'n Verstommende Ommekeer

Genl. Louis Botha, die onverskrokke Bittereinder, behaal die een oorwinning ná die ander, maar lei ná die tweede Vryheidsoorlog die stryd teen sy gewese makkers

Genl. Louis botha was in velerlei opsigte 'n boeiende en interessante figuur. As innemende mens met 'n aantreklike en oop karakter was hy aanvanklik 'n groot Boereheld en bevelvoerder van die Transvaalse strydkragte gedurende die tweede Vryheidsoorlog - 'n man wat aansienlike krygstalente gehad het en die engelse talle male ore aangesit het.

Maar dié man, wat alles in hom gehad het om 'n eerbare plek in sy volgelinge se gemoedere te kry, het sy lewe geëindig as 'n eensame man, verstoot deur die grootste deel van sy volk. Vir dié mense was hy niks minder nie as 'n "verraaier", 'n boer wat Engelser as die Engelse wou wees.

Hy is op 27 September 1862 naby Greytown gebore en het reeds as betreklike jong man Volksraadslid vir vryheid geword, wat 'n bewys was van die aansien wat hy onder mede-burgers geniet het. Reeds onmiddellik ná die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober 1899 het hy bewys dat hy oor aansienlike militêre talente beskik het.

Hy het aanvanklik geen offisiersrang gehad nie en was aan die veldkornette en kommandante onderhorig. Maar  onmiddellik het hy die leiding geneem om verkenningspatrollies op die been te bring wat vanaf die laerplek van genl. Lucas Meyer by Doringberg in die rigting van die naaste troepepos - dié van genl. W.P. Symons by Dundee - beweeg het om die vyandelike bedrywighede te verken.

Vir ' n dag lank het hy nie verder as tot aan die oewer van die Buffelsrivier gegaan nie, maar toe hy bespeur dat vyandelike patrollies vanuit Dundee in die terrein aan die oorkant van die rivier bedrywig was, het hy op 14 Oktober die rivier met slegs veertien man oorgesteek, 'n vyftal van die natalse berede polisie gevange geneem, die telegraaflyn tussen Dundee en Vryheid op verskillende plekke geknip en deurgedring tot aan die heuwels oos van dundee van waar die bedrywighede van die sterk troepemag by Dundee dopgehou kon word.

Daar is geen blyke dat Botha 'n aandeel gehad het in die beplanning van die aanval op Dundee nie, en van sy aandeel in die aanval op die Britse garnisoen aldaar is ewe min bekend. Eers op 30 Oktober 1899 het hy op die voorgrond as militêre leier getree toe hy - ná die ineenstorting van genl. Lucas Meyer se gesondheid - die leiding van Meyer se kommando's op hom geneem en hom besonder onderskei het vir die vernuftige wyse waarop hy die Britse regtervleuel gedurende die geveg by Modderspruit naby Ladysmith teruggedryf en daardeur die Britse poging verydel het om die Boere deur aanvallende optrede van Ladysmith te verdryf. Aan sy optrede was die groot oorwinning by Modderspruit te danke.

Botha se optrede in hierdie geveg het die Kommandant-generaal só geïmponeer, dat hy Botha in die bevel van Lucas Meyer se strydkragte gelaat het, aangesien Meyer weens senuwee-uitputting en algemene swakheid gedwing is om die front te verlaat om deeglik te gaan rus.

Botha se opvatting was dat dit nutteloos was om die vyandelike krygsmag in Ladysmith tot oorgawe te probeer dwing en die vyand toe te laat om ongehinderd 'n sterk oormag suid van die Tugela op te bouo uit die t roepe wat daagliks vanuit Engeland en sy kolonies by Durban aan wal gestap het. Dit was vir hom duidelik dat die Britse garnisoene wat in Dundee, Ladysmith en elders naby die grense van die Republieke in voorbereide posisies was, opsetlik daar gestasioneer is. Hul doel was nie om die Republieke binne te val en te verower nie, maar om die krygsmag van die Republieke daar skaak te  hou ten einde die vyand in staat te stel om ongehinderd 'n toereikende mag vanuit Engeland en sy kolonies by die verskillende hawestede aan wal te sit vir die verowering van die Republieke.

Die troepemag in Natal wat die onafhanklikheid van sy vaderland bedreig het, was dus nie in die eerste plek die sterk Britse garnisoen in Ladysmith wat na die mislukte aanval op Dundee met die brigade uit Dundee versterk is nie, maar wel die baie sterk troepemag wat sir Redvers Buller by Durban aan wal laat stap het.

Dit het Botha nie veel moeite gekkos om die Transvaalse Kommandant-generaal reeds vóór 3 November 1899 daarvan te oortuig dat daar onverwyld 'n mag van meer as 3 000 man, vergesel van sowat vyf kanonne, in die rigting van Durban gestuur moes word om teen die Britse troepemag in Suid-Natal te gaan opereer nie.

Botha het die saak só oortuigend op 'n krygsraad van Transvaalse offisiere gestel dat sy voorstel aanvaar is. Die kommandante het egter nie kans gesien om voor 13 November met die ekspedisie te begin nie, aangesien hul perde pootseer en uitgeput was en hy moes hom daarby neerlê. Die Vrystaatse o ffisiere kon nie oorreed word om meer as 500 man van die Vrystaatse strydkragte vir die ekspedisie af te staan nie met die gevolg dat die ekspedisie onderneem moes word met 'n leër wat meer as 1 000 man swakker was as wat Botha beoog het.

