Nellie se Wens

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Slaaptyd stories

Deel Vyf


deur Arthur S. Maxwell

Die skool was uit en dit was vakansie. Almal het na Kersdag u itgesien. Die tyd het vreeslik stadig verbygegaan vir die kinders. Dit het naderhand gelyk of Kersdag nooit sou kom nie. Buitekant was dit te koud om te speel en binnenshuis was daar niks te doen nie; die kinders was gedurig in Mammie se pad.

"Wat kan ons doen?" het Nelie aan haar suster Elsie gevra.

"Kom ons skryf daardie brief aan Vader Krismis waarvan ons gepraat het."
"Goed, ons kan dit doen, maar weet jy, ek dink dat Kersvader niemand anders is as Pappie nie wat homself vermon."

"Dink jy regtig so, Nelie?"

"Ja. verlede jaar het ek wakker gelê totdat iemand gekom het om iets in my koud te plaas en ek is seker dat dit Pappie in sy kamerjapon was."

Maar Elsie het gesê "Kom ons skryf maar darem die brief."

"Nou goed Elsie, dit sal pret wees. Waarvoor gaan ons vra?"

"Kom ons gaan haal eers potlood en papier sodat ons niks vergeet nie."

"Ek sal dit gou gaan haal" en Nelie het weggespring en toe sy terugkom het sy genoeg papier gehad vir 'n baie lang brief.

Aangesien Elsie reeds goed kon skryf, is dar besluit dat sy die brief moes skryf en dat Nelie haar sou help om die woorde reg te spel.

"Voor jy begin skryf, moet ons eers aan alles dink wat ons wil hê," was Nelie se voorstel.

Hulle het die saak toe bespreek en dit was sommer baie goed wat hulle wou hê. Elsie wou ' n doos verf, 'n babapop, 'n popwaentjie, 'n bal, lekkers, lemoene, appels en 'n klaviertjie hê. Nelie het groter planne gehad: sy het gevra vir 'n driewiel, 'n paar dik prenteboeke en 'n groot doos sjokolade en boonop nog 'n pop wat kan praat en haar oë kan sluit.

Nelie was bang dat Kersvader nie al die geod sou kon dra nie, maar Elsie het geantwoord "Ek is seker hy kan, sy sak is mos baie groot."

"Ja, en dit sal tog geen kwaad doen om alles neer te skryf nie, sê Nelie.

Hulle het toe maar alles neergeskryf. Elsie het die brief baie versigtig geskryf en alles onderstreep wat hulle wou hê. Eindelik was die brief gereed om in die koevert te kom. Nelie het dit weer sorgvuldig oorgelees van "Liewe Vader Krismis" af tot by "Ons hoop om u gou te sien." Toe het sy 'n suggie geslaak en die brief neergesit.

"Wat makeer, Nelie?" wou Elsie weet.

Nelie het 'n oomblikkie stilgebly en toe het sy gesê: "Ek dink die brief is baie selfsugtig."

"Waarom dan?"

"Omdat ons net vir onsself presente gevra het en vir niemand anders nie."

"Ja warlik, maar wat kan ons nou doen? Moet ons weer van voor af begin?"

"Nee Elsie, dit sal te lank neem, laat ons liewer 'n naskrif byvoeg."
"Wat vir 'n ding is dit?"

"Dis maar net 'n paar woorde onderaan."

"Wat sal ons daar skryf Nelie?"

"Ek wil baie graag hê dat sommige van die arm kinders by die skool ook presente moet kry soos die waarvoor ons gevra het."

"Ja, ek ook."

"Daar is byvoorbeeld Miem Jordaan, sê Nelie, "sy is 'n baie gawe meisie, maar haar Ma is so arm dat daar geen hoop is dat sy 'n Kerksgeskenk sal kry nie."

"Haai, regtig nie?"

"Nee, ek glo nie.:

"Nelie, kom ons vra dan dat sy iets moois moet kry, ek is seker dat sy ook 'n mooi pop sou wil hê."

"Ja, kom ons skryf dit neer en dan, dink ek, sal die brief goed wees," sê Nelie.

Elsie het versigtig geskryfL "N.S: Kyk tog asseblief dat arme Miem Jordaan ook 'n mooi pop kry." Toe het hulle die brief toegevou, dit in die koevert gesit, 'n posseël opgeplak en die brief aan Mammie gegee om vir hulle te pos.

Eindelik het Kersoggend aangebreek en ook die heerlike vooruitsig om kouse te ondersoek en na die presente te kyk wat daaruit gehaal word.

