'n Glimlag is 'n snaakse ding;
hy maak ons kuiltjies mooi;
en as hy eenmaal weer verdwyn,
soek ons verniet sy kooi.
Maar wat die ding se waarde is,
dit moet jy nog verstaan:
Jy glilmlag vir 'n ander, en
dan glimlag hy weer saam.
En omdat jy vir hom glimlag,
doen hy dit keer op keer;
en netnou word die hele dag
met glimlaggies vereer.
En aangesien 'n glimlag bly,
'n seer hart heel kan maak,
hou dan aan met glimlag;
en vergeet dit nooit ou maat!