Ongelukkig vir hom was hy nie vry om op te tree soos hy wou nie, aangesien kmdt.-genl. Piet Joubert, aan wie hy ondergeskik was, die ekspedisie wouo vergesel. Ten gevolge van die aanweishgied van die baie versigtige Kommandant-generaal, het dit vir Botha uiteindelik onmoontlik geword om die oogmerke wat hy met die ekspedisie gekoester het, te verwesenlik.

Die beweging van die Boere suidwaarts het konsternasie verwek by die vyand wat onder die indruk verkeer het dat Natal ten suide van die Tugela deur 7 000 man binnegeval is en die kommandant-generaal was daarvan terdeë bewus. By die nadering van Colenso deur 'n swak Vrystaatse krygsmag onder genl. A.P. Cronjé, twee weke voor die aanvang van die ekspedisie na Suid-Natal, het die Britse garnisoen aldaar - 1 200 man sterk onder die bevel van kol. C.D. Cooper - in die grootste haas in die rigting van Durban padgegee met die agterlating van vier wavragte mondprovisie en ook 'n klompie ammunisie.

'n Vyandelike mag wat deur Cronjé - hy het Colenso op die 6de beset - in die omgewing van Frerestasie gewaar en deur Cronjé en sy verkenners op 5 000 tot 6 000 man geskat is, moes hom by die aanvang van die ekspedisie ewe vinnig uit die voete gemaak het. Verkenners wat ná die aankoms van die ekspedisie by Colenso na Frerestasie gestuur is om die posisies van die garnisoen te verken, kon immers nie 'n spoor van die sterk troepemag ontdek nie en het met die gerusstellende berig teruggekeer dat die naaste vyandelike krygsmag by Estcourt gestasioneer is en uit slegs sowat 3 000 troepe, van 6 of 7 kanonne voorsien, bestaan het. Die enigste vyandelike strydmag wat die kommando op sy ekspedisie suidwaarts tot by Estcourt aangetref het, was 'n 106-tal troepe in 'n gepantserde trein wat deur die garnisoen by Estcourt uitgestuur is om die bewegings van die naderende Boere te verken. Die trein is op 15 November tussen Frere en Chievely deur die Boere op Botha se bevel aangeval, wat 74 man van die trein se bemanning van 106 gedood, gewond of krygsgevange geneem het voordat die trein uiteindelik ontkom en na Estcourt ontsnap het. Onder die gevangenes was Winston Churchill wat 'n leidende rol in die geveg gespeel het en daarvoor verantwoordelik was dat die trein met negentig lede van die bemanning ontkom het.

In weerwil van die gunstige resultate wat die Boere se beweging in die rigting van die Natalse kus vir die Boere gelewer het, het daar by die benadering van die gevaarsone vir die Boere - die terrein wat deur die vyandelike troepe beset was - steeds meer twyfel by die Kommandant-generaal ontstaan oor die wenslikheid om die vyand aan te druf. Onseker oor die sterkte van die Britse mag, het hy dus by sy vertrek vanaf Chievely besluit om dit die primêre doel van die ekspedisie te maak om die terrein verder suidwaarts te verken. Hy het dus sy mag in twee verdeel waarvan die een deel, 600 man sterk en gelei deur kmdt. David Joubert, oos om Estcourt moes trek terwyl die ander deel, van homself vergesel en deur Botha gelei, in 'n wye boog wes om Estcourt moes trek.

By verkenning alleen wou Botha dit egter nie laat nie. Hy was vasberade om die Britse stellings aan te val. Gevolglik het hy hom  nie tot 'n verkenning van die stellings van die Britse voorhoede alleen beperk nie, maar ook patrollies in die rug van die voorste troepe ingestuur, in die rigting van Pietermaritzburg, ten einde vas te stel hoe sterk die steun was wat die Britse voorhoede daar geniet het. Een van hierdie patrollies het deurgedring tot digby Nottingham Road, slegs sowat 60 km van Pietermaritzburg.

Die bewegings van hierdie patrollies het die inwoners van die gebied met soveel skrik vervul, dat hulle oorhaastig suidwaarts in die rigting van Pietermaritzburg en verder padgegee het, blykbaar daarvan oortuig dat die Boere in staat was om die sterk Britse krygsmag van Pietermaritzburg en Durvan af te sny en uit te wis.

Nadat die kommandant-generaal sy leër op 21 November in die heuwelagtige terrein van Estcourt tot stilstand gebring en tot die ontdekking gekom het dat daar aan weerskante van sy burgers sterk Britse oormagte gelê het, het hy besluit dat dit te gewaagd sou wees om met die sowat 2 000 man waaroor hy beskik het, verder aanvallend op te tree.

Dat die Boeremag wel deeglilk in staat was om hom teen die Britse oormag te handhaaf,  het Botha reeds by die aanbreek van die dag op die 23ste bewys toe hy met die kommando Krugersdorp, gesteun deur slegs die paar kanonne en bom-maxims waaroor die Boere beskik het, die vyand deur 'n teenaanval in wanorde van die kop na hul basis by Estcourt teruggejaag het. Die Engelse wat "rather faster than was seemly" deur die klompie burgers van die kop af verwilder is, het nie minder as 86 ongevalle te betreur gehad nie, terwyl aan Boerekant net twee man gesneuwel het en twee gewond is.

