Monument Staproete

Voortrekker Monument Staproete: Inskrywingsvorm

OPSIES




17 April 2021


Bring eie tent, of bewoon ons 4-man Coleman Tent @ EOK#8

#MakeAdayOfiT AS veiligheid, natuurskoon en bekostigbaarheid drie van jou vereistes is vir 'n STAPROETE naby Pretoria - en jy wil oud en jonk in die familie betrek - dan is Die Voortrekker Monument Staproete BESLIS vir jou! Kom geniet Kultuur Avontuur Kamp se tweede EENDAG STAPROETE aan die buitewyke van Pretoria! 


Daar is 'n 3km staproete - 'n 5km staproete en selfs 'n 10 km staproete. Wil jy 'n dag in 'n VEILIGE, skoon omgewing met besonderse natuurskoon deurbring? Moenie huiwer nie, vul nou jul inskrywingsvorm in ~ slegs 36 plekke is beskikbaar vir 17 April 2021. 


As almal terug is by die beginpunt, steek ek die vuur aan vir 'n lekker gemeenskaplike braai. Jy bring jou vleis / wors / sosatie / braaibroodjie, en elkeen geniet middagete volgens sy eie begroting. Daarna mag ieder en elk swem in die dam / rivier (baie skoon water). NB! Geen afsonderlike vure mag gemaak word nie! Daar is 'n restaurant wat kitskos, koeldrank en koffie bedien!


Kultuur Avontuur Kamp

Maklike Aanlyn Bespreking

U voltooi die roete op u eie pas! Volgens u fiksheid en vermoëns kies u tussen die drie roetes. Trots en statig staan die grys granietbouwerk afgeteken teen die blou lug en staproete. Kom geniet 'n VEILIGE stapgeleentheid vir u om met u gesin die natuur te geniet!  


Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

Terugbetalingsbeleid | Geen Terugbetalings*
Ouderdomsbeperking | Familievriendelik

Indien u 'n gesin van 4 of meer is, kwalifiseer u vir 'n familiepakket. Of vra vir die EARLYBIRD prys!

Voortrekker Offisiere wat hul span wil bring, kwalifiseer vir 'n groepbespreking.

Hekke sluit om 18h00 vir dagbesoekers. Geen oornagfasiliteite is beskikbaar nie! (privaat plaas)

*sou dit reën sal 'n nuwe datum vasgestel word