Moederliefde

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Slaaptyd stories
Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Dit is 'n treurige verhaal hierdie en ek hoop julle sal nie baie trane stort as julle dit lees nie.

Baie jare gelede het daar net buite 'n klein dorpie in Australië 'n vrou gewoon mt haar babadogtertjie. Hulle was alleen in die huis, want die Pappie het 'n rukkie tevore gesterf. Klein Margaret was haar Mammie se enigste troos in die wêreld en soos julle jul kan voorstel, het sy haar baie liefgehad.

Een aand moes Mammie winkel toe en het besluit om Margaret in die bed te sit en dan die goedjies te gaan koop. Sy het nie daarvan gehou om Margaret alleen te laat nie, maar sy kon nie anders nie. Daar was niemand om na haar te kyk nie.

Sy het Margaret gebad en toe in die besit en toe sy mooi vas geslaap het, is Mammie stilletjies gou winkel toe.

Maar o wee! Sy het vergeet om die lamp in die voorkamer dood te blaas en kort na sy uit die huis was, het die kat - moontlik agter 'n muis - die lamp omgegooi. As daar iemand naby was om dit gou weer op te tel, sou alles goed gegaan het, maar daar was niemand nie en die kat kon natuurlik niks doen nie.

Eers het die tafeldoek aan die brand geraak. Brandende stukke daarvan het op die tapyt geval, dit het aan die brand geraak en binne tien minute het die vlamme in die kamer gewoed.

Een van die bure wat daar verbygegaan het, het die rook by die venster sien uitborrel. Hy het vir die mense binnekant geskree om uit te hardloop, maar daar die baba geslaap het en Mammie winkel toe was, het hy geen antwoord gekry nie.

Daar het gou ander mense op die toneel verskyn en water deur die venster begin gooi. Maar teen daardie tyd het die vlamme al die oorhand gehad en die mense het besef dat hulle nie veel sou kon doen nie. Selfs die brandweer het later daar opgedaag, maar hulle kon nie veel uitrig nie. Uit al die vensters het nou rook gekom en dit sou nie meer lank duur voor alles verbrand sou wees nie.

Skielik is daar 'n vreeslike gil gehoor en 'n vrou het deur die skare van toeskouers gedring.

"My baba, my baba!" het sy geskree, "sy is bo in die voorkamer."

Die waansinnige Mamma wou deur die vlamme storm, maar die brandweermanne het haar gekeer. "Dis te laat, niemand kan in daardie vuur lewe nie," het hulle gesê.

"Laat my los, laat my los!" het die Mamme geskree en met bonatuurllike krag het sy losgebreek van die manne. Sonder om vir een oomblik te aarsel, is sy die huis in en met die brandende trap op deur die rook en vlamme na die kamer waar haar kind gelê het.

Die manne was reg. Niemand kon lewe in daardie rook en vlamme nie. Maar die Mamma het haar baba bereik en ná die vuur geblus was, het hulle haar gevind, met haar baba styf in haar arms.

Hoe onverklaarbaar is die liefde van 'n moeder! Natuurlik sou jul Mammas ook dieselfde vir julle gedoen het. Ek weet hulle sou. As julle ooiot in sulke gevaar sou verkeer, sou jul Mamma ook deur die vuur gaan al sou hulle met hul lewens moet boet. Ons kan ons nie die Moeder voorstel wat nie dadelik sal handel in tye van gevaar nie.

As julle dan erken dat ek die waarheid praat, dink julle nie dat julle - terwyl julle die geleentheid het - aan haar moet toon hoe lief julle haar het nie? Ek weet dat enigeen van  julle ook 'n brandende huis sal binnegaan om jul Mammie te red. Dit sou 'n heldedaad wees. Maar julle hoef nie te wag om jul liefde op daardie manier te toon nie. Waarom help julle haar nie die skottelgoed was volgende keer wanneer sy so moeg is nie? Ek is seker dat sy dit vreeslik sal waardeer! Probeer dit tog maar.