Op 'n krygsraadsvergadering ná hierdie geveg het botha daarop aangedring dat die Boere verder voorwaarts na Durban moes gaan en deur die vernietiging van die spoorweg in die rug van die vyand dit vir buller onmoontlik moes maak om die troepe by Estcouort en Mooirivier verder te versterk. Die kommandant-generaal wou egter nie daarvan hoor nie en 'n onmiddellike terugtog is dus gelas. Ná inwendige beserings wat hy die volgende dag opgedoen het, het die terugtog noodsaaklik geword. Daardeur is Botha se plan om die vyand deur offensiewe operasies diep in sy rug papa te slaan, in die wiele gery en is hy gedwing om die vyandelike oormag met slegs 3 000 man in die goeie verdedigingstellilngs aan die Tugela - die beste defensiewe posisie wat ten suide van Ldysmith gevind kon word - arf te wag.

Die keuse van die Tugelarivier as verdedigingstelling was Botha se persoonlike keuse. Hy het dadelik bespeur dat hy die vyand vanuit die diep moot van die rivier wat 'n natuurlike loopgraaf was, met 'n suiwer geweervuur sou kon verras. Die sterk breë stroom met sy groot kronkels kon net by 'n paar driwwe oorgesteek word, aangesien die groot spoorwegbrug by  by Colenso tydig deur die Boere vernietig is. Die burgers het dus by Colenso in die moot en aan die oewers van die Tugela aan weerskante van die spoorweglyn in sorgvuldig voorbereide posisies wat daagliks versterk is met onopsigtelike loopgrawe, posisie ingeneem.

Die enigste swak punt in die stelling is op 'n baie vroeë stadium deur Botha bespeur. Dit was die ligging van die kop Hlangwane aan die oorkantse (d.i. die suidelike) oewer van die Tugela. As die vyand besit daarvan sou kry, kon hy hom in die linkerflank en selfs skuins in die rug van al Botha se stellings aan die rivier bevind en in staat wees om daardie stellings met kanonvuur onhoudbaar te maak en van links na regs op te rol. Hlangwane sou dus deur 'n sterk Boerekommando beset moes word wat hom teen elke prys op dié kop sou moes handhaaf.

Met die strydkragte wat hy by Colenso oorgehou het - 3 000 man met 5 kanonnne - het hy onmiddellik saan die werk gespring om die stelling by Colenso onderdringbaar te maak. Driwwe in die rivier is verniel, loopgrawe uitgehaal - netjies in die gras versteek sodat dit nie oopgemerk kon word nie, gekamoefleerde kanonskanse vir sy grofgeskut ingerig en ook onbesette skynskanse op die rante aangebring sodat hulle spesiaal die vyand se aandag sou trek. Toe Buller op die oggend van 15 Desember met sy ontsaglike leër van vier brigades voetvolk, 'n berede brigade, 'n 44-tal kanonne en agtien masjiengewere opgeruk gekom het om die Tugela oor te steek en Ladysmith te ontset, was Botha volkome gereed vir hom.

Toe Buller o p die 13de met 'n voorbereidende bombardement begin, het daar paniek onder die offisiere en burgers ontstaan. Ofskoon die bomme skadeloos ver agter botha se linie ontplof het, het 'n groot deel van die besetting van Hlangwane oor die rivier teruggevlug en het etlike offisiere gedreig om hul posisies te verlaat. Dit het Botha die grootste moeite gekos om die offisiere te oorreed om hul stellings te handhaaf en veral om Hlangwane weer toereikend beman te kry. Met die hulp van pres. Kruger wat deur telegrafiese boodskappe die burgers bemoedig het, het hy egter op die 14de daarin geslaag. Hoe uitstekend die stellings was, het die burgers eers op die 15de begryp toe die vyand tot die aanval oorgegaan het. Oral het die Britse brigades hulle in die suiwer vuur van die Boere vasgeloop.

Twaalf Armstrongkanonne op kort afstand gevolg deur ses twaalfponder-vlootkanonne het, nadat hulle binne maklike trefafstand van die burgers aan die rivier gejaag en daar ontplooi het, onverwags onder 'n skerp geweer- en kanonvuur beland wat die kanonperde neergevel en die bediening van die veldgeskuts die een ná die ander buite aksie gestel het. Etlike bespannings artillerieperde wat uitgestuur is om dié kanonne tot buite die gevaarsone terug te sleep, is neergehaal sodat die vyand uit;eindelik net twee van die twaalf veldkanonne gered kon kry en dit ná die opoffering van etlike kosbare lewens, waaronder dié van Lord Roberts se seun, Freddie. Tien van die veldstukke, 12 ammunisiewaens en 13 000 bomme moes agtergelaat word.

Die poging van die vyand om Hlangwane te probeer verower, het ook op 'n hopelose mislukking uitgeloop en met die aanbreek van die middag het Buller hom genoodsaak geag om die stryd gewonne te gee en sy troepemag na Chievely terug te trek.

Deur sy oorwinning by Colenso het Louis botha dus die aandag op hom gevestig as die grootste militêre aanvoerder waaroor die Boere op daardie tydstip beskik het. Dat hy dit werklik was, het hy met sy verdere optrede aan die Tugela bevestig.

