg. Our campsite is a farm in the Bushveld and there is cellphone reception. The surrounding areas are Akasia and Rosslyn, as well as Pretoria North. Costs for this equestrian experience are only R150 per person. The process, from arrival - stables - setting - ride and disembarking, takes about 100minutes. Bring a coller and visit the stables before and after your ride. NB! An administration fee (handling fee of R11 per person is added to your invoice. 

Wie gaan jy kry? Of, wie gaan jou kies? Bismark, Boerman, Boesman, Einstein, Kesha, Romeo of Valiant.

Die Sondagroete is vir 3 ure (180 minute). Uitrit vir 'n uur. R270 Ontspan by 'n Hotel / Restaurant / Dam vir 'n uur, met nog 'n uur vir die terugrit. Hierdie is 'n LAID-BACK-SUNDAY roete! Ek kan dit beslis aanbeveel. Bring jou beursie vir 'n koeldrank / roomys / drankie / versnappering tydens die RIT!! #Kinders bo 16. NB!! 'n Administratiewe (hanteringsfooi) van R21 per persoon word by u faktuur gevoeg. As jy iets spesiaal vir iemand wil doen, sal dit die ideale geskenk of bederf wees!! The Sunday route is for 3 hours (180 minutes). Exit for an hour. Relax at a Hotel / Restaurant / Dam for an hour, with another hour for the return trip. This is a LAID-BACK-SUNDAY route! I can definitely recommend it. Bring your wallet for a cool drink / ice cream / drink / snack during the OUTRIDE!! NB !! An administrative (handling fee) of R21 per person is added to your invoice. If you want to do something special for someone, it will be the perfect gift or treat !!

Om deel in hierdie ervaring en pret – jy sal nie spyt wees nie en die kinders sal gaande hieroor wees..... gun hulle dit.  Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie – dis deel van ons Boerekultuur en ‘n belewenis wat jy altyd sal onthou. 

LW: Onmiddellike verwydering van perseel:  Dwelms en ‘n Bloubultrui of ander Bulls-aandenkings....! 

Vraag en Antwoord (Q & A)

Hoe lank duur dit?

Vandat jy by die stalle opdaag, todat jy deur die Bewarea area beweeg en afklim by die stalle, neem ongeveer 100 minute. Jy kan 30 minute voor die aanvang van die rit opdaag en die perde leer ken. Jou en jou kind vertroud maak met die ervaring. So ook na die tyd. Bring 'n wortel OF 'n stuk vars brood (heel of half wat jy kan opbreek) vir jou perd(e) en spandeer nog 'n halfuur om hul te streel, te voer en die absolute natuurskoon (en plattelandse stilte) van Onderstepoort. Bring 'n kampstoel saam, en gee jou kind die geleentheid om die ERVARING ten volle te geniet (sonder haas).  


 

Wat moet ek dra?

Langbroek. Ordentelike stapskoene of tekkies. Kaalvoet of sloffies word nie toegelaat nie. Hier is vier Perde-hoofbeskermers (hoed). Dra verkieslik 'n hoed wat vasbind en nie sal afval of afwaai met galop nie. Die perd / jy as ruiter gaan verby 'n groot dam. Hulle is lief vir water en stap in om te drink. Dra ou klere. Hoe dieper jy ingaan, hoe meer hou die perd daarvan.


 

Wat gebeur op die rit?

Moenie bang wees nie. Jou perd ken die roete. Vra vrae, sodra jy rustig geraak het. Die 1 gids ry voor, en die 1 gids ry agter. 'n Derde (en soms 4de gids beweeg tussen deur (as hy betrokke is) - afhangende van die grootte van die groep. Sommige perde hou van (dring daarop aan) om voor te ry. Ander is gemaklik in die ketting. Jy sal vinnig sien wat jou perd verkies. 

Ek is +Grootte

'n Perd kan met gemak 100kg gewig dra. En ons sal daarvolgens aan jou 'n perd toeken. As jy weet jy gaan sukkel met die op- en of afklim, praat asseblief met jou gids (hetsy 'n rugby-knie / gewig / rumatiek / seer rug). Asseblief. Ons help jou graag dat jy besering-vry die ervaring geniet en huistoe gaan. MOENIE stilbly en self probeer nie! Ons limiet per deelnemer is 100kg.
Een van ons sale waarop jy gaan ry! Wees bevoorreg~!
Ons oudste ruiter vir die dag (@75). Vol glimlagte met die afklim! 
Hoe oud of jonk mag ry?

Ons oudste ruiter(s) was 'n paartjie van 89 en 90 jaar oud. Jou kind se VEILIGHEID is eerste prioriteit. AS jou kind kan perdry, is die minimum ouderdom 4 jaar oud. As dit die eerste keer is dat jou kind kom perdry, 'n minimum ouderdom van 5 jaar oud. 'n Onseker kind (5 of jonger) moet eerder saam met 'n ouer ry; mits die gewig in ag geneem word.

Hoep-Hoep Roep - Kleinfontein.mp3

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za