'n Geroep in die Nag

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Ons is vandag welbekend met die radio en luidsprekers en allerhande ander vreemde dinge wat niemand 'n paar jaar gelede seker van gedroom het nie. Byna elke huis vandag 'n radio. En hoe wonderlik is dit dat daardie toestelle ons die stemme van mense kan laat hoor wat duisende myle ver is!

Die programme waarna ons luister, om van die groot uitsaaistasies in verskillende dele van die land. Maar dikwels kan ons ook boodskappe hoor van skepe ter see of van vliegtuie. Daardie ta-te-ta-ta wat ons soms hoor, is gewoonlik boodskappe wat skepe in die Morsekode uitstuur. Mense wat hierdie kode verstaan, weet sommer maklik wat die kaptein van die een skip vir die ander sê.

'n Tyd gelede was daar 'n man in die suide van Engeland wat die gewoonte gehad het om na die boodskappe van skepe te luister. Dit was sy stokperdjie. Lank ná die uitsaaistasie gesluit het vir die nag, het hy na die boodskappe van die een skip na die ander geluister.

Een baie stormagtige nag het sy lugdraad gebreek. Hy kon toe maar gaan slaap het, maar hy het nie. Hy was so lief vir sy stokperdjie dat hy uitgegaan het, die groot boom in sy tuin waaraan die draad vas was, geklip en sy lugdraad weer reggemaak het.

Hy het nog skaars weer binne gesit en luister toe hy die herhaal S O S, die noodoproepsein, gehoor het. Dadelik was hy vol belangstelling. Die S O S - S O S - S O S het maar aangehou.

Skielik het hy besef dat daardie skip geen antwoord kry nie, want anders sou  hulle mos nie die sein so aanhoudend uitstuur nie. Terwyl die man nog so gesit en wonder het of ander skepe die sein gehoor het, het hy skielik die volgende woorde in gebroke Engels gehoor:  "Asseblief, almal, kom help!"

Die man het toe opgespring, na sy telefoon gehaas en die naaste radiostasie gebel en hulle gevra of hulle die noodsein gehoor het. Hulle het ook nee gesê. Toe het hy hulle gevra om te luister. Hulle het die boodskappe uitgestuur en ander skepe gevra om die uitsending van hul boodskappe 'n bietjie te staak. Toe het hulle die noodsein van die skip gehoor. Daar is dadelik hulp gestuur en die skep is gered.

Sowat 'n uur nadat daardie man die telefoniese gesprek met die radiostasie gehad het, het sy lugdraad weer gebreek in die storm. Dit was dus 'n bestiering dat hy dit die eerste keer herstel en die noodoproep gehoor het!

Dit mag vir ons vreemd lyk, maar ons kan seker wees dat God sake so beskik en bestier het om daardie skip in nood te red.

Net soos hierdie man met sy radio die noodoproep van daardie skip in die storm ontvang het terwyl die groot stasie te besig was om die noodsein te hoor, so kan selfs kinders - so klein soos hulle is - die roepstem in die nag hoor van siele wat in nood is en deur vriendelikheid kan hulle hulp en seëninge bring aan sulke "skepe" in nood.