Een punt van kritiek op Botha se optrede na die slag van Colenso is egter seker geregverdig. Dit is dat hy geen poging aangewend het om deur aanvallende optrede Buller se half gedemoraliseerde leër volkome te probeer demoraliseer en verder na die kus toe terug te dwing nie. Hy moes immers besef het dat daardie leër ná die swaar neerlaag wat dit in die slag van Colenso toegebring is, minstens 'n m aand nodig sou hêom van die skok te herstel en weer in 'n goed slagvaardige toestand te geraak. Die voor die hand liggende taktiek skyn te gewees het om voortdurend die leër in die rug te bedreig met mobiele patrollies wat hulle moes toelê op die vernietiging van die Britse verbindings met die kus. Die inisiatief het dus in Britse hande gebly terwyl Botha hom beperk het tot die versterking en uitbreiding van sy stellings by en aan weerskante van Colenso en tot verkenningsbedrywighede.

Ná byna 'n maand se wag het Buller, wat ná die slag van Colenso deur lord Roberts as opperbevelhebber in Suid-Afrika vervang is, uiteindelik weswaarts in beweging gekom, na die Bo-Tugela, met 'n mag van 24 000 man en 58 kanonne. Net een brigade is voor Colenso by Chievely agtergelaat om die Boere daar skaak te hou. By die ontvangs van die berig het Botha, wat nou tot generaal benoem is, onmiddellik sy strydkragte weswaarts na die Bo-Tugela verskuif, waar hy dieselfde taktiese vernuf as by Colenso aan die dag gelê het. Hy kon egter nie weer van die rivieroewer gebruik maak nie, aangesien die vyand voor hom daar aangekom het en by die aankoms van sy strydkragte die rivieroewer en die vlakte aan weerskante daarvan volledig beheer het.

Dit het Botha geensins uit die veld geslaan nie. Op die aaneengeleë ry hoogtes noord van die rivieroewer van oos na wes het hy vir die vyand presies dieselfde strik gespan as by Colenso. Hy het naamlik op die verste noordelike kruine van dié hoogtes sy burgers so goed moontlik ingegrawe. Hulle was dus buite sig van die troepe wat vanaf die vlakte net die voorste kruine van die hoogtes kon sien. Die vyand sou dus ongehinderd tot op die voorste kruine kon vorder, maar sodra hy oor die berg na die agterkant daarvan beweeg, sou hy hom oor 'n pragtige, breë oop skootsveld in die vuur van die burgers op die agterste kruine vasloop.

Dit is dan ook presies wat gebeur het. Die vyand is toegelaat om die Tugela oor te steek en die suidelike hellilngs van die hoogtes te beklim, maar toe hulle op die suidelike kruin verskyn en verder voorwaarts probeer gaan, het hulle in so 'n swaar geweervuur vasgeloop, dat hulle verward na dekking moes terugval. Pogings om die boere deur 'n swaar bombardement uit hul stellings te lig, het nie geslaag nie. Genl. Charles Warren, aanvoerder van die vyandelike troepe, is gedurende die nag van 24 Januarie 1900 gedwing tot die besetting van Spioenkop - 'n dominerende berg in die Boerelinie van waar hy in staat sou wees om die hele Boerelinie oos- of weswaarts op te rol.

Hy het helaas geen kans gekry om hom op die berg te handhaaf nie. By die ontdekking van die vyand op die kop het Botha dit laat bestorm en die vyand terselfdertyd onder 'n verwoestende artillerievuur geplaas sodat die vyand die kop en trouens alle bedreigde posisies dieselfde nag ontruim en oor die Tugela teruggeval het.

Spioenkop was die hoogtepunt - dog geensins die einde nie - van Botha se roemryke oorwinnings aan die Tugela. Dit het die vyand verskillende meer neerlae - dié  by Vaalkrans, dié by Wynne's Hill en dié by Hart's Hill - gekos voordat hy uiteindelik op 27 Februarie 1900 deur die Boerelinie gebreek en Ladysmith ontset het.

Die swaartepunt van die stryd het intussen na die Vrystaat verskuif waar lord Roberts met 'n oorweldigende oormag genl. Piet Cronjé tot oorgawe gedring, Kimberley ontset en Bloemfontein verower het. Botha, wat ná die afsterwe van kmdt.-genl. Piet Joubert op 27 Maart 1900 tot waarnemende kommandant-generaal benoem is, was gedwonge om - ná die aanvang van lord Roberts se opmars na Pretoria - hom uit Natal terug te trek ten einde die vyandelike hoofmag wat die Boerestrydkragte reeds vanaf Brandfort tot aan die Sandrivier teruggedryf het, te probeer stuit. Sy poging om dit aan die Sandrivier te probeer regkry, was futiel. Lord roberts het die kuns verstaan om met die twee divisies berede troepe op sy flanke, die burgers uit enige stelling met die grootste gemak deur omvleueling te maneuvreer sonder dat hy twee divisies voetvolk in die sentrum nodig gehad het om te veg, en Botha kon geen metode bedink kry om hom te keer nie.

Die één plek waar mens sou verwag het dat Botha sou vasgeskop het en waar hy aanvanklik wou vasskop, was die Vaalriviergrens - die één stelling wat nie maklik omvleuel sou kon word nie. Lord Roberts het dan ook verwag dat hy die Vaalrivier nie oorgesteek sou kry voor sonder harde gevegte nie. Kommando's wat vanuit die weste moes kom, het nie tydig by die driwwe in die Vaalrivier opgedaag nie, met die gevolg dat die vyand die rivier sonder weerstand oorgesteek, die Boere uit die stelling by Klipriviersberg verkry en Johannesburg verower het.