Nelie en Slei was so gelukkig as kinders maar kon wees. Elke keer wanneer hulle 'n pakkie oopgemaak het, was daar 'n nuwe uitroep van blydskap - veral as daar iets in was waarvoor hulle in die brief gevra het. Hulle het natuurlik nie alles gekry waarvoor hulle gevra het nie, maar darem genoeg gekry om hulle te oortuig dat Kersvader hul brief gekry en gelees het.

Maar vir Nelie het daar een ding ontbreek. Sy het niks gesê totdat sy eers al haar pakkies oppgemaak het nie. Daarna was dit of sy 'n bietjie bekommerd was. Sy het weer alles deursoek en toe het sy in die hangks en selfs onder die bed gekyk, maar die ding wat sy die graagste wou hê, was nie daar nie.

"Wat makeer Nelie?" het Elsie gevra. "Het jy dan nie genoeg presente gekry nie?"

"Ag Elsie, ek weet ek het pragtige presente gekry, maar die  geskenk is nie hier nie."

"Wat bedoel jy?"

"Ek wou so graag 'n mooi pop gehad het. Wie weet, dalk het hy dit aan Miem Jordaan gegee." Nelie het gesig.

Sy h et dit nog skaar gesê of sy het begin besef dat sy darem baie gemeen is. Sy het al die mooi geskenke gekry en moontlik het die arme Miem niks gekry nie. Sy was die hele dag ongelukkig daaroor en al het sy baie lekker met haa5r nuwe goed gespeel, het sy gedurig aan haar maatjie, Miem, gedink.

Daardie aand is Nelie en Elsie na 'n partytjie wat die bure gege het. Daar was 'n hele paar ander meisies en hulle het lekker saamgespeel. Ná die heerlike verversings is hulle almal na 'n ander vertrek toe waar 'n pragtige kersboom gestaan het. Die boom was vol mooi presente en gekleurde liggies - dit was regtig pragtig.

Die een ding wat Nelie se aandag vreeslik getrek het, was 'n pragtige pop heel bo aan die boom. Haar hartjie het baie vinnig geklop by die gedagte dat dit moontlik die vervullilng van haar wens kon wees. by die boom het hulle allerhande speletjies gespeel en eindelik is die geskenke uitgedeel. Nelie het gewonder wie die pop sou kry. Ongeduldig het sy gesit en wag totdat elkeen van die kinders daar hul present gekry het. Eindelik was daar nog net een present aan die boom: dit was die pop.

Die tannie het gesê: "Hierdie een is vir ......"

"Nelie," het al die kinders tegelyk uitgeroep, want hulle het geweet dat sy nog niks van die boom af gekry h et nie.

Nelie het gebloos toe sy van haar stoel af opstaan. Sy het die pop by die tannie geneem en styf vasgehou terwyl almal hande geklap het. En toe gebeur daar 'n snaakse ding. Toe Nelie teruggaan naa haar sitplek, het sy meteens bleek geword. Sy het na die venster gewys en uitgeroep: "Kyk daar!"

Almal het gekyk, maar daar was niks nie. Die gordyn was oop, maar buitekand was dit stikdonker en alles was doodstil.

"Wat was dit Nelie?" het almal nuuskierig gevra.

"Dit was arme Miem Jordaan. Sy  het deur die venster geloer en ek is seker sy het gehuil. Ek moet dadelik gaan!"

Sonder om iets verder te sê,  het Nelie by die deur uitgehardloop. ' Hele ent met die straat af kon sy die gestalte van iemand sien.

"Miem," het sy geroep, "Miem, kom hier!"

Maar Miem het aangestap en Nelie moes 'n hele ent hardloop om haar in te haal. "Ag Miem! Ek het vir jou iets gebring. Neem dit asseblief." Nelie was heeltemal uitasem.

Miem het daar in die middel van die straat met verbasing gekyk na die mooi pop in haar arms. Die pop kon sy oë toemaak en "Mamma" sê.

"Vir my?"

"Ja, Miem, dis vir jou. Ek sal baie bly wees as jy dit wil neem." Toe het sy omgedraa en teruggehardloop huis toe. Dit was die gelukkigste oomblik in Nelie se lewe.

Daardie aand voor sy gaan slaap het, het sy gedink aan die naskrif in die brief vir Kersvader en sy was baie bly dat sy kon help om die brief te antwoord en so iemand se hartjie bly te maak.


































Om die dam Perderoete