Onderstepoort Perderoete (Pretoria): Inskrywingsvorm
Kultuur Avontuur Kamp verwelkom Hartbeespoort Vories!
Onderstepoort Perderoete #KultuurAvontuurKamp is slegs 11km buite Pretoria op die Onderstepoort pad. 'n Veeartsenykundige navorsingsentrum buite Pretoria. Dit is deur Sir Arnold Theiler gestig as gevolg van die runderpes waqt in 1896 uitgebreek het. Hy het dit ontwikkel tot een van die suksesvolste inrigtings van sy soort in die wêreld. Hier word ook endstowee geproduseer. Die Veeartsenykundige Fakulteit vna die Universiteit van Pretoria is hier gevestig.
Wil u deel wees van ‘n onvergeetlike ervaring wat nie net geskiedkundig is nie, maar ook sommer lekker – want die uitstappie is te perd. Hoeveel keer het jy jouself voorgeneem om nog eendag so iets te doen, veral saam met jou kinders? Dink wat dit vir hulle sal beteken. Hier is jou kans– lees verder. Geen ry-ervaring is nodig nie, dis veilig, dis pret en sommer ook leersaam. Nou hier is die geleentheid om al jou sintuie in te span sonder vermoeienis. Voel, ruik proe, sien en hoor die veld, die natuur... en beleef die krag, soepelheid en energie van 'n perd!
Ons kampterrein is ‘n plaas in die Bosveld en ja, daar is selfoonopvangs, warm water, storte en ons taal is Afrikaans. Die omringende areas is Akasia en Rosslyn en Pretoria Noord. Kostes vir hierdie perdry-ervaring is slegs R150 per persoon. Die hele proses van aankoms - stalle - opstel - rit - afsaal - groet duur ongeveer 100 minute waarna jy rustig kan ontspan . Bring ‘n koelhouer met jou eie middagete of KUIER heerlik by die stalle of om die dam. NB!! 'n Administratiewe (hanteringsfooi) van R11 per persoon word by u faktuur gevoeg.
Kom deel in hierdie ervaring en pret – jy sal nie spyt wees nie en die kinders sal gaande hieroor wees..... gun hulle dit. Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie – dis deel van ons Boerekultuur en ‘n belewenis wat jy altyd sal onthou.
LW: Onmiddellike verwydering van perseel: Dwelms en ‘n Bloubultrui of ander Bulls-aandenkings....!
Vraag en Antwoord (Q & A)
Hoe lank duur dit?
Vandat jy by die stalle opdaag, todat jy deur die Bewarea area beweeg en afklim by die stalle, neem ongeveer 100 minute. Jy kan 30 minute voor die aanvang van die rit opdaag en die perde leer ken. Jou en jou kind vertroud maak met die ervaring. So ook na die tyd. Bring 'n wortel OF 'n stuk vars brood (heel of half wat jy kan opbreek) vir jou perd(e) en spandeer nog 'n halfuur om hul te streel, te voer en die absolute natuurskoon (en plattelandse stilte) van Onderstepoort. Bring 'n kampstoel saam, en gee jou kind die geleentheid om die ERVARING ten volle te geniet (sonder haas).


Wat moet ek dra?
Langbroek. Ordentelike stapskoene of tekkies. Kaalvoet of sloffies word nie toegelaat nie. Hier is vier Perde-hoofbeskermers (hoed). Dra verkieslik 'n hoed wat vasbind en nie sal afval of afwaai met galop nie. Die perd / jy as ruiter gaan verby 'n groot dam. Hulle is lief vir water en stap in om te drink. Dra ou klere. Hoe dieper jy ingaan, hoe meer hou die perd daarvan.
Wat gebeur op die rit?
Moenie bang wees nie. Jou perd ken die roete. Vra vrae, sodra jy rustig geraak het. Die 1 gids ry voor, en die 1 gids ry agter. 'n Derde gids beweeg tussen deur (as hy betrokke is). Sommige perde hou van (dring daarop aan) om voor te ry. Ander is gemaklik in die ketting.