Die Transvaalse strydkragte het met die nadering van die vyand na Johannesburg op so 'n groot skaal moed verloor en van die kommando gedros, dat botha die ander aanvoerders die stryd verlore geag en pres. Kruger gedwing het om aan pres. Steyn voor te stel dat die stryd maar met die aanstaande val van Pretoria beëindig moes word. Dat dit nie gedoen is nie, is hoofsaaklik aan die vasberadenheid van pres. Steyn en hoofkmdt. Christiaan de Wet te danke wat nie geneë was om die stryd vanweë die lafhartigheid van sommige Transvalers te staak nie en deur vurige beroepe op die patriotisme van die Transvaalse leiers, wat laasgenoemde van die voorneme om vrede te sluit, laat afsien het.

Daar is gevolglik op die vooraand van die val van Pretoria besluit om met die stryd voort te gaan.

'n Volledige oorsig van Botha se bedrywighede sedert die val van Pretoria kan in 'n enkele artikel van beperkte omvang nie gegee word nie. Anders as De Wet wie se operasies in die rug van Robers se hoofmag plaasgevind het, het Botha vir nog drie maande die beskerming van die Delagoabaaispoorweglyn sy primêre doelwit gemaak. Twee swaar gevegte is deur hom gelewer in 'n poging om die vyandelike oormag wat vanaf Pretoria ooswaarts opgeruk het, te probeer stuit, die eerste by Donkerhoek op 11 Junie 1900 en die ander - wat 6 dae lank geduur het - by Bergendal in September 1900. Ofskoon hy in albei die gevegte die vyandelike krygsmag skitterend oor 'n uitgestrekte front teengehou en lord Roberts verhinder het om hom te omvleuel, kon sy uitgedunde geledere die vyandelike druk uiteindelik nie weerstaan nie. Die gevolg was dat Roberts in besit van die hele Oosterspoorweg tot aan die Portugese grens gekom het.

Met die spoorwelyn in Britse hande het die tydperk van die vyand in die front te stuit, tot 'n einde gekom en was Botha verplig om hom op aanvallende optrede toe te spits met die doel om die vyand soveel moontlik nadeel toe te bring. Met die oog daarop het botha sy kommando's dwarsoor die Republiek versprei - dié in Wes-Transvaal onder die bevel van genl. De la Rey, dié in Noord-Transvaal onder genl. Beyers en dié in Oos-Transvaal onder homself, Ben Viljoen, Christiaan Muller en ander.

Hy was vasberade om, soos hy dit by Pretoria aan sy kommando's gestel het, die vyand "tot die dood toe" te beveg. "Tot die bitter einde sal ons die stryd vir ons vryheid en onafhanklikheid voer," het hy verklaar. Van nou af sou hy aktief teen die vyandelike kolonnes optree; hulle ontwyk wanneer nodig met die doel om hulle waar ook al moontlik vinnig aan te val, skade toe te dien en dan weer te ontwyk. Lord Roberts se mededeling aan die War Office op 15 November, ná afloop van sy offensief tot by Komatipoort, dat die oorlog feitlik oor was en dat daar sowel in Transvaal as in die Vrystaat geen georganiseerde weerstand meer was nie, is pas ná sy vertek na Engeland deur die feite geloënstraf.

Reeds in Desember 1900 was Roberts se opvolger, lord Kitchener, verplig om verdere versterkings uit Engeland aan te vra omdat die Boereweerstand meteens toegeneem het. Volgens Kitchener se skatting was daar 20 000 man in die veld wat met ongekende durf en moed Britse patrollies aangeval en spoorweglyne verbreek het.

Dit het in Transvaal reeds op 29 November begin toe genl. A.H. Paget in 'n poging om een van die weinige "los bendes" wat daar nog volgens Roberts in die veld was - die kommando van genl. Ben Viljoen - gevange te neem, wat suid van Renosterkop reeds aan drie kante stewig omsingel was. Al wat Paget moes gedoen het, was om Viljoen se posisie aan die vierde kant, die noordelike, toe te trek sodat hy nie noordwaarts sou kon ontkom nie. Maar in plaas van dit te doen, het hy vanuit die noorde in die front op Viljoen toegesak, klaarblyklik in die verwagting dat die kommando verskrik sou oorgee. Viljoen se skerpskutters het egter die een vyandelike aanval ná die ander met gevoellige verliese afgeslaan. Selfs kanonne onder dekking van Rooi Kruiswaens aangevoer, het op Viljoen se burgers geen indruk gemaak nie. Die vyand is só toegetakel dat Viljoen daardie nag met sy hele krygsmag noordwaarts kon padgee sonder dat Paget dit selfs bemerk het.

Gedurende die volgende paar weke het Botha se verspreide kommando's hulle nog kragdadiger laat geld. Nie minder nie as sewe suksesvolle aanvalle is op 5, 6, 8, 9, 20 en 24 Desember op die Natalse en Oosterspoorlyne beproef wat die vyand groot nadeel berokken het. Dit is aangevul met vasberade aanvalle op 2, 11, 26 en 29 Desembr op verskillende uiteengeleë Britse garnisoene wat tot skerp gevegte gelei het. Die garnisoene in Utrecht, Vryheid en Wakkerstroom moes dit wreed ontgeld, asook 'n afdeling soldate by Heidelberg, terwyl Colvile se divisie wes van Greylingstad in 'n lokval gelei en slegs ná 'n verlies van byna 200 man daarin geslaag het om homself te bevry. Die hoogtepunt van die Boere se sukses tydens hierdie vlaag aanvalle is op 29 Desember 1900 by Helvetia behaal waar 'n swaar Britse vlootkanon "waarop uitgebijteld staat 'Lady Roberts'" asook 'n massa proviand deur Ben Viljoen se kommando's verower is.

Vroeg in Januarie 1901 het Louis Botha met sy ondergeskikte aanvoerders gereël om die Britse garnisoene belas met die bewaking van die spoorweg op Machadodorp en Panstasie en al die tussengeleë garnisoene - dié by Dalmanutha, Belfast, Wonderfontein en Wildfontein - belyktydig vanuit sowel die noorde- as die suidekant aan te val, hulle van die spoorlyn af weg te vee en die spoorweglyn oor dié hele afstand te ontwrig.

Die aanvalle wat om middernag op 7-8 Januarie 1901 plaasgevind en aan die vyand 'n ongevallelys van 174 man besorg het, het nie die sukses opgelewer wat Botha beoog het nie. Behalwe by Belfast war die vyand uit enkele van sy fortifikasies verdryf is, was die troepe in staat om h ulle teen die nagaanval te handhaaf, wat egter op die 8ste, 12de, 14de, 23ste, 25ste en 29ste opgevolg is deur hernieude aanvalle op troepeposte digby die spoorweglyne. Dit het groter sukses opgelewer en gelei tot die vernieling van 'n trein op die 9de, en drie op die 17de. Die aanvalle op die spoorweg is gevolg deur twee hernieude aanvalle op 19 en 21 Januarie op Helvetia en 'n swaar geveg teen genl. Smith-Dorrien wat op 25 Januarie 'n ekspedisie na Carolina onderneem, maar voor die end van die maand met 55 ongevalle na sy uitgangspunt by Wonderfontein teruggedryf is.

Ná verdere gevegte teen French en Smith-Dorrien wat belas was met die suiwering van Oos- en Suidoos-Transvaal van vrouens en kinders en alle vee en graan wat tot onderhoud van die kommando'skon dien, is daar op 28 Februarie 1901 op Middelburg vredesamesprekings tussen Botha en lord Kitchener gevoer. Kitchener, medeloos omdat die gety sedert Robert se vertrek teen die Engelse gedraai het, het deur mev. Louis Botha wat in Pretoria by woon het, aan Botha laat weet dat hy bereid was om laasgenoemde te ontmoet mits die vraagstuk van onafhanklikheid nie geopper word nie.

Botha het dadelik besef dat die Britse opperbevelhebber oor die sluiting van vrede wou gesels en het die uinodiging aanvaar. Die twee leiers is besonder deur mekaar beïndruk - Botha in so 'n mate dat hy Kitchener sedertdien bewonder en - volgens sy biograaf - n ooit 'n geheim van sy bewondering vir dié Britse opperbevelhebber gemaak het nie.

Wat die onderhoud alles behels het, is nie duidelik nie. Uit wat gepubliseer is, skyn dit of Kitchener tegemoetkomend was - dit was immers hy wat die vredesonderhandelings uitgelok het - en bereid was tot toegewings, onder meer die een of ander vorm van onafhanklikheid, kwytskelding van die Kaapse Rebelle van tronkstraf en uitsluiting van swartes van die stemreg. Milner en Chamberlain wou daarvan egter nie hoor nie en die onderhandelings het gevolglik niks opgelewer nie. Gevolglik het Botha en die lede van die Transvaalse Regering wat in April 1901 die Vrystaters by Vrede ontmoet het, in oorlog met die Vrystaatse Regering, besluit om tot die bitter einde met die stryd vol te hou.

Intussen het die versterkings deur Kitchener aangevra in Suid-Afrika aangekom en met 'n ongekende verwoesting van die land voortgegaan. Haas alle plase en selfs dorpe is in puin gelê. Die talle Britse kolonnes het hul uiterste bes probeer om die Boereleiers, veral die Regerings en militêre aanvoerders, te vang. Selfs 'n proklamasie is uitgereik waarin gedreig is om alle burgers wat nie teen 15 September 1901 sou oorgee nie, eweigdurend te verban.

Desnieteenstaande het die burgers vurig bly veg en het Botha en sy generaals in Oos-Transvaal nie gehuiwer om die vyand aan te val waar hulle die geleentheid gekry het nie. Voortdurend was daar botsings. Die vernaamste hiervan was die geveg op 12 Junie 1901 toe genl. Muller met net 150 man 'n Britse kamp by Wilmansrus oorrompel en daarby 'n groot buit, wat 'n Pom-pom en baie gewere en ammunisie ingesluit het, gemaak en 260 soldate krygsgevange geneem het.

Botha het selfs 'n ekspedisie Natal binnegelei met die oog op die verowering van Dundee en in 'n geveg by Bloedrivierspoort op 17 September die vyand 'n verlies van byna 250 man toegedien, en 3 kanonne, 280 perde en 30 000 patrone gebuit. Van daar het hy Fort Itala aangeval en by Melmoth 'n volgelaaide konvooi van 36 waens verower. Ná sy terugkeer, is hy op Schimmelhoek op 24 Oktober byna gevange geneem, maar hy het tog daarin geslaag om sonder goed na Bethal te ontkom, waar hy hom onmiddellik begin voorberei het vir 'n aanval op kol. G.E. Benson se sterk kolonne op Bakenlaagte.

Die slag by Bakenlaagte op 30 Oktober 1901 het vir die Boere op 'n skitterende sege uitgeloop. Sowat 500 van die vyandelike troepe is gedood of gewond en onder dié wat gesneuwel het, was albei die Britse aanvoerders, kolonels Benson en Guinnes. altesame 203 offisiere en manskappe is gevange geneem, terwyl twee Armstrongkanonne met 147 bomme en twee volgelaaide waens met mondprovisie in die Boere se hande geval het. Wat merkwaardig is, is dat die Boere oor net 1 000 man beskik het, terwyl Benson se mag 2 000 man sterk was en hy ook oor grofgeskut beskik het. Volgens genl. Erskine Childers was die slag "one of the most remarkable successes in the guerilla war".

Sedert die slag van Bakenlaagte het die vyand sy pogings om Botha en die Transvaalse regering gevange te neem, verskerp en was dit Botha en sy generaals se vernaamste taak om uit die hande van hul agtervolgers te bly - wat Ben Viljoen op 25 Januarie 1902 in 'n lokval gelei en gevange geneem is.

Oor sy bewegings gedurende die laaste maande van 1901 het Botha op 29 Januarie 1902 vermeld dat twaalf vyandelike kolonnes sy kommando's agtervolg. Wanneer dit met welslae gedoen kon word, het hy egter vasgeskop en op die vyand toegesak.

Op 18 Desember 1901 het hy bv. naby die Vaalrivier slag gelewer en 145 soldate gevange geneem en 150 perde, 200 gewere en baie ammunisie verower. Op die 23ste was daar nog eens 'n geveg, maar die oormag was so groot dat hy en sy gevolg na 'n warm twee uur moes terugval. Hulle is in die rigting van Carolina waar hy op 3 Januarie 1902 by Spitskop met die vyand slaags geraak het. Op die 4de het hy by Bankkop in 'n swaar geveg met die vyand betrokke geraak. Die vyandelilke stormloop is egter gestuit en die vyand gedwing om terug te val, met die burgers wat dadelik tot 'n gedetermineerde teenaanval oorgegaan het, vlak op hul h akke. Die vyand wat nie minder as 55 ongevalle te betreur gehad het nie, onder wie hul aanvoerder, maj. J.M. Vallentin, het die neerlaag gely. Die oorwinning het die Boere egter die lewe van dappere genl. D.J. Opperman en etlike ander burgers gekos.

Dit was die laaste swaar geveg deur Botha gelewer. Om aan gevangeneming te ontkom, was hy verplig om in die rigting van Vryheid weg te swaai met sy kommando. Sy verskyning in die streke op die grens van Natal het konsternasie in Britse geledere verwerk. Hulle het gevrees dat hy Natal nogmaals sou binneval en genl. Ian Hamilton se troepe is dus na die streke Vryheid, Wakkerstroom, Piet Retief en Utrecht gehaas om hom daar te probeer vastrap.

Voordat hulle Botha self kon bykom, het daar egter verwikkelinge plaasgevind wat tot die beëindiging van die oorlog sou lei. Die wankelmoedige waarnemende president van Transvaal, S.W. Burger, het dokumente van Kitchener ontvang waaruit geblyk het dat die Nederlandse regering 'n aanbod aan die Britse regering gedoen het om bemiddelend op te tree ten einde die vrede in Suid-Afrika te herstel. Burger het onmiddellik te kenne gegee dat hy geneig was om vredesonderhandelinge aan te knoop. 'n Konferensie tussen die twee Republieke waarheen ook Botha ontbied is, is gevolglik vanaf 9-11 April 1902 op Klerksdorp gehou.

Gedurende die samesprekings met die Vrystaatse Regering op Klerksdorp het dit reeds onteenseglik geblyk dat Louis Botha, net soos Schalk Burger, vir die stryd moeg was en na vrede gesmag het. Op die kongres van Transvaalse en Vrystaatse afgevaardigdes wat daarna op Vereeniging gehou is, het Botha deur oorbeklemtoning van net die donker kant van die mililtêre situasie vir die boere, die ander Transvaalse afgevaardiges wat na hom vir leiding opgesien het, totaal ontmoedig. Sy krygsmag sou sedert die slag van Bakenlaagte met sowat die helte verswak het en vir die klompie burgers wat hy oorgehou het, was daar feitlik geen perde of voedsel meer nie. Feitlik al die swartes was teen die Boere in opstand en deur die vyand gewapen en die Boerefamilies het in allertreurigste omstandighede verkeer, volkome  aan die swartes uitgelewer, wat die vrouens en dogters verkrag en vermoor het. Met die bietjie kos wat daar was, kon vir hoogstens nog 'n maand volgehou word, het hy gesê.

Oor die suksesse van die Boere, die moeilikhede wat die vyand ondervind het en ander sake wat die Boere tot voordeel gestrek het, het hy geen woord gerep nie, ongetwyfeld omdat hy vasberade was dat vrede gesluit moes word, al het dit ook die verlies van die onafhanklikheid beteken - die enigste saak waarvoor die Boere geveg het.

Daar kan met veiligheid beweer word dat, as dit nie was vir Botha se vurige pleidooie op 15 en 16 Mei om die onafhanklikheid maar prys te gee "ten einde die Afrikanervolk te red" nie, die vrede van Vereeniging nie op 31 Mei gesluit sou gewees het nie. Hy het sy saak sá oortuigendgestel, dat die teenstanders die een ná die ander gewankel het en die vredesverdrag uiteindelik met net 6 teenstemme goedgekeur is.

By Vereeniging het Botha die baadjie van krygsaanvoerder uitgetrek en homself in die mantel van die politikus gehul, die man wat toenadering tot die gewese vyand gesoek en daarmee - miskien onbewus - die eerste treë gegee het op 'n pad wat hom van sye eie volk sou vervreem om die vyand ter wille te wees. In 1910 het hy die eerste Premier van die Unie van Suid-Afrika geword, maar sy beleid van toenadering het baie van sy eertydse wapenbroeders dwars in die krop gesteek. In 1912 het hy genl. J.B.M. Hertzog, wat twee jaar later die Nasionale Party sou stig, uit sy kabinet gestoot.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 was hy só gretig om Brittanje van diens te wees, dat hy aangebied het om Duits-Suidwes-Afrika binne te val en so die Rebellie ontlok. Botha, die eertydse makker van mense soos genls. Christiaan de Wet en Jan Kemp, het nou op dieselfde mense jag gemaak.

So is Botha, die dapper Boe4re-aanvoerder, dan ook steeds meer in die volk se geheue verdring deur die gestalte van 'n Botha wat 'n getroue onderdaan van Sy Majesteit koning George VI geword het. Hy het steeds meer die beeld aangeneem van 'n Brit - 'n getroue handlanger van dieselfde magte wat hy gedurende 1899-1902 beveg het, bereid om ter bevordering van Britse belange, sy eie wapenbroeders te beskiet.

Toe hy op 27 Augustus 1919 oorlede is, was hy 'n eensame, verbitterde en verwarde man. En om alles te kroon: Net vyf jaar ná sy dood het genl. Hertzog die bewind oorgeneem, sy groot droom van konsiliasie aan skerwe.

*** *** ***

Die "glorie" en die gruwele van 'n "Gentleman's War"

Enkele jare ná die Vrede van Vereeniging het die latere genl. J.F.C. Fuller 'n boek oor sy ondervindinge as junior Britse offisier tydens die Tweede Vryheidsoorlog geskryf. Die titel van die boek was "The Last of the Gentleman's Wars".

Veral na aanleiding van die verskrikkinge van Wêreldoorlog I het baie Britte met nostalgie aan die Tweede Vryheidsoorlog begin terugdink en dit in navolging van Fuller 'n "gentleman's war" begin noem.

'n Beskaafde oorlog was dit egter nie. Weliswaar het die strydende partye mekaar soms hoflikhede betoon, soos die keer toe die Boere op Kersdag 1899 'n Kersfeespoeding in een van hul kanonne gelaai en dit op die beleërde Britte in Mafeking afgevuur het, maar dit was uitsonderings. Meestal is die stryd met groot bitterheid en wreedheid gevoer.

'n Eerste aanduiding daarvan was reeds in die eerste maand van die oorlog, toe die Britse lansiers by Elandslaagte in Natal tientalle hulpelose gewonde burgers genadeloos doodgesteek het. "Pig-sticking" het hulle dit spottend genoem, maar daarna kon l ansiers ook nie op genade van die Boere reken nie.

Tydens veldslae het die Boere ook nie juis sagkens met hul vyande gewerk nie. Deneys Reitz, later minister, vertel byvoorbeeld hoe sommige Boere tydens die Slag van Spioenkop spanne van twee gevorm het. Die een het gekorrel op 'n Tommie wie se been of arm agter 'n rots uitsteek, en as die Tommie deur die skok van die wond sy kop bo die rots uitruk, klits die tweede Boer hom deur die kop.

Toe die Engelse die Boererepublieke in 1900 binneval, het dit al hoe meer hul beleid geword om die Boere vir hul weerstand te straf. Plaashuise is in die omgewing van skermutselings afgebrand.

Namate die oorlog gevorder het, het dié beleid ontwikkel in 'n volskaalse verwoesting van die twee republieke. Nie alleen is plaashuise byna voor die voet afgebrand nie, maar alle lewende hawe - skape, beeste, hoenders, ens. - is òf weggevoer, òf doodgesteek. Soms, waar die kolonnes haastig was, is net die  hakskeensenings van die diere afgesny sodat hulle nie kon wegloop nie en so van die honger dors omgekom het.

Daarby die kolonnes stelselmatig allevroue en kinders in konsentrasiekampe saamgebring. Die Britse owerhede was nie bedag op die ontsaglike onderhoudsprobleme wat dit sou meebring nie en swak huisvesting, sanitasie en voeding het uiteindelik meegebring dat sowat 26 000 vroue en kinders in die kampe dood is. Militêr gesproke het dit wel vrugte afgewerp, want die Boere kon oplaas nie meer volhou nie, maar dit was 'n politieke flater van die eerste orde.

Maar ook die Boere se hande was nie altyd skoon nie. In die Kaapkolonie het hulle dikwels die huise van Britse simpatiseerders afgebrand, terwyl dit hul vaste beleid was om elke nie-blanke wat hulle onder die wapen betrap het, summier te fusilleer.

"The Last of the Gentleman's Wars" was dit nie. Dit was eerder 'n verdere stap op weg na die "totaler Krieg" van die Nazi's veertig jaar later.

J.H. Breytenbach

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne

Rubicon Pers, Kaapstad

ISBN 0 947 00